JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 9 11 - 18 Maart 2016 OUERS: BEGIN- EN UITKOMTYE: Die skool begin vanaf Maandag, 14 Maart om 8:00 en verdaag as volg: Gr 1 – 2: 12:00 Gr 3: 12:30 Gr 4 – 7: 13:00 BEHEERLIGGAAM: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende besluite wat met die afgelope Beheerliggaamvergadering geneem is: Fooie om die Sportkamer en/of die Swembad te huur/bespreek is as volg: SPORTKAMER: R400. Stoele en tafels is by die huur ingesluit. ‘n Deposito van R500 is betaalbaar. Breekware en alle ander toerusting is te huur volgens beskikbare lyspryse. SPORTKAMER EN SWEMBAD: R600. Stoele en tafels is by die huur ingesluit. ‘n Deposito van R500 is betaalbaar. Breekware en alle ander toerusting is te huur volgens beskikbare lyspryse. SWEMBAD: R200 ‘n Deposito van R500 is betaalbaar. Breekware en alle ander toerusting is te huur volgens beskikbare lyspryse. SLEUTELHOUERS: Ouers wat sleutelhouers is van die tennisbane en swembad moet kennis neem dat die bedrag vanaf 1 Oktober 2016 opgaan na R350 (per seisoen). Slegs vir ouers wat op datum is met hulle skoolgeld. SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Voorspoed aan almal wat op Sondag, 13 Maart met die Sport- en Opvoedkundige toer vertrek. Ons bid dat die Here julle sal bewaar en veilig terug sal bring. Die toerspan sal DV op Donderdag, 17 Maart tussen 15:00 en 16:00 terug wees. BUITEMUURSE ROOSTER: ‘n Voorlopige buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. Die eerste week van die kwartaalprogram word by die nuusbrief ingesluit. Daar is nog baie datums uitstaande en ‘n finale kwartaalprogram sal eers volgende kwartaal beskikbaar wees by die skool HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Graad 4 – 6 leerders kan met die afskeurstrokie huiswerkboeke vir kwartaal twee bestel. Stuur asseblief die afskeurstrokie saam met R25 na die klasonderwysers op Maandag, 14 Maart. BIBLIOTEEKBOEKE: Alle biblioteekboeke moet op Maandag, 14 Maart ingehandig word. KOSHUIS: Ouers moet asseblief volgende week vir hulle kinders genoeg drinkwater saamstuur koshuis toe. LEERDERDEELNAME: