JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 16 25 Mei – 1 Junie 2018 OUERS: RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING: [AFSKEURSTROKIE] Ons moes noodgedwonge die wedstryde teen Newton vervroeg na Dinsdag, 29 Mei as gevolg van rugbyproewe wat op Donderdag, 31 Mei plaasvind. Ons nooi al ons ouers uit om na afloop van die wedstryde ons Rugby- en netbalafsluiting by te woon. Dit gaan die vorm van ‘n potjiekosete en dans aanneem. Deur die loop van die aand gaan ons jaarlikse Wildsveiling plaasvind. ‘n Lys van alles wat aangebied gaan word, word by die nuusbrief ingesluit. Die funksie begin om 17:30 vir 18:00 en ouers kan die afskeurstrokie invul om te bevestig of u die geleentheid gaan bywoon. GEEN KOSTES! Ouers bring hulle eie eetgerei en drinkgoed saam. Fondse wat ingesamel word, gaan vir ons BUSFONDS. Indien u weet van mense wat sou belangstel in jagpakkette vir die winter, kan u hulle van die veiling in kennis stel en dalk namens hulle bie. KOM GENIET DIE MIDDAG EN AAND SAAM MET ONS! LANDBOUDAL BEKENDSTELLINGSDAG: Al ons graad 7-leerders besoek Landboudal op Vrydag, 1 Junie. ‘n Bus van Landboudal kom hulle om 8:45 hier haal en sal hulle weer terugbring. Leerders moet asseblief netjies geklee wees in die korrekte wintersdrag. Juffrou Delene vergesel die groep graad 7’s. “JAKKIES GOT TALENT”: Nog net een week om in te skryf vir die “Jakkies got talent”-kompetisie wat op Donderdag 7 Junie plaasvind. Skryf asseblief by juffrou Rina in en betaal jou inskrywingsgeld van R10. ‘n Snoepie sal beskikbaar wees en heerlike ham en kaas braaibroodjies sal @ R10 te koop aangebied word. REDENAARSKOMPETISIE: Die redenaarskompetisie verskuif na Maandag, 4 Junie. Dit vind om 14:30 in die gr. 3B se klaskamer (nr 23) plaas. KLEREWINKEL: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat belangstel om bottelgroen serpe, handskoene en “beanies” (hoedjies) vir hulle kinders te bestel, kan die afskeurstrokie invul en saam met die korrekte bedrag na die klasonderwysers terugstuur. Al drie die items kos R50. U kind se naam word daarop geborduur. Handskoene is “one size fits all” en is te groot vir die kleiner kinders. Sperdatum vir bestellings: Maandag, 4 Junie Slegs een bestelling sal geplaas word. OUERHULP: Kontak vir Jeanette (082 335 7333) as u op Dinsdag, 29 Mei met die maak en verkoop van verversings kan help as Newton ons besoek. Hulle wil reeds vanaf 12:00 in die verversingslokaal begin werk. Harry kan gekontak word as daar ‘n pa of twee is wat kan help braai. (082 883 5010) Om net vir ‘n uur of twee te kom werk is ook in orde en jy kan wegglip om jou kind se wedstryd te gaan kyk. U kan ook die volgende skenkings maak: KANEEL KOEKMEEL BAKPOEIER OLIE MAALVLEIS CHUTNEY TAMATIESOUS HOUT/CHARCOAL (Handig asseblief by die boekstoor in)
9
Embed
JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com · Web viewSkryf asseblief by juffrou Rina in en betaal jou inskrywingsgeld van R10. ‘n Snoepie sal beskikbaar wees en heerlike ham en kaas
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 16 25 Mei – 1 Junie 2018OUERS:RUGBY- EN NETBALAFSLUITING / WILDSVEILING:[AFSKEURSTROKIE]Ons moes noodgedwonge die wedstryde teen Newton vervroeg na Dinsdag, 29 Mei as gevolg van rugbyproewe wat op Donderdag, 31 Mei plaasvind. Ons nooi al ons ouers uit om na afloop van die wedstryde ons Rugby- en netbalafsluiting by te woon. Dit gaan die vorm van ‘n potjiekosete en dans aanneem. Deur die loop van die aand gaan ons jaarlikse Wildsveiling plaasvind. ‘n Lys van alles wat aangebied gaan word, word by die nuusbrief ingesluit. Die funksie begin om 17:30 vir 18:00 en ouers kan die afskeurstrokie invul om te bevestig of u die geleentheid gaan bywoon. GEEN KOSTES!Ouers bring hulle eie eetgerei en drinkgoed saam. Fondse wat ingesamel word, gaan vir ons BUSFONDS. Indien u weet van mense wat sou belangstel in jagpakkette vir die winter, kan u hulle van die veiling in kennis stel en dalk namens hulle bie. KOM GENIET DIE MIDDAG EN AAND SAAM MET ONS!
LANDBOUDAL BEKENDSTELLINGSDAG:Al ons graad 7-leerders besoek Landboudal op Vrydag, 1 Junie. ‘n Bus van Landboudal kom hulle om 8:45 hier haal en sal hulle weer terugbring. Leerders moet asseblief netjies geklee wees in die korrekte wintersdrag. Juffrou Delene vergesel die groep graad 7’s.
“JAKKIES GOT TALENT”:Nog net een week om in te skryf vir die “Jakkies got talent”-kompetisie wat op Donderdag 7 Junie plaasvind. Skryf asseblief by juffrou Rina in en betaal jou inskrywingsgeld van R10. ‘n Snoepie sal beskikbaar wees en heerlike ham en kaas braaibroodjies sal @ R10 te koop aangebied word.
REDENAARSKOMPETISIE:Die redenaarskompetisie verskuif na Maandag, 4 Junie. Dit vind om 14:30 in die gr. 3B se klaskamer (nr 23) plaas.
KLEREWINKEL: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat belangstel om bottelgroen serpe, handskoene en “beanies” (hoedjies) vir hulle kinders te bestel, kan die afskeurstrokie invul en saam met die korrekte bedrag na die klasonderwysers terugstuur. Al drie die items kos R50. U kind se naam word daarop geborduur. Handskoene is
“one size fits all” en is te groot vir die kleiner kinders. Sperdatum vir bestellings: Maandag, 4 Junie Slegs een bestelling sal geplaas word.
OUERHULP:Kontak vir Jeanette (082 335 7333) as u op Dinsdag, 29 Mei met die maak en verkoop van verversings kan help as Newton ons besoek. Hulle wil reeds vanaf 12:00 in die verversingslokaal begin werk. Harry kan gekontak word as daar ‘n pa of twee is wat kan help braai. (082 883 5010) Om net vir ‘n uur of twee te kom werk is ook in orde en jy kan wegglip om jou kind se wedstryd te gaan kyk.U kan ook die volgende skenkings maak:
KANEEL KOEKMEEL BAKPOEIER OLIE MAALVLEIS CHUTNEY TAMATIESOUS HOUT/CHARCOAL(Handig asseblief by die boekstoor in)
LEERDERDEELNAME: EKSTRA OEFENING:Al die rugby- en netbalspanne oefen op Maandag, 28 Mei op hulle gewone tye. Geen tennisoefening nie.
RUGBY- EN NETBALUITSLAE – EUREKA / HOPETOWN: RUGBY:
MCDONALDS RUGBY- EN NETBALDAG:Sterkte aan ons 0/7 en 0/8 rugby- en netbalspanne wat op Saterdag, 26 Mei aan die McDonaldsdag by Newton deelneem. RUGBY EN NETBAL TEEN NEWTON: Leerders moet onthou dat hulle skool- of sportdrag moet aanhê by ons tuiswedstryde. Geen “sivvies” nie.
Die volgende spanne speel op Dinsdag, 29 Mei teen Newton:Rugby: 0/9, 0/11 en 0/13 Netbal: 0/7A en B, 0/8, 0/9A en B, 0/10, 0/11, 0/12, 0/13A en B ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit.Daar gaan heerlike verversings te koop aangebied word.
0/11B en 0/13B se rugbywedstryde teen Newton vind op Donderdag, 31 Mei hier by ons plaas.
NETBAL XHARIEPDAG:Sterkte aan die 0/12 en 0/13 netbalspanne wat op Maandag, 28 Mei aan die Xhariepdag in Bloemfontein deelneem. Wenners op hierdie dag gaan deur na die Vrystaatdag.
LANDLOOP: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende landloopliga vind op Donderdag, 31 Mei by Newton plaas en atlete wat wil gaan deelneem moet asseblief almal die afskeurstrokie invul en op Maandag, 28 Mei na die klasonderwysers terugstuur. Busgeld: R30. Tannie Adéle moet die getalle voor die tyd instuur. Ouers kan ook op die strokie invul indien u kind/ers aan die Bloemfonteinbyeenkoms op Vrydag, 1 Junie wil gaan deelneem. Busgeld: R80.
KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat belangstel om aan die kwalifiserende skaaktoernooi op 1 en 2 Junie in Bloemfontein deel te neem, kan die afskeurstrokie invul en saam met R110 inskrywingsgeld op Maandag, 28 Mei by die klasonderwysers inhandig.
ATKV REDENAARS:Baie sterkte aan Anica Ueckermann wat op 25 Mei aan die tweede rondte van die ATKV redenaarskompetisie deelneem.
ALGEMEEN:SA INSTITUUT VIR WISKUNDE:Neem asb. kennis van die pamflet wat aan die nuusbrief geheg is. Indien ten minste 50% van al die pamflette (of u belangstel of nie) terugkom skool toe, word ‘n kontantbedrag aan die skool oorbetaal.