JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 21 22 – 29 Julie 2016 OUERS: KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. LANDBOUDAL BEKENSTELLINGSDAG: Al ons graad 7 leerders woon op Vrydag, 29 Julie die Bekendstellingsdag by Hoër Landboudal by. ‘n Bus van Landboudal gaan hulle om 9:30 kom oplaai en sal die leerders na afloop van die verrigtinge weer terugbring. Leerders het ‘n keuse om na die verrigtinge daar agter te bly. Hulle ouers moet hulle dan daar gaan haal. HLS aansoeke kan tot en met 25 Julie by die kantoor ingegee word. TOELATINGS – 2017: Toelating vir nuwe leerders vir 2017 sluit op 30 September 2016. Graad R leerders van Kammaland Pre- Primêr en Laaities en Ladies wat reeds ons toelatingsvorm voltooi het, hoef nie weer vir gr 1 in te skryf nie. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Leerders van gr 4 – 6 kan nog hierdie week ‘n huiswerkboek koop as hy/sy nog nie een het nie. Vul die afskeurstrokie in en handig dit saam met R25 by die klasonderwysers in. Ouers maak asb. seker dat u kinders die nodige skryfbehoeftes in hulle pennesakkies het. AMESA EN WISKUNDE UITDAGING: Leerders skryf op Dinsdag, 26 Julie om 14:00 die Wiskunde Uitdaging en die Amesa finale rondte vind op Woensdag, 27 Julie plaas. Leerders is reeds geïdentifiseer. LEERDERDEELNAME TENNIS: Die tennisdaag bly oop. Die tennisrangleer is op die drukbord. Spelers word aangemoedig om hulle posisie op die rangleer te probeer verbeter. Onthou dat die daag by juffrou Tersia geregistreer moet word voordat julle die wedstryd mag speel. Ouers moet asb. kennis neem dat die derde kwartaal geallokeer word vir die seuns se tennisligawedstryde en die dogters speel eers in die vierde kwartaal hul ligawedstryde. Die dogters oefen reeds gedurende die derde kwartaal saam met die seuns, maar wedstryde word soms op Dinsdae en Donderdae gespeel en dan is daar geen oefeninge vir die dogters nie aangesien die bane dan gebruik word of die personeel is nie hier nie omdat hulle saam met die seuns weg is. Hou dus die nuusbriewe dop. Tenniswedstryd teen Hartswater vind op Dinsdag, 26 Julie, plaas. Ons speel op Tuine se bane in Kimberley. Die bus vertrek om 13:30 vanaf die skool en dit is net die seuns 0/9, 0/11 en 0/13 spanne wat speel. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur op Maandag, 25 Julie na die klasonderwysers. Busgeld van R30 per speler is vooraf betaalbaar. REDENAARS: Geluk aan die volgende leerders wat deurdring na die finale Redenaarskompetisie in die derde kwartaal. Graad 4: Brinkie Bruwer, Esna Marais, Marizanne Jacobs, Hanru Krause en Suzanne le Roux Graad Kayla van der Linden, André Brink, Anica