Top Banner
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 34 24 - 31 Oktober 2014 OUERS: OUERKLASBESOEK: Ouers moet kennis neem dat slegs ouers, waarmee afsprake gemaak is, op Maandag, 27 Oktober na die Ouerklasbesoek kom op die tyd wat aan u deurgegee is. Indien daar ander ouers is wat noodgedwonge sekere onderwysers wil spreek, staan dit u vry om self ‘n afspraak met hom/haar op ‘n ander tyd te maak. KLEURATLETIEK: [BEAMPTELYS/AFLOSSPANNE ] Ons nooi al ons ouers en belangstellendes uit om op Donderdag, 30 Oktober die dag saam met ons te kom geniet. Heerlike eetgoed gaan deur die Ouervereniging verskaf word. Die beamptelys van die dag word by die nuusbrief ingesluit vir ouers se kennisname. Kontak asseblief vir Wilco indien u enige probleem het. Ouers kan ook kennis neem van die lys van leerders wat aan die aflosse gaan deelneem. Alle leerders moet by die Kleuratletiek bly totdat die aflosse aan die einde van die byeenkoms verby is. Daar word nog twee persone by verspring en een persoon by afsettershulp benodig. Kontak asseblief vir Wilco indien u kan help. Beamptes moet asseblief verkieslik wit en navy klere aanhê en om 8:30 by die tent aanmeld. Ouers moet asseblief onthou dat naellope (60m, 80m, 100m) in uitdunne plaasvind en dat die finale later in die dag eers plaasvind. Naamlyste van deelnemers aan die finale sal by die verversingslokaal opgeplak word. Na afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone- span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. Leerders wat nuut in 2015 na ons skool kom, sal ook die geleentheid kry om vir hierdie span in aanmerking te kom. Die finale span sal vroeg in 2015 aangewys word. NB: Die Ouervereniging benodig mammas om met die Kleuratletiek te help met die voorbereiding en verkoop van verversings. Indien daar nog ma’s is wat kan help, (al is dit net vir ‘n paar uur) kan u met Charmainé van Niekerk by 0720677995 kontak maak. BEGROTING: Ouers word herinner aan die baie belangrike Ouerbegrotingsvergadering wat plaasvind op Vrydag, 31 Oktober, om 12:00 in die skoolsaal. Ouers wat die vergadering bywoon kan na afloop daarvan hulle kinders neem. KONSERTFOTO’S Foto’s wat tydens die Konsert deur Clivé geneem is, is in die voorportaal opgeplak. Foto’s kan @ R15 elk met die bestelvormpie (by die foto’s), by die kantoor bestel word. Kontant met bestelling asb. Sluitingsdatum vir bestelling: Vrydag, 31 Oktober om 13:30. AKSIEFOTO’S: Ouers wat dalk die afgelope jaar foto’s by wedstryde/byeenkomste van hulle kinders of ander maats geneem het moet dit asseblief vir ons op cd sit en op Maandag, 27 Oktober na die klasonderwysers stuur. Leerders moet amptelike sportdrag aanhê op die foto’s. Ons benodig dit dringend vir die Jaarblad. Baie dankie!! OUERVERENIGING:
12

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. ... Adele Lübbe (Hoof) Dewald Burger. Anele Hugo

Feb 06, 2018

Download

Documents

phamkhue
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. ... Adele Lübbe (Hoof) Dewald Burger. Anele Hugo

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 34 24 - 31 Oktober 2014OUERS:OUERKLASBESOEK:Ouers moet kennis neem dat slegs ouers, waarmee afsprake gemaak is, op Maandag, 27 Oktober na die Ouerklasbesoek kom op die tyd wat aan u deurgegee is. Indien daar ander ouers is wat noodgedwonge sekere onderwysers wil spreek, staan dit u vry om self ‘n afspraak met hom/haar op ‘n ander tyd te maak.

KLEURATLETIEK: [BEAMPTELYS/AFLOSSPANNE ]Ons nooi al ons ouers en belangstellendes uit om op Donderdag, 30 Oktober die dag saam met ons te kom geniet. Heerlike eetgoed gaan deur die Ouervereniging verskaf word.Die beamptelys van die dag word by die nuusbrief ingesluit vir ouers se kennisname. Kontak asseblief vir Wilco indien u enige probleem het. Ouers kan ook kennis neem van die lys van leerders wat aan die aflosse gaan deelneem. Alle leerders moet by die Kleuratletiek bly totdat die aflosse aan die einde van die byeenkoms verby is. Daar word nog twee persone by verspring en een persoon by afsettershulp benodig. Kontak asseblief vir Wilco indien u kan help. Beamptes moet asseblief verkieslik wit en navy klere aanhê en om 8:30 by die tent aanmeld.Ouers moet asseblief onthou dat naellope (60m, 80m, 100m) in uitdunne plaasvind en dat die finale later in die dag eers plaasvind. Naamlyste van deelnemers aan die finale sal by die verversingslokaal opgeplak word. Na afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. Leerders wat nuut in 2015 na ons skool kom, sal ook die geleentheid kry om vir hierdie span in aanmerking te kom. Die finale span sal vroeg in 2015 aangewys word.NB: Die Ouervereniging benodig mammas om met die Kleuratletiek te help met die voorbereiding en verkoop van verversings. Indien daar nog ma’s is wat kan help, (al is dit net vir ‘n paar uur) kan u met Charmainé van Niekerk by 0720677995 kontak maak.

BEGROTING:Ouers word herinner aan die baie belangrike Ouerbegrotingsvergadering wat plaasvind op Vrydag, 31 Oktober, om 12:00 in die skoolsaal. Ouers wat die vergadering bywoon kan na afloop daarvan hulle kinders neem.

KONSERTFOTO’SFoto’s wat tydens die Konsert deur Clivé geneem is, is in die voorportaal opgeplak. Foto’s kan @ R15 elk met die bestelvormpie (by die foto’s), by die kantoor bestel word. Kontant met bestelling asb. Sluitingsdatum vir bestelling: Vrydag, 31 Oktober om 13:30.

AKSIEFOTO’S:Ouers wat dalk die afgelope jaar foto’s by wedstryde/byeenkomste van hulle kinders of ander maats geneem het moet dit asseblief vir ons op cd sit en op Maandag, 27 Oktober na die klasonderwysers stuur. Leerders moet amptelike sportdrag aanhê op die foto’s. Ons benodig dit dringend vir die Jaarblad. Baie dankie!!

OUERVERENIGING:Kennis geskied hiermee van ‘n gesamentlike vergadering van die huidige Ouervereniging, asook lede wat aangedui het dat hulle bereid is om op die komitee van 2015/2016 sal dien, op Woensdag, 29 Oktober om 9:00 in die Sportkamer plaasvind. Almal moet asseblief teenwoordig wees.

KOSHUIS: [AFSKEURSTROKIE]Koshuisouers het nog ‘n geleentheid om ‘n bydrae (al is dit klein) te maak vir die beoogde gholfdag wat op Saterdag, 1 November plaasvind. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur dit op Maandag, 27 Oktober na die klasonderwysers terug.Die volgende word benodig:Wors, heel hoenders, skaapboude en kontant.Geld wat met hierdie projek ingesamel word, gaan vir noodsaaklike herstelwerk by die koshuis gebruik word.

LEERDERDEELNAME:DOGTERSTENNISLIGA: [AFSKEURSTROKIE] UITSLAE TEEN HOPETOWN:0/13A: Wen 6 – 0 0/11A : Wen 5 – 10/9A: Verloor 6 – 0WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK:Dinsdag, 28 Oktober0/11A en 0/13A dogters speel teen Eureka op hulle bane en 0/11B en 0/9A speel tuis. Spelers wat Kimberley toe gaan verdaag om 13:00 en vertrek 13:15. Wedstryde begin om 14:30.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. ... Adele Lübbe (Hoof) Dewald Burger. Anele Hugo

Woensdag, 29 Oktober0/9A, 0/11B en 0/13A dogterspanne speel teen Staats op hulle bane. Dogters verdaag om 13:00 en die bus vertrek om 13:15. Wedstryde begin om 14:30. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar.Vul asseblief die afskeurstrokie vir beide die wedstryde in en stuur op Maandag, 27 Oktober terug na die klasonderwysers.

KRIEKET: [AFSKEURSTROKIE]UITSLAE TEEN KIMBERLEY JUNIOR: Die 0/13 krieketspan het met 7 paaltjies verloor.Die 0/11 en 0/13 krieketspanne speel op Maandag, 27 Oktober teen Hopetown op hulle veld. Spelers verdaag 12:20 en die bus vertrek om 12:30. Wedstryde begin om 14:30. Alle spelers ry saam met die bus. Busgeld van R40 is vooraf betaalbaar.Die 0/13 krieketspanne neem op Woensdag, 29 Oktober aan die Pro 10 Kriekettoernooi op Koffiefontein deel. Hulle speel om 12:00 teen Brandfort en om 16:00 teen Zastron. Spelers verdaag 10:30 en die bus vertrek om 10:45. Alle spelers ry saam met die bus. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar as ook ‘n addisionele R30 vir die inskrywingsgeld en kospakkie.

JIM FOUCHÉ UITNODIGINGSBYEENKOMS: [AFSKEURSTROKIE]Atlete wat aan die begin van die jaar aan die Sone-atletiek deelgeneem het, word genooi om vir die Jim Fouché Uitnodigingsbyeenkoms op Vrydag, 7 November van 13:00 tot 20:30 in te skryf. Ouers kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 27 Oktober na die klasonderwysers terugstuur, waarna belangstellende atlete volledige inligting sal ontvang.

TWEEKAMP:Baie sterkte aan Charlise Wilke en Jomari Lübbe wat op Saterdag, 25 Oktober aan ‘n Interprovinsiale Tweekampkompetisie in PE gaan deelneem.

SKAAK:Geluk aan Rian Steenkamp wat 3 uit 6 wedstryde en Fransien Steenkamp wat 2 uit 6 wedstryde op die afgelope Vrystaat Kwalifiserende skaakkompetisie gewen het.

ALGEMEEN:VERLORE GOEDERE:‘n Ontstellende voorraad skoolklere (onder andere nuwe windjakkers sonder name!), rakette, sportsakke, skoene, gewone klere, kosblikke ens. is in die verlore kamer opgegaar. Meeste hiervan is nie gemerk nie. Die personeel neem geen verantwoordelikheid vir leerders wat nie hulle goed kan oppas

nie en ouers wat nie klere en toerusting merk nie. Ons behou ons die reg voor om na ‘n sekere tydperk hierdie voorraad te skud en aan minder bevoorregte kinders te versprei.

INKLUSIEWE KLAS:Die Inklusiewe klas bedank hiermee ouers wat op hulle versoeke gereageer het en ‘n rol draad, planke, verf, ‘n toilet, ‘n deur en pale geskenk het vir die nuwe klaskamers by die ou Kleuterskool. Ons waardeer dit opreg!!Items wat nog benodig word is:‘n Toilet, ‘n troggie en ‘n kombuiswasbak. Enige teëls sal ook welkom wees, al is dit net ‘n paar. Stukkende teëls kan gebruik word om ‘n mosaiek te vorm.Baie dankie by voorbaat.

KLUBSWEM:Swemmers wat Saterdag gala swem, moet asseblief om 8:00 by tannie Lanie by Caren Muir swembad aanmeld vir opwarming.

Baie dankie aan almal wat my in hierdie tyd bygestaan het met sms’e, telefoonoproepe, handdrukke en gebede met die afsterwe van my pa. Pieter Tait

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Emile MasuretJohan en Elsabe van HeerdenJohan Mostert (ma baie siek)

Pieter Tait en familie (pa oorlede)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. ... Adele Lübbe (Hoof) Dewald Burger. Anele Hugo

AFSKEURSTROKIE: DOGTERS TENNISLIGA (28/10 @ Eureka en 29/10 @ Staats)

OUER SE NAAM EN VAN: __________________________________

LEERDER SE NAAM EN VAN: ______________________________

KAN MY EIE KIND NA EUREKA EN / OF STAATS VERVOER: (Omkring)

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA EUREKA: 0/11A en 0/13A

BENODIG VERVOER NA STAATS: 0/9A, 0/11B en 0/13A

HANDTEKENING VAN OUER: _____________________________

DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30 per wedstryd

Die 0/9A en 0/11B tennisdogtershet briefies ontvang in verband met verversings

by die tuiswedstryd teen Eureka.

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. ... Adele Lübbe (Hoof) Dewald Burger. Anele Hugo

AFSKEURSTROKIE: JIM FOUCHE ATLETIEK (Vrydag, 7 November)

OUER SE NAAM EN VAN: __________________________________

ATLEET SE NAAM EN VAN: ________________________________

ATLEET SE GEBOORTEDATUM: _______________________

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE JIM FOUCHE ATLETIEKBYEENKOMS IN DIE VOLGENDE ITEMS:

_________________________________________________________

HANDTEKENING VAN OUER: ___________________

DATUM: _____________

Bus/vervoergeld: R50

AFSKEURSTROKIE: VCSV KAMP FOTO-CD (Graad 7)

LEERDER SE NAAM EN VAN:_________________________________

WIL GRAAG ‘N FOTO-CD VAN DIE VCSV-KAMP @ R10 BESTEL

BEDRAG INGESLUIT: R________

HANDTEKENING VAN OUER: _________________________

DATUM: _____________

AFSKEURSTROKIE: KOSHUIS SE GHOLFDAG (1 Nov)

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN LEERDER: _______________________________

IS BEREID OM DIE VOLGENDE SKENKING TE MAAK:

WORS HEEL HOENDERS SKAAPBOUDE KONTANT

__________________________________________________ (Omkring asseblief en meld aantal of bedrag)

HANDTEKENING: _________________________

KONTAKNOMMER: _______________________

Verlore sleutel opgetel!

By klein hekkie, Saterdag, 11 Oktober.Twee sleutels met ‘n leer sleutelhouertjie.

BAIE STERKTE AAN DIE GRAAD 12-LEERDERS VAN HOËR

LANDBOUSKOOL WAT MET HULLE EKSAMEN BEGIN.

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. ... Adele Lübbe (Hoof) Dewald Burger. Anele Hugo

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL

Aansoeke word ingewag vir ‘n permanente

SPORTORGANISEERDER

AANVANGSDATUM: 12 Januarie 2015

Volledige CV met aansoekbrief inhandig of epos na [email protected]

NAVRAE:Skoolhoof, mnr PW Tait by

[email protected]

Piet RetiefstraatJACOBSDAL053 5910039

Faks: 053 5910103

Aansoeke sluit: 17 Nov 2014

(‘n Jaarlikse kontrak word gesluit)

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. ... Adele Lübbe (Hoof) Dewald Burger. Anele Hugo
Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. ... Adele Lübbe (Hoof) Dewald Burger. Anele Hugo

BEAMPTELYS - KLEURSPORT:

Aankondiger: Tjoppie BothaSkeidsregters: Lanie Steenkamp / Pieter TaitAfsetter: Schalk MeintjesAfsettershulp: Maryka van Straaten Carla Badenhorst Wenpaalbeampte: Marisan JacobsRekenaar: Tersia Mostert Maryna Scholtz Rehetta SchoemanMedaljes: Rika Oberholzer / Naomi v EckFoto’s: Clivé BurgerAantekenaars: Karin Page / Elza van WykRekords: Maryna ScholtzSpanbestuurders: Madeleine Koorzen (Blouspan) Delene Da Camara (Geelspan)

BAANBEAMPTES:

Uitvangers: Petro Cloete (Hoof)Sonja v SchalkwykKarin StraussStella MeadesLida BothaMaritha vd MerweMariska v ZylTjaart v Zyl

Tydhouers:Louwtjie Steenkamp (Hoof)Danie Delport Jan CloeteAbré StraussCoert MeadesTiaan HeymanJohan VermeulenFrank Da CamaraRiaan JacobsCheryl LavarackJolize Wiid

VELDBEAMPTES:

Verspring A-Put:Danie Noeth(Hoof)Anita Wessels Jannie Fourie Verspring B-Put:Peet Steenkamp (Hoof)Eliska GeldenhuysElsabe Ueckermann Hoogspring A-Put:Adele Lübbe (Hoof)Dewald BurgerAnele Hugo

Hoogspring B-PutJannie du Plooy (Hoof)Maritza du PlooyElderei Steenkamp

Gewigstoot A- PutSanet Goosen (Hoof)Rudi BotesElize Botes

Gewigstoot B-PutAletta Knipe (Hoof)Gerhard JacobsAntoinette Jacobs

Spiesgooi:Jaco Herbst (Hoof)Cor-marie HerbstGerhard v WykSanet Swanepoel

Slingerbal: Riana Wilke, Maritza de Wet

Noodhulp: Lizette Krause

Verversings: Rina van Zyl

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. ... Adele Lübbe (Hoof) Dewald Burger. Anele Hugo
Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. ... Adele Lübbe (Hoof) Dewald Burger. Anele Hugo