JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 16 - 23 Februarie 2018 OUERS: GRONDSLAGFASE: Die skool verdaag op Donderdag, 22 Februarie vir die gr 1 – 3 leerders om 11:00 as gevolg van ‘n verpligte Departementele kursus wat die leerkragte moet bywoon. Gr 4 – 7 kom gewone tyd uit. OUERVERGADERING: Neem asseblief deeglik kennis van die aangehegte inligting wat met die afgelope ouervergadering (gehou op Maandag, 12 Februarie) deur ons ouers bevestig is. Ouers het die skool ‘n mandaat gegee om dit toe te pas. Skool- en sportklere: Op bogenoemde vergadering is die volgende deur ons ouers besluit: Geen Drimac of sweetpakbaadjies mag by skooldrag gedra word nie. Slegs windjakkers of truie. Geen sportkouse mag by rokkies gedra word nie. Wit skoolhemde vir seuns is vanaf 2019 verpligtend. BEHEERLIGGAAMVERKIESING: Sien asseblief die kennisgewing van die verkiesing van ‘n nuwe Beheerliggaam op 16 Maart 2018 (Ouers). Neem asseblief ook kennis van die inligting oor hoe die verkiesing gaan plaasvind. GRAAD 7 VALENTYNSOKKIE: Die graad 7-klas bied op Donderdag, 22 Februarie om 18:00 ‘n lekker valentynsokkie vir graad 1 – 7 leerders in die skoolsaal aan. Toegang beloop R5 en verversings sal te koop aangebied word. Sien die advertensie en inligting wat by die nuusbrief ingesluit is! KLEREWINKEL: WINTERSKLERE- / SPORTSAKBESTELLING: [BESTELVORMS] Daar word slegs een bestelling vir 2018 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Woensdag, 28 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar en kan aangepas word by tannie Maryka. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is. Kostes is as volg: ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG: 1 Skoolbaadjie: (Opgestopte Windjakker) 22 - 32 R450,00 34 - 44 R470,00 2 Sweetpakbaadji e: 22 - 32 R315,00 34 - 44 R365,00 3 Sweetpakbroek: 22 - 32 R195,00 34 - 44 R225,00 GROOT ASSEBLIEF Ouers wat klere van hulle kinders het wat dalk te klein geword het, en bereid is om dit vir ons klerebank te skenk, kan dit boekstoor toe stuur. Ons sal dit baie waardeer! NS: Die Klerewinkel het kaartfasiliteite. Hou asb. u kwitansie as bewys van bestelling.
26
Embed
JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek.
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 5 16 - 23 Februarie 2018OUERS:GRONDSLAGFASE:Die skool verdaag op Donderdag, 22 Februarie vir die gr 1 – 3leerders om 11:00 as gevolg van ‘n verpligte Departementele kursus wat die leerkragte moet bywoon. Gr 4 – 7 kom gewone tyd uit.
OUERVERGADERING:Neem asseblief deeglik kennis van die aangehegte inligting wat met die afgelope ouervergadering (gehou op Maandag, 12 Februarie) deur ons ouers bevestig is. Ouers het die skool ‘n mandaat gegee om dit toe te pas.Skool- en sportklere:Op bogenoemde vergadering is die volgende deur ons ouers besluit:
Geen Drimac of sweetpakbaadjies mag by skooldrag gedra word nie. Slegs windjakkers of truie.
Geen sportkouse mag by rokkies gedra word nie. Wit skoolhemde vir seuns is vanaf 2019 verpligtend.
BEHEERLIGGAAMVERKIESING:Sien asseblief die kennisgewing van die verkiesing van ‘n nuwe Beheerliggaam op 16 Maart 2018 (Ouers). Neem asseblief ook kennis van die inligting oor hoe die verkiesing gaan plaasvind.
GRAAD 7 VALENTYNSOKKIE:Die graad 7-klas bied op Donderdag, 22 Februarie om 18:00 ‘n lekker valentynsokkie vir graad 1 – 7 leerders in die skoolsaal aan. Toegang beloop R5 en verversings sal te koop aangebied word. Sien die advertensie en inligting wat by die nuusbrief ingesluit is!
KLEREWINKEL:WINTERSKLERE- / SPORTSAKBESTELLING: [BESTELVORMS]Daar word slegs een bestelling vir 2018 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Woensdag, 28 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar en kan aangepas word by tannie Maryka. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is.
GROOT ASSEBLIEF Ouers wat klere van hulle kinders het wat dalk te klein geword het, en
bereid is om dit vir ons klerebank te skenk, kan dit boekstoor toe stuur. Ons sal dit baie waardeer!
NS: Die Klerewinkel het kaartfasiliteite. Hou asb. u kwitansie as bewys van bestelling.Langmou sporthempies is ook in die klerewinkel beskikbaar. Kostes:Nr. 22 – 32: R200 Nr. 34 – 44: R225
SPORTSAK: Ons stel ook ‘n goedkoper sportsak bekend wat u vir u kind/ers kan bestel. Vul die afskeurstrokie in en stuur dit met die geld terug na die klasonderwysers. Kostes: R280 Jacobsdal Primêre Skool word op die sak geborduur.
SMS-STELSEL:Daar is heelwat ouers wat nog nie hulle sms-geld betaal het nie. Alle ouers (ook ouers wat kwytskelding vir skoolgeld ontvang) moet by die sms-stelsel aansluit. R60 sal op u skoolgeldrekening geplaas word aan die einde van hierdie maand. Ouers moet elke jaar herregistreer en dit sluit die hele jaar se sms’e in.
KOSHUIS:Baie dankie aan ouers wat op ‘n gereelde basis groente en vrugte by die koshuis aflaai. Wees verseker dat ons dit baie waardeer!
LEERDERDEELNAME:FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS:Baie geluk aan Jùhan Swanepoel wat ‘n 5de plek vir SG by die Fichardtpark atletiekbyeenkoms behaal het.
TWEEKAMP:Baie geluk aan die volgende twee atlete wat pragtig presteer het met die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe:Jaco de Waal: 1ste plek, seuns 0/9 (Nuwe rekord!)Leo Wilkinson: 3de plek, seuns 0/9
MOTHEO/XHARIEP ATLETIEK:Baie sterkte aan al ons atlete wat vandag aan die Motheo/Xhariep Atletiekkampioenskappe deelneem.
SWEM: [AFSKEURSTROKIE]Die swemspan wat gekwalifiseer het om aan die Vrystaat Swemkampioenskappe op 20 en 21 Februarie deel te neem het inligtingsbriewe en die nuwe program ontvang. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle vervoer te bevestig en op Maandag, 19 Februarie terugstuur na die klasonderwysers.
TENNISHEMPIES/-ROKKIES:Daar is nog enkele spelers wat nog nie hulle tennishempies/-rokkies, waarmee hulle die eerste proewe gespeel het, teruggebring het nie. Handig asseblief so gou moontlik by tannie Adéle in.
RUGBY- EN NETBALSPORTDAE:Ouers kan solank kennis neem van die volgende sportdae:Jacobsdal Primêr se sportnaweek:2 Maart: Tennis vir 0/9, 0/11 en 0/13 (gemengde dubbels) Skaak vir 0/10, 0/12 en 0/14 (6 spelers, 2 per ouderdom)3 Maart: Rugby en netbal (spanne sal nog deurgegee word)Staats sportfees: 8 Maart: 0/7 en 0/8 rugby en netbal9 Maart: 0/9, 0/11 en 0/13 rugby, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13 netbalEureka sportdag: 15 Maart: 0/7 en 0/8 rugby en netbal16 Maart:0/9, 0/11 en 0/13 rugby, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13 netbal
TOEROUERVERGADERING:‘n Toerouervergadering sal voorlopig op 26 Februarie 2018 om 7:30. plaasvind.
…………………. PW TaitSKOOLHOOF
GEBEDSLYS:Leneatta Weitz (arm gebreek)
Saricé Venter (siek)Mariska Marais en gesin
BEHEERLIGGAAMVERKIESING VIR OUERSUiteensetting van die stemdag en stemlokaal vir u kennisname:
Verkiesing sal plaasvind as daar meer as 5 kandidate genomineer is. Nominasievorms is by sekretaresse beskikbaar.
Nominasies word ingewag en daar kan ook tydens die nominasievergadering nominasies inkom.
Indien daar nie 15% van ons ouers [ 66 van 411 ouers] op nominasievergadering teenwoordig is nie, kan die verkiesing nie voortgaan nie. Verkiesing moet dan uitgestel word en weer binne 21 dae plaasvind. Help ons asb. Teken presensielys vanaf 7:45. Vergadering begin om 8h00.
Op nominasievergadering kan genomineerde kandidate hulself voorstel en hul manifes, doelwitte, missie en visie vir ouers uitspel om ouers se keuse makliker te maak indien ouers nie die kandidate ken nie.
DATUM: Vrydag, 16 Maart 2018 TYD: 8:00 [Nominasievergadering]
8:30 tot 12:00 stiptelik [Verkiesing] PLEK: Skoolsaal te Jacobsdal Primêre Skool In die vierkant sal tee en verversings beskikbaar wees. Beweeg van skoolsaal se noordekant af in en verlaat lokaal aan die suidekant. Rapporteer eers by registrasietafel waar u ID getoon moet word en waar u ‘n
gestempelde stembrief ontvang. [Net ouers wie se name op die kieserslys verskyn mag stem en voogde moet bewys toon van voogskap.]
Kieserslys is vanaf Vrydag, 16 Februarie 2018 in voorportaal van skool beskikbaar vir u kennisname en kontrole.
Kleuterskool [Gr. R ouers] mag ook stem. ‘n Beampte wys stemhok vir ouer aan waar u vir 5 kandidate of minder mag
stem. Beampte sien toe dat ouer net een gestempelde stembrief in stembus gooi. Volg net die sigbare pyle of aanwysings vir die roete. Genomineerde ouers moet verkieslik bly totdat die stemme klaar getel is en
bekend gemaak is deur die hoofverkiesingsbeampte. [Mnr. H. Gericke van Landboudal]. Direk na die stemming om 12h00 word die stemme getel deur die verkiesingsbeampte en die verkiesingspan. Direk nadat die stemme getel en gekontroleer is, sal die stemme deur die hoofverkiesingsbeampte in die skoolsaal bekend gemaak word. Lede wat hulself verkiesbaar gestel het, mag die telling van stemme bywoon en wag vir die uitslag. {Ons sal dit so verkies}
Hierna word lede geluk gewens en die datum van die eerste BL vergadering word hier met die nuutverkose lede bevestig. Op Maandag, 19 Maart 2018, om 14h00 sal die vergadering plaasvind waar die ampsdraers verkies sal word en die amptelike oorhandiging van ou na nuwe beheerliggaam sal plaasvind.
Nadat u gestem het, kan u u kind op eie risiko en op eie verantwoordelikheid vir die naweek neem.
Datum: _______________ (Leerders kan gedurende langpouse in die klerewinkel verskillende nommers gaan aanpas met die oog op bestellings – Tannie Maryka)
‘N AFBETALINGSOOREENKOMS KAN MET DIE SKOOL GEREËL WORD
Tema van sokkie: “Put on your love glasses”(Prys vir die beste een!)
KOMPETISIE:
Mnr en Mej Valentyn (Jnr: Gr R - 3 en Snr: Gr 4 - 7)Inskrywingsfooi: R5Tema: “Island Style” – kaalvoet (Sien plakkaat vir wenke!)
JAKKIES OPWAARTS SENTRUM
wil al die Jakkies en hulle ouers bedank vir hulle ondersteuning tydens ons Valentynsverkoping.
Ons het ‘n fantastiese bedrag van R6 736.90vir ons Sentrum ingesamel.
Marinda van der Walt en Personeel
R10
AFSKEURSTROKIE: VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE (20 en 21 Februarie)
OUER: _______________________________________
SWEMMER: __________________________________
DINSDAG, 20 FEBRUARIE:
EK NEEM SELF MY KIND/ERS NA BLOEMFONTEIN
MY KIND BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN
WOENSDAG, 21 FEBRUARIE:
EK NEEM SELF MY KIND/ERS NA BLOEMFONTEIN
MY KIND BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN
HANDTEKENING: ___________________________
DATUM: ________________
JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLNOTULE VAN DIE OUERVERGADERING GEHOU OP MAANDAG, 12 FEBRUARIE 2018.
Tema: “Jakkies vir Jesus” - Vriendelikheid
1. Opening: Mnr. Tait open die vergadering op ‘n gepaste wyse. Handel oor houding. “Attitude”
2. Verwelkoming: Mnr.Tait heet die ouers, nuwe ouers en personeel teenwoordig baie welkom en noem dat hy dankbaar is vir die goeie bywoning vanoggend.
Simpatiseer met mej. M. Marias wie se broer die afgelope week skielik oorlede is.
3. Konstituering: Teken die presensielys. Veskonings word aangebied deur: Mev. D. du Plessis, mnr. P. du Plessis en mnr P Janse van Vuuren
4. SAKELYS:4.1 Leerders:4.1.1 Skool se getalle = 290 en koshuis 125.
4.1.2 Ouers moet asb. toesien dat hul kinders se gedragskodes onderteken is en dit teruggestuur word na die skool. Ouers moet dit asb. saam met hul kinders deurwerk want kinders verstaan dit nie altyd nie. Die skoolhoof behandel die gedragskode elke Vrydag tydens saal met die leerders.
Mnr. Tait behandel die kernwaardes [dokument] met die ouers en vra die mandaat van die ouers om dit so te implementeer. Voorstel: Mev. C. Burger en sekondant, mev. C. Snyman.
4.2.3 Mev. van Zyl lig die ouers in rondom die gesondheidsvraelyste wat ouers moet invul, teken en terugstuur aan die skool. Departement verwag dat elke kind in die skool se ouers dit voltooi en teken.
4.2.4 HPV inenting: . Inenting is baie belangrik vir u kind se gesondheid en inenting sal nie deur die staat gedoen word as dit nie goed nagevors en wêreldwyd beproef is nie. Ouers kan teenwoordig wees as Dept. Gesondheid hul kinders inent. Sy noem ook dat geen kind enige behandeling of inenting ontvang as ouers nie toestemming gee nie.
4.2 Personeel:4.2.1 3 Nuwe leerkragte word aangestel deur die BL. 8 Van die 18 onderrigposte is beheerliggaamposte. Mnr. Tait bedank die beheerliggaam vir die aanstellings aangesien dit die las van die leerkragte verminder en kwaliteit onderrig ondersteun omdat daar minder leerders per klas is.
4.2.2 Eersdaags sal die beheerliggaam onderhoude voer met potensiële kandidate vir die Departementele Suid-Sotho pos vir GF.
4.2.3 Die Departement van Onderwys het ‘n addisionele pos toegeken aan die skool aangesien ons skool se getalle gegroei het. Beheerliggaam beveel mej. R. Meyer aan in die pos. Wag vir goedkeuring deur die Departement.
4.3 AKADEMIE:4.3.1 Slaagsyfer 2017 was 97,2% [ 8 Druipelinge]
4.3.2 Ouers moet kennis neem dat leerders wat in die week afwesig is met assessering, ‘n geleentheid kry om die eerste Maandag daarna die assessering onder toesig van die HOD kry. Indien weer afwesig, sal hy/sy tweede kans kry en indien weer afwesig sonder verskoning sal leerder ‘n “0” kry.
4.3.3 Klasse is vanjaar verdeel vanaf gr. 3 – 7. Pogings en planne word beraam om ook gr. 1 & 2 te verdeel.
4.3.4 Die skool bied ‘n groot verskeidenheid dienste aan en dit is in ‘n dokument saamgevat wat ook op die nuusbrief vir ouers beskikbaar gaan wees.
4.3.5 Mev. R. van Zyl lig die ouers in oor watter leerders sal geakkommodeer word vir konsessie. Sy bepreek ook die hele proses baie duidelik aan ouers. [Dokument sal op nuusbrief geplaas word vir ouer se kennisname]
4.3.6 Mnr. Tait herinner ouers aan die klasbesoeke vanmiddag met al die leerkragte.
4.3.7 Ouers wil weet of daar enige iemand is wat hulle kan kontak vir wiskunde ekstra klasse. Mnr. Tait sal navraag doen en inligting op nuusbrief plaas.
4.4 SPORT:4.4.1 Mevv. I. Wilkinson en A. Lübbe gaan tydens LO periodes begin by die Grondslag Fase om leerders aktief betrokke te kry en deelname te bevorder. Vaardighede word ook getoets en geëvalueer vir aanbevelings aan skool, afrigters en ouers.
4.4.2 Mev. C. Burger voel dat leerders tydens LO periodes [swem] te swaar gestraf word as hulle nie hul swemklere het of verskonings het hoekom hulle nie wil swem nie. Sy vra of daar nie ander maniere is nie.
4.5 OUERS EN FONDSE:4.5.1 Die OLK funksioneer tans baie goed en mnr. Tait vra ouers om hulle asb. te ondersteun. Hy rig ook sy opregte dank aan die gr. 1 & 2 ouers wat die afgelope gala’s die OLK so entoesiasties bygestaan het.
4.5.2 Elke ouer van die skool het ‘n gedragskode ontvang en moes dit onderteken. Dit is vir ouers ‘n riglyn hoe om langs velde en bane op te tree om waardigheid te behou en om aan ander skole te wys dat ons skool waardes het wat ons respekteer. Hy loof ons ouers wat hulle in die verlede puik langs velde en bane gedra het. Ons is trots op hulle. Hy spreek ook sy wens uit dat 2018 geen uitsondering gaan wees nie.
4.5.3 A.g.v. die groei van die skool is daar baie meer finansiële uitgawes en mnr. Tait versoek ouers vriendelik om hul finansiële verpligtinge stiptelik na te kom. Hy lig ouer ook in van die Dept. van Onderwys se bydrae tot die skool. R660.00 per leerder per jaar vir boeke, skryfbehoeftes, onderhoud, water en krag. Die Departement is tans agterstallig met betaling van die fondse. Verlede jaar se laaste paaiement asook vanjaar [2018] se eerste paaiement is nog nie in skool se rekening inbetaal nie.
4.6 BEHEERLIGGAAM:4.6.1 Mnr. Tait adverteer 2018 se verkiesing. Verkiesing en nominasievergadering sal plaasvind op Vrydag, 16 Maart 2018 om 8h00. Mnr Tait versoek ouers om asb. te kom stem en ‘n stempersentasie van 50% en hoër te handhaaf. Hierdie is ‘n baie belangrike verkiesing wat die rigting van die skool kan verander as ouers nie die verantwoordelikheid neem om hulself beskikbaar te stel en te kom stem nie.
Mnr. Tait bedank ook die ou span o.l.v. die voorsitter mnr. Riaan Jacobs vir puik werk verrig.
Mnr. Tait het ook ‘n pamflet onder die ouers versprei wat hul volledig sal inlig hoe ‘n beheerliggaam- verkiesing werk.
4.7 SKOOLDRAG EN VOORKOMS:4.7.1 Mnr. Tait versoek ouers om streng by die reëls te hou en hul seuns se hare volgens die skool se reëls te laat sny.
4.7.2 Die ouers neem ‘n besluit dat die dogters nie sportkouse saam met hul rokke mag dra nie.
4.7.3 Die ouers neem ‘n besluit dat die status quo gehandhaaf sal word en dat die dik windjakker skooldrag bly. Geen Drimac baadjies mag gedra word nie. Die windjakker is nie verpligtend nie. Kinders kan ‘n skooltrui met ander truie onderaan, aantrek i.p.v. die baadjie.
4.7.4 Ouers besluit dat die wit hemp vir seuns vanaf 2019 amtelike skooldrag sal wees. Gryshemp word dan finaal uitgefaseer.
4.8 KOSHUIS:4.8.1 Ouers moet asb. geduldig wees aangesien die dorp ‘n geweldige groot waterprobleem het. Die kinders gebruik 30 000 L water per week en die munisipaliteit kan nie daarin voorsien nie. Waterdruk is laag en die Koshuis moet van ‘n drukpomp gebruik maak om water in tenk te kry vir boiler om warm water te voorsien. As daar nie water is nie, kan dit nie gebeur nie.
Mnr. Tait spreek sy opregte dank uit aan ouers van ons skool wat die afgelope week drinkwater aan die Koshuis voorsien het.
4.9 ALGEMEEN:4.9.1 Ouers sal waarneem dat die gras en plante op die skoolterrein en die rugbyveld erg verdroog het. Die munisipaliteit kon nie water aan ons voorsien nie. Reën help dat gras en plante weer groei waarvoor ons dankbaar is. Dankie aan die beheerliggaam en mnr. Theuns en mev Retha Schutte wat ‘n watersuiweringtoestel vir die skool geïnstalleer het en instand hou sodat ons leerders suiwer water het om te drink.