Top Banner
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 35 6 - 13 November 2015 OUERVERGADERING: ‘n Ouervergadering vind op Maandag, 8 November om 7:30 in die skoolsaal plaas. Die volgende punt gaan bespreek word: Ekstra aktiwiteite gedurende skoolure. EKSAMENROOSTER: Die eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Alle eksamenwerk is reeds aan leerders op skrif deurgegee. Leerders moet asseblief baie goed vir hierdie belangrike eksamen voorberei. HANDBOEKE: Leerders van gr 1 – 7 moet op Maandag, 9 November al hulle handboeke (vir alle vakke) by die skool hê vir inspeksie. Handboeke wat verniel is, sal ongelukkig deur die ouers vervang moet word. OORPLASINGSERTIFIKATE: Ouers wie se kinders ons skool aan die einde van die jaar verlaat, moet asseblief op Maandag, 9 November ‘n briefie ingee om vir ‘n oorplasingsertifikaat vir u kind aansoek te doen. Hierdie sertifikaat is noodsaaklik om u kind by ‘n volgende skool in te skryf. Graad 7- leerders kry outomaties almal ‘n oorplasingsertifikaat en hoef nie daarvoor aansoek te doen nie. PRYSUITDELING 2015: Ouers word almal vriendelik uitgenooi na ons Prysuitdeling op Vrydag, 13 November op die volgende tye: Junior Prysuitdeling: 9:00 Senior Prysuitdeling: 10:45 Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende belangrike reëlings: Die skool begin op Vrydag, 13 November om 8:30 en leerders tree om 8:40 voor die saal aan. Gr 4 – 7 leerders wat nie pryse kry nie, hoef nie skool toe te kom nie. Leerders in die GF kry almal pryse. Leerders in graad 1 – 3 is verplig om die Prysuitdeling by te woon. Na die Junior Prysuitdeling mag graad 1 – 3 leerders huis toe gaan (behalwe as ‘n Junior leerder ‘n Senior prys kry) Graad 4 – 7 leerders (koshuis en dorpskinders) bly in die koshuis totdat die Senior Prysuitdeling begin. (Daar sal toesig in die koshuis wees) Leerders wat prysuitdeling as toeskouers bywoon, moet skoolklere aanhê. Ouers word gevra om asseblief nie gedurende die verrigtinge die saal te verlaat nie. Die nuwe skool- en koshuisleiers vir 2016 word by die Senior Prysuitdeling bekend gemaak. ROOMYSVERKOPING: Die IK-klas hou op Maandag, 9 November ‘n roomysverkoping gedurende pouse. Jellie, roomys en vla: R5 Ysies: R2. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun. HANNELIE VILJOEN MUSIEKKONSERT: Ouers en belangstellendes word uitgenooi na die Hannelie Viljoen Musiekkonsert wat op Dinsdag, 10 November om 18:30 in die skoolsaal plaasvind. KOOR:
7

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB35 en 2015.docx · Web viewDie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Alle eksamenwerk is reeds aan leerders op skrif

Jul 01, 2019

Download

Documents

ngodiep
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB35 en 2015.docx · Web viewDie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Alle eksamenwerk is reeds aan leerders op skrif

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 35 6 - 13 November 2015OUERVERGADERING:‘n Ouervergadering vind op Maandag, 8 November om 7:30in die skoolsaal plaas. Die volgende punt gaan bespreek word:Ekstra aktiwiteite gedurende skoolure.

EKSAMENROOSTER:Die eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Alle eksamenwerk is reeds aan leerders op skrif deurgegee. Leerders moet asseblief baie goed vir hierdie belangrike eksamen voorberei.

HANDBOEKE:Leerders van gr 1 – 7 moet op Maandag, 9 November al hulle handboeke (vir alle vakke) by die skool hê vir inspeksie. Handboeke wat verniel is, sal ongelukkig deur die ouers vervang moet word.

OORPLASINGSERTIFIKATE:Ouers wie se kinders ons skool aan die einde van die jaar verlaat, moet asseblief op Maandag, 9 November ‘n briefie ingee om vir ‘n oorplasingsertifikaat vir u kind aansoek te doen. Hierdie sertifikaat is noodsaaklik om u kind by ‘n volgende skool in te skryf. Graad 7-leerders kry outomaties almal ‘n oorplasingsertifikaat en hoef nie daarvoor aansoek te doen nie.

PRYSUITDELING 2015:Ouers word almal vriendelik uitgenooi na ons Prysuitdeling op Vrydag, 13 November op die volgende tye:Junior Prysuitdeling: 9:00Senior Prysuitdeling: 10:45Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende belangrike reëlings:

Die skool begin op Vrydag, 13 November om 8:30 en leerders tree om 8:40 voor die saal aan.

Gr 4 – 7 leerders wat nie pryse kry nie, hoef nie skool toe te kom nie.

Leerders in die GF kry almal pryse. Leerders in graad 1 – 3 is verplig om die Prysuitdeling by te woon.

Na die Junior Prysuitdeling mag graad 1 – 3 leerders huis toe gaan (behalwe as ‘n Junior leerder ‘n Senior prys kry)

Graad 4 – 7 leerders (koshuis en dorpskinders) bly in die koshuis totdat die Senior Prysuitdeling begin. (Daar sal toesig in die koshuis wees)

Leerders wat prysuitdeling as toeskouers bywoon, moet skoolklere aanhê.

Ouers word gevra om asseblief nie gedurende die verrigtinge die saal te verlaat nie.

Die nuwe skool- en koshuisleiers vir 2016 word by die Senior Prysuitdeling bekend gemaak.

ROOMYSVERKOPING:Die IK-klas hou op Maandag, 9 November ‘n roomysverkoping gedurende pouse. Jellie, roomys en vla: R5 Ysies: R2. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

HANNELIE VILJOEN MUSIEKKONSERT:Ouers en belangstellendes word uitgenooi na die Hannelie Viljoen Musiekkonsert wat op Dinsdag, 10 November om 18:30 in die skoolsaal plaasvind.

KOOR:Die Senior en Junior kore tree op Sondag, 8 November by die Kersangdiens van die NG Kerk in Jacobsdal op. Die Senior koorlede moet almal ‘n denim en enige wit hempie aantrek. Die Junior koorlede het elkeen ‘n briefie met reëlings ontvang. Alle koorlede moet om 17:30 by hulle koorleiers aanmeld.Koorbraai: Die Senior koor se koorbraai vind op Maandag, 9 November om 18:00 by die swembad plaas.Die Senior koor tree op Vrydag, 13 November by die Prysuitdeling in hulle koordrag op. Sorg asseblief dat jou koordrag ingepak en netjies is (koshuiskinders).

JAARBLAD 2015: [AFSKEURSTROKIE]Ouers kan die Jaarblad @ R100 per kopie met die afskeurstrokie bestel. Kontant met bestelling asseblief. Dit gaan weer vanjaar ‘n pragtige boek wees. Skaf gerus vir u een aan.

MIELIEMEELPROJEK: [AFSKEURSTROKIE]Ons skool is die geleentheid gegun om 5lb sakkies mieliemeel vir ‘n fondsinsameling te verkoop. Op die sakkies is ons skool se waardes aangebring. Dit is ‘n goeie promosieartikel wat terselfdertyd bruikbaar is. Vier soorte mieliemeel word in 5 lb lapsakkies verpak: Geelmeel Lekker grofBitter grof Rof en grof met semels.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB35 en 2015.docx · Web viewDie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Alle eksamenwerk is reeds aan leerders op skrif

Ons wil graag hê dat elke kind in ons skool ‘n paar sakkies moet koop of verkoop. Dit is ‘n lekker geskenkie om vir iemand anders te gee.Ouers kan selfs instansies in hulle dorpe vra om dit op hulle rakke te plaas om te verkoop. Pryse is as volg:1 5lb Sakkie: R3030 Of meer 5lb sakkies: R25.25Vul asseblief die afskeurstrokie in om u bestelling te plaas. Kontant met bestelling asseblief. Hierdie projek sal vir ‘n onbepaalde tyd by ons skool geloods word.

SWEMBAD:Die swembad is vir volgende naweek gedurende die volgende tye vir privaatfunksies bespreek:Saterdag, 14 November: 12:00 tot 18:00Sondag, 15 November: 8:30 tot 14:00Geen toegang vir enige ander persoon gedurende bostaande tye nie.

BIBLIOTEEKBOEKE:Leerders kan vanaf Maandag, 9 November hulle biblioteekboeke begin inhandig.

LEERDERDEELNAME:KRIEKET: Baie geluk aan Lodewyk du Toit en CJ Marx wat vir die Pro 20 Diamantveld Blou en Geel uitnodigingspanne gekies is en op 14 November ‘n Pro 20 wedstryd speel. Lodewyk is as beste kolwer van die hele toernooi aangewys. Baie geluk!Sterkte aan Lodewyk, Wico en Stiaan wat op Saterdag, 7 November vir die Xhariep-krieketspan ‘n wedstryd speel.

ATLETIEK:Sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 7 November aan die Jim Fouché Atletiekuitnodigingsbyeenkoms deelneem.

SONE ATLETIEKSPAN: [AFSKEURSTROKIE]Aangesien almal verras is met die drastiese aanpassing van die kwalifiserende standaarde in sommige items, het die Sportkomitee en Beheerliggaam besluit om die volgende toegewing te maak:Atlete wat nie in die voorlopige span opgeneem is nie, en in die volgende drie maande hard gaan oefen om aan die kwalifiserende standaarde te voldoen, sal gedurende die eerste week saam met die nuwe kinders getoets word. (Sien die aangehegte SA kwalifiserende standaarde.)

Indien hulle dan kwalifiseer, sal hulle in die Sonespan opgeneem word. Atlete wat reeds in die span is sal deur die vakansie hard moet oefen om hulle plekke te behou. Ouers wat graag wil hê hulle kinders moet vir sekere items weer getoets word, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 9 November na die klasonderwysers terugstuur. Die Sportorganiseerder is beskikbaar vir enige inligting wat u wil bekom.Ouers is welkom om persoonlik met afrigters te skakel om hulle kinders nog ‘n bietjie met tegnieke/oefening te help.

TENNIS: UITSLAE TEEN EUREKA / NEWTON:0/13A verloor 5 – 1 teen Eureka en 6 – 0 teen Newton0/11A verloor 6 – 0 teen Eureka en 6 – 0 teen Newton0/11B verloor 6 – 0 teen Eureka en 6 – 0 teen Newton0/9A verloor 6 – 0 teen Eureka en 6 – 0 teen Newton

NETBALKLINIEK:‘n Netbalkliniek word deur Lanie Steenkamp vir ons skool se netbalspelers, afrigters en ouers op die volgende tye gehou:Maandag 16 Nov: 14:30 – 16:00Dinsdag 17 Nov: 10:30 – 12:00Woensdag 18 Nov: 10:30 – 12:00 Alle 0/ 12 en 0/13 dogters (van 2016) moet al drie dae die kliniek bywoon.Die 0/7, 0/9 en 0/11 netbaldogters van 2016 woon die Dinsdag-sessie by. Dogters moet asseblief enige sportklere, tekkies, water en ‘n hoed saambring skool toe. Ouers word vriendelik uitgenooi om ook die kliniek by te woon. Sodoende dra u kennis van netbaltegnieke en kan u met u kind by die huis ook speel om haar vaardighede te verbeter. Ons sal u teenwoordigheid en hulp baie waardeer.

NETBALAFSLUITING:Die 0/13A en B netbalafsluiting vind op Dinsdag, 10 November plaas. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar.

SKAAK:Baie geluk aan Rian Steenkamp wat ook in die Vrystaat Skaakspan opgeneem is en aan die SA Skaakkampioenskappe gaan deelneem.

LAPESA TENNIS:Tennisgeld vir November beloop R140 per speler. Gelde moet asseblief op Maandag, 9 November betaal word, aangesien gelde aan Lapesa oorbetaal moet word. Die laaste tennislesse vind op 14 November plaas.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB35 en 2015.docx · Web viewDie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Alle eksamenwerk is reeds aan leerders op skrif

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan die graad 1 mammas wat lekker eetgoed gestuur het met hulle klasverkoping. Die klas het ‘n pragtige bedrag van R1 876.50 ingesamel.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

EKSAMENROOSTER 17 November – 26 November 2015

DAG: DAT: GRAAD 4: GRAAD 5: GRAAD 6: GRAAD 7:

DINS: 17 Nov WISKTEG

WOENS: 18 Nov AFR

DON: 19 Nov AFR AFR ENG NW

VRY: 20 Nov WISK WISK WISK ENG

MAAN: 23 Nov NWT SW LV MSW

DINS: 24 Nov SW NWT NWT EBW

WOENS: 25 Nov LV ENG AFR SK

DON: 26 Nov ENG LV SW LO

GEBEDSLYS:

Die droogte in ons land

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB35 en 2015.docx · Web viewDie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Alle eksamenwerk is reeds aan leerders op skrif

AFSKEURSTROKIE: SONE ATLETIEKSPAN

OUER: ____________________________________________

ATLEET: _______________________________OUD IN 2016: _____

EK WIL GRAAG HÊ DAT MY KIND VIR DIE VOLGENDE ITEMS, VROEG IN 2016, WEER GETOETS MOET WORD:

________________________________________________________

________________________________________________________

HANDTEKENING: ________________________

DATUM: ________________________

AFSKEURSTROKIE: JAARBLAD – 2015

OUER: ____________________________________________

LEERDER: __________________________ GRAAD: ________

WIL GRAAG ______ (AANTAL) JAARBLAD VIR 2015 @ R100 ELK BESTEL.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN: R__________

HANDTEKENING: _________________________

B & H DIESELMODDERRIVIER

Goeie pryse!!

50pp Diesel: Pompprys @ R11.66500pp Diesel: Pompprys @ R11.47

~~~~~

Dieselkarre beskikbaar om te leenvir selflaai, 500L en meer:@ R11.45 vir 50pp diesel@ R11.33 vir 500pp diesel

Kontak:

Hanli: 083 2744494Maryna: 053 5817015

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB35 en 2015.docx · Web viewDie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Alle eksamenwerk is reeds aan leerders op skrif

AFSKEURSTROKIE: MIELIEMEELPROJEK 1 x 5lb Sakkie: R30 30 x of meer 5lb Sakkies: R25.25

NAAM VAN LEERDER/S: GRAAD: Geel-meel:

Lekker grof:

Bitter grof:

Rof en grof met semels:

AANTALSAKKIES:

TOTALE BEDRAG:

HANDTEKENING VAN OUER: DATUM:

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/NB35 en 2015.docx · Web viewDie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Alle eksamenwerk is reeds aan leerders op skrif