JAARVERSLAG VIR BURGERS 2012/2013
JAARvERSLAG vIR BuRGERS2012/2013
Jaarverslag vir Burgers 2012/132
WAT ONS DOEN
Ons hoofdienste aan u as die kliënt word hieronder beskryf.
Kuns- en Kultuurdienste om die ontwikkeling, bewaring en
bevordering van kuns en kultuur te fasiliteer deur:
Befondsing van kuns- en kultuurorganisasies in die
provinsie;
Ondersteuning van kapasiteitsbou en opleiding van
kunsadministrateurs en kunspraktisyns;
Betrokkenheid in vennootskappe en samewerking met
kuns- en kultuurorganisasies, opvoedkundige inrigtings
en munisipaliteite;
Steun aan kuns- en kultuurgeleenthede (bv. skeppende
platforms en feeste); en
Voorsiening van administratiewe steun aan die Wes-
Kaapse Kultuurkommissie.
Taaldienste om veeltaligheid in die Wes-Kaap te bevorder,
trots en begrip onder ons mense te vestig en om voorheen
gemarginaliseerde tale aktief te ontwikkel deur:
Die voorsiening van vertalings-, redigerings- en
tolkdienste aan provinsiale regeringsdepartemente;
Steun aan die implementering van die Wes-Kaapse
Taalbeleid in die provinsiale regering;
Die bevordering van isiXhosa, Nama en Suid-Afrikaanse
Gebaretaal; en
Die voorsiening van administratiewe steun aan die Wes-
Kaapse Taalkomitee.
Museums, Erfenis en Geografiese Naamdienste om
die provinsiale erfenis te bevorder en te bewaar deur
museum-, erfenis- en geografiese naamdienste en deur:
Befondsing van provinsie-ondersteunde museums;
Betrokkenheid in uitreikprogramme na gemeenskappe;
Ontwikkeling van beleidsrigtings;
Navorsing en ontwikkeling van uitstallings;
Navorsing oor die agtergrond en oorsprong van
geografiese name;
Opvoedkundige programme vir skole te fasiliteer;
Geleenthede wat tot die nasionale trots bydra, bv.
Vryheidsdag, te fasiliteer; en
Administratiewe steun aan die Raad van Erfenis Wes-
Kaap te voorsien
Biblioteekdiens om biblioteek- en inligtingsdienste te
voorsien deur:
Voorsiening van nuwe biblioteekmateriaal aan
biblioteke;
Fasilitering van promosieprojekte en
geletterdheidsveldtogte, bv. Suid-Afrikaanse
Biblioteekweek en Nasionale Boekweek;
Voorsiening van opleidingsprogramme aan openbare
biblioteek-personeel;
Die implementeer van die SITA-Biblioteeksinligtings
bestuurstelsel (SLIMS)in openbare biblioteke en die
voorsiening van inligting en kommunikasie-tegnologie
(IKT) –infrastruktuur aan biblioteke;
Voorsiening van gratis openbare internettoegang aan
biblioteekgebruikers;
Beter toegang tot biblioteekdienste deur boekwaentjies
Voorsiening van befondsing aan munisipaliteite vir die
verbetering van openbare biblioteek-dienste;
Befondsing van nuwe biblioteekfasiliteite; en
Steun aan die opgradering van bestaande fasiliteite.
Argiefdienste om argivale en rekordbestuursdienste te
voorsien deur:
Verkryging van waardevolle rekords;
Bewaring van historiese argivale rekords;
Fasilitering van gemeenskapsbewustheidsprogramme
en uitstallings
Deelname aan nasionale en internasionale geleenthede,
bv. die Nasionale Argiefweek;
Bestuur van die argiefleeskamer vir navorsers;
Rangskik en beskryf van die argivale materiaal om
maklike toegang vir navorsers te bewerkstellig;
Rekordbestuursopleidingsprogramme in
regeringsliggame; en
Ondersoek en goedkeuring van rekordklassifikasiestelsels.
Sportontwikkeling om vir alle skole en hul leerders
toegang tot sportgeleenthede te skep en om
ontwikkelingsprogramme vir sport en ontspanning te
voorsien deur:
Die stig van ontspanningsgebaseerde organisasies;
Voorsiening van steun aan MGO (Massa-deelname,
Geleentheid en toegang, ontwikkeling en groei)
Ontspanningsentra;
WIE ONS ISOns is die Wes-Kaapse Regering Kultuursake en Sport. Ons taak is om deur die
aanmoediging van skeppende vennootskappe met ander, uitnemendheid en inklusiwiteit in sport en kultuur aan te moedig. Ons skep die geleenthede vir toegang
en massa-deelname, talent-identifisering en vaardigheidsontwikkeling.
WIE IS IN BEHEERDie Minister is dr. Ivan Meyer. Hy is ’n verkose politikus en is, in ooreenstemming
met nasionale en provinsiale regeringsbeleid, verantwoordelik vir die bedryf van die Departement se aktiwiteite.
Die Departementshoof is mnr. Brent Walters. Hy is ’n staatsamptenaar wat aangestel is om te verseker dat die Departement die Minister en die regering se aanwysings
doeltreffend en doelmatig uitvoer.
Jaarverslag vir Burgers 2012/13 3
Personeel
Daar is tans 628 personeellede in diens by persele regoor die provinsie.
ONS ORGANISASIE EN PERSONEEL
Werknemers volgens ras
Gekleurd34755%
Afrikaan17328%
Indiër41%
Wit10417%
Werknemers volgens geslag
Vroulik32251%
Manlik30649%
Manlik5
Vroulik5
Werknemers met gestremdhede
Tale wat gepraat word
Engels, Afrikaans en isiXhosa is die drie amptelike tale van die Wes-Kaap. Die meeste personeellede praat twee van die drie
amptelike tale van die provinsie.
Fasilitering van hoëprestasie-sportkampe;
Organiseer van hub festivals;
Steun aan MGO-sportsentra;
Steun aan ligas, toernooi-kompetisies en feeste;
Fasilitering van vaardigheidsontwikkeling;
Talent-identifisering;
Steun aan SHARP (Sport Hoër Prestasie en Vordering
deur Ontspanningsprogramme) sentra; en
Steun aan die Wes-Kaapse Sportskool.
Sportbevordering om geleenthede in sport te bevorder
deur:
Toeganklike, bekostigbare fasiliteite, programme en
dienste te voorsien;
Befondsingsteun aan geaffilieerde provinsiale en
streeksportfederasies te verleen;
Sportadministrateurs op te lei;
Tegniese beamptes op te lei;
In sportontwikkelingsaktiwiteite betrokke te raak;
Die bou en verbetering van sportfasiliteite te
ondersteun;
Fasilitering van hoëprestasie-sportprogramme;
Sport vir gestremdes te ondersteun;
Vroue- en meisiesport te ondersteun;
Transformasie in sport te ondersteun;
Steun aan groot geleenthede te voorsien; en
Sporttoekenningsgeleenthede te organiseer.
ONS BEGROTING
Uiteensetting van die begrotingstoewysing:
Bedrag - 2012/13
Vergoeding van personeel R138,042 miljoen
Programme R114,422 miljoen
Bedryfskoste R139,810 miljoen
Totaal R392,274 miljoen
Uiteensetting van die toewysing per program (vergoeding uitgesluit):
Program Bedrag
1. Administrasie R10,643 miljoen
2. Kultuursake R32,310 miljoen
3. Biblioteek- en Argiefdienste R119,219 miljoen
4. Sport en Ontspanning R64,252 miljoen
Totaal R226,424 miljoen
Jaarverslag vir Burgers 2012/134
ONS PRESTASIE IN 2012/2013
KuNS- EN KuLTuuRDIENSTE
• 70 organisasies het befondsing ontvang
• 26 kuns- en kultuurgeleenthede is gereël
• 119 kunstenaars is opgelei
• 12 mentorprogramme is gebruik om kuns- en
organisatoriese ontwikkeling te bevorder.
TAALDIENSTE • 638 dokumente is geredigeer en vertaal
• Tolkdienste is op 12 geleenthede voorsien
• 24 mense is opgelei om tolkdienste te lewer
• 2 projekte is geloods om veeltaligheid te bevorder
• 2 projekte gerig op die regstel van historiese
taalongelykhede is geloods
• 2 projekte is geloods om voorheen
gemarginaliseerde inheemse tale en SA Gebaretaal
aktief te ontwikkel.
MuSEuMDIENS
• 368 332 mense het museums besoek
• 4 uitreikprogramme is uitgevoer
• 19 provinsie-gesteunde museums het steun
ontvang
• 4 plaaslike museums het steun ontvang
• 741 leerders het aan skool-uitreikprogramme
deelgeneem
• 4 opvoedkundige programme is ontwikkel.
ERfENIS- EN GEOGRAfIESE
NAAMDIENSTE
• 14 erfenisterreine is bevorder
• 300 geografiese name is hersien
• 3 plaaslike owerhede het opleiding oor die
hantering van geografiese naamsveranderinge en
die standaardisering van name ontvang.
BIBLIOTEEKDIENS
• 15 promosieprojekte is uitgevoer
• 373 personeellede is by gemeenskapsbiblioteke
opgelei
• 72 nuwe biblioteke is met die gerekenariseerde
biblioteek- en inligtingsbestuurstelsel verbind
• 222 461 biblioteek-items is geprosesseer
• 4 995 biblioteek-items is gekatalogiseer
• 343 biblioteeksentrums regdeur die provinsie het
steun ontvang.
ARGIEfDIENS
• 34 regeringsliggame is geïnspekteer
• 137 rekordbestuurders is opgelei
• 15 bewustheids- en bevorderingsprojekte is
geloods
• 54 413 rekords is deur navorsers geraadpleeg
• 317 liniêre meter argiefmateriaal is georden.
SPORTBEvORDERING
• 111 geaffilieerde provinsiale sportfederasies is
ondersteun
• 2 sportfasiliteite is verbeter
• 58 atlete het hoëprestasiesport-ondersteuning
ontvang
• 126 vrywillige sportadministrateurs is opgelei
• 5 sportgeleenthede vir gestremdes het steun
ontvang
• 6 vroue- en meisiesportgeleenthede het steun
ontvang
• 30 hoofgeleenthede het plaasgevind
• 6 ontspanningstrukture is gestig en ondersteun
• 12 848 mense het aan
ontspanningsportgeleenthede en programme
deelgeneem
• 49 ontspanningsgeleenthede is aangebied
SPORTONTWIKKELING
• 14 sportkodes is gespeel in interprovinsiale liga-
wedstryde in alle distrikte van die provinsie
• 8 distrikgebaseerde inheemse spele-feeste het
plaasgevind
• 5 afrigtingsklinieke is aangebied
• 6 toekenningsgeleenthede is aangebied
• 176 MGO-sentra het funksioneer.
Jaarverslag vir Burgers 2012/13 5
DIENSLEWERINGSvERBETERINGSINISIATIEWE
Twee dienste is geïdentifiseer vir die verbetering van die Diensleweringsverbeteringsplan: Taaldienste en Argiefdiens.
Hierdie inisiatief het gefokus op die verbetering van diensstandaarde wat gekoppel is aan die Batho Pele-beginsel van
toegang, inligting en regstelling. ’n Kliëntedienshandves is ontwikkel om bevoordeeldes in te lig oor hulle reg op dienste en
verantwoordelikhede, diensstandaarde, openings- en sluitingstye, dienssentrumadresse en regstelmeganismes.
ANDER vERWYSINGS
Raadpleeg die Wes-Kaapse Regering Kultuursake en Sport se Jaarverslag vir 2012/13 vir meer inligting oor die
Departement se prestasies.
Jaarverslag vir Burgers 2012/136
Notas
Jaarverslag vir Burgers 2012/13 7
Vir verdere inligting, voorstelle en/of komplimente, tree asseblief in verbinding met:
Die BestuurderKommunikasie-eenheid Wes-Kaapse Regering Kultuursake en SportPrivaatsak X9067Kaapstad8000
Telefoonnommer: 021 483 9877Faksnommer: 086 607 0208e-pos: [email protected] Webwerf: www.westerncape.gov.za/cas
HOE OM MET ONS IN vERBINDING TE TREE