-
Pag
e1
INHOUDSOPGAWE 1. PRESIDENT’S NOTA
3. NUUS 5. DEXTER VOEDING
7. DIERE GESONDHEID
12. FASE D TOETSING
APRIL 2016
PRESIDENTS NOTA
Hierdie is nou ons 3de nuusbrief. Ek wil graag vir Kelpie
Oosthuizen, Sam Marx en Janet Barnard en almal wat artikels
instuur, bedank vir jul bydraes met die nuusblad. A special
thank you to Kelpie, Sam and Janet, in particular, for your
hard work with this newsletter. Without you, this important
communication will not be possible.
Op hierdie stadium is die SA Nasionale Skoukampioenskappe (27
tot 29 April 2016 te Bloemskou - Bloemfontein) op baie
mense se lippe en wil ek ook elkeen herinner om ‘n nota in jul
dagboeke te sit om nie hierdie geleentheid mis te loop
nie. Even if you do not participate yourself, it is very
important to learn from the comments by the judges on the
various
animals. Ek sê graag altyd dat: ‘Jy moet oplet in die klas’!
Die Purebred klub se veiling was op 12 Maart 2016 aangebied by
Groblersdal en ondanks die droogte en gepaardgaande
daling in vraag na vee, het die diere steeds goeie pryse behaal.
Congratulations to Kobus Ehlers, Kobus van der Linde and
BKB with the successful auction, also to all the breeders that
sold animals at good prices.
Die Vrystaat klub se veiling vind op 30 April 2016 te NG Kerk
Leeuwberg, Kotze Str., Ferreira, Bloemfontein plaas na
afloop van die skou en ons vra ook dat u hul sal ondersteun. It
is important to visit auctions to see for yourselves what
the current market prices are and how to prepare animals for an
auction. It is not just luck when some breeders get
better prices for their animals; they know what must be done to
get the best prices on offer.
Die afgelope paar maande, het heelwat telers presteer en wil ek
graag al die presteerders baie geluk sê met jul
prestasies. Die Stamboek/Vleissentraal Elite Vleisbees Kudde
toekennings, die LNR Nasionale Beste Elite Koei
toekennings asook die wenners by die Hertzogville skou! During
the Vleissentraal Elite awards it was mentioned that
Dexter Breeders should be very proud of their achievements the
last couple of years, and I agree. The Dexter breed is
busy making more and more name for itself.
-
Pag
e2
Die volgende paar maande gaan n bedrywige tyd wees in
beestelerskringe. Nampo Harvest Day is from 17 to 20 May 2016. This
is an event that should
not be missed. Die Dexter ras het al deeglik van homself
rekenskap gegee tydens hierdie geleentheid en ons stalletjie en ras
lok wye belangstelling elke
jaar. I do hope to see you there.
We are proud to inform you that we printed Herd Manage Books for
all the breeders. It is free and can be collected at the SA
National Championships or
at Nampo. Stel ons asb. in kennis of u dit sal kan kom afhaal en
watter dag en/of ons dit vir u moet pos. Dit is n sakpas boekie wat
u kan gebruik vir
geboorteaantekeninge, watter bulle gebruik is, reënval,
aantekeninge oor dosering en entstowwe. There is also information
about managing and
weighing periods, breeding values and condition scale
values.
Dexter groete
Ockie Barnard (President)
-
Pag
e3
GENERAL DEXTER NEWS
Landbounavorsingsraad Nasionale Beste Elite Koei Toekenning 2016
geborg deur Farmer’s Weekly
Die LNR hou jaarliks in samewerkings met Farmers Weekly hierdie
spog geleetheid. This event will take place during the Jacaranda
show of 2016. The cow
that was nominated during the AGM of 2015 is:
Corbu Dexters (CB Uys) – 12 kalwers met ‘n TKP van 365 dae. Koei
nr is JJN 020011
Baie geluk aan Nelius. Ons vertrou dat Traytjie haar ding sal
doen teenoor die ander rasse.
Vleissentraal SA Stamboek Elite vleisbees kudde toekennings
Hier volg die lys van kuddes wat toekennings ontvang het vir
2016 in die Vleissentraal SA Stamboek Elite vleisbees kudde
toekennings. Baie geluk aan
hierdie wenners want elkeen van hierdie kuddes is wenners in
hulle eie reg.
PARTICIPANT PARTICIPANT NAME TOEKENNING
0596525DXT MNR. THOMAS HEATH Goud
0634652DXT MNR. JOHAN DAFFUE & SEUN Silver
0653457DXT MNR. JACOBUS BOTHA Silver
0511684DXT MNR. HENDRIK STRYDOM Brons
-
Pag
e4
Hertzogville Skou uitslae – 10 tot 12 Maart 2016
KOEI IN MELK (24-36 MDE) - SHAMDEX (MNRE GV JAEGER EN
SB MARX)
KOEI IN MELK (18-24 MDE) - DORANCO (CF VAN TONDER)
JUNIOR UIER KOMPETISIE - SHAMDEX (MNRE GV JAEGER EN
SB MARX)
JNR KAMPIOEN VROULIK - SHAMDEX (MNRE GV JAEGER EN
RES JUNIOR KAMPIOEN VROULIK - DORANCO (CF VAN TONDER)
VERS (12-18 MDE) - DORANCO (CF VAN TONDER)
VERS (6-12 MDE) - ORB (OP BARNARD)
KLEUTER KAMPIOEN VROULIK - DORANCO (CF VAN TONDER)
RES KLEUTER KAMPIOEN VROULIK - ORB (OP BARNARD)
GROOT KAMPIOEN VROULIK - DORANCO (CF VAN TONDER)
RES VROULIKE KAMPIOEN - SHAMDEX (MNRE GV JAEGER EN
SB MARX)
BULLE (24-36 MDE) - DORANCO (CF VAN TONDER)
JUNIOR KAMPIOEN MANKIK - DORANCO (CF VAN TONDER)
BULLE (12-18 MDE) - DORANCO (CF VAN TONDER)
KLEUTER KAMPIOEN MANLIK - DORANCO (CF VAN TONDER)
RAS KAMPIOEN MANLIK - DORANCO (CF VAN TONDER)
RES KAMPIOEN MANLIK - DORANCO (CF VAN TONDER)
OPPERSTE KAMPIOEN - DORANCO (CF VAN TONDER)
BESTE PAAR BUL/KOEI/VERS (ENIGE OUDERDOM) - DORANCO
(CF VAN TONDER)
2 AFSTAMMELINGE VAN 1 BUL - ORB (OP
BARNARD)
GROEP VAN 3 VROULIKE DIERE `- ORB (OP
BARNARD)
BESTE VERTONING VAN 3 BEESTE (BEIDE GESLAGTE) - DORANCO
(CF VAN TONDER)
-
Pag
e5
DEXTER VOEDING
Geskryf deur Kelpie Oosthuizen
Winterlek
Belangrike beplanning by teelkudde
1. Teelseisoen 2. Kondisie Telling 3. Winter byvoeding 4.
Vervangingsverse 5. Teelbulle 6. Inentings en parasietbeheer 7.
Bemarking
Kondisie telling
Kondisie Telling is gemeet tussen 1 en 5. 1. Is baie maer 2.
Maer 2.5. Redelik 3. Net mooi 4. Vet 5. Baie Vet
Kondisie van teelkoeie
1. Speen vroegtydig April, nie later as Mei. 2. Begin met
stategiese lekke soos Proteienlekke vroegtydig nl. April, Mei
wanneer gras saad skiet. 3. Doen kondisie telling gereeld om
voedings status te bepaal en pas aanvullings aan. 4. Begin met
Produksielekke wanneer koeie kalf. • Moontlike lekke: •
Proteienlekke: • Voermol Premix 450 • Molatek Proteienlek 40 •
Enige ander lek van u keuse • Produksielekke: • Meng enige van
hierdie lekke 50:50 met chop of mielies.
Winterweiding
1. Beplan weidingstelsel om minimum gewigs verlies te hê.
-
Pag
e6
2. Gebruik u lande strategies deur die winter. 3. Aangeplante
weidings. 4. Addisionele bale vir veiligheid.
Mielielande
1.Bewei die lande stategies om kondisie telling te behaal met
paartyd. 2. Koeie wat kalf kry addisionele energie wat melk
produseer wat beter speengewigte beteken. 3. Addisionele inkomste
vir die boer met swaarder speengewigte. 4. Beter kalf %. 5. Gebruik
net ‘n winterlek en nie ‘n produksielek nie.
Vervangings verse
1. Die top verse wat uitgehou word om die teelkudde te verbeter
moet behoorlik uitgegroei word. 2. Voeding is uiters belangrik
vanaf speen tot by geslagsrypheid. 3.Gee Produksielek teen 1.5 kg
per dag. 4. Paar Oktober 2 maande vroeër as volwasse diere bv.
Normale paar tyd : Desember,
Januarie, Februarie.
Teelbulle 1.Bepaal die ideale gewig van die teelbul. 2. Weeg die
bul en bepaal die hoeveelheid kg wat aangesit moet word. 3. Bepaal
die gemiddelde groei oor die tydperk. 4. Voer die bul die rantsoen
teen 1% tot 1.5% van liggaamsmassa en vermeerder of verminder die
voer totdat gewensde GDT behaal word. 5. Doen vroegtydig die
vrugbaarheids toetse.
Mengsels Mengsel 1 Mengsel 2 Ruvoer 150 kg Ruvoer 150 kg Beesvet
33 160 kg SB 100 150 kg Bypass 50 kg Procon 33 50 kg Chop/Mielies
640 kg Chop/Mielies 650 kg Totaal 1000 kg Totaal 1000 kg Hierdie
mengsel moet op weiding gegee word.
-
Pag
e7
DIERE GESONDHEID
Beesvirusdiarree en Mukosasiekte
Dr G Gaigher BVSc
INLEIDING
Die virus van beesvirusdiarree (BVD) kom volgens onlangse
opnames wydverspreid in Suid-Afrika onder beeste voor, maar
veroorsaak slegs
sporadies probleme. Dit word oorgedra deur neusafskeidings,
speeksel, mis, uriene en bloed of deur kontak met besmette
voorwerpe. Dit
dring deur die neus of die mond die liggaam binne en
vermenigvuldig in die dier se liggaam.
OORSAAK
Daar is twee tipes virus wat voorkom :
1. Die sitopatogeniese virus wat aborsies, resorpsies of
fetusmisvorming by dragtige beeste veroorsaak. 2. Die
nie-sitopatogeniese virus wat veroorsaak dat koeie wat in die
eerste derde van dragtigheid besmet word, geboorte gee aan
kalwers met blywende infeksies (Eng: "persistently infected" of
PI ).
Hierdie diere tree as bron van die virus in die kudde op. Indien
hierdie kalwers later aan die sitopatogeniese virus blootgestel
word, sal 'n sindroom genoem mukosasiekte (Eng: "mucosal disease"
of MD) gepresipiteer word. Beeste wat deur MD geaffekteer word sal
'n verlies aan eetlus toon en sal sere in die bek en buikloop
ontwikkel. Die BVD-virus kan ook met ander virusse en Mannheimia
(Pasteurella) haemolytica bydra tot die ontwikkeling van
respiratoriese siekte in beeste in voerkrale.
-
Pag
e8
SIMPTOME
Die mees algemene simptome is :
1. Reproduksie. Die simptome wissel van embrionale verlies tot
aborsie of die geboorte van 'n swak kalf. Kalwers kan gebore word
met 'n onderontwikkelde kleinbrein (serebellum) wat gebrek aan
koördinasie tot gevolg het (Fig. 1 en 2). 2. Swak kalf sindroom.
Hulle is gewoonlik kroniese draers, groei nie goed nie en vrek
maklik van longontsteking of diarree. 3. Akute BVD. Dit vind plaas
in kuddes wat nog nooit aan die siekte blootgestel was nie.
Simptome is koors, neusuitloopsel, afname in melkproduksie en
diarree. Alhoewel baie diere aangetas word, is daar min vrektes.
Sien Fig. 3. 4. Respiratoriese siekte. As gevolg van
immuunonderdrukking word diere meer vatbaar vir longontsteking van
oorsake anders as BVD. 5. Mukosasiekte. Dit is 'n dodelike siekte
aangetref in jong diere en word gekenmerk deur erge bloederige
diarree asook erosie en ulserasie van die slymvliese
van die spysverteringstelsel. Mukosasiekte ontstaan wanneer 'n
chroniese draer, besmet met die nie-sitopatogeniese virus, wel
infeksie van
die sitopatogeniese virus opdoen.
Fig. 1: Jong kalf met onderontwikkelde kleinbrein. Let op hoe
wyd die kalf se pote geplant is om balans te probeer behou.
-
Pag
e9
Fig. 2: Erge onderontwikkelde kleinbrein in 'n kalf wat voor
geboorte besmet is met die BVD-virus. Die kleinbrein is gewoonlik 3
tot 4 keer groter as in dié geval.
Fig. 3: 'n Groot seer op die bekslymvlies van 'n bees veroorsaak
deur besmetting met BVD.
-
Pag
e10
BEHEER
Daar is twee benaderings nl:
1. BVD-vry kudde
Om dit te bereik en te handhaaf moet die kudde getoets word en
enige dier met blywende infeksies verwyder word. Daarna moet slegs
beeste wat skoon toets in die kudde ingebring word. Onthou dat
bulle BVD deur middel van semen kan oordra en dus spesiale aandag
gegee moet word dat koeie van rondloperbulle weggehou word.
Aangesien nog geen kuddes in Suid-Afrika heeltemal skoon getoets
het nie, is hierdie slegs 'n teoretiese oplossing.
2. Enting vir BVD-beheer
Enting met die dooie entstof kan aangewend word om aborsies en
fetale misvormings te verhoed. Dit moet vroeg in dragtigheid gegee
word om blootstelling aan die virus te verhoed. Jong kalwers word
dan ongeveer twee weke na speen ingeënt met die lewende entstof en
weer na vier weke.
TIPES ENTSTOWWE
Die lewende entstof
Dit kan gebruik word vir diere waarmee nie geteel word soos
voerkraalbeeste. Die lewende entstof moet nie vir dragtige diere of
vir kalwers wat nog soog gebruik word nie. Die BVD-virus in die
lewende entstof word gewoonlik gekombineer met ander virusse, soos
aansteeklike beesrinotrageitis (IBR), parainfluenza 3 (PI3) en
respiratoriese sinsitiale virus (BRSV) om respiratoriese siektes
wat deur hierdie virusse veroorsaak word te verhoed. Die primêre
inenting word toegedien met die tweede dosis 4 weke later.
Die volgende kommersiële entstowwe bevat lewende BVD-virus:
Bovi-Shield 4 (Pfizer AH) (IBR, BVD, PI3 en BRSV) Pyramid MLV
(Fort Dodge(Intervet)) (IBR, BVD, PI3 en BRSV)
-
Pag
e11
Die dooie of geïnaktiveerde entstof
Hierdie entstof kan vir alle beeste, dragtiges ingesluit, gegee
word. Kalwers van geënte koeie sal passiewe immuniteit besit, en
dus behoort hulle eers op ses maande ouderdom die enting te
kry.Indien kalwers voor ses maande geënt word, moet hulle weer op
ses maande geënt word. Die nadeel van die dooie entstof is dat dit
jaarliks herhaal moet word.
Die volgende kommersiële entstowwe bevat geïnaktiveerde
BVD-virus:
Bovilis BVD-MD (Intervet) (slegs BVD) Bovilis Qarat (Intervet)
(IBR, BVD, PI3 en BRSV) Cattlemaster 4 (Pfizer AH) (IBR, BVD, PI3
en BRSV) Respiravax (MSD) (IBR, BVD, PI3 en Mannheimia(Pasteurella)
heamolytica
In die praktyk kan vervangingsverse ingeënt word met die
lewendige entstof op 8 maande en 'n skraagdosis een maand later.
Hierna behoort sy hopelik lewenslank immuun te wees. Koeie kan òf
jaarliks met die dooie entstof geënt word òf met die lewendige
entstof in die periode tussen kalwing en voor sy weer bul toe gaan.
Hier behoort twee entings 'n jaar uitmekaar met die lewende entstof
ook 'n lewenslange immuniteit te gee.
TEN SLOTTE
Neem kennis dat BVD wel in die Rustenburgomgewing voorkom en dit
u die moeite sal loon om voorsorg daarteen te tref. Onthou egter
dat daar baie ander siektes is wat soortgelyke simptome kan gee,
dus is dit raadsaam om met 'n veearts te skakel as u sulke simptome
opmerk.
Erkenning vir foto's:
Figg. 1 en 2: Bristol Biomedical Image Archive © 1999
Universiteit van Bristol
Fig. 3: Compendium on Continued Education for the Practicing
Veterinarian Feb 1997
-
Pag
e12
Fase D Toetsing Deur: Christo Venter (Spree Dexters)
Wat is Fase D Toetsing?
Fase D toetsing is metode om vas te stel hoe jong bulle in veld
kondisies kan groei. Met ander woorde jy toets of die beeste
waarmee jy boer
wel op die veld kan presteer of nie. As mens by SA Stamboek
navraag doen oor hoe fase D toetsing nou eintlik gedoen word, word
jy vertel dat
jy moet onthou dat jy nie met ‘n oorlewings kursus besig is nie,
jy weet klaar jou beesras kan oorleef op die veld. As jy voer
spesialiste vra hoe
werk fase D toetsing, sal baie vir jou sê jou bulle moet op die
veld loop, maar jy moet vir hulle ‘n ordentlike lek gee. Hulle
moenie sukkel om in
te kry wat hulle nodig het om te groei nie. Baie sal vir jou sê
jy moet hulle op BAIE goeie veld sit met ‘n BAIE goeie lek. Ander
sê reguit die
enigste verskil tussen fase D en fase C is dat die bulle tydens
‘n fase C toets ‘n volvoer kry, met ander woorde alles wat hulle
nodig het om
optimaal te groei. Tydens ‘n fase D toets, moet hulle alles
inkry wat die fase C bul inkry, behalwe die plantmateriaal. Daar is
selfs die persone
wat sê dat as jy kan, plant ‘n stukkie weiding aan vir hulle. As
mens mooi kyk na wat ek hier skryf, is dit baie duidelik dat almal
dit eens is dat
die bulle wat fase D toetsing doen nie moet swaar kry of
afgeskeep word nie. Nou ontstaan die vraag, wat presies is goeie
weiding en wat
presies is ‘n goeie lek. Met die gras kan mens nog sê, goed as
hulle op smutsfinger of rooigras of so iets loop, is dit goeie
weiding, maar jy kan
vir 10 mense vra wat is ‘n goeie lek, dan kry jy 10 verskillende
antwoorde of dan nou resepte. As jy met die voerkonsentraat
vervaardigers se
verteenwoordigers praat, promofeer hulle natuurlik hulle produk
en daar bestaan geen twyfel dat die goed gaan werk nie, maar wat is
‘n goeie
lek of dan nou die beste lek? So, los ons dan nou eers die punt,
want ‘n antwoord is gladnie voor-die-hand-liggend nie.
Wie doen Fase D Toetsing?
Enige boer wat baie graag wil weet of dit waarmee hy boer
lewensvatbaar is, moet dit eintlik doen, sommer net daar op sy
plaas. Hoewel as jy
die data en resultate by stamboek opgeneem wil hê, is daar ‘n
paar reëls. Volgens Stamboek moet daar ten minste 10 bulle in die
toets wees.
Die bulle kan enige iets vanaf speen ouderdom wees, tot en met
‘n jaar ouderdom as hy in die toets ingaan, maar die pakkie wat
getoets word,
mag nie meer as 100 dae in ouderdom van mekaar verskil nie. Die
toetsing vind gewoonlik oor ‘n tydperk 3 tot 4 maande plaas, maar
dit kan
tot 6 maande duur. Stamboek skryf nie ‘n spesifieke tipe veld
voor nie, ook nie ‘n lek nie.
-
Pag
e13
Hoe word Fase D Toetsing gedoen?
Die boer wat fase D toetsing wil doen, kan sy eie tien of meer
bulle gebruik, maar hy kan ook, as hy nie genoeg bulle het wat aan
die vereistes
hierbo voldoen nie, van ander boere se bulle intrek. Bv. As boer
Een net 4 bulle het, kan boer Twee nog 6 insit of selfs as hy ook
net 4 het, kan
boer Drie 2 of 3 insit. Dan moet die bulle vir so twee weke saam
in die kamp loop om die kamp te leer ken en om mekaar uit te
sorteer.
Gewoonlik is daar maar ‘n fris gespelery aan die begin om te
sien wie is die baas en wie die klaas, dan eet hulle nie so goed
nie en gebruik baie
energie om te “speel”. Dan word hulle almal op een tydstip
geweeg. Daarna, moet hulle net almal in dieselfde kamp loop en
dieselfde toegang
hê tot water en veld kos en natuurlik die lek.
Hiervandaan, word hulle elke 2 weke geweeg. Natuurlik word al
die data, vanaf die eerste inweging opgeneem in ‘n databasis. Wat
mens wel
moet probeer doen is om die weging altyd op dieselfde tyd van
die dag te doen. Dit is seker nie krities nie, maar dit is
aanbeveelbaar om meer
akurate data te verkry. Die proses gaan dan voort vir enige
tydperk van drie tot ses maande. Eintlik heel eenvoudig, die
grootste “werk” is om
die weging te doen en aan te teken.
Wat bereik die boer met Fase D Toetsing?
Die is beslis ‘n baie goeie vraag. Dit maak tog nie sin om geld
uit te lê om dinge te doen en jy kry nie iets terug daarvoor nie.
Wel, die boer wat
fase D toetsing doen, bereik presies dieselfde as die boer wat
Fase C toetsing doen, met die verskil dat ‘n fase D bul alreeds
veld-aangepas is.
Dit is ‘n baie belangrike punt, want te veel hoor mens dat boere
bulle koop en as hulle die bulle tussen hulle koeie aflaai, want
dis hoekom jy ‘n
bul koop, dan lê die bul net by die water drinkplek en wag tot
iemand vir hom kos gee en hy werk niks, of die bul loop saam met
die koeie in
die veld, maar hy verloor kondisie teen ‘n hewige tempo, tot hy
kort voor lank soos ‘n draadkar lyk. Hiermee probeer ek nie sê dat
fase D
toetsing beter is as fase C toetsing nie, ek sê elkeen van die
twee toetsings het sy plek, maar omdat fase D toetsing relatief
onbekend is, moet
‘n mens net so bietjie ingelig word oor wat dit is.
-
Pag
e14
Die boer moet natuurlik altyd onthou dat mens ook na die hele
pakket moet kyk, bv. jy kan ‘n bul kry wat ‘n geweldige groei toon
deur die hele
tydperk, maar hy lyk baie vroulik, of het ‘n dun nek of sy
toplyn is swak of so iets. Daarom, sal jy steeds jou resultate
dophou, maar ook visueel
besluit of ‘n bul goeie teelmoontlikhede het of nie.
Dus, wat het die boer bereik met die toetsing, spesifiek in ons
ras? Op die stadium seker nie veel nie, want fase D toetsing dra
nog nie die
gewig van fase C toetsing nie en ek is nie so seker of dit
werklik jou jong bul se waarde gaan opstoot as jy kan sê die bul
het goed presteer in
fase D nie. Hoewel ek glo dat as ‘n ingeligte boer verby kom,
sal hy beslis bereid wees om meer vir ‘n fase D bul te betaal omdat
die bul veld-
aangepas is en dadelik kan begin werk onder sy koeie, sonder dat
hulle merkwaardig behoort gewig te verloor. Ek glo ook dat daar 'n
dag sal
kom waar fase D bulle redelik in aanvraag sal wees, sodra die
boere meer ingelig is.
Wat het ons gedoen?
Ons was 3 boere wat jong bulle saam gegooi het met die oog
daarop gerig om ‘n goeie fase D toets te doen. So het ons deur die
eerste fases
gegaan en toe wag ons nou net op die reën, sodat die veld kan
verander in sogenaamde “goeie veld”. So loop die tyd aan en die
reën bly weg
en ons moet besluit of ons die projek gaan kanseleer. Op die ou
end besluit ons toe dat Dexter boere van oor Suid Afrika baie spog
met hulle
“uitstekende” ras. Toe besluit ons dat ons met die toets moet
deurdruk, want dit help nie ons spog met ons ras, maar ons het geen
idee hoe
die ras gaan presteer as die toestande nie so goed is nie. Dit
is natuurlik ‘n baie groot voordeel van fase C toetsing, jy skep
altyd vir die bul die
ideale omstandighede, sodat hy maksimum kan presteer. Fase D
darenteen doen dit nie. Toe besluit ons om dit ‘n stap verder te
vat, ons het
geen weiding aangeplant nie, ons het geen warm lek beskikbaar
gestel nie, ons het geen byvoeding gegee nie, inteendeel vir
omtrent die
eerste 4 maande van ons toets was die veld basies winterveld,
omdat daar nie noemenswaardige reën geval het nie. Die lek wat ons
gebruik
het was ‘n mengsel van 10 sakke sout, 2 sakke Meester 20 en 1
sak P12. So, dit is die storie. Dus, sekerlik volgens meeste van
die mense wat
raad gegee het oor hoe ‘n fase D toets gedoen moet word, het ons
seker die toets heeltemal “verkeerd” gedoen en moes ons dit dalk
gelos
het. Hoewel ons besluit het, “In for a penny, in for a pound”.
Die resultate wat ons verkry het mag dalk vir mense lyk na “koop
asb. ‘n ander
beesras”, maar ek verseker julle. Die veld waarop die jong bulle
geloop het was basies tydens die hele toets winterveld.
-
Pag
e15
So, wat was ons resultate?
Ons het 13 bulle ingeweeg. Hoewel hulle aan die 100 dae kriteria
voldoen het, het ons 5 bulle gehad, wat die jongste was, aan die
heel onder-
punt van die 100 dae. Dan het ons 8 bulle gehad wat basies amper
100 dae ouer as die jong bulle was, hoewel hulle ook in 2 groepe
verdeel
kon word aan die bo-punt van die honderd dae, maar die verskil
tussen hulle ouderdomme was baie kleiner, so hulle is sommer saam
in ‘n
groep vir besprekings doeleindes. Die gemiddelde inweeg gewig
vandie jonger groep was 130 kg. Die gemiddelde inweeg van die ouer
groep
was 178 kg. Na 140 dae in die toets het ons op die jong groep ‘n
gemiddelde groei van 75 kg per kop gehad, die ouer groep het ‘n
gemiddelde
groei van 63 kg per kop gehad. Die gemiddelde daaglikse
gewigtoename oor die 140 dae was op die jong groep 537 gram per dag
en op die
ouer groep was dit 420 gram per dag.
Wat ons geving het, wat baie eienaardig was, was dat die bulle
soms oor ‘n 14 dae tydperk negatief gegroei het, dus is hulle gewig
14 dae later
ligter as wat dit 14 dae vantevore was. Die was vir my ‘n baie
eienaardige toedrag. Dit kan hoogs waarskynlik aan ons uitermatige
temperature
toegeskryf word, want as ons kyk na die tye wat dit gebeur het,
was dit tye waar dit baie warm was en ek glo die bulle wou nie eet
nie, veral
nie deur die dag nie en lê net in die skaduwee. Ek glo dus hulle
swakker voer inname is deur groter energieverbruik deur so ‘n warm
tydperk
veroorsaak het dat hulle swak of negatief gegroei het. Ons het
toe besluit om die volgende keer as ons die tipe toets doen, ons
die
temperatuur ook in die vergelyking gaan opneem, sodat ons
feitelik kan bewys dat die temperatuur ‘n invloed op die groei het
of nie. As mens
in elk geval na die groei kyk, kan ons sê dat die syfer baie
naby is aan natuurlike groei, gegewe die kondisies, dus kan ons
aanvaar dat ons
beesras werklik goed groei in die swakste omstandighede
moontlik. Die enigste manier waarop die kondisies swakker kan word
is as ons hulle
kos ook wegvat. Ek is geweldig sterk oortuig daarvan dat ons ras
uitstekend gaan vaar as die kondisies goed is. In hierdie selfde
tyd het ‘n baie
goeie vriend van my wat met ‘n baie bekende rooi vleisras boer,
kalwers gespeen wat in die omgewing van 115 tot 150kg weeg. As mens
in ag
neem dat dit ‘n bekende vleisras is (om voor-die-hand-liggende
redes wil ek nie die persoon of sy ras bekend maak nie), waar die
boere altyd
spog met 220 tot 270kg kalwers op speengewig, dan glo ek ons ras
vaar besonder goed.
-
Pag
e16
Slotsom
Was dit vir ons die moeite werd om die toets te doen? Ja beslis,
ons het nodig om te weet waartoe ons ras in staat is as ons wil
spog met ‘n
baie goeie beesras. Ook het ons baie geleer in verband met groei
vensters in die jong beeste se lewe. Hoewel dit nog baie vroeg is
om tot
gevolgtrekkings te kom, kon ons baie duidelike groeipatrone sien
in die drie verskillende groepe. Ons sal die tipe toetsing beslis
in die vervolg
weer doen, want mens kan nie in ‘n kwessie van een of drie jaar
praat van seleksie en beste gene ens. nie. Teling by beeste vind
net eenvoudig
te stadig plaas en ons het nog baie werk, wat oor jare gaan
strek, voor ons tot rotsvaste gevolgtrekkings kan kom. Intussen
gaan ons beslis
bewys dat ‘n boer suksesvol met Dexters kommersieel kan
boer.
Red: OM TE MEET IS OM TE WEET!