1 INHOUDSOPGAWE 1. Van die Redaksie 1 2. Skrifoordenking 2 3. Lied en leed 4 4. Welkom 5 5. Afskeid 5 6. Kerknuus uit Pretoria 6 7. Dankie vir die onderwysers 6 8. Van die kerkraad 7 9. P-boeke en e-boeke 8 10. Jaarprogram 10 11. Fotoregister 10 12. Van die susters 11 13. Verpligte en vrywillige kollektes 13 14. Die Hervorming (3) 13
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
1
INHOUDSOPGAWE
1. Van die Redaksie 1
2. Skrifoordenking 2
3. Lied en leed 4
4. Welkom 5
5. Afskeid 5
6. Kerknuus uit Pretoria 6
7. Dankie vir die onderwysers 6
8. Van die kerkraad 7
9. P-boeke en e-boeke 8
10. Jaarprogram 10
11. Fotoregister 10
12. Van die susters 11
13. Verpligte en vrywillige kollektes 13
14. Die Hervorming (3) 13
2
Skrifoordenking
Sing nuwe sange, nuut gebore
“Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te
neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir
God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,
en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as
konings op die aarde heers.” Open 5:9-10.
“En hulle het ‘n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier
lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer
nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die
aarde vrygekoop is.” Open 14:3
Die Here wil veral met sang geprys word. Om te sing is nie maar
net om note en woorde saam te uiter nie; in die Bybel is sang ʼn
beeld van hoe ʼn mens se hele lewe moet wees: ʼn dankbare
lofsang voor God. Daarop stuur ons lewens as Christene af, dat
aan God die lof en eer en dank gebring word wat pas by wie Hy is
en wat na waarde uitsing wat Hy vir ons beteken.
Dit is daarom so betekenisvol dat daar in die Skrif ook gepraat
word van nuwe liedere wat gesing word. In die boek Openbaring
is daar twee maal sprake van nuwe liedere, in hoofstukke 5 en 14.
Merkwaardig is dat hier twee sake mens opval: Ten eerste dat die
nuwe lied in verband gebring word met seëls en tweedens dat
slegs gelowiges dit kon aanleer.
Die nuutheid van die lied wat gesing word, het te make met die
inhoud van ʼn boek. Die boek is eintlik die geskiedenisboek van die
aarde en die mensdom. ʼn Seël word basies aangewend vir drie
dinge: om die egtheid van die inhoud te bevestig, om ʼn
begrensing daar te stel en ʼn indruk van iets te los.
3
Ons mag ʼn nuwe lied sing aan die begin van ʼn nuwe jaar omdat
ons weet dat die toekoms, die boek van hoe die geskiedenis
gaan afspeel, deur God se hand geskryf word. Die Here regeer,
God is in beheer van ons hele lewe, gister, vandag en more.
Daardie troos gee ons vastigheid in die lewe. Dit haal die vrees vir
die toekoms uit ons gedagtes en dit gee ons hoop. Daar sal nie ‘n
haar van ons kop afval, as dit nie ons hemelse Vader se wil is nie.
Daarom mag ons sing, nuwe sange van hoop en verwagting, van
troos en veiligheid, want ons weet: God skryf ons geskiedenis met
sy hand.
Ons mag ʼn nuwe lied sing, omdat die seël in die boek ook die
lewensboek se name verseël. Ons behoort aan God. Ons is duur
gekoop met Christus se bloed self. Die Here laat nie die werke van
sy hande vaar nie, die Here voltooi wat Hy met sy skepping begin
het. Ons is in Christus uitgekies en het ons verseëlde name by God
self gekry. Ons mag sing oor ons werk en lewensroeping. Die Here
wil aangeroep wees omdat Hy ons opgeroep het, ja, inroep in die
lig van sy heerlikheid. Ons toekoms is nie duister nie, maar helder,
persoonlik verseël. God begrens ons bestaan, Hy gee aan ons
plek in die hemel en op aarde. Hy stel vas waar die belyning loop.
Daaroor mag ons van vreugde sing.
Ons mag ʼn nuwe lied sing want God se seël waarborg ʼn begin en
einde. Ons sal veilig by ons bestemming aankom. God bewaar
nie net die egtheid van sy belofte nie, maar ook onsself dat ons dit
eg belewe. Die Heilige Gees werk in ons hart en verstand ʼn
vreugde omdat ons verseël is: Hy self leer ons die lewenswoorde
van die nuwe lied. ʼn Nuwe lied wat slegs ʼn ware gelowige kan
sing.
Die Here Jesus het opgestaan. Daardeur het hy die donker van
die toekoms, die graf, oopgebreek en verseker Hy ons gedurig
van sy ewige liefde. Wat ook al mag gebeur, dis nie los van die
verseëlde boek nie, die boek van die geskiedenis en die boek van
die lewe nie. Die Heilige Gees laat ons tonge los kom en
veroorsaak dat ons uitbreek in nuwe vreugde.
4
Laat ons gemeente ook in 2018 ʼn nuwe lied sing. ʼn Lied wat God
ons aanleer. ʼn Lied wat slegs in geloof gesing kan word. ʼn Lied van
troos en trou. ʼn Lied van vreugde en veiligheid. ʼn Lied
gewaarborg in die bloed van Christus. Kom laat ons sing in die
nuwe jaar – nuwe sange, nuut gebore.
Ds. Wikus
LIEF EN LEED
Wyk 1
Ons innige meegevoel aan sr Amanda Landsberg met br Jacques
se skielike afsterwe op die jeugdige ouderdom van 34.
Wyk 3
Sr Elsa Godschalk het by die hospitaal geval en haar arm
gebreek, en eers sukkelend huis toe gery voor sy weer terug is
hospitaal toe. Haar arm gaan sowat ses weke in gips wees
Sr Henna Delen sien nog vir baie kans; sy het afgevlieg Kaap toe
om by die kinders te kuier
Wyk 5
Sr Hermien Söhnge kon ‘n paar weke nie by die kerk uitkom nie
weens infeksie in haar knie.
Wyk 7
Br Gerrie Vermaak het nog so paar weke se chemoterapie wat
voorlê. Sr Rina Vermaak se stiefmoeder is oorlede.
Br Anton en Sr Petru van Wyk het ‘n paar weke by sy suster in
België gaan kuier. Terwyl hulle daar was, het die goeie nuus van sr
Ju-Arike se matriekuitslae – vrystelling met 2 onderskeidings,
deurgekom, Baie geluk Ju-Arike, voorspoed met die studies by
Centurion Akademie.
Wyk 8
Br Johan en sr Sue Labuschagne het gaan huis soek in Hartenbos.
5
Sr Lucinda Botes is op die leerlingraad van haar skool verkies. Sr
Bonnie Botes gaan nou, na haar “gap” jaar, by AROS studeer.
Coert Engelbrecht (wyk 1) en Natalie Stroh (Wyk 10) is nou in
graad 8 by Hoërskool Oos-Moot. Ons verneem vanjaar se graad
8’s staan as Modderspatsels bekend!
WELKOM
Br Tobie le Roux het vanaf die GK Randburg by ons aangesluit.
Baie welkom. Hy bly by Yana Kliniek, 14de laan, Rietfontein, sel 063
675 6979. (wyk 10)
Br Andries en sr Marietjie Buys en dooplidmate Christo, Andri-
Marie en Elrike het vanaf die Geref Kerk Hartbeespoort by ons
aangesluit. Hulle bly in Dormiestraat 153, Clubview. Selnommers en