Top Banner
Sure, basisse en pH waarde Sure en basisse Stowwe kan geklassifiseer word as sure, basisse of neutraal. Hierdie klassifikasie word gedoen volgens die pH waarde van die stof Sure : Proe suur Kan bytend (wegvreet) wees Voorbeelde Huishoudelike sure: asyn, suurlemoensap, tee Mineraalsure : soutsuur(HCℓ),swawelsuur (H 2 SO 4 ) en salpetersuur (HNO 3 ) Basisse(alkalies): Het bitter smaak en voel seperig Sterk basisse kan ook korrodeer Voorbeelde Koeksoda, seepsoda(NaOH), ammoniak (NH 3 ) pH skaal(sien bl 93) Dit is `n telskaal wat meet hoe suur of alkalies die stof is Stowwe met pH van 7 is neutraal (suiwer water) Stowwe met `n pH kleiner as 7 is suur, hoe laer sie pH waarde hoe sterker is die suur. Stowwe met `n pH groter as 7 is basisse(alkalies), hoe groter die pH waarde hoe sterker is die alkalie Indikators (sien bl 94) Indikators is spesiale chemikalieë wat ons gebruik om te bepaal of `n stof `n suur, basis of neutraal is. Kleur veranderinge vind plaas wanneer in kontak kom met die stof. Laboratorium indikators : lakmoespapiertjies(rooi/blou), fenoftaleïen, broomtimolblou Houshoudelike indikators: tee, rooikoolwater, borriewater, rooi-ui-water Universele indikator (sien bl 94) Sure verander die kleur na geel, oranje en rooi kleure. Basisse verander die kleure na blou en pers kleure Neutrale stowwe verander na groen. Huiswerk 1. Trek die tabel op bl 95 oor in jou skrif en voltooi dit vir indikators- universeel, broomtimolblou, fenoftaleïen 2. Doen oefening 1 bl 96 3. Wanneer sure en basisse reageer vind neutralisasie plaas. 4. Neutralisasie reaksie verander die pH nader aan 7. Reaksies van sure met basisse 1
6

Hoërskool Brandwag  · Web viewNatriumkarbonaat word gebruik om ghries, olie en wynvlekke te verwyder. Suurreën. Wanneer swaeldioksied ('n gas) deur water geborrel word, los dit

Jul 08, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Hoërskool Brandwag  · Web viewNatriumkarbonaat word gebruik om ghries, olie en wynvlekke te verwyder. Suurreën. Wanneer swaeldioksied ('n gas) deur water geborrel word, los dit

Sure, basisse en pH waardeSure en basisse

• Stowwe kan geklassifiseer word as sure, basisse of neutraal.• Hierdie klassifikasie word gedoen volgens die pH waarde van die stof

Sure : Proe suur Kan bytend (wegvreet) wees

Voorbeelde Huishoudelike sure: asyn, suurlemoensap, tee Mineraalsure : soutsuur(HCℓ),swawelsuur (H2SO4) en salpetersuur (HNO3)

Basisse(alkalies): Het bitter smaak en voel seperig Sterk basisse kan ook korrodeer

Voorbeelde Koeksoda, seepsoda(NaOH), ammoniak (NH3)

pH skaal(sien bl 93)• Dit is `n telskaal wat meet hoe suur of alkalies die stof is• Stowwe met pH van 7 is neutraal (suiwer water)• Stowwe met `n pH kleiner as 7 is suur, hoe laer sie pH waarde hoe sterker is die suur.• Stowwe met `n pH groter as 7 is basisse(alkalies), hoe groter die pH waarde hoe sterker is

die alkalieIndikators (sien bl 94)

• Indikators is spesiale chemikalieë wat ons gebruik om te bepaal of `n stof `n suur, basis of neutraal is.

• Kleur veranderinge vind plaas wanneer in kontak kom met die stof.• Laboratorium indikators : lakmoespapiertjies(rooi/blou), fenoftaleïen, broomtimolblou • Houshoudelike indikators: tee, rooikoolwater, borriewater, rooi-ui-water

Universele indikator (sien bl 94)• Sure verander die kleur na geel, oranje en rooi kleure.• Basisse verander die kleure na blou en pers kleure• Neutrale stowwe verander na groen.

Huiswerk1. Trek die tabel op bl 95 oor in jou skrif en voltooi dit vir indikators- universeel,

broomtimolblou, fenoftaleïen2. Doen oefening 1 bl 963. Wanneer sure en basisse reageer vind neutralisasie plaas.4. Neutralisasie reaksie verander die pH nader aan 7.

Reaksies van sure met basisse• Wanneer sure en basisse reageer vind neutralisasie plaas.• Neutralisasie reaksie verander die pH nader aan 7.

Toepassings• Boere neutraliseer die suur grond deur kalksteen by te voeg.• Kalksteen kom ook voor in boumateriaal, kryt• Soda-as is waterversagter in reinigermiddels gebruik.• Natriumkarbonaat word gebruik om ghries, olie en wynvlekke te verwyder

Suurreën

Wanneer swaeldioksied ('n gas) deur water geborrel word, los dit in water op om n suur te vorm wat swaellig genoem word: ` S02 + H20 H2S03

1

Page 2: Hoërskool Brandwag  · Web viewNatriumkarbonaat word gebruik om ghries, olie en wynvlekke te verwyder. Suurreën. Wanneer swaeldioksied ('n gas) deur water geborrel word, los dit

Hierdie is twee van die reaksies wat verantwoordelik is vir verskynsel wat suurreën genoem word.

S02 en C02 word as afvalstowwe deur fabrieke en kragstasies vrygestel. Brandende hout en fossielbrandstowwe stel byvoorbeeld koolstofdioksied en swaeldioksied

in die atmosfeer vry. Hierdie gasse los dan in waterdruppeltjies in die atmosfeer op om sure te vorm, soortgelyk aan die wyse waarop die C02 in jou asem in die water opgelos het om `n suuroplossing te vorm.

Wanneer dit reën, is hierdie sure aanwesig in die reëndruppels wat terug aarde toe val. Swaelligsuur (H2S03) is sterk genoeg om plantlewe te beskadig en waterbronne suur te maak. Suurreën vorm wanneer CO2 en S02 van fabrieke en ander lugbesoedelstowwe met water in

die atmosfeer kombineer. Suurreën korrodeer sement van geboue, bakstene ens, veroorsaak ook

gesondheidsprobleme by diere en plante

Eksperimente van reaksies met sureEksperiment 1: Om `n suur met `n basis te neutraliseerMetode:

Drup `n paar druppels universele indikator by die 50 ml asyn en neem kleurverandering waar.

Voeg `n een lepel koeksoda by en roer. Neem die kleurverandering waar

Apparaat (bl 98) 1. Watter kleurverandering kan waargeneem word?Eksperiment 2: Om die reaksie van `n suur met `n metaaloksied te ondersoek (bl 99) https://www.youtube.com/watch?v=PGXBhCfnGu8Metode 1

Brand `n stukkie magnesium om die magnesiumoksied te verkry Voeg die magnesiumoksied by die verdunde soutsuur

1. Wat kan waargeneem word?Voltooi die volgende Woordvergelyking + → + Gebalanseerde chemiese vergelyking

+ → +

Metode 2 https://www.youtube.com/watch?v=Pitv5nAqymA Maak `n verdunde swawelsuuroplossing warm in `n waterbad. Voeg swart koperoksied by die swawelsuur Neem die kleurverandering plaas

1. Wat kan waargeneem word?

2

Page 3: Hoërskool Brandwag  · Web viewNatriumkarbonaat word gebruik om ghries, olie en wynvlekke te verwyder. Suurreën. Wanneer swaeldioksied ('n gas) deur water geborrel word, los dit

Votooi die volgendeWoordvergelyking

+ → + Chemiese vergelyking

+ → +

Eksperiment 3: Om natriumhidroksied en soutsuur te laat reageer (bl 101-103) https://www.youtube.com/watch?v=qh7h_WJAv5MMetode

Drup `n paar druppes universele indikator by verdunde natriumhidroksied Voeg gelyke hoeveelhede verdunde soutsuur by die natriumhidroksied Neem die kleurverandering waar , om die punt vas te stel waar die suur die basis

geneutraliseer Die sout wat vorm kan deur indamping verkry word

1. Wat kan waargeneem word?Votlooi die volgendeWoordvergelyking

+ → + Chemiese vergelyking

+ → +

Eksperiment 4: om kalsiumkarbonaat met soutsuur te laat reageer (bl 104-105) https://www.youtube.com/watch?v=TgBmsQiEKu4Metode

Plaas `n paar stukkies kalsiumkarbonaat in `n proefbuis met verdunde soutsuur Vang die gasborrels op giet dit in helder kalkwater

1. Wat kan waargeneem word?Voltooi die volgendeWoordvergelyking

+ → + + Chemiese vergelyking

+ → + +

Eksperiment 5: om magnesium met soutsuur te laat reageer (bl 106-107) https://www.youtube.com/watch?v=vp6wwj2uZccMetode

Voeg `n stukkie magnesiumlint by verdunde soutsuur. Toets die gas wat vrygestel word met `n brandende vuurhoutjie

Woordvergelyking + → + Chemiese vergelyking

+ → +

3

Page 4: Hoërskool Brandwag  · Web viewNatriumkarbonaat word gebruik om ghries, olie en wynvlekke te verwyder. Suurreën. Wanneer swaeldioksied ('n gas) deur water geborrel word, los dit

Algemene chemiese reaksie Metaal + suurstof → metaaloksied Nie-metaal + suurstof → nie-metaaloksied Suur + metaal →sout + waterstofgas Suur + metaalhidroksied → sout + water Suur + metaalkarbonaat → sout + water + koolstofdioksied Suur + metaaloksied → sout + water

HERSIENGSVRAE- SURE EN ALKALIES(BASISSE)1. Die volgende diagram toon die pH waarde van gesonheidseep en sekere handelsmerke

vloeibare seep.

1.1 Hoe kan jy aantoon dat no. 1 wel `n ph van 8 het?1.2 Watter vloeibare seep is die meeste alkalies?1.3 Watter vloeibare seep is die naaste aan neutral?1.4 Hoekom sal jy aanbeveel dat ekstravloeibare seep beter is as `n seeploplossing ?2. Sewe oplossings, A tot G en hul pH waardes word in die volgende tabel gegee.

Oplossing A B C D E F GpH-waarde

2 3 5 6 7 8 9

2.1 Watter oplossing is die suurste?2.2 Watter oplossing is die meeste alkalies?2.3 Watter oplossing is neutral?2.4 Watter oplossing(s) kan gemeng word met oplosssing A om `n neutral mengsel te gee?2.5 Watter een van die volgende sal die pH van C laat toeneem?

a) Byvoeging van waterb) Byvoeging van natriumhidroksiedc) Byvoeging van oplossing Ad) Byvoeging van oplossing G

3. Lees die volgende artikel en beantwoord die meegaande vrae.

Die pH-vlakke van grond verskil baie. Party tipes grond is suur en ander is alkalies. Die pH van grond hang af van die gesteente waaruit die grond ontstaan het en die

4

Page 5: Hoërskool Brandwag  · Web viewNatriumkarbonaat word gebruik om ghries, olie en wynvlekke te verwyder. Suurreën. Wanneer swaeldioksied ('n gas) deur water geborrel word, los dit

plantreste in die grond. Grond van kalksteen is alkalies met 'n pH van 8. Kleigrond wat ontbindende plantreste bevat, sal suurder wees met 'n pH van sowat 4 of 5. Party plante groei beter in suur grond en ander groei weer beter in neutrale of alkaliese grond. Die meeste plante aard goed in grond met 'n pH van 6,5. Indien die pH van die grond nie reg is nie, sal die plant nie goed groei nie. Gevolglik wil boere soms die pH van die grond verander sodat gewasse beter groei. Suur grond kan geneutraliseer word deur die toediening van kalksteenpoeier of kalk in die grond. Kalk is 'n metaalhidroksied met die chemise naam kalsiumhidroksied. Die figuur wys watter pH-grond party plante verkies.

3.1 In watter pH-omvang sal aartappels goed groei? 3.2 Watter gewas sal goed groei in grond met 'n pH van 7,6?3.3 Watter drie soorte plante sal 'n boer kan aanplant in grond met 'n pH van 6,5? 3.4 Wat kan boere doen as hul grond 'n pH van 4 het?

5