Top Banner
Belangrike datums: Skool Heropen 10/4 Oueraand 12/4 Gr. 12 Uitstappie 20/4 Vryheidsdag 27/4 Skole Vakansie- dag 30/4 Werkersdag 1/5 Moedersdagtee 12/5 Hoërskool Eksamen Begin 28/5 Laerskool Eksamen Begin 4/6 Skole Sluit 25/6 20ste Frans Erasmus Rugby– en Netbaltoernooi Bo-Robinsonstraat Grahamstad 6140 Tel: 046-6223322 www.hspjolivier.co.za Hoërskool P.J. Olivier Vrydagoggend 16 Maart was daar weer die gebruiklike amptelike opening van hierdie toernooi in ons Skoolsaal. Dit is elke jaar die Skoolhoof se voorreg om die naweek amptelik te open. Mnr. Retief het dit gedoen op sy spesiale maniere en hierna het die spanne op die verhoog verskyn. Hierna was dit tyd vir die leerders om na hulle klasse te verdaag, terwyl die o/13 rugby- en netbalspanne gereed begin maak het vir die eerste wedstryde van die dag wat om 10:30 begin het. Die twintigste Frans Erasmus Sporttoernooi met twee-en-twintig sportspanne het om 10:30 begin in gietende reën. Die toestande was nie aangenaam nie, maar Mev. Van Vuuren het die netbalspanne oorreed om sover moontlik te speel. Op die rugbyveld was die toestande ook nie aangenaam nie, aangesien dit glad en glibberig was. Berig vervolg op bladsy 4 Sportpresteerders
20

Hoërskool P.J. Olivier

Nov 12, 2021

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Hoërskool P.J. Olivier

Belangrike datums:

Skool Heropen 10/4

Oueraand 12/4

Gr. 12 Uitstappie 20/4

Vryheidsdag 27/4

Skole Vakansie-

dag

30/4

Werkersdag 1/5

Moedersdagtee 12/5

Hoërskool

Eksamen Begin

28/5

Laerskool

Eksamen Begin

4/6

Skole Sluit 25/6

20ste Frans Erasmus Rugby– en

Netbaltoernooi

Bo-Robinsonstraat

Grahamstad

6140

Tel: 046-6223322

www.hspjolivier.co.za

Hoërskool P.J. Olivier

Vrydagoggend 16 Maart was daar weer die gebruiklike amptelike opening van

hierdie toernooi in ons Skoolsaal. Dit is elke jaar die Skoolhoof se voorreg om die

naweek amptelik te open. Mnr. Retief het dit gedoen op sy spesiale maniere en

hierna het die spanne op die verhoog verskyn. Hierna was dit tyd vir die leerders

om na hulle klasse te verdaag, terwyl die o/13 rugby- en netbalspanne gereed begin

maak het vir die eerste wedstryde van die dag wat om 10:30 begin het.

Die twintigste Frans Erasmus Sporttoernooi met twee-en-twintig sportspanne het

om 10:30 begin in gietende reën. Die toestande was nie aangenaam nie, maar

Mev. Van Vuuren het die netbalspanne oorreed om sover moontlik te speel. Op die

rugbyveld was die toestande ook nie aangenaam nie, aangesien dit glad en

glibberig was.

Berig vervolg op bladsy 4

Sportpresteerders

Page 2: Hoërskool P.J. Olivier

Uit die hoof se kantoor

Bladsy 2 Nuusbrief 1 van 2018

Geagte Ouers

Die kwartaal het begin met die vreugde van goeie Graad 12 uitslae. Baie geluk aan ons Graad 12’s van 2017 met hulle sukses. Die skool het ʼn spesiale toekenning ontvang van die Sarah Baartman Distrik met die 92,3% slaagsyfer. Ons is een van slegs 11 skole in dié distrik wat meer as ʼn 90% slaagsyfer behaal het. Ons is vol vertroue dat die Graad 12’s van 2018 hulle bes gaan doen om hierdie prestasie te verbeter.

Aan die einde van die eerste kwartaal kan ek nie anders as om met verbasing terug te kyk na die ongelooflike goeie werk wat gedoen word by PJ Olivier nie. Ons is bevoorreg om gekwalifiseerde, goed gemotiveerde en gedissiplineerde personeel te kan hê. Baie welkom aan mnre. Barnard en Kruger asook mev. van Wyk wat by hierdie span aangesluit het. Dankie aan mej. Heinen wat kom waarneem het in die plek van mev. Barnardt en geluk aan die Barnardts met die geboorte van Christiaan. Mnr. en mev. Cronjé het oupa en ouma geword van klein De Wet en so het ʼn nuwe lewensfase vir hulle aangebreek. Mej. Raats het ook ʼn nuwe fase betree met haar troue met JC Schoeman.

Baie geluk en sterkte aan mnr. Lindile Goba en me. Melanique Adams wat onderskeidelik aangestel is as terreinbestuurder en hoofmatrone. Mev. Jansen van Rensburg het bedank as Akademiese hoof en mnr. Taljaard het die leisels by haar oorgeneem. Baie dankie aan mev. Jansen van Rensburg wat haar portefeulje met uitnemendheid behartig het.

Ons leerlinge het op verskeie terreine uitstekend presteer en in besonder het Antonio Rudman die eerste atleet in meer as ʼn dekade geword om PJ Olivier by die Suid-Afrikaanse Junior Atletiekbyeenkoms te Potchefstroom te verteenwoordig, Leandra Heyns is eerste geplaas op die nasionale graderingslys in haar kategorie in Judo en Juliana Henning, ʼn graad 8 leerling, het 85% gekry in die eerste rondte van die nasionale Wiskunde Olimpiade. Ons het in groot getalle deelgeneem aan die Scifest en vir die eerste keer self ʼn stalletjie beman.

Die 20ste Frans Erasmus is ʼn besonderse mylpaal en ʼn teken dat ons volhoubare projekte aanpak wat ʼn verskil aan leerders maak selfs buite ons provinsiale grense. Baie geluk en dankie Mnr. Cronjé met hierdie spoggeleentheid, jou visie en deursettingsvermoë is inspirerend. Leerlinge wat deelneem is die kern van sukses op die sportveld. Vanjaar het ons genoeg spelers vir 6 rugbyspanne en 13 netbalspanne en met die 2 hokkiespanne gaan ons ʼn gedugte span vorm.

Die Beheerliggaam en OOV vorm die kern van ouers wat ons op ʼn daaglikse wyse ondersteun. Dankie aan almal wat hand bysit om ons te help by sportdae en ander funksies. Julle doen dit uit die liefde vir julle kinders en vir die skool, ons salueer julle. Ons nuwe Beheerliggaam het reeds hulle eerste vergadering agter die blad – baie geluk en dankie vir julle kritieke insette. Ons wens julle alle wysheid vir die termyn van 3 jaar wat voorlê.

Ek hoop dat u die Paasvakansie saam met u geliefdes sal geniet.

Joubert Retief

Skoolhoof

Page 3: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 3

Die volgende persone is verkies op die Beheerliggaam met hulle portefeuljes;

Ouer komponent

Mnr. Christo Henning - Voorsitter

Mnr. Ezra Schoonbee – Ondervoorsitter

Mnr. Wynand van de Walt – Sekretaris

Mev. Edri Myburgh – Tesourier

Mev. Magda Botha

Mnr. Claudio Hilpert

Mev. Chrisna Sampson

Onderwysers:

Mnr. Manie Cronjé

Mnr. Luhann Wepener

Nie-Onderwyspersoneel

Mev. Johlene Schoonbee

Ons wens hulle alle sterkte toe met hulle termyn.

Beheerliggaam 2018—2021

Page 4: Hoërskool P.J. Olivier

Bladsy 4 Nuusbrief 1 van 2018

20ste Frans Erasmus (...vervolg vanaf voorblad) Vrydagaand is daar ‘n gratis DVD-vertoning in die Skoolsaal aange-

bied vir alle skole wat gebruik gemaak het van akkommodasie. Daar

was ‘n formele funksie in die Fanie Venter Klubkamer vir onderwysers

en borge. Tydens hierdie geleentheid het mnr. Brian Haywood, wat

vanaf 1989—1991 saam met Frans Erasmus in die destydse OP

Rugbyspan gespeel het, opgetree. Ons eie Mnr. Barnard en sy pa het

ons verder vermaak met onderskeidelik die konsertina en kitaar.

Saterdagoggend was die reën iets van die verlede en kon ons uitsien

na aanskoulike rugby en netbal. Baie meer toeskouers het opgedaag

en op een stadium was daar nie parkeerplek vir enige voertuie nie.

Die Laerskole Cradock, Volkskool en Frans Conradie was uitblinkers op die sportveld en P.J. Olivier het ook

baie goeie uitslae behaal. Ons speel sewe wedstryde en die uitslae is as volg: Gelykop vs Ntaba Maria (5-

5); Wen vs Albanie Skole (10-0); Gelykop vs Port Alfred (15-15); Wen vs Oatlands (45-5); Verloor vs

Volkskool (5-35); Wen vs Setlaarspark (35-5); Gelykop vs FABS (15-15).

Die hoofwedstryd was Saterdagmiddag tussen P.J. Olivier se eerste rugbyspan en Ntsika. P.J. Olivier

behaal ‘n wegholoorwinning van 50-0.

Ons kyk met dankbaarheid terug na ‘n baie geslaagde en geseënde 20ste Frans Erasmus o/13 Sporttoer-

nooi en weet dat ons kan voortbou en net beter en hoër kan groei in die toekoms. Baie dankie aan elke

personeellid, ouer en kind wat baie hard agter die skerms gewerk het om hierdie prestige sporttoernooi sy

naam gestand te doen.

Pertinax ut Olea

M. CRONJÉ

Die O/13 netbalspan het 10 wedstryde gespeel gedurende die toernooi. Hoewel die meisies slegs een

wedstryd gewen het, was hul gedrag op die baan en langs die baan onberispelik. Ons is baie trots op hulle.

Die uitslae is as volg: Vrydag wen ons Ntaba Maria 6—5, ons verloor 5—7 teen Gill College, verloor 3—13

teen Oatlands, verloor 5—8 teen Dr. Viljoen, speel 4 elk gelykop teen St. Mary’s en verloor 1—15 teen Cra-

dock. Saterdag verloor ons 2—7 teen Victoria Primary, 5—6 teen Hangklip, 4—7 teen FABS en 3—7 teen

Port Alfred Primary School.

C. VAN VUUREN

Page 5: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 5

Lief en Leed

R. EYGELAAR

Mev. van Wyk is vanaf die begin van die jaar verantwoordelik vir die Graad 4-klas.

Mnre. Barnard en Kruger het ook vanaf die begin van die jaar by ons aangesluit. Mnr. Barnard is verantwoordelik vir Wiskundige geletterdheid Gr. 10-12, Besigheidstudies Gr. 11-12, Gr. 7 EBW asook Gr. 8 Natuurwetenskap en Tegnologie. Mnr. Kruger is verantwoordelik vir Geografie Gr. 10-12 , Geskiedenis Gr. 10, Gr.9 Tegnologie asook Sosiale Wetenskap Gr. 8-9. Hulle het almal al gewys dat hulle nie vir enige uitdaging skrik nie en staan hulle plek in ons skool vol. Ons glo dat hul ’n lang en gelukkige onderwysloopbaan by ons gaan hê.

Mej. Heinen het ook die afgelope kwartaal ingestaan vir Mev. Barnardt wat met kraamverlof was. Baie dankie aan haar vir goeie werk gelewer.

Mnr. Lindile Goba is aangestel as ons nuwe faktotum by die skool. Hy neem oor by Mnr. Pienaar wat afgetree het.

Me. Melanique Adams is aangestel as hoofmatrone nadat me. René Pienaar verlede jaar afgetree het.

Baie geluk aan me. Marina Raats wat gedurende die Desembervakansie met mnr. J.C. Schoeman in die huwelik getree het.

Baie geluk aan Mnr. en Mev. Barnardt met die geboorte van hul eersteling, Christiaan.

Baie geluk aan Mnr. Manie Cronjé en Mev. Alice Cronjé met die geboorte van hul eerste kleinseun, De Wet.

Page 6: Hoërskool P.J. Olivier

Akademiese Prestasies: Kwartaal 1

Bladsy 6 Nuusbrief 1 van 2018

C. HENNING

Graad 12 Graad 11 Graad 10

1. Daniel Retief 86,7 % 1. Cherise Steyn 75,1 % 1. Brett Arnolds 77,6 %

2. Chevandré Doyle 74,9 % 2. Kaelin du Plessis 74,9 % 2. Marelise Grobbelaar 71,0 %

3. Thato Maseko 74,0 % 3. Simoné Schoonbee 73,4 % 3. Nikita Heinen 69,3 %

4. Jaydee Murray 68,9 % 4. Amy-Leigh vd Walt 72,4 % 4. Joanet Myburgh 65,4 %

5. Aidenn Cloete 67,3 % 5. Jean-Mari Barnardt 70,6 % 5. Benri Niehaus 65,1 %

Graad 9 Graad 8 Graad 7

1. Shirley Retief 90,0 % 1. Bianca Schoonbee 83,2 % 1. Carissa Henning 87,1 %

2. Cara Meyer 76,0 % 2. Eden Matroos 75,2 % 2. Tiaan Heyns 79,6 %

3. Lané van Vuuren 74,1 % 3. Juliana Henning 71,4 % 3. Zurayda Jackson 77,4 %

4. Nuraan Swartz 73,9 % 4. Jaydene Isaacs 68,8 % 4. Zané van Wyk 75,9 %

5. Celeste Jonck 72,8 % 5. Lindokuhle Harmans 68,6 % 5. Liandri van Vuuren 72,9 %

Graad 6 Graad 5 Graad 4

1. Marcelle Schoonbee 90,0 % 1. Anshin Nel 89,3 % 1. Kwezilomso Smaile 82,8 %

2. Tyronique Jagers 83,5 % 2. Simoné Myburgh 85,7 % 2. Zanmari Shaw 81,3 %

3. Zozibini Mapoma 80,8 % 3. Brandon Wentzel 83,8% 3. Marthinus van Wyk 81,0 %

4. Nikita Fourie 76,5 % 4. Jade Goliath 78,0 % 4. Conré Henning 80,7 %

5. Tiaan Oosthuizen 72,5 % 4. Tiffany Tutton 78,0 % 5. Langalam Smaile 80,5 %

Toekennings Baie geluk aan die volgende leerders met die prestasies wat hulle behaal het.

Hoërskooltoekennings:

EREKLEURE;

Akademie

Bereken volgens 2017 se punte, (Junie + 2x November)/3

Graad 8-9 (Minimum 85%)

Shirley Retief 88,7 %

Graad 10-11 (Minimum 80%)

Daniel Retief 81,3 %

Page 7: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 7

Atletiek (Deelname aan die Oos-Kaapse byeenkoms)

Sihle Makebengu

Antonio Rudman

Krieket (Ingesluit in Oos-Kaapse Plattelandspan)

Ethan Sonanze

Leierskap

Jaydee Murray (Bestuurskomitee Voorsitter)

Chevandré Doyle (Bestuurskomitee Onder-voorsitter)

HALFKLEURE:

Akademie

Bereken volgens 2017 se punte, (Junie + 2x November)/3

Graad 8-9 (Minimum 75%)

Brett Arnolds 81,5 %

Cara Meyer 77,0 %

Carla Odendaal 75,9 %

Nuraan Swartz 76,6 %

Lané van Vuuren 77,4 %

Graad 10-11 (Minimum 70%)

Chevandré Doyle 74,0 %

Kaelin du Plessis 72,8 %

Thato Maseko 71,7 %

Simoné Schoonbee 71,2 %

Cherise Steyn 72,5 %

Atletiek (Deelname aan Sarah Baartman Byeenkoms)

Jean-Mari Barnardt

Samantha Denston

Davien Douglas

Brendan Gouws

Celesté Jonck

George Kleinhans

Solly Koesnel

Litha Ngumbela

Azi Nqokoqa

Jason Oosthuizen

Daniel Retief

Shirley Retief

Adino Sampson

Bianca Schoonbee

Simoné Schoonbee

Vicky van der Westhuizen

Tiaan van Schalkwyk

Kenan Warren

Page 8: Hoërskool P.J. Olivier

Bladsy 8 Nuusbrief 1 van 2018

Laerskooltoekennings:

PRESTASIE:

Akademie

Minimum 85 % vir (Junie + 2x November)/3

Anshin Nel 88,8 %

Marchelle Schoonbee 87,7 %

Carissa Henning 87,3 %

Judo

(Verwerf Springbokkleure)

Leandra Heyns

MERIETE:

Akademie:

(Minimum 75 % vir (Junie + 2x November)/3

Christo Botha 78,8 %

Jade Goliath 75,7 %

Leandra Heyns 75,8 %

Tiaan Heyns 82,9 %

Tyronique Jagers 82,8 %

Zozibini Mapoma 80,0 %

Simoné Myburgh 83,9 %

Carla Olivier 78,8 %

Zané van Wyk 76,4 %

Brandon Wentzel 83,7 %

Sport

(Deelname aan die sport vir drie jaar, vanaf Graad 4-6. Leerder MOET in Graad 7 steeds aan die sport

deelneem, anders sal die balkie teruggeneem word.)

Tennis

Thangolwethu Coko

Rugby

James Denston

Jaden Erasmus

Yonwaba Fulani

Sibulele Makile

Luviwe Ndziweni

Ahlumile Prence

Christian Smith

Netbal

Yonela Cunge

Zurayda Jackson

Kaylee Knoetze

Alexis van Reenen

Welminia Saais

Simona Shepheard

Terlecia Vlotman

Page 9: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 9

Krieket

James Denston

Christian Smith

Atletiek

(Toegeken op grond daarvan dat leerder aan die Sarah Baartman byeenkoms deelgeneem het.)

Quinn Dirkse

Junaden Kadie

Kaylee Knoetze

Simoné Myburgh

Onako Mzimba

Elethu Ndibaza

Ruan Potgieter

Welminia Saais

Marcelle Schoonbee

C. HENNING

2018 kicked off with the completion of the Albany Tennis trials. Congratulations to the following tennis players: Marcelle Schoonbee – ranked no 9 Litha Zabo and Shirley Retief – ranked no 7 The Buco tennis tournament was entered into with great enthusiasm and our players all enjoyed the challenging event very much. The High School Tennis teams, both boys and girls, played a total of 6 matches. We certainly held our own on the tennis courts and won the majority of matches. Well done to all our players. Thank you to all our tennis players for your enthusiasm and excellent behavior both on and off the court.

A.E. GOWAR

Tennis

Page 10: Hoërskool P.J. Olivier

Atletiek

Bladsy 10 Nuusbrief 1 van 2018

Drie dae van Atletiek! Ons skop weer die atletiekseisoen af met ‘n atletiekbyeenkoms hier op ons tuisveld.

Die gees, ondersteuning en samesyn was ongelooflik van ons leerders sowel as ons ouers se kant af. Baie

dankie aan al die leerders wat in sulke groot getalle kom deelneem het aan ons jaarlikse kleure-

atleiekbyeenkoms. Baie dankie ook aan al ons ondersteuners en personeel wat hierdie drie dae onvergeetlik

gemaak het. Baie geluk aan al ons pryswenners en die Rooispan wat vanjaar wegstap met die Span- sowel

as Geesbeker.

Makana Distrik Hoërskole-Atletiekbyeenkoms

Ons bied nog ‘n wonderlike atletiekbyeenkoms op Hoërskool P.J. Olivier se baan aan, die Makana Distrik

Laerskool- en Hoërskole-Atletiekbyeenkoms. Baie dankie aan al die personeel wat gehelp het om ‘n sukses

van hierdie byeenkoms te maak. Baie dankie ook aan Mnr Goba en die terreinpersoneel wat gesorg het dat

alles reg was op die terrein. Baie geluk aan al die atlete wat deurgedring het na hierdie rondte. Baie dankie

dat julle so getrou kom oefen het en tyd aan atletiek afgestaan het. Ons is voorwaar trots op elkeen van

julle.

Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms

Ons het 11 laerskool- en 21 hoërskool-atlete wat deurgedring het na die Sarah Baartman Atletiekbyeenkoms

in Port Elizabeth. Ons bring die volgende medaljes huis toe:

Baie geluk aan Antonio Rudman, Daniel Retief en Sihle Makebengu wat kwalifiseer om deel te neem aan die

Oostelike Provinsie kampioenskappe in Port Elizabeth. Baie geluk aan Antonio Rudman wat ‘n goue medalje

huis toe bring vir spiesgooi.

Spesiale gelukwensing aan Antonio Rudman wat 0/15 OP-kleure verwerf het in spiesgooi. Hy neem tans

deel aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiek se Nasionale Kampioenskappe in Potchefstroom. Ons is baie

trots op jou, Antonio.

M. ROUX

LAERSKOOL

GOUD SILWER BRONS

Kaylee Knoetze – Skyfwerp

HOËRSKOOL

Antonio Rudman - Spiesgooi Shirley Retief- 3000m Bianca Schoonbee -100m/200m

Antonio Rudman - Skyfwerp Sihle Makebengu - 200m/400m

Daniel Retief - 5000m Shirley Retief - 1500m

Brendan Gouws - Spiesgooi

Celesté Jonck - Spiesgooi

Simoné Schoonbee - Skyfwerp

Page 11: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 11

Celesté Jonck het Donderdag, 22 Maart, aan die Makana Netbalproewe deelgeneem in die O/15 net-balafdeling. Sy het gekwalifiseer vir die volgende rondte wat op 14 April gaan plaasvind. Ons is baie trots op haar. Celesté, ons hou vir jou duim vas.

H. COETZEE

Netbal

Die O/13 netbalspan het Saterdag, 24 Maart, die Setlaarspark Sportdag in Port Elizabeth bygewoon. Die meisies het twee wedstryde gespeel. Hulle verloor beide hul wedstryde. Baie dankie vir jul positiewe houding en goeie sportmangees, dogters.

C. VAN VUUREN

Page 12: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 12

Rugby LAERSKOOL SETLAARSPARK SPORTDAG, PORT ELIZABETH : 24 MAART 2018

Dit was ‘n opgewonde klomp o.13 rugbyspelers wat douvoordag verlede Saterdag vertrek het na Laerskool Setlaarspark se Sportdag in Port Elizabeth.

Ons eerste wedstryd was die openingswedstryd wat alreeds om 08:00 begin het teen Setlaarspark. Dit was ‘n taai wedstryd en ons is ongelukkig om die wedstryd 15-5 te verloor.

Hierna speel ons teen ‘n baie fisiese Laerskool An-kervas, na ‘n paar skitterende breekslae en dartel-lopies van ons agterlyn wen ons die wedstryd met 35-5. Ons laaste wedstryd is teen Bonzai Privaatskool. Van die afskop af was dit duidelik sigbaar dat die hele span nou as ‘n eenheid saamspeel en weereens is ons verdediging uitstekend. Ons gebruik die stormsterkwind tot ons voordeel en wen 60-0. Hierdie is ook die hoogste telling wat tydens die toernooi aangeteken is.

My dank aan ons rugbyafrigters mnre. Witbooi en Johannes wat hard agter die skerms gewerk het om hierdie span te slyp en tot hoër hoogtes te neem. Ons sien uit na die tweede kwartaal wanneer die wintersportpro-gram in volle vaart sal wees.

M. CRONJé

Ons hier by PJ glo in liefde en omgee vir mekaar. Elke jaar vier ons die liefde met ‘n Valentynsdans in Februarie.

Die skoolgebou word vroeg in Februarie al versier met harte, liefdesboodskappe en dan, natuurlik, die beste van

alles: die geheimebewonderaars-boks. Hier kan jy ‘n week voor die tyd briefies aan jou geheimebewonderaar

skryf, dit ingooi en die briefies word dan tydens pouse in die vierkant uitgedeel deur Cupid en die

bestuurskomitee.

Die dames lyk pragtig getooi in hul mooiste en beste uitrustings, die here opgetof en skoene afgestof, elk met ‘n

roos of blom in die hand. Die bestuurskomitee is verantwoordelik vir die opmaak van die saal en dit word

gewoonlik volgens die interessante tema, liefde, opgemaak. Die Valentynsdans is vir Graad 8- tot 12- leerders in

die skool en ons kan weer met trots sê dat alles vanjaar seepglad verloop het. Baie dankie aan Mev. Sampson

wat ons gehelp het met die opmaak van die saal.

M. ROUX

Valentynsdag en Valentynsbal

Page 13: Hoërskool P.J. Olivier

SciFest

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 13

Leerders is weereens die geleentheid gebied om die jaarlikse Scifest by te woon vanaf 7 tot 13 Maart. Hierdie geleentheid is ‘n groot hoogtepunt in die Wetenskapwêreld. Werkswinkels het die volgende ingesluit: Organiese chemie, glasblasery, ekso- en endotermiese reaksies, waterstofselle, ens. Leerders kry hier die geleentheid om mense van regoor Suid-Afrika te ontmoet wat kenners is op hulle gebied. Dit stel hulle ook bloot aan nuwe beroepsgeleenthede, wat baie waardevol is vir ons senior leerders wat nog moet besluit wat om met hulle lewe te doen. Victoria Girls High het versoek dat ons Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe leerders hulle bystaan om die ‘Scikids’ in Afrikaans aan te bied. Dit het ons eie grondslagfase leerders baie gebaat, aangesien hulle in Afrikaans, bygestaan deur hulle eie skool se kinders, die lesings kon bywoon.

C. HENNING

Page 14: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 14

Wiskunde– en Wetenskapkompetisies Sestien van ons Graad 7 tot 11 leerders het Vrydag 16 Febru-arie hulle durf gewys by Rhodes se Wiskunde Ervar-ing. Hierdie byeenkoms word gereël ter voorbereiding vir die SAMF se Wiskunde Olimpiade. Leerders het een uur gekry om ‘n olimpiade te skryf, waarna hulle verversings ontvang het en ‘n lesing bygewoon het waar hulle opleiding ontvang het om hierdie tipe vrae te beantwoord. PJ se beste presteerder was Juliana Henning met ‘n punt van 73 %. Tiaan Heyns was kort op haar hakke met 65 %.

Die kompetisie is opgevolg deur die “South African Maths Foundation” se olimpiade wat op 14 Maart plaasgevind het. Die kompetisie was slegs vir Graad 8 tot 12 leerd-ers. Juliana Henning het weereens uitgeblink met ‘n in-drukwekkende punt van 85 %. Ses van ons leerders het deurgedring na die tweede rondte van die olimpiade, wat op

16 Mei sal plaasvind. Hierdie leerders is reeds vanaf einde Februarie die geleentheid gegun om Vrydagmiddae by Rhodes Universiteit die Siyanqoba opleiding by te woon en sodoende voor te berei vir die olimpiades.

Solidariteit Helpende Hande

Mev. Marlene Basson van Solidariteit Helpende Hande het Maandag, 5 Februar-

ie, aan elke Graad 1 ‘n tas oorhandig. Me. Crous kyk met groot waardering na

die tassies se inhoud.

M. SCHOEMAN

Sportdrag Met die netbalseisoen op hande, word ouers daaraan herinner om rooi sporthempies vir die netbal aan te

koop en dat ‘n swart skort by die skool gehuur kan word teen R20 per seisoen.

H. COETZEE

Page 15: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 15

Huis W.E.G. Louw Tydens die opening van die nuwe skooljaar is daar ‘n vergadering gehou in die studiesaal. Die nuwe ouers en leerders is verwelkom en daarna is daar heerlike skons en koffie geniet.

Onder die bekwame groep prefekte: Azi Nqoka (hoofprefek), George Kleinhans, Kepler Louw, Vicky v/d Westhuizen en Jaydee Murray gaan dit sommer voor die wind met die dissipline in die koshuis. Hulle word bygestaan deur die Su-perintendent, Mnr. Wepener, en die diensdoenende personeel: Mnre. Oosthuizen, Korf, Kruger, Gombert en Me. Schoeman, Slabbert en Grobler.

Tannie Hilda het bedank om haar aan te sluit by haar dogters in die George-omgewing.. Tannie Mella, ons hoofmatrone, doen ongelooflike goeie werk saam met haar personeel: Mnre. Isaac, Nquma, Marney en Me. Zabo en Zuzile.

Mev. Schoonbee sorg dat die kos elke dag bestel word en doen ook ons koshuisrekeninge, ons bedank ook haar vir haar harde werk.

Ons tuine is besig om by die dag mooier te raak, danksy ons nuwe tuinier Patrick. Indien koshuisouers enige plantjies wil skenk om in ons tuine te plant, sal ons dit waardeer.

Tydens die onlangse Wetenskapfees het ons ‘n verskeidenheid van skole gehuisves. Ons sê dankie aan ons kinders wat opofferings moes maak betreffende akkommodasie, ons is egter genoodsaak om fondse te genereer om die koshuisgelde so laag moontlik te hou. Ons het ook ‘n aantal skole gehuisves tydens die jaarlikse Frans Erasmus Sporttoernooi.

Baie dankie aan elkeen wat help dat die koshuis ‘n tweede tuiste vir elke inwonende kind is en dat ons een groot gelukkige huisgesin is!

Welkom in Graad 8! Die Bestuurskomitee van 2018 was daarvoor verantwoordelik om

die Graad 8-leerders van 2018 te verwelkom en seker te maak

dat almal vinnig aanpas in P.J. Olivier. Hulle takies was soos

volg:

Hulle moes elkeen ‘n bordjie hê met hul naam, van, ge-boortedatum en babafoto, sodat ons almal hulle beter kan leer ken. Saam leer ons pouse om die skoollied te sing. Hulle moes elkeen ‘n aartappel met ‘n naam skool toe bring en die aartappel moes natuurlik aangetrek wees en ‘n pragtige haredos hê. Ons sluit die week af met stroopsoet waatlemoene in die vierkant

M. ROUX

Page 16: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 16

Grondslagfase Bederfaand Die Grondslagfase wou vir die ouers bederf en het 16 Februarie teen `n minimale bedrag kinders opgepas sodat hul ouers die geleentheid kon kry om bietjie uit te gaan of om net te ontspan.

Sowat 30 kinders het kom speletjies speel, DVD’s gekyk en sap gedrink.

Ons hoop dat meer ouers in die toekoms hiervan gebruik sal maak.

Trivia Aand

Ons eerste deelname aan Trivia Night by The Wyvern (Kingswood College) was 'n groot sukses. Die PJ-span

stap toe met die louere weg. Ons span se naam is nie verniet "Die Antwoord" nie

J. SCHOONBEE

Page 17: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 17

Reflections in a mirror

By Amy-Leigh van der Walt

When I look in the mirror, I do not see what you see. I do not see kohl-black hair cascading, like shadows, down

my shoulders. I do not see the curvy figure or cloying caramel complexion reflected in the mirror. Nor the water-

melon-pink lips. Even my eyes, dark pools of chocolate, go unseen.

I do not see my bubbly personality reflected in the polished glass. The jokes and stories that has tumbled out of

my careless mouth, vanishes too. The scars and stretchmarks, now peevishly littering my once blank canvas,

form tiny maps and atlases of what is past. Even this goes unregistered. Unseen.

I do not see the girl I am today. All I see is the woman I want to become. All I see is the Amazon warrior I want

to be.

I see my crown of midnight-black hair messily braided, ready for battle. I see my curvy figure suppler, stronger

and more athletic. I see my caramel complexion even darker and bronzed by days spent in the scorching

Grecian summer sun. I see my lips more controlled by my mind than by my witty humor. My eyes now

fastidious and wiser, resemble abysses rather than pools of chocolate.

The woman in the mirror, is even more bubbly than my childhood self. I see myself sassier, and vibrant, com-

pletely and utterly happy. And fearless. Unbelievably fearless.

My Amazon-self is fearless, but also cautious and careful. The woman

reflected in the mirror wears protective armor. Because regardless of

what most people might think, my skin is not bullet proof, it is easily

scarred. My Amazon-self wears armour to protect the delicate skin

from egregious comments and caustic motives. She appreciates the

stretchmarks, bruises, the scars and even the hideous (thankfully tiny)

birthmark on my skin. To her it is like art beautifully arranged on a can-

vas. She shows them off proudly, as if they were battle scars.

Her love for her body is not as tenuous as mine is, hers is much more

vibrant and strong. She does not look at other girls and wish she had

their golden hair or sky-blue eyes. She does not go green with envy

when she sees their wafer-thin figures.

She praises God for blessing her with the body He has gifted her. She

is at peace within herself. She is at peace with her body. She is me.

Night Race

Page 18: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 18

Verbruikerstudies-leerlinge kry demonstrasie in Choux Die Graad 11 Verbruikerstudies was bevoorreg om ‘n demonstrasie in die maak van Choux-deeg te kry deur Janie Coetzee. Hulle is geleer om Eclairs en Profiterols te maak. Ons is baie dankbaar teenoor Janie wat hierdie vaardigheid vir die leerlinge prakties kom demonstreer het.

Daar is baie in die praktiese klasse gebak hierdie kwartaal. Die graad 11’s moes agterkom dat dit nie so maklik is om met suiker te werk nie. Ons praat maar eerder nie uit oor die heuningkoek nie! Hulle het egter die onderwysers heerlik bederf met Suurlemoen-meringuetert en heerlike tuisvervaardigde lekkergoed, asook pragtige pruimkonfyt wat hulle huis toe geneem het. Ons graad 10’s het gou hul voete gevind met die prakties en heerlike pannekoek, muffins en skons voorgesit.

C. VAN VUUREN

Page 19: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 19

Monitor-en Bestuurskomitee-kamp Die Laeskool-monitors, Hoërskool-Bestuurskomitee en koshuisprefekte het vanaf 19 tot 21 Januarie 'n lei-

erskap- en spanbou- kamp by Hobbiton op Hogsback bygewoon. Ons het Vrydagoggend vroeg vertrek na

Hobbiton on Hogsback. Toe ons daar aankom, is ons verwerlkom en na ons kamers geneem. Ons het vinnig

aan die gang gespring en was sommer al vroeg op ‘n staproete na Kettlespout-Waterval. Die res van die dag

was propvol aktiwiteite en ons vind alles baie insiggewend. Dag twee kom kuier Mnr Retief vir ons en bederf

ons met roomys. Hy stap ook saam met ons na die Madonna and Child Waterval. Die leerders het baie van

mekaar geleer en baie goed saam gewerk as 'n span. Ons het aan baie aktiwiteite deelgeneem, soos abseil-

ing en Jacob’s Ladder wat 9m hoog was. Ons as onderwysers het ook die geleentheid gehad om hierdie

leerders op 'n meer informele manier te leer ken. Op Hobbiton het ons 'n waardevolle buitelugondervinding

opgedoen en ons sal hulle beslis weer in die nabye toekoms besoek.

M.ROUX

Page 20: Hoërskool P.J. Olivier

Hoërskool P.J. Olivier Bladsy 20

We have been very fortunate to have had the privilege of being lectured by various academics from all walks of life. We have had intensive lectures as well as an in-depth discussion of the drama.

We believe that the quotation of :

“To be OR not to be. ..” carries more significance for us now.

Our most sincere gratitude to those who offered us the opportunity to embark on this project.

A.E. GOWAR

English H.L.—Hamlet lectures

Dit en Dat

Rekenaarolimpiade Werkswinkel

Scifest

Hoofleiers verteenwoordig

die skool.

Philip—Boksmart