Top Banner
RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 1 van 12 Nuusbrief 2: 2016 Hoërskool P.J. Olivier Bo-Robinsonstraat, Grahamstad, 6140 hspjolivier.co.za: 046-6223322 Geagte ouers Die winter het uiteindelik sy opwagting gemaak, die nagte is koud en dis tyd om die jas uit die kas te gaan haal want dis tyd vir die Fees. Hoop daar is êrens ʼn tydjie om ʼn draai te gaan maak by die stalletjies en dalk by ʼn “show” of twee uit te kom. Baie sterkte met die feesgaste en familie! Aansoeke vir toelating tot Gr. R-8 in PJ Olivier vir 2017 sluit op 18 Julie 2016 Belangrike datums: Julie 18 Skool Heropen 07:30 Julie 21 Oueraand 17:00 Julie 29 - 31 Kranslegging: Reünie Naweek Augustus 3 Verkiesing (Vakansiedag) Augustus 8 Skole Vakansiedag Augustus 9 Vrouedag September 2 – 4 Nasionale Hondeskou September 3 PJ Basaar September 5 Gr. 12 Eksamen September 24 Erfenisdag September 29 Matriekafskeid September 30 Skool Sluit 11:00
12

Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

May 25, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 1 van 12

Nuusbrief 2: 2016

Hoërskool P.J. Olivier Bo-Robinsonstraat, Grahamstad, 6140

hspjolivier.co.za: 046-6223322

Geagte ouers

Die winter het uiteindelik sy opwagting gemaak, die nagte iskoud en dis tyd om die jas uit die kas te gaan haal want dis tydvir die Fees. Hoop daar is êrens ʼn tydjie om ʼn draai te gaan maakby die stalletjies en dalk by ʼn “show” of twee uit te kom. Baiesterkte met die feesgaste en familie!

Aansoeke vir toelating tot Gr. R-8 in PJ Olivier vir 2017 sluit op 18Julie 2016

Belangrike datums: Julie 18 Skool Heropen 07:30 Julie 21 Oueraand 17:00 Julie 29 - 31 Kranslegging: Reünie Naweek Augustus 3 Verkiesing (Vakansiedag) Augustus 8 Skole Vakansiedag Augustus 9 Vrouedag September 2 – 4 Nasionale Hondeskou September 3 PJ Basaar September 5 Gr. 12 Eksamen September 24 Erfenisdag September 29 Matriekafskeid September 30 Skool Sluit 11:00

Page 2: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 2 van 12

Ons kan met tevredenheid terugkyk na ʼn suksesvolle kwartaal wat verkeie hoogtepunte opgelewer het. Dit was veral op die sportveld wat PJ sy leuse gestand gedoen het. Ons het groter skole aangevat en bewys dat ons so taai soos ʼn Olienhoutboom is. Die telbord was nie altyd in ons guns nie, maar nêrens het ons nie geveg vir elke punt nie. Die gedrag van ons spelers op en af van die veld was uitstaande en het getuig van goeie dissipline en trots. Dankie aan elke afrigter, ouer, ondersteuner en speler.

Die afgelope eksamen en gepaartgaande skoolrapport gee aan u as ouer die geleentheid om u kind se vordering te monitor. Die punte op die rapport weerspieël die totaal vir die tweede kwartaal se werk en is nie ʼn saamgestelde punt vir die eerste ses maande nie. Indien u nie te vrede is met u kind se vordering nie, moet u assebief die betrokke graad of vakonderwyser kom sien. Die eerste geleentheid is die oueraand op 21 Julie vanaf 17:00-18:00. Bring asseblief u kind saam sodat julle saam met die onderwyser kan gesels hoe om die situasie te verbeter. Indien u verdere hulp verlang is u welkom om ʼn afspraak met die betrokke Graadhoofde te maak: Mej. Raats (Gr. R-3); Mnr. Wepener (Gr. 4-7), Mnr. Taljaard (Gr. 8 & 9) en Me. Heinen (Gr. 10-12).

Die skool is vanjaar 60 en die Oud-Skolierebond onder leiding van Martin van Aardt het ʼn spesiale gedenkblad saamgestel om die verjaarsdag te herdenk. Hierdie gedenkblad word tydens die Reünie-naweek op 29-31 Julie bekendgestel. Dit is propvol interessante brokkies oor die skool se geskiedenis en sal elke oudleerling se hart laat warm klop. Skakel gerus vir Mev. Alice Cronjé om nou reeds jou eksemplaar te bespreek.

Die Fanie Venter Klubkamer word deur mnr. Jacques Meyer bestuur en is gereeld op Vrydae- en Saterdagaande oop vanaf 17:30. Daar is kole vir braai en ʼn veerpyltjiebord vir lekker saam kuier. Kom maak gerus ʼn draai en ondersteun so ons Oud-skoliereklub.

Die Dagbestuur van die Beheerliggaam het besluit dat ons op 27 Augustus as ʼn skoolgemeenskap gaan saamkom om te besluit oor die pad vorentoe vir PJ Olivier. Dit is die geleentheid waar ons die drome vir 2025 en verder op die tafel gaan plaas. Ons beoog om dié Saterdagoggend af te sluit deur lekker saam te braai. Teken die belangrike datum aan en bespreek jou plek deur vir Mev. Warren te skakel. Hou gerus kennisgewings dop vir verdere inligting.

Ons staan op die vooraand van die Grahamstad Nasionale Kunstefees en ons wens alle onderwyspersoneel, terreinpersoneel, koshuispersoneel en leerlinge sterkte toe met die groot taak op hande. Kom ondersteun gerus die skool se feeskafee in die voorportaal van die saal.

Geniet die vakansie saam met u kinders

Matrieks kontrolleer hul punte

Page 3: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 3 van 12

Graad 4 1 Marcelle Schoonbee (82.2 2 Tyronique Jagers (77.5) 3 Zozibini Mapoma (75.5) 4 Yolandi Grober (74.8) 5 Christo Botha (74.0)

Graad 7 1 Shirley Retief (88.3) 2 Charlene Botha (78.3) 3 Cara Meyer (74.0) 4 Tarren Marthinus (71.4) 5 Carla Odendaal (71.1)

Graad 10 1 Daniel Retief (85.9) 2 Chevandré Doyle (85.6) 3 Jaydee Murray (78.4) 4 Andrea Groenewald (75.9) 5 Annemie Niehaus (68.7)

Graad 5 1 Carissa Henning (88.8) 2 Kaylee Knoetze (77.7) 3 Liandri van Vuuren (73.3) 4 Zurayda Jackson (73.2) 5 Alexis Kanie (66.2)

Graad 8 1 Brett Arnolds (75.9) 2 Marelise Grobbelaar (67.2) 3 Nikita Heinen (65.6) 4 Benri Niehaus (63.8) 5 Johan Swart (63.2)

Graad 11 1 Marliese Ockhuis (77.6) 2 Megan Goliath (74.9) 3 Lisa Hancox (70.0) 4 Jasmaine September (66.9) 5 Eliska Fourie (64.1)

Graad 6 1 Jaime Brisley (87.7) 2 Bianca Schoonbee (81.5) 3 Eden Matroos (73.3) 4 Keisha Bouwer (70.5) 5 Megan Blignaut (63.0)

Graad 9 1 Simoné Schoonbee (76.3) 2 Amy-Leigh van der Walt

(76.2) 3 Kaelin du Plessis (73.2) 4 Cherise Steyn (72.6) 5 Ruchaan van Vuuren (65.3)

Graad 12 1 Chanté Odendaal (84.7) 2 Janica Engelbrecht (74.9) 3 Angelique Geyer (73.1) 4 Alida Loubser (70.4) 5 Ley-Lani Slabbert (68.6)

PERSONEEL

Baie geluk aan Mnr en Mev Jansen Van Rensburg met die geboorte van Franco. Ons glo hy gaan vir hulle, sussie Amorei en boetie Ralph, baie vreugde verskaf.

Baie geluk aan Mnr en Mev Hurter met die geboorte van hul kleinseun, Christo.

Ons wens vir Mnr Hennie Pienaar ‘n spoedige herstel toe. Hy is besig om aan te sterk na ‘n heupoperasie.

Page 4: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 4 van 12

Baie geluk ook aan Hennie en René Pienaar met die geboorte van jul kleinseun, Damian.

Ons is baie trots op Mnr Joey van Heerden wat gekies is om die komende vakansie as O/13 en 0/16 skeidsregter by Cravenweek in Stellenbosch op te tree.

Dit was met groot leedwese dat ons van Mnr Taljaard se suster se afsterwe verneem het.

Mev. R Eygelaar

KULTUREEL

Drama Our learners attended the evening performance of Grahamstown Has Talent at the monument on Friday 27 May. The performance was highly entertaining and we were amazed at all our local talent. Thank you to Miss Raats, Mrs Eygelaar and her family for accompanying our learners.

Our Drama group has been rehearsing every Monday and Wednesday afternoon for our production of The Tempest by William Shakespeare to be performed at the Rhodes Drama department.

Tentative date of performance: Friday, 12 August at 19:00.

Mrs A Gowar

SPORT

Netbal Die netbalseisoen is in volle swang en ons is trots op die meisies wat so getrou hul kant by die oefening bring. Die 0/14 span het 1 van hul 4 wedstryde gewen, die 0/15 het slegs 1 van hul 5 wedstryde verloor en die gemengde span speel 7 wedstryde en wen 6. Ons Eerste span speel 8 wedstryde waarvan hul 1 gelykop, 3 verloor en 4 gewen het. Ons dank ook aan Me. Sandi Biko wat ten spyte van haar besige program by Rhodes kans sien om ons met afrigting te help.

Mev. R. Eygelaar

Page 5: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 5 van 12

Eerste Netbalspan Uniforms

Danksy verskeie borge spog ons Eerste Span ook met ‘n nuwe netbaluniform. Baie dankie aan elke oud-skolier of vriend van ons skool wat hul hand in die sak gesteek het om dit vir ons spanlede moontlik te maak.

Laerskool Netbal

Ons netbal het hierdie jaar sommer vinnig afgeskop met die Frans Erasmustoernooi wat op 11 Maart begin het. Al ons spanne van 0/9 tot 0/13 het goeie blootstelling gekry om aan wedstryde deel te neem. Ons 0/13-netbalmeisies het aan 3 toernooie deelgeneem nl. Die Frans Erasmustoernooi , die Hangklip Sportdag asook die Setlaarstoernooi.. Ons 0/13A het reeds 22 wedstryde gespeel die seisoen en het goeie uitslae behaal.

Baie dankie aan Jason Meaton vir die borg van die netbalklere.

Mev. H. Coetzee

Rugby Die Laerskool Rugbyspanne het hulle plek volgestaan op die rugbyveld en met goeie dartellopies en verdediging menigte toeskouer op hulle tone gehad.

Ons buite-afrigter, Mnr. Marius Ferreira, doen bobaas-afrigting met sy o/9’s en behaal reeds sukses. Hierdie is ‘n ywerige en lojale klomp rugbyspelertjies wat getrou oefen en elkeen net sy beste lewer. Uitblinkers is Arin, Onga, Luke, Brandon en Kiano.

Ons o/11 rugbyspan vertoon vanjaar vol selfvertroue en het deelgeneem aan Laerskool Setlaarspark se Sportdag in Port Elizabeth. Mnr. Wepener het vanaf verlede jaar ‘n groot groep seuns verloor wat nou kwalifiseer vir o/13, hy bou dus aan ‘n “nuwe” o/11 span wat reeds bewys dat hulle groei in gees en ondervinding. Die wedstryd teen Kenton en Walmer-Wes het gesorg vir goeie en aanskoulike hardloop rugby. Kieran, Nene en James is uitblinkers!

Die o/13’s groei elke wedstryd van krag tot krag en het al nagenoeg vyftien wedstryde gespeel. Mnr. Riaan Havenga doen ongelooflike afrigting en kom voorbereid na die veld met nuwe tegnieke en kreatiewe

Page 6: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 6 van 12

wenke vir die seuns. Ons het gaan deelneem aan Sportdae by Laerskole Setlaarspark en Hangklip. Tydens die Hangklip Sportdag op Queenstown speel ons drie wedstryde: PJ wen Hangklip 15-10; PJ wen Middelburg 10-5 en speel gelykop 0 elk teen Adelaide. Ander hoogtepunte was PJ se wen teen Jeffreysbaai B met 37-0 en ons oorwinning oor Kenton-on-Sea 21-19. Van die hardste en fisiese wedstryde was teen Grahamstad Primêr, ons wen hulle 27-10. Elke speler is ‘n uitblinker en die lojaliteit en integriteit van die seuns spreek boekdele. Welgedaan seuns!

P.J. Olivier se o/13 rugbyspan was bevoorreg om tydens ‘n Saalbyeenkoms truie te ontvang van Redwood Spur in Grahamstad. Die eienaar, Mnr. Pieter Kruger, het die oorhandiging waargeneem. Hierdie rugbytruie vertoon pragtig en voldoen aan die nuutste spesifikasies van BLK vervaardigers, dit het onder andere greepstukke aan die voorkante wat dit vir voorspelers makliker maak om te bind in die skrums. Baie dankie aan Mnr. Kruger, Me. Wendy Brand en Henriëtte Ferreira vir die reëlings hiervan. Dit word opreg waardeer.

Mnr. M Cronjé

Page 7: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 7 van 12

Hoërskool Rugby: Ons het die seisoen afgeskop teen Nyaluza met ‘n oorwinning vir beide die O/15 en 1ste span. Ons het die wedstryde teen Hoërskool Port Alfred naelskraap verloor. Die O/15- en 1ste span het mededingende wedstryde teen Wesbank gehad waar ons goeie en merkwaardige dissipline die eindresultate bepaal het. Albei spanne het hul wedstryde gewen. Ons het die kwartaal teen Linkside afgesluit met twee groot oorwinnings. Die 1ste –span het 10 drieë gedruk, waarvan Shaun-D Douglas drie gedruk het. Die wedstryd was as gevolg van onvoorsiene redes tien minute vroeër beëindig. Baie geluk aan Keano Felix en James May wat verkies is vir die OP O/16-span. Welgedaan aan Mnre. Van Heerden en Taljaard en hul spanne. Baie dankie ook aan ons hulpafrigters, R Gombert en E Nel.

Mnr. J van Heerden

Tennis

Die hoogtepunt van ons tenniskalender is ons toer na Middelburg op 20 Augustus. Die vertrektyd is om 08:00 en die verwagte tyd van terugkeer sal Saterdag om 17:00 wees. Mnr. en Mev. Gowar sal die leerlinge vergesel.

Ons Familie Tennis Dag vir Hoërskool en Laerskool spelers sal op 29 Julie plaasvind.

Mev. A Gowar

Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die Spar Hockey Challenge. Ons span het baie goeie resultate gelewer en ons is baie trots op hulle. Na die Spar-toernooi het ons ook teen verskeie ander skole meegeding. Ons wen twee wedstryde, speel twee gelykop en verloor twee. Baie dankie aan al die hokkie meisies vir julle gees voor en na die wedstryde. Dit help baie en beeld Hoërskool P.J. Olivier uit as ‘n vriendelike skool vol gees. Ons sien uit daarna om julle volgende kwartaal weer op die hokkieveld te sien.

Page 8: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 8 van 12

Hokkie-uitslae: Kwartaal 2

Me. M Heinen

Datum van wedstryd:

PJ Span: Telling: Wen/Verloor: Opponent Naam:

Opponent Span:

(1ste, 0/16, ens) (1ste, 0/16, ens)

16 April 2016 1ste 3-0 Verloor Port Alfred 1ste

23 April 2016 1ste 5 wedstryde - Verskeie skole

1ste

6 Mei 2016 1ste 4-0 Wen VG 1ste

12 Mei 2016 1ste 0-0 Gelykop Alexandria 1ste

14 Mei 2016 1ste 2-0 Wen Wesbank 1ste

21 Mei 2016 1ste 0-1 verloor Linkside 1ste

21 Mei 2016 0/16 (2de) 0-0 Gelykop Linkside 0/14

Page 9: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 9 van 12

ANDER GEBEURE

Shawn Warren Uitstappie 2016

Hierdie kwartaal was die Grondslagfase-leerders op `n baie opwindende en avontuurbelaaide uitstappie na Pastoor Shawn en Gerrie Warren se plaas net buite Grahamstad.

Elke jaar is hierdie uitstappie `n hoogtepunt en hierdie keer was geen uitsondering nie! Met hulle aankoms op die plaas het elke leerder `n spesiale Indiaan-naam ontvang. Daarna is hulle geneem op `n stappie deur die veld waar hulle allerhande interessante ‘gediertes’ raakgeloop het. Hulle het ook deelgeneem aan kalkoen-vang, perdry, `n bokbolletjie-spoegkompetisie en talle meer aktiwiteite.

Ons wil met groot waardering baie dankie sê aan Pastoor Shawn Warren vir sy tyd en moeite met ons kinders!

Me. M Raats

Jeugdag-viering

Die Laerskool het Jeugdag gevier met ‘n lekker sosiale en informele kuier rondom “Hug in a Mug”, marshmellows en koekies.

Mnr. M Cronjé

Page 10: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 10 van 12

Rhodes University BSc Honours Students visited us

Rhodes University BSc Honours students visited us. They are doing this educational outreach as part of a service learning course in Cultural Entomology as part of the Honours curriculum. It is aimed at teaching students qualitative research methods; how to interact with the public; and how to teach and learn from others (and value the knowledge that they and other people have.) It also teaches them a bit about team word and being organized.

The big cockroaches on the hand of one of the PJ Olivier learners are Madagascan hissing cockroaches, known in science as Gromphadorhina portentosa

Prof Martin Villet in the Department of Zoology & Entomology at Rhodes University assisted the students and organizes this very interesting outreach every year. This is one of the highlights on the academic calendar of PJ Olivier every year. (Berig uit Grocott’s)

Mnr. M Cronjé

Graad 1-leerlinge wys hul verfvernuf

Page 11: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 11 van 12

BEE-kompetisie

Drie Graad 3 leerders, Jade Goliath, Anshin Nel en Brandon Wentzel, het Dinsdag, 14 Junie, aan ‘n plaaslike kompetisie by die Distrikskantore gaan deelneem.

Jade het aan die “Spelling Bee” gaan deelneem en Anshin en Brandon het aan die “Maths Quiz” deelgeneem. Al drie hierdie leerders kwalifiseer dan ook vir die volgende rondte wat Woensdag, 22 Junie, plaasgevind het. Ons glo dat hierdie drie slimkoppe ook hier ons naam hoog gehou het.

Mev. R Eygelaar

ALGEMEEN Klerebank

Die klerebank benodig dringend tweedehandse klere van goeie gehalte. Indien u graag ‘ n bydrae wil maak tot die klerebank is u welkom om Mev. de Klerk te skakel by die skool

OOV Ons wil weereens baie dankie sê vir die fantastiese ouers wat ons deur die kwartaal gehelp het met al die OOV verrigtinge in die kiosk. Ons waardeer dit opreg. Baie dankie dat ons altyd op julle kan staatmaak.

As daar nog ouers is wat sou belangstel om by ons aan te sluit, kan hulle my gerus by die skool skakel.

Mev. J Schoonbee

FOTOKOMPETISIE VERLENG! Die fotografieklub se fotokompetisie is verleng. Leerlinge word aangemoedig om foto’s in te skryf. Kom ouens, kry daardie kamera’s aan die werk.

Page 12: Hoërskool P.J. Olivier€¦ · Hokkie-bokkies 2016 Ons wil ons hokkie spanne gelukwens met ‘n baie suksesvolle seisoen. Ons het 23 April 2016 teen verskeie skole meegeding in die

RESPEK, INTEGRITEIT, OMGEE Bladsy 12 van 12

WIE’S BANG VIR BOELIES?

Boelies sê of doen goed om ander seer te maak of te verkleineer. Seuns en meisies kan boelies wees.

Dis uncool om ’n boelie te wees Daar is ’n rede hoekom boelies altyd in flieks verloor. Meestal is hulle eintlik jaloers op die persoon wat hulle boelie. Die enigste manier waarop hulle beter as die ander kind kan wees is deur hom af te knou en af te jak. Diep in hulle harte weet hulle dit wat hulle doen is verkeerd.

Goeie nuus vir iemand wat geboelie word! Boelies kan maar lekker bang wees as hulle sien ander gaan nie hulle gedrag aanvaar nie. Moenie enige nonsens vat nie. Sê vir ’n grootmens sodra jy geboelie word. Hulle sal jou ook kan help om dit te hanteer. Sterkte, jy kan vir jouself opstaan!

Goeie nuus vir boelies! Jy sal weet as jy soos ’n boelie optree. Goeie nuus is dat jy nie een hoef te wees nie. Wees eerlik met jouself en bly eerder stil wanneer jy iets lelik wil sê of doen. Vervang ’n lelike gedagte dadelik met iets anders. Kyk byvoorbeeld watter vorm die wolke maak of kyk wat rondom jou mooi is. Gaan praat met jou onderwyser of jou ouers en vra hulle om jou te help. In die begin gaan dit dalk moeilik wees, maar byt vas. Jy kan kies hoe jy teenoor ander optree. En glo in jouself! Jy hoef nie met iemand lelik te wees om meer in jouself te glo nie.

As jy sien iemand word geboelie ... Boelie-gedrag is nooit reg nie. Niemand hoef dit te verduur nie. As jy sien ’n ander kind word geboelie, staan saam met hom of haar sodat die boelie kan sien dit gaan nie geduld word nie. Sê dadelik vir ’n grootmens sodat die geboeliery sommer dadelik stop.

(Uit Hoezit!)