-
November 201282
Since 1957
����������������������������������������������
������������������������������������
Netting Wire, 1200 x 90 x 1.6 mm
N$475.00
Steelwire, 2.24 mm x 1650 m, 50 kg
N$654.00
Galv. Binding Wire, 2.0mm x 2 000 m, 50 kg
N$660.00PRICES ARE VAT INCLUSIVE. • WHILE STOCK LASTS
16 Newcastle Street, Northern Industrial, WindhoekTel: +264-61
231125 • Fax: +264-61 [email protected]
Ons sien al meer dat die boer se winsgrens deur insetkoste
beïnvloed word. Die beskikbaarheid van goeie, natuurlike weiding,
weidingbestuur en bestokking bly die beste manier om insetkoste te
beheer. Om jou wins te beskerm in vandag se omstandighede is ’n
lae-insetkoste boerdery van groot belang. Lees hiernaas wat dr.
Joggie Briedenhann van Hartebeestloop Bonsmaras oor dié onderwerp
te sê het.
Jou koeikudde is een van die beste plekke waar jy kan begin om
’n lae-insetkoste boer-dery te vestig. Boere wat nie gaan aanpas
deur streng te selekteer in koeikuddes nie, is die manne wat gewis
gaan swaar kry in die toe-koms. Daar is ’n gesegde onder boere wat
lui, not all cows are created equal. Sommige koeie presteer net
beter in presies dieselfde omstan-dighede, of beter met minder
insette, as ander. Hierdie koeie is hul sout werd, of sal ’n mens
eerder sê, goud werd.
Boerderypraktyke het in die verre verlede sterk staatgemaak op
laer voerkoste, goed-koper brandstof, minder verbossing en meer
staatsondersteuning. Heelwat van hierdie fak-tore is nie meer van
toepassing nie. Trouens, baie van die kommoditeite het
proporsioneel gestyg. Dink aan die prys van mielies weens die toe
nemende druk vir alternatiewe brand-stof soos etanol en die prys
van ru-olie. Prak-tyke van dertig jaar gelede het dus heelwat ver
ander. Dit is heel moontlik die koei-kalf-produksiestelsels wat die
swaarste getref is.
Dit is daarom uiters belangrik dat boere in samewerking met
wetenskaplikes ’n teel-waarde of teelwaarde-indeks saamstel wat die
lae-onderhoudbehoefte diere kan identi-fi seer. Hierdie waarde moet
voorsiening maak vir diere waarmee onder ekstensiewe omstan-dighede
geboer kan word en waar bemar king grotendeels direk van die veld
af gedoen word. Met ander woorde, hierdie waarde moet eie wees aan
Namibië of soortgelyke gebiede
met ekstensiewe weidingtoestande. As ons wins grens primêr
bepaal word deur lae-inset-koste beeste (met lae onderhoudbehoef
tes), dan kan hoë-onderhoud beeste beslis nie tot beter wins bydra
nie.
Hoe sal ons die lae-insetkoste diere identi� seer?Enige droogte
sal aandui watter van jou beeste doen die meeste met die minste
voer. Die boer moet oor alle jare – goed, gemiddeld en sleg –
aanhou selekteer vir lae-onderhoud diere en heeltyd daarmee
vorentoe teel. Vrugbaarheid en reproduksievermoë is van die
belangrikste eienskappe om die winsgewendheid van koeie
te bepaal. As jy die eienskappe kan kombineer met lae-insetkoste
koeie is jy op die wenpad.
Kondisie op die veld in vergelyking met die ander diere in die
trop is ’n goeie maatstaf om lae-insetkoste diere te identifi
seer.
Hierdie tipe genetika moet vinnig ver-meerder word. Dit behoort
in die nasionale kudde vasgelê te word. Namibië is ’n groot land
met verskillende omgewingstoestande. Dit is noodsaaklik om die tipe
genetika te teel wat onder alle Namibiese omgewingstoestande sal
presteer. As ’n dier by jou goed presteer, is dit ’n bewys dat dit
’n aangepaste bees op jou plaas is. As die dier ook goed presteer
in
84
Foto 1: Koeie se kondisie verskil in dieselfde
weidingtoestande.
-
November 2012 83
BONSMARA CATTLE BREEDERS’ BONSMARA CATTLE BREEDERS’ BONSMARA
CATTLE BREEDERS’ ASSOCIATION OF NAMIBIAASSOCIATION OF
NAMIBIAASSOCIATION OF NAMIBIAASSOCIATION OF NAMIBIAASSOCIATION OF
NAMIBIAASSOCIATION OF NAMIBIA
PO Box 80003 Olympia, Windhoek, NamibiaTel/Fax: 061-222 753 •
International: +264 61 222 753
www.bonsmaranambia.com • [email protected]
‘n
onsmarabul:• Is geregistreer by SA Stamboek
• Het prestasiemeting ondergaan
• Is goedgekeur deur Bonsmara-keurders
• Is gebrandmerk met ‘n op die regterskouer
• onsmara kuddevaars is DNA-getoets
Koop
gebrandmerkte Bonsmarabulle
Vir onsmara Navrae Kontak:Nico Visser: 081 124 1168
Marinda Labuschagne: 061 22 2753Rollie Heiser: 081 124 5940Dries
Venter: 081 240 6546
Christo Strydom: 081 317 8325Etienne Jooste: 081 371 1599
Dankie aan al die kopers wat vanjaar Bonsmarabulle aangeskaf
het. Ons hoop julle is gelukkig met jul aankope.
-
November 201284
Tabel 1: Speengewig uitgedruk as persen-tasie van koeigewig
Koeigewig (kg) Kalfgewig (kg) % Speengewig
700 250 36 %
600 240 40 %
500 230 46%
Let daarop dat die boer weet speenkalwers onder 225 kg is minder
gewens, ongeag die persentasie van die koei se gewig gespeen. Die
markvraag speel ’n beduidende rol in wat jy moet produseer. Die
kuns is dus om presies dit te produseer wat jou die meeste geld in
jou sak bring teen die laagste insetkoste moontlik.
Wat is die balans?Daar moet te alle tye ’n balans wees tussen
insetkoste en die produk wat jy lewer. Uiter-stes in lae insetkoste
en enkeleienskap-selek-sie soos swaarder speengewig is nie een
vol-houbaar oor die lang termyn nie.
Daar blyk tans genoegsame navorsingsresul-tate te wees wat
daarop dui dat mediumraam koeie beter in ekstensiewe toestande
vaar. Hulle speen swaarder kalwers as grootraam koeie (uitgedruk in
kg liggaamsgewig). Dit is nou waar voeding die beperkende fak-tor
is. In groot dele van Namibië is voedings-bronne beperk.
Jou plaas, soos enige ander plaas, kan net soveel groei, melk en
raamgrootte hanteer. As enige van bogenoemde uit balans gaan, sal
jy ekstra voeding moet gee of getalle moet verminder, anders sal
jou speengewigte en besettingsyfers daal. Uitermate groeiers,
buitenspo rige hoë melkproduseerders en groter-raam koeie het almal
ekstra geld nodig
in die vorm van ekstra voer om te kan pres-teer. Daar is
wetenskaplike data wat beweer dat koeie wat meer melk produseer,
ook gro-ter voeding- en onderhoudsbehoeftes het. Die resultate dui
aan dat die hoë melkpro-duseerders ook hoër onderhoudsbehoef tes
het, selfs wanneer hulle nie kalwers soog nie. Bogenoemde het alles
’n invloed op jou in-setkoste en jou winsgrens.
Weer eens moet daar ’n balans wees met melkproduksie. Te min
melk is miskien ’n groter probleem as te veel melk. Boere behoort
met deeglike rekordhouding ’n baie goeie idee te hê oor wat genoeg
melk is vir die spesifi eke omgewing waarin hulle boer.
Foto 2: As die weiding bogemiddeld goed is, is daar geen
kondisieverskil tussen die mediumraam en grootraam koei nie.
Lae-insetkoste koeikuddesLae-insetkoste koeikuddesLae-insetkoste
koeikuddesLae-insetkoste koeikuddesLae-insetkoste
koeikuddesLae-insetkoste koeikuddes82ander dele van die land, is
die dier se aanpas-baarheid uitstekend. As dit boonop nog goed
presteer in sub-optimale (beperkte weiding) omstandighede, is die
gehardheid van die dier uitstekend.
Van die ouer boere glo die beste koei op die plaas is die oudste
koei. Dit is die koei wat die minste probleme gegee het in haar
leef-tyd en bogemiddelde reproduksieprestasies toon. Daar is waarde
in hierdie siening en dit kan as seleksie vir lae-insetkoste
genetika ge-bruik word. Aan die ander kant is daar ook meriete in
die siening dat langlewendheid nie heeltemal so ’n belangrike
oorweging is nie, aangesien die jonger genetika beter behoort te
wees, mits streng seleksiedruk gereeld toege-pas word. Elke
volgende geslag behoort beter te wees as die vorige.
Wat is die verwantskap tussen lae-in-setkoste diere en
raamgrootte?Die meeste boere beweer dat hul koeie gemid-deld 480
tot 520 kg weeg. By implikasie beteken dit dat hulle weet wat die
gemiddelde koei be-hoort te weeg vir beste prestasie onder
eksten-siewe toestande, met slegs strategiese lekaan-vulling. As jy
egter die koeikuddes sien of let op die gewig van die vroulike
diere op die veilings is dit dikwels ’n heel ander prentjie.
By baie boere het die koeikudde se raam-grootte die afgelope
dekade groter geword in plaas van om te stabiliseer op mediumraam
grootte. Die baie goeie reënval oor die laaste paar jaar kon
daartoe bygedra het.
Die probleem is groter raam koeie vreet
meer as mediumraam koeie. Die boer moet dus óf minder koeie
aanhou óf meer voer gee. Min der diere en/of meer voer teen die
huidige voerpryse beteken beslis minder wins. Wins is direk
eweredig aan die onderhoudsbehoef tes van grootraam koeie.
Dit is so dat die koei:kalf speengewigver-houding oor die
algemeen beter is by medi-umraam koeie as by grootraam koeie. Dit
ver-wys na die feit dat ’n mediumraam koei ’n kalf sal speen wat ’n
groter persentasie van haar lig-gaamsgewig uitmaak as wat die
groter raam koei sal doen. Dit is ook so dat die formule al-tyd die
kleiner-raam koeie sal bevoordeel. Sien die waardes in Tabel 1:
“Hoe groot is groot genoeg?” Raamgrootte word deur die omgewing
be-heer, mits die omgewing in sy natuurlike toe-stand is en nie
deur ekstra voer beïnvloed word nie. Om hierdie rede behoort
raamgrootte by-voorbeeld te verskil tussen die natter noorde en
droër suide van Namibië. Die slim boer sal egter altyd sy koeikudde
se raamgrootte ba-seer op wetenskaplike beginsels en historiese
data wat aandui dat Namibië die droogste land suid van die Sahara
is. Die ouer boere se raad om te boer sodat jy ook in die droogste
tyd-perke kan oorleef, is waardevol en gebaseer op (dure)
ondervinding.
Die boodskap kom oral deur dat raam-grootte belangrik is vir
lae-insetkoste boer-dery. Kyk ge rus na die bulkatalogusse van die
maatskappye wat semen versprei. Daar word meer klem gelê op
mediumraam diere as ooit tevore. Dit is vir hierdie maatskappye
belang-rik dat die boer oorleef, wins maak en weer se-men by hulle
koop.
Te veel grootraam koeie, wat nou?Wat maak die boer wie se
koeikudde se raam-grootte te groot is vir sy omgewing en wat tot
die slotsom gekom het dat hy moeg is om hier-die hoë-onderhoud
diere aan te hou? Of die boer wat besef hy is besig om hom ban krot
te voer aan hierdie tipe diere?
Vir die meeste boere is dit nie moontlik om net alles te verkoop
en van voor af te be-gin met die regte raamtipe nie. Vir hulle is
dit eer der ’n proses om die groter-raam koeikud-de oor ’n tydperk
te vervang met ’n medium-raam nageslag.
Die manier om dit reg te kry is om medium-raam bulle uit
beproefde moederlynrasse te gebruik. Jy hou dan net die nageslag
wat aan die regte raamtipe-vereistes voldoen.
Onthou, ’n 750 kg grootraam koei gaan nie vir jou ’n mediumraam
bul teel nie. Voordat jy ’n bul aanskaf, gaan kyk eers na die teler
se koei-kudde en baseer jou koopoorwegings op die totale kudde se
raamgrootte. Grootraam bulle van enige ras kan nog steeds gebruik
word vir terminale teling as alle nageslag verkoop gaan word.
Hierdie grootraam bulle word dan ge-bruik op jou lae-insetkoste
koeie om wins te verhoog. Jou koeikudde moet egter te alle tye
lae-insetkoste, mediumraam en goed bevlees-de koeie wees, ongeag of
dit ’n goeie of slegte reënjaar is. Onthou, jy kan nie jou
koeikudde vervang of “af”-teel elke keer as daar ’n droogte is of
tydens minder ideale toestande nie. Jou koei kudde behoort geneties
saamgestel te wees uit lae-insetkoste genetika wat jy oor die jare
aangekoop of self geteel het. So ’n koei-kudde sal jou deur enige
jaar vat – goed of sleg!
Kommersiële boere voel soms dat die stoetteler presies weet hoe
om goeie BLUP-teelwaardes te teel, maar dat good stockmanship in
die proses verlore gegaan het. Die gedagte-rigting is dat telers
die vermoë verloor het om langlewende, lae-onderhoudbehoefte,
vrug-bare diere te produseer. Amper die geval van help om
“meerderwaardige voermaatskappye” te stig en “minderwaardige diere”
te produseer.
Die bewering kan maklik saamgevat word in een sin: “Koeie word
geteel wat nie aanpas
-
November 2012 85
beteken dat ons optimaal vleis moet produseer op die veld waarna
graan-gebaseerde voerafronding in die voerkraal of op die veld kan
geskied. Dit word al duurder vir boere om addisionele voer te
produ-seer en dit na die diere te bring. Koste van toerusting,
depresiasie, on-derhoud, brandstof en arbeid, maak dit moeilik om
te kompeteer met diere wat self in die veld kan stap en gras in
vleis omsit.
Regte raamgrootte en bou vir lae-onderhoudsbehoeftesNamibië het
uitstekende moederlynrasse wat goed aangepas is om onder
ekstensiewe omstandighede te presteer. Kies net die regte raam-tipe
koeie uit hierdie rasse en selekteer heeltyd streng en konstant vir
die lae-onderhoudsbehoefte diere op jou plaas. Jy sal al die pad
wen met hierdie ideologie.
Op Hartebeestloop is oor die jare met streng seleksie gevind dat
die mediumraam, goed bevleesde koeie, met goeie diepte en baie
kapa-siteit (veral rumenkapasiteit) konstant beter presteer het as
lae-inset-koste koeie.
Silindriese bouvorm diere is meestal nie goeie lae-inset-koste
koeie nie.
Koeie wys uitstaande kapasiteit en volume. Al drie het hulleself
alreeds bewys as lae-insetkoste koeie.
Die rumen is ’n relatief groot orgaan en sy grootte word beperk
deur die liggaamsgewig en kapasiteit van die bees. Omdat die
konsentrasie van voedingstowwe in ruvoer laag is (bv. lae kwaliteit
ruvoer in win-termaande) moet diere daagliks groot hoeveelhede kan
inneem. Dit is slegs wanneer groot hoeveelhede ruvoer ingeneem word
dat her-kouers/beeste aan hul voedingsbehoeftes kan voldoen. Diere
wat be-perk word deur die grootte van hul rumen, sal ook beperk
word op die hoeveelheid wat hulle kan groei en gewig aansit.
Sou jy koeie wil selekteer wat beter as ander gaan vaar as hulle
slegs op die veld vreet, moet jy goed let op die onderstaande. Die
belang-rikste faktore wat die vrywillige inname van droë materiaal
beïn vloed, waar die verteerbaarheid van voer laer is as 65%, is
die volgende:• Beter liggaamskapasiteit (diepte)• Stadiger tempo
deur die verteringstelsel (word gedeeltelik bepaal
deur die volume van rumenkapasiteit) • Verteerbaarheid Die
meeste koeie wat aan bogenoemde eienskappe voldoen, sal in-val by
’n goeie seleksieprogram vir lae-insetkoste koeie. Sulke diere raak
vet op natuurlike gras in die veld. Identifi seer hierdie tipe
diere en boer voort met hulle. Hou aan selekteer en jy is op die
pad na lae-insetkoste boerdery.
in die omgewing nie en deur die jaar ekstra gevoer moet word.”
Tabel 2 gee ’n aanduiding van eienskappe wat op Hartebeestloop deur
die jare geïdentifi seer is as belangrik vir lae-insetkoste,
aanpasbare koeie. Die lys is slegs ons weergawe en sekerlik nie
volledig nie. Daar kan nog ander eienskappe wees wat telers as
belangrik beskou.
Daar is boere wat oorslaan vanaf ’n koei-kalf-produksiestelsel
na ’n os-produksiestelsel om die risiko’s te verminder. Dit is te
verstane en maak ekonomies sin. Hoeveel van die boere se besluit is
egter gebaseer op te hoë fi nansiële insetkoste in die
koei-kalf-produksiestelsel weens die onvermoë van die verkeerde
raamgrootte diere om suksesvol te pre s-teer, sonder ekstra voer,
onder ekstensiewe toestande?
Wat is die verwantskap tussen lae-insetkoste diere en
voer-omsetverhouding?Wetenskaplikes en akademici moedig die
vleisbeesprodusente heel-tyd aan om die voeromsetverhouding van
vleisbeeste te verbeter. In eenvoudige terme beteken dit die
hoeveelheid voer wat ’n dier moet vreet om een kilogram gewig aan
te sit. Hoender- en varkboerderye word as voorbeelde gebruik om aan
te dui wat vermag kan word met beter voeromsetverhoudings. Let
daarop dat dit graan-gebaseerde voer omsetverhoudings is waarna
verwys word.
Dit is reg dat vleisbeesboere deurentyd moet streef na
verbetering in voeromsetverhouding. Dit sal egter moeilik wees om
die hoender- en varkindustrieë te klop as daar gekyk word na hul
huidige graan-ge-baseerde voeromsetverhoudings.
Met gras-gebaseerde voeromsetverhoudings is dit egter ’n perd
van ’n heel ander kleur. Geen hoender of vark het die unieke
vertering sisteem van beeste om lae kwaliteit weiding so eff ektief
om te sit in vleis nie. Dit is opmerklik duurder om een kilogram
vleis by te sit met graan as om dit met gras te doen. Daar is nie
klinkklare wetenskaplike bewys dat goeie graan-gebaseerde
voeromsetverhouding beeste onder inten-siewe omstandighede ook
goeie gras-gebaseerde voeromsetverhou-ding beeste is onder
ekstensiewe omstandighede nie. Inteendeel, dit blyk dat die
verwantskap eerder na die ander kant toe is: goeie gras-ge-baseerde
voeromsetverhouding diere doen ook goed onder intensiewe
omstandighede met goeie graan-gebaseerde voeromsetverhouding.
Boere moenie gekant wees teen graan-gebaseerde
voeromsetver-houdings nie. Dit is belangrik en sal altyd ’n
belangrike rol in die vleiswaardeketting speel. Wat wel gedoen moet
word, is om die voor-deel te kry van goeie weiding-gebaseerde
voeromsetverhouding. Dit
Tabel 2 Eienskappe wat algemeen voorkom by lae-insetkoste die-re
in ekstensiewe omgewings.Eff e meer respiratoriese bou-vorm
Beter regulering van liggaamstemperatuur
Pigment op vel, hoewe, neus, oë
Indikasie van beter beskerming teen ultravio-let-sonstrale
Groter veloppervlakte Beter temperatuur-regulering van liggaam
in warm somermaande
Dik vel Beter bloedsomloop na oppervlak van liggaam
Dik vel Kry nie maklik oop wonde van bosluisbyte nie
Dik enkelhaar Beter temperatuur (hitte) regulering van
liggaam
Blink haar Weerkaats sonstrale vir beter temperatuur
regu-lering
Sterk oogbanke Beskerming teen vlieë, muggies, takke en bos
Eff e geboë voorkop Beter hitte regulering deur lugweë
Langer stert Verdryf vlieë en bosluise op liggaam
Sweetkliere Meer per cm2 vir gemaklike sweet (hitte regule-
ring)
Sensitiewe polimotoris-senu-wee Beweeg vel oor toplyn en sye
Goed ontwikkelde pannicu-lus spier Velbeweging goed teen
vlieë
Goeie immuunstelsel Afweer van bosluise
Galbulte vorm Afweer van bosluise
Natuurlike siekteweerstand Word nie maklik siek nie
Inwendige parasietweer-stand Minder dosering nodig
Minder lekinname Goedkoper strategiese aanvulling op veld