Top Banner
Hartklop 24 FEBRUARIE 2019 VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER NOOT VIR NOOD (2 KOR 9:1-15) Daar is baie nood in die wêreld. Christene word geroep om te help waar daar nood is. Talle christene help waar hulle kan, maar is magteloos om oral te wees. Soms is afstand 'n probleem, of kundigheid, of doodgewoon tyd! Hoe kan naasteliefde rondom die aardbol versprei? Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. Korrupsie absorbeer die hulp wat nog aangebied word. Hoe oorbrug ons die afstand tussen mense in goeie posisies en die oorweldigende nood van die meeste mense in ons land? God het 'n plan....'n Meesterplan. Paulus raak skoon uitasem as hy daarvan vertel. Hy gebruik woorde soos alles, oorvloed, alle opsigte, altyd, van alles, genoeg, volop en elke. En dit alles in een sin! Om dit te lees is die maklike deel. Die moeiliker deel is om dit alles te glo... HARTLIK WELKOM! Ons tema vir die maand is: ‘Jou druppel maak die emmer vol’. Een van die uitstaande uitnodigings was om destyds ‘n Christen- kibboets net buite die ou stad Akko in Israel te besoek, die NES AMMIN. Na die tweede Wêreldoorlog het ‘n paar Christene uit Europa die roeping ontvang om die Jode in Israel te gaan bemoedig. Hulle wou die land gaan help opbou én die Evangelie te bedien. (Dit was na die uitwissel van die 6 miljoen Jode). Die Israeli regering het hulle verlof gegee, maar op een voorwaarde: ‘Julle is Christene. Julle mag geen propaganda vir jul geloof maak nie. Julle mag ons nie probeer bekeer nie. Julle mag nie sendingwerk onder ons kom dien nie. Ons is en bly Jode. Respekteer ons!’ Die Christene het ingestem. Hulle het gekom en hulle buite Akko gaan vestig,. Hulle het ‘n kibboets tot stand gering en dit nie naam gegee: NES AMMIN (‘n Banier vir die Volke – Jes. 62v10). Op hier kibboets is blomme op groot skaal gekweek en na Europa uitgevoer. Die Christene het nie gepreek of Bybels versprei nie, maar geleef soos Jesus dit so wou gehad het. Die liefde en goeie buurmanskap was só oortuigend dat die Jode na die kibboets gekom het om navraag te doen oor die bron van hulle liefde. En só het die Jode vir Jesus op die gronde van NES AMMIN ontmoet. Die kibboets was waarlik ‘n banier sigbaar vir die volke! Mag ons gemeente wees ‘n Banier vir die Gemeenskap. Mag ons liefde mense na Jesus aantrek. Mag ons blomme soos druppels van seën wees. Soli Deo Gloria AANDDIENS VANAAND @ 18:00 THE STRUGGLE IS REAL “AGTER GESLOTE DEURE” Ons nooi graag alle tieners, jongmense, ouers, jonk van gees, eintlik almal!! Kom “Praise & Worship” en gesels saam rondom die Woord. DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes Koll. Badisa
8

Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. ... trums, enige meubels,

Nov 02, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. ... trums, enige meubels,

Hartklop 24 FEBRUARIE 2019

VANOGGEND SE BOODSKAP DEUR DR WILHELM BURGER NOOT VIR NOOD (2 KOR 9:1-15)

Daar is baie nood in die wêreld. Christene word geroep om te help waar daar nood is. Talle christene help waar hulle kan, maar is magteloos om oral te wees. Soms is afstand 'n probleem, of kundigheid, of doodgewoon tyd! Hoe kan naasteliefde rondom die aardbol versprei? Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. Korrupsie absorbeer die hulp wat nog aangebied word. Hoe oorbrug ons die afstand tussen mense in goeie posisies en die oorweldigende nood van die meeste mense in ons land? God het 'n plan....'n Meesterplan. Paulus raak skoon uitasem as hy daarvan vertel. Hy gebruik woorde soos alles, oorvloed, alle opsigte, altyd, van alles, genoeg, volop en elke. En dit alles in een sin! Om dit te lees is die maklike deel. Die moeiliker deel is om dit alles te glo...

HARTLIK WELKOM! Ons tema vir die maand is: ‘Jou druppel maak die emmer vol’. Een van die uitstaande uitnodigings was om destyds ‘n Christen-kibboets net buite die ou stad Akko in Israel te besoek, die NES AMMIN. Na die tweede Wêreldoorlog het ‘n paar Christene uit Europa die roeping ontvang om die Jode in Israel te gaan bemoedig. Hulle wou die land gaan help opbou én die Evangelie te bedien. (Dit was na die uitwissel van die 6 miljoen Jode). Die Israeli regering het hulle verlof gegee, maar op een voorwaarde: ‘Julle is Christene. Julle mag geen propaganda vir jul geloof maak nie. Julle mag ons nie probeer bekeer nie. Julle mag nie sendingwerk onder ons kom dien nie. Ons is en bly Jode. Respekteer ons!’ Die Christene het ingestem. Hulle het gekom en hulle buite Akko gaan vestig,. Hulle het ‘n kibboets tot stand gering en dit nie naam gegee: NES AMMIN (‘n Banier vir die Volke – Jes. 62v10). Op hier kibboets is blomme op groot skaal gekweek en na Europa uitgevoer. Die Christene het nie gepreek of Bybels versprei nie, maar geleef soos Jesus dit so wou gehad het. Die liefde en goeie buurmanskap was só oortuigend dat die Jode na die kibboets gekom het om navraag te doen oor die bron van hulle liefde. En só het die Jode vir Jesus op die gronde van NES AMMIN ontmoet. Die kibboets was waarlik ‘n banier sigbaar vir die volke! Mag ons gemeente wees ‘n Banier vir die Gemeenskap. Mag ons liefde mense na Jesus aantrek. Mag ons blomme soos druppels van seën wees. Soli Deo Gloria

AANDDIENS VANAAND @ 18:00 THE STRUGGLE IS REAL “AGTER GESLOTE DEURE”

Ons nooi graag alle tieners, jongmense, ouers, jonk van gees, eintlik almal!! Kom “Praise &

Worship” en gesels saam rondom die Woord.

DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes Koll. Badisa

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. ... trums, enige meubels,

WAT GEBEUR HIERDIE WEEK BY DIE KERK?

MAANDAG 25 FEBRUARIE ALGEMEEN ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM is toe op Maandae.

15:00 MOSAÏEK OMGEEGROEP BYEENKOMS (DIENSSENTRUM) Enige persoon wat belangstel is baie welkom. Skakel Rika Eveleigh 082 679 1312 vir besonderhede. Ons moet besluit oor die temas vir die jaar en ek sal dankbaar wees as daar soveel as moontlik dames opdaag. WELKOM!

18:00 KERKRAADSVERG in die sysaal. Baie dankie vir u voorbidding.

DINSDAG 26 FEBRUARIE ALGEMEEN SOPKOMBUIS

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Gebedsgeleentheid om 09:00: Ons het besluit om van nou af elke Dinsdagoggend met gebed vir die week by die Dienssentrum te begin. Enige persoon is welkom om vir ‘n paar minute saam te kom bid vir ons bejaardes en al ons werksaamhede. Haarkapper: Mariaan Visser (082 877 8546) is ons haarkapper. Sy sny/doen hare op Dinsdae by die Dienssentrum. Kliniek: Ons kliniek is oop op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 vir 'n afspraak (slegs R20 vir lede per besoek). Kontak haar vir bedwas van bejaardes/siekes. Versorgers: Indien u ‘n versorger benodig om u eggenoot/e/moeder/vader te versorg wanneer u met vakansie gaan of wan-neer u hospitaal toe moet gaan of wanneer u uit die hospitaal kom en hulp tuis benodig, kontak vir sr. Ronel Calitz (073 152 5623). Maandae tot Vrydae van 8h00 – 13h00. Speletjies om 10h00: Kom speel speletjies soos Rummikub saam met tannie Hannie en tannie Joan.

WOENSDAG 27 FEBRUARIE ALGEMEEN 11:00 - 13:00 DIE KLEREKAS IS OOP - WELKOM! 18:00 DIE BYBELSKOOL IS OOP (NG HERMANUS) Hierdie week staan ons nog ‘n keer stil by die Naam ELOHIM.

ELOHIM het die Hemel-op-Aarde gemaak (Gen. 1&2). In Gen. 3 het ons die hemel gesaboteer, maar ELOHIM maak weer alles nuut. Ons kyk weer na die Hemel wat ELOHIM vir ons nuut gemaak het. En ons staan nog ‘n week stil by die prentjie van die nuwe Hemel en Nuwe Aarde. Ons wil weet. Ons is daarheen op pad! (Opb 21&2). Almal is welkom. Dit is gratis. Ons stuur vir u notas via Vonkpos. Stuur asb. ‘n Epos (gemerk: Bybelskool) aan die kerkkantoor < [email protected] > en ons registreer. Navrae: Clifford by [email protected]

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Voete- en handeversorging: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Trimgim: Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R55 per maand vir lede van die Dienssentrum en R70 vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085.

DONDERDAG 28 FEBRUARIE ALGEMEEN 09:00 DIE BYBELSKOOL IS OOP (NG ONRUSRIVIER) 16:00 GESAMENTLIKE GEBEDSGELEENTHEID by Volmoed op die Hemel- en Aarde pad. Kom vat hande en word stil saam met mede-gelowiges wat 'n veel hoër prys as ons moet betaal vir hulle geloof - te midde van politieke woelinge by hulle buurman en selfs soms in hulle eie huis. Kom versterk die bande met ons pragtige, eenvoudige broers en susters in die geloof. Almal baie welkom, mans en vroue. Moenie hierdie baie spesiale geleentheid misloop nie. Kontak Elsa Marais 082-373-6629 vir navrae. ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Naaldwerk om 9h30 - 10h00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Donderdagoggend en bespreek die verstellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is.

Sitkamer om 10h00: Die Boekklub. Kom luister na ‘n boekvoor-lesings/bespreking. Kom bied aan om ‘n nuwe boek wat u gelees het te kom bespreek.

VRYDAG 1 MAART DIENSSENTRUM 09:30 - 11:30 DIE KOLWYNTJIE TEETUIN IS OOP! WELKOM!!

SONDAG 3 MAART 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 5)

09:00 EREDIENS Dr Wilhelm Burger nooi u hartlik uit. TEKS VAN DIE WEEK

Ef. 4:22-32 Eerste Lydensweek Om Jesus te volg op sy lydenspad vra 'n sterf aan jouself.

1. Wat verstaan jy onder vers 22-24? 2. Hoe oorwin mens woede? vers 26 3. Hoe praat mens opbouend? vers 29 4. Wat verhinder vers 32?

18:00 TEENTRIX AANDDIENS Belydenis van Geloofaflegging. Ons nooi u almal graag uit om hierdie spesiale aand saam met ons te kom feesvier. Ons bid ook nou reeds vir elke jongmense wat vorentoe wil tree en Jesus wil antwoord op Sy roepstem. Welkom!

WATERBAKKE BY DIE DEURE

Indien u gewonder het waar-voor dit is, dit is sodat ons deurgans herinner kan word aan ons doop, en hoe God eerste uitgereik het na ons. U is welkom om voor die diens of na die diens jou vingerpunte in die water te druk en net te onthou . . . God het jou onvoorwaardelik lief!

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. ... trums, enige meubels,

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

BAIE DANKIE!!

Baie dankie aan ons Hartklopborg wat die druk van ons Hartklop moontlik maak. Hy

wil nie sy naam genoem hê nie, maar hy stu-ur die volgende boodskap waarom hy borg:

GOD is die HERO !!! Ek is net ‘n baie Dankbare Oupa met 8 gesonde, welgeskape, pratige en jubbelende

kleinkinders ..... wat ‘n groot Geskenk.

KLEINGROEP 6 WEKE REEKS BEGIN 3 MAART 2019 VAN WANHOOP NA HOOP

Van wanhoop na hoop wil jou help om jou uitkyk op die lewe na die opgestane Christus te verskuif, om deur sy oë na jouself en die wêreld rondom jou te kyk, en om God dan toe te laat om hierdie wêreld deur jou te verander. Die meeste van ons voel vandag effens sonder hoop. Ons hoop het seergekry. Ons hoop is min. Soms voel dit selfs ons het geen hoop meer oor nie.

TEMAS WEEK 1: Van vrees na vrede (Preek op 10 Mrt) WEEK 2: Van toe deure na oop vensters (Preek op 17 Mrt) WEEK 3: Van uitgestoot na ingesluit (Preek op 24 Mrt) WEEK 4: Lof in gebrokenheid (Preek of 31 Mrt) WEEK 5: Vyande as vreemde vriende (Preek op 7 Apr)

WEEK 6: Van onvergenoegdheid na tevredenheid (Preek op 14 Apr)

Ons moedig graag nuwe groepe aan - dalk vriende, bure, kennisse wat vir 6 weke gaan hande vat en saam deur die boekie werk. *** ONS WIL GRAAG DIE GROEPE BYMEKAAR SIT OP SONDAG 3 MRT. KOM GEE ASB U NAAM OP BY DIE KERKKANTOOR. WELKOM!!

KOM KOOP GERUS ‘N BOEKIE TEEN SLEGS R30 BY DIE KERKKANTOOR.

AFGETREE! ‘N WERKSWINKEL OOR

LEWENSKWALITEIT

6 MAART 2019 Volmoed Kapel

08h30-15h00 (Koffie vanaf 08h00)

Koste: R100pp (middagete ingesluit) Daar is slegs plek vir 50 persone.

Hier is ‘n unieke geleentheid om saam met uitgelese sprekers na te dink oor die uitdagings van aftrede. Jy hoef nie reeds afgetree te wees nie en enkellopendes is ook welkom!

Geniet ‘n lekker middagete en ontspan in die vrede van Volmoed se kapel en tuine. Inskrywings by die kerkkantoor.

Verwelkoming en Inleiding Wat is lewenskwaliteit?

Tema 1 Hoe kom ons met mekaar klaar? Prof Malan Heyns

Tema 2 Hoe kom ek met myself klaar? Dr Hoepie Howell

Tema 3 Hoe kom ek met my kinders klaar? Prof Deon van Wyk

Tema 4 Hoe kom ek met my finansies klaar? Ulrich Joubert

Tema 5 Hoe kom God met my klaar? Dr Wilhelm Burger

Registreer asb jou bestaande groep

Ons hoop om in die toekoms beter met bestaande groepe te kan kommunikeer, inligting deur te gee en te ondersteun

waar ons kan.

Om dit te kan doen, het ons nodig om te weet van al die groepe. Ons vra dus alle

groepleiers om u naam deur te gee by die kerkkantoor asb.

WÊRELD BIDDAG VIR VROUE VRYDAG 1 MAART @ 14:30

SAINT PETER’S KERK HOOFSTRAAT, HERMANUS

Ons nooi alle vroue om saam met ander vroue van ons gemeenskap hande te vat en voor ons Vader te buig.

Ons skakel in by vroue oor die hele wêreld.

Welkom na hierdie baie spesiale geleentheid.

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. ... trums, enige meubels,

WAT HET ONS NOG NODIG?

WIT OLIFANTITEMS: Gezina en haar span is behoorlik aan die woel vir die basaar en ons vra asb skenkings van

veral kombuisware (borde, koppies, eetgerei, potte en panne, elektriese toestelle ens) Ander items wat baie welkom is:

Tuingereedskap, kampgereedskap, enige elektroniese toestelle, rekenaars, musieksen-trums, enige meubels, sporttoerusting. BAIE DANKIE vir die skenkings wat reeds

ingekom het. Ons waardeer elke persoon wat ‘n verskil maak.

Ons benodig ook asb boeke, DVD’s, CD’s

TUISTESKEPPING Met die Basaar 2 maande weg, is dit nou die perfekte tyd om u vlytige hande aan die werk te sit!! Ons benodig asb

enige kunsgoed, skildergoed, handgemaakte items, houtwerk, naaldwerk, juweliersware, klere - alle

mooigoed!! Geniet die maak-proses.

BASAAR 30 MAART 2019

VIR ENIGE NAVRAE OOR DIE BASAAR, KONTAK GERUS VIR FLORIS HAMMAN OP 082 524 8691

VLEIS VIR DIE BASAAR

Ons beplan om weer

heerlik skaap- en lamsvleis asook afval te verkoop vir die basaar. Die pryse sal nader aan

die tyd beskikbaar wees. Gee asb solank u naam

en kontaknommer by die kerkkantoor op indien u

belangstel. Dankie!

VRYDAGAAND 29 MAART

Ons beplan ook ‘n heerlike ontspan en

kuieraand vir die Vrydag voor die Basaar. Hou die

Hartklop dop!

TEETUIN BY DIE BASAAR Ons is soo dankbaar dat daar dames en here is wie weer wil help! ’n Paar het spontaan reeds kom aanmeld vir diens!! WOW!!! EENVOUDIG FANTASTIES! Dít is soos ons Onrusgemeente ken!…Ons gaan saam Oorlog [óf TeeTuin] toe! Ons voorvaders en -moeders het nie verniet kaalvoet oor die Drakensberge getrek nie! Ons wil baie graag al die ou bekendes wie reeds saam met Muriël gewerk het en weet hoe hulle dinge gedoen het en sommer al die vriende en vriendinne wie nog nie saamgewerk het nie ook hartlik uitnooi om saam te kom “TeeTuin 2019”! ONS BEHOEFTES: 1] Ons het werkers nodig vooraf, tydens en agterna… 2] Kreatiewe ouens om ons tuin te beplan én dan te skep, én dan op en in te rig,… ONS SOEK HULLE IDEES OOK! 3] tafels mooi maak en dek, 4] tee- en koffie-makers, 5] kelners en kelnerinne,

3 spanne, dié wat bestellings neem, dié wat dit uitdra en dié wat opruim. 6] bakkers en baksters, 7] skinkers, 8] skottelgoed-wassers 9] kombuis-opruimers Hartlike groete in Jesus, SEËN EMILE MORKEL (082 555 6424)

Ons het baie hande-hulp nodig. Al is dit net vir ‘n uur of twee op Basaardag of selfs die vorige dag met voorbereiding en

gaarmaak. Kontak asb vir Floris of die kerkkantoor en gee u name op. Ons het ook nog persone nodig om Basaarlyste deur

wyke te neem.

Onthou, elke druppel maak die emmer vol en saam maak ons ‘n groot verskil in die Koninkryk van God. Welkom!!

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. ... trums, enige meubels,

Vader God het elkeen van ons geseen met spesiale gawes. Ons wil u graag uitnooi en die geleentheid bied om hierdie gawes in SY diens te gebruik.

Onthou, dat soos die foto links, bly elkeen van ons se plekkie leeg totdat jy op jou stoel, wat spesiaal vir jou gereserveer is, kom sit.

Daarom KOM, kom bring jou gawes, kom bring jou druppel, en saam maak ons die emmer vol wat dan kan oorloop na ander rondom ons.

JOU DRUPPEL MAAK DIE EMMER VOL

KOMMUNIKASIEBEDIENING

Hierdie bediening is besig om te ontplof en groot uit te brei. Maar, om al ons drome waar te maak, het ons spanwerk nodig. Ons het daarom die volgende

persone nodig wat deel van hierdie aksie-span kan word:

Werk op die webwerf

Video opnames

Klankpersoneel

Facebook fundi’s

Fotograwe

Grafiese ontwerpers

Die heel beste en goeie nuus is, as u graag wil help maar beskik dalk nie oor genoeg kennis nie, sal ons u gratis oplei!!!

Kontak asb vir Karin by die kerkkantoor so gou moontlik.

Ons sien uit daarna om die Goeie Nuus saam met u te gaan verkondig!

"FOR YOU LORD WE DANCE!"

Kom loof en prys ons Here met musiek en dans volgens Die Woord!

LOFDANSTYE: Woensdagoggend

10h30-11h45 (volwassenes)

Sondagoggend na erediens Gr 1 - 6 vir ons kinders.

Sondagmiddag 17h00-17h55 vir tieners vanaf Gr 7 (volwas. kan ook

by hierdie groep kom inskakel)

Kom gesels gerus indien ‘n ander tyd julle beter sou pas. Ons maak

‘n plan! Kom sluit asb by ons Lofdansbediening aan, almal van

8 tot 80!

Hand 17:28 "want deur Hom lewe ons,

beweeg ons en bestaan ons"

VERONICA 083 751 4319

Baie dankie aan ons Hartklop borg van die week wat die druk van die Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u gesin en

besigheid.

ROOITREIN, BYBELGROEPE, TEENTRIX LEIERS GESOEK Ons nooi graag alle mamma’s en pappa’s, maar ook beslis vir tannie, oom, ouma en oupa. Word deel van die span wat Jesus se liefde aan ons kinders wys.

Indien daar enige bediening is wat u graag wil begin, kom gesels met ons, ons luister graag. Kontak gerus enige van ons leraars

of personeel. Welkom!

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. ... trums, enige meubels,

GEBEDE VIR NOOD, SIEKTE EN DANK

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING: De Wet Mostert (Marie Mostert se 17-jarige kleinseun op Stellenbosch),

Bennie Kotze, Sugnet Sieberhagen, Alet Gerber, Bettie Pelser

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS: Lolla Stander, Zanmari (Joe en Sandra Nel se dogter)

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING Peet Geyser, Hanlie Chambers (Ina Erasmus se dogter in Brits), Leonie Koekemoer, Louis Scholtz, Cyril Gousaard, Jack & Maret van Dyk se seun Louis, Yvonne (Sheila du Toit suster), Werner Setzkorn, Helena Becker, Pieter de Bruin, Santie Oelofse, Corrie Wessels, Wilie Botha, Attie en Bets Eksteen, Steward McFarlane. Ons bid ook vir alle persone in ‘n siekeboeg en onthou ook hul versorgers. Ons bid vir alle persone wat tans pyn en hartseer, alleenheid of depressie ervaar - Here God, in U hande ...

MEEGEVOEL MET familie en vriende van Carien Viljoen. Meegevoel met Corrie en familie van Pieter de Bruin.

DANKIE HERE! Ons wil saam dankie sê vir soveel gebede wat beantwoord is, soveel mense wat weer gesond is en genesing gevind het. Dankie vir Veronica O’Connell se oë wat so goed genees het. Dankie vir mense wat opstaan van ‘n hospitaalbed. Dankie vir mense wat die nabyheid van die Heilige Gees so intens ervaar in hul tyd van nood. Aan U al die eer Here God!

KOM ONS BID SAAM

MAANDAG 25 FEBRUARIE Ons Gemeenskap: ELOHIM het in Gen.1 & 2 ‘n hemel op aarde kom skep. Hy het dit aan ons gegee. Hy wil dat ons in harmonie met mekaar sal leef en die aarde sal bewerk en bewaar. Bely die gebrokenheid in die wêreld, in ons land en veral in ons gemeenskap. Bely die leef ten koste van ander en die natuur. Bid dat die Here se Gees ons die krag en liefde sal gee om dit vir ons medemense ‘n hemel op aarde te maak DINSDAG 26 FEBRUARIE Kerk & Uitreike: Sondae bely ons in die kerk: ‘Ek glo in God (ELOHIM) die Skepper van hemel en aarde’. Daar is baie stemme wat God as Skepper verwerp, maar ons staan op Sy Woord. Ons geloofwaardigheid is op die spel. Bid vir almal wat die Woord van die Here glo en verkondig, dat dit met geloofwaardigheid gedoen sal word. Ook buite ons grense, soos in die Transkei (die Woodings), Frankryk (die Bloemhofs) en in Indië (die Jaguasi-gesin). WOENSDAG 27 FEBRUARIE Jeug: Die jeug is baie spontaan en gee uitdrukking aan hulle geloof in sang, beweging en aksies. Bid dat hulle ook ELOHIM sal ken en Sy heilige Naam met ‘n gewyde eerbied sal aanroep. Mag ons almal ook ‘n heilige ontsag vir ELOHIM hê. DONDERDAG 28 FEBRUARIE Barmhartigheid: ELOHIM maak nuut. Bid dat die slagoffers langs die lewenspad die Here sal ontmoet soos ‘n barmhartige Samaritaan. Ons sê dankie vir almal wat wonde en verhouding help genees en nuut maak. Bid vir die afvlerk lidmate en dié in eensaamheid. Bid vir ons gemeente se Bediening van Barmhartigheid. Bid vir nog op te kom moue oprol.

VRYDAG 1 MAART Sondag se Woordbediening ELOHIM is die eerste Naam van die Here waarmee ons kennis maak. Mag ons sang, lof en aanbidding Hom verheerlik. Ons bid vir die predikers (Wilhelm), die Rooi Trein (Anton), die tannie wat die klassies lei en ons aanddiens (Anton) en ook vir die Bybelskool (Clifford).

NAAM VIR DIE WEEK: ELOHIM

maak Alles nuut

ELOHIM het die Hemel-op-Aarde voorsien. Nou voorsien Hy ook in die Nuwe. Hy vervang die Oue met die Nuwe! ELOHIM skep ’n Hemel-op-Aarde en gee dit vir ons (Gen 1&2). Ons saboteur dit (Gen 3ev). Danksy JAHWE (OT), JESUS (NT) en die HEILIGE GEES (Pinkster) vervang Hy die oue met die nuwe. Hy gee ons ‘n voorsmakie in Opb.

Page 7: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. ... trums, enige meubels,

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

028 316 1745

Vir groepbesprekings, kontak gerus vir Siska Conradie op 082 762 2732 ten minste 14 dae voor die tyd . U is welkom!

OOP VRYDAE @ 9:30 - 11:30

DIENSSENTRUM ALGEMENE INLIGTING

PLAASBOTTER is beskikbaar by die Dienssentrum teen R50 vir 500g van Dinsdae tot Vrydae vanaf 9h00 - 12h30. Daar is ook weer heerlike kaas beskikbaar. Kontak Hannie/Joan (028 316 1745) vir die prys.

Die Dienssentrum het ‘n FACEBOOKBLAD. Indien u wil gaan kyk na ons foto’s en berigte, word vriende van ons op die naam Onrusrivier Dienssentrum. LEDEGELD (LET WEL): LEDEGELD is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar. Onge-lukkig is daar vir alle organisasies/sportklubs waaraan ‘n mens behoort jaargelde te betaal. By die Dienssentrum is dit ook so. Ons probeer regtig om vir ons lede spesiale aanbiedings te maak. U kry goedkoper tee/eetgoed by die teetuin, goedkoper maaltye by ons wegneemetes, goedkoper fooie vir voete/hande/hare/trimgim. Daar is ook ‘n Lentetee jaarliks wat net vir ons lede is. So, as u bo 60 jaar is, kom sluit aan en geniet dit wat die Dienssentrum vir u bied. KOEKSISTERS: Bettie Lourens (076 129 3788) bak koeksisters op Maandag, 4 Maart 2019 teen R30 per dosyn. Kontak haar direk vir bestellings. ONDERSTEUNINGSGROEP Dinsdag, 5 Maart 2019 om 10h00 (LET WEL DIE TYD): Ondersteuningsgroep vir almal wat aan MNS, MS, Spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Demensie ly en hulle familielede. KOSDEMONSTRASIE Dinsdag, 12 Maart 2019: Angelique Brink lewer ‘n kosdemonstrasie teen R40 per persoon. Lede woon dit gratis by. ETES Woensdag, 13 Maart: Ons verkoop weer Dienssentrum Wegneemetes. Bestel asseblief voor Vrydag, 8 Maart by Joan/Hannie (028 316 1745). Kom help ons om fondse op hierdie manier vir die Dienssentrum in te samel.

Bobotie: R70 vir nie-lede (R60 vir lede van die Dienssen-trum)

Pasta: R65 vir nie-lede (R55 vir lede van die Dienssentrum) Lasagne Hoender: R65 vir nie-lede (R55 vir lede van die

Dienssentrum) Lasagne Maalvleis: R65 vir nie-lede (R55 vir lede van die

Dienssentrum)

ENGELTJIEPROJEK Ons gemeente het verlede jaar begin met die Engeltjieprojek wat wonderlik geseënd was en nog steeds is. Daarom rig ons ‘n uitnodiging aan enige persoon wat graag deel wil word van die uitreik program, om ons te kontak. Die uitnodiging is ook gerig aan diegene wat graag besoek van ‘n engeltjie wil ontvang ongeag jou ouderdom. Dit was eers net gerig op senior mense 80 en ouer, maar daar is veel jonger mense wat ook behoefte het aan ‘n besoek of telefoonoproep. (geen ouderdomsbeperking). Voel dus welkom om jou naam vir ons deur te gee. Ons sien uit om hande te vat en vriendskapsbande te smee. Onthou dit is ‘n omgee projek en nie versorging nie!

Naamlyste is by die kerkkantoor en dienssentrum beskikbaar.

NAVRAE: MARIETJIE LE ROUX (083 455 1455) BRENDA STRAUSS (083 3900 838)

Voete- en handeversorging: Kontak vir Marilyn by

082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is verskillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou, mans is ook baie welkom!

HET U GEHOOR?

Die heel beste koek en koffie in die dorp is beskikbaar by die Kol-wyntjie Teetuin op ‘n Vrydag! Kom geniet die heerlikste vars gebak deur die “kerktannies”!

En het u gehoor van die prys? Dit is slegs R35pp vir nie-lede (koffie en iets te ete). En nog beter - R25pp

vir lede. ‘n Ekstra koppie koffie is R10.

Kom geniet die gasvryheid en vriendelikheid!

Page 8: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Suid-Afrika word uitgedaag deur talle probleme. Die armoede en ongelykheid is oorweldigend. Almal kan nie oral help nie. ... trums, enige meubels,

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet Vorster 081 399 0557

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIEBEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Martie Verster 084 510 4618

[email protected]

KOSTER Deon van der Kooi

072 273 1494

KERKKANTOOR

Maandae - Vrydae

08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

Bergstr 57, Onrus

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

ngkonrusrivier.co.za

Gaan “like” ons gerus

NG Onrusrivier

Posbus 25 Onrusrivier 7201

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA Rek. 406 215 2718

Hermanus Medical Village

h/v Kerk en De Goedestraat

Verswakte en Bystandsversorging

Vir navrae en meer inligting kyk gerus op www.hospicare.co.za of

kontak Ronel Calitz.

Baie dankie vir hierdie Hartklopborg wat die druk van ons gemeenteblad moontlik maak.

Franse Sending Normandie UITREIK 25 tot 30 Mei in die Manche gevolg deur ‘n UITREIK in PONTORSON 31 Mei tot 2 Junie 2019 SA Gemeente Engeland en ds Loffie Schoeman beplan ʼn sendinguitreik saam met Ds Johan en Rita Bloemhof in FRANKRYK. Met die herdenking van einde van die 2de Wêreld Oorlog (D-dag 6 Junie 1944) wil kerke in Nor-mandie, in die gebiede waar die invalle was, graag dié konteks gebruik vir die Koninkryksaak. Tydens die 2e WO is die soldate uitgereik met ’n Nuwe Testament. Van die soldate is deur die Bybels in hulle hempsak gered. Daar is mooi getuienisse. Die gemeentes in die MANCHE (in Normandie) wil saamspan om te sê God red nog steeds deur die Bybel. Hulle wil graag 75 000 Evangelies van Lukas (Spesiale D-dag uitgawe) en kinder-evangelisasie materiaal aan huisgesinne versprei Wat behels die UITREIK? Gesonde stap in die lente – deel Evangelisasie pakkies uit in posbusse, waardeer die pragtige Normandie en Franse plattelandse dorpies, ʼn Spesiale erediens saam met Franse gelowiges, daaglikse Bybelstudies, lekker saamsing en kuier, ‘Pétanque’ speel, Boerewors braai, Franse disse geniet, Iets van die 2e Wêreldoorlog geskiedenis beleef en die vryheid wat ons tans geniet meer waardeer... PRYS op aanvraag beskikbaar by die RSA uitreikleier ds Loffie Schoeman [email protected] Tel 0027828758313 Sel 0828758313. Die prys sluit in kos, verblyf, uitstappies en reis in Frankryk (Die vliegtuigkaartjie en visumkoste is addisioneel – is NIE ingesluit nie) VERBLYF: In die Duitse Kerkgroep se kampsentrum by SAINT AUBIN DU PERRON en in hotelle in Parys omgewing. Plekke is beperk. Alle kandidate moet goedgekeur word. Aansoek vorms beskikbaar by ds Loffie Schoeman. Sperdatum vir inskrywings : 31 Maart 2019 Ds Johan en Rita BLOEMHOF ontvang julle met omgee en liefde. Deur God se genade verkondig hulle die Goeie Nuus in Frankryk oor die laaste 35 jaar. Baie welkom.

SELFONE MET WHATSAPP FASILITEIT GESOEK ASB Die Wiskunde-projek by Qhayiya en Hawston staan nog sterk en hulle rig graag ‘n versoek aan Onrusgemeente. Daar is tans 50 Qhayiya studente en 27 Hawston leerlinge betrokke, maar on-geveer 20 van hulle het nie selfone met WhatsApp nie. Hulle woon dus wel die weeklikse klasse by, maar kan nie deelneem aan die WhatsApp groepe wat dwarsdeur die jaar (ook vakansies) voortgaan nie. Het u dalk ‘n ou selfoon wat miskien tuis in 'n kas is, maar wat wel WhatsApp sal kan hanteer? Kom ons ondersteun hierdie studente en help hulle bou aan ‘n beter toekoms. Vir navrae, skenkings en ondersteuning, kontak asb vir Norval Geldenhuys (083 531 3586). Dankie!