Top Banner
HANDLEIDING Gradering van lusernhooi Prof. HJ van der Merwe September 2011 Dr. GDJ Scholtz
11

HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

Nov 23, 2021

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

HANDLEIDING

Gradering van lusernhooi

Prof. HJ van der Merwe September 2011 Dr. GDJ Scholtz

Page 2: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

2

1. Monsterneming Die volgende prosedure moet met monsterneming gevolg word: 1. Identifiseer ‘n enkele lot lusernbale d.w.s. ‘n homogene hoeveelheid

lusernbale van: * dieselfde snit * dieselfde variteit * dieselfde land * dieselfde fisiologiese stadium * gesny binne ‘n 48 uur periode

2. Monsterneming moet ewekansig geskied

Dit beteken dat daar geen voorafgaande rede moet wees waarom ‘n spesifieke baal geselekteer en/of nie geselekteer word vanwee redes soos kleur, blaarrykheid ens.

3. Boor spesifikasies

'n Gestandaardiseerde holpuntboor (Fig. 1) soos deur die NLT voorgeskryf word gebruik om maklike en vinnige monsterneming te bewerkstellig:

Figuur 1. Voorgeskrewe lusernboor

Page 3: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

3

4. Gebruik die korrekte boortegniek

* boor in die middel van die kopkant van die baal teen ‘n 90º grade * hoek of in die middel van die sykant van baal teen 'n 45º hoek. * boor moet minstens 325mm diep ingaan (soos aangedui op boor) * boorpunt moet voordurend skerp gehou word

5. Neem genoeg sub-monsters eweredig verspreid in die lot.

* ‘n minimum van 20 word benodig om variasie te beperk * aantal sub-monsters per baal * klein bale = een

* groot- en rondebale = twee 6. Monstergrootte

* 180 tot 250g is wenslik * indien kleiner as 180g beteken dat monster nie-verteenwoordigend is

nie

* indien groter 250g word moeilik hanteer tydens maal proses aangesien die hele monster gemaal moet word. Te groot monsters algemeen die gevolg van ‘n te groot diameter boor

7. Monsterhantering

* Ongemaalde sub-monsters moet onmiddelik saamgevoeg, goed gemeng en in ‘n lugdigte sak geplaas word vir vervoer na die naaste NLT geregistreerde NIR-instrument

* monsters moet beskerm word teen hitte en direkte sonlig

8. Verdeling van ‘n monster

* ongemaalde monsters mag onder geen omstandighede onderverdeel word nie

Page 4: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

4

2. Monsterhantering

2.1 Perten DA 7200 - NIRS instrument Toerusting (Kollekteer bakkie, plastiese sak, skraper) (Fig. 2)

Figuur 2. Graderings toerusting

Stap 1: Gooi monster vanuit kolleksiebottel oor na plastiese sak Stap 2: Meng monster deeglik in plastiese sak (Fig 3).

Figuur 3. Meng van monster in plastiese sak

Page 5: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

5

Stap 3: Verdeel monster tussen twee bakkies (Fig 4)

Figuur 4. Verdeling van monster Stap 4: Skraap liggies plat met liniaal of plat voorwerp sonder om te

kompakteer (Fig 5)

Figuur 5. Platskraap van monster

Page 6: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

6

Stap 5: Neem lesings van twee onderskeie bakkies (Fig. 6)

Figuur 6. Neem van NIR-lesing

Stap 6: Gooi inhoud van bakkies en reste terug in plastiese sak en

herhaal stappe 1 tot 4 (Fig. 7)

Figuur 7. Herhaling van prosedure

Page 7: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

7

2.2 Foss – NIRS instrument

Stap 1: Maal totale monster in kolleksiebottel deur ‘n 1mm sif met voorgeskrewe laboratoriummeul (Fig. 8). Diens meul jaarliks om korrekte fynheid te verseker

Figuur 8. Voorgeskrewe laboratoriummeul Stap 2: Meng monster deeglik in bottel en neem lesing Stap 3: Maak meul deeglik skoon na maal van elke monster om

kontaminasie te verhoed

Page 8: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

8

Kwaliteitstandaarde – Nuwe lusenskwaliteitsindeks (NLKI)

Graad/ klas NLKI 1 Vreemde materiaal (%)

Prima 104 en hoer Afwesig

1 97 - 103 Afwesig

2 93 - 96 Aanwesig

3 92 en minder Aanwesig HJ van der Merwe & GDJ Scholtz, 2010

1 = Nuwe lusernkwaliteitsindeks (NLKI).

• Maksimum vog toegelaat om muf en verhitting te verhoed en soos bepaal deur

'n NIR instrument = 16%

• Skadelike plante en geproklameerde onkruide word teruggestuur (Fig. 8)

• Vragte met vreemde reuke, muf en tekens van oormatige verhitting kan

teruggestuur word

Indien vragte ooglopend as gemengde kwaliteit geidentifiseer word sal as die swakste graad op die vrag geklassifiseer word

Page 9: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

9

Page 10: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

10

Page 11: HANDLEIDING Gradering van lusernhooi

11

3. Sertifisering op Perten instrumente : Sien Aanhangsel 1