Top Banner
GRONDWET VAN DIE BARDOLINO LEEFSTYL OORD
57

GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

Aug 10, 2019

Download

Documents

duongdien
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

GRONDWET VAN DIE

BARDOLINO

LEEFSTYL OORD

Page 2: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

2Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

1. DEFINISIES EN INTERPRETASIE

1.1 In hierdie Grondwet sal die volgende woorde en uitdrukkings die volgende betekenisse hê, tensy uit die samehang anders blyk:

Begroting ʼn finansiële beraming per item van inkomste en uitgawes van die Vereniging en/of van die Skemas vir die daaropvolgende finansiële jaar.

Bewoner enige regmatige bewoner van ‘n woning.Billike Markwaarde die bedrag waarvoor ʼn gewillige verkoper ʼn

Erf/Eenheid sal verkoop en ʼn gewillige koper ʼn Erf/Eenheid sal koop en welke bedrag prima facie vasgestel en bepaal sal word deur die Komitee, waartydens die Komitee met sy eie diskresie die verkoop/ koopprys (indien enige) aanvaar as ʼn billike markwaarde of staatmaak op ʼn derde party/ partye se waardasie(s), hetsy sodanige party ʼn beëdigde waardeerder(s) is, aldan nie.

Deel ‘n deel in die skema, synde ‘n deeltitelskema soos gedefinieer in die Deeltitelwet.

Deelnemingskwota ‘n persentasie, uitgedruk tot 4 desimale plekke, bereken deur die vloeroppervlakte korrek te verdeel tot die naaste vierkante meter van die Erf/Eenheid, korrek tot die naaste vierkante meter vir alle Eenhede in die Ontwikkeling.

Eenheid ten opsigte van ‘n Skema, synde ‘n deeltitelskema, ‘n Eenheid soos gedefinieer in die Deeltitelwet.

Eienaar die geregistreerde eienaar van ‘n Erf/Eenheid, wie oordrag verkry het van die Ontwikkelaar, en die opvolgers in titel van sodanige persoon.

Erf enige Erf in die Ontwikkeling, uitsluitend die Gemeenskaplike Eiendom.

Finansiële Jaar die periode vanaf die 1ste Maart van elke jaar tot die laaste dag van Februarie van die daaropvolgende jaar.

Gedragsreëls die Gedragsreëls soos goedgekeur deur die Vereniging soos verwys word na in klousule 21 van

Page 3: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

3Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

hierdie Grondwet.Gemeenskapsentrum die Gemeenskapsentrum en maaltydfasiliteite en

sodanige fasiliteite en dienste wat gebou word op ’n Erf/Eenheid in die Ontwikkeling.

Gemeenskaplike Eiendom soos per die Deeltitelwet gedefinieer asook die ingange, paaie, looppaadjies, oop gebiede, sekuriteit grensheinings en alle geboue, eienskappe of kenmerke, verbeteringe, fasiliteite en dienste binne die Ontwikkeling wat bedoel is vir die algemene gebruik en voordeel van die Lede.

Gesondheidsorg-operateur die operateur van die Gesondheidsorg-sentrum soos aangewys mag word deur die Ontwikkelaar of die geregistreerde eienaar van die Gesondheidsorg-sentrum of die Vereniging.

Gesondheidsorgsentrum die Versorgingsfasiliteit wat opgerig gaan word binne die Ontwikkeling.

Genomineerde bewoner(s) die bewoner(s) van ‘n Erf/Eenheid wat skriftelik genomineer is deur die geregistreerde eienaar van daardie Erf/Eenheid, wat 50 jaar of ouer moet wees en die enigste persoon wat toegelaat word om die Erf/Eenheid te bewoon, onderworpe aan die bepalings van hierdie Grondwet.

Grond Erf 3972 Hartenbos wat onderverdeel word as die behuisingsOntwikkelingskema.

Grondwet hierdie Grondwet.Heffings die bydraes (gewone heffings) deur Lede van die

Vereniging betaalbaar ingevolge klousule 14 van hierdie Grondwet.

Heffingsfonds ‘n fonds vir die uitvoering van alle funksies van die Vereniging ter dekking van alle uitgawes en ander verpligtinge van die Vereniging.

Intreefooi ‘n fooi betaalbaar deur enige bewoner, in ooreenstemming met klousule 14 van hierdie Grondwet.

Jaar ʼn Kalenderjaar.Komitee die Uitvoerende Komitee van die Vereniging.Komiteelid ʼn lid van die Komitee.Koopooreenkoms die ooreenkoms waarvolgens ʼn Erf/Eenheid verkoop

Page 4: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

4Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

word.Leefstyl Gemeenskapsheffing

die bydrae betaalbaar deur ʼn Lid van die Vereniging, ingevolge klousule 14 van hierdie Grondwet.

Lid ‘n Lid van die Vereniging soos omskryf in klousule 5 van hierdie Grondwet.

Maaltydheffing die bydrae betaalbaar deur die Lede van die Vereniging ingevolge klousule 14 van hierdie Grondwet.

Maand ‘n Kalendermaand.Ontwikkelaar Purper Winde Beleggings Edms Bpk,

registrasienommer 1998/012946/07, in samewerking met Exto Developments Edms Bpk.

Ontwikkeling die gehele Ontwikkelingskema bekend as Bardolino Leefstyl Ontwikkeling bestaande uit residensiële erwe sowel as deeltitel eenhede.

Ontwikkelingstydperk die tydperk vanaf die datum van registrasie van oordrag van die eerste Erf/Eenheid aan ‘n Eienaar, tot die Voltooiingsdatum.

Ouditeur die Ouditeur van die Vereniging soos wat aangestel mag word deur die Vereniging ingevolge klousule 24 van hierdie Grondwet.

Plaaslike Owerheid die Munisipaliteit van Mosselbaai en sy opvolgers in titel.

Resolusie Algemene Resolusie ‘n resolusie aanvaar deur die algemene meerder-heid van nie minder nie as 50% (vyftig persent) plus een stem van die lede teenwoordige of ‘n gevol-magtigde tydens ‘n algemene vergadering van die VerenigingSpesiale Resolusie ‘n resolusie aanvaar deur die meerderheid van nie minder as driekwart van die stemme van Lede wat teenwoordig is of van ʼn gevolmagtigde tydens ʼn algemene vergadering van die Vereniging waarvan vooraf skriftelike kennisgewing van ten minste 14 dae geskied het en waarin die voorgestelde spesiale resolusie gespesifiseer word.

Riglyne die argitektoniese riglyne van die Vereniging soos

Page 5: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

5Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

na verwys word in klousule 19 van hierdie Grondwet.

Spesiale heffings die bydraes betaalbaar deur die lede van die Vereniging ingevolge klousule 14 van hierdie Grondwet.

Vervreemdingsheffing die heffing betaalbaar deur ʼn Lid (Transportgewer) van die Vereniging ingevolge klousule 14 van hierdie Grondwet tydens Vervreemding of Geagte Vervreemding van ‘n Erf/Eenheid.

Page 6: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

6Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

Vervreemding om van eiendomsreg van enige Erf/Eenheid of gedeelte daarvan afstand te doen, deur middel van ʼn verkoping, uitruiling, skenking, akte, intestate Erfopvolging, testament, sessie, delegasie, hofbevel, insolvensie of likwidasie, verjaring of onteiening, en ongeag of die Vervreemding onderhewig is aan ʼn opskortende of resolusie voorwaarde, en “Vervreem” sal ʼn ooreenstemmende betekenis hê, met dien verstande dat die toestaan van registrasie van ʼn reg op okkupasie (lewensreg), usus, usufruct, habitatio of lang termyn huurooreenskoms ten opsigte van ʼn Erf/Eenheid beskou sal word as ʼn Vervreemding.

Woning ‘n woning regmatiglik opgerig in die Ontwikkeling.

1.2 Opskrifte van klousules dien vir gerief en sal nie in ag geneem word by die uitleg van hierdie Grondwet nie.

1.3 Tensy die samehang of konteks duidelik die teenoorgestelde aandui, sal:

1.3.1 woorde wat slegs die enkelvoud aandui, ook die meervoud aandui en die omgekeerde sal ook van toepassing wees;

1.3.2 die manlike geslag sal ook die vroulike en onsydige geslag insluit en die onsydige geslag sal ook die manlike en die vroulike geslag insluit;

1.3.3 ‘n verwysing na die natuurlike persoon sal regspersone insluit en die omgekeerde sal ook van toepassing wees;

1.4 Waar daar na syfers numeries of in woorde verwys word in die Grondwet en daar bestaan ʼn teenstrydigheid, sal die woorde voorkeur geniet.

1.5 Indien enige bepaling in ‘n definisie in hierdie Grondwet ‘n substantiewe bepaling is wat regte vestig of verpligtinge oplê ten opsigte van enige van die Lede van die Vereniging dan, nieteenstaande die feit dat dit slegs in die definisieklousule van hierdie Grondwet voorkom, sal daardie bepaling geld asof dit ‘n substantiewe bepaling van hierdie Grondwet is.

1.6 Waar enige aantal dae voorgeskryf is in hierdie Grondwet, sal dit bereken word met uitsluiting van die eerste en insluitend van die laaste dag tensy die laaste dag val op ‘n Saterdag, Sondag of geproklameerde openbare vakansiedag in die Republiek van Suid-Afrika, in welke geval die laaste dag die eerste

Page 7: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

7Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

daaropvolgende dag sal wees wat nie ‘n Saterdag, Sondag of geproklameerde openbare vakansiedag is nie.

2. STIGTING VAN DIE VERENIGING

Die Bestuursvereniging van Bardolino Leefstyl Oord, (hierna “die Vereniging”genoem) is gekonstitueer as ‘n regspersoon vir die behuisingsontwikkelingskema kragtens Artikel 29 van die Grondgebruik Beplanningsordonnansie, Nr. 15 van 1985, in ooreenstemming met die voorwaardes opgelê tydens goedkeuring deur die Plaaslike Owerheid, kragtens Artikel 25(1) en 42 van die Ordinansie, vir die onderverdeling van grond.

2.1 Die Vereniging sal beskou word as opgerig tydens die registrasie van die eerste Erf/Eenheid.

2.2 Die Vereniging sal verantwoordelik wees vir die beheer, administrasie en bestuur van die Ontwikkeling, insluitend die Eenhede, die Erwe, die Grond, die Gemeenskaplike Eiendom en die Fasiliteite en Dienste tot voordeel van alle Lede en vir die handhawing van hierdie Grondwet, die Riglyne en die Gedragsreëls.

3. TOTSTANDKOMING EN STATUS

3.1 Hierdie is die Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord Eienaarsvereniging, hierna genoem die Vereniging. Die Grondwet en alle Aanhangsels daartoe bind alle Eienaars en Bewoners.

3.2 Die Vereniging sal geag word gestig te wees op die datum van registrasie van oordrag van die eerste Erf/Eenheid vanaf die Ontwikkelaar aan ‘n Eienaar.

3.3 Die Vereniging sal:

3.3.1 ‘n vereniging wees met regspersoonlikheid;

3.3.2 nie bedryf word met winsoogmerke nie, maar tot voordeel van die Lede.

3.4 Die Vereniging sal ewigdurende opvolging geniet en bevoeg wees om te dagvaar of gedagvaar te word.

3.5 Die Vereniging het die bevoegdheid om roerende en onroerende eiendom te verkry, daarmee te handel, dit te vervreem en om saaklike regte in eie naam te

Page 8: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

8Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

verkry, toe te ken of te vervreem. Dit mag kontrakte sluit en regte en verpligtinge opdoen en in eie naam dagvaar of gedagvaar word.

3.6 Die domicilium citandi et executandi van die Vereniging sal ‘n fisiese adres wees binne die landdrosdistrik waarin die Ontwikkeling geleë is, soos van tyd tot tyd bepaal mag word deur die Trustees.

3.7 Die Vereniging mag nie enige gedeelte van sy fondse aan lede uitbetaal nie, behalwe ter regstelling van foute, of ingevolge ‘n hofbevel of ter skikking van ‘n eis vir skade, of by vernietiging van die Ontwikkeling.

3.8 Wanneer die Vereniging ontbind, moet die oorblywende bates oorgedra of versprei word aan ‘n soortgelyke vereniging of persone soos goedgekeur deur die vereniging.

3.9 Fondse wat vir beleggings beskikbaar is mag slegs by ‘n finansiële instelling, soos gedefinieer in artikel 1 van die Wet op die Raad op Finansiële Dienste Wet, 1990 (Wet Nr. 97 van 1990), soos gewysig, en in sekuriteite soos gelys op die aandelebeurs soos gedefinieer in artikel 1 van die Wet op die Beheer van Aandelebeurse, 1985 (Wet Nr. 1 van 1985), soos gewysig, belê word.

3.10 Die Vereniging mag nie betrokke wees by enige transaksie, handeling of skema waarvan die hoofdoel die vermindering, uitstel of vermyding van aanspreeklikheid vir enige belasting, aksyns of heffing ten opsigte van die Wet op Inkomstebelasting of enige ander wet soos geadministreer deur die Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens is of was nie.

3.11 Die Vereniging sal jaarliks sy inkomste opgawe tesame met die finansiële state indien by Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens of by soortgelyke regeringsdepartemente soos wat benodig mag word.

4. OOGMERKE EN DOELSTELLINGS VAN DIE VERENIGING

Die doelstellings van die Vereniging is om:

4.1 te dien as meestersvereniging vir die Ontwikkeling;

4.2 sodanige funksies te verrig en magte uit te oefen soos hierin bepaal;

4.3 die Grond, die Eenhede, die Gemeenskaplike Eiendom, Fasiliteit en Dienste te

Page 9: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

9Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

beheer, administreer en te bestuur, met insluiting van maar nie beperk tot die bepalings van die Wet op BehuisingsOntwikkelingskemas vir Afgetrede Persone Nr. 65 van 1988;

4.4 die voorsiening van Fasiliteite en Dienste aan die Ontwikkeling te beheer, te administreer en te bestuur tot voordeel van al die Lede;

4.5 die buitekant van die Eenhede in die Ontwikkeling en die Gemeenskaplike Eiendom te onderhou en in ‘n goeie, dienlike toestand te hou;

4.6 alle toerusting, masjinerie, vaste toebehore en passtukke wat op of vir die Gemeenskaplike Eiendom gebruik word, in behoorlike werkende en goeie toestand te hou;

4.7 alle pype, drade, kabels en dreine te onderhou wat op die Grond voorkom en wat benut word vir die genieting van meer as een Erf/Eenheid of die Gemeenskaplike Eiendom, insluitend herstelwerk en vervanging te doen waar nodig;

4.8 gedragsreëls daar stel wat die gedrag van alle mense wat in die Ontwikkeling woon, dit besoek of gebruik sal reguleer en die Gedragsreëls af te dwing;

4.9 die bestuur en administrasie, insluitend die finansiële administrasie van die Vereniging te behartig en om alle bevoegdhede, funksies en pligte toegeskryf aan die Vereniging uit te oefen en uit te voer;

4.10 gepaste Riglyne ten opsigte van die Ontwikkeling daar te stel;

4.11 alle geboue, strukture, verbouings of toevoegings aangebring by die Ontwikkeling te beheer om die harmonieuse Ontwikkeling te verseker en sodoende ook ‘n hoë standaard te bevorder;

4.12 te verseker dat alle bepalings, sonering en skemaregulasies ten opsigte van die Ontwikkeling nagekom word;

Page 10: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

10Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

4.13 die oordrag, okkupasie, gebruik en genieting van die Erwe, Eenhede en die Gemeenskaplike Eiendom in die Ontwikkeling te beheer;

4.14 die gemeenskaplike en groepsbelange van die Lede wat in die algemeen betrekking het op die Ontwikkeling, te bevorder en te beskerm;

4.15 om oor die algemeen alles wat vereis word of nodig is te doen om uitvoering te gee aan die doelstellings van die Vereniging en om alles aanvullend of toevallig en onvoorsiens ten opsigte van die doelstellings van die Vereniging te doen en die Vereniging sal die bevoegdhede hê wat nodig mag wees vir die uitvoering van die voorafgaande doelstellings.

5. LIDMAATSKAP VAN DIE VERENIGING

5.1 Die Lede van die Vereniging sal bestaan uit die Ontwikkelaar en elke geregistreerde eienaar van ‘n Erf/Eenheid.

5.2 Lidmaatskap aan die Vereniging sal outomaties geskied en is verpligtend vir elke geregistreerde eienaar van ‘n Erf/Eenheid. Sodanige lidmaatskap neem aanvang terselfdertyd as die registrasie van die oordrag van die Erf/Eenheid in die naam van die Transportnemer by die Aktekantoor.

5.3 Indien ‘n Erf/Eenheid geregistreer is in die naam van meer as een Eienaar, sal sodanige Eienaars gesamentlik aanspreeklik wees vir sodanige verpligtinge wat op lede rus in terme hiervan en sal hul regte, insluitende stemregte, gesamentlik uitoefen.

5.4 Wanneer een persoon geregistreer is as die eienaar van meer as een Erf/Eenheid, sal so ‘n persoon geag word as ‘n Lid en sal hy die regte en verpligting hê van ‘n Lid ten opsigte van elke Erf/Eenheid wat in sodanige persoon se naam geregistreer is.

5.5 Wanneer ‘n Lid ophou om die geregistreerde eienaar van ‘n Erf/Eenheid te wees sal sodanige persoon outomaties ophou om ‘n Lid van die Vereniging te wees.

Page 11: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

11Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

5.6 Die geregistreerde eienaar van ‘n Erf/Eenheid kan nie as Lid bedank nie, maar bly ‘n Lid terwyl hy die geregistreerde eienaar van die Erf/Eenheid is.

5.7 ‘n Persoon anders as die Ontwikkelaar sal outomaties ‘n lid word teen registrasie van oordrag van ‘n Erf/Eenheid in die Skema in sy of haar naam en sal outomaties ophou om ‘n lid te wees by registrasie van oordrag van sy of haar Erf/Eenheid (of laaste Erf/Eenheid, indien van toepassing) aan ‘n ander.

5.8 Geen lid mag sy of haar lidmaatskap sedeer of daarvan afstand doen of bedank as lid nie.

6. BEVOEGDHEDE EN PLIGTE VAN DIE VERENIGING

6.1 Die Vereniging sal sy bevoegdhede en magte uitoefen en sy pligte en funksies, soos uiteengesit in hierdie Grondwet, die Gedragsreëls en die Riglyne en sodanige aanverwante funksies wat redelikerwys nodig mag wees in die nastreef van sy doelstellings.

6.2 Die Vereniging sal die bevoegdheid hê om:

6.2.1 om roerende eiendom aan te koop, te huur of op ander wyse te bekom om sodoende die Ontwikkeling te bedryf;

6.2.2 werknemers aan te stel na sy goeddunke;

6.2.3 ‘n ooreenkoms aan te gaan met enige Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder vir die voorsiening van geriewe of dienste aan ‘n Erf/Eenheid of aan ‘n Lid of Genomineerde Bewoner;

6.2.4 ‘n komitee vir die Vereniging aan te stel;

6.2.5 die oordrag of Vervreemding van enige Erf/Eenheid te verhoed tensy enige Heffing of ander bydrae verskuldig aan die Vereniging ten opsigte van ‘n Erf/Eenheid betaal is, of voorsiening vir die betaling daarvoor gemaak is ter bevrediging van die Vereniging;

6.2.6 ‘n Heffingsfonds vir die Vereniging daar stel;

6.2.7 te vereis dat die Lede, waar nodig, die Heffings betaal om sodoende enige eise teen die Vereniging te delg;

6.2.8 verhoogde bedrae, soos van tyd tot tyd vasgestel, in te vorder ter verhoging van die Heffingsfonds;

Page 12: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

12Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

6.2.9 om die bepaalde bedrae in te vorder deur van die Lede te vereis om Heffings aan die Vereniging te betaal;

6.2.10 om ‘n lopende rekening en ‘n spaarrekening by ‘n bank te open en te bedryf;

6.2.11 enige gelde van die Heffingsfonds in ‘n spaarrekening, vaste deposito, geldmark of soortgelyke rekening by ‘n finansiële instelling, soos gedefinieer in Artikel 1 van die Wet op die Raad op Finansiële Dienste Nr. 97 van 1990, te belê.

6.3 Dit is die plig van die Vereniging, onderworpe aan die beperkings gestel of riglyne gegee tydens ‘n algemene vergadering van Lede, om:

6.3.1 die Gedragsreëls af te dwing;

6.3.2 ‘n register van Lede te hou op welke wyse die Vereniging besluit;

6.3.3 die Gemeenskaplike Eiendom en buitekant van die Eenhede te onderhou en om dit in ‘n goeie en dienlike toestand te hou;

6.3.4 die gebou of geboue te verseker en verseker te hou teen die vervangingswaarde ten opsigte van brand; en teen sodanige ander risiko’s wat die Komitee of die Lede bepaal;

6.3.5 verseker dat alle wette wat verband hou met die Gemeenskaplike Eiendom of enige verbetering aan die Grond onderhou word;

6.3.6 die Gemeenskaplike Eiendom tot voordeel van alle Lede te beheer, bestuur en te administreer.

7. DIE KOMITEE

7.1 Die Vereniging se sake sal beheer en bestuur word deur die Komitee wat bestaan uit ‘n minimum van 3 (drie) en nie meer as 6 (ses) Komiteelede nie.

7.2 Totdat die eerste Komitee aangestel is tydens die eerste algemene vergadering van die Vereniging, sal die Ontwikkelaar, ingevolge die Grondwet, geregtig wees om alle funksies en pligte van die Komitee uit te voer.

Page 13: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

13Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

7.3 Die Komitee sal verkies word tydens die eerste algemene vergadering van die Vereniging en jaarliks tydens die algemene jaarvergadering en sal voortgaan om sodanige amp te beklee tot die volgende algemene jaarvergadering van die Vereniging.

7.4 ‘n Komiteelid sal ‘n natuurlike persoon wees.

7.5 Die Ontwikkelaar sal 3 (drie) Komiteelede aanstel. Die oorblywende Komiteelede sal deur die Lede aangestel word.

8. VOORSITTER EN ONDERVOORSITTER

8.1 Die Komiteelede sal uit hul eie geledere ‘n Voorsitter en Ondervoorsitter aanstel.

8.2 Die Komitee sal binne 14 (veertien) dae na elke algemene jaarvergadering byeenkom en uit hul eie getal ‘n Voorsitter en Ondervoorsitter kies wat hul onderskeie amp(te) behou na hul aanstelling, tot die volgende algemene jaarvergadering gehou word, op voorwaarde dat sodanige amp as Voorsitter of Ondervoorsitter ipso facto vakant sal raak indien sodanige Komiteelid ophou om ‘n Komiteelid te wees vir welke rede ook al. Geen enkel Komiteelid sal ter eniger tyd aangestel word in meer as een van die genoemde amp(te) nie. In ‘n geval waar ‘n amp vakant raak in die genoemde amp (te), moet die Komitee so gou moontlik vergader om een vir hulle getal aan te stel as vervanging in sodanige amp.

8.3 Buiten as anders voorsien in hierdie Grondwet, sal die Voorsitter die Komiteevergaderings en alle algemene vergaderings lei en alle pligte verbonde aan die amp van Voorsitter en sodanige ander pligte wat voorgeskryf word deur die Komitee of sy Lede uitvoer en mag hy gaste by sodanige vergaderings ‘n spreekbeurt weier of toelaat, op voorwaarde dat sodanige gas nie tydens die vergadering mag stem nie.

8.4 Die Ondervoorsitter sal die bevoegdhede en pligte oorneem in die afwesigheid van die Voorsitter of as hy onbekwaam is of weier om as Voorsitter op te tree en sal ook sodanige ander pligte oorneem wat van tyd tot tyd aan hom opgedra word deur die Voorsitter of die Komitee.

Page 14: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

14Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

9. VERWYDERING EN ROTASIE VAN KOMITEELEDE

9.1 Onderworpe aan die bepalings van klousule 9.2 hieronder, sal elke Komiteelid, nadat hy aangestel is sy amp behou tot en met die volgende algemene jaarvergadering waartydens elke Komiteelid as uitgetree uit sy amp beskou sal word, alhoewel hy weer verkiesbaar tot die Komitee sal wees by sodanige vergadering.

9.2 ‘n Komiteelid se amp sal as vakant beskou word wanneer:

9.2.1 sy boedel gesekwestreer word, hetsy voorlopig of finaal of wanneer hy afstand doen van sy boedel;

9.2.2 hy reëlings tref of ‘n kompromis aangaan met sy krediteure;

9.2.3 hy skuldig bevind word aan enige oortreding waar oneerlikheid ‘n rol speel;

9.2.4 sy geestesvermoë verswak is of as bevind word dat hy kranksinnig is;

9.2.5 hy uit sy amp bedank en die skriftelike bedanking aan die Voorsitter oorhandig;

9.2.6 hy sterf;

9.2.7 hy uit sy amp verwyder word deur middel van ‘n Gewone Resolusie deur die Lede;

9.2.8 hy, ingevolge die Grondwet, ontneem word van die reg om sy stemreg uit te oefen;

9.2.9 hy afwesig is tydens 3 (drie) agtereenvolgende Komiteevergaderings sonder dat verlof vir afwesigheid toegestaan is.

9.3 Nieteenstaande die feit dat ‘n Komiteelid sal beskou word as dat hy sy amp ontruim het, soos voorsien in klousule 9.2, sal enigiets wat hy ter goeder trou gedoen het in sy kapasiteit as Komiteelid geldig bly totdat die feit dat hy nie meer langer lid is nie opgeteken is in die notule van die Vereniging.

9.4 Sou die amp van ‘n Komiteelid vakant raak voor die volgende algemene jaarvergadering van die Vereniging, kan die bepaalde vakante posisie deur die Komitee gevul word en sodanige aangestelde persoon sal die amp beklee tot en met die volgende algemene jaarvergadering.

Page 15: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

15Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

9.5 Die Komitee kan enige vakante posisie uit hul getal vul of kan ‘n addisionele lid koöpteer, met dien verstande dat daar nie meer as 7 (sewe) Komiteelede is nie.

10. FUNKSIES, PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DIE KOMITEE

10.1 Die funksies, pligte en bevoegdhede van die Vereniging word vervat in hierdie Grondwet, die Riglyne en die Gedragsreëls en enige beperking van toepassing of voorskrif van die Lede by ‘n algemene vergadering sal, ingevolge die Grondwet, uitgevoer of uitgeoefen word deur die amptelike Komitee.

10.2 Die bevoegdhede van die Komitee is onderworpe aan enige beperking of voorskrif gestel deur die Lede tydens ‘n algemene vergadering van die Vereniging en sluit die volgende in:

10.2.1 Om vir en namens die Vereniging sodanige agente en werknemers na goeddunke aan te stel ten opsigte van die beheer, bestuur en administrasie van die Gemeenskaplike Eiendom en die uitvoering en uitoefening van enige of alle funksies, pligte en bevoegdhede van die Vereniging.

10.2.2 Om die dienste van rekenmeesters, ouditeure, advokate, argitekte, prokureurs, ingenieurs en enige ander professionele persoon of maatskappy en/of ‘n ander werknemer te verkry, vir sodanige redes soos benodig word deur die Komitee en op die voorwaardes wat die Komitee sal bepaal.

10.2.3 Om sodanige van hul bevoegdhede en pligte soos wat nodig geag word aan een of meer Komiteelede te delegeer of ter eniger tyd sodanige magtiging te herroep.

10.2.4 Om ‘n subkomitee te stig vir die uitvoering van aangewese take.

10.2.5 Om ooreenkomste aan te gaan om sodoende die doelstellings van die Vereniging te bereik.

Page 16: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

16Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

10.2.6 Om vaste eiendom te koop of andersins te bekom, oordrag te neem daarvan, ‘n verband te neem daarop, te verkoop, oordrag te gee, te huur of te verhuur indien dit deur die Lede van die Vereniging gemagtig is by wyse van ‘n Algemene Resolusie.

10.2.7 Om roerende eiendom te koop, te huur of op ‘n ander wyse te bekom ten einde die Ontwikkeling te bedryf.

10.2.8 Om geld te leen wat benodig word vir die uitvoering van sy funksies of die uitoefening van sy bevoegdhede en om die terugbetaling van lenings deur hom aangegaan en die betalings van rente daarop te verseker, by wyse van ‘n verhandelbare instrument of verpanding en/of sessie van onbetaalde heffings, of die verpanding van enige eiendom wat in hom gesetel is.

10.2.9 Om heffings vas te stel en in te samel (gewone heffings), Spesiale heffings, Maaltyd heffings, Vervreemdingsheffings, Basiese Gesondheidsorg-heffings, Gesondheidsorg maaltyd heffings, Gesondheidsorg Bewoningsheffings, en Leefstyl heffings in ooreenstemming met hierdie Grondwet.

10.3 Die Komitee mag nie lenings namens die Vereniging aangaan nie.

10.4 Die Komitee sal alle redelike stappe neem om die Grondwet, die Riglyne en die Gedragsreëls af te dwing asook ten opsigte van die beheer, bestuur en administrasie van die Gemeenskaplike Eiendom.

10.5 Die Komitee kan van tyd tot tyd Riglyne gee om die bepalings van hierdie Grondwet, die Riglyne en die Gedragsreëls te versterk, op voorwaarde dat sodanige aanwysings slegs mag verband hou met die praktiese implementering van ‘n bepaling van hierdie Grondwet, van die Gedragsreëls of die Riglyne en mag nie ‘n nuwe bepaling behels nie

10.6 Die Komitee het die reg om, van tyd tot tyd, enige van sy besluite en resolusies aan te pas, te kanselleer of te verander.

Page 17: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

17Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

10.7 Die Komitee kan, indien hy so sou besluit, enige verdagte of beweerde skending van hierdie Grondwet, Gedragsreëls, of Riglyne deur enige Lid, Genomineerde Bewoner, Huurder of inwoner van die Gesondheidsorg-sentrum op ‘n redelike wyse ondersoek.

10.8 Geen ooreenkoms of ander dokument wat namens die Vereniging geteken is, sal geldig of bindend wees tensy dit deur 2 (twee) Komiteelede, waarvan een van die Komiteelede deur die Ontwikkelaar aangestel moes wees, geteken is.

10.9 Die Komitee kan regstappe namens die Vereniging neem na enige hof, of ‘n Ombudsman met bevoegde jurisdiksie, ten einde enige gelde deur ‘n Lid verskuldig aan die Vereniging en wat spruit uit enige aksie geneem, of vir enige ander regshulp, en mag die regsaksies verdedig namens die Vereniging en mag ook ‘n regsverteenwoordiger aanwys om namens die Vereniging op te tree.

10.10 ‘n Komiteelid sal sy stemreg verloor ten opsigte van enige ooreenkoms of voorgestelde ooreenkoms of enige litigasie of voorgestelde litigasie of enige dispuut met die Vereniging uit hoofde van enige belang wat hy daarby mag hê.

10.11Die Komiteelede sal geregtig wees daarop om terugbetaal te word vir alle redelike en bona fide uitgawes deur hulle aangegaan tydens of aangaande die uitvoering van hul pligte as Komiteelede en/of as die Voorsitter en/of Ondervoorsitter, wat ook al die geval mag wees, maar die genoemdes sal egter nie geregtig wees op enige ander vergoeding, fooie of salarisse ten opsigte van die uitvoering van sodanige pligte tensy dit gemagtig is deur middel van ‘n Spesiale Resolusie deur die Lede nie.

11. VERRIGTINGE VAN DIE KOMITEE

11.1 Die Komitee mag vergader om sake te verrig, te verdaag en andersins hul vergaderings reguleer soos hulle goeddink, onderhewig aan enige bepalings van die Grondwet.

11.2 Komiteevergaderings sal ten minste een maal per maand geskied.

Page 18: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

18Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

11.3 Die Voorsitter kan ter enige redelike tyd vergaderings belê.

11.4 ‘n Komiteelid kan ter enige tyd ‘n Komiteevergadering belê, op voorwaarde dat hy die skriftelike ondersteuning van twee (2) ander Komiteelede het en ander Komiteelede nie minder as sewe (7) dae skriftelike kennisgewing gee van die voorgestelde vergadering nie, en waarin sodanige kennisgewing die rede vir die vergadering sal spesifiseer, op voorwaarde dat in ‘n noodgeval sodanige korter kennisgewing onder die omstandighede gegee mag word.

11.5 By ‘n Komiteevergadering sal 50% van die Komiteelede ‘n kworum vorm.

12. ALGEMENE VERGADERINGS VAN DIE VERENIGING

12.1 Algemeen, Kennisgewing(a) ‘n Algemene jaarvergadering of spesiale algemene vergadering van die

Vereniging sal belê kan word met ten minste veertien (14) dae skriftelike kennisgewing aan die Lede. Die kennisgewing sal die plek, uur en agenda van die vergadering spesifiseer.

(b) ‘n Algemene jaarvergadering of spesiale vergadering van die Vereniging sal, nieteenstaande dit op korter kennisgewing belê is as gespesifiseer in klousule 12.1(a), beskou word as behoorlik belê indien nie minder as vyftig (50%) persent van die Lede wat dit mag bywoon en mag stem tydens algemene vergaderings daartoe ingestem het, behalwe in die geval van ‘n algemene vergadering wat belê is vir ‘n Spesiale Resolusie.

(c) Die kennisgewing van die algemene jaarvergadering sal vergesel word van of volg op die Voorsitter se verslag, die Begroting, die geouditeerde finansiële state en sodanige ander addisionele dokumente wat deur die Komitee as noodsaaklik beskou word, welke dokumente ten minste veertien (14) dae voor die datum van die algemene jaarvergadering beskikbaar gestel en verskaf moet word.

(d) ‘n Algemene vergadering vir doeleindes van die neem van ‘n eenparige of Spesiale Besluit mag gehou word op ‘n datum dertig dae na kennisgewing aan alle lede van die Vereniging: Nietemin mag korter kennis gegee word indien, na mening van die Trustees, sodanige korter kennisgewing noodsaaklik is weens die dringendheid van ‘n saak of weens die besondere aard van ‘n saak

(e) Die kennisgewing van die spesiale algemene vergadering sal, in ooreenstemming met klousule 28 van die Grondwet, aan die Lede

Page 19: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

19Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

afgelewer word.(f) Die toevallige versuim om kennis te gee van ‘n vergadering of enige

resolusie, of die versuim om enige dokumentasie benodig of wat versend word ingevolge die Grondwet, of die nie-ontvangs van enige sodanige kennisgewing, resolusie of dokument deur enige Lid of ander persoon wat geregtig is om dit ontvang, sal nie die verrigting of enige resolusie wat aanvaar is tydens enige algemene vergadering ongeldig maak nie.

12.2 AgendaDie volgende sake moet mee gehandel word by ‘n algemene jaarvergadering-(a) Oorweging van die finansiële state en jaarverslag. (b) Aanvaarding van die Begrotings, met of sonder wysigings. (c) Aanvaarding van die Versekeringskedules van vervangingswaardes, met

of sonder wysigings.(d) Vasstelling van die Vereniging se Ouditeur vir die daaropvolgende jaar. (e) Aanstelling van die Prokureur vir die daaropvolgende jaar. (f) Vasstelling van die aantal Trustees vir die daaropvolgende jaar. (g) Verkiesing van die Trustees vir die daaropvolgende jaar. (h) Enige spesiale sake waarvan kennis gegee is. (i) Bevestiging deur die Ouditeur dat enige dat enige wysiging, vervanging,

byvoeging of herroeping van die Grondwet en/of Reëls (soos bedoel in artikel 35(5) van die Wet) aan die Registrateur van Aktes voorgelê is vir berging.

12.3 Kworum(a) Geen sake mag verrig word by enige algemene vergadering tensy ‘n

kworum van Eienaars teenwoordig is ten tyde van aanvang van die verrigtinge.

(b) Vir doeleindes van ‘n Spesiale- of Gewone Besluit is ‘n kworum by ‘n algemene vergadering ten minste 30 persent in getal van die Eienaars, teenwoordig in persoon of verteenwoordig kragtens ‘n volmag.

(c) Vir doeleindes van ‘n Eenparige Besluit is ‘n kworum by ‘n algemene vergadering ten minste 80 persent in getal van die Eienaars, teenwoordig in persoon of verteenwoordig kragtens ‘n volmag.

(d) Indien na verstryking van dertig minute van die aangewese tyd vir ‘n algemene vergadering geen kworum teenwoordig is nie, sal die vergadering uitgestel wees tot dieselfde dag in die daaropvolgende week op dieselfde plek en tyd, en, indien na verstryking van dertig minute weereens geen kworum teenwoordig is nie, sal die Eienaars dan

Page 20: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

20Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

teenwoordig en verteenwoordig ‘n kworum vorm vir doeleindes van ‘n Gewone-, Spesiale- of Eenparige Besluit.

Page 21: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

21Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

12.4 Voorsitter(a) Die voorsitter van die Trustees sal as voorsitter optree by elke algemene

vergadering tensy die lede by sodanige vergadering anders besluit. (b) Indien daar geen sodanige voorsitter is nie, of indien die voorsitter nie

teenwoordig is binne vyftien minute na die aangewese tyd nie, of indien hy of sy onwillig of nie in staat is om op te tree nie, moet die teenwoordige Eienaars ‘n voorsitter verkies uit die persone wat op die vergadering teenwoordig is.

12.5 Stemprosedures(a) Enige Gewone Besluit wat op ‘n algemene vergadering tot stemming

gebring word, sal beslis word volgens ‘n gewone meerderheid van Eienaars teenwoordig of verteenwoordig, by wyse van handopsteek.

(b) Elke Eienaar het een stem ten opsigte van enige Gewone Besluit, insluitend verkiesing van Trustees, met dien verstande dat- (i) in geval van mede-Eienaars van ‘n Erf/Eenheid sal sodanige

Eienaars gesamentlik een stem hou, uitgeoefen deur een persoon kragtens ‘n gesamentlike volmag;

(ii) waar een persoon Eienaar is van meerdere Eenhede, sal hy of sy een stem hou vir elke Erf/Eenheid in besit.

(c) ‘n Spesiale of Eenparige Besluit sal by wyse van stemming per stembrief beslis word.

(d) Om ‘n Eenparige Besluit te neem, nadat aan kworumvereistes voldoen is, moet die mosie aanvaar word deur alle Eienaars teenwoordig of deur volmag verteenwoordig.

(e) Om ‘n Spesiale Besluit te neem, nadat aan kworumvereistes voldoen is, moet die mosie aanvaar word deur ten minste 75% van die Eienaars teenwoordig of deur volmag verteenwoordig.

(f) ‘n lid sal nie geregtig wees om op enige algemene vergadering te stem nie, indien- (i) enige heffing deur hom of haar verskuldig nie betaal is nie; of(ii) hy of sy volhard in verbreking van enige Gedragsreëls of bepalings

van hierdie Grondwet of van die Wet ten spyte van skriftelike aanmaning deur die Trustees om aan die bepaling te voldoen;

met dien verstande dat ‘n verbandhouer geregtig sal wees om in plek van die Eienaar te stem, as sy of haar gevolmagtigde; enmet dien verstande verder dat in geval van sodanige diskwalifikasie, die

Page 22: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

22Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

stem van die betrokke Eienaar nie in ag geneem sal word vir doeleindes van ‘n Spesiale of Eenparige Besluit nie.

Page 23: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

23Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

12.6 Volmagte(a) By ‘n algemene vergadering mag stemming persoonlik uitgevoer word, of

deur middel van ‘n volmag nieteenstaande of stemming per stembrief of per handopsteek geskied.

(b) ‘n Gevolmagtigde sal deur die Eienaar, of sy behoorlik skriftelik gemagtigde verteenwoordiger, skriftelik aangestel word en die volmag sal aan die voorsitter oorhandig word ten minste twee dae voor aanvang van die vergadering.

(c) ‘n Gevolmagtigde hoef nie ‘n Eienaar te wees nie, maar mag nie die Bestuurder of enige van sy of haar werknemers, of ‘n werknemer van die Vereniging wees nie.

(d) Ten opsigte van ‘n Eienaar, wie volgens kennis van die Trustees afwesig en buite die Republiek sonder die uitreik van ‘n volmag, sal die voorsitter outomaties ‘n volmag hou.

(e) Ten opsigte van ‘n gestorwe lid sal slegs ‘n volmag uitgereik deur ‘n behoorlik aangestelde eksekuteur van krag wees, by gebreke waaraan die voorsitter outomaties ‘n volmag hou.

12.7 Notule(a) Die Komitee moet verseker dat notules geneem word tydens elke

algemene vergadering van die Vereniging, alhoewel nie noodwendig verbatim nie, welke notule dan skriftelik gedoen word sonder onnodige vertraging nadat ‘n vergadering verdaag het. Tydens die volgende algemene vergadering van die Vereniging sal die Lede die notule van die vorige algemene vergadering aanvaar, waarna die Voorsitter van die vergadering die notule sal sertifiseer as korrek.

(b) Die Komitee sal toesien dat alle notules van Komiteevergaderings voortdurend bygehou word. Die notules van Komiteevergaderings sal op versoek van ‘n Komiteelid, ‘n Lid, die Ouditeur, die Bestuursagent en die Plaaslike Owerheid beskikbaar wees vir insae tydens kantoorure.

13. HEFFING EN DIE GOEDKEURING VAN DIE BEGROTING

13.1 Die komitee sal ‘n Heffingsfonds stig vir administratiewe uitgawes wat in hul opinie voldoende sal wees vir die herstel, onderhoud, beheer, bestuur en administrasie van die Ontwikkeling, die Eenhede, die Erwe, die Gemeenskaplike Eiendom en die Fasiliteite en Dienste asook die betrokke gebou of geboue (insluitend ‘n redelike voorsorg vir toekomstige onderhoud en herstel) en vir die betaling van tariewe en belastings ten opsigte van die

Page 24: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

24Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

Gemeenskaplike Eiendom, vir die voorsiening van ‘n elektrisiteit, gas, water, sanitêre en ander dienste aan die geboue en die Grond en enige versekeringspremies, asook vir die nakoming van alle verpligtinge van die Vereniging.

13.2 Die Komitee sal so gou as moontlik ná die einde van ‘n Finansiële Jaar ‘n begroting opstel, synde ‘n raming van die verwagte inkomste en uitgawes van die Vereniging ten opsigte van die daaropvolgende jaar, asook ‘n beraamde tekort (indien enige) as gevolg van die vorige Finansiële Jaar en enige bedrag wat in reserwe gehou word om toekomstige verwagte uitgawes te dek. Die Komitee sal die bedrae benodig vir die Heffingsfonds bepaal en daardie bedrae insamel deur van die lede te verwag om hul heffings, ingevolge klousule 14, aan die Vereniging te betaal.

13.3 Tydens elke algemene jaarvergadering sal die Lede die Begroting, met of sonder enige wysigings, deur middel van ‘n Algemene Resolusie aanvaar.

14. HEFFINGS, SPESIALE HEFFINGS EN MAALTYDHEFFINGS

14.1 Binne veertien (14) dae nadat die Begroting goedgekeur is, sal die Komitee, deur middel van ‘n resolusie tot dien effek, Die Begroting aan die Lede toedeel as Heffings (gewone heffings). Dit word spesifiek deur die Ontwikkelaar bepaal dat geen Heffings aan die Vereniging betaalbaar is ten opsigte van die Gesondheidsorg-sentrum en die Gemeenskapsentrum nie. Die Vereniging sal verantwoordelik wees vir die onderhoud en alle ander onkostes, insluitend munisipale tariewe en belastings en versekering wat verband hou met die Gesondheidsorg-sentrum en sy verwante Erf/Eenheid. Die Vereniging sal verantwoordelik wees vir onderhoud en alle ander koste, insluitend munisipale tariewe en belastings en versekering wat verband hou met die Gemeenskapsentrum en sy verwante Erf/Eenheid.

14.2 Die heffings, soos bepaal in klousule 14.1, sal van krag (verskuldig en betaalbaar) wees vanaf die datum wat die resolusie aanvaar is deur die Komitee en sal in gelyke maandelikse paaiemente oor ‘n periode van twaalf (12) maande, maandeliks vooruitbetaalbaar, óp of voor die eerste (1ste) dag van die daaropvolgende maand van die Finansiële jaar betaal word. Die Komitee sal binne veertien(14) dae nadat dit so bepaal is, elke Lid skriftelik in kennis stel van die Heffings en paaiemente deur hom betaalbaar aan die Vereniging en elke Lid moet reëlings tref vir die betaling aan die Vereniging.

Page 25: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

25Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

14.3 Die Komitee kan van tyd tot tyd Spesiale Heffings van Lede vra ten opsigte van alle uitgawes wat nie in die Begroting ingesluit is nie. Spesiale heffings sal effektief wees (verskuldig en betaalbaar) vanaf die dag wat die Komitee ‘n resolusie aanvaar en sal betaalbaar wees in een som of sodanige paaiemente en op sodanige tyd of tye wat die Komitee bepaal.

14.4 Na die verstryking van die Finansiële Jaar en totdat lede aanspreeklik gehou kan word ten opsigte van heffings vir die daaropvolgende jaar, sal Lede volhou om Heffings te betaal teen dieselfde bedrae en paaiemente as wat verskuldig en betaalbaar was deur hulle tydens die verstrykte Finansiële Jaar, op voorwaarde dat die Komitee deur middel van ‘n geskrewe kennisgewing aan die Lede op ‘n gegewe tyd, indien hulle dit nodig ag, die Heffings verskuldig deur die Lede met ‘n maksimum van tien(10) persent kan verhoog om die verwagte verhoogde aanspreeklikheid van die Vereniging te verantwoord.

14.5 Elke Eienaar van ‘n Eenheid sal aanspreeklik wees teenoor die Vereniging vir die betaling van ‘n Maaltyd heffing ten opsigte van elke Genomineerde Bewoner wat in sy Eenheid woon.

14.6 Die Komitee, wat optree namens die Vereniging, kan ‘n privaat persoon, ‘n maatskappy of instelling aanstel om spesiale dienste aan die Vereniging te lewer en die Komitee kan ‘n verpligte diensheffing bepaal vir Lede ten opsigte van sodanige dienste.

14.7 Waar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik gehou word vir die behoorlike nakoming van enige verpligting aan die Vereniging.

14.8 Enige bedrag verskuldig deur ‘n Lid, ten opsigte van ‘n Heffing of enige ander bedrag vasgestel in ooreenstemming met die bepalings van hierdie Grondwet, sal deur hom aan die Vereniging verskuldig wees.

14.9 Tydens oordrag van die Erf/Eenheid word die nuwe Lid (geregistreerde

Page 26: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

26Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

eienaar) aanspreeklik teenoor die Vereniging vir die betaling van Heffings ten opsigte van die Erf/Eenheid. ‘n Pro rata verdeling moet gemaak word ten opsigte van die maand waarin die oordrag plaasvind. Geen Lid sal sy Erf/Eenheid oordra totdat die Komitee gesertifiseer het dat die Lid teen die datum van oordrag bevestig het dat alle gelde verskuldig deur hom aan die Vereniging betaal is, of dat hy, tot die bevrediging van die Komitee, voorsiening gemaak het vir sodanige betaling.

14.10Lede sal aanspreeklik gehou word vir rente op agterstallige Heffings en ander uitstaande bedrae teen die koers wat van tyd tot tyd deur die Komitee bepaal word en bereken word vanaf die datum waarop die bedrag verskuldig en betaalbaar is tot die werklike betaaldatum en sluit albei datums in.

14.11Geen Lid wie se heffings of enige gedeelte daarvan of enige ander gelde verskuldig is vir meer as twee (2) maande sal stemreg hê, hetsy persoonlik of by wyse van ‘n gevolmagtigde, tydens enige algemene vergadering van die Vereniging of ‘n persoon benoem vir die verkiesing tot Komiteelid, of lid wees die Komitee van die Vereniging nie.

15. VERVREEMDINGSHEFFING, TOEGANGSFOOI EN GESONDHEIDSORGHEFFING

15.1 Tydens Vervreemding of Geagte Vervreemding van ‘n Erf/Eenheid sal die Transportgewer of die eienaar van die Erf/Eenheid ‘n Vervreemdingsheffing van agt (8) persent van die billike markwaarde van die Erf/Eenheid ten tye van die Vervreemding of Geagte Vervreemding aan die Verenging betaal, onderhewig aan die vrystelling gespesifiseer in klousule 15.2 en 15.3 hieronder. Die Ontwikkelaar en /of die Komitee mag ‘n herevaluasie van die billike markwaarde van die Erf/Eenheid versoek indien hulle nie tevrede is met die waarde wat die eienaar verskaf het nie, waar sodanige herevaluasie van krag sal wees.

15.2 In ‘n geval waar ‘n Erf/Eenheid oorgedra word uit die boedel van die Transportgewer of van ‘n gemeenskaplike boedel van die Transportgewer en sy of haar oorlewende Gade, aan sy of haar oorlewende Gade, sal sodanige Vervreemding vrygestel wees van die betaling van die Vervreemdingsheffing. Hierdie klousule is van toepassing mutatis mutandis in die geval van ‘n Geagte Vervreemding.

15.3 Geen Vervreemdingsheffing sal betaalbaar wees ten opsigte van die

Page 27: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

27Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

Vervreemding van ‘n Erf/Eenheid van die Ontwikkelaar aan die eerste koper of Transportnemer daarvan nie. Geen Vervreemdingsheffing sal betaalbaar wees ten opsigte van die Vervreemding van Erwe wat die Gesondheidsorg-sentrum en die Gemeenskapsentrum insluit nie.

15.4 Tydens die Vervreemding of Geagte Vervreemding van ‘n Erf/Eenheid sal die Transportnemer van die Erf/Eenheid die Vereniging ‘n eenmalige Toegangsfooi (‘n bedrag bepaal deur die Komitee) betaal ten opsigte van elke genomineerde Bewoner van sy Eenheid.

15.5 Elke Eenheid eienaar sal aanspreeklik wees teenoor die Vereniging vir die betaling van ‘n Leefstyl heffing ten opsigte van elke Genomineerde Bewoner wat in sy Eenheid woon. Die Leefstyl heffing, soos vasgestel deur die Komitee ten opsigte van elke Genomineerde Bewoner per Eenheid, sal van krag wees (verskuldig en betaalbaar) vanaf die datum van die aanvaarding van die resolusie deur die Komitee en sal in gelyke paaiemente maandelikse oor ‘n twaalf (12) maande tydperk, maandeliks vooruitbetaalbaar, óp of voor die eerste (1ste) dag van die daaropvolgende maand van die Finansiële Jaar betaal word. Die Komitee sal binne veertien(14) dae nadat dit so bepaal is, elke Lid skriftelik in kennis van die Leefstyl heffing en paaiemente deur hom betaalbaar aan die Vereniging.

16. VERPLIGTINGE VAN LEDE, GENOMINEERDE BEWONERS EN HUURDERS

16.1 Die bepalings van hierdie Grondwet, die Riglyne en die Gedragsreëls en die pligte van ‘n Lid in verhouding tot die gebruik, bewoning en genieting van sy Erf/Eenheid, asook die gebruik en genieting van die Gemeenskaplike Eiendom sal bindend wees op alle lede om nakoming van die bepalings van die Grondwet, die Riglyne en die Gedragsreëls deur Genomineerde Bewoners en Huurders van sy Eenheid, insluitend familielede, gaste, besoekers, werkers en kontrakteurs van die Lid, of Genomineerde Bewoner, of Huurder van die Eenheid te verseker. In ‘n geval van skending van die Grondwet, die Riglyne of die Gedragsreëls deur ‘n Genomineerde Bewoner of Huurder of familielede, gaste, besoekers, werkers en kontrakteurs van die Lid, of Genomineerde Bewoner of Huurder sal sodanige skending beskou word as gepleeg deur die Lid self. Die Komitee sal die reg hê om, sonder benadeling van die voorafgaande en in hul eie diskresie, stappe te neem of te weeg te bring teen die werklike persoon wat die skending gepleeg het, met of sonder om aksie teen die Lid in te stel.

Page 28: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

28Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

16.2 Geen Lid, Genomineerde Lid of Huurder sal enige sake bedryf, insluitende gastehuis of enige ander akkommodasie, op sy Erf/Eenheid Erf/Eenheid tensy die Komitee dit goedgekeur het en die Plaaslike Owerheid goedkeuring verleen het en dit vir sodanige gebruik gemagtig het, indien van toepassing.

16.3 ‘n Lid sal:

16.3.1 verantwoordelike wees vir die betaling van munisipale tariewe en belastings en alle dienste en ander kostes verskuldig aan die Plaaslike Owerheid ten opsigte van sy Erf/Eenheid;

16.3.2 geen struktuur oprig of plaas op die Erf/Eenheid of verbeterings aan die gebou op sy Erf/Eenheid aanbring sonder die geskrewe toestemming van die Komitee, wat dit nie onredelikerwys sal weerhou nie.

Page 29: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

29Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

16.4 ‘n Lid, Genomineerde Lid of Huurder sal:

16.4.1 die Gemeenskaplike Eiendom benut en geniet op so ‘n wyse dat dit nie onredelikerwys inmeng met die gebruik en genieting daarvan deur ander Lede, Genomineerde Lede of Huurders nie;

16.4.2 nie sy Erf/Eenheid gebruik of laat gebruik op so ‘n wyse en vir sodanige doel dat dit ‘n oorlas vir enige Eienaar of Genomineerde Bewoner is nie;

16.5 ‘n Lid sal, ten opsigte van sy Erf/Eenheid, die beddings in die tuin versorg en op ‘n standaard hou wat aanvaarbaar is vir die Komitee. Sou ‘n Lid nalaat om die beddings in die tuin in stand te hou en indien die versuim sou voortduur vir ‘n periode van dertig (30) dae nadat hy ‘n geskrewe kennisgewing ontvang het van die Komitee, sal die Komitee geregtig wees om die Lid se versuim te herstel en om die koste om dit te doen redelikerwys van sodanige Lid te verhaal. Die uitgawes aangegaan deur die Komitee sal beskou word as deel van die Heffings verskuldig deur die Lid en die Komitee kan dit as ‘n Heffingskuld verhaal van die Lid.

16.6 ‘n Lid sal aanspreeklik wees vir die betaling van alle regskostes, insluitend die koste tussen ‘n prokureur en kliënt, die invorderingskommissie en ander onkostes aangegaan deur die Vereniging tydens die verhaling van die heffings of enige agterstallige bedrae en gelde verskuldig deur sodanige Lid aan die Vereniging of deurdat die Vereiniging koste moes aangaan om die nakoming van enige van die bepalings van hierdie Grondwet, die Riglyne of die Gedragsreëls af te dwing.

17. VERKOOP, VERVREEMDING EN OORDRAG VAN EIENDOM IN DIE ONTWIKKELING

17.1 Geen Erf/Eenheid mag Vervreem of oorgedra word tensy die trustees hul toestemming vir sodanige Vervreemding en oordrag gegee het nie.

17.2 Die Komitee mag sy geskrewe toestemming vir Vervreemding en oordrag weerhou indien:

17.2.1 die Vervreemdingsheffing, die Maaltydheffing, die Gesondheidsorgheffing, die Gewone heffing, die Leefstyl

Page 30: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

30Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

Gemeenskapsheffing of enige ander Heffings of gelde verskuldig ten opsigte van sodanige Erf/Eenheid onbetaald bly, en/of

17.2.2 enige geboue, strukture, verbouing of toevoegings wat bestaan ten opsigte van die Erf/Eenheid wat nie behoorlik gemagtig is ingevolge hierdie Grondwet, die Riglyne of die Gedragsreëls en/of

17.2.3 die eienaar, Genomineerde Bewoner of Huurder van die Erf/Eenheid wesentlik in stryd is met die bepalings van hierdie Grondwet, Riglyne of die Gedragsreëls en tot so ‘n mate die terughouding van sodanige sertifikaat regverdig, en/of

17.2.4 die formaat en inhoud van die Verkoopsooreenkoms nie wesenlik voldoen aan die formaat en inhoud soos voorgeskryf deur die Komitee nie, en/of

17.2.5 die Transportnemer nie, ingevolge klousule 17.3 hieronder, die Genomineerde Bewoner ten opsigte van die Eenheid gespesifiseer het nie, en/of

17.2.6 die Komitee nie die Genomineerde Bewoner(s) van die Eenheid, soos bepaal deur die Transportnemer, goedgekeur het nie, welke goedkeuring nie onredelikerwys weerhou mag word nie.

17.3 Voordat, ingevolge die bogenoemde klousule 17.1, goedkeuring toegestaan word, sal die Komitee geregtig wees om:

17.3.1 tevrede wees met die gepastheid van die voorgestelde Transportnemer of Genomineerde Bewoner ten opsigte van behoefte en aanpasbaarheid.

17.3.2 ‘n mediese sertifikaat van ‘n gekwalifiseerde mediese dokter aan te vra wat aantoon dat die voorgestelde Transportnemer of Genomineerde Bewoner(s) medies fiks verklaar en selfonderhoudend is om die Eenheid te bewoon en onafhanklik te leef.

17.4 Alle verkoopooreenkomste sal voltrek word ingevolge ‘n standaard Verkoopooreenkoms soos van tyd tot tyd voorberei en voorgeskryf deur die Komitee en die Komitee sal nie, ingevolge Klousule 17.1, sy toestemming verleen tensy by sodanige formaat gehou is nie. Die Transportgewer sal toesien dat die voornemende koper alle inligting en besonderhede soos vereis deur die Komitee, insluitend die besonderhede van die Genomineerde Bewoner(s) van die Erf/Eenheid in die Koopooreenkoms openbaar maak.

Page 31: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

31Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

18. GENOMINEERDE BEWONERS EN OKKUPASIE VAN EENHEDE

18.1 Die getal persone wat ‘n Eenheid mag bewoon sal beperk word tot twee (2) persone per Eenheid, tensy die Komitee skriftelik andersins daartoe toestemming verleen.

18.2 Die Eenheid mag slegs bewoon word deur die Genomineerde Bewoner(s) wat skriftelik deur die Lid of Transportnemer van die Erf/Eenheid genomineer en skriftelik goedgekeur is deur die Komitee en sal hy nie sonder die toestemming van die Komitee die Erf/Eenheid uitverhuur of andersins deur enige ander persoon laat bewoon nie, op voorwaarde dat:

18.2.1 indien die Genomineerde Bewoner(s), hetsy by wyse van onderverhuring of op ‘n ander basis, sy okkupasie wil beëindig tydens sodanige Genomineerde Bewoner(s) se tydlike afwesigheid of vakansie of andersins, sal dit nie as skending van hierdie klousule beskou word nie, mits die Komitee skriftelik toestemming verleen het, welke toestemming nie onredelikerwys weerhou mag word nie;

18.2.2 ‘n Genomineerde Bewoner mag sy familie, gaste of besoekers tydelik in sy Eenheid huisves vir ‘n periode nie langer as sestig (60) dae in enige kalenderjaar nie, en om sodanige persone langer te huisves moet die Genomineerde Bewoner(s) skriftelike toestemming van die Komitee kry en voldoen aan die voorwaardes wat die Komitee aan hom oplê.

18.3 Om die goedkeuring van die Komitee, ingevolge klousule 18.2, te verkry moet die Lid of Transportnemer die Komitee van die volgende voorsien:

18.3.1 ‘n geskrewe nominasie van die Genomineerde Bewoner(s) ten opsigte van sy Erf/Eenheid;

18.3.2 die betaling van die Vervreemdingsheffing en die Toegangsfooi in geval van ‘n Geagte Vervreemding.

18.4 Geen Lid of Genomineerde Bewoner sal sy Eenheid uitverhuur of ‘n reg om dit te bewoon aan iemand toestaan sonder die skriftelike toestemming van die Komitee nie en sodanige Komitee mag redelike voorwaardes tot die

Page 32: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

32Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

toestemming voeg.

19. ARGITEKTONIESE RIGLYNE

19.1 Die Ontwikkelaar het Riglyne opgestel vir die beheer van alle aspekte van die ontwerp en voorkoms van die geboue en strukture wat opgerig is in die Ontwikkeling.

19.2 Die Komitee sal geregtig wees om:

19.2.1 voorwaardes op te stel, te implementeer en af te dwing sodat die argitektoniese styl -en ontwerp kriteria van die materiale en kleure wat op al die geboue, strukture en veranderings of verbouings wat by die Ontwikkeling opgerig word, ooreenkom;

19.2.2 alles te doen wat nodig is om die oogmerke wat hierin geïmpliseer of uitgedruk word te bereik, wat aksies, inter alia, die bestudering en goedkeuring van die relevante bouplanne wat nodig is vir konstruksie en/of verbouings binne die Ontwikkeling insluit;

19.2.3 ‘n argitek en/of sodanige adviseurs soos nodig aan te stel om die relevante planne waarna hierin verwys word noukeurig te bestudeer;

19.2.4 ‘n ondersoekfooi en ander kostes, soos wat hul nodig mag ag, van die Lede te hef vir dienste gelewer en kostes aangegaan;

19.2.5 ‘n deposito van lede te vra.

19.3 Alle geboue en strukture wat in die Ontwikkeling opgerig word of enige veranderings of toevoegings aan die bestaande geboue of strukture moet voldoen aan die bepalings van die Riglyne.

20. VERANDERING AAN BESTAANDE STRUKTURE

20.1 Die goedkeuring van die Komitee, soos beoog in klousule 20.1, sal slegs gegee word nadat:

Page 33: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

33Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

20.1.1 ‘n aansoek by die Komitee ingedien is;

20.1.2 gedetailleerde planne vir die voorgenome werk by die Argitek, wat deur die Komitee aangestel is, (indien van toepassing) ingedien is;

20.1.3 die Komitee en (indien van toepassing) die Argitek tevrede is dat die voorgenome werk in ooreenstemming met die Riglyne is en waarvoor die Komitee of sy genomineerde die enigste arbiter sal wees en hulle besluit sal finaal en bindend wees op die Lid;

20.1.4 die Lid die ondersoekfooi en sodanige ander kostes, wat moontlik aangegaan is deur die Komitee, betaal het;

20.1.5 die Lid ‘n deposito van sodanige bedrag as wat die Komitee van tyd tot tyd vasstel, as boudeposito betaal het;

20.1.6 die Plaaslike Owerheid die bouplanne, waar van toepassing, goedgekeur het.

20.2 Elke Lid sal, wanneer hy die aansoek om goedkeuring, ingevolge klousule 20.2.1, aan die Komitee voorlê, ‘n deposito, welke bedrag van tyd tot tyd deur die Komitee bepaal word, aan die Komitee betaal en sodanige bedrag sal teruggehou word deur die Komitee tot en met die voltooiing van sodanige werk deur die Lid. By voltooiing van die werk sal die Komitee die deposito aan die Lid terugbetaal, uitsluitend enige rente daarop wat ten gunste van die Vereniging sal oploop, mits hulle tevrede is dat geen skade deur die Lid of enige van sy Kontrakteurs aan die Gemeenskaplike Eiendom gedoen is en dat die werk in ooreenstemming met die behoorlik goedgekeurde bouplanne is. In geval waar die Gemeenskaplike Eiendom beskadig is weens sodanige werk, sal die Lid, ná ‘n skriftelike versoek van die Komitee, binne vyftien (15) dae die skade herstel tot bevrediging van die Komitee en by gebreke daaraan sal die Komitee geregtig wees om ‘n onafhanklike kontrakteur aan te stel om die skade te herstel en die depositobedrag wat aan die Komitee betaal is, sal benut word om die onkostes van die onafhanklike kontrakteur te dek. Indien die deposito egter nie voldoende is om sodanige herstelkoste te dek nie, sal die Komitee geregtig wees om die tekort van die Lid te verhaal.

Page 34: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

34Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

21. GEDRAGSREËLS

Die Ontwikkelaar het die Gedragsreëls opgestel wat die gebruik, okkupasie en genieting van die Erwe en die Gemeenskaplike Eiendom, die voorkoms van die Eenhede en Erwe, die gedrag van Lede, Genomineerde Bewoners en Huurders en hul familielede, gaste, besoekers, werkers en kontrakteurs asook die inwoners van die Gesondheidsorg-sentrum reguleer en in die algemeen ter bevordering van die oogmerke van die Vereniging, waaraan alle Lede, genomineerde bewoners, huurders en hul familielede, lede, gaste, besoekers, werkers kontrakteurs en die inwoners van die Gesondheidsorg-sentrum moet voldoen.

22. GEMEENSKAPLIKE EIENDOM

22.1 Die Komitee kan verbeteringe aan die Gemeenskaplike Eiendom aanbring of verwyder indien die Lede by wyse van ‘n Algemene Resolusie so besluit.

22.2 Die Komitee sal die Gemeenskaplike Eiendom behoorlik onderhou en in ‘n goeie toestand hou. Die Komitee sal die buitekante van alle Eenhede onderhou.

22.3 Lede, Genomineerde Bewoners en Huurders sal toegang en redelike gebruik van die Gemeenskaplike Eiendom geniet, onderworpe aan redelike voorwaardes wat die Komitee van tyd tot tyd bepaal.

22.4 Enige persoon teenwoordig op die Gemeenskaplike Eiendom of wat enige van die Fasiliteite en Dienste gebruik, doen dit geheel en al op eie risiko. Geen persoon sal ‘n eis van enige aard, wat spruit uit sodanig gebruik of vir enigiets wat mag gebeur daartydens, hetsy veroorsaak deur ‘n mens of dier, ‘n natuurlike verskynsel of andersins, teen die Vereniging hê nie. Die Vereniging sal nie aanspreeklik wees vir enige besering, verlies, fisiese skade of skade teen sy eiendom, direk of indirek, in of rondom die Gemeenskaplike Eiendom of die Fasiliteite of Dienste of vir enige aksie of nalatigheid aan die kant van die Vereniging of enige van die Vereniging se werknemers, agente of kontrakteurs nie.

22.5 Die Vereniging sal eiendomsreg neem van die gedeeltes van die Gemeenskaplike Eiendom wat registreerbaar is.

Page 35: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

35Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

23. DIE FASILITEITE EN DIENSTE

23.1 Die Lede en Genomineerde Bewoners sal toegang en gebruik van die Fasiliteite en Dienste geniet, onderworpe aan redelike voorwaardes wat van tyd tot tyd deur die Komitee bepaal word.

23.2 ‘n Gesondheidsorg-sentrum sal aan die Ontwikkeling voorsien word as ‘n aparte fasiliteit en teen addisionele koste. ‘n Basiese Gesondheidsorg heffing, soos van tyd tot tyd vasgestel deur die Vereniging, is betaalbaar deur lede en genomineerde bewoners. ‘n Daaglikse aanvullende Gesondheidsorg heffing en maaltyd heffing is betaalbaar deur ‘n lid of genomineerde bewoner wanneer sodanige lid of genomineerde bewoner in die Gesondheidsorg-sentrum opgeneem word. Vir verdere toeligting van die basiese en aanvullende Gesondheidsorg heffing, sien Item 6 van die Skedule van die Verkoopooreenkoms. Die Gesondheidsorg-sentrum sal privaat besit word en sal deur die Gesondheidsorg Operateur, wat deur die Ontwikkelaar aangestel word, bestuur word. In ’n geval waar die Ontwikkelaar nie die geregistreerde eienaar van die Gesondheidsorg-sentrum nie, sal die Vereniging ‘n Gesondheidsorg Operateur aanstel. Die Gesondheidsorg Operateur sal die reg hê om kommersieel kompeterende tariewe in te stel vir die dienste verskaf en fasiliteite aangebied by die Gesondheidsorg-sentrum.

Page 36: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

36Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

23.3 Die Gesondheidsorg-sentrum kan deur lede van die publiek gebruik word, maar Lede en Genomineerde Bewoners sal, onderworpe aan beskikbaarheid, voorkeurregte geniet ten opsigte van toegang.

23.4 ‘n Gemeenskapsentrum met maaltydfasiliteite sal by die Ontwikkeling voorsien word. Die Gemeenskapsentrum sal deur die Komitee of ‘n diensverskaffer, wat deur die Komitee aangestel is, bestuur word. Die Gemeenskapsentrum en maaltydfasiliteite kan deur ’n Lid of Genomineerde Bewoner en die publiek gebruik word, mits die Maaltyd heffing en sodanig addisionele koste, soos deur die Komitee of diensverskaffer bepaal, betaal word.

23.5 Inwoners van die Gesondheidsorg-sentrum kan die Gemeenskapsentrum gebruik en sal toegang hê tot die Gemeenskaplike Eiendom, onderworpe aan die voorwaardes deur die Komitee bepaal en die ooreenkoms tussen die Komitee en die eienaar of die Gesondheidsorg-sentrum operateur.

24. AANSTELLING EN PLIGTE VAN DIE OUDITEUR

24.1 Die Vereniging sal by elke algemene jaarvergadering ‘n ouditeur, wat volgens die Wet op Ouditeurs, Nr. 26 van 2005 gekwalifiseerd is, aanstel om die amp te beklee vanaf die afsluiting van die vergadering tot en met die afsluiting van die volgende algemene jaarvergadering.

24.2 Die finansiële state van die Vereniging sal deur die Ouditeur bestudeer word en die korrektheid daarvan sal ten minste een keer tydens ‘n Finansiële Jaar deur die Ouditeur bepaal en onderteken word. Die pligte van die ouditeur sal andersins gereguleer word in ooreenstemming met algemene praktyk en toepaslike standaarde.

25. FINANSIËLE STATE, REKENINGE EN REKORDS

25.1 Die Komitee sal toesien dat behoorlike boekhouding geskied en rekords gehou word om sodoende transaksies en die finansiële posisie van die Vereniging te kan uitklaar, insluitend:

25.1.1 ‘n rekord van die bates en aanspreeklikhede van die Vereniging;

Page 37: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

37Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

25.1.2 ‘n rekord van alle gelde ontvang en spandeer deur die Vereniging en die aangeleenthede ten opsigte waarvan sodanige ontvangs en uitgawes plaasgevind het;

25.1.3 ‘n register hou van Lede wat elkeen se volledige adres en kontakbesonderhede aandui;

25.1.4 ‘n individuele grootboekrekening hou ten opsigte van elke Lid.

26. VRYWARING

26.1 Elke Komiteelid, agent of ander werknemer van die Vereniging sal deur die Vereniging vrywaring geniet teen alle koste, verliese, uitgawes en eise wat hy mag opdoen of aanspreeklik voor gehou word weens ‘n optrede tydens die uitvoering van sy pligte, tensy sodanige koste, verliese of uitgawes of eise veroorsaak is deur ‘n mala fide of erge nalatige handeling of versuim van sodanige persoon.

26.2 Die Komitee sal sodanig vrywaring uit die Vereniging se fondse betaal.

27. PRIVILEGIE TEN OPSIGTE VAN LASTER

Elke Lid van die Vereniging en elke Komiteelid sal weens sy lidmaatskap of, indien dit die geval is, sy posisie as Komiteelid, geag word as dat hy van alle eise en reg tot aksie afstand gedoen teen enige ander Lid, die Komitee, die Voorsitter, die Ondervoorsitter, elke ander Komiteelid en enigiemand anders wat betrokke is om ‘n funksie te verrig of plig uit te voer namens of tot voordeel van die Vereniging, die Komitee of enige sub-komitee, wat sodanige Lid of Komitee andersins sou mag gehad het weens enige stelling, verslag, klagte of kennisgewing rakende die Lid of die Komiteelid wat gemaak is tydens enige Komiteevergadering of algemene vergadering of andersins tydens die uitvoering van enige reg, funksie, plig, bevoegdheid of trust binne die strekking van die Grondwet, synde ‘n stelling, verslag, klagte, kennisgewing of verwysing wat lasterlik is vir sodanige Lid of Komiteelid of andersins skadelik is ten opsigte van sy waardigheid, reputasie, sake- of finansiële belange van sodanige Lid of Komiteelid, hetsy die stelling waar of onwaar is.

28. DOMICILIUM VAN DIE VERENIGING EN LEDE

Page 38: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

38Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

28.1 Die Komitee sal van tyd tot tyd die adres wat die domicilium citandi et executandi van die Vereniging is bepaal, onderworpe aan die volgende:

38.1.1 sodanige adres sal die adres wees van die Voorsitter of ‘n Komiteelid wat genomineer is deur die Komitee of die adres van ‘n behoorlik aangestelde Bestuursagent of die adres van die kantoor van die Vereniging, indien enige;

38.1.2 die Komitee sal enige adresverandering per kennisgewing aan alle lede verskaf.

28.2 Die domicilium citandi et executandi van elk Lid, Genomineerde Lid of Huurder waarby alle dokumente en kennisgewings afgelewer word ingevolge die Grondwet, die Riglyne en die Gedragsreëls, sal die straatadres van die Erf/Eenheid wees.

28.3 ‘n Lid kan deur ‘n skriftelike kennisgewing aan die Komitee sy domicilium verander, mits die nuwe adres nie ‘n posbusnommer of poste restante is nie en mits die adres in die Republiek van Suid-Afrika is en sal nie van krag wees tot veertien (14) dae nadat die Komitee die kennisgewing ontvang het nie.

29. KENNISGEWINGS

29.1 ‘n Kennisgewing, ingevolge die Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls, sal skriftelik wees en moet per hand of per pos in ‘n voorafbetaalde, behoorlik geadresseerde brief afgelewer word deur die Vereniging aan ‘n Lid of Genomineerde Lid by sy domicilium citandi et executandi.

29.2 Dit sal geoorloof wees om enige kennisgewing aan ‘n Lid, Genomineerde Lid of Huurder deur middel van ‘n faksnommer of e-posadres van die Lid, Genomineerde Lid of Huurder te versend indien die ‘n faksnommer of e-posadres van die Lid, Genomineerde Lid of Huurder by die Komitee aangeteken is.

29.3 Enige kennisgewing aan ‘n Lid of Genomineerde Bewoner:

29.3.1 wat aan hom na sy domicilium citandi et executandi versend is deur middel van van ‘n voorafbetaalde posstuk wat korrek geadresseer is,

Page 39: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

39Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

sal geag word as ontvang teen die vyfde (5de) dag nadat dit versend is; of

29.3.2 per hand by ‘n Lid, Genomineerde Lid of Huurder afgelewer is, sal geag word as ontvang op die dag van aflewering; of

29.3.3 suksesvol versend aan ‘n Lid, Genomineerde Lid of Huurder na sy telefaksnommer, sal geag word as ontvang op die eerste (1ste) dag van versending; of

29.3.4 gestuur deur middel van elektroniese pos aan ‘n Lid, Genomineerde Lid of Huurder na sy e-posadres sal geag word as ontvang op die eerste (1ste) dag van versending daarvan.

29.4 Ondanks enigiets teenstrydig hierin vervat, sal ‘n geskrewe kennisgewing of kommunikasie wat werklik ontvang is deur ‘n Lid, Genomineerde Lid of Huurder ‘n voldoende skriftelike kennisgewing of kommunikasie wees aan sodanige ‘n Lid, Genomineerde Lid of Huurder, nieteenstaande die feit dat dit nie op die bogenoemde wyse versend of afgelewer is nie.

29.5 In alle gevalle waar ‘n kennisgewing of dokument afgelewer is aan die Genomineerde Bewoner sal die kennisgewing, ingevolge die Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls, ook aan die Eienaar van die betrokke Erf/Eenheid afgelewer word.

30. KONTRAKBREUK

30.1 In ooreenstemming met die bepalings van hierdie klousule kan die Komitee namens en in die naam van die Vereniging regstappe neem.

30.2 Indien enige Lid hierdie Grondwet skend deur na te laat om betyds (teen die sperdatum) Heffings of enige ander gelde verskuldig te betaal ingevolge die Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls, kan die Komitee regstappe namens die Vereniging teen sodanige Lid neem om die agterstallige Heffings of ander uitstaande gelde verskuldig aan die Vereniging te verhaal.

30.3 Indien enige Lid hierdie Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls skend en nalaat

Page 40: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

40Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

om dit reg te stel binne ‘n periode van sewe (7) dae na ontvangs van ‘n skriftelike kennisgewing tot dien effek en sodanige skending binne ‘n redelike tyd, soos wat in die kennisgewing aangedui word, reg te stel, sal die Komitee geregtig wees om namens die Vereniging, sonder die benadeling van enige regte of regsmiddele wat die Komitee of Vereniging of enige Lid volgens regte het, stappe te neem, insluitende die reg om skadevergoeding te eis:

30.3.1 om die Erf/Eenheid te betree en om sodanige aksies te neem wat redelikerwys nodig is om die skending reg te stel en die betrokke Lid sal aanspreeklik gehou word teenoor die Vereniging ten opsigte van alle kostes aangegaan, welke kostes op aanvraag verskuldig en betaalbaar sal wees; en/of

30.3.2 om die aangeleentheid te verwys na ‘n algemene vergadering om Lede in staat te stel om voorskrifte aan die Komitee te gee en om die Lid die geleentheid te om gee om sy saak te stel; en/of

30.3.3 om namens die Vereniging regstappe teen sodanige Lid in te stel om sy verpligtinge ingevolge die Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls na te kom; en/of

30.3.4 om, ingevolge klousule 32 van hierdie Grondwet, ’n arbitrasiegeding in te stel.

30.4 Indien die Komitee, ingevolge klousule 30.2, regstappe teen ‘n Lid neem, sal die Komitee geregtig wees om van sodanige lid alle kostes, insluitende regskostes tussen die kliënt en prokureur, spoorkostes , invorderingskommissie, die advokaat se fooi en alle ander koste en uitgawes, administratief of andersins, wat die Vereniging moes aangaan om regstappe teen sodanige Lid te neem, te verhaal.

30.5 Indien enige Lid nalaat om heffings of enige bedrag verskuldig deur die Lid, ingevolge die Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls op die sperdatum te betaal, sal sodanige lid aanspreeklik wees om die rente daarop, soos van tyd tot tyd deur die Komitee bepaal, en bereken vanaf die dag wat die bedrag verskuldig is tot die dag van die werklike betaling (albei dae inklusief), te betaal.

30.6 Indien enige Lid hierdie Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls skend, sal die Komitee, sonder die benadeling van enige regte van die Komitee of die

Page 41: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

41Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

Vereniging onder hierdie Grondwet, geregtig wees om boetes op sodanige Lid op te lê.

31. STRAFBEPALING

31.1 Indien die gedrag van ‘n Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder of familielede, besoekers, gaste, werkers of kontrakteurs van sodanige Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder na die mening van die Komitee as ‘n oorlas beskou word of as ‘n oortreding van die Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls, kan die Komitee:

31.1.1 op informele wyse (persoonlik, per telefoon, e-pos, faks of per gewone pos) die Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder in kennis stel van die oorlas of oortreding en hom/hulle versoek om ‘n duidelike oplossing vir die aangeleentheid te bied, of

31.1.2 deur ‘n geskrewe kennisgewing die Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder (indien van toepassing) inlig omtrent die oorlas of oortreding en die Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder (indien van toepassing) waarsku dat as hy nalaat om die oortreding reg te stel en indien hy voortgaan met sodanige gedrag of oortreding, hy ‘n boete opgelê sal word.

31.2 Indien die Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder, (indien van toepassing) nieteenstaande volhou met die spesifieke gedrag of oortreding kan die Komitee deur middel van ‘n geskrewe kennisgewing aan die Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder ‘n verhoor voor die Komitee skeduleer.

31.3 Die Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder (indien van toepassing) sal tydens die verhoor die reg hê om:

31.3.1 teenwoordig te wees en bygestaan of verteenwoordig te word deur ‘n ander persoon;

31.3.2 getuienis te lewer;

31.3.3 gehoor te word;

31.3.4 getuies te roep;

31.3.5 enige persoon wat as getuie geroep is ter ondersteuning van die

Page 42: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

42Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

klagte, onder kruisverhoor te neem en ook om toegang te hê tot dokumente wat spruit uit die getuienis

31.4 Met die afloop van die verhoor sal die Komitee oorleg pleeg ten opsigte van die getuienis en indien die saak bygelê word, kan die Komitee ‘n boete oplê vir die eerste oortreding en verder boete of boetes oplê vir elke daaropvolgende soortgelyke oortreding deur die Lid. Die versuim van ‘n Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder, (indien van toepassing) om die verhoor by te woon sal nie enigsins die verrigtinge ongeldig maak nie.

31.5 Die boete (verskuldig en betaalbaar), wat deur die Komitee opgelê word, sal van krag wees op die datum van die verhoor en moet binne veertien (14) dae na die verhoor betaal word, en by versuim kan die boete by die Lid se Heffingstaat gevoeg word. Die boete sal as skuld verskuldig deur die Lid aan die Vereniging geag word en kan ook deur middel van ‘n siviele proses verhaal word.

Page 43: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

43Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

31.6 ‘n Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder, (indien van toepassing) mag tydens enige stap in die proses appèl aanteken, soos omskryf in hierdie klousule, deur middel van ‘n geskrewe kennisgewing aan die Komitee waarin hy die redes vir sodanige appèl noem. Indien ‘n appèl versoek word na die oplegging van die boete sal die Lid, Genomineerde Bewoner of Huurder, (indien van toepassing) eers die boete, koste en rente ten volle aan die Vereniging betaal voor hy appèl aanteken by die Komitee. By ontvangs van die appèl kan die Komitee die boete goedkeur, of ‘n volledige of gedeeltelike terugbetaling van die boete, koste aangegaan en rente goedkeur.

31.7 Die Komitee kan van tyd tot tyd bedrae bepaal vir boetes ten opsigte van ‘n eerste of daaropvolgende oortredings, onderworpe aan die riglyne verskaf of die beperkings opgelê deur die Lede aan die Vereniging tydens ‘n algemene vergadering.

32. ARBITRASIE

32.1 Indien enige dispuut, vraag of verskil tussen die Lede of Lede en die Vereniging of die Komitee ontstaan wat spruit uit, of verband hou met:

32.1.1 die interpretasie van;

32.1.2 die gevolg van;

32.1.3 die onderskeie regte of verpligtinge ten opsigte van;

32.1.4 ‘n skending (behalwe vir nie-betalings van heffings of enige ander bedrag verskuldig deur ‘n Lid) ingevolge hierdie Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls) en sal sodanige dispuut ingedien en beslis word deur middel van arbitrasie met die skriftelike kennisgewing van enige party aan die ander belanghebbende party.

32.2 Ten opsigte van enige eis wat spruit uit die wanbetaling van heffings of enige bedrag verskuldig, ingevolge die Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls, deur die Lid aan die Vereniging, sal die Vereniging en die Komitee steeds gemenereg geniet en sal dit nie van hulle vereis kan word om met arbitrasie voort te gaan nie en sal dit hulle nie verhinder om in enige hof met bevoegde jurisdiksie voort te gaan om ‘n geding aanhangig te maak nie.

32.3 Die arbitrasie waarna in klousule 32.1 verwys word sal:

Page 44: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

44Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

32.3.1 op ‘n informele, samevattende wyse gehou word op voorwaarde dat nie nodig sal wees vir die gewone formaliteite en prosedures wat verband hou met die uitruil van pleitstukke of blootlegging of die streng reëls van bewyslewering nie.

32.3.2 aanvang neem so gou as wat redelik moontlik is nadat dit aangevra is, met die oog op afhandeling binne dertig (30) dae nadat dit aangevra is;

32.3.3 gehou word volgens die bepalings van die Wet op Arbitrasie Nr. 42 van 1965 (soos van tyd tot tyd gewysig) buiten waar die bepalings van hierdie arbitrasieklousule van toepassing is.

32.4 Die arbiter sal ‘n advokaat of prokureur wees wat vir nie minder as tien(10) jaar praktiseer nie en aangestel word deur ‘n ooreenkoms tussen die partye in die dispuut binne sewe (7) dae nadat die arbitrasie versoek is en by versuim van die aanstelling binne ‘n sewe (7) dae periode, sal die President van die Kaapse Prokureursvereniging ‘n arbiter aanstel.

32.5 Die arbiter sal, wanneer hy die toekenning maak, ag slaan op die beginsels vervat in hierdie Grondwet, Riglyne en Gedragsreëls, en hy sal die saak, soos aan hom voorgelê, volgens dit wat hy onder die omstandighede redelik en billik beskou beoordeel en daarom hoef daar nie by die streng reëls van die wet gehou te word wanneer hy sy besluit neem nie.

32.6 Die arbiter sal sy besluit in ‘n skriftelike dokument binne tien (10) dae na die afhandeling van die arbitrasieverhoor gee en hy sal die redes aanvoer vir sy besluit. Die arbiter mag bepaal dat die koste vir die arbitrasie deur óf die een óf die ander óf deur beide partye in die dispuut betaal word volgens die bedrae wat hy mag bepaal.

32.7 Elke partye in die arbitrasie stem onherroeplik saam dat die besluit van die arbiter tydens die verrigtinge:

32.7.1 finaal en bindend op hulle is;

32.7.2 onmiddellik van krag sal wees; en

Page 45: GRONDWET VAN DIE  · Web viewWaar enige Erf/Eenheid besit word deur meer as een persoon sal al die geregistreerde eienaars van daardie Erf/Eenheid gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik

45Grondwet van Bardolino Leefstyl Oord

32.7.3 ‘n Hooggeregshofbevel kan word wanneer enige party of die Vereniging sodanige aansoek doen.

32.8 Ondanks enige strydighede vervat in klousule 32.1 tot 32.7 (inklusief) sal die Komitee die reg hê om regstappe namens die Vereniging te neem by wyse van ‘n aansoek, aksie of andersins, in enige Hof wat jurisdiksie het om ‘n verbiedende of gebiedende interdik of enige ander dringende bevel uit te reik wat ‘n interdik of regstelling van enige skending of bepaling van hierdie Grondwet, die Riglyne of die Gedragsreëls of vir enige dringende bevel ten doel het.

33. WYSIGINGS AAN HIERDIE GRONDWET, DIE RIGLYNE EN/OF GEDRAGRSREËLS

33.1 Geen byvoegings, wysigings of plaasvervanging ter herroeping sal aan die bepalings van hierdie Grondwet gemaak word nie, behalwe deur middel van ‘n Spesiale Resolusie wat aanvaar word tydens ‘n algemene vergadering van die Vereniging. Die kennisgewing van die vergadering sal die voorgestelde byvoeging, wysiging of plaasvervanging ter herroeping of bepaling van hierdie Grondwet uiteensit. Die Grondwet mag nie aangevul, gewysig, vervang of herroep word sonder die geskrewe toestemming van die Ontwikkelaar nie.

33.2 Die bepalings van die Riglyne en/of die Gedragsreëls mag van tyd tot tyd deur die Komitee aangevul, gewysig, vervang of herroep word, onderworpe aan die voorskrifte of beperkings wat deur die Lede deur middel van ‘n Gewone Resolusie bepaal mag word. Die Riglyne en/of Gedragsreëls mag nie aangevul, gewysig, vervang of herroep word sonder die geskrewe toestemming van die Ontwikkelaar nie.

-ooOOoo-