Top Banner
GOD SE GENADEJAA R
21

God se genadejaar

Jun 20, 2015

Download

Spiritual

Sondag oggend erediens: Godlife Church 20 Oktober 2013
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: God se genadejaar

GOD SE GENADEJAAR

Page 2: God se genadejaar

Lukas 4:16 – 21 (18, 19)16 Toe kom Hy in Násaret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond

was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te lees.

17 En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is:

18 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;

19 om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.

20 En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het, gaan Hy sit, en die oë van almal in die sinagoge was op Hom gevestig.

21 Toe begin Hy vir hulle te sê: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.

Page 3: God se genadejaar

Ons lees in Lukas 4 van die begin van Jesus se bediening op aarde.

Hy was op hierdie stadium so ongeveer dertig jaar oud.

Hy het tot hier toe 'n doodeenvoudige lewe as skrynwerker in Nasaret gelewe.

Sy aardse bediening word ingelei deur die veertig dae wat Jesus deur die Heilige Gees in die Woestyn ingelei is om in 'n persoon tot persoon konfrontasie met die duiwel te staan te kom.

Nadat Jesus die versoeking met vlieënde vaandels oorleef het is Hy deur Galilea, waar Hy bekendheid verwerf het onder die mense.

Page 4: God se genadejaar

Hy is ook terug na sy tuisdorp Nasaret toe.

In Nasaret het Hy oudergewoonte op die Sabbatdag na die sinagoge toe gegaan.

In daardie tyd het dit so gewerk dat enigeen uit die gemeente geroep sou word om voor te lees.

Soos God dit wou, was dit op hierdie dag Jesus se beurt.

Die boekrol met Jesaja 61 is aan Jesus gegee en Jesus het begin lees: -

Page 5: God se genadejaar

"Die Gees van die Here is op my. Hy het my aangestel om goeie nuus te bring vir daardie mense op wie almal neersien; van nou af is hulle vir God baie spesiaal. God het my gestuur om vir die gevangenes te sê dat hulle vonnis vir altyd verby is; en om die blindes weer te laat sien, om almal wat verdruk word te kom bevry, en om aan te kondig:

'God se bonusjaar is hier, sy groot jaar om stukkende mense se lewe heel te maak.'"

Page 6: God se genadejaar

Nadat Jesus gelees het, het Hy gaan sit. – dit was gebruik in daardie dae vir die een wat uit die boekrol gelees het om te gaan sit as hy 'n boodskap of verklaring van dit wou gee wat hy nou net gelees het.

Almal se oë was op Hom, en toe sê Jesus:

"Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul."

Is God se keuse vir 'n teks vir Jesus se intreepreek nie interessant nie? Dit is nie 'n wettiese boodskap nie. - Julle moet so maak en so maak dan sal ek so maak en so maak nie.

Jesus se intreepreek is ook nie 'n boodskap van veroordeling nie. "Omdat julle dit en dat is, gaan Ek dit en dat aan julle doen nie."

God het ook nie 'n Moralistiese boodskap vir Jesus nie. - "Kom nou my kinders wees nou nice en wees nou gehoorsaam dan sal ek julle seën" nie.

Nee die onderwerp van Jesus se intreepreek is een van genade!

Page 7: God se genadejaar

Vra Jesus in hierdie intreepreek van Hom iets van die mens?

Vra God dat mense vir hom iets moet doen dan sal Hy aan hulle genade betoon?

Watter voorskrifte en vereistes stel Jesus in sy intreepreek?

Moet hulle iets doen om dit te ontvang? Moet hulle dit verdien? Word hier vereistes gegee waaraan hulle moet voldoen voordat hulle die voordele uit God se hand sal verdien?

Page 8: God se genadejaar

Nee!

Hierdie is 'n boodskap van genade.

En hier leer ons presies wat genade is.

Genade is wanneer 'n almagtige God van sy kant af neerbuig na mense toe wat dit hoegenaamd nie verdien nie, mense wat geen vorm van prestasie kan lewer nie en vir hulle die goeie nuus kom gee.

En wat is die goeie nuus:

Julle vonnis is vir altyd verby! Julle wat blind gemaak is deur die sonde sal weer sien. Julle wat onderdruk is as gevolg van julle eie dade gaan vrygelaat word. Die goeie nuus is dat Jesus, met sy koms na hierdie aarde toe 'n bonusjaar, 'n genadejaar aankondig sodat stukkende mense se lewens weer heelgemaak kan word..

Page 9: God se genadejaar

Wat sê Jesus nog met die genadeboodskap van Hom?

Hy sê: "die Gees van die Here is op my...

" Jesus sê ek, Jesus Christus is die aangesig van God se genade .

In Jesus Christus het God se genade 'n gestalte gekry, `n gesig, hande en voete en 'n naam. Jesus Christus is die persoonlike gestalte van God se genade. Ek en jy kan nie oor genade praat as ons nie oor Jesus Christus praat nie. Ons kan nie oor Jesus Christus praat as die woord genade nie ook in die sin voorkom nie. Jesus is gelyk aan God se genade! Jesus het self toe Hy op aarde was gesê:" Ek is... Ek is die weg, die waarheid en die lewe! Niemand kom na die vader behalwe deur my nie.

Ek is die gesig van God se genade!

Page 10: God se genadejaar

Wat was Jesus se missie op aarde?

Jesus se missie was om God se genadejaar te kom aankondig.

Jesus het na die aarde toe gekom om te kom sê dat daar 'n nuwe kans is.

Jesus kom maak die deur weer 'n slag oop sodat ek en jy weer oor kan begin!

Jesus het na die aarde toe gekom om vanmore vir die gevangenes hier onder ons te kom sê dat Hy jou vrylating is.

Al was jy hoeveel keer al vasgevang in dieselfde strik, dan sê Jesus vandag vir jou is hier vrylating.

Page 11: God se genadejaar

Al het jy hoe blind geword deur al die verkeerde dinge wat jy nou al in jou lewe gedoen het is Jesus hier om vanmore vir jou te sê

Hy het gekom dat jy weer kan sien.

Al is jy hoe verdruk deur jou eie foute en keuses, is Jesus hier om vir jou vandag te kom sê hier is vir jou 'n nuwe kans.

Al het jy hoe drooggemaak in jou lewe, het Jesus gekom om vir jou te sê: Jy kan oor begin. Jy kan weer probeer!

'n Nuwe kans! 'n Tweede kans! 'n duisendste kans !

Dit is wat Jesus hier vandag vir jou kom aanbied

Nog 'n kans! - Is dit nie die aller wonderlikste boodskap wat jy in jou lewe nog van 'n kansel af gehoor het nie..

Page 12: God se genadejaar

My geliefde vriend vriendin.

Dit gee nie om waar jy vandaan kom nie. dit gee nie om waar jy gisteraand was nie. Dit maak nie saak hoe die sonde vanmore nog in jou kleef nie. Jesus het jou hierheen gebring om vanmore vir jou te kom sê hier is vir jou nog 'n kans! die deur is nog nie toegemaak op jou nie. God Het jou nog nie uit sy mond gespoeg nie. Hy het jou nog nie afgeskryf nie! Jy is nog nie veroordeel nie. Hier is vir jou nog 'n kans! Jy het vandag nog 'n kans om die boodskap te hoor en dit te aanvaar! Die nuwe kans wat Jesus aanbied is anders as mense se nuwe kanse.

Page 13: God se genadejaar

God kyk vir jou, en Hy sien hoe skuldig jy is, vuil, vieslik vasgevang in jou sonde!

En omdat God se wese een van liefde is, buig Hy hom na jou toe neer en gee Hy vir jou 'n nuwe kans

kondig Hy 'n genadejaar vir jou aan. Jy verdien dit hoegenaamd nie! God gee nie genade in reaksie op wat ek en jy doen nie. God tree altyd eerste op! Hy doen dit op grond van wat Hy is Hy is liefde in die kern van Sy wese!

Page 14: God se genadejaar

Kom ons blaai na Lukas 13 vir 'n bevestiging hiervan. Ons lees die 6e tot 9e verse.

6Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: "'n Man het 'n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry nie,

7 sê hy vir die tuinier: 'Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?‘

8 Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes.

9 Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap."

Page 15: God se genadejaar

Ons het 'n boer in die gelykenis. Die boer is God. - Hy verwag vrugte van sy vyeboom,

Vir jare lank het God net genade en guns en liefde aan sy vyeboom gegee.

En nou verwag God opbrengs.

Die vyeboom is ons as mense (Israel in die geval) en vir jare kry God niks van ons af nie. Al wat ons doen is sonde. Al wat ons voortbring is gemors en skande.

Ons het ons skeppingsdoel heeltemal verkeerd verstaan: ons lewe ter wille van ons self en nie tot eer van God nie!

Natuurlik kom die Boer en sê – kap uit! - Vernietig hom! Maak plek vir een wat dalk gaan vrug dra! –

Dit is tog iets wat ek en jy ook sou gedoen het, nie waar nie?

Page 16: God se genadejaar

Maar dan staan die tuinier op en sê:

"Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan."

En dan wil ek hê jy moet mooi kyk wat staan daar! "Ek sal...

" Die tuinier sê nie meneer laat hom nog 'n jaar staan dan kyk ons wat doen hy dan nie.

Hy sê laat hom nog 'n jaar staan.. "ek sal..." Jesus het na hierdie aarde toe gekom, nie om te kom vra dat jy 'n tweede kans kry nie. –

Jesus het na hierdie aarde toe gekom om vir jou 'n tweede kans te kom máák!

Hy het gekom om vir jou 'n genadejaar te onderhandel. Aan die kruis op Golgota het hy die prys betaal sodat jy 'n genadejaar kan ontvang! Jesus onderhandel nie tweede kanse nie. Hy kom maak tweede kanse.

Page 17: God se genadejaar

En as jy dink dit het hom niks gekos nie, dan moet jy mooi dink aan sy lyding en sterwe aan die kruis op Golgota.

Dan moet jy teruggaan na Getsemane waar Hy drie maal in bloedsweet voor God worstel en vra of die beker nie maar by Hom verby kan gaan nie.

Deur Jesus se lewe, sterwe en opstanding het Hy vir jou 'n tweede kans kom koop.

Jesus weet so goed soos ek en jy dat as Hy die verantwoordelikheid op ons moet plaas om vrug te dra, ons dit nie sal maak nie.

As God vir jou en my moet wag om goed genoeg te wees om sy genade te ontvang sal Hy vir ewig wag, want ons kan nie!

Ons is te vol gemors en sonde!

Daarom neem Jesus die verantwoordelikheid op hom.

Page 18: God se genadejaar

Loer net weer na Jesus se intreepreek!

Wie gaan vrylating bring – Jesus gaan. Wie gaan vrylating vir die gevangenes bring – Jesus. Wie gaan herstel vir die blindheid bring – Jesus.

Want Jesus is die aangesig van God se genade –

Hy bring vir ons al die voordeel nie ons eie keuses nie.!

Waarom maak Jesus vir ons 'n genadejaar?

Sodat sy genadejaar jou oë kan oopmaak vir God se genade en liefde vir jou.

Jesus skep 'n genadejaar sodat jy weer kan sien dat God nie die God is wat gereed staan om te straf en te verdelg nie –

Hy wil graag red! Hy wil graag seën.

Jesus skep 'n genadejaar - sodat sy genadejaar 'n permanente afstel van jou skuld kan word.-

Jesus het kom bewys dat God se genade groter is as sy oordeel.

Jesus kom bewys dat sy liefde oneindig groter is as sy haat. –

Jesus is die bewys dat God eerder wil red as wat hy wil straf!

Page 19: God se genadejaar

Waarom het God jou hierheen gebring vandag? –

sodat jy weer bewus kan raak van die Tuinier wat vir jou pleit.

Dat Jy kan kennis neem van die tuinier wat so hard werk om jou so ver te kry dat jy begin vrug dra.

My liewe boetie en sussie ek hoop dat jy agtergekom het dat God nie vanmore na jou kyk met kwaai oë en vir jou sê kom reg, of!

Nie. - Nee God het vanmore sy baadjie so bietjie opsy getrek sodat jy sy genadehart kan sien.

Waarom?

Miskien! Miskien sê die tuinier, sien jy God se groot liefde en genade raak vandag. Miskien raak God se liefde en genade jou so aan dat jy jou weg draai van jou sonde af en na God toe draai. Miskien raak jy vandag lief vir hierdie genadige God.

God se genadejaar is Jesus se geskenk aan jou.

Page 20: God se genadejaar

Wat maak 'n mens met 'n geskenk? –

Wel jy kan net een van twee dinge doen.

Jy kan dit of aanvaar of dit los! - dis jou enigste keuse.

God het jou vandag hierheen gebring om vir jou te vertel van sy genadejaar. –

Jesus het die genadejaar met sy bloed gekoop.

Hy bied dit vandag vir jou aan as 'n geskenk.

En miskien, net miskien wil jy nuut begin, oor begin.

Wil jy nie maar hierdie kans aanneem wat vandag na jou toe kom nie?

Page 21: God se genadejaar

AMEN