Afrikaans Huistaal Gemeenskaplike Take vir Assessering Graad 9 2009 Leerderboek: Afdeling B Leerderboek: Afdeling B Leerderboek: Afdeling B Leerderboek: Afdeling B Tyd: 2 uur Tyd: 2 uur Tyd: 2 uur Tyd: 2 uur Punte: 80 Punte: 80 Punte: 80 Punte: 80 Bladsye: 1 Bladsye: 1 Bladsye: 1 Bladsye: 14
15
Embed
Gemeenskaplike Take vir Assessering Graad 9 2009...Diere het st raks 12-ja ri ge se geh uil aa ngesien vir gemiaau 1 Addis Abeba . - Drie leeus in 'n afgeleë geb ied in Ethio pië
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Afrikaans Huistaal
Gemeenskaplike Take vir Assessering
Graad 9
2009
Leerderboek: Afdeling BLeerderboek: Afdeling BLeerderboek: Afdeling BLeerderboek: Afdeling B
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 2
Gemeenskaplike Take vir Assessering
Konteks: Demokrasie
Instruksies:
• Hierdie vraestel is Afdeling B van jou GTA
Volg die instruksies deeglik om die vrae te beantwoord. LEES DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR:
1. Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Dit sluit die tekste wat jy moet gebruik, in.
2. Maak seker dat jou vraestel volledig is.
3. Beantwoord al die vrae.
4. Nommer jou antwoorde net soos die vrae op die vraestel.
5. Begin elke vraag op ’n skoon bladsy.
6. Lees die instruksies by elke vraag noukeurig deur en voer dan die opdragte uit.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Vraag 1: Lees die volgende koerantberig wat verskyn het in “Die Burger 2006” en beantwoord die vrae wat volg:
Jong entrepreneurs na Maleisië
Jorisna Bonthuys SCOTTSDENE. – Sestien jong entrepreneurs , oorwegend van plakkerskampe hier, vertrek Maandag op ‘n studiebesoek van twee weke aan Maleisië, nadat hulle met hul eie klein ondernemings self geld daarvoor ingesamel het.
TAAK 1
TYD: 30 MIN � ���� PUNTE 15
MEERVOUDIGE KEUSEVRAE
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 3
1 Dié leerders, wat elkeen sy eie vliegkaartjie betaal het, gaan sowat 12 ondernemings besoek om praktiese vaardighede te leer wat hulle tuis kan terugploeg.
2 Hulle is deel van 43 lede van die entrepreneursklub van die Hoërskool Bernadino
Heights by Scottsdene, Kraaifontein. Die klub is sowat 2 jaar gelede gestig en van die lede het sedertdien ‘n entrepreneurskursus by die Universiteit van Stellenbosch bygewoon.
3 Sommige van dié leerders bedryf vandag florerende ondernemings. Die sewentienjarige
Paul Sigqua, ‘n gr.11-leerder van die Backsberg plaas naby Klapmuts, verskaf heeltydse werk aan ses mense wat sy drie vrugtestalletjies beman. Sigqua het onder meer ‘n motor en selfoon met sy winste aangekoop.
4 Volgens die skoolhoof, mnr. Henry Alexander, het die entrepreneursklub die leerders
bemagtig om “die siklus van werkloosheid waarin hulle vasgevang is, te verbreek”. 5 “Scottsdene en Wallacedene se kinders het nie baie geleenthede nie. Die sukses van
hul ondernemings – wat wissel van groentestalletjies tot tuiswinkels – het hul selfbeeld ‘n hupstoot gegee.”
6 Volgens Alexander is werkloosheid ‘n groot probleem in dié gemeenskap. “Dié kinders
het geleer om vir hulself te sorg en hoef niemand in die oë te kyk vir aalmoese nie.” Volgens mnr. Kosie Haarhof, bedryfsielkunde-onderwyser by die skool, het die entrepreneursklub bewys dat ‘n klein begin ‘n groot verskil kan maak. Haarhof en nog ses onderwysers sal die groep na die buiteland vergesel.
7 “In baie gevalle is die kinders se ouers werkloos en is hul onderneming ‘n broodnodige
bron van inkomste.” 8 Die agtienjarige Cain Constable onderhou met sy tuiswinkel, waar hy onder meer brood
verkoop, sy ma en twee jong broers. Volgens Constable kan hy “skaars slaap van opgewondenheid”.
1.1 Kies die korrekte manier waarop die twee sinne d.m.v. ‘n voegwoord met mekaar
verbind word. (1)
Van die leerders onderhou hulle ouers. Die leerders bedryf florerende ondernemings.
A Van die leerders onderhou hul florerende ouers. B Van die leerders onderhou hul ouers, tensy hul florerende ondernemings
bedryf. C Van die leerders onderhou hulle ouers, omdat hulle florerende ondernemings bedryf. D Van die leerders onderhou hulle ouers, sodat hulle florerende ondernemings
kan bedryf. 1.2 ‘n Florerende onderneming … (1)
A is winsgewend. B hou net kop bo water. C werk teen ‘n verlies.
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 4
D onderhou mense. 1.3 Die doel van die teks is om … (1)
A in te lig. B te inspireer C te vermaak. D te beskryf.
1.4 Watter een van die volgende sinne is ‘n feit? (1)
A Maleisië bied uitstekende sakegeleenthede. B Volgens die hoof, mnr. Kosie Haarhof, het die entrepreneursklub leerders
bemagtig. C Ses onderwysers sal die groep na die buiteland vergesel. D Die leerders het voldoende fondse ingesamel om hul eie vliegkaartjies te betaal.
1.5 In watter tipe artikel sal jy die volgende sinsnede aantref?
… is werkloosheid ‘n groot probleem… (1)
A ekonomiese artikel B wetenskaplike artikel C gesondheidsartikel D sportartikel
1.6 Watter antwoord pas nie? (1)
Paul Sigqua A bestuur drie vrugtestalletjies. B besit ‘n motor en ‘n selfoon. C verkoop heeltyds vrugte. D is ‘n gr. 11-leerder.
1.7 Gee ‘n woord wat min of meer dieselfde beteken as “florerende”. (1) A bestaande B nie-winsgewende
C nuutgestigte D suksesvolle 1.8 Mense wat van aalmoese lewe, is afhanklik van… (1)
A ander mense se gunste en gawes. B die inkomste wat hulle self verdien. C winste uit hul eie ondernemings. D deeltydse los werkies wat hulle doen.
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 5
1.9. Gee ‘n woord wat die teenoorgestelde beteken as sukses (1)
A geleentheid B teleurstelling
C mislukking D wanbesteding
1.10 Is paragraaf 1 en 2 … (1)
A aaneenskakelend B teenstellend C redegewend D kousaal 1.11 Gee ‘n woord uit die berig wat dieselfde beteken as kettingreaksie. (1)
A twee weke B twee jaar C terugploeg D siklus 1.12 Voltooi die volgende vergelyking: (1)
Cain Constable het geld soos … A ‘n miljoenêr. B bossies. C ‘n koning. D seesand. Vraag 2 2.1 In watter van die volgende sinne is die woordorde korrek gebruik? (1)
A. ‘n Tenniswedstryd het hulle verlede week in Durban gespeel. B. Hulle het verlede week ‘n tenniswedstryd in Durban gespeel. C. Hulle het ‘n tenniswedstryd verlede week in Durban gespeel. D. Hulle het verlede week ‘n tenniswedstryd gespeel in Durban.
2.2 Kies die sin waarin die negatiewe vorm korrek gebruik is. (1)
A. Nóg die een, nóg die ander is die wenner nie. B. Nie die een, nog die ander is die wenner. C. Nóg die een, nóg die ander is die wenner. D. Niemand is die wenner.
Vraag 3:
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 6
3.1 Dui die verband tussen die onderstaande sinne aan. (1)
Formule 1-wedrenne geniet wêreldwyd die grootste mediadekking.
Uitsendings van die Grand Prix-naweke word deur gemiddeld 55 miljoen mense
wêreldwyd gekyk.
A Die twee sinne vorm ‘n vergelyking.
B Die twee sinne kontrasteer die eerste sin.
C Die eerste sin gee ‘n verduideliking van die tweede sin.
D Die tweede sin verskaf bewyse vir die eerste sin.
Bestudeer die onderstaande teks en beantwoord dan die vrae:
TAAK 2
TYD: 30 MIN � ���� PUNTE 17
Begriplees en taal
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 7
Leeus red meisie van
mans wat haar steel Diere het straks 12-jarige se gehuil
aangesien vir gemiaau
1 Addis Abeba. - Drie leeus in 'n afgeleë
gebied in Ethiopië het 'n 12-jarige meisie
gered wat deur mans ontvoer is en in 'n
huwelik ingedwing sou word, het die
polisie hier gesê. 2 Die meisie is sewe dae lank aangehou en
die mans het haar aanhoudend geslaan
voordat die leeus hulle verjaag en haar 'n
halwe dag lank bewaak het totdat die
polisie en van haar gesinslede opgedaag
het, het sers. Wondimu Wedajo van die
polisie gesê. 3 "Hulle het wag gehou totdat ons haar
gevind het en toe in die bosse verdwyn,"
het Wedajo gesê. 4 "As die leeus haar nie gered het nie, sou
dit sleg met haar gegaan het. 5 "Meisies word dikwels verkrag en erg
geslaan om hulle in 'n huwelik in te dwing. 6 "Almal beskou dit as 'n wonderwerk
omdat leeus mense dikwels aanval," het
Wedajo gesê. 7 Volgens mnr. Stuart Williams, 'n
natuurkenner in diens van die staat, is die
meisie waarskynlik gered omdat sy gehuil
het. 8 "'n Jong meisie se droewige gehuil kan
maklik vir die gemiaau van 'n leeuwelpie
aangesien word, wat verklaar waarom die
� Die mans het haar
aanhoudend geslaan
voordat die leeus hulle
verjaag en haar
'n halwe dag lank
bewaak het.
leeus haar nie geëet het nie," het Wedajo
gesê. 9 Die meisie, die jongste van vier broers en
susters, was geskok en beangs en het
behandeling vir snye weens die mans
se·slanery ontvang. 10
Volgens Wedajo is vier van die mans in
hegtenis geneem. 11
Die polisie soek na nog drie mans, het
hy gesê. 12
Ontvoerings is al lank deel van Ethiopië
se huweliksrituele. 13
Ethiopië se leeus is bekend om hul groot
swart maanhare, is die land se nasionale
embleem en pryk op die land se
muntstukke. 14
Daar is net sowat 1000 van hulle in die
natuur oor. - Sapa-AP (Uit: Beeld, 22 Junie 2006)
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 8
1.1 Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Motiveer jou antwoord deur aan te haal of deur jou eie woorde te gee.
Die mans het die meisie ontvoer sodat hulle ’n losprys / geld vir haar kon kry
. (2)
1.2 Gee een woord uit paragraaf 1 wat vir ons sê dat sy nie wou doen wat hulle van haar verwag het nie. (1)
1.3 Gee twee opeenvolgende woorde uit paragraaf 1 wat vir ons sê dat hierdie insident nie in ’n stad plaasgevind het nie. (1)
1.4 Hoe het die mans die meisietjie gedwing om te doen wat hulle wou hê? (1)
1.5 Ons lees dat die leeus haar bewaak het. Sê in jou eie woorde wat dit beteken. (1)
1.6 Watter natuurlike verduideliking is daar vir die leeus se optrede? Sê in jou eie woorde wat dit beteken. (2)
1.7 Deur wie word Stuart Williams se salaris betaal? (1)
1.8 Beskryf die toestand waarin die meisie was toe hulle haar gekry het. (2)
1.9 Dit blyk dat die ontvoerders nie gedink het dat hulle verkeerd opgetree het nie. Waarom het hulle nie gedink dis verkeerd om haar te ontvoer nie? (1)
1.10 Hoe sal ’n mens weet wanneer ’n leeu van Ethiopië afkomstig is? (1)
1.11 Waarvoor staan die afkorting sers. in paragraaf 2? (1)
1.12 Gee ’n antoniem (teenoorgestelde) vir die woord ‘dikwels’ in paragraaf 6. (1)
1.13 Die woord kan in paragraaf 8 is as hulpwerkwoord gebruik. Gebruik die woord kan nou in ’n sin as ’n selfstandige naamwoord. (1)
1.14 Skryf die sin in paragraaf 11 oor. Begin so: Hy het gesê ... (1)
[17]
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 9
Bestudeer die onderstaande strokie waar Jeremy en Hector gesels en beantwoord dan die vrae.
3.1 Waaroor dink jy het Jeremy so skuldig gevoel? Kies die korrekte moontlikheid.
Hy het skuldig gevoel
• omdat hy die straatnaambord gesteel het.
• omdat hy die polisie alles vertel het.
• omdat hy die straatnaambord teruggegee het.
• omdat hy nie die straatnaambord kon hou nie. (1)
3.2 Het Jeremy al vantevore ’n oneerlike daad gepleeg? Motiveer deur ‘n frase aan te haal. (2)
3.3 Wat doen Jeremy in die middelste raampie? (1)
3.4 Watter oneerlike daad het hy gepleeg nadat hy die naambord gesteel het?
(1)
3.5 Waarom is daar stippels aan die einde van Jeremy se woorde in die
TAAK 3
TYD: 15 MIN � ���� PUNTE: 9
Strokiesprent
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 10
laaste raampie? (1)
3.6 In raampie 2 sê Jeremy: “Maar ek belowe jou.” Maak ’n selfstandige naamwoord van die woord belowe. (1)
3.7 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies.
Dit is die a(verleë) wat Hector sy vriend nog gesien het. Hector is b(skrik) oor wat Jeremy gedoen het. (2)
[9]
Kyk na die onderstaande prent en beantwoord dan die vrae.
4.1
TAAK 4
TYD: 15 MIN � ���� PUNTE: 9
Visuele teks
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 11
Wat is die fokuspunt van hierdie skets? (1)
4.2 4.2.1 Wie dink jy is die man heel regs in die prentjie? (1)
4.2.2 Waarom is sy arms uitgestrek voor hom? (1)
4.3 Waarom dink jy is die ry mense aan die linkerkant so lank? (1)
4.4 Waar bevind hierdie mense hulle? (1)
4.5 Watter gebou is links agter in die prentjie? (1)
4.6 Uit watter rigting waai die wind? (1)
4.7 Wat wil die kunstenaar vir ons met hierdie skets sê? (1)
4.8 Wat noem ons die skuur waar vliegtuie geberg word? (1)
[9]
TAAK 5
TYD: 30 MIN � ���� PUNTE: 30
KREATIEWE SKRYFWERK
AFRIKAANS HUISTAAL GTA 2009 : LEERDERBOEK AFDELING B 12
Foto: THEANA CALITZ
Tydens die ‘miljoen-man-optog’ verlede jaar het ongeveer 5 000 mense voor die
Uniegebou in Pretoria byeengekom om teen misdaad in die land te betoog. Baie
mense verlaat Suid-Afrika in die hoop om ’n beter toekoms elders te vind.
Opdrag:
Skryf ’n opstel van 200 – 250 woorde waarin jy
� vertel waarom jy lief is vir Suid-Afrika.
� redes gee waarom jy dink mense in die land moet bly.
� sê op watter manier jý jou kant vir die land kan bring.
Begin jou opstel met ’n kort inleiding, volg met jou bespreking en eindig met ’n
kort slot en gevolgtrekking. Gee jou opstel ’n titel.
Jou opstel sal volgens die rubriek op die volgende bladsy geassesseer word.
TOTAAL VIR TAAK 5: 30 punte
AF
RIK
AA
NS
HU
IST
AA
L G
TA
20
09 : L
EE
RD
ER
BO
EK
AF
DE
LIN
G B
1
3
AS
SE
SS
ER
ING
: OP
ST
EL
RUBRIEK: O
PSTEL
Vlak
7 Uitm
unten
d
6 Baie g
oed
5 G
oed
4 B
evredigen
d
3 Middelm
atig
2 Doodgew
oon
1 Saai
Punte
5 4
3½
3 2½
2
0 – 1½
Form
aat en
Parag
rafering
Form
aat is uitstekend toegepas. T
rek dadelik leser se aandag. S
terk motiverende slot.
Baie goeie
formaat. B
aie goeie inleiding en slot.
Deurdagte
beplanning. Goeie,
duidelike inleiding en slot.
Form
aat toon beplanning is gedoen. D
uidelike, hoew
el effens gew
one inleiding en/of slot.
Form
aat is redelik. Bevredigende
inleiding en slot.
Min bew
yse van vereiste form
aat. Onoortuigende
inleiding en slot. Te kort/lank.
Geen bew
yse van vereiste form
aat nie. G
een inleiding en/of slot nie. T
e kort/lank.
Punte
9-10 8
7 6
5 4
0 – 3
Inhoud
Oorspronklik.
Buitengew
oon. Verbeeldingryk.
Eerlik en opreg.
Meevoerend.
Diepgaande
kennis van onderw
erp.
Baie kreatief.
Duidelike tekens
van oorspronklikheid en verbeelding. Toon goeie begrip
van die onderw
erp.
Kreatief. E
erlik en opreg. B
lyke van oorspronklikheid en verbeelding. Toon begrip van
onderwerp.
Hantering van
onderwerp toon
blyke van oorspronklikheid en verbeelding. Vaaghede en
veralgemenings
kom plek-plek
voor.
Gebrek aan
eerlikheid en opregtheid. P
oging tot oorspronklik-heid. S
legs ’n basiese kennis van onderw
erp. Som
s vaag en algem
een. Clichés.
Gebrek aan eerlik-
heid en opregt-heid. F
eitlik geen oorspronklikheid nie. B
eskrywings
onoortuigend of vaag en alge-meen. V
erwarde
aanbieding van inligting.
Geen
oorspronklikheid of verbeelding nie. Min kennis van
onderwerp.
Heeltem
al van onderw
erp af.
Punte
5 4
3½
3 2½
2
0 – 1½
Reg
ister Toon
Bew
usth
eid
van teiken
leser en
doel van
opstel
Skryw
er kommuni-
keer eerlik en direk met leser op ’n
individualistiese, onderhoudende manier. G
epaste register. T
oon is natuurlik en oortuigend. O
pstel slaag ten volle in sy doel.
Register is baie
oortuigend. Uiters
gepaste toon verhoog w
aarde van teks. T
oon is merendeels
natuurlik en oortuigend. O
pstel slaag goed in sy doel.
Register is oor-
tuigend gebruik. Sinvolle gebruik
van die gepaste toon verhoog die waarde van die
teks. Toon is oor
die algemeen
natuurlik en oor-tuigend. O
pstel slaag in sy doel.
Gepaste register is
gebruik. Sinvolle
gebruik van regte toon. S
oms
mooiskryw
ery in plaas van eerlikheid. O
pstel slaag in sy doel.
Meganiese
skryfstyl sonder sprankel. P
oging is aangew
end om die
regte register en toon te gebruik. Opstel slaag net-
net in sy doel.
Onvanpaste
register. Min of
geen behendigheid in die gebruik van die regte toon nie. Opstel slaag
kwalik in sy doel.
Min of geen besef
van die gepaste woorde en
uitdrukkings nie. Opstel slaag nie in
sy doel nie.
AF
RIK
AA
NS
HU
IST
AA
L G
TA
20
09 : L
EE
RD
ER
BO
EK
AF
DE
LIN
G B
1
4
Punte
9-10 8
7 6
5 4
0 – 3
Woordeskat
Sinstru
ktuur
Idiomatiese
taalgeb
ruik
Spellin
g
Leesteken
s
Uitm
untende woordeskat.
Afwisseling in
sinstruktuur en sinslengte. F
eitlik geen foute nie. Voortreflike
gebruik van idiom
atiese taal.
Baie goeie
woordeskat.
Korrekte
wisselende
sinstruktuur. Taal-,
spel- en leestekenfoute gering. B
aie effektiew
e gebruik van idiom
atiese taal.
Goeie w
oordeskat. Korrekte
sinstruktuur. Taal-,
spel- en leestekenfoute is onbeduidend. Effektiew
e gebruik van idiom
atiese taal.
Redelik goeie
woordeskat.
Korrekte
sinstruktuur, maar
soms styf,
herhalend en onsam
ehangend. Foute is nie
hinderlik nie.
Voldoende
woordeskat. S
inne is oor die algem
een korrek, maar is som
s onsam
ehangend. Foute is hinderlik.
Herhalings kom
voor.
Gebrekkige
woordeskat.
Afgesaagde
uitdrukkings. Foute
kortwiek begrip.
Onsam
ehangende, lom
p sinne. Teks
is moeilik om
te lees. H
erhalings kom
voor.
Gebrekkige
woordeskat. T
aal-, spel- en leestekenfoute is baie steurend. Swak sinstruktuur.