1. INLEIDEND Die pasafgelope jaar het vele hoogtepunte opgelewer waaronder die matriekgroep van 2014 wat 'n 100% slaagsyfer behaal het en 'n hele paar sportspanne wat hul seisoene onoorwonne afgesluit het. Die Eistedfodd was beslis ook een van die hoogtepunte op kultuurgebied. Alhoewel die kwessie van die daling in getalle vir die meeste Afrikaans medium skole in die groter Durban area 'n uitdaging bly, is ons dankbaar oor die feit dat ons getalle sedert 2012 met 90 toegeneem het. Ons huidige leerdertal is 722 2. LEERDERTAL Die skool het tans 722 leerders, terwyl die leerdertal op die tiende skooldag 707 was. Hiervan is 419 primêre leerders en 303 sekondêre leerders. Die leerdertal van die onderskeie grade sien tans as volg daaruit: Seuns Dogters Totaal 1 34 32 66 2 32 27 59 3 34 27 61 4 41 25 66 5 23 28 51 6 22 31 53 7 29 34 63 8 24 30 54 9 26 44 70 10 21 40 61 11 36 30 66 12 19 33 52 Totaal: 341 381 722 Ons is opgewonde oor die feit dat ons hoof voedingskool, Kokkewiet Pre-primêr, ook beduidende groei toon. Die grootste uitdaging ten opsigte van groei in Afrikaanse skole se getalle, is die feit dat 'n toenemende aantal ouers besluit om hul kinders reeds op pre-primêre vlak in Engels medium skole te plaas. Hierdie leerders is dan in die meeste gevalle verlore vir Afrikaans medium skole. 3. PERSONEELAANGELEENTHEDE Ons is bevoorreg om toegewyde personeel te hê wat bereid is om die spreekwoordelike ekstra myl te loop in belang van ons kinders. Die feit dat ons tans oor 'n mengsel van ervare sowel as 'n goeie kwota jong personeel beskik, bring 'n gesonde dinamika na die personeel. Die tekort aan onderwyspersoneel bly 'n uitdaging en dra daartoe by dat die skool sy onderwyspersoneel ten alle koste moet probeer behou. Die tekort aan personeel oor die algemeen blyk uit die feit dat ons hierdie jaar 'n Geografie- sowel as Toerisme pos vir die senior grade in die nasionale nuusmedia adverteer het. Nie 'n enkele bruikbare aansoek is vir enige van hierdie poste ontvang nie Ons is tans geregtig op 22 departementele opvoederposte, 1 sekretaresse en 1 arbeider wat deur die staat vergoed word. Die voorgestelde aantal personeel wat in 2016 deur die beheerliggaam vergoed word sien as volg daaruit: Pos 2014 2015 Opvoeder 14 14 Administratief 3 3 GELOFTE SKOOL JAARVERSLAG: 2015 Leerders Graad
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
1. INLEIDEND
Die pasafgelope jaar het vele hoogtepunte opgelewer waaronder die matriekgroep van 2014 wat 'n 100%
slaagsyfer behaal het en 'n hele paar sportspanne wat hul seisoene onoorwonne afgesluit het. Die Eistedfodd was
beslis ook een van die hoogtepunte op kultuurgebied. Alhoewel die kwessie van die daling in getalle vir die
meeste Afrikaans medium skole in die groter Durban area 'n uitdaging bly, is ons dankbaar oor die feit dat ons
getalle sedert 2012 met 90 toegeneem het. Ons huidige leerdertal is 722
2. LEERDERTAL
Die skool het tans 722 leerders, terwyl die leerdertal op die tiende skooldag 707 was.
Hiervan is 419 primêre leerders en 303 sekondêre leerders.
Die leerdertal van die onderskeie grade sien tans as volg daaruit:
Seuns Dogters Totaal
1 34 32 66
2 32 27 59
3 34 27 61
4 41 25 66
5 23 28 51
6 22 31 53
7 29 34 63
8 24 30 54
9 26 44 70
10 21 40 61
11 36 30 66
12 19 33 52
Totaal: 341 381 722
Ons is opgewonde oor die feit dat ons hoof voedingskool, Kokkewiet Pre-primêr, ook beduidende groei toon.
Die grootste uitdaging ten opsigte van groei in Afrikaanse skole se getalle, is die feit dat 'n toenemende aantal
ouers besluit om hul kinders reeds op pre-primêre vlak in Engels medium skole te plaas. Hierdie leerders is
dan in die meeste gevalle verlore vir Afrikaans medium skole.
3. PERSONEELAANGELEENTHEDE
Ons is bevoorreg om toegewyde personeel te hê wat bereid is om die spreekwoordelike ekstra myl te loop in
belang van ons kinders. Die feit dat ons tans oor 'n mengsel van ervare sowel as 'n goeie kwota jong personeel
beskik, bring 'n gesonde dinamika na die personeel. Die tekort aan onderwyspersoneel bly 'n uitdaging en dra
daartoe by dat die skool sy onderwyspersoneel ten alle koste moet probeer behou. Die tekort aan personeel
oor die algemeen blyk uit die feit dat ons hierdie jaar 'n Geografie- sowel as Toerisme pos vir die senior grade in
die nasionale nuusmedia adverteer het. Nie 'n enkele bruikbare aansoek is vir enige van hierdie poste ontvang nie.
Ons is tans geregtig op 22 departementele opvoederposte, 1 sekretaresse en 1 arbeider wat deur die staat
vergoed word. Die voorgestelde aantal personeel wat in 2016 deur die beheerliggaam vergoed word sien
as volg daaruit:
Pos 2014 2015
Opvoeder 14 14
Administratief 3 3
GELOFTE SKOOL
JAARVERSLAG: 2015
LeerdersGraad
Ondersteuningspersoneel 5 5
Invorderaar 1 1
Maatskaplike werkster 1 1
Media personeel 2 2
Terreinbestuurder 1 1
Tien van die 22 departementele poste is primêre aanstellings en 12 sekondêre aanstellings. Ons behoort
ons departementele toewysing ten opsigte van onderwysposte te behou gesien in die lig daarvan dat ons
tiende skooldag getalle gestyg het van 666 in 2014 na 707 in 2015.
Die gedetaileerde inligting oor ons personeelsituasie sien tans as volg daaruit:
Graad/Vak Aantal leerders Aantal personeel
1 66 3
2 59 2
3 61 3
4 66 3
5 51 2
6 53 2
7 63 2
8 54 2
9 70 2
10-12
Afrikaans 178 2½
Engels 178 2½
Wiskunde/WGL 178 2½
Fisiese Wetenskap 45 1
Lewenswetenskap 73 1
Rekeningkunde 37 1
Besigheidstudies 65 1
Gasvryheidstudies 40 1
Lewensoriëntering 178 1½
Ingenieursgrafika 64 1
Geografie 66 1
Toerisme 78 1
Rekenaartoepassing 66 1
Die volgende opvoederpersoneel sal in 2016 in beheerliggaamposte dien:
Personeellid Vakgebied
Botha C Senior Primêr
Du Plessis S Grondslagfase
Els C Grondslagfase
Human M Senior Primêr
Koen C Lewenswetenskap
Kriel D Engels
Murray M Toerisme
Nagel H Senior Primêr
Nel L Grondslagfase
Pienaar M Afrikaans/Engels
Smidt W Wiskunde
Steenekamp L Senior Primêr
Van Rooyen C Grondslagfase
3.1 Personeelverlies
Die volgende personeel het ons aan die einde van 2014 of in die loop van 2015 verlaat. In ander gevalle
sal die personeel ons aan die einde van 2015 verlaat.
Personeellid Vakgebied/Taak Rede vir vertrek
Badenhorst C Grondslagfase Bedanking
Biggar D Senior Primêr Verhuising
Dawson T Toerisme Verhuising
De Bruyn M Grondslagfase Verhuising
Du Toit K Grondslagfase Aftrede
Martin T Senior Primêr Aflospos
Myburgh E Sekondêre Mediasentrum Bedanking
Nortje J Toerisme Bedanking
Stadler E Senior Primêr Verhuising
Uys F Geografie Verhuising
Ons wil bogenoemde personeel graag bedank vir hul bydra en onvermoeide ywer.
3.2 Nuwe personeel
Die volgende personeel het in die loop van die jaar by ons aangesluit.
Personeellid Vakgebied/Taak
Badenhorst C Grondslagfase
Fourie M Afrikaans
Martin T Senior Primêr
Murray M Senior Primêr
Nortje J Toerisme
Pienaar M Afrikaans/Engels
Smidt W Wiskunde
Die KZNDO het die vakante departementshoofpos sowel as die vakante adjunkhoofpos in 'n onlangse
gazette geadverteer. Die beheerliggaam is tans besig met die proses om personeel in hierdie poste aan te
beveel en indien die KZNDO hou by die bestuursplan, behoort hierdie poste teen Januarie 2016 gevul te
wees.
4. LEERDERAANGELEENTHEDE
4.1 Akademiese uitslae
Die slaagsyfer vir die onderskeie grade aan die einde van 2014 het as volg daar uitgesien:
Graad Aantal leerders Aantal druipelinge % Slaag
1 61 5 92
2 56 2 96
3 67 0 100
4 46 0 100
5 51 0 100
6 53 0 100
7 60 3 95
8 59 0 100
9 59 1 98
10 61 1 98
11 52 0 100
12 49 0 100
Totaal 674 12 98
Die matrieks van 2014 het 'n gemiddelde % van 62,9% behaal met 71,4% van die leerders wat ge-
slaag het met matrikulasievrystelling. Een leerder het geslaag met 'n A-gemiddeld en 9 met
'n B-gemiddeld. Chantelle van Aswegen was ons top kandidaat met 5 onderskeidings en 'n gemiddelde %
van 81,4%. Jeané, Marga Roloff en Lizalda van Wyk het elk drie onderskeidings behaal.
Daar was 47 vakonderskeidings. Een en vyftig persent van die matrieks het geslaag met 'n gemiddeld van
60% of hoër. In een vak was die vakgemiddeld hoër as 70% en in nog agt hoër as 60%. Baie geluk
aan die matriekgroep van 2014 met pragtige uitslae.
Die volgende leerders was die top presteerders in die onderskeie grade aan die einde van 2014:
GRAAD ALPHA LEERDER GEMIDDELDE %
4 Linamarie Nothnagel 95.5%
5 Ruan Radley 93.3%
6 Tian Nothnagel 92.0%
7 Ané de la Rey 93.0%
8 Leamé Hattingh 91.4%
9 Olga Hougaard 90.9%
10 Megan Tolmay 89.7%
11 Simoné Heenop 94.4%
12 Chantelle van Aswegen 81.4%
Ons leerders neem ook jaarliks deel aan olimpiades in sommige vakke.
Ons streef daarna om hoë akademiese standaarde te handhaaf. Die gevolg hiervan is soms dat leerders en
ouers onder geweldige druk geplaas word. In 'n poging om die druk te verlig versprei, ons tans 'n volledige
program vir elke kwartaal se assessering op 'n kwartaallikse basis aan ouers en poog ons om die hoeveel-
heid assesseringsaktiwiteite, binne die raamwerk van departementele beleid, te verminder.
4.2 Vakkeuses
Leerders kan die volgende vakkeuses uitoefen:
* Leerders in grade 1-9 volg die voorgeskrewe vakpakkette soos deur die departement vereis. Leerders
in grade 7 - 9 neem Spraak en Drama asook Rekenaargeletterheid as verrykingsvakke. Leerders in
grade 1-6 neem ook Rekenaargeletterdheid.
* Leerders in graad 10 - 12 neem Afrikaans, Engels, Wiskunde/WGL en LO en kies drie ander vakke uit: