GEBEDSBRIEF Wonderboom Ned. Geref. Gemeente 29 Januarie 2017 Besoek ons WEBTUISTE: www.ngkwonderboom.co.za Welkom aan elkeen wat vandag saam aanbid! Mag die Here ons in ons liefde vir Hom en mekaar seën! Kom geniet na die oggenddiens iets te drinke in die binnehof en deel so in mekaar se vreugde en hartseer. Baie geluk aan dié wat die afgelope of komende week verjaar (het). Ons ontmoet graag nuwe intrekkers na die diens voor die kansel. Bid asseblief dat ons EREDIENSTE ware ontmoetings met die lewende God en met mekaar sal wees! LERAAR TEMA TEKS Dr Nelius Steyn Kinderdiens 09:00 Identiteit van ‘n gelowige 1 Petrus 2:9 “Julle... is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.” Dr Heinrich Zwemstra 09:00 Soetdoring God is nie skaam vir sy kinders nie! Eksodus 3:6 Verder sê Hy: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk. Dr Nelius Steyn 18:00 Debeon & Belydenisgroep oor Geloof... 18:00 in die Jeuglokaal
4
Embed
GEBEDSBRIEF · 2017. 1. 28. · GEBEDSBRIEF Wonderboom Ned. Geref. Gemeente 29 Januarie 2017 Besoek ons WEBTUISTE: Welkom aan elkeen wat vandag saam aanbid! Mag die Here ons in ons
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
GEBEDSBRIEF Wonderboom Ned. Geref. Gemeente
29 Januarie 2017 Besoek ons WEBTUISTE:
www.ngkwonderboom.co.za Welkom aan elkeen wat vandag saam aanbid!
Mag die Here ons in ons liefde vir Hom en mekaar seën! Kom geniet na die oggenddiens iets te drinke in die binnehof en deel so in mekaar se vreugde en hartseer. Baie geluk aan dié wat die afgelope of komende week verjaar (het).
Ons ontmoet graag nuwe intrekkers na die diens voor die kansel.
Bid asseblief dat ons EREDIENSTE ware ontmoetings met die lewende God en met mekaar sal wees!
LERAAR TEMA TEKS
Dr Nelius Steyn
Kinderdiens
09:00
Identiteit van ‘n
gelowige
1 Petrus 2:9 “Julle... is ‘n uitverkore volk, ‘n
koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die
eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet
verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy
wonderbare lig.”
Dr Heinrich Zwemstra
09:00 Soetdoring
God is nie skaam vir sy kinders nie!
Eksodus 3:6 Verder sê Hy: “Ek is die God
van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die
God van Jakob.” Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.
Anet Gous (083 458 1721) en haar familie met die afsterwe van dr. Andries Gous (Soetdoring). Sy gedenkdiens vind Woensdag
1 Februarie om 11:00 vanuit Ned. Geref. Gemeente
Wonderboom-Suid (12de Laan 920) plaas.
Nagmaalete 5 Februarie 2017 Met ons eerste Nagmaalgeleentheid vir 2017 word daar ook ‘n Nagmaalete beplan. ‘ ‘n Omgeegroep in die gemeente neem inisiatief om die geleentheid te reël. Dit word
gedoen om 1. Ons gemeenskap van gelowiges te versterk en 2. Fondse te genereer vir algemene instandhouding van die kerkgebou en -terrein. Alle nodige inligting is op die
kennisgewingbord asook ’n lys vir besprekings. Indien jy navrae het, kontak Derick Spies 060 463 0894 of Geoff Holland-Muter 076 637 9355. Kom kuier lekker saam!
Kunstig of Kreatief? Die blommekomitee soek nog
na mense wat graag wil help
met die mooimaak van die kerk-
gebou d.m.v. blomme en kleure
in aansluiting by die kerkjaar. In-
dien jy hierby wil inskakel, kon-
tak asb. Eleanor 082 880 8346 of
Willa
In 1 Timoteus 4:12 sê Paulus vir Timoteus dat niemand op hom mag neersien omdat hy jonk is nie. Hy moet ’n voorbeeld wees vir al die gelowiges in woord en gedrag, liefde, geloof en reinheid. Ons wil graag in 2017 saam met ons jongmense en kinders ‘n positiewe impak maak! Ons is bevoorreg om ‘n bekwame en toegewyde span jeugmentors in die gemeente te hê, wat saam met ouers by die kinders en jeug be-trokke is en hulle aan die Here bind. Die kategete by die juniors is: Santa Nell [Gr 00 en 0], Melanie Bredell [Gr1], Marquerite Wepener [Gr2+3], Elize Marais [Gr4] en Elize Steyn [Gr5+6]. Ons kort nog twee persone - ‘n kategeet en ‘n sekretaresse. Skakel Elize Steyn asb. As jy kan help (061 2345 750). Debeon: Die jeugleiers by die seniors is: Elané Steyn, Ashton van Niekerk, Johann Pfeil, Anzelle Thomas en Louis Naudé. Ninette Barnard is die sekretaresse, Bennie en Erika Myburg is die Debeon-voogde en dr. Nelius Steyn die geestelike leier. Die belydenisgroep funksioneer as deel van Debeon, onder leiding van ds. Ernest Horn. Dit is ook dan vandag tydens die erediens die bekendstelling van die kategete en jeugleiers aan die gemeente, met die onderneming om vir hulle te bid. Ons het ook vandag ons Katkisante-ouerbyeenkoms in die kerkgebou om 10:15. Dit geld die ouers van die junior- én die senior kategese. Ons dank die Here vir elkeen wat so in ons jeug belê en dra julle aan die Here op. Mag elke kind en jongmens die Here ontmoet en nader groei aan sy wil en liefde deur julle toewyding, voorbeeld en gawes! Mag ons lei deur te dien! Ons bid vir elke kind en jongmens - dat elkeen sal antwoord op God se roeping en in ’n lewende verhouding met Hom sal leef!
Wonderboom Veiling van 2de handse goedere
‘n Veiling van tweedehandse goedere word by NG Kerk Wonderboom op Saterdagoggend, 25 Maart 2017, 11 Maart
2017 gehou om die gemeente se fondse aan te vul.
Raak ontslae van al jou onnodige items!!!
Ons benodig goedere om te verkoop op die veiling. Daar gaan ook ‘n “Wit Olifant” stalletjie wees, so letterlik enige items wat jy wil uitgooi, is welkom. Indien jy items het om te verkoop en
‘n gedeelte van die geld terug wil hê, kan jy ‘n reserwe prys opsit -15% kommissie van die verkoopprys gaan dan na die
gemeentefonds. Eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word die dag met die veiling. Skakel ons solank met jou belofte vir
items wat jy kan gee sodat ons die veilingslys kan begin voorberei. Vir reëlings oor skenkings of enige navrae, kontak