08:30 Dieperdelf Diens: Doop & Belydenisaflegging 08:30
Gesinsdiens 09:30 Josua Kids 10:00 Protea Aftree-oord: Nagmaal
10:30 Jesus. Life. Community
Hartlik welkom aan alle lidmate, nuwe intrekkers en gaste.
Besoek na die oggenddiens die Inligtingstafel onder die bome,
terwyl jy mede-
lidmate oor ‘n koppie tee of koffie leer ken.
Prediker: Dr. Auke Compaan (Dr. Jorrie anker) Prediker: Ds.
Janet Cruywagen Prediker: Ds. Wilm Troskie (Ds. Janet anker)
Prediker: Br. Albie Jordaan
18:30 Aanddiens 19:15 Tiener Omgeegroepe
Prediker: Ds. Janet Cruywagen
Gebedsbediening Hannes de Villiers, Harriet Brink, Buks &
Katy Hattingh, Roy & Marie Stapelberg, Giel de Lange, Koos
Posthumus, Susan Janse van Vuuren, Bill & Rina Sass, Dot
Jacobs, Fonnie du Toit. Alle siekes in hospitale en tuis, asook
lidmate in versorgingsoorde.
Meegevoel word betuig aan lidmate met afsterwe van ‘n
familielid/vriend: Vader van José Van der Veen.
Afsprake met leraars U word hartlik uitgenooi om die Kerkkantoor
te skakel by 012 348 5135, indien u ‘n huisbesoek of ‘n
kantoorbesoek verlang. Stel ons asseblief ook in kennis as een van
u gesinslede, familie, vriende of enige lidmaat tuis siek is, of in
die hospitaal is. Maandag: Kontak Kerkkantoor Dinsdag: Kontak
Kerkkantoor Woensdag: Kontak Kerkkantoor
Besoek ons Webblad: www.lynnwoodrif.co.za Volg ons op Facebook:
Kom na My toe- Lynnwoodrif Gemeente
Volg ons op Twitter: @Lynnwoodrif
Weekprogram
Predikante Konferensie 25 - 29 Mei
Maandag 25 Mei Tshwane Gebedsdag
Dinsdag 26 Mei 09:00 Bybelskool 19:00 Bybelskool
Woensdag 27 Mei 09:00 Bybelstudie: Dr. Ronald Murray 09:00
Arbeidsentrum 18:00 Biduur 18:00 Doopgesprek
Donderdag 28 Mei 10:00 Seniorklub 14:30 Tabitas 15:00 Lees– en
Skryfklasse
Saterdag 30 Mei 07:00 Biduur
Sondag 31 Mei Hartklopsondag Verjaarsdagtee vir Dr. Chris Malan
GO-Kids word geloods 08:30 Dieperdelf Diens: Ds. Janet 08:30
Gesinsdiens - Ouditorium: Dr. Chris 09:30 Josua Kids 10:00 Willow
Haven: Ds. Janet 18:30 Aanddiens- Belydenisaflegging & Nagmaal:
Dr. Chris 19:15 Tiener Omgeegroepe
Kom na My toe LYNNWOODRIF GEMEENTE
DANKOFFERBYDRAES Bankbesonderhede: ABSA Lynnwoodrif
Rekeningnaam: NG Gemeente Lynnwoodrif
Rekeningnommer: 16 3058 0079
GELOOFSOFFERBYDRAES Bankbesonderhede: ABSA Lynnwoodrif
Rekeningnaam: NG Gemeente Lynnwoodrif GO
Rekeningnommer: 40 5070 7236
Week van Oorvloed Baie baie dankie vir jul ruim bydrae! Diens
van Barmhartigheid is opreg dankbaar vir elke groen sak wat ons
terug ontvang het! Ons het meer as 200 sakke ontvang. Ons het 17
uitdeelpunte wat o.a. die CMR kantore, Danville Kamers,
Genadeplaas, Reddingsdaad, Getuieniskantoor, Silwersig Ouetehuis,
M4HIV, Paul Young Nickel Tehuis ens. insluit. Ons het baie vroue,
mans en kinderklere ontvang en is so opgewonde daaroor. Projekte
wat steeds voortgaan is
die weeklikse koskas waar ons pakkies kos verdeel om verligting
te bring aan soveel nood.
Miriam, ‘n gevange in Libië
Die Gebedsbediening nooi jou om die aangrypende verhaal van
Miriam aan te
hoor. Sy is vir 2 maande in Libië aangehou en beskuldig van
verspreiding van
Bybels en ander christelike materiaal aan kinders. Woensdagaand
27 Mei om
18:30 in die Gebedslokaal Kontak Edwin Rosslee 082 577 2470
SKAAPBRAAI Lynnwoodrif Gemeente braai skaap op Saterdag 6 Junie.
Die
braai begin 08:00. Kom kuier gerus saam. Ete vanaf 13:00. Koste
beloop R50 pp. Kinders onder 12 kan worsbroodjies
teen R10 per kind koop. Bring jou eie eetgerei (borde, messe,
vurke ens.) en drinkgoed. Kaartjies by die kerkkantoor en na
eredienste onder die bome by die inligtingstafel te koop.
WIT OLIFANT CMR DERDEPOORT
Diens van Barmhartigheid is betrokke by die aktiwiteite van CMR
– Derdepoort. Soos u weet het die staat baie op toelaes vir die CMR
teruggesny
en hulle probeer op alle maniere om nog fondse te genereer om
staande te kan bly. Hulle vra ENIGE artikel vir hul wit olifant
verkope. Ons sal indien nodig,
vervoer reël. Vir navrae kontak Annemarie van der Watt 082 465
1168 of per e-pos [email protected]
Vrouediens Dankoffer Meimaand is Vrouediens Dankoffermaand.
Hierdie spesiale
dankoffer word aangewend vir o.a. Wêreldbiddag vir vroue, Huis
Carino, Andries Snyman Ouetehuis, begrafnisdienste, senior
burgertee en nog
meer. Koeverte is by die deure beskikbaar tot einde Mei vir
hierdie spesiale dankoffer.
Die tyd vir visumaansoeke raak al hoe minder. Indien jy by die
Spaanse of
Oekraïniese spanne hierdie Junie/Julie vakansie wil aansluit -
is dit nou die tyd om aan te meld. Moenie die klop aan jou hart om
te gaan help, ignoreer nie. Die van der Merwe’s en Rossell’s sal
jou hulp hierdie vakansie baie waardeer.
Keerdatum: 31 Mei 2015. Kontak Annelize Meyer by 012 365 3959 of
Zanne van Niekerk by 082 202 2015
Die eerste projek word Sondag 31 Mei tydens Hartklop met ’n
groot hande-verf en Loombands-projek geloods. Ons wil graag 500
loombands armbandjies Oekraïne toe stuur vir
die somerkampe. Kan julle solank begin maak? Die kleure van
hulle vlag is blou en geel. Skakel vir ons GO Kids Tannie Sanelda
Putz as jy loombands kan maak
by 083 232 9567!
Mission4HIV sê graag baie baie dankie vir al die muffins vir die
gesondheidsdag in Mamelodi. Dit was ‘n groot hulp! Saam met
Lynnwoodrif het twee plaaslike kerke - JLC Mamelodi en Vineyard
Spring Valley Christian Fellowship - saamgespan om hul onmiddellike
gemeenskap te bedien met basiese gesondheidsorgdienste. Baie dankie
aan al die vrywilligers, insluitende ‘Foundation for Professional
Development’ en die Department Gesondheid Tandheelkunde, wat
gesondheidsdienste gelewer het.
Ons is op soek na ‘n goeie werkende wasmasjien vir Reddingsdaad.
Indien jy hulle kan help, kontak asseblief vir Annemarie van der
Watt by 082 456 1168 of per e-pos [email protected]
Die musikale Van Deventer-gesin bestaan uit 10 kinders met 'n
11de enetjie oppad. Van die kinders sal die oggend saam met hulle
mamma ons bederf met
klassieke musiek. Donderdag 28 Mei om 10:00 in die Atrium.
Heerlike tee en verversings na die tyd.
Seniorklub nuwe Bestuur 'n Nuwe bestuur word ook gekies – die
klub het behoefte aan jong dinamiese
afgetrede persone wat lus is om die klub met kreatiwiteit
vorentoe te lei.
Ons is opsoek na ouens en vrouens om by ons aanddiens “band” aan
te sluit! Wat ons nodig het:
'n Liefde vir God en musiek Klavier · Kitaar · Bass kitaar ·
Perkussie · Sangers
Kontak asb vir Ds. Janet by [email protected] of die
kerkkantoor.