Top Banner
FAMILIENUUS Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk Kyk gerus hierna Pinkster 2010 2 VSA terugvoer 3 Projek Winterhoop 4 MMC Getuienis 6 Sokker Uitreik! 7 Boekresensie 10 Xtreme Naweek 14 Solo 2+15 Algemeen 2 Familiewees 4 Maandkalender 8 Geloofsgroei 10 Nuwe Generasie 11 Inligting 15 Lag ‘n Slag 16 Kontak 17 In hierdie uitgawe Oral rondom ons hoor ons verskil- lende stemme en geluide oor die kerk. Maar wie is die kerk waarvan mense praat en wat bedoel hulle as hulle die woord “kerk” gebruik? Meestal wanneer die woord kerk gebruik word, bedoel mense daar- mee die sigbare kerk. Dit wil sê de- nominasies, gemeentes, saamkom- ste en projekte waarvan mense deel is. Jesus gebruik verskillende beelde om sy volgelinge mee te beskryf. Hy praat onder andere van ‘n trop skape, ‘n familie, ‘n wynstok en Sy liggaam. Wanneer hy die woord “kerk” gebruik is dit “kuriake”, wat losweg beteken “van die Here”. Die woord “ekklesia” wat ons van- dag met “kerk” vertaal, is die woord wat meesal gebruik word om te ver- wys na die byeenkoms of groeper- ing van gelowiges. Die vroeë Christene het die woord oorgeneem uit die plaaslike ge- meenskap. In antieke Atene, was die “ekklesia” ‘n vergadering van landsburgers (meesal mans), ouer as 18 uit verskil- lende klasse wat saamgekom het om belangrike besluite in die belang van die gemeenskap te neem. Die christelike “ekklesia” het ‘n belangrike verskil gehad. Vrouens was ook deel daarvan en selfs slawe kon lede wees. ‘n Nuwe “ekklesia” is gevorm wat mekaar en die gemeenskap gedien het en enigeen wat “van die Here” was, (‘n verhouding met Jesus ge- had het in vandag se terme) was welkom. Dalk is dit ‘n goeie gedagte uit die geskiedenis wat ons help om onsself te verstaan as ‘n groep mense wat deur Christus geroep is om God te verheerlik deur mekaar en ons ge- meenskap te dien met Sy liefdevolle genade. Dis iets anders as net ‘n struktuur of ‘n organisasie. Dis ‘n dinamiese beweging van mense wat Jesus volg! Kerkwees vandag ... Jan Venter Mei 2010 Vrouekamp … ‘n Fees vir elke vrou! Ons Vrouekamp, o.l.v. Emelia van Heerden en Adri Vermeulen, vind plaas vanaf 29 – 31 Oktober by Pure Joy op die Moloto pad. Dit beloof om weereens ‘n on- gelooflike naweek te wees. Bederf jouself, leer ken nuwe vriendinne en kom geestelik ver- ryk terug. Bespreek solank nou-al jou plek. Jy kan ook reeds begin afbetaal aan die kamp – kontak Amanda vir reëlings (012-6621708) REDAKSIE [email protected] Gesels met ons oor wat jy in ons blad wil sien! 1
19

Familienuus Mei 2010

Mar 23, 2016

Download

Documents

Familienuus Mei 2010
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Familienuus Mei 2010

FAMILIENUUS

P ie r re van Ryneveld Gemeenskapskerk

Kyk gerus hierna

Pinkster 2010 2

VSA terugvoer 3

Projek Winterhoop 4

MMC Getuienis 6

Sokker Uitreik! 7

Boekresensie 10

Xtreme Naweek 14

Solo 2+15

Algemeen 2

Familiewees 4

Maandkalender 8

Geloofsgroei 10

Nuwe Generasie 11

Inligting 15

Lag ‘n Slag 16

Kontak 17

In hierdie uitgawe

Oral rondom ons hoor ons verskil-lende stemme en geluide oor die kerk.

Maar wie is die kerk waarvan mense praat en wat bedoel hulle as hulle die woord “kerk” gebruik?

Meestal wanneer die woord kerk gebruik word, bedoel mense daar-mee die sigbare kerk. Dit wil sê de-nominasies, gemeentes, saamkom-ste en projekte waarvan mense deel is.

Jesus gebruik verskillende beelde om sy volgelinge mee te beskryf. Hy praat onder andere van ‘n trop skape, ‘n familie, ‘n wynstok en Sy liggaam. Wanneer hy die woord “kerk” gebruik is dit “kuriake”, wat losweg beteken “van die Here”.

Die woord “ekklesia” wat ons van-dag met “kerk” vertaal, is die woord wat meesal gebruik word om te ver-wys na die byeenkoms of groeper-ing van gelowiges.

Die vroeë Christene het die woord oorgeneem uit die plaaslike ge-meenskap.

In antieke Atene, was die “ekklesia” ‘n vergadering van landsburgers (meesal mans), ouer as 18 uit verskil-lende klasse wat saamgekom het om belangrike besluite in die belang van die gemeenskap te neem.

Die christelike “ekklesia” het ‘n belangrike verskil gehad. Vrouens was ook deel daarvan en selfs slawe kon lede wees.

‘n Nuwe “ekklesia” is gevorm wat mekaar en die gemeenskap gedien het en enigeen wat “van die Here” was, (‘n verhouding met Jesus ge-had het in vandag se terme) was welkom.

Dalk is dit ‘n goeie gedagte uit die geskiedenis wat ons help om onsself te verstaan as ‘n groep mense wat deur Christus geroep is om God te verheerlik deur mekaar en ons ge-meenskap te dien met Sy liefdevolle genade.

Dis iets anders as net ‘n struktuur of ‘n organisasie. Dis ‘n dinamiese beweging van mense wat Jesus volg!

Kerkwees vandag ... Jan Venter

Mei 2010

Vrouekamp … ‘n Fees vir elke vrou!

Ons Vrouekamp, o.l.v. Emelia van Heerden en Adri Vermeulen, vind plaas vanaf 29 – 31 Oktober by

Pure Joy op die Moloto pad.

Dit beloof om weereens ‘n on-

gelooflike naweek te wees.

Bederf jouself, leer ken nuwe vriendinne en kom geestelik ver-

ryk terug.

Bespreek solank nou-al jou plek. Jy kan ook reeds begin afbetaal aan die kamp – kontak Amanda

vir reëlings (012-6621708)

REDAKSIE

[email protected]

Gesels met ons oor wat

jy in ons blad wil sien!

1

Page 2: Familienuus Mei 2010

Pinkster 2010 beloof om ‘n

wonderlike mylpaal op ons

Geloofsfamilie se pad te

wees.

Stephan het die afgelope

jaar baie diep en intens

nagedink en geskryf oor die

uniekheid en impak wat Jesus

Christus in die kerk het, en be-

hoort te hê.

Aan die een kant het hy,

saam met Jan van der Watt,

gewonder oor wie dié Jesus

van die Evangelies is deur die

oë van die ander karakters in

die Woord.

Aan die ander kant wou hy ‘n

dieper verstaan deurgee van

hierdie Jesus se bediening, en

sy radikale impak op óns, die

mense vir wie Hy gesterf het.

Hierdie nadenke het neerslag

gevind in die boek “Jesus, ‘n

radikale sprong” wat ook

onlangs die Andrew Murray

prys verower het as die beste

geestelike boek van die jaar.

Ons nooi jou om hierdie jaar

tydens Pinkster saam met

Stephan te waag om te ont-

dek wie Jesus in jou lewe en

in die kerk is, en wil wees.

Pinkster gaan vir elkeen van

ons uitdaag om Jesus op ‘n

eerlike en egte manier te

beleef. Hierdie avontuur

gaan ons aangryp, vernuwe

en weer opnuut inspireer om

Jesus ernstig op te neem as die

Here van ons lewens.

Daar is weer lekker warm sop

voor die tyd om die honger

mae in bedwang te hou en

sommer sodat ons lekker kan

kuier en mekaar kan geniet.

Ons Nuwe Generasie - bedien-

ing bied ook ‘n spesiale pro-

gram vir laerskoolkinders, asook

diep kampvuurgesprekke vir

ons hoërskooljongmense aan,

voor en tydens die pinkster-

dienste.

Nooi iemand hierdie jaar saam

met jou en kom ervaar die

wonder van die Evangelie asof

vir die eerste keer.

Pinkster 2010 - Jesus Radikaal!

FAMILIENUUS ALGEMEEN

2

Die Solo-byeenkomste het ‘n manier om die naweek-‘blues’ te verdryf... veral wanneer ‘n mens op ‘n Vrydagmiddag min lus het vir die naweek se uitdagings as enkel ouer van

drie woelwaters. Met die eerste byeenkoms wat ek en my kinders bygewoon het, het al-mal ons met ope arms ontvang. Die kinders speel saam met maatjies en die ouers kry

kans om te vergeet van die week se verantwoordelikhede.

Dis ‘n plek waar ons ons swaarkry deel, saam lag oor dinge en as ‘n bonus ook sommer

geestelike verryking kry. Maar selfs meer as dit... Solo is ‘n netwerk van ondersteuning en onderskraging. ‘n Mens voel minder alleen want jy besef sommer gou daar is baie ander

mense net soos jy! As jy ‘solo’ deur die lewe gaan, is Solo net die plek vir jou!

Suretha Swarts

Page 3: Familienuus Mei 2010

Ons derde dag in Los Angeles was ‘n beson-dere vol dag. Ons het vroeg die oggend geroer (na die aardbewing was ons in elk

geval wakker) en ons het na ontbyt in die pad geval. Ons was op pad na Ventura, ‘n

dorp so 150 km noord van Los Angeles.

Ons het afsprake gehad met David Kinna-man en George Barna en moes vroeg ry om

die berugte Los Angeles verkeer te trotseer.

Later die dag het ons teruggedraai na Los

Angeles want ons het ‘n afspraak gehad om na te kom met Mike Erre, die leraar van die “Rock Harbour Church”. Hy woon so 50 km suid van Los Angeles. So ons moes gou spring. Onderweg het ons vinnig gestop by

die Santa Monica Pier en rondgestaan op die plek waar Forrest Gump opgehou “run”

het. Aardige gevoel!

Ons afspraak met Mike was by sy huis. Ons

sou eers later besef wat die betekenis daar-van was. Dit was alreeds donker toe ons daar stilhou, maar hy en sy vrou het ons vriendelik en gasvry ontvang. So tussen sy seuntjie wat vir ons toorkunsies doen, sy dog-

tertjie wat ‘n dansie uitvoer en sy vrou wat koek en tee aandra het ons onsself ingeprop

in sy sitkamer.

Mike het met sy Down-sindroom baba op sy skoot, met ons begin kuier. Ons het bewus geword van sy passie vir die Here en sy bedi-ening. Hoe meer ons egter die gesprek wou

stuur in die rigting van sy gemeente en hoe-kom die bediening suksesvol is, hoe meer het hy ons doelgerig begelei na eenvoud, eg-

theid en gebrokenheid.

Dié gesprek was van die ervarings wat die

meeste indruk op ons gemaak het.

Hier by ‘n sogenaamd “suksesvolle” leraar met ‘n “indrukwekkende” gemeente hoor ons net van ‘n egte soeke na ‘n verhouding met Jesus, in plaas van ‘n ego wat gestreel

moet word.

Ons hoor van egtheid en eenvoud in ‘n ver-bruikerskultuur, baie soos ons eie. Eerder dit

as ‘n spoggerigheid en sug na gewildheid en

bewondering.

Hy leer ons van “Leading with a Limp”. Leier-skap wat gebrokenheid uitstraal en die reis

na heelheid met oorgawe aangryp.

Ons is die aand weg sonder enige bedien-ingstrategie en plannetjies, maar gevul met die wete dat die Here ons roep na ‘n egte, eenvoudige verhouding met Hom waarin

ons gebrokenheid sigbaar deur God gebruik

word tot Sy eer.

Ons neem ‘n nuwe helderheid oor wat leier-skap beteken saam. Ons gebed is dat die

Here ons sal help om Sy lig uit ons een-

voudige, gekraakte potte te laat deurbreek.

Mike Erre - Leraar op vaste grond Jan Venter

FAMILIENUUS ALGEMEEN

3

www.pvr.co.za/profile/PVR2USA10

Page 4: Familienuus Mei 2010

Projek Winterhoop 2010

Helpende Hand projekte on-der andere ook aandag kry. Indien jy dalk bewus is van ‘n

projek waar ons die nood kan aanspreek, is jy baie welkom

om met ons hieroor te praat.

Ons gaan binnekort besonder-

hede van al die uitreikpunte bekend stel met ‘n aanduiding van wat die presiese nood is, sodat jy kan aandui waar jy

deel wil neem op die dag wat

ons alles weer gaan uitdeel.

Intussen moet jy asseblief nie op jou laat wag nie! Die vol-

gende word benodig:

Komberse

Klere en warmgoed, veral truie

Nie-bederfbare voedsel

Toiletware

Skoonmaakmiddels

Bid asseblief saam met ons dat die uitreik hierdie jaar weer so geseënd sal

wees. Vir meer inligting, of indien jy die naam van ‘n projek aan ons wil deur-gee, kan jy vir Sampie by 082 698 1995 of vir

Amanda by die kerkkantoor

skakel.

Winterhoop is ‘n spontane insameling van kos, klere en komberse om gedurende die

winter in die nood van armes te voorsien. Dit is ‘n projek wat vir 10 jaar agtereenvol-gens met die medewerk-ing van verskeie kerke

en welsynsorganisasies

aangebied word.

Wie sal ooit ons projek in

2008 met die stroom voertuie, swaar gelaai met voorraad wat ons mense geskenk het, ver-geet! Vir baie van ons sal dit altyd ‘n onver-

geetlike geleentheid bly

Vanjaar gaan ons weer so maak en beoog ons

om by uitgesoekte punte waar die behoefte groot is en daar strukture in plek is om die skenkings te hanteer en te bestuur, hulp te

verleen en die nood te help verlig. Benewens projekte waarby ons reeds betrokke is, sal van Solidariteit se

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

4

“Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die gering-

ste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My

gedoen.” – Matt 25:40

Lees- en skryfklasse word al lank as deel van ons Afri-

katalige bediening by die kerk aangebied vir ongelet-terde lede van ons gemeen-

skap.

Ons wil lankal hierdie bedien-ing meer georganiseerd doen en het onlangs saam met ABET (Adult Basic Edu-cation & Training),’n werk-

bare oplossing gevind.

Onderrig kan nou met voor-

geskrewe (gratis)handboeke deur persone uit die ge-

meenskap aangebied word. Helpers moet net Gr12 as minimum-kwalifikasie hê. Studente doen eksamen en

ontvang ‘n sertifikaat.

Ons is opgewonde vir die nuwe koers wat met hierdie bediening ingeslaan word. Dit bied ’n geleentheid vir ’n

nuwe begin vir ongeletterdes

in ons omgewing.

Venessa, van ons geloofsfami-lie, en Bettie, lidmaat van Buti

se gemeente, bied die kursus aan op Maandae en Woens-

dae om 19:00.

Ons voorsien dat die getal

studente gaan toeneem en daarmee saam ook die be-

hoefte aan meer aanbieders.

Kom help ons asseblief! Skakel met Amanda by die kerk-

kantoor vir meer inligting.

Lees en Skryfklasse

Page 5: Familienuus Mei 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

5

Baie dankie dat jy biddend saam met ons op reis is! Ons wil

jou dan ook aanmoedig om nie hierin te verslap nie. Ons land gaan tans deur ‘n baie kom-plekse tyd en dis nou meer as ooit belangrik dat ons positief sal

wees en sal bid vir ons land en sy mense. Bid dat die Here ons sal seën en dat ons die uitdag-

ings te bowe sal kom.

Skakel Rina by 082 858 3409, of Alf by 082 921 5198 as jy ‘n ge-bedsversoek wil deurgee. Jy kan dit ook per epos doen by

[email protected]

Gebedseminaar

Ons het dit pas reggekry om ons

gebedseminaar te finaliseer. Dit word DV op Vrydagaand 28 en Saterdagoggend 29 Mei in die kerksaal aangebied deur ds Peet Grobbelaar wat die ge-

bedsbediening in Morele-taparkgemeente lei. Die de-

tail, onder andere die pro-gram en tye, word tans uit-gewerk – hou asseblief die afkondigings dop in hierdie verband. Ons vra R30 per

persoon om koste te kan

dek.

Ons het jou hulp nodig!

Ons benodig dringend die

volgende:

Persone wat by die ge-

bedsketting as voorbidders inskakel – hulle doen by hul

huise voorbidding

Iemand wat rekenaarvaar-dig is om ons gebedsver-

Dankie dat jy saambid!

Gemeentekamp … kom kamp saam!

Die Gemeentekamp gebeur en die plekke

raak min!

As dit kom by lekker kuier, soos in die ou dae, dan is Pierre en Alwyn, ons kamporganiseer-ders meesters van die vak. So ons sien uit na ‘n

lekker ontspanne en genotvolle ervaring.

Daar is ruimte vir kampers, karavaners en ook “huisie-mense” en die terrein by Emmerentia Geldenhuys is nuut opgegradeer en sommer

in ‘n eersteklas toestand.

Die naweek is 7-9 Mei 2010. Dit beteken natuurlik al so bietjie kouerigheid, lekker vure

en gesellig warm kos maak.

As jy wonder, op so ‘n gemeentekamp kuier ons saam om die vuur, om die kospotte en om die Woord. Die program is baie rustig en ons

maak seker dat daar nie ure se lesings en

gesprekke is nie.

Daar is genoeg geleentheid om voor die Here stil te raak en in mekaar se geselskap raserig

te raak.

Die terrein is 90 minute se ry uit Pretoria. So dis maklik om sommer Saterdagoggend deur te

kom vir die kinders se sport.

So, beskou jouself as uitgenooi. Kontak die organiseerders direk en bespreek jou plek. Tyd

en plek is beperk!

O ja, ons maak seker dat ons darem die

rugby kan kyk!

Pierre: 082 419 2315

Alwyn: 083 376 6757

Baie dankie aan almal wat so ruimhartig tot hierdie projek

bydra en so help om minder-bevoorregtes te versorg. Ek maak dit my roeping om die klere so netjies moontlik en op-gevou te besorg daar waar dit

benodig word. Kan ek asse-

blief die volgende vra:

Moet tog nie stukkende en af-

geleefde klere vir ons gee nie.

Vou die klere asseblief netjies op – dit sal ons taak aansienlik

verlig!

Moenie skoolklere vir ons bring nie, maar besorg dit self by die klerebank by die betrokke

skool.

Skakel vir Rina indien jy enige kommentaar/voorstelle het, of by die projek betrokke wil

raak.

Klerestoor

Inligting

Rina - 082 858 3409

Page 6: Familienuus Mei 2010

Ons gaste is Liz Myburgh en Curves en ons

tema is “Verander jou Wêreld” en meer spesi-

fiek heling van liggaam, siel, gees en gesonde

oefening.

‘n Gesonde, heer-

like ontbyt sal be-

dien word.

Ons soek:

Gasvrouens vir hierdie oggend net om te help

om die tafels te dek.

Kaartjies sal by Amanda by die Kerkkantoor te

koop wees. Dit kos R60 per persoon

Navrae: Amanda (0829757465) of Heléne

(0823779385.)

Vroue Ontbyt - 22 Mei 2010

Ek het ‘n ervaring as kind ge-had waaroor mens nie maklik praat nie. So 3 maande

terug het hierdie dinge tot uitbarsting gekom en kon ek dit nie meer alleen dra nie

asook depressie ervaar.

Ek het ons Geloofsfamilie se beradingspan genader om my te help met my helings-proses en met gesprekke be-

gin. In daardie tyd het ek ook begin wonder oor MMC. Na vele gebede en wonder het ek en iemand naby aan my besluit om wel te gaan om

heling by God te vind.

Ek het in my geloof begin twyfel, maar het met die hulp van ons beraders weer begin

om in geloof te groei. By MMC het ek ervaar hoe die Here deur die Heilige Gees

naby aan my gekom het.

Die eerste aand het ek vir die eerste keer in die openbaar verklaar dat ek die Here as my

Saligmaker aanvaar. Dit het my hart volgemaak sodat trane onwillekeuring geloop

het.

Die aand is daar ‘n gebed ge-doen en was een van die eer-ste items waarvoor heling gevra is depressie, bedrukt-

heid en molestering. Ek kon voel hoe die Heilige Gees oor my neerdaal. Die volgende dag is daar gebid vir mense wat haat ronddra en weer-eens kon ek voel hoe die

Heilige Gees my help om die mense wat my benadeel het vry te spreek van wat hulle ge-doen het en ek het vergifnis

en vrede ervaar.

Rondom my kon ek mense sien wat dieselfde ervaar. God

MMC 2010, ‘n getuienis Dankbare MMC’er

FAMILIENUUS FAMILIEWEES

6

drie-enig, Vader, Seun en Heilige Gees het my

aangeraak.

My mond wil net vertel wat Hy vir my gedoen het. Ek is weer sterk in my toewyding

en Bybelstudie en ook ervaar ek die Here se hand elke dag

in my lewe.

Soggens as ek werk toe gaan

dink die mense in die ander motors seker ek is baie snaaks want ek en die Here gesels al

die pad werk toe.

Wat ‘n wonderlike ervaring! Ek kan maar net sê die Here is ‘n wonderlike Here wat werk-lik heling kan gee. Ek dien Hom met blydskap en kan

vandag net sê: “Dankie Here vir die bystand en hulp wat

ek ontvang het.”

“Awesome Evas”

Elke Donderdagoggend

10:00 tot 11:00

Mosquitoweg 16

Pierre van Ryneveld

Ons nooi alle dames uit wat in die teenwoordigheid van die Here

rondom Sy Woord wil saamkom.

Informeel en gesellig.

Navrae :

Janie Crafford 0834173611

Page 7: Familienuus Mei 2010

FAMILIENUUS FAMILIEWEES EN GELOOFSGROEI

7

Tussen Stephan en Henk wag daar vir ons weer lekker stewige en in diepte gesprek by

die Bybelreis in Mei.

Stephan is vars terug van ‘n maand se navorsing in Nederland en ons sien uit daarna om saam met hom te kuier oor sy belewenis

daar en wat hy ontdek het.

Die tema wat hanteer word is “die Penta-teug”. Dit is nou spesifiek die boeke Genesis

tot Deuteronomium. Dit is die verhalende

boeke in die Ou Testament en is ‘n belangrike sleutel in ons verstaan van ons eie verhaal as

volgelinge van Jesus.

Daar is twee aandsessies, naamlik 5 en 12 Mei

en een oggendsessie op 26 Mei.

Die week van 19 Mei is dit Pinkster. Dan kuier ons in elk geval saam met Stephan omdat hy

hierdie jaar ons Pinksterreeks aanbied.

Sien jou by die Bybelreis!

Bybelreis .. Nuwe avonture wag!

Die Uitreik

Die wêreldbeker bied aan Christene die unieke geleent-heid om saam kultuur- en taalgrense oor te steek en die evangelie van liefde te deel.

Saam met talle gemeentes en organisasies gaan ons on-der die vaandel van “The Ulti-mate Goal” deelneem aan ‘n uitreikprojek in Mamelodi. Die

totale projek vind plaas vir die vier weke van die sokkertoer-

nooi in Mamelodi.

Gemeentes wat saam met ons betrokke is, is onder an-dere NG Skuilkrans, NG Oosterlig, NG Lynnwoodrif, NG Lynnwood, Lewende-

Woord en verskeie ander. Daar is ook heelwat plaaslike gemeentes in Mamelodi self

wat deel is van die projek.

Kom wees deel van ‘n won-derlike ervaring saam met honderde gelowiges wat dui-sende mense met die evan-

gelie gaan bereik!

Volledige inligting oor die

projek is beskikbaar by ons

kerkkantoor of op ons web-

werf.

Page 8: Familienuus Mei 2010

8

Sondag Maandag Dinsdag

2

08:00 Diens—Doop

& Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens & Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

18:30 Vars

3

19:00 DVK

19:00 Afrikatale - Lees/Skryf

4

09:00 Bybelstudie

19:00 Ons Trou 3

19:00 YA’s

19:00 Hulpverleners - Opfris

19:00 Afrikatale biduur

9

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens & Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

17:00 Alpha kursus

18:30 Vars

10

19:00 FK

19:00 Afrikatale - Lees/Skryf

11

09:00 Bybelstudie

19:00 Ons Trou 4

19:00 Hulpverleners - Opfris

19:00 YA’s

19:00 Afrikatale biduur

16

Solo braai/uiteet

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens & Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

17:00 Alpha kursus

18:30 PINKSTER

17

19:00 PINKSTER

18

09:00 Bybelstudie

19:00 PINKSTER

PINKSTERFEES 23

Geen Kinderkerk

08:00 Diens—Nagmaal

10:00 Diens—Nagmaal

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

17:00 Alpha kursus

18:30 Vars—Nagmaal

24

19:00 Gemeenteraad

19:00 Afrikatale - Lees/Skryf

25

09:00 Bybelstudie

19:00 YA’s

19:00 Doopgesprek

19:00 Afrikatale biduur

30

08:00 Diens & Kinderkerk

09:00 Groepe (Gr4-7)

10:00 Diens & Kinderkerk

13:00 Afrikatalediens

17:00 Groepe (Gr8-11)

17:00 Alpha kursus

18:30 Vars

31

19:00 Polisieforum

19:00 Afrikatale

Lees/Skryf

Page 9: Familienuus Mei 2010

9

Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

1

WERKERSDAG

5

05:30 Halftyd

19:00 Bybelreis

19:00 Afrikatale - Lees/Skryf

6

19:00 Trauma—D

19:00 Afrikatale

Bybelstudie

7

GEMEENTEKAMP

8

GEMEENTEKAMP

12

05:30 Halftyd

19:00 Bybelreis

19:00 Afrikatale - Lees/Skryf

13

HEMELVAART

19:00 Erediens

14

15

08:00 YA’s

19

05:30 Halftyd

19:00 PINKSTER

20

19:00 PINKSTER

21 22

09:00 Vroue -

ontbyt

26

05:30 Halftyd

10:00 Bybelreis

19:00 Afrikatale - Lees/Skryf

27

10:00 Senior Aksie

19:00 Afrikatale

Bybelstudie

28

29

Page 10: Familienuus Mei 2010

Wil jy groei in jou geloof?

FAMILIENUUS GELOOFSGROEI + KOMMUNIKASIE

Dan is die Alpha kursus net vir jou! Hierdie is ‘n gemaklike gesprek en ‘n video-kursus waar ons stilstaan by die basiese geloofsvrae. Menige

mense getuig daarvan dat hierdie kursus vir hulle ongelooflik baie beteken het. Daarom wil ek jou uitnooi om saam met ons hierdie

kursus te kom doen.

Ons gaan onder andere oor die volgende vrae saamgesels:

Wie is Jesus?, Waarom het Jesus gesterf?, Hoe kan ek seker wees van

my geloof?, Hoe lei God ons?, Hoe kan ek die bose weerstaan?

Ons gebruik ook die Alpha kursus as basis vir mense wat volwasse

belydenis van geloof wil aflê. Dus is jy welkom om dit ook by te woon.

Die volgende Alpha-kursus begin Sondag 9 Mei van 17:00 – 18:30 by

die kerk. Registreer by die kerkkantoor as jy dit wil bywoon. Koste van

die kursus is gratis.

10

U Woord is ‘n lamp vir

my voet en ‘n lig op my

pad

Psalm 119:5

Tydens ons besoek aan die VSA het ons die voorreg

gehad om tyd te spandeer

saam met Margaret Feinberg.

Sy is ‘n baie gewilde skrywer en spreker en het ‘n vars

manier om na ou waarhede te kyk. Hierdie is een van haar

onlangse boeke – “Scouting the Divine – my search for God

in wine, wool and wild honey”.

Ons vergeet baie maklik dat

die Bybel in ‘n tyd geskryf is toe landbou die hoofinkomste gegenereer het. Daarom dat Jesus baie beelde uit die plattelandse landbou gebruik.

Ons, as moderne mense wat in die stad woon, verstaan nie altyd die beelde nie. Margaret het drie van die beelde wat Jesus gebruik, van nader gaan

ondersoek om te probeer verstaan wat Jesus bedoel het. Sy het by ’n skaapwagter gaan bly om Psalm 23 beter te verstaan. Sy het tyd saam ’n

boer spandeer om iets van Matteus 9 te snap dat die oes groot is en die arbeiders min. By ’n byeboer het sy die beeld van die land van melk en

heuning gesnap. Laastens, was sy by ’n wynboer om

Johannes 15 beter te begryp as Jesus sê Hy is die

wingerdstok en ons die lote.

Dit is ’n nuwe benadering

en help my om die Bybel beter te verstaan en nader aan God te kom. Ek kan van harte hierdie boek aanbeveel. Dis te koop op

die internet by

www.loot.co.za

Boekresensie Henk Janse van Rensburg

Page 11: Familienuus Mei 2010

FAMILIENUUS NUWE GENERASIE

11

SJOE!

Hanlie Boshoff

Hanlie is die leier van ons “Nuwe Generasie” bediening. Sy is verantwoordelik vir die werk met ons kinders, hoër-skool jongmense en jong vol-

wasssenes.

Hanlie is getroud met Karel en hulle het twee kinders KC en

Jana.

Dit is Hanlie se passie om jong-mense te bedien en ons dank die Here vir haar besondere

gawes.

Wow! Wat ‘n ongelooflike eerste deel van die jaar! Die jeugbediening het

weer gekook. Die mentors en die jong-mense het “gebond”, ons kampe en programme was uitstekend, maar die belangrikste van alles, Jesus was die middelpunt van alles en dit gaan suiwer

oor ons verhouding met Hom, en daar-van is ons jongmense se getuienisse ‘n bewys. Ek wil vir elke mentor, elke persoon wat

gehelp het met reelings en met werk, en vir elke jongmens sê baie dankie. Julle verryk my lewe daagliks. Bou hier-die kwartaal voort op die momentum, bou verhoudings en maak herinnering

om ewig te koester. Bo alles, bou ‘n verhouding met Jesus en raadpleeg God vir wysheid

God’s wisdom, true wisdom, is essential to living the life we were designed to live. Apart from God and his wisdom, we can spend a lot of time and energy getting lost, or worse, asking for directions from people

who only pretend to know the way."

-Margaret Feinberg (The Organic God)

Daar word altyd gegrap en gesê ’n bediening is net so suksesvol soos sy

admin, maar in die jeugbediening is dit nie net ‘n grap nie, dit is só die waar-heid. Daar moet iemand wees wat die lyntjies bymekaar hou. Wat die sms’e uitstuur, wat die reëlings maak en wat

seker maak al die jeugwerkers se “mal idees” is uitvoerbaar. By ons is dit Lizette. Lizette, baie dankie vir jou harde werk.

Ons vergeet soms om dit te sê, maar jy is goud werd vir die jeugbediening en ons waardeer jou ontsettend baie!

Lizette Klinkhamer

Lizette is die Admin Beampte van ons Nuwe Generasie be-

diening.

Sy is getroud met Freddy en hulle het twee seuns Frederick

en Willem.

Page 12: Familienuus Mei 2010

FAMILIENUUS NUWE GENERAIE

12

Izette Malan

Junior Jeugwerker

Hello almal, dis ons, die “Juniors” van die Nuwe Generasie aan die

woord! April-maand was in ‘n oogwink verby. Gelukkig het ons vin-

nig ‘n heerlike oggend vir die dogtertjies beplan. Spieëltjie, Spieëltjie

aan die wand…

Ons bou feëtjie uitnodigings, buig, knip & plak feetjies van draad &

krale, ontwerp hipermooi naaldekokers van draad & krale. Almal sit

hulle koppe bymekaar om hierdie dag ‘n sukses te maak! Mens kan

nie glo dat die kerksaal so vinning kan verander nie, met net kerse,

tafeldoeke, muskietnette, balle, naaldekokers & feetjies! Carmin kom

vertel hoe, waar, wat & hoeveel van grimering – julle kan nie glo hoe

mooi het die dogtertjies gelyk het nie! Terwyl Carmin duisende vrae

moes antwoord van die “ouer” dogters, het Selma en die dogtertjie

“feetjie cupcake” versier!

Selma se boodskap vir dogtertjies is dat die Heilige Gees in elkeen

van hulle werk en dat elkeen nommer EEN in Jesus se lewe is! Ons

almal kuier baie lekker saam en leer sommer baie goeters om te

hoor in die spieël: “Jy’s die mooiste”. Baie dankie vir almal wat saam

kom kuier het en almal wat gehelp het van uitnodigings ontwerp tot

skottelgoed was!

Pinkster is om die draai: Jesus loop op die water!

Ons kyk, hoor, voel & proe ‘n paar van Jesus se wonder-werke! Water speel ‘n groot

rol in ons Pinkster.

Kom kyk of jy op water kan loop? Kom proe hoe sekere

goed kan verander. Sien jou!

Kom kuier saam met ons Pinkstertyd!!!!

14 Junie – 6 Julie 2010! Ja, vir drie volle weke gaan ons saam kuier by die kerk, As jy wil deel wees van KINDERS VAN DIE WêRELD kontak

Lizette by 078 0779 394 / [email protected] / www.pvr.co.za

VAKANSIE

PROGRAM

2010

Page 13: Familienuus Mei 2010

FAMILIENUUS

13

NUWE GENERAIE

Werner en Ronel du Toit

Die YAs het die langnaweek van 19-22 Maart by Thandanani kamp opnuut weer geleer wat aan-

vaarding beteken.

Groepgesprekke en stiltetyd rondom: Aanvaar jouself, ander en God se liefde, gekombineer met ‘n goeie dosis avontuurspeletjies het gesorg vir ‘n

sinvolle naweek van verhoudings bou.

Vrydagaand het ons hamburgers geëet soos nooit vantevore. Dit het spanwerk geverg om ‘n burger

te bou en te eet as beide jou hande vasgemaak

was aan die van jou buurman.

Ander uitdagings het ingesluit sokkie-hokkie, potjie-koskompetisie, kettie en pyl & boog skiet, waterbal-

lon “volleyball”, brug bou en hoola-hoop toring bou. Om jou geblindoekde spanmaat deur ‘n doolhof van muisvalletjies te navigeer het ook ‘n

heel nuwe betekenis aan vertroue gegee.

Dit was ‘n wonderlike ervaring en ons het onsself weer opnuut aan die Here gebind. Dankie aan die YA’s leierspan wat soveel energie in die kamp in-

gesit het. Julle is UITSTEKEND!

Werner en Ronel is

swanger! Baie geluk!

MANNE PAINTBALL

GIRLS

COOKING

CLASS

15 MEI

ONTHOU ONS KUIER

ELKE DINSDAG

BY “DIE DAK”

19:00

Page 14: Familienuus Mei 2010

NUWE GENERASIE

14

Ryno Meyer Seniors Jeugwerker

Ryno is ‘n vyfde jaar

teologie student. Hy

het sopas die graad

B.Th verwerf aan die

UP. Baie geluk Ryno!

Die Gr 8 en 9 Xtreme kamp was “awesome”! Dit was die perfekte wegkomkans van die be-

sige stad. Ons het Vrydagmiddag so 15:00 by die Kerk vertrek en was seker so 17:00 by

Kwaggasrus.

Ons het geleer hoe om op ‘n ander manier as

sing die Here te “worship”. Die naweek het ons alles gedoen van swem, krokodille hoend-ers voer, ‘n wildrit en hindernisbane. Dit was vir my ‘n baie lekker kamp en my en die Here se verhouding voel vir my sterker. Gr 7’s julle

moet beslis volgende jaar op die kamp gaan,

dit is “legend”.

-Anzel Reynecke Gr 8

Die Xtreme kamp het so ‘n groot verandering in my lewe gemaak, dat ek nie weet waar om

te begin nie. Na so ‘n uur en half se ry kom ons by Kwaggasrus aan. Ons kon nie wag om ons tasse te gryp en die grootste kamer te kies nie. Nadat dit als verby was, het die gees van groepe indeel regdeur tot krete uitwerk begin,

dit was pret verby.

So het die dag verby gegaan en voor ons, onsself kon kry was dit ligte af en slaaptyd. Die ergste van als was, GEEN MIXIT NIE, maar dit

het my nie doodgemaak nie. Die stiltetyd was “awesome”, elkeen het sy plekkie gaan kry en

stiltetyd gehou.

Ons het ontbyt geniet, maar die beste was geen skottelgoed moes gewas word nie. So het nog ‘n “awesome” dag verby gegaan. Die aandbediening het my lewe verander. Ek het ‘n gevoel binne my gehad wat ek nie kon

beskryf nie. Dit het gevoel asof die Gees my lyf oorgevat het, dit was “awesome”. Die dag daarna was pret, pret en meer pret. Van kleilat regdeur tot “foefieslide”, het ons, onsself geniet. Die gees was “great”, en die kamp

was “awesome”.

Ek wil net dankie sê vir Ryno en die ander mense, vir ‘n “great, wow”, ag noem dit wat jy

wil. Dit was die beste kamp ooit.

- Brenden Pieters Gr 9

Gr 8/9 “Xtreme” Naweek

Page 15: Familienuus Mei 2010

Ons wil steeds‘n geleentheid bied vir ons gemeenskap om dienste, produkte, geleent-

hede en behoeftes bekend

te maak.

Daar is tans verskillende ma-

niere tot ons beskikking.

Gemeenskapsbord:

Maandelikse advertensies:

Familienuus:

Ons doen ook navraag of daar belangstelling is om teen ’n vaste koste in die

maandblad te adverteer,

Hierdie advertensies sal op ‘n prima plekkie in die blad wees, sodat daar waarde is

vir die adverteerder.

Skakel gerus met:

Riana: 012 6621708

[email protected]

Ons help mekaar

FAMILIENUUS INLIGTING

Sondae: Skoolvakansies

O9:00 - Erediens

13:00 - Erediens (Afrikatale)

18:30 - Vars!

Sondae: Skoolkwartale

08:00 - Erediens (Ouditorium)

08:00 - Kinderdiens (3j-Gr.3)

09:00 - Groepe (Gr.4 - Gr.7)

10:00 - Erediens (Ouditorium)

10:00 - Kinderdiens (3j - Gr.3)

13:00 - Erediens (Afrikatale)

17:00 - Groepe (Gr.8 - Gr.11)

18:30 - Vars!

Tye

Kerkkantoor:

Ma: 11:00—16:00

Di - Do: 08:00—16:00

Vr: 08:00 - 13:00

Bankbesonderhede

NGK Pierre van Ryneveld

ABSA Lyttelton

Rek no.: 600 591 355

Takkode: 335 045

Stuur betalingsbewys na:

(012) 662 0104

[email protected]

15

Alleen,enkellopend, op jou eie. Dit mag dalk alle woorde wees wat SOLO beskryf, maar nie in ons groep nie. Ek is

bevoorreg om deel te wees van die groep vanaf 2008 en al is dit jou eie gevoelens en gedagtes, hoef jy nooit alleen te

voel nie!.

As ek terug dink kan ek sê die Here was en is altyd saam met

my elke tree van my lewe. Ek het 3 pragtige kinders en met al my probleme en stuikelblokke het ek die Here besig ge-hou. Natuurlik saam met my “back up” span, Ds Karel, berader, Izette, Ryno, Lizette en Freddy wat altyd net ‘n

oproep weg is!.

Elke persoon en familie is uniek, maar tog voel mens ‘n kon-neksie met almal anders en twee jaar later het ons mekaar so goed leer ken dat ons die kampe ‘n noodsaaklikheid ge-

maak het. Ons sosiale aande is so ontspanne, maar tog BAIE pret. Soms word Ds Karel die teiken, maar hy weet hoe om

ons te hanteer!.

As ‘n groep het ons geleer om mekaar geestelik te help, fi-

nansieel te ondersteun, ‘n skouer te leen om op te huil, kinders oppas indien nodig en om advies vir mekaar te gee

ens. Mens kan sien hoe het ons en die kinders 2 jaar gegroei.

As die kinders nie ‘n boetie of sussie het nie, sal hulle beslis

een vind in die groep. Dit is so lekker om te sien hoe ons

kinders saam speel, mekaar help en leer.

“Daarom sê ek vir julle; vra en God sal vir julle gee. Soek en

julle sal kry. Klop aan God se hemelse deur en Hy sal vir julle

oop maak”. Lukas 11:9

Die naam is dalk SOLO, maar ons is beslis nie SOLO nie!

Sue Jansen van Nieuwenhuizen

Page 16: Familienuus Mei 2010

16

FAMILIENUUS

SMS

Die leraar in ‘n mooi klein plattelandse gemeenskap

bestyg die kansel voor die diens. Oudergewoonte gaan staan hy op die trappies en bid ‘n paar oomblikke. In die stilte vra klein Sarel vir sy ma: “Mamma wat

maak die oom?” Sy ma is baie verleë en fluister kliphard: “Sshh, die oom bid dat die Here hom

moet help met sy preek”.

Dit was ‘n besondere warm dag en die leraar was effens langdradig. Toe klein Sarel dit nie meer kan hou hou nie sê hy weer kliphard vir sy ma:

“Mamma, hoekom help die Here

dan nie die oom nie?”

GLIMLAG

Gee ons vandag ons daaglikse

brood (Matt 6:11)

Page 17: Familienuus Mei 2010

FAMILIENUUS KONTAKBESONDERHEDE

LAASTE GEDAGTE

In my hart is daar donkerte;

By U is daar Lig.

Ek is eensaam,

U verlaat my nie.

Ek voel nietig en bang;

U laat my nie alleen nie.

Ek is rusteloos;

By U is daar vrede.

Ek vind bitterheid in my hart;

U leer my geduld.

U weë is vir my onbegryplik;

U ken die pad

waarop ek gaan

Dietrich Bonhoeffer

Bedieningspan:

Jan Venter - 662 3700 / 082 333 6552 > [email protected]

Henk van Rensburg - 662 5619 / 082 336 7555 > [email protected]

Elmo Pienaar - 082 410 7645 > [email protected]

Sampie Niemand - 662 1636/ 082 698 1995 > [email protected]

Karel Verhoef - 662 2908 / 083 297 1242 > [email protected]

Stephan Joubert - [email protected]

Buti Mahlangu - 082 624 2689 > [email protected]

Hanlie Boshoff - 082 331 2408 > [email protected])

Izette Malan (Kinderwerker) - 082 823 7524 > [email protected]

Ryno Meyer (Jeugwerker) - 082 460 2103 > [email protected]

Werner/Ronel du Toit (YA’s) - 082 339 8925/082 374 4146

NAVRAE EN INLIGTING

012-6621708 — 012-6620104 (faks) — [email protected]

www.pvr .co.za

Kontak

Ondersteuningsdienste:

Peet Kilian (Bedryfshoof) - 082 469 4708 > [email protected]

Riana Janse v Rensburg: 012-6621708 > [email protected]

Amanda Smit (Bediening): - 082 975 7465 > [email protected]

Ansie Vivier (Finansies): 012-6621708 > [email protected]

Lizette Klinkhamer (Jeug Admin): 0780779394 > [email protected]

Alta Potgieter (Koster): 0828181622

Theuns Janse van Rensburg (Klank): 082 555 2923

Piet van Rensburg (Faktotum): 0833201901

Anna Venter: 082 410 4284 (Sentrum vir Lewenskuns)

Brinant sekuriteit: 082 547 6754 / 664 5658

SAP Forum (noodnommer): 079 528 1630

17

Page 18: Familienuus Mei 2010

Ons hou weer ....

GEMEENTEKAMP!

7 - 9 Mei 2010

Emmerentia Geldenhuys Bela-Bela/Warmbad

Kamp/Karavane/Huisies

Inligting:

Pierre: 082 419 2315 Alwyn: 083 376 6757

As jy belangstel om in

hierdie spasie te

adverteer gesels gerus

met ons oor kostes en

plasings.

Kontak

Riana

Telefoon

012-6621708

Page 19: Familienuus Mei 2010