Eldo-Info Nuusbrief – 14 Februarie 2020 www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK Ons word deur die Heilige Gees toegerus om diensbaar te wees. Elkeen in wie die Gees van God woon, moet diensbaar wees aan die Here en aan mense. Daarom kom woon die Gees in jou en rus jou toe met krag van bo. Ons word ook as kerk van die Here toegerus deur die Gees om God se gestuurdes in hierdie wêreld te wees. Die gawes van die Gees wat ons ontvang, gaan nié oor jouself nie! Jesus kom wys al in Johannes 13 vir ons wat opregte diensbaarheid beteken: Om bereid te wees om jouself te verneder, sodat ander verhoog kan word. Jesus se diensbaarheid kom wys vir ons hoe God se koninkryk lyk – waar niemand té belangrik is om enige iemand anders te dien nie! Daarin is juis leiers ook bereid om hulleself op te offer ter wille van ander! “Diens” is seker een van die heel belangrikste woorde wat jy in die evangelie van Jesus Christus sal kry. Nêrens kry ons ‘n beter voorbeeld as Johannes 13 nie, waar Jesus sy dissipels se voete was. In die Bybel gaan die woord “diens” dikwels saam met ander woorde soos: liefde, omgee, onselfsugtig,gemeenskap, vrede en opoffer. Dit is duidelik: Diens kos jou iets! Dit vra dat jy nie altyd eerste in die ry staan nie, en dat jy heel konkreet van jou kosbare tyd,energie, geld en besittings sal prysgee. Diens is egter ten diepste nie iets wat jy doen omdat jy voel jy “moet” dit doen nie. Dít is nié diensbaarheid deur die Heilige Gees nie. Diensbaarheid deur die Heilige Gees is gedring deur liefde en omgee wat net die Heilige Gees vir jou gee! Dit groei in jou hart en jy “kan nie anders nie”, as om te dien. Kom ons gee en dien. Kom ons luister na die pyn van ander en help hulle. Kom ons wees gasvry, sonder om te kla. Kom ons getuig vir die Here om die wêreld vir Hom te wen. Kom ons dien en “was voete” sonder om onsself hoër, as ander te ag. Kom ons dien deur getrou vir mense te bid, sonder dat hulle eers daarvan hoef te weet! Kom ons dien die mense wat dit die minste van ons verwag! Kom ons dien, sonder die behoefte aan eer en erkenning. Kom ons leef net ‘n bietjie stadiger en luister wie en wat God op ons hart lê, want besige, uitgebrande mense sukkel om God se stem te hoor. Hulle sukkel ook om tyd en energie te vind om ander te dien. Moenie besiger wees, as wat die Here jou wil hê nie. Dien deur die Heilige Gees! Geskryf deur Ernst vanaf https://ngkwonderboom.co.za/www/index.php/argi ewe/dagstukkie/2622-diensbaar-deur-die-gees
8
Embed
Eldo-Info Nuusbrief 14 Februarie 2020...Eldo-Info Nuusbrief – 14 Februarie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK Ons word deur die Heilige
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Die Welwillendheidskomitee is tans besig met ‘n projek om items vir 4 kinders by New Beginningz te verskaf. Die items
sluit die volgende in: wetwipes, doeke, nie-bederfbare kositems en klere. Indien iemand wil bydra tot hierdie projek kan
die items by juf. Solani van Onselen se klas, NL, afgegee word.
Die kinders se geslagte en ouderdomme is as volg:
Rereilwe is ‘n 5-maande oue dogtertjie
Lebogang is ‘n 6-jarige dogtertjie
Chaun-Lee is ‘n 1-jarige seuntjie
Nipho is ‘n 5-jarige seuntjie
6
SOSIAAL
SWEDEEDSE BESOEK
Die Sweedse skoolverlaters vanuit Karlskrona het ons op Donderdag, 6 Februarie, besoek. Die program word deur die
Departement van Onderwys georganiseer en ons eie Distrik 4 is hoofsaaklik daarmee gemoeid. Hoërskool Eldoraigne is
een van drie skole wat deel is van hierdie projek en ons het oor die afgelope klompie jare werklik ervaar dat hierdie
projek 'n besondere groeigeleentheid vir ons eie leerders inhou. Die ander betrokke skole is Pretoria Technical High
School en 'n skool in Atteridgeville, Bokgone.
Tydens die besoek aan ons skool, het ons hulle blootgestel aan ons kultuuraktiwiteite en hulle ook die geleentheid gegee om te debatteer oor sosiale vraagstukke, soos die onderskeie lande dit ervaar. Hierdie was ‘n ongelooflike geleentheid wat vir ons kinders die geleentheid gebied het om as ambassadeurs vir ons skool en mooi land op te tree en ook om te deel en interaktief te wees met die Sweedse delegasie om sodoende waardevolle kommunikasievaardighede op te doen. Die Sweedse delegasie was baie verras oor die gehalte van ons skool se kultuur-, asook die verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite wat aangebied word. Op Sondag, 9 Februarie, het tien Eldo-leerders elk 'n Sweedse leerling by hulle tuisgaanplek in Arcadia vir die dag gaan
haal en die leerders van Swede blootgestel aan ‘n normale Sondag by ‘n Suid-Afrikaanse familie. Leerders is saam kerk
toe geneem en vir die res van die dag blootgestel aan tipiese Suid-Afrikaanse roetines en gewoontes. Die ouers het baie
moeite gedoen om die kuier vir die buitelanders so aangenaam moontlik te maak en die Sweedse leerders is getrakteer
op uitstappies na onder andere die Rietvleidam, Voortrekkermonument, Lion Safari’s en restaurante of huisbraaie.
Agt leerders uit hierdie groep is uitgenooi na die afskeidsgeleentheid by die Sweedse Ambassade wat plaasgevind het op
11 Februarie. Drie leerders: Tavlyn-Anne Robinson, Juarita Labuschagne en Annine Stoltz, het toesprake gelewer wat
die skool se beeld en etos uitgestraal het. Die Sweedse onderwysers het die leerders gekomplimenteer oor hulle
selfvertroue en taalvaardigheid.
Hierdie was ‘n besondere geleentheid vir die leerders betrokke om waardevolle kommunikasievaardighede te oefen en
te leer oor ander kulture en waardering vir beide wêrelde ervaar het.
7
LIEF EN LEED
Juf. Melanie Potgieter se kleinkind is gebore.
Juf. Ennes Kotzé het ‘n operasie ondergaan en sterk in die hospitaal aan.
VERJAARSDAE
Baie geluk aan die volgende personeellede wat onlangs verjaar het. Ons wens julle ‘n besonderse lewensjaar toe vol