Prediker: Ds. Gideon du Toit Skriflesing: Efesiërs 4:5 Tema: “Daar is net een Here, een geloof ,een doop...” Liedere: 334:1-4; 168:1-3; 290:1-3 265:1,2; 491:1-5 Rusoord: 10:30 & 16:45 JEUG: 18:00 Rig jou oog op God Psalm 25 : 15 “My oë is altyd op die Here gerig…” Amy Grant sing so ‘n pragtige lied: Turn your eyes upon Jesus, look full in his wonderful face, and the things of earth will look strangely dim, in the light of His glory and grace… Wat ook al jou aandag aflei van God, keer jou blik op Hom. Uitdagings en probleme het die manier om jou in die nag wakker te maak en dan lyk hul eers grotesk. Jy rol rond en wonder hoe op dees aarde jy hul gaan oorkom. Op die ou end spandeer jy die groot deel van die nag om planne te beraam, net om uiteindelik deur die wekker tot die wrede werklikheid teruggeruk te word. Vir jou voel dit of jy nie ‘n oog toegemaak het nie. Ek weet dis makliker gesê as gedaan, maar fokus op God. Wanneer jy jou oë vasgenael hou op Sy dierbare gesig, sal die probleme soos mis voor die son verdwyn. . Onthou dat God nooit verander het nie. Dis steeds dieselfde God wat destyds die see vir Moses oopgekloof het, wat die leeus se bekke gesluit het toe Daniel in die leeukuil was, wat vir Abraham en Sarah ’n kindjie gegee het op ‘n baie hoë ouderdom, wat die storm stil gemaak het, wat ’n skare mense kos gegee het met vyf vissies en twee broodjies, wat die dood oorwin het. Sy getuigskrif spreek tog vanself. Gerhard Fourie WWJD <[email protected]> Vervolg van vorige bladsy. Sus Boshoff het ‘n plaveiselkarsinoom van haar kopvel laat verwyder. Dit gaan ‘n tyd neem om te genees, bid asb. dat sy die Here se genade en liefde beleef. Alida van Zyl sal nog vir drie weke moet plat lê, bid vir haar dat sy krag en genade sal kry vir die herstel periode. Krit Gouws herstel goed na die rugoperasie wat sy gehad het, ons bid nog vir haar. Die Aankondiger 16 September 2018 Help my asb. om seker te maak u besonderhede is op datum en korrek op my stelsel. Naam_____________________________________________________ Noemnaam:________________________________________________ Adres:____________________________________________________ Telefoon nr.:_______________________________________________ Vrou name en nooiensvan: ___________________________________ Telefoon nr.:_______________________________________________ Noemnaam:________________________________________________ Baie geluk aan Willem en Leanne Schwartz (en natuurlik ook aan die trotse grootouers) met die doop van hul dogtertjie, Leamay Nicole Schwartz.