_____________________________________________________________________ PO Box / Posbus 35551, Faunasig 9325 / Sewendestraat 2, Arboretum, Bloemfontein 9305 051 430 1531 051 430 1564 [email protected]www.saou.co.za Reg No: LR2/6/2/531 SAOU: VRYSTAAT NUUSBRIEF / FREE STATE NEWSLETTER 17/2017 AAN / TO: SAOU WERKPLEKVERTEENWOORDIGERS / SAOU SHOP STEWARDS VIR AANDAG / ATTENTION: ALLE SAOU LEDE / ALL SAOU MEMBERS Eendagkursus Finansiële Bestuur / One day course Financial Management Datum & Plek: Dinsdag, 30 Mei 2017 Sand du Plessis Hoërskool, Bloemfontein 07:30 – 17:00 OF Woensdag, 31 Mei 2017 Kroonheuwel Primêre Skool, Kroonstad 07:30 – 17:00 Date & Venue Tuesday, 30 May 2017 Sand du Plessis High School, Bloemfontein 07:30 – 17:00 OR Wednesday, 31 Mei 2017 Kroonheuwel Primary School, Kroonstad 07:30 – 17:00 Wie is welkom om dit by te woon? Skoolhoofde Skoolbestuur Personeel by skool verantwoordelik vir dag-tot- dag skoolfinansies Lede van Beheerliggame Aspirant personeel Who is welcome to attend? Principals School Management Staff responsible for day-to-day school finances Members of School Governing Body Aspiring staff Taal van aanbieding: Afrikaans en Engels sal afwisselend gebruik word. Bywoners moet verseker dat hulle beide tale met gemak kan volg. Language of presentation: Afrikaans and English will be used interchangeably. Attendees must ensure that they are able to follow both languages. Bring die volgende saam: Tablet / Selfoon en / of Skootrekenaar Please bring the following devices: Tablet / Cell phone and / or Laptop Koste: R 175.00 - (BTW ingesluit) Cost: R 175.00 - (VAT included) Sluitingsdatum vir registrasie: Dinsdag, 23 Mei 2017 Closing date for registration: Tuesday, 23 May 2017 Vrystaat Kantoor / Free State Office
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Bankbesonderhede / Banking details: Bank: ABSA Rekeninghouer / Account Holder: SAOU Takkode / Branch Code: 334 134 Rekeningnommer / Account Number: 40 73 75 97 87 NB: Verwysing op depositostrokie / Reference on deposit slip: Schools Name + Date of training
Kansellasies: Indien u u bespreking skriftelik voor of op die sluitingsdatum kanselleer, kan ‘n terugbetaling of krediet oorweeg word, waarvan ‘n sekere bedrag vir administrasiekoste afgetrek sal word. Geen terugbetalings of krediete sal na die sluitingsdatum gemaak word nie.
Cancellations: If you cancel your registration in writing on or before the closing date, a refund or credit may be considered, less a non-refundable administration fee. No refunds or credits will be made after the closing date.
Sessie 1 07h30 Verversings 08h00 – 08h15 Formele verwelkoming en breë agtergrond tot die redes waarom die SAOU
dit gerade ag om die kursus aan te bied 08h15 – 08h45 Praktiese sessie – slaggate langs die pad.
Hier word met bepaalde klagstate direk omgegaan. Bywoners word in groepe ingedeel (ongeveer 4 per groep) en versoek om hulle groep se mening uit te spreek oor waar verkeerd gegaan is, en wat die handelinge moes gewees het.
08h45 – 09h00 Terugvoer deur groepe 09h00 – 10h00 Bekendstelling van die drieledige paradigma, en uiteensetting van verdere
verloop. Ouditkriteria en die lees van finansiële state. Vertolking van state wat voorsien word, afleiding van prioritisering, bespreking van ouditverslag. Ten dele groepwerk en bespreking.
10h00 – 10h30 Verversings
Sessie 2 10h30 – 11h00 Die skoolhoof se rolvertolking op die terrein van finansiële bestuur in die
skool – hoe lyk die prentjie en waar pas die skoolhoof in? Hier gaan dit oor (i) rol en posisie van die SBL en die skoolhoof se verhoudinge/verantwoordelikhede in daardie verband; (ii) skoolhoof se posisie as verteenwoordiger van die Departementshoof in die SBL en die wetlike voorskrifte in hierdie verband; (iii) omskrywing van die skoolhoof se beweegruimte in die lig van die verskeie voorskrifte.
11h00 – 12h00 Die wetlike en beleidsvoorskrifte waaraan gehoor gegee moet word.
Hier word daar met die verskeie instrumente omgegaan met beklemtoning van die volgende – (i) Eksterne voorskrifte insluitende wetgewing, provinsiale regulasies
en voorskrifte; (ii) Interne voorskrifte insluitende die finansiële beleid van die SBL.
Noodsaaklikheid van omlyning van die skool se interne finansiële beleid met enige relevante departementele voorskrifte; en
(iii) Die bestuur van twee begrotings (BL en Provinsiale fondse). 12h00 – 13h00 Dokumentering
Die byhou van die papierspoor per transaksie; formulering van besluite vir notuleringsdoeleindes; opdatering van die verskeie komponente van die beleide (finansiële beleid en rekeningkundige beleid); jaarlikse herbesoek en verfrissing van BL-mandate; art 38A betalings, besluite en hantering; hantering van kwotasies en beslissingsbasis oor toekenning van kontrakte/tenders/voorsienings en verwante sake.
13h00 – 13h30 Konflik van belang in die konteks van King lll en King lV; praktiese
voorbeelde van konflik van belang; die hantering van geskenke aan die skool en aan indiwidue; gevallestudies vir ontleding en aanbevelings.
13h30 – 14h00 Middagete
Sessie 3 14h00 – 14h30 Artikel 37 (6) van SASA.
Ontleding van (a) tot (d) – betekenis van terminologie; praktiese handelinge (bv wie se besluit?); stawing van besluite; herbesoek van definisies op ‘n jaarlikse basis.
14h30 – 15h30 Praktiese sake verbandhoudend met die bestuur van die finansies in die
skool EVO; krediet- en ander bankkaarte; tjeks; goedkeurings; hantering van rekwisisies; goedkeurings vir betalings; maandelikse rekonsiliëring van geprojekteerde inkomste met werklike inkomste (begroting); maandelikse ontleding van lynitems in die begroting en vergelyking met werklike uitgawes; algemene hantering van banksake; hantering van kontant; verdeling van funksies; die twee-twee beginsel.
15h30 – 16h00 Gemakspouse
Sessie 4 16h00 – 16h30 Beheerliggaamskakeling in verband met finansiële sake
Vasgestelde protokolle oor rol van voorsitter, tesourier en FinKom van die BL; verkryging van buitengewone goedkeurings; rapportering oor afwykings.