Uitgawe 506 13 Desember 2018 Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms DS JACOB DANIëL DU TOIT EN DIE ANGLO-BOEREOORLOG Deur Ronel Theart Totius, soos hy alombekend was, se 76 lewensjare was vol hoogtepunte. Hy was ‘n uitmuntende student, predikant, professor in teologie, Bybelvertaler, taalstryder en digter. Hy het nege doktorsgrade in Suid-Afrika en in die buiteland ontvang. Maar daar is sewe maande van sy lewe waaroor daar weinig bekend is. Op Sondag 8 Oktober 1899 sou daar oudergewoonte Nagmaal op Heidelberg gewees het. Ossewaens het reeds die vorige dag al begin saamtrek, maar teen Saterdag is hulle weer huis toe. Gerugte van oorlog het hierdie Nagmaal egter in die wiele gery. Totius het op 12 Oktober saam met ds Snyman en Gert Kruger per trein vanaf Heidelberg na Volksrust gereis. Gewapen met sy Mausergeweer en 200 patrone. Hierdie vertrek na die oorlogsfront het ook spanning tussen hom en sy pa veroorsaak. Ten spyte van groot bewondering en lojaliteit wat hy teenoor sy vader gehad het, het sy vertrek na die Natalse oorlogsfront die grootste spanning tot gevolg gehad. Sy vader het aan hom ‘n telegram vanuit die Paarl gestuur en hom beveel om dadelik terug te keer, wat hy geïgnoreer het. Hy vertel verder in sy dagboek onder meer van die verkeerde tand wat die dokter op Newcastle getrek het, die foto by die pappot in die Biggarsberge, asook die psalm wat die burgers in die loopgraaf by Magersfontein gesing het terwyl ‘n liddietbom naby hulle ontplof het. Te velde leer die mense ook Totius ken as die prediker wat soms voor groot skares opgetree het en in ‘n vrye tydjie van Oosterzee, die bekende Nederlandse teoloog se boeke gelees het. Op 14 Desember 1899 verander die prentjie egter so bietjie. Totius word ernstig siek, waarskynlik as gevolg van die swak kos wat hulle te ete gekry het. Hy is deur die veldkornet weggestuur om te herstel. Hy keer terug na Burgersdorp, wat op daardie tydstip deur Boere beheer was. Hier word hy behandel deur sy verloofde Marie Postma en haar Moeder met die hulp van ‘n bekwame geneesman. Teen die begin van Februarie 1900 is hy egter terug op sy perd saam met die Vrystaatse burgers in die omgewing van Colesberg. In Bloemfontein besoek hy sy vader se broer “Oom Lokomotief”. Intussen het Lord Roberts begin met ‘n grootskaalse fusillering van Kaapse rebelle. Vir Totius het dit maar droewig gelyk. Hy moes vir sy lewe vlug. Hy bevind hom teen Mei 1900 in Pretoria. Hier het ‘n aantal Nederlandse vriende geweier om te aanvaar dat hy as Kaapse Rebel uitgelewer moes word om doodgeskiet of gehang te word. Op hierdie stadium was Totius ‘n burger van Haar Majesteit se Britse regering in Kaapland. Die Nederlandse vriende het aan hom geld gegee om te betaal vir ‘n kaartjie op die Duitse skip die Bundesrath. Hier bevind hy hom tussen ‘n georganiseerde groep Kaapse Rebelle wat na die buiteland vlug. Op 18 Mei 1900 vertrek die skip uit Delagoabaai. Saam met hom op die skip was kommandant Piet Steenkamp van Burgersdorp en twee Kaapse parlementslede, Ignatius van die Walt van Colesberg en J. Joubert van die kiesafdeling Albert (Burgersdorp). Op 18 Mei 1903 kom hy weer in Kaapstad aan. Bron: d’Assonville, VE., Totius se oorlogsdagboek.
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Uitgawe 506 13 Desember 2018
Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms
DS JACOB DANIëL DU TOIT EN DIE ANGLO-BOEREOORLOG
Deur Ronel Theart
Totius, soos hy alombekend was, se 76 lewensjare was vol hoogtepunte. Hy was ‘n uitmuntende student, predikant, professor in teologie, Bybelvertaler, taalstryder en digter. Hy het nege doktorsgrade in Suid-Afrika en in die buiteland ontvang. Maar daar is sewe maande van sy lewe waaroor daar weinig bekend is.
Op Sondag 8 Oktober 1899 sou daar oudergewoonte Nagmaal op Heidelberg gewees het. Ossewaens het reeds die vorige dag al begin saamtrek, maar teen Saterdag is hulle weer huis toe. Gerugte van oorlog het hierdie Nagmaal egter in die wiele gery. Totius het op 12 Oktober saam met ds Snyman en Gert Kruger per trein vanaf Heidelberg na Volksrust gereis. Gewapen met sy Mausergeweer en 200 patrone.
Hierdie vertrek na die oorlogsfront het ook spanning tussen hom en sy pa veroorsaak. Ten spyte van groot bewondering en lojaliteit wat hy teenoor sy vader gehad het, het sy vertrek na die Natalse oorlogsfront die grootste spanning tot gevolg gehad. Sy vader het aan hom ‘n telegram vanuit die Paarl gestuur en hom beveel om dadelik terug te keer, wat hy geïgnoreer het. Hy vertel verder in sy dagboek onder meer van die verkeerde tand wat die dokter op Newcastle getrek het, die foto by die pappot in die Biggarsberge, asook die psalm wat die burgers in die loopgraaf by Magersfontein gesing het terwyl ‘n liddietbom naby hulle ontplof het. Te velde leer die mense ook Totius ken as die prediker wat soms voor groot skares opgetree het en in ‘n vrye tydjie van Oosterzee, die bekende Nederlandse teoloog se boeke gelees het.
Op 14 Desember 1899 verander die prentjie egter so bietjie. Totius word ernstig siek, waarskynlik as gevolg van die swak kos wat hulle te ete gekry het. Hy is deur die veldkornet weggestuur om te herstel. Hy keer terug na Burgersdorp, wat op daardie tydstip deur Boere beheer was. Hier word hy behandel deur sy verloofde Marie Postma en haar Moeder met die hulp van ‘n bekwame geneesman.
Teen die begin van Februarie 1900 is hy egter terug op sy perd saam met die Vrystaatse burgers in die omgewing van Colesberg. In Bloemfontein besoek hy sy vader se broer “Oom Lokomotief”. Intussen het Lord Roberts begin met ‘n grootskaalse fusillering van Kaapse rebelle. Vir Totius het dit maar droewig gelyk. Hy moes vir sy lewe vlug. Hy bevind hom teen Mei 1900 in Pretoria. Hier het ‘n aantal Nederlandse vriende geweier om te aanvaar dat hy as Kaapse Rebel uitgelewer moes word om doodgeskiet of gehang te word. Op hierdie stadium was Totius ‘n burger van Haar Majesteit se Britse regering in Kaapland. Die Nederlandse vriende het aan hom geld gegee om te betaal vir ‘n kaartjie op die Duitse skip die Bundesrath. Hier bevind hy hom tussen ‘n georganiseerde groep Kaapse Rebelle wat na die buiteland vlug. Op 18 Mei 1900 vertrek die skip uit Delagoabaai. Saam met hom op die skip was kommandant Piet Steenkamp van Burgersdorp en twee Kaapse parlementslede, Ignatius van die Walt van Colesberg en J. Joubert van die kiesafdeling Albert (Burgersdorp).
Op 18 Mei 1903 kom hy weer in Kaapstad aan.
Bron: d’Assonville, VE., Totius se oorlogsdagboek.
Lekker verjaar …,
Lekker verjaar!!!! van u, vriende, kollega’s en families.
14 Des Anel Grobler Erica de Winnaar 15 Des Sharon Coetzee 18 Des Joandri van der Walt 19 Des Nicky vd Merwe 21 Des Mark Ganger Estelle Hugo & Jandré Niewoudt 22 Des Zirke le Roux 24 Des Retha Hattingh 26 Des Dirkie Groenewald 28 Des Magda Crous 29 Des Judy smith
SPYSKAART VOORGEREG
"Savory" witvis, avo timbal, salm en maaskaas roset op kruieslaai en aarbei couli.
KAARTJIE VERKOPE Kiki Corner (051-4465666) Langenhoven Park, Pick 'n Pay-sentrum. Sommige kaartjies sal beskikbaar wees by Toms Musiek Winkel (051-4300665), 59 on Plenty(Levisseur Gallery) , hulle no. is 0514441683 of 0826726157 Hulle is op die h.v. Dan Pienaar rylaan en Levisseur St. ook by die deur beskikbaar indien nie uitverkoop. Jy sal in die meeste gevalle afslag kry as jy jou kaartjies vooraf koop by bogenoemde verkopers. As jy te ver is of nie iewers of betyds kaartjies kry nie, epos jou naam, sel nommer en die vertoning wat jy wil bywoon en hoeveel mense julle gaan wees na [email protected] of bel vir Lollie op 0797967975 vir 'n bespreking.
Meer inligting op
http://vulture-aasvoelclub.com/events-page/ Alle vertonings begin 8 nm tensy anders vermeld. 2 Febr- Touch of Class – R130 9 Febr – Concrete Chapel – R50 14 Febr – Dawie de Jager – R100 1 Mrt – Spoegwolf – R100 tot R220 2 Mrt – Keelvol – R110 15 Mrt – Andrea Bocelli Tribute by Jacobus Silwer featuring Cezanne – R150 30 Mrt – Touch of Class – R130
Beplan jou Desember:
Sondag buffet etes is 12h30 en begin met tuisgebakte brood, botter en konfyt, die etes het twee groentes, aartappels, slaai, koring of stampmielies en nagereg met vla. Prys vir die selfskep en weerskep etes is R140 per persoon, en besprekings is noodsaaklik……. ja jy kan Sondag ook bespreek.
PLEASE BOOK YOUR TABLE IN ADVANCE TO AVOID DISAPPOINTMENT –
phone Rudi 083 432 9927
P L E AS E N OT E T HA T ST O C KS A RE L I M I T E D A N D
T H AT T E RMS AN D CON D I T I ONS APP L Y .
P RE FE RE N C E W I L L B E G I V EN T O RES E RVA T I ON S .
14 – 20 Des
Frank & Fearless 10-12DLV Fri –Thu; 12:00, 16:00, 20:00 Mortal Engines 3D 13V Fri – Thu; 13:15, 17:30, 19:45 The Grinch 3D PG Fri – Thu; 9:45, 11:30, 15:45, 17:45 Ralph Breaks The Internet PGHLV Fri – Thu; 10:00, 14:00, 18:00 Bohemian Rhapsody 13DLS Fri – Thu; 11:30, 16:00, 20:30 Second Act 16DL Fri – Thu; 9:30, 14:00, 18:30 Spider Man Into The Spider –Verse
10-12PG
Fri-Thu; 9:30, 11:30, 13:30, 15:30, 20:00 Please Note: Show times may vary due to unforeseen schedule changes, contact the cinema for up to date information.
R260 pp Kinders 11 en 12 jaar oud - R100
Kinders 5 tot 10 – R40
Kinders 4 en onder – GRATIS
Ons is oop vanaf 10h00, maar die middagete word bedien vanaf 12h00
Vertonings begin om 19h30 Onthou ook van die paintball by MEERKATKOLONIE vir die kinders.
Skakel Pieter vir navrae by 079 664 6814
KONTAK 079 387 3614 vir volledige program of besoek ons facebookblad.
We are daily exposed to different kinds of stress: Mechanical - such as injury, strain or bad posture. Chemical - such as air pollutants, additives and colorants in food. Mental / Emotional - such as circumstances outside of your control having an emotional effect on you. Releasing body stress will allow your body to cope better with your daily life and restore your natural state of self healing. Body stress release is a gentle non-therapeutic technique and does not treat any condition.