The copyright act of 1978 (as amended) prohibits the reproduction of this copy IN ANY FORMAT, (See Clause 4 Terms and Conditions) without prior permission of the original publisher. Publication BEELD Page 1 Date Thurs 28 May 2020 AVE (ZAR) 8739.23 DRINGENDE APPEL Staat skop vas oor sy inperkreels 'Binne die raamwerk van wet; had doel" Llewellyn Prince Pres. Cyril Ramaphosa en sy ministers meen alle inperkings- regulasies is behoorlik uitge- vaardig, het 'n spesifieke doel ge- dien én is binne die raamwerk van die Wet op Rampbestuur. Dit is waarom die kabinet vol- gens Jackson Mthembu, minis- ter in die presidensie, gister be- sluit het om dringend teen regter Norman Davis se uitspraak te appelleer. Die kabinet het ook die verlen- ging van die nasionale ramptoe- stand van 15 Junie tot 15 Julie goedgekeur, sê Mthembu. Ingevolge die rampbestuurs- wet kan 'n ramptoestand net 90 dae geld, waarna dit op 'n maandelikse grondslag verleng moet word. Davis het Dinsdag in die hoog- geregshof in Pretoria bevind dat talle van die regulasies vir vlak 4 en vlak 3 van die inper- king irrasioneel, ongrondwetlik en ongeldig is. Die dringende aansoek is inge- dien teen dr. Nkosazana Dlami- ni-Zuma as minister van same- werkende regering en tradisio- nele sake wat verantwoordelik is vir die regulasies. Davis het die regering 14 werkdae gegun om die ongrond- wetlike regulasies te heroor- weeg, te wysig of te verander. Mthembu het gistermiddag op 'n mediakonferensie in Pretoria gesê die uitspraak was die hoof- , a* Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma item op 'n spesiale kabinetsver- gadering. "Nadat ons regsadvies ingewin en na verskeie regslui se kom- mentaar geluister het, is ons van mening dat 'n ander hof tot 'n ander gevolgtrekking sal kom." Ramaphosa en dr. Zweli Mkhi- ze, minister van gesondheid, sal hulle by Dlamini-Zuma in die ap- pêlaansoek aansluit. "In die toepassing van die in- grypings het die regering deurlo- pend met alle sektore van die sa- melewing beraadslaag omdat die stryd teen Covid-19 'n nasionale poging is," het Mthembu gesê. Die kabinet het dit ook duide- lik gemaak dat die regulasies van krag bly. Prof. Elmien du Plessis, grond- wetkenner aan die Noordwes- Universiteit, sê dit is goed dat die kabinet wil appelleer. Sy sê dit was 'n "problematie- se uitspraak". "Dit sal goed wees om reg- sekerheid te kry. "Dit is nie moontlik om alle regulasies ongrondwetlik te ver- klaar net omdat sommige on- grondwetlik is nie. Die regter moes elke regulasie individueel beoordeel en 'n bevinding oor elkeen gemaak het. "Ons weet nie watter is spesi- fiek ongrondwetlik nie en dit help nie om dit in die minister se hande te los om dit te beoor- deel nie." Nog hofsake is die regering se voorland omdat politieke partye en ander organisasies die geldig heid van sy besluite daar bly toets. Adv. Thuli Madonsela skryf intussen ook in 'n ope brief in Financial Mail aan Ramaphosa dat daar toenemende teenkan- ting teen die regering se maat- reëls is. "Die Grondwet bepaal dat geen gedeelte van die gemeenskap on- billik en onregverdig uitgesluit mag word van geleenthede, bron- ne, voordele en voorregte nie," waarsku Madonsela. "Dit is belangrik dat u weet daar is toenemende ongerust- heid oor die billikheid van som- mige van die Covid-19-maat- reëls." 'n Peiling deur die Universi- teit van Johannesburg (UJ) en die Raad vir Geestesweten- skaplike Navorsing (RGN) het bevind dat die meeste Suid-Afri- kaners anders oor die saak kan voel. Sowat twee derdes van hulle is volgens die peiling bereid om van hul grondwetlike regte prys te gee in die bekamping van die virus. H Nog oor hofsake op bi. 2, oor peiling op bi. 6. Om te appelleer was die mees aangewese keuse vir die regering, sé prof. Koos Malan, grondwetkenner van die Universiteit van Pretoria. Dit is veral omdat die hooggeregshof se uit- spraak volgens Malan baie breed is en sodoende ver- skeie regs- en politieke ge- volge sal hê omdat dit die "regulasies tot in hul fon- damente geskud het". Regering se inperkingreëls van alle kante beveg - bi. 2