-
1
C Oefen taal bl. 91
Werkboek 1
Taalfokus 1: Werk met ‘n woordeboek
‘n Woordeboek is alfabeties opgeteken.
Wanneer jy ‘n woord naslaan, kyk eers na die woord se eerste
letter. Daarna
kyk jy na die tweede letter. Verfyn so jou soektog weer
alfabeties.
Een woord kan meer as een betekenis hê daarom is die konteks
waarin die
woord gebruik word baie belangrik.
Die woordeboek gee ook ander inligting as net die betekenis of
definisie van
elke woord. Jy kan ook die meervoud, woordsoort en samestellings
sien.
Jy kan ook idiome in die woordeboek kry. Soek die trefwoord en
die idoom sal
opgeteken wees.
Kom ons kyk na die woord:
lettergreep woordsoort meervoud definisie definisie
fa•bel s.nw.(-s) 1. Verdigte vertelling met opvoedkundige
doel: Die fabels van Esopus. 2. Versinsel, leuen,
verdigsel: Dis sommer pure fabels. Dit behoort tot die
ryk van die fabels, is ‘n versinsel. [Lat.fabula storie]
fabel:~dier,~kunde,~kundige,~land,~leer,~literatuur,~
wêreld. Samestellings oorsprong
Kwartaal 2
Week 5-6
15 Junie 2020
-
2
Opdrag 1
Slaan die volgende in ‘n woordeboek na. Skryf die definisie en
die woordsoort
neer.
1. brandmerk 2. skuiling 3. veronderstel
4. fantasties 5. bont 6. verteller
7. buitelyn 8. onsigbare 9. distrik
Opdrag 2
Skryf die meervoude van die volgende woorde neer. Gebruik jou
woordeboek om die
meervoude na te slaan. Maak seker jy weet hoe om die meervoud in
die
woordeboek na te slaan.
1. vlug 2. masjien 3. storie
4. fabel 5. skildery 6. leuen
Opdrag 3
Kyk weer na die woordeboek definisie van fabel op bladsy 1.
1. Soek ‘n woord in die definisie wat sê watter doel ‘n fabel
het.
2. Uit watter taal kom die woord fabel? Kyk spesifiek na die
gedeelte tussen [ ]
3. Kyk na die moontlike samestellings van die woord fabel. Kies
een samestelling en
maak ‘n sin daarmee.
4. Slaan die woord aap na. Kyk of jy ‘n idoom onder die woord
aap kan kry. Skryf die
idoom neer.
-
3
C Oefen taal bl. 92
Werkboek 1
Taalfokus 2: Leenwoorde
Waar kom ons woorde vandaan?
Afrikaans is ‘n taal wat uit ander tale woorde leen.
Afrikaans leen woorde uit Maleis, Khoisan, Engels, Frans, Duits,
Nederlands,
Italiaans, Latyn, Zoeloe en Xhosa.
Sommige leenwoorde word net soos in die oorspronklike taal
gespel.
- Ubuntu – Zoeloe
- Croissant – Frans
- Cowboy, rock (musiek) – Engels
- Pizza – Italiaans
- Tsotsi – Xhosa
Ander leenwoorde word op ‘n Afrikaanse manier gespel.
- Oukei – Engels (OK)
- Aikôna – Zoeloe (hawukona)
- Riksja – Hindi (riksha)
- Sjampanje – Frans (champagne)
- Tsoenami – Japannees (tsunami)
Kwartaal 2
Week 5-6
16 Junie 2020
-
4
Opdrag 1
Trek die tabel oor in jou boek. Kyk na die volgende kolom met
woorde uit ander tale.
Kies een woord uit elke taal en maak ‘n sin van die woord. Jy
moet agt sinne maak.
Een uit elke taal.
Byvoorbeeld: Ons gaan vannaand by ‘n Franse restaurant eet.
(Frans).
Frans mayonnaise restaurant garage croissant
Engels blog rap optof snob
Portugees sambreel bottel amper tronk
Maleis baie sosatie piering baadjie
Khoisan aitsa abba eina hoeka
Afrikatale ayoba impi shongololo Indaba
Spaans tornado kitaar sigaar Kafeteria
Japannees soesji karate judo
Opdrag 2
Pas die volgende leenwoorde en verklarings bymekaar.
Kolom A Kolom B
‘n musiekinstrument
‘n huurmotor
‘n tradisionele heler
vleis en groente op ‘n stokkie
‘n ronde stuk deeg met bolaag
‘n afdak wat met gras bedek is
insekte
pizza sosatie sangoma lapa goggas kitaar taxi
-
5
C Oefen taal bl. 92-93
Werkboek 1
Taalfokus 3: Enkelvoudige sin
‘n Enkelvoudige sin
Bevat slegs een gesegde.
Die gesegde is die groepie werkwoorde wat saam een handeling
aandui.
Die persoon/ding verantwoordelik vir die handeling is die
onderwerp.
Die persoon/ding wat die handeling ondergaan, is die
voorwerp.
Die woord of groep woorde wat die onderwerp of voorwerp beskryf,
is die
byvoeglike bepaling.
Die woord of groep woorde wat die gesegde beskryf, is die
bywoordelike
bepaling.
Kom ons ontleed die volgende sin
Voorbeeld:
Die spekskietende Uilspieël gaan later ‘n onware storie
vertel.
spekskietende – byvoeglike bepaling wat die onderwerp
(Uilspieël) beskryf.
Die Uilspieël – onderwerp wat die handeling uitvoer.
gaan vertel – die gesegde wat die handeling beskryf.
later – bywoordelike bepaling wat die gesegde beskryf.
‘n storie – die voorwerp wat die handeling ondergaan.
onware – byvoeglike bepaling wat die voorwerp, (‘n storie)
beskryf.
Kwartaal 2
Week 5-6
17 Junie 2020
-
6
Opdrag 1
Enkelvoudige sinne.
Deel die volgende sinne op in ‘n gesegde, onderwerp en voorwerp.
Jy kan die
verskillende deel met verskillende kleure onderstreep of vorms
om dit trek.
Voorbeeld:
Onderwerp – ow.
Gesegde – g.
Voorwerp – vw.
ow. g. vw. byvoeglike bepaling
vreet gras in die veld.
1. Die seuns speel heerlik en opwindende rugby.
2. Die vliegtuig vlieg oor die huise.
3. Ons leer vir ons toets.
4. Die muis hol weg van die kwaai en ratse kat.
C Oefen taal bl. 92-93
Werkboek 1
Taalkfokus 4: Voorsetsels
Voorsetsels
Word gebruik om posisie aan te dui.
- Hy het die stoel agter hom geskuif.
- Hy sit die groente in die mandjie.
- Hulle stap deur die woud.
- Ek het voor in die ry gaan staan.
Voorsetsels word ook gebruik om verhouding aan te dui.
Die skaap
-
7
- Sy praat oor die telefoon.
- Die dief is op heterdaad betrap.
Nog voorsetsels: oor, aan, agter, bo,buite, by, deur, in, met,
na, om, onder,
op, per, teen, ten, tot, tussen, uit, van, vir, voor.
Opdrag 1
Vul die voorsetsels in. Skryf die sin oor en onderstreep die
voorsetsel.
1. Die by sit ______ die man se neus.
2. As die bye klaar gewerk het, vlieg hulle terug _______ hulle
korf.
3. Die skilder hou sy kwas _______ sy hand.
4. Die bye zoom _______ die heuningfles.
5. Daar is ‘n brug ________ die rivier.
6. Die landgraaf vra _____ Uilspieël wat sy ambag is.
7. Die landgraaf hou baie _______ die skilderye wat Uilspieël
vir hom wys.
8. Die landgraaf se vrou is verbaas ______ die feit dat haar man
deur Uilspieël
mislei is.
9. Die landgraaf is kwaad _____ Uilspieël omdat hy hom bedrieg
het.
Opdrag 2
Skryf net die voorsetsel in elke sin neer.
1. Op ons terugreis het dit goed gegaan.
2. Die by spring oor die mieliebos.
3. Die seun het onder ‘n doringboom gaan lê.
4. Hulle sien die klipskeur langs die pad.
5. Hulle sit die heuning in die skottels.
-
8
Deurlopende assessering:
Werkboek 1
Voltooi die deurlopende assessering op bladsy 96. Voltooi nommer
1 – 6.
KABV (DBE) werk:
Bladsy 109-115.
Gebruik bl. 112 -113 om jou te help met die 19de Junie se werk.
Jy kan dit gebruik
as deel van jou beplanning vir die volgende werk.
D Skryf: Skryf ‘n kort fabel
Werkboek 2
Skryf ‘n fabel van tussen160-170 woorde.
Jy moet ‘n breinkaart en ‘n eerste weergawe skryf. Skryf die
eerste weergawe
in potlood.
Deel jou breinkaart op in Wie? Wie is jou karakters. Waar? Waar
speel dit af?
Wat gebeur? Die verloop van jou storie moet ‘n begin, ‘n middel
en ‘n einde
hê. Maak seker jy deel dit so op. Skryf die naam van jou fabel
in die middel.
Redigeer jou eerste weergawe.
Kyk op bl. 95 na die kontrolelys. Maak seker jou fabel voldoen
aan die lys.
Kwartaal 2
Week 5-6
18 Junie 2020
Kwartaal 2
Week 5-6
19 Junie 2020
-
9
Skryf jou finale weergawe netjies oor. Maak seker van jou
sinskonstruksies en
spelling. Skryf asseblief mooi en netjies.
Jou fabel kan of ‘n les hê of dit kan ‘n wolhaarstorie wees.
As jy ‘n ernstige fabel skryf MOET jou verhaal ‘n les hê.
- Dink aan die fabel van die haas en die skilpad – die les in
die storie is-
as jy nie die vinnigste nie, kan jy steeds wen.
As jy ‘n wolhaarstorie skryf, KAN jou storie onrealisties en vol
oordrywing
wees.
Vir albei soorte fabels:
- Besluit wie jou karakters gaan wees (mense en/of diere).
- Dink aan waar jou storie gaan afspeel.
- Wat gaan in jou storie gebeur?
-
10
Memorandum van 8 -12 Junie 2020
Week 5 – 6
8 Junie 2020
Woordeskat
Werkboek 1
1. spekskieter – spek-skie-ter – iemand wat grootpraat of iemand
wat bogstories
vertel.
2. fabels – fa-bels – verdigte vertelling met opvoedkundige
doel.
3. Uilspieël – uil-spie-ël – iemand wat verspotte dinge doen of
sê.
4. wolhaarstories – wol-haar-sto-ries - kafpraatjies of ‘n
geklets. Onwaar stories.
5. adellike – a-del-li-ke – van adel, iemand tot die stand van
die edeles behoort.
6. landgraaf – land-graaf – adellike titel van ‘n Europese
heerser direk
ondergeskik aan die koning.
7. liggelowig – lig-ge-lo-wig – geneig om alles sonder
ondersoek, maklik te glo.
8. etlike – et-li-ke – meer as een.
9. sedeles – se-de-les – vermaning omtrent wat goed of kwaad
is.
10. vertellings – ver-tel-lings – handling van vertel.
11. vermiste – ver-mis-te – iemand wat spoorloos verdwyn
het.
12. bogstories – bog-sto-ries -nog ‘n manier om kafpraatjies of
wolhaarstories te
sê.
13. kafpraatjies – kaf-praat-jies – onsinnige praatjies
(bogpraatjies).
14. humoristies – hu-mo-ris-ties – vol humor of grappig.
15. edele – e-de-le – ‘n hooggeplaasde persoon. ‘n Aanspreekvorm
vir sommige
hooggeplaasdes.
-
11
Week 5-6
Tema 8 Wolwaarstories
9 Junie 2020
A Luister en praat bl. 86
Luistertoets bl. 86 (antwoord in volsinne). Die luistertoets tel
uit 8 punte.
1. Tienduisend-en-een. 2. Hy het hulle op die linkerboud
gebrandmerk.
3. PB – Pa sê by. 4. Die bont by met die wit voorpoot was
weg.
5. Hulle kon die by se skoenspore volg. 6. Die haan spring in
die water en roei met
sy vlerke.
7. Op ’n eiland waar hy voor ‘’n ploeg ingespan was. 8.
Spekskietstories.
Tref met taal bl. 86 (werkboek 1)
Idiome: Trek die tabel oor en pas die idiome by die korrekte
betekenis. Skryf kolom A
net so oor, maar skryf die korrekte betekenis langs die
idioom.
Kolom A Kolom B
Idioom Betekenis
1. Dis sommer pure fabels Dit is onwaar
2. ‘n Leuen het ‘n kort been Leuens word gou ontdek
3. Lieg soos ‘n tandetrekker Baie groot leuens vertel
4. ‘n Liegbek ‘n Leuenaar
5. ‘n Wit leuen vertel ‘n Onskuldige leuen vertel
6. Iemand in die nek kyk Iemand bedrieg
7. Iemand aan die neus lei Iemand bedrieg
8. Iemand om die bos lei Iemand bedrieg
-
12
Week 5-6
Tema 8 Wolwaarstories bl. 87
10 Junie 2020
Werkboek 1
Werk met woorde
1. Kies die korrekte woord tussen hakies:
a. Die vrou het ‘n infame (leun / leuen / leen) vertel.
b. Sy vriend is so (gelowig / liggelowig / omkoopbaar) en glo
sowaar alles wat
hy sê.
c. ‘n (Spekvreter/ Spekskieter / Spektakel) is ‘n persoon wat
baie
wolhaarstories vertel.
d. Al haar vertellings is (humeurig / humorloos / humoristies /
humorsin).
e. Hy het hom ‘n (papie / pappie / pap) gelag!
2. a. Is die eerste reël letterlik of figuurlik bedoel?
Figuurlik.
b. Verduidelik jou antwoord by a.
Die waarheid veroorsaak nie liggaamlike pyn nie, maar geestelike
of
emosionele pyn.
c. Wat beteken “dis nie altemit nie?”
Dit is verseker so.
d. Wat is die “ding” wat almal so begeer?
Die waarheid.
Gee die regte vorm van die woord tussen hakies:
e. Iets wat iemand begeer, is sy begeerte.
-
13
f. Verduidelik hoekom niemand die ding wat hulle so begeer, wil
besit nie.
Dit is juis omdat die waarheid ‘n mens so seer kan maak dat jy
dit liewer nie
wil hê nie, al begeer jy dit.
Week 5-6
Tema 8 Wolwaarstories bl. 88-89
11 Junie 2020
B Lees en kyk
Werkboek 1
Antwoord in volsinne.
Beantwoord die post-lees op bladsy 89. Beantwoord vraag
1-10.
1. Die by was gebrandmerk.
2. Hy kon goed swem.
3. Die by is gebrandmerk. Die by word opgesaal. Die hoenderhaan
word agter die by
vasgemaak. Die by swem goed. Die mieliepitte groei binne twee
dae in ‘n ruigte. Die
by spring oor die mieliebos.
4.a. Daar was ‘n mieliebos in die rivier.
b. Die by het oor die mieliebos gespring
5.a. Die by het ’n klipskeur vol heuningkoeke gemaak.
b. Die verteller was so bly dat hy die heuning saam huis toe wou
neem.
6. Hulle het houers vir die heuning gaan haal.
7. Binne drie dae is hy elf maande ouer as sy pa.
8. Die mielies in die rivier het hom die grootste mielieboer
gemaak.
9. Almal sal hulle eie einde hê. (Ons sal in die klas daarna
kyk.)
-
14
10. Ooreenkomste:
Die stories het dieselfde titel.
In albei stories raak die by weg.
Die haan help die verteller in beide stories.
In beide stories word die by opgesaal en die hoenderhaan word
agter hom
vasgemaak.
Verskille:
In die een storie het die by ’n boer gehelp en in die ander
storie weet ons nie
waar die by was nie.
In die een storie het die haan met sy vlerke geroei en in die
ander het die by
goed geswem.
In die een word daar niks van die terugtog huis toe vertel nie,
maar in die
ander een word die terugtog in detail bespreek.
Lees teks 2 (‘n Kortverhaal) op bl. 89-90 twee keer.
Beantwoord die post-lees op bladsy 90. Beantwoord vraag 1-6.
1. Hy het gesê dat hy ‘n kunstenaar is. Hy het beskilderde doeke
wat hy gekoop
het as sy eie werk gewys.
2. Waar, hy wou ’n familieportret hê en was bereid om enige iets
daarvoor te
betaal.
3. Mense wat na sy werk kyk en nie werklik van adellike afkoms
is nie, sal niks
kan sien nie.
4. Hy wou nie hê Uilspieël moet dink dat hy nie van adellike
afkoms is nie.
5. Uilspieël was ‘n bedrieër wat hom om die bos gelei het.
6. As jy te bewus van jou status is, kan dit die manier waarop
jy die werklikheid
sien, beïnvloed.
-
15
Vat saam: Kom ons vergelyk.
Kom ons kyk bietjie na die twee stories wat julle gelees
het.
1. Hoekom sê ons teks 1 is ‘n spekskietstorie?
Die fabel is vol allerande onmoontlikhede.
2. In watter opsig stem teks 1 en teks 2 ooreen? Skryf een sin
neer.
Albei tekste het te doen met hoe mense die werklikheid sien.
3. Noem een belangrike verskil tussen die twee tekste.
Storie 1 is lighartig, terwyl storie 2 ’n belangrike morele les
het.