8 Die Dortse Leerreëls (DL) is een van ons gereformeerde belyde- nisskrifte. Ek is redelik oortuig dat baie mense dit nog nooit of weinig gelees het. Dit is egter ‘n pragtige troosboek. U word aangemoedig om dit so gou moontlik deur te lees (of deur te blaai) en weer uself te vergewis waarvan daar gepraat word. (U vind dit op GKSA se webblad of op ons eie kerk se webblad of agter in jou Psalmboek) Die DL is in 1619 gefinaliseer, dus presies 400 gelede. Die Here het by hierdie sinode die kerk op ‘n baie spesifieke manier gelei om antwoorde te gee op die destydse dwaalleer wat die kerke bedreig het. In breë trekke sien ons iets van die KETTING van goddelike genade in ons verlossing. Vanaand begin die drie leraars met ‘n reeks oor die DL wat ten minste oor die volgende ses maande tydens die aanddienste sal strek. U wil dit nie eintlik misloop nie! Skriflesing: Rom 8 Teksvers: Rom 8:28-30 Sing: Sb 1-1:1,7 Sb 12-3:1,2 Sb 1-1:3,6 Sb 18-6:1,2,4,5 Sb 13-3 Orrelis: Edmund MC Cabe Projektor: Nicolene Wattel Klank: André Beumer Prediker: Ds Maarten van Helden Liturgiese Riglyne S O N D A G O G G E N D 9:00 Die Here wag vir dié wat op Hom wag Skriflesing: Jesaja 30:8-26 Teksvers: Jes 30:15 en 18 Sing: Ps 92:1,2,6 Sb 9-1:1,10,11 Ps 31:1,3,19 Ps 4:2,4 Ps 131:1,2,3 Sb 13-3 Orrelis: Corlea vd Walt Projektor: Nicolai vd Merwe Klank: Jan-Teunis Reesink Prediker: Ds Paul vd Berg S O N D A G A A N D 18:00 Sola Gratia! Loof die Here! Voel dit soms vir jou asof die dinge in jou lewe net meer-en-meer deurmekaar raak. Jy wag-en-wag op uitkoms van die Here. As niks egter uitwerk nie, dan voel jy dat jy amper verplig is om self in te gryp en self oplossings te vind vir die uitdagings in jou lewe. In hierdie perikoop sê die Here egter dat Israel se krag te vind is in die stil word voor die Here en deur Hom ten volle te vertrou. Elkeen wat na die Here toe terugkeer, sal ware rus by Hom vind. Die Here is immers gretig, ja amper ongeduldig om sy kinders genadig te wees. Hy wil hom oor sy kinders ontferm en toevou in sy liefde. Die Here is ’n God wat in jou lewe reg sal laat geskied. Gelukkig is jy wat op die Here vertrou en op Hom wag. OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion K Jaargang 44 Nr 03 27 Januarie 2019 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za Die Dordtse Leerreëls Na die Hervorming wat op 31 Oktober 1517 amptelik begin is deur Luther wat sy 95 stellinge teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker het, het daar weereens dwalinge ontstaan. Die Sinode van Dordrecht se bedoeling was om ‘n einde te bring aan die godsdienstige stryd wat die Remonstrante (Arminiane) teen die suiwer Bybelse leer gevoer het tov die uitverkiesingsleer. Arminianisme het die uitverkiesingsleer verwerp en verkondig dat ‘n mens alleen gered kan word as jy glo maar dit hang van jou af of jy uitverkies is of nie. Dit was weer die leer van Pelagius (400 nC) wat geleer het daar is geen erfsonde nie, die mens het ‘n vrye wil en kan self kies vir sy saligheid of nie, daar is geen uitverkiesing nie maar slegs ‘n voorkennis by God en die dood is nie die gevolg van sonde nie. Gomarus was die Kontra-Remonstrantse leier, ook voorsitter van die Sinode en onder sy leiding het die Sinode die Dordtse leerreëls opgestel. In hoofsaak handel die Dordtse Leerreëls oor die Predestinasie-leer of die Uitverkiesingsleer wat beteken dat God voor die skepping van die wêreld af al bepaal het wie eendag hemel toe gaan en wie nie. Die Kontraremonstrante verwerp die vrye wil van die mens wat bepalend is vir sy saligheid en die suiwer Bybelse siening word in vyf standpunte saamgevat (Calvinisme se standpunt): Die totale verdorwenheid van die mens. Die onvoorwaardelike uitverkiesing van die mens. Die beperkte versoening. Die onweerstaanbare genade van God. Die volharding van die gelowiges. Vir die volgende klompie Sondae gaan ons die Woord bring aan die hand van die vyf hoof- stukke van die Dordtse Leerreëls. 1 Goddelike uitverkiesing en verwerping. 2 Die dood van Christus en die verlossing van die mens deur sy dood. 3/4 Die verdorwenheid van die mens, sy bekering tot God en die wyse waarop dit plaasvind. 5 Die volharding van die Heiliges. Ds. Gerrit
4
Embed
Die webtuiste vir die Gereformeerde Kerk Centurion - Liturgiese … · 2019. 1. 26. · Die Dordtse Leerreëls Na die Hervorming wat op 31 Oktober 1517 amptelik begin is deur Luther
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
8
Die Dortse Leerreëls (DL) is een van ons gereformeerde belyde-nisskrifte. Ek is redelik oortuig dat baie mense dit nog nooit of weinig gelees het. Dit is egter ‘n pragtige troosboek. U word aangemoedig om dit so gou moontlik deur te lees (of deur te blaai) en weer uself te vergewis waarvan daar gepraat word. (U vind dit op GKSA se webblad of op ons eie kerk se webblad of
agter in jou Psalmboek)
Die DL is in 1619 gefinaliseer, dus presies 400 gelede. Die Here het by hierdie sinode die kerk op ‘n baie spesifieke manier gelei om antwoorde te gee op die destydse dwaalleer wat die kerke bedreig het. In breë trekke sien ons iets van die KETTING van
goddelike genade in ons verlossing.
Vanaand begin die drie leraars met ‘n reeks oor die DL wat ten minste oor die volgende ses maande tydens die aanddienste sal
strek. U wil dit nie eintlik misloop nie!
Skriflesing: Rom 8 Teksvers: Rom 8:28-30 Sing: Sb 1-1:1,7 Sb 12-3:1,2 Sb 1-1:3,6 Sb 18-6:1,2,4,5 Sb 13-3 Orrelis: Edmund MC Cabe Projektor: Nicolene Wattel Klank: André Beumer Prediker: Ds Maarten van Helden
Voel dit soms vir jou asof die dinge in jou lewe net meer-en-meer deurmekaar raak. Jy wag-en-wag op uitkoms van die Here. As niks egter uitwerk nie, dan voel jy dat jy amper verplig is om self
in te gryp en self oplossings te vind vir die uitdagings in jou lewe.
In hierdie perikoop sê die Here egter dat Israel se krag te vind is in die stil word voor die Here en deur Hom ten volle te vertrou.
Elkeen wat na die Here toe terugkeer, sal ware rus by Hom vind.
Die Here is immers gretig, ja amper ongeduldig om sy kinders
genadig te wees. Hy wil hom oor sy kinders ontferm en toevou in
sy liefde. Die Here is ’n God wat in jou lewe reg sal laat geskied.
Gelukkig is jy wat op die Here vertrou en op Hom wag.
OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion K
Jaargang 44 Nr 03 27 Januarie 2019 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za
Die Dordtse Leerreëls
Na die Hervorming wat op 31 Oktober 1517 amptelik begin is deur Luther wat sy 95 stellinge teen die kerkdeur van Wittenberg vasgespyker het, het daar weereens dwalinge ontstaan. Die Sinode van Dordrecht se bedoeling was om ‘n einde te bring aan die godsdienstige stryd wat die Remonstrante (Arminiane) teen die suiwer Bybelse leer gevoer het tov die
uitverkiesingsleer.
Arminianisme het die uitverkiesingsleer verwerp en verkondig dat ‘n mens alleen gered kan word as jy glo maar dit hang van jou af of jy uitverkies is of nie. Dit was weer die leer van Pelagius (400 nC) wat geleer het daar is geen erfsonde nie, die mens het ‘n vrye wil en kan self kies vir sy saligheid of nie, daar is geen uitverkiesing nie maar slegs ‘n voorkennis by
God en die dood is nie die gevolg van sonde nie.
Gomarus was die Kontra-Remonstrantse leier, ook voorsitter van die Sinode en onder sy leiding het die Sinode die Dordtse leerreëls opgestel. In hoofsaak handel die Dordtse Leerreëls oor die Predestinasie-leer of die Uitverkiesingsleer wat beteken dat God voor die skepping van die wêreld af al bepaal het wie eendag hemel toe gaan en wie nie. Die Kontraremonstrante verwerp die vrye wil van die mens wat bepalend is vir sy saligheid en die
suiwer Bybelse siening word in vyf standpunte saamgevat (Calvinisme se standpunt):
Die totale verdorwenheid van die mens.
Die onvoorwaardelike uitverkiesing van die mens.
Die beperkte versoening.
Die onweerstaanbare genade van God.
Die volharding van die gelowiges.
Vir die volgende klompie Sondae gaan ons die Woord bring aan die hand van die vyf hoof-
stukke van die Dordtse Leerreëls.
1 Goddelike uitverkiesing en verwerping.
2 Die dood van Christus en die verlossing van die mens deur sy dood.
3/4 Die verdorwenheid van die mens, sy bekering tot God en die wyse waarop dit plaasvind.
Ter wille van die beter verstaan van die Bybel behandel ons hierdie kwartaal die agtergrond van die Bybel aan die hand van
video’s en foto’s uit die Bybelse lande.
Ons bekyk die algemene geografie en argeo-logie en gegewens uit opgrawings. Ons kyk na die natuur en omgewing en hoe die men-se in Bybelse tye gelewe het. Wat weet jy van die Olyfboom en die Amandel-boom wat so dikwels as metafore in die Skrif gebruik word? Hoekom wou Nabot nie sy wingerd aan koning Agab verkoop nie? Ons beant-
woord sulke vrae.
Kom ons doen saam in-diepte-Bybelstudie oor verskeie temas aan die hand van hierdie
video’s.
Datum: 5 Februarie—12 Maart 2019 Plek: Kerksaal Geref Kerk Centurion
Tyd: 19:00 Elke Dinsdagaand
Koste: R100 pp
KINDERAKSIE SPELETJIESAAND by die KERK (Gr R tot Gr 7)
1 FEB by die kerk- bring jou swemklere! Worsbroodjies en koeldrank word voorsien. GRATIS.
Gee vanoggend jou naam op onder die olyfboom by
Tia Grünenfelder—079 087 7564
Uitreik na Covenant College (Zambia) Die Evangelisasie Kommissie beplan ‘n uitreik na Covenant College gedurende die Junie/Julie skoolvakansie. Die Kollege bestaan uit 3 bedie-ninge nl: Opleiding van Predikante; “Farming Gods way” en opleiding van kleuterskool perso-neel. Daar is dus geleentheid vir mense met diverse gawes om betrokke te raak by die Uitreik. Daar is ‘n groot behoefte van die Kollege se prinsi-paal en personeel om nouer met Centurion gemeente te skakel. Die behoefte bestaan ook om die Kollege se perseel en prosesse te onderhou en te verbeter. Voorlopige datum: 26 Junie tot 7 Julie (Insluitend 6 dae se reis tyd.) Kostes: moet nog gefinaliseer word maar sal insluit: petrolkoste vir omtrent 4000km; verblyf vir ten minste 4 aande; kos en grenskostes. Verdere inligting sal volg. Indien u belangstel skakel vir Attie van der Walt (0824935328) vir meer inligting.
Centurion Florist skenk weekliks die helfte van die kerk se ruiker. Bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oorsee. (664-0685)
centurionflorist@discovery mail.co.za.
Ten volle toegeruste vakansiehuis tussen Margate en Port Edward te huur. Huis huisves 8 persone en woon-stel 2. Wye see-uitsig en lekker swemstrande. Ignatius
Viljoen 0661765471.
Dependable maintenance for any maintenance work and renovating. Free quotes. Hennie vd Walt
Die Susters wil hierdie jaar vir al 355 leerlinge van die Laerskool Steynsburg ‘n skoolmus gee vir beskerming teen die ysige koue van die Oos-Kaap. Leerlinge is tussen 4 en 14 jaar oud. Ons benodig asb almal se hulp met
hierdie projek.
Maroon musse kan gebrei of gekoop word. Plaas musse asb in die gemerkte houers by die tee luik. Die sluitingsdatum vir die projek is Sondag, 21 April, sodat dit nog betyds uitge-
deel kan word voor die eerste koue arriveer.
Patroon en wol is beskikbaar – doen navraag
by Isabel Nel 083 640 5304.
Byvoorbaat dankie vir almal se hulp.
Die tien plae
3
KOLLEKTES
Vandag tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Sustentasie
Volgende week: Tydens erediens: Barmhartigheid By die deure: Kerklike tydskrifte
Plaas asb u bydraekoevertjies in die kluis agter in die konsistorie
Kollektes sal nog steeds in banke/deure opgeneem word vir diegene wat nie
Zapper gebruik nie
Ons gee om vir Mekaar
“Moet oor niks besorg wees nie...” Fil 4:6
Terence Raath sterk aan in Kloof hospitaal (B16—071 624 8138).
Fanie Oosthuizen is in Urologiese hosp met nierversaking en longprobleme (C4—083 650 3001).
Danika Snyman sterk aan in hospitaal (B10—083 517 5803).
Oud-lidmaat Jan van Wyk sterk aan na ʼn suksesvolle nier-oorplanting.
Adriaan van Antwerpen sterk aan in hospitaal (A8—662 2519).
Barry Strydom sterk aan na ʼn klein operasie (B15—082 563 4960).
Christo Snyman het ʼn klein operasie ondergaan in Jakaranda hospitaal (A4—347 0401).
Lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra
Alethea Ministry 11:00
Worship Service and Sunday School Like us on facebook: https://www.facebook.com/aletheaministry/
Thinus en Ina Nel 083 384 2886 Alle belangstellendes en nuwe lede word uitgenooi om die oggend saam met
ons, deur te bring.
5
TEESKINKBEURTE
Instruksies vir die regsit voor die diens, skink en opruim na die erediens is in die kombuis
opgeplak.
DOOPLIDMATE
VERJAARSDAE
“...U sorg vir my.” Ps 16:5
BELYDENDE LIDMATE
SUSTERSAAMTREK 2019 Datum: Saterdag, 9 Maart Tema: Om-gee-wingsbewus Spreker: Prof. Albert Coetsee Annabé Pretorius Plek: NG Kerk Magalieskruin Koste: R 150 RSVP: 6 Februarie Skryf jou naam op by die Olyfboom.