Die Posduif Februarie 2015 Uitgawe : 01 BEKERING - BESKERMING - BEVRYDING Dagsê geagte lede en vriende, Ja hier is hy die eerste uitgawe van die Geloftevolk Republikeine se koerantjie, “Die Posduif”. Hier gaan ons vir u iets van als gee, nuus, inligting, ligte humor en sommer als wat lekker en interresant is. Natuurlik kan u bydra tot Die Posduif deur artikels , nuus en enige iets wat ons met die volk kan deel vir my te e pos. Geen skeltaal, rassisme of rassehaat of enige iets nadelig vir die Geloftevolk Republikeine sal geplaas word nie. Ons behou die reg om u artikels, foto’s en berigte deur te gaan waarop daa r ‘n besluit geneem sal word t.o.v die plasing daarvan. Dis nog nie die einde nie!! U Kan ook ons webwerf gaan besoek by www.geloftevolkrepublikeine.org Hou gereeld die webwerf dop, daar sal inligting verskyn t.o.v vergaderings, samekomste en enige nuus rondom ons. Daar sal u nuus berigte kry, veiligheidswenke en baie meer. Nee dis nog nie die einde nie!! Op fb sal u die nuusblad kry genaamd “ Geloftevolk Republikeine nuusblad” Hier plaas ons op ‘n daaglikse basis nuwe nuus en berigte, asook inligting rondom ons vergaderings ens. Gaan loer gereeld. Vriende verder is daar fb blaaie van verskillende streke, Weskaap, Benoni/ Boksburg, Vrystaat, Carletonville ens, gaan loer op fb en skakel in onder jou streek en gesels saam op die blaai. Kom deel inligting en nuus wat die volk kan help en nodig het om te hoor. Binnekort sal u op die webwerf ‘n kategorie “winkel” sien, hier gaan u allerlei van die Geloftevolk Republikeine te koop kry. Kentekens, bekers met embleme op, bors of kraag vasteek vlaggies en vele meer. Daar sal ook binnekort ‘n volledige fotos wees van ons uniform en hoe alles lyk. Alle bestellings word gedoen by die Weskaap kantoor wat tans die hoofkantoor van die land is. Alle aansoeke moet asb ook ge epos word na [email protected]og [email protected]Indien u enige navrae het moenie huiwer om ons te kontak nie. Teen die stand van sake en die tempo waarteen als in die land versleg, het ons nie meer ‘n keuse as om saam te staan en op te staan vir ons regte nie. Niemand gaan vir die Boervolk opstaan behalwe onsself nie. Môre kan te laat wees, sluit nou aan en raak deel van die familie wat na mekaar omsien en mekaar bystaan. Sluit aan by die Geloftevolk Republikeine sodat ons weer ons leuse “ EENDRAG MAAK MAG” gestand kan doen. Hoe groter die massa wat saam staan hoe groter die slaankrag. Dis bewys in ons geskiedenis dat ‘n handjievol Boere ‘n baie groot verskil kan maak, so kan ‘n massa ‘n enorme verskil maak. Ons hoor so baie” Ons kan nie saamstaan nie”. Di s al so in ons in dat ons dit glo en so aanvaar. Ons KAN SAAM STAAN en ons SAL SAAMSTAAN, ons moet net mekaar ondersteun, moed inpraat, positief maak en van hulp wees waar ons kan. Die Boervolk is plat geslaan deur als wat die afgelope jare gebeur het met ons, regstellende aksie, BEE, werkloosheid, ons mense wat op straat sit, krepeer in plakkerskampe en swaarkry. Dis ons plig om ons hande uit te steek en die volk weer op te tel, ja dis nie maklik nie en dit gaan ‘n swaar taak wees, maar van wanneer af skri k die Boervolk vir hardewerk en is ons nie bereid om ons volksgenote te help nie. Boere en Boerinne maak vandag ‘n verskil, al gaan dit self swaar en is daar baie hartseer en trane, staan op, staan sterk en staan vas. Kom ons wees weer die Boervolk wat trots in ons het, ‘n volk met veglus, ‘n volk wat nie moed opgee nie wat sy toekoms en sy kinders se toekoms gaan verseker en nie ophou baklei vir Vryheid nie.
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Die Posduif
Februarie 2015 Uitgawe : 01
BEKERING - BESKERMING - BEVRYDING
Dagsê geagte lede en vriende,
Ja hier is hy die eerste uitgawe van die Geloftevolk Republikeine se koerantjie, “Die Posduif”. Hier gaan ons vir u iets van als
gee, nuus, inligting, ligte humor en sommer als wat lekker en interresant is. Natuurlik kan u bydra tot Die Posduif deur artikels ,
nuus en enige iets wat ons met die volk kan deel vir my te e pos. Geen skeltaal, rassisme of rassehaat of enige iets nadelig vir
die Geloftevolk Republikeine sal geplaas word nie. Ons behou die reg om u artikels, foto’s en berigte deur te gaan waarop daar
‘n besluit geneem sal word t.o.v die plasing daarvan. Dis nog nie die einde nie!! U Kan ook ons webwerf gaan besoek by
www.geloftevolkrepublikeine.org Hou gereeld die webwerf dop, daar sal inligting verskyn t.o.v vergaderings, samekomste en
enige nuus rondom ons. Daar sal u nuus berigte kry, veiligheidswenke en baie meer. Nee dis nog nie die einde nie!! Op fb sal u
die nuusblad kry genaamd “ Geloftevolk Republikeine nuusblad” Hier plaas ons op ‘n daaglikse basis nuwe nuus en berigte,
asook inligting rondom ons vergaderings ens. Gaan loer gereeld. Vriende verder is daar fb blaaie van verskillende streke,
Weskaap, Benoni/ Boksburg, Vrystaat, Carletonville ens, gaan loer op fb en skakel in onder jou streek en gesels saam op die
blaai. Kom deel inligting en nuus wat die volk kan help en nodig het om te hoor.
Binnekort sal u op die webwerf ‘n kategorie “winkel” sien, hier gaan u allerlei van die Geloftevolk Republikeine te koop kry.
Kentekens, bekers met embleme op, bors of kraag vasteek vlaggies en vele meer. Daar sal ook binnekort ‘n volledige fotos
wees van ons uniform en hoe alles lyk. Alle bestellings word gedoen by die Weskaap kantoor wat tans die hoofkantoor van die
waardes getrou aan uit die Skrif en 'n onblusbare strewe na vryheid sodat die Boervolk oor homself kan regeer
in 'n eie vaderland.
Die Geloftevolk Republikeine erken elke volk se reg op selfbeskikking en eis dit ook onwrikbaar ten opsigte
van die Boervolk. Geloftevolk Republikeine sal hul nooit vereenselwig of tuis voel nie in 'n land van moord, die
barbaarse, onbeskaafde wreedheid van plaasaanvalle, toenemende verkragtings, roof, huisbraak, korrupsie,
wetteloosheid, miskenning van wettige eiendomsreg, SA se status van misdaadhoofstad van die wereld en kwynende
infrastruktuur wat duidelik die seen en goedkeuring van die etniese volke in Suid-Afrika wegdra, maar
onaanvaarbaaris vir 'n ontwikkelde volk soos die Boervolk.
Die meer as 'n miljoen volksgenote van die Geloftevolk wat sedert 1994 uit SA gevlug het, is 'n tragiese verlies van
kundigheid vir die Boervolk. Geloftevolk Republikeine is verbind tot die versorging van die 600 000 volksgenote
wat werkloos in plakkerskampe sonder werk verhonger. Daardie mense bly bloed van die Boervolk se bloed en hulle
is die naaste en volksgenote van die Boervolk, totdat hulle uit vrye keuse by 'n ander volk aansluit.
Indien daar Afrikaners/ Afrikaanses is wat hulself beskikbaar stel vir assimlilasie in die Suid- Afrikaanse nasie wat
"in aanbou" is, staan dit hulle vry om, ( sooswat enige persoon die reg het ) self te besluit waar en in watter
omstandighede hy/sy wil woon en waar burgerskap aanvaar word.
Geloftevolk Republikeine streef die herstel van 'n vrye Boere - Republiek na, 'n eie land waarin die Boervolk
homself kan regeer, sy eie hoe standaarde kan instel, sy eie waardes kan uitleef en die Boervolk se
voortbestaan noodwendig volgens die beginsels en riglyne van die Heilige Skrif, kan volhou
Die Geloftevolk Republikeine is trots op die Boervolk se roemryke volksgeskiedenis en is nie bereid om die hand
van God te misken in al die veldslae wat met Sy hulp gewen is deur die Boervolk se voorvaders nie. Soos die
Republikeine weggetrek het uit die Britse onderdrukking in die Kaap ( 1837 ) , soos die Republikeine twee
vryheidsoorloe geveg het teen besetting deur imperiale kolonialiste, soos die Republikeine in 1948 die oorwinning
behaal het by die stembus, so sal die Geloftevolk Republikeine ywerig en doelgerig werk om onder die gesag
van vreemde volkere uit te kom en die verwesenliking van soewereiniteit/ selfbeskikking vir die Boervolk met
toewyding en vasbeslotenheid, volhardend vasberade te bewerkstellig.
Die Geloftevolk Republikeine
verklaar
Ons Glo
1. In God die Almagtige - Skepper van Hemel en aarde.
2. In die Wet van God as riglyn om gelykvormig te word aan
Sy seun.
3. En bely dat God van Abraham, Isak en Jakob, ons God is
en dat Sy Seun vir ons sondes gesterf het, sodat ons vir ewig
kan lewe in liggaam en dan in Gees.
4. Dat ons die reg het om ons God, ons volk en ons kultuur
binne ons eie vaderland te dien en oor onsself te regeer.
5. En ons ag onsself gebonde aan die Gelofte van Jan van
Riebeeck, van Bloedrivier en van Paardekraal wat deur ons
voorvaders afgele is.
6. Dat ons volk in Suid Afrika se veelvolkige verkiesings net
van een gevolg seker is, naamlik dat daar nie eens die geringe
kans is om te wen, sodat ons volk se belange kan voorrang
geniet nie.
7. Dat ons onself moet voorberei teen die dreigende en
toenemende aanslae op die lewens van ons Boerevolksgenote
en ons Boervolk se voortbestaan, sodat ons onsself kan
verdedig in die Naam van ons God.
8. Dat die verlede bewys het dat, die Boervolk, in staat is om
oor onsself te regeer in 'n soewereine staat en dat slegs die
vernietigingsdrang en die hebsug van die huidige regering, in
ons pad staan om 'n eie vaderland te verkry.
9. Dat ons geroepe is om ons Boervolk uit te lei uit die
misdaadnes waarin die Boervolk homself bevind.
10. Dat ons krag in die eerste instansie in ons Skepper le en
dat slegs 'n gesamentlike poging van al ons volksgenote om
ons Boervolk te bevry ( van die juk van die vreemde volke
onder wie se heerskappy ons staan ) , ons vryheid kan
bewerkstellig.
BEKERING - BESKERMING -
BEVRYDING
dit is die pad wat ons gaan loop.
Nuwejaarsboodskap :
Liewe lede van die Boerevolk, in die jaar wat verby is het
ons ongelooflik baie geleer! Ons het geleer dat swart
werkers bereid is om te staak totdat hulle werkgewer sy myn
moet verkoop - maw om hulle eie kele af te sny ter wille van
bespotlike eise soos 'n aanvangsalaris van 'n volle R12 000
per maand vir onkundige en onervare beginners. Ons het in
die algemene verkiesing gesien dat minstens 75% van die
land se kiesers opgewonde is oor die afgelope 20 jaar se agteruitgang en vernietiging van infrastruktuur in SA en dat
die paartjies van ons (in vergelyking met die tiene van
miljoene swart barbare) wat vooruitgang, groei en
ontwikkeling steun, of ons eie pad sal moet gaan, of
"demokraties" saam met die massas sal moet onontwikkelde
lewenswyses en derdewereldse standaarde ons eie maak.
Verder het ons bewyse gevind daarvoor dat die swart
regering met sy Eskom bestuur, nie oor die vermoee beskik
om te beplan nie, want in 2008 was daar ook 'n kragkrisis,
maar steeds kon die huidige krisis nie met deeglike
beplanning, verhoed word nie! Daarbenewens is die Staatspresident trots op die tragiese toestand en spog
daarmee dat hulle (die swartes) nou vir baie meer mense
elektrisiteit gee as wat die apartheidsregering gegee het en
hy wat Zuma is, sien nie die fatale afgrond waarby die ANC
ons vaderland af forseer nie! Die wereld se finansiele
kundiges, was egter nie so dwaas nie en het SA herhaaldelik
met negatiewe kredietgraderings gestraf totdat dit byna geen
sin maak vir die buitelandse beleggers om in SA te bele nie!
Ook het ons gesien dat dit nie die ANC in die minste skeel
as R246 miljoen ONREGMATIG uitgemors word op
"verbeterings" aan 'n Zuma-woonhuis nie. Die wet uit die
dae van onontwikkelde Europa "the king can do no wrong" is steeds deel van hulle. Kortom, ons Boere het finaal geleer
dat daar GEEN manier is waarop die Afrika-kultuur en die
eerstewereldse kultuur in ons vaderland, langs mekaar kan
bestaan nie! Dit sou uiters onverstandig van die Boerevolk
wees, indien ons steeds poog om die futiele pogings van die
afgelope 20 jaar wat aangewend is om die Afrika kultuur en
die eerstewereld kultuur van die Boere te vermeng, voort te
sit. Laat ons dit nou as 'n mislukking aanvaar en konsentreer
op alternatiewe wat minstens kanse op sukses bied.
Wanneer ons egter die toekoms tegemoed gaan, kan ons nie
anders nie as om te besef dat ons verlore is sonder die seen, hulp en inspirasie van ons Skepper en Hemelse Vader!
Indien ons nie leef om Sy Koninkryk te herstel en Sy Naam
groot te maak nie, het ons eintlik geen bestaansreg nie.
Daarom vra ek u, een en almal, om as Boerevolk saam in die
jaar wat voorle, te werk as soldate van ons Skepper aan die
verkryging van ons volk se selfbeskikking, onafhanklikheid
en soewereiniteit. Laat ons elke denkbare roete volg om dit
vreedsaam te verkry. Daar is eintlik geen meer gepaste
woorde as "Ons slaan ons oe op na die berge, waar sal ons
hulp vandaan kom? Ons hulp is van ons Skepper wat hemel
en aarde gemaak het!" Laat ons geen steen onaangeroer laat
om hierdie jaar, die doelwit van die verkryging van vryheid vir die Boerevolk op vreedsame wyse, te bevorder nie. Dit is
my opregte gebed, dat u elkeen in u daaglikse lewenswandel
- saam met u geliefdes, die keur van ons Hemelse Vader se
seeninge sal ontvang en voorspoed en vreugde sal ervaar.
Andre Visagie
Hoofleier van die Geloftevolk Republikeine
Veiligheids Wenke In die jongste tyd word diewe se metodes eenvoudiger, en uiters doeltreffend.
Die belangrikste beginsel is, om nie uit die huis te gaan as iets daar buite ongewoon en vreemd klink nie.
Moet dus vir geen rede uit die huis gaan nie – dit is ‟n lokval!
Diewe bestaan nie meer nie – barbaarse moordenaars en terroriste wel.
Daarom – wees bedag en bly paraat.
- Moenie uitgaan na die “krag-kas” om te gaan kyk waarom die krag afgeskakel het nie – skakel iemand anders vir hulp van buite af! – Moenie uitgaan om te kyk waarom loop die water uit ‟n buitekraan nie – die krane sal nie vanself oopgaan nie – kry hulp van buite af! – Moenie uitgaan as iemand om “hulp roep” of “gewond” by jou huis kom nie – bel die nood-eenhede soos polisie of ambulans en hou jou deure gesluit! – Moet ook nie summier vir die “polisie” oopmaak nie. Skakel die naaste polisiestasie en kry bevestiging en volle besonderhede! – Moenie uitstorm wanneer jou voertuig se alarm afgaan nie – daar buite is ‟n skelm wat op jou wag! – Moenie uitgaan om te kyk waarom die honde dringend en aanhoudend blaf nie – daar is ongewenste besoekers buite – bly binne en bel die bure of polisie! – Moenie gaan kyk as jy ‟n “baba hoor huil buite nie” – die “Suster Theresa-gevoel” kan jou lewe kos! – Moenie uitgaan as klein hondjies op jou stoep of by jou voordeur neergesit word terwyl hulle tjank van honger of koud kry nie. Skakel eerder jou naaste SAP of Buurtwag om ondersoek in te stel – dit is ‟n strik!
- Moenie reageer op “hulproep” van werkers in die nag nie – maak vooraf reëlings dat hulle jou kan bel in krisis tye, en dan skakel jy die ambulans! – Moenie vir “verkoops foefies” of “herstelwerk foefies” of “opname truuks” of “werk soek truuks ”val nie – hulle moet ‟n afspraak maak, al het hulle Telkom- of Eskom- of polisieklere aan – geen oopmaak sonder vooraf afspraak nie – en dit is afsprake vir bedags, nie na sononder nie.
- Moet nie enige vreemdes by of naby jou huis toelaat nie (dag of nag). Vreemde besoekers het vreemde planne. Kry hulp van buite en moenie uitgaan om te hoor wat gaande is nie.
- Reel en kommunikeer al hierdie noodmaatreëls met jou huismense en bure. Praat gereeld met bure en vriende. Hou selfone gereed as landlyne dalk geknip word.
- Hou alle nooddienste, SAPS, CPF, Buurtwag, Plaaswag, ens. se noodnommers op al die selfone in die huis en roep eers hulp van buite af om jou eiendom te beveilig Moenie self uitgaan na buite nie! – Volksgenoot, jy is geregtig op jou privaatheid by jou huis – moenie dat moordenaars, verkragters, diewe en boewe dit binnedring nie
- Vertrou daardie “6de sintuig”, die “stemmetjie” wat waarsku.
Onthou, terroriste en skelms sal alles doen om jou uit jou huis te lok, omdat dit sy taak vergemaklik, want dan is jy buite, dalk bewusteloos of dood, en jou huis se deur staan wawyd oop!
Veiligheids wenke — in en om die
huis
Wees waaksaam as jy by die huis kom. Kyk
eers bietjie rond en maak seker niemand hou
jou dop nie…
Ken jou buurman, kry sy selnommer,
werkstelefoon nommer…
‟n NOODPLAN vir ‟n brand, ‟n rooftog of as
ma skielik siek word…
Moenie die asblik langer op straat los as wat
nodig is nie. Rëel met jou buurman…
Moenie pos langer as een dag in posbus los
nie. Rëel met jou buurman…
Moenie jou “Flat Screen” sigbaar na straat
installeer nie…
Moenie nuut gekoopte toerusting se
kartonne/verpakking buite jou erf neersit
(uitstal/“adverteer”) vir verwydering nie…
Verwyder daagliks papiere en ander rommel,
of klippe of enigeiets wat nie voor jou erf hoort
nie…
Veiligheidswenke vir bejaardes Moenie die deur vir vreemdelinge oopmaak nie.
'n Loergaatjie of veiligheidshek sal jou in staat stel om
mense te eien voordat jy hulle in jou huis toelaat.
Versteek jou geld of beursie op 'n veilige plek aan jou
liggaam. Moet dit nie in jou handsak ronddra nie.
Indien jy 'n handsak dra, moenie jou ID en huissleutels
daarin hou nie. Dra dit eerder in 'n broeksak.
Moet nooit dat 'n vreemdeling tydens 'n telefoongesprek
agterkom dat jy alleen tuis is nie.
Voor u iemand in u huis toelaat, vra eers vir identifikasie.
Pasop vir mense wat beweer hulle is van die munisipaliteit
of 'n elektrisiën. As jy nie iemand laat kom het nie, wees
bedag!
Moenie alleen loop nie.
Dra 'n fluitjie om jou nek om aandag te trek in 'n
noodsituasie.
Loop met jou kop regop en doelgerig.
Moenie groot bedrae geld by jou hou nie.
Laat jou pensioen verkieslik in jou bankrekening inbetaal.
land se regering. Terwyl die president lag oor die
chaos en veronderstel is om dit ernstig op te
neem en gerespekteerde beeld uit te dra na die
buiteland en sy burgers. Wie kan vir so ‘n
regering respek hê en hulle as ‘n regering sien en
ondersteun. Beslis nie regdenkende mense nie.
Weer kom die vraag. Is dit ‘n REGERING OF ‘n
SIRKUS? Lyk meer na ‘n sirkus wat die wêreld
vermaak as ‘n regering wat ‘n land moet lei en
belangrike besluite moet neem.
Sirkus of Parlement ?
Boere held.
Gee my „n Boer gee my „n held
gee my 'n man met 'n karakter
„n Boer met stamina en „n trots
Onverskrokke Boer met ware insig
vreesloos vir die onbekende dinge
wat vol hoop is vir onse Boerevolk
Gee my „n Boer gee my „n held
met wie ek saam kan gaan veg
wat geïnspireerd en doelgerig is
Wat voorspoedig is wat hy doen
vas gewortel in die ware geloof
Gee my „n Boere ‟n held en leier.
P.J.Visser.
Vryheid.
Ons soek en roep na vryheid maar die
vryheid ontwyk ons
Het ons Boerevolk dalk gesondig of
het
ons dalk God vergeet
Het ons in swakhede oortree en van
die
waarheid afgedwaal
Is ons oorgegee aan ons vyande om
oor
ons as Boere te heers
Waarom wyk ons vryheid van ons is
daar
nog hoop in ons geloof
Het ons nog die geloof in ons God
deur sy
Woord en vaste gebooie
Keer terug keer terug Boerevolk keer
terug
na God en sy genade
Vul julle hoop in gebede op gebede
want
gebede word nog beantwoord.
P.J.Visser.
Het jy medelyde saam met die
Boere.
My binneste is soos golwe van
onstuimigheid
Onstuimige hart in „n donderstorm
wat woed
Sonder kalmte en rustigheid in my
gemoed
Ek soek antwoorde ek vra en peins in
êrens
Ek worstel met die verlede en die
huidige
Êrens het daar fout gegaan maar
waar..?
Ek sien geen lig geen hoop in die
donderstorm
Mede Boere word vermoor sonder
ontferming
Ons vrouens word verkrag en wreed
aangerand
Hoe kan ek my aangesig wegdraai en
my hart
Myself regverdig in my eie
geregtigheid
Terwyl my volk skade ly en hulle
harte bloei
“O my Boerevolk” daar is soveel
hartseer en pyn
Soveel versugtinge na ware
geregtigheid
Onskuldige bloed wat vloei van ons
Boere
Solank die donderstorm van alle
Plaasmoorde
Voort woed in onstuimigheid sal my
hart nie rus
My binneste sal nie tot bedaring kom
in vrede
Dit is ons eie mense ons Boerevolk
ons bloed
“Moenie” jou aangesig en jou oë
wegdraai nie
Maar roep saam tot God vir ware
geregtigheid.
P.J.Visser.
My Boervrou.
My vrou “O” my Boerevrou
jy het ‟n hart van goud
Jou glimlag straal liefde uit
vir jou man en kinders
Jou oë is vol lewenslustigheid
soos „n groen oase
In „n woestyn vol van liefde
waar ek afsaal en rus
Jy is vir kosbaar en meer werd
as 'n verleidende delila
Jou liefde oorskadu my elke dag
as die son op sy warmste is
Jy maak my hart krank van
liefde
jou teenwoordigheid by my
Jy is op jou plek en dra die
respek
soos 'n ware Boerevrou.
P.J. Visser.
Gedigte
Resepte vir die Bos Omelet in ‘n plastiek sak
Hier is ‘n kwaai idee vir ‘n breakfast in die
bos! Omelet in ‘n sak.
Jy benodig:
2 of 3 eiers (per persoon) Gekapte groete van jou keuse; mushroom,
green pepper, uie ens. Bacon, of van gister so braaivleis (klein
blokkies gesny) Sout (en peper of ander spice) ‘n Pot Kook water
Metode:
Gooi al jou bestandele in die sakkie. Onthou die
sout of spice.
Maak die sakkie toe, en skud als goed. Druk al die
lug uit en seel die sakkie. Sit die sakkie in „n pot
kook water en kook dit vir ongeveer 10 – 13 min.
Gooi die sakkie uit in jou bord, gooi bietjie kaas
oor as jy het en geniet jou “Bos Omelet”
Lieflik vir ‘n vinnige voor gereg!
Ek vat sommer „n plastiek bakkie en gooi „n
klomp sout en water daarin, dit moet „n lekker
sterk sout water oplossing wees. Gooi nou jou
pakkie mushrooms daarin en los dit so paar
minute sodat dit die sout water optrek. Was dan
die mushrooms mooi skoon in die selfde sout
water. Gooi die water nou weg, moet dit nie
drink nie!
Rol „n bacon om die mushroom en steek „n
tandestokkie deur of ryg „n paar deur „n sosatie
stokkie. Braai dit op jou vuur totdat die bacon so
effe crispy raak. Onthou net om kort-kort om te
draai!
Stokbrood
Hierdie een is altyd lekker om die kinders mee besig te hou.
Sif saam:
2 Koppies koekmeel
2t Bakpoeier
2t Suiker
1/2 t Sout
Vryf 2 eetlepels margarien in. Meng dan 1x geklitste eier en
75ml melk en +- 25ml water by om „n stywe deeg te form.
Rol die deeg om „n stok en maak gaar oor die vuur.
Baie lekker as jy stroop in die gaatjie gooi waar die stok
uitkom!
Gebraaide Lams Skenkel
IniBos Cuisine
2x Heel Lamskenkels
1x Uie, gesny
4x Wortels, gekap
8x Knoffel huisies, gekap
3x Takkies Thyme
3x Takkies Rosemary
1/2 Bottel Rooiwyn ( Drink die ander helfte)
1x Koppie Beef stock
3x Telepels Mostert
Metode:
Meng die wyn, stock en mostert, en gooi in ‘n diep pan. Voeg die gekapte groente en knoffel by. Spice die skenkels en sit in die pan. Dek met foelie, en bak teen 160 grade vir 4-6 ure. Kyk
nou en dan of daar genoeg vloeistof is. Gooi meer stock in as die vloeistof te min raak.
Tuisonderrig, Jou Kind is Veilig en Onder Jou Toesig
Deesdae verkies ouers dit om hulle kinders tuis te onderrig, dit is veiliger en Afrikaans sprekende kinders word nie
onder die druk van Engels afdwingbaarheid geplaas nie.
Hier is „n kort saamgestelde handleiding hoe om te registreer vir tuisonderrig. Slegs 51,6% van die respondente het
aangedui dat hul kinders vir tuisonderrig geregistreer is. Van diégene wie se kinders nie geregistreer was nie, het
38,5% aangedui dat hulle nie geweet het dat hulle vir tuisonderrig moes registreer nie. Verder het 46,2% aangedui
dat hulle nie weet hóé om te registreer nie. Hierdie data het ons laat besef dat dit nodig is om weer eens hierdie
kwessie te bespreek, sodat ouers ingeligte besluite kan neem.
Wat bepaal die Wet? Die SA Skolewet (Wet 84 van 1996) bepaal dat leerders tussen die ouderdomme van sewe en
vyftien jaar leerpligtig is. Die Wet wettig ook tuisonderrig. Verder bepaal die 1999 Beleid vir die Registrasie van
leerders vir tuisonderrig dat ouers hul kinders wat hulle gaan tuisonderrig by die betrokke provinsiale
onderwysdepartement moet registreer.
Hoe registreer ek? Ouers moet by die hoof van hul provinsiale onderwysdepartement aansoek doen om tuisonderrig
toe te pas. Hierdie aansoek moet van die volgende vergesel word:
Die ouers se ID-dokumente Die kind se geboortesertifikaat, immunisasiedokumente asook vorige skoolrapporte (indien van toepassing) ’n Uiteensetting van die leerprogram wat gevolg gaan word.
Aangesien laasgenoemde dikwels vir ouers ‟n probleem is, kan hulle by ‟n kurrikulumverskaffer soos Impak
registreer (kontak hulle gerus by 087 150 2233/44). Benewens hulp met die opstel van ‟n leerprogram, bied goeie
kurrikulumverskaffers ook hulp met assessering, akademiese navrae en ‟n netwerk van ouers wat ook tuisskool en
dus waardevolle ondersteuning en raad kan uitruil.
Tuisskoolonderrig is ‟n snelgroeiende mark, met meer en meer ouers wat hierdie roete volg. Dit is belangrik om
bewus te wees van die vereistes en prosedures om te volg, maar op die lang duur is dit dikwels steeds ‟n lonende
besluit om te neem
Beskerm jou kind - Beskerm jou taal - Beskerm jou kultuur - Beskerm jou Geloof
Leer jou kind die geskiedenis van die Boervolk, die kultuur
van die Boervolk, die Geloof van die Boervolk en die taal van
die Boervolk. KENNIS IS MAG!!!! Moenie met jou kind se
toekoms speel nie, moenie tyd mors en uitstel nie!!!
Ons Onthou – Majoor Edward Richard Every van 1 Eskader
Foto geneem by LMB Grootfontein voor Maj Every se vertrek
BOSOORLOG – Op 20 Feb 1988 het 72302342PM, Majoor Edward Richard Every van 1 Eskader omgekom in
operasies teen vyandelike magte toe sy Mirage F1AZ (Serie 245) afgeskiet is deur „n Soviet SA-13 Gopher Grond-tot-
Lug Missiel by Cuatir naby Menongue.
Die voorval het plaasgevind terwyl Majoor Every „n operasionele vlug oor Suid-Angola onderneem het om
vyandelike magte te onderdruk. Die vliegtuig het in vlamme neergestort en gedisintegreer tydens die impak met die
grond. Majoor Every se oorskot is nooit gevind nie, maar gedenksteen is vir hom opgerig by die Voortrekkerhoogte
Nuwe Begraafplaas Militêre Afdeling. Hy was 31-jaar oud.
Veterane van die Suid-Afrikaanse Bosoorlog het die volgende opmerkings gemaak:
Ek was daar op die betrokke dag en onthou dit soos gister. Ek was saam met 32 Bataljon as ‘n jong dokter. Die
Mirages is ingeroep om ‘n FAPLA-konvooi wat op pad was van Menongue na Quito te bombardeer terwyl die
konvooi steeds binne reikafstand van ons MRL vuurpyl lanseerders was. Ek het van ‘n afstand gesien hoe die
missiel tref. Unita het gerapporteer dat hulle hom gesien uitskiet het, maar ek het dit nie gesien nie. Ons het die
hele nag gesoek sonder enige sukses.
Die Spesiale Magte span wat die area gedek het waar die Mirage se wrak was, het gerapporteer dat ‘n groot
groep FAPLA en Angolese Lugmag intelligensie-personeel besig was om die wrak te deursoek. Dit was binne
reikafstand, daarom het Pierre Franken ‘n aanval geloods met ‘n halwe sarsie deur sy vuurpyl-lanseerder
troep. Twee trokke was nodig om al die vyand se liggame te verwyder na die tyd. Volgens sommige bronne, is
daar tot soveel as 143 Kubane en FAPLA gedood tydens die teenaanval.
Volgens „n bron was „n halwe sarsie deur „n troep gedurende die 1980s, soos hierbo genoem, ongeveer 12 missiele per
lanseerder met tipies 4 lanseerders per troep. Dus was „n halwe sarsie sowat 24 missiele wat op die teiken afgevuur
was.
Oud-soldate aan die kant van Suid-Afrika gedurende die Bosoorlog, en hul opofferings sal nooit vergeet word nie.
Oud-soldate van die SAW en oud-lede van die SAP kan by geslote Facebook gespreksgroepe oor die Bosoorlog
Solidariteit Helpende Hand het onlangs „n omvattende verslag saamgestel oor wit armoede. So lyk die statistiek vir die geraamde 4,
47 miljoen wit Suid-Afrikaners.
• Volgens die Buro vir Marknavorsing het „n totaal van 1,8 miljoen wit mense van 16 en ouer in 2008 tussen R0 en R48 000 per jaar. Dus, minder as R4 000 p.m. Dié syfer sluit ook studerende jongmense, huisvroue en pensioenarisse in, maar dui steeds op „n groot groep brandarm wit mense.
• Volgens demograwe is daar 600 000 Afrikaners wat tans as arm
geklassifiseer kan word.
• 46% van wit huishoudings kan nie ‟n huis van meer as R200 000
bekostig nie.
• Daar is tans 77 wit plakkerskampe in Pretoria alleen en meer as 430
landswyd.
• Tussen 1994 en 2005 het wit armoede met 150% toegeneem.
• Daar is tans 131 000 wit huishoudings wat nie voldoende behuising het nie.
• Die behoefte aan voldoende huisvesting gaan na verwagting met
ongeveer 7 500 huise per jaar toeneem.
• Om die agterstand van behuising onder arm wit mense oor die volgende tien jaar uit te wis, moet ‟n gemiddeld van 14 000 HOP-huise
per jaar vir arm wit mense gebou word.
• Navorsing toon die grootste behoefte aan behuising onder wittes is tans in Gauteng en die Wes-Kaap.
• Vir die eerste keer sedert die dertigerjare van die vorige eeu is daar groeiende getalle armblankes en is daar „n nuwe verskynsel van blanke
plakkers-gebiede wat rondom veral groter stede soos Pretoria vorm.
• Navorsing deur Helpende Hand toon dat 63%
van die inwoners van die 77 wit informele
nedersettings in Pretoria 60 jaar en ouer is.
Die gesigte van wit armoede !!!
Brief uit ‘n wit plakkerskamp
My God, My Anker – Ek stap vanoggend weg van die plek waar dit dié slag Sarie se beurt was om haar kindjie te
begrawe, sommer hier in die kamp, op 10 Julie2010. Sal iemand ooit weet of onthou klein Jana was ook vir ‘n rukkie, ‘n
volle 16 maande, hier op aarde, of beteken dit as jy arm is en jy gaan sommer dood van koue, dat dit nie saak maak nie en
dat die lewe maar net moet aangaan sonder jou, sonder om jou te mis of om ‘n gat te los? In Sarie se hart het haar kind se
dood ‘n gat gelos -vir ewig. Die winter het ons gevang hierdie jaar. Ag, Here, hoekom is ek hier? Hoekom is my lewe en my
kinders en my hele bestaan opgesom in ‘n vuil, gemufde tent vol uitgooigoed en vrot goed?
Ek leef en oorleef met ander mense se weggooigoed op hierdie godverlate vlaktes waar nie eers „n boom of gras se wortels wil vat nie. Niks wil hier wees nie, niemand moet hier wees nie… Die kamp en sy mense en die moedeloosheid is besig om my siel lagie
vir lagie af te skil tot daar niks van my gaan oorbly nie. Dit maak my dood, maar op ander maniere as wat honger of siek wees jou
dood maak. Dit maak die rede dood „n die rede vir opstaan en die rede vir weer probeer. Dit maak dit net dood. Daar was vandag
niks om te eet nie. My maag het al so gekrimp dat ek net een keer „n dag hoef te eet.
Ja, om te dink daar was „n tyd wat ek maer wou wees. Ek wonder of dit my maag of my hart is wat pyn, want sien, Here, ék kan nog honger gaan lê, maar ek kan nie my kinders so sien nie! Dis „n pyn wat jou lyf nie kan vat nie! Ek het vanaand net water op
die gel-stofie gekook tot Magrietjie en boetie, Jan, op die ou end aan die slaap geraak het. Hulle het bly wag en mamma vertrou
en nie eers gevra of getwyfel nie. Ek kon nie sê hier‟s niks om te eet nie. Die kerk se mense het oor die naweek die afvalkos gebring wat Checkers uitgooi, maar wat jy nog kan eet – en jy sal dit eet, selfs al stink dit soos iets wat die varke moet eet. Jy
grawe die beste uit vir jou kinders en jy eet dit. Dit het gehou tot gister, maar vandag was daar niks.
Ek probeer, Here, regtig, ek probeer. Ek versamel “scrap metal” en ek pas die mense se karre op by die Spar en soms kry ek „n
“tip” of „n brood, maar ek vra nie ander mense om agter my te kyk nie, regtig! Ek sál nie vra nie! Ek kán nie, Here, ek voel ek
mág nie! Ek sal eerder iets by iemand vat en u my laat straf – al is arm wees genoeg van „n straf. Ek sal eerder nóg straf vat, maar ek kán nie „n ander mens vir iets vra nie. Asseblief, Here, moet my nooit so arm maak, dat ek moet vra nie. Ek vra net vir u, Here,
want u weet. U móét weet, want u het dan alles gemaak. Of het ék hierdie omstandighede gemaak? Is dit my skuld dat ek hier is?
Is dit iets wat ek gedoen het en nou verdien ek om arm te wees? Miskien nog ek, Here, maar nie my kinders nie! Hulle het mos nie gevra om hier te wees nie. Hulle het mos nie gekies nie… Hoe maak u kinders en laat hulle doodgaan van koue … doodgaan
omdat hulle nie medisyne kan kry wat die siekte stop nie? Hoe laat u kinders vanaand honger gaan slaap omdat hulle ma net water
het om te kook? Hoekom laat u toe dat wrede, ryk kinders hulle spot uitspoeg na dit wat ons huis noem? Hulle weet nie wat hulle
doen nie!
Hulle weet nie hoe hulle woorde, wrokke en wrakke van ons harte maak nie. Vergewe hulle, Here, want hoe móét hulle weet? En hoe kán jy, as jy alles het, jou in mense se nood indink of inleef of invoel? Maak my kinders sterk, Here, want hulle maak my
sterk. Ek wil ook opstaan as ek sien hoe hulle elke dag sonder kla of moeg raak of inkrimp op hulle voete bly en selfs trots bly. Ja,
hulle lag nog, hulle hoop nog. Ek wil selfs sê hulle vertrou nog op my as ma wat maar sal sorg en sal voorsien soos wat u vir my
gee om te kan voorsien.
Hulle leef met „n verwagting. Hoe kan ek dan opgee? Ek kan mos nie. Nee, solank as wat u my genadig is en ek vandag oorleef,
sal ek maar weer opstaan more en sal ek veg vir die more daarna vir my kinders. Ek sal more weer my kinders vertel daar kom
iets goed hierna, al kan ons dit nog nie sien nie en al kan ons dit nie eers dink nie, want op „n manier glo hulle dit. Al leef ons hier
eenkant waar die lewe ons weggegooi het. Al reën dit weer en muf dit verder en al koop niemand meer my “scrap metal” of “tip”
my vir die karre wat ek oppas nie.
Ek kies lewe! Ek kies dit, want dis in my bloed en dit loop deur my are en deur die eeue. En dit loop deur ons geskiedenis en deur
elke uithoek van hierdie land. Dit loop deur my en dit loop ook deur Oom Bertus wat die kos bring, Sarie wat treur, Liena wat te
veel drink, Pieta wat „n brandweerman wil word en selfs Magda wat wag om dood te gaan.
Lewe. En hoop. En geloof. Wees ons genadig, Heer, terwyl ons bewerig en bang die lewe kies.
Jesusliefde!
WHO STARTED THE FIRST RECORDED HATE SPEECH IN SOUTH
AFRICA- AND WHERE DID IT CAME FROM? :
“Killing whites is an action that gives hope to blacks and makes white South
Africans used to bleeding… such deaths can be beneficial. When blacks have
learnt that a white has died in the violence, that kind of thing comes like the
drop of rain after a long drought.” – Oliver Tambo to Trevor Huddlestone,
New York Times, 24 Jan 1987
Is dit dan nie HAATSPRAAK en dreiging
nie????
Is dit nie rassime nie?
Is die nie reeds ‘n
oorlogsverklaring teen
die Boervolk nie????
Vandalisties en barbaars!!
Ken niks anders as afbreek
en vernietig nie. Gee nie
om oor môre of waar die
geld vandaan jom om alles
weer te herstel en op te
bou nie.
Barbaars!!!!!!
Hoe bou jy ‘n land op
met sulke gedrag?
Maar
hulle wil
in beheer
wees?
Hoe bou jy ‘n land
met hulle op?
Hallo Antie Hannie van Brakpan
Lanklaas van Antie gehoor. Net baie donkerte hier by ons op Paterson as gevolg van een of ander moer wat moeligheid gemaak het by Koe-Koe? Ag, die Kaap se Eskom.
Ons huis lyk party aande soos 'n disco so kort opmekaar gaan die krag af en aan. Pa het toe gesê genoeg is genoeg. Net voor Krismis besluit hy hy wil oplaas 'n jenneryter koop, oorlat hy moeg was vir allie alewige kragonderbrekings.
My Oupa het al gedink die krag word afgesny omdat Pa elke maand die Munispaliteit se geld innie borrelstoor belê. Maar Pa sê hy's gatvol, dit maak nie saak nie, of dit nou daai simpel mannetjie vannie Cownsil is wat onse krag afsny, of daai onnooslike amptenaar van Eskom, hy worrie nie, hy wil 'n jenneryter hê. Hy en Ma is altwee moeg van allie episodes van Sewende Laan wat hulle nie te siene kry nie.
Nou ja, toe gat ek en Pa kooperasie toe om die ding te koop. Oppie kaart, want Pa sê my ma se kaart is baie lekker - jy koop net op Budget se rekening. Jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit, dan doen hulle dit sommer. Ek weet nie lekker wie Budget issie, maar ek weet net Pa sit alles op Budget se rekening. Ek reken dié Budget gat darem lekker moerig wees as hy uitvind wat Pa alles op sy rekening koop. Maar Pa worrie nie. Hoe gaan hulle ooit uitvind, wil Pa weet. In elk geval ons loop koop toe die jenneryter, en dis net mooi daar waar die moeilikheid begin.
Kyk, as julle dink my pa weet niks van kampeer af nie, of van karre af nie, of van vroumense af nie - dis tog goed wat 'n mens kan sien - dan moet julle weet, hy weet nog minner as niks van lektriek af nie. Dis wat my ouma altyd sê.
Maar Pa is nie gepla nie. Toe hy eers ná 'n hele ellelange paragraaf se vreemde woorde daai jennerytertjie gestaart kry, toe dink hy mos lat hy 'n elektriese ingeneer is. Dis glo slim ouens wat als van krag verstaan, sê hy. So, voor my pa die ding aan die krag loop koennek, toe swiets hy eers die jennerytertjie af en hy se vir my, "Kleinboet, as 'n ou met kragwerk, dan moet jy slim wees, en nugter wees." Toe tref dit my - Pa is nie gewoonlik een vannie twee nie - só toe
weet ek: hie kom gróót stront!
Maar ek het verniet geworrie, toe Pa daai drade vat, en hy sjok nie, toe weet ek sommer hy weet weet wat hy doen. Toe maak hy die drade se punte mooi skoon solat die koper uitsteek - en hy is toe reg om die masjien aan die kragpunt te konnek. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa die kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie, oorlat ek kan sien Pa kén.
Toe maak hy daai swietsbord innie kombuis oop, en hy staan reg om sy jennerytertjie se drade aan die swietsbord se drade te koennek. Dis glo solat as die krag afgaan, dan staart Pa net sy jennrytertjie en dié se krag sal dan die swietsbord maak werk.
Daar's 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle sê dat as die pawpaw die fan straaik, dan is daar groot moeilikheid. Daai ooms wat só sê, het nog nie gesien wat gebeur as die swietsbord se krag Pa tref nie! Kyk, Antie, toe Pa so oppie leertjie regstaan en hy konnek daai jennerytertjie se kragdraad so aan die
swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my Pa is aan die hartaanval kry, of hy kry 'n senuwee instorting of 'n eleptiese aanval of 'n stroke offe ding, só beskyt hy hom! Die way wat Pa daai swietsbord ruk en pluk, met die briekdance en alles, dog ek Pa gat die ding uit die muur uitruk en net 'n gat daar los daar waar die swietsbordtjie was.
Met 'n vreemde smile op sy gesig van die ge-shock lyk dit nogal of hy dit geniet. Pa spog mos hoeka hy kon jongtyd deurnag disko sonner ophou. Hy ruk daai swietsbord of hy aan't wen is op 'n dobbelmasjien! Nou ja - die swietsbordtjie moef nie, en Pa hou nie op ruk nie, en hy maak sukke jodel-geluide wat amper klink soos Charles Jacobie op my ma se favourite langspeelplaat.
Ek dog dis van woede wat Pa so skreeu oorlat hy nou begin kwaad word virrie swietsbordtjie. Hy dans so oppie leer dat die een ná die ander boutjie uit die leer pop vannie geskud . . . en hy gooi sy dikkerige lyf rond bo-op daai leer asof hy nou inne jaaif-kompetisie deelneem, of 'n voordanser by die 20-20 krieket is!
Net toe ek vir Pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe gebeur dit al klaar - hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n mens moet nie. Toe verstaan ek hoekom party mense sê "hy't daar afgemoer" want daai wassie 'n val nie, daai was 'n moerse gatslag!
In elk geval, Pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar sy lyf gee nog so 'n paar rukke met dié wat hy so met 'n boog deur die lug trek, nes daai ouens op TV wat by die olimpiese spele innie swembad induik en dan sulke langarm S-draaie innie lug maak. Al verskil is nou dat daar nie water onner is nie - net die klipsteenharde kombuisvloer met die bont linoleumtapyt wat golwe maak soos hy hom daarop desmoers val. Sy splinternuwe bo-tanne sit op die
kombuistafelblad se rand vasgebyt, sonner lat Pa naby hulle is.
En toe Pa sy kop helemal misval en op sy agterent met 'n gatslag te lande kom, toe skrik ek want ek vrees toe vir harsingskudding, want my ma sê altyd Pa se verstand sit in sy agterent en dat hy sommer 'n lamsak is. Maar toe's dit nog nie al nie. Daar sit Pa oppie vloer en beginne jaaif. Toe voel ek darem beter want ek kan sien hy is nie heeltemal 'n lamsak nie, oorlat hy sy boude toe daar oppie grond lekker vinnig wikkel, en hy boonop tog te lekker jodel met die een kragdraad steeds in sy hand soos 'n wafferse sanger met 'n mike. Skielik sien ek weer vir Charles Jacobie voor my. En so tussendeur trek hy nog vir my
snaakse gesigte ook, en eindig af met die spoeg van sy onnertanne in 'n sierlike boog netjies tot innie wasbak? Wat 'n performance!
Ek kon wragtag nie anders as om vir Pa hande te klap nie. Die jennerytertjie staan deesdae vergete innie geraatsj onder 'n laag stof - niemand praat oorie voorval nie. En Pa soek nou net woes vir 'n windlaaier innie Landbouweekblad se snuffelgids!
Groetnis,
Kleinboet
Saam gestel en uit gegee deur Kol Horn Weskaap
Klap daai vlerke tot
die volgende uitgawe MATTHEüS 8 : 23 – 27
En toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom
gevolg.
En daar het ‘n groot storm op die see gekom, sodat
die skuit toe was onder die golwe, maar Hy was aan
die slaap.
Daarop kom Sy dissipels en maak Hom wakker en sê:
Here, red ons, ons vergaan!
En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang,
kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde
en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom.
En die manne het hulle verwonder en gesê: Wat vir ‘n
mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom
gehoorsaam?
Het jy al ‘n sêding gehoor en dan gewonder hoe jy dit vir ‘n
anderstalige kan oorvertel? Sommige goeters is net te snaaks
en uniek in one eie taal om te kan vertaal vir iemand anders.
So in ‘n ligter trant wil ons graag hierdie week afskop met ‘n
paar van hierdie unieke sêgoed in Afrikaans:
• Sy kop is so plat, daar is nie eens plek vir n hoofpyn nie.
• Piet se huis is so vuil, jy moet jou voete afvee as jy uitstap.
Definisies:
BABA: „n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die
bene langer word.
ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer „n 5-jarige kind nie wil eet
nie.
PREDIKANT: „n Karakter wie vir ses dae onsigbaar is, en dan op
die sewende dag onverstaanbaar is.
Allerlei
Van sit of staan bly lê maar die lekkerste
Ek sit nou so lekker, ek staan sommer op en sit weer.
Hy was gisteraand so dronk, toe hy die volgende dag opstaan lê
sy klere in die bed en hy hang oor die stoel.
Ek drink nie meer so baie nie…as ek dan net 1 bier drink, is ek „n
ander man, en kan hy nou vir jou suip.
Hy is so maer, as hy langs „n wit muur stap lyk dit soos n kraak
wat beweeg.
"Ons moet bly lag. Dit is al hoe ons gaan oorleef."
'n Gedig vir Ma
Hardhandig het ek vele maal myself uit jou hande geruk
Hoe dikwels was ek nie met jou ongeskik
Het nie besef jy wil net die beste vir my hê
Wou wêrelde met breë horisonne voor my voete lê
Swaar klippe uit die pad vir my gerol
Ondankbaar het ek weggehol
Het jou van my liefde vir solank ontneem
Dae en nagte het jy om geween
Vandag besef ek…nuut
Jy is die een by wie ek wil wees as daar ‘n ster in die