Die Aankondiger ! EREDIENS: 12 Februarie 2017 om 9:00 Prediker: Ds. Gideon du Toit Skriflesing: Hebreërs 6:13-20 Tema: Jou siel is geanker en God se beloftes is vas. Liedere: 163 x2; 175 x2; 219:1,2; 284:1-3; 280:1-3 Rusoord: 16:45 Jeug: 18:00 Gebedsversoeke Dit is vandag Biddag vir Onderwys. Skole het die ondersteuning van gemeentes broodnodig. Die NG Kerk het ‘n kosbare geskiedenis van betrokkenheid by die onderwys. Sake waarvoor voorbidding gedoen kan word is: • Die minister van Onderwys en plaaslike onderwysstrukture • Dankbaarheid vir uitstekende skoolhoofde, onderwysers, dosente, ouers en leerders • Plaaslike skole, skoolhoofde, beheerliggame, onderwysers en leerders • Die rol wat organisasies soos die SAOU en FEDSAS speel om gehalte onderwys te verseker • Kalmte en veilige omstandighede op Universiteite en Technikons vir student om te studeer • Die saak waarin ses skole oor hul godsdiensbeleid deur die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) voor die hof gedaag word, wat van 15 tot 17 Mei in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor word. Die Federasie vir Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) verteenwoordig die ses skole in die saak. Die NG Kerk is as vriend van die hof by die saak betrokke. Corine Naude het in die hospitaal beland nadat sy bloeding ervaar het, dit is gelukkig onder beheer, ons bid vir haar. Mike Coetzee het ‘n terugslag met sy hart gehad, ons dra vir hom en Sus aan die Here op. Annatjie Janse van Rensburg se voetoperasie is gedoen. Sy ervaar net ongemak maar haar skouer sal volgende gedoen moet word. Ons is saam met haar en Klaas bly oor die vordering. Ons bid vir Antoinette Germishuys, daar is goeie vordering gemaak met die versoening met haar familie dat hulle vir haar versorging soek in Bloemfontein. Ons loof die Here vir hierdie vordering. Elsa Honniball het gesterf. Ons dra haar kinders aan die Here op en nooi almal wat haar geken het na die diens op Woensdag om 12:00 in die kerk. Gerda Viljoen kry steeds behandeling in ‘n inrigting. Bid spesiaal vir haar. Ollie Olckers benodig nog jul gebede. Hy is tuis maar nog steeds swak. Elize Harrington van Protea, Ilse en Ernie Blignaut se moeder , het plek gekry in Rusoord vanaf begin Maart. Martin Odendal het so herstel dat hy uitgeplaas is na ’n gewone saal, ons loof die Here vir sy hartoorplanting en herstel. Bid asb. vir Rene wat hom sal moet versorg wanneer hy ontslaan word. Erika Kambouris is onder dokters behandeling en sal einde Maart aan haar gesig geopereer moet word, ons vra voorbidding vir haar dat die operasie suksesvol sal wees. Helena Jacobs se broer is Donderdag oorlede . Ons dink aan haar en bid dat sy haar hartseer te verwerk. Tielman en Engela Nieuwoudt se moeder is oorlede. Alhoewel sy op hoë ouderdom was, was die afgelope tyd vir haar ’n lyding en is ons saam dankbaar dat sy nou by haar Here is.