Top Banner
Die Ekonomie van Eden. ʼn Kritiese oorsig van huidige maatstawwe van welvaart en alternatiewe paradigmas van welvaart om die Koninkryk van God uit te brei. Jaco Botha
16

Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

Apr 07, 2023

Download

Documents

Denise Mager
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

Die Ekonomie van Eden. ʼn Kritiese oorsig van huidige maatstawwe van welvaart en alternatiewe paradigmas

van welvaart om die Koninkryk van God uit te brei.

Jaco Botha 16545184

Die Ekonomie van Eden. ʼn Kritiese oorsig van huidige maatstawwe van welvaart en alternatiewe

paradigmas van welvaart om die Koninkryk van God uit te brei.

Jaco Botha

Page 2: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

1

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

Vir Francois, Alta Rauch en André Botha.

“And that’s when things get messy. When people begin moving beyond charity and toward justice

and solidarity with the poor and oppressed, as Jesus did, they get in trouble. Once we are actually

friends with the folks in struggle, we start to ask why people are poor, which is never as popular as

giving to charity. One of my friends has a shirt marked with the words of late Catholic bishop Dom

Helder Camara: “When I fed the hungry, they called me a saint. When I asked why people are

hungry, they called me a communist.” Charity wins awards and applause but joining the poor gets

you killed. People do not get crucified for living out of love that disrupts the social order that calls

forth a new world. People are not crucified for helping poor people. People are crucified for joining

them.”

― Shane Claiborne

Page 3: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

2

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

Contents 1. Inleiding: Die BlikZim Projek. .......................................................................................................... 3

2. Die Krisis. ......................................................................................................................................... 4

3. Huidige Ekonomiese Maatstawwe van ontwikkeling. .................................................................... 6

4. Alternatiewe Ekonomiese Maatstawwe. ........................................................................................ 8

5. Die Ou Paradigma: Oos van Eden. .................................................................................................. 9

6. Die Nuwe Paradigma: Eden. ......................................................................................................... 11

7. Gevolgtrekking: Die toekoms is in verhouding. ............................................................................ 12

8. Bronne. .......................................................................................................................................... 15

Page 4: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

3

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

1. Inleiding: Die BlikZim Projek.

In Januarie 2009 het ek die ongemaklike voorreg gehad om persoonlik en intiem betrokke te raak in die

stukkend van Zimbabwe. ʼn Vriend van my het persoonlike ervaring gehad en a.g.v. die omstandighede, nie

Zimbabwe kon binnegaan nie.

Ons was daarvan oortuig dat iets gedoen moet word en dat die apatie wat die jongmense in Suid-Afrika,

teenoor Zimbabwe gehad het, moet verander. Ons het ʼn bediening onder ons tuis NG Kerk oopgemaak met

die naam “Die BlikZim Projek” (Die naam is ʼn sinspeling op Blikkieskos vir Zimbabwe). Die idee was om

konserte te hou waar die toegang 5 blikkies was en dit deur Joe Niemandt se kontakte na ouetehuise in

Zimbabwe versprei. Ek het al hoe meer en meer betrokke geraak by mense wie se lewens sosiaal en

persoonlik ontwortel was. Mense wat in hongersnood moes bestaan.

Op daardie stadium het ek BCom Ekonomie, Ekonometrie en Bemarking aan die Universiteit van

Johannesburg studeer. Soos elke Ekonoom sal getuig: Ekonomie is die studie van die verdeling of die

verspreiding van beperkte hulpbronne, aan mense met onbeperkte behoeftes. Dit was my raamwerk

waarmee ek my hele lewe lank al na die wêreld gekyk het.

Hierdie uitkyk het my al hoe meer begin pla.

Die idee dat ek sonder keuse in ʼn middelklas Afrikaner gesin gebore was, het my opgeëet. Die idee dat ʼn

Shona man nie gekies het om gebore te word in ʼn plakkerskamp in die buitewyke van Harare nie, het my

meer opgeëet. Ek het met ʼn onderliggende oortuiging geleef dat ek meer verdien omdat ek in ʼn middelklas

gesin gebore was. Ek het met oortuiging geglo dat as ons die hulpbronne met die regte ekonomiese modelle,

reg versprei, sal die ongeregtigheid van die wêreld tot ʼn einde kom. Die probleem was dat ek in die

gebrokenheid van die wêreld gesien het dat dit nie die afwesigheid van geld is wat party mense

minderwaardig as ander gemaak het nie, maar dat dit die hebsug van die mens met die geld is, wat ʼn

denkraamwerk van ongelykheid voed. Ons dink ons verdien meer geld omdat ons beter in beter skole was,

maar nie in ag neem dat ons net per ongeluk in ʼn familie gebore is wat daardie opvoeding kon bekostig nie.

Dit is hierdie sisteem van ongelykheid waarbinne almal in die Weste funksioneer en wat ons jaag om meer

geld na te jaag. Hierdie kapitalistiese stelsel is wat die wêreld maak draai. Hierdie sisteem van vrye hand en

Laissez-faire is die masjien wat vooruitgang, tegnologie en kreatiwiteit stimuleer, maar dit is ook die sisteem

wat daagliks geboorte gee aan meer en meer ongeregtigheid. Dit in sisteem wat nie volhoubaar is nie. Is daar

ʼn beter manier om die vooruitgang van die mens te meet? Is ʼn ekonomiese perspektief die beste manier om

te bepaal of die mensdom groei en geregtigheid vermeerder?

ʼn Meer Wetenskaplike voorbeeld wat gebruik kan word om die oneffektiwiteit van die sisteem te kan

verduidelik is die Wet van Termodinamika. Hierdie wet stel dat alle geslote sisteme altyd na ʼn staat van totale

volhoubare ekwilibrium sal beweeg. As hierdie wet toegepas word op die ekonomiese sisteem van die

vryemarkstelsel, is dit duidelik dat die sisteem op geen vlak tot ʼn volhoubare ekwilibrium beweeg nie. Die

ekwilibrium van die vryemark stelsel beweeg nooit in ʼn rigting van volhoubare ekwilibrium nie, maar eerder

na ʼn ekwilibrium waar die magte van vraag en aanbod mekaar uitkanselleer.

In hierdie stuk is dit my doel om die huidige maatstawwe wat gebruik word om welvaart te meet, kortliks te

bespreek. Dan is dit ook my doel om die alternatiewe maatstawwe van welvaart weer te gee en ook ʼn

teologiese bespreking te gee oor ʼn alternatiewe perspektief van welvaart.

Page 5: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

4

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

2. Die Krisis.

Ons lewe in ʼn toestand van geleende tyd. Die natuurlike hulpbronne wat gebruik word om die wêreld se

ekonomieë aan die gang te hou, is besig om elke dag nader en nader te beweeg aan die laaste. Olie, gas,

steenkool en yster voorrade verminder elke dag en tans het ons nie die tegnologie of markte om hierdie

hulpbronne te vervang nie. Ons lewe walglik morsig.

Appels word uit Engeland na Suid Afrika gevlieg om gepoleer te word en dan terug Engeland toe gevlieg om

versprei te word. Tuna wat aan die ooskus van Amerika gevang, word na Japan gevlieg om geprosesseer te

word en terug gevlieg Amerika toe om verkoop te word.1 Hierdie appels en tuna is net daar omdat

verbruikers “die regte soort” produkte wil hê. Vraag en aanbod het ʼn landskap gekweek waar mense onder

massiewe druk geplaas word om genoeg sekuriteit en aanvaarding in hul lewens in te bou. Porritt skryf oor

hierdie voorkoms en verduidelik dit as volg:

They can see that materialism is corroding society in themselves, but they are too fearful to change their

behaviour in any significant way. They are wedded to ‘financial security’, even though they understand that

non material aspirations are the ones that will give them contented lives (2006:61).

Ons jaag ʼn leefstyl na wat deur produsente aan ons geadverteer word. Ons kom agter dat ons behoeftes het

wat ons nog nooit gehad het nie en dan streef ons met alle mag en krag om hierdie behoeftes te bevredig,

net omdat dit is waarna almal streef. Dit is die denkraamwerk agter baie van die produksie in Westerse lande.

Porritt (2006:64) haal vir Monbiot aan as hy skryf:

Plenty of evidence suggests that as we become richer, we become less content with ourselves. It is incorrect

to say that necessity is the mother of invention. In the rich world, invention is the mother of necessity. When

people already possess all the goods and services they need, growth can be stimulated only by discovering

new needs. Advertising creates gaps in our lives in order to fill them. We buy the products, but the gaps

remain (2002).

Monbiot verduidelik hier dat mense, in essensie, ʼn soort leefstyl nastreef. Hierdie leefstyl is ʼn behoefte wat

deur die bemarking van produkte gekweek word. Dit is hierdie produksie van goedere wat ons najaag. Ironies

genoeg is dit ook hierdie veranderlikes wat deur ekonome gebruik word om welvaart of groei te meet. Verder

moet daar verstaan word dat die funksionering van hierdie vryemark stelsel altyd in die guns van die rykes

werk. Hierdie vraag en aanbod sisteem werk net omdat die wet van dalende marginale opbrengs dit in stand

hou2. As die vraag na produkte hoog is, dan sal dit altyd lei na hoër pryse. Hierdie pryse word bepaal deur

die dalende opbrengs wat deur die werkerskorps gelewer word. Dus sal die behoeftes nooit 100% bevredig

word nie, maar eerder die vraag voed.

Die vooruitgang van die mens word dus nie gemeet aan die innerlike vrede of gesamentlike strewe na

betekenis en gemeenskap nie, maar eerder aan die markte wat ons in stand hou deur ons onnodige behoeftes

te bevredig. Amper al die maatstawwe wat gebruik word om ekonomiese vooruitgang te meet, is vasgevang

binne in die vraag en aanbod struktuur. Hierdie struktuur het geen etiese waardes nie en werk net vir die

mense wat dit die meeste kan uitbuit. Brian McLaren verwys na hierdie sisteem as die Global Suicide Machine.

1 The Economics of Happiness is ʼn film wat deur ISOC gemaak is om hierdie krisis te ontbloot. die film is beskikbaar by http://www.theeconomicsofhappiness.org/ 2 Die wet van dalende marginale opbrengs verwys na produktiwiteit, met meer hulpbronne, soos arbeid styg. Produktiwiteit daal egter nadat daar te veel hulpbronne geïmplementeer word. Hierdie wet verduidelik dat die vraag na produkte nooit ten volle sal benut word nie, dit is omdat daar altyd ʼn beperking is op sekere natuurlike hulpbronne, soos grond.

Page 6: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

5

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

Volgens hom is dit ʼn sisteem wat konstant opsoek is na voorspoed (prosperity)(2007:190)3. McLaren

verduidelik hierdie sisteem in terme van die storie van die moderne mens. Hy verduidelik dat hierdie narratief

wat ons uitleef, nie georiënteer is om die limiete van die natuur te respekteer nie. Die narratief bevorder

eerder ons strewe na soveel hulpbron misbruik en vermorsing as moontlik, so gou as moontlik. Hierdie is ook

volgens McLaren, in essensie, ekonomiese groei (2007:68). Verder skryf hy dat ons ook die nie hernubare

hulpbronne verbruik, sonder die kommer dat hierdie waardevolle hulpbronne op gaan raak. Die hernubare

hulpbronne gebruik ons ook gouer as wat dit natuurlik vervang kan word (2007:68).

Die gevolge van hierdie sisteem kan gesien word in die gesondheid van die mense wat in kontekste van

ekstreme kapitalisme leef. Hierdie kontekste kan uitgewys word deur ontwikkelde ekonomieë wat ons as

“die Weste” beskryf. Lande wat ʼn verbruikerskultuur die meeste adverteer en nastreef is ook die lande waar

psigiese welwees afneem.

Navorsing toon dat “ryker ontwikkelde lande” aan meer depressie lei as lande wat armer is. ʼn Steekproef

van 89 000 mense in 18 lande, is deur ʼn navorsingsraad van verskeie Amerikaanse universiteite gedoen om

te kyk of daar ʼn korrelasie tussen inkomste en depressie is. Volgens die navorsing is Amerika, Frankryk en

Nederland dié lande met die hoogste vlakke van depressie. Die navorsers getuig in die artikel dat hulle

verbaas was oor die korrelasie tussen inkomste en depressie. Gemiddeld 15% van die populasie in ryker lande

worstel met depressie teenoor 11% in arm lande.4 Volgens die navorsing word die tekort aan geluk toegeskryf

aan ʼn jaloesie wat mense in kontekste van verbruikerskultuur beleef (Bromet et al: 2007).5

Bromet et al skryf hierdie korrelasie toe aan die sisteem van ekonomiese welvaart wat die weste nastreef.

Mense in armer lande is bloot tevrede met minder materiële goedere en produkte waar daar in die weste

anders gedink word. Die voorbeeld word gebruik van die Amerikaanse perspektief dat $1 miljoen ʼn persoon

nie sal gelukkig maak indien hy/sy weet dat hul buurman $2 miljoen verdien nie. Hierdie korrelasie kan grafies

uitgewys word deur die inkomste en die depressie vlakke van lande oor die wêreld met mekaar te vergelyk.

Depressie. 6 Welvaart.7

3 Daar is verskeie name wat gebruik word om na die sisteem van kapitalistiese uitbuiting te verwys. Rob Bell gebruik die konsep van Anti-Kingdom in die boek Jesus wants to save Christians. Rieger verwys daarna as Empire en teologiese dokumente soos ACCRA en Agape, verwys daarna as neo-liberale kapitalisme. 4 Die soort depressie in hierdie navorsing is nie biologies van aard nie. Dit beteken dat dit nie na kliniese depressie verwys nie, maar eerder die persoonlike gevoel van welgeluksaligheid en persoonlike blydskap. 5 Daar is ʼn kort transkripsie van ʼn onderhoud met een van die navorsers van hierdie projek by die volgende webwerf: http://www.ibtimes.com/why-are-rich-countries-more-depressed-818313 6 http://www.worldmapper.org/display_extra.php?selected=439 7 http://www.worldmapper.org/display_extra.php?selected=439

Page 7: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

6

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

Die twee wêreldkaarte verduidelik hoe depressie en welvaart onderskeidelik lyk as dit gemeet word i.t.v. die

grense van ʼn spesifieke land. Alhoewel hierdie data verouderd is (2002) gee dit ʼn baie soortgelyke beeld aan

die navorsing wat deur BMC gedoen is. As Afrika en Suid Amerika vergelyk word, onderskeidelik met die VSA

en Europa, kan daar duidelike korrelasie gesien word.

Hierdie bevindinge werp nuwe lig op ontwikkeling. Dit kan dalk dan so wees dat die Wet van dalende

opbrengs ook toegepas kan word op inkomste. Hoe meer die mensdom produseer, hoe meer afhanklik word

hy van die produksie. Hierdie produksie lei dan na al hoe groter produksie wat meer stremming plaas op die

natuurlike (en soos hierbo genoem menslike kapitaal). Die morsigheid van ons bestaan is besig om die mens

dood te maak. Ons ervaar tans die grootste hoeveelheid lugbesoedeling in die geskiedenis van die mensdom

met vlakke wat aanleiding gee tot massiewe gevalle in asma en longkanker. Beijing se lugbesoedelingsvlakke

is in middel Augustus gemeet teen 750 eenhede. Die skaal strek net tot by 500 eenhede.8 Kapitalisme se doel

is wins, nie vrede nie.

Dit is ʼn krisis. Soos die bekende woorde van die Charlie Chaplin:

The way of life can be free and beautiful, but we have lost the way. Greed has poisoned men's souls, has

barricaded the world with hate, has goose-stepped us into misery and bloodshed. We have developed

speed, but we have shut ourselves in. Machinery that gives abundance has left us in want. Our knowledge

has made us cynical, our cleverness, hard and unkind. We think too much and feel too little. More than

machinery, we need humanity. More than cleverness, we need kindness and gentleness. Without these

qualities, life will be violent and all will be lost.9

-The Dictator. 1940.-

3. Huidige Ekonomiese Maatstawwe van ontwikkeling.

Die krisis waarmee ons almal vandag lewe, is grootliks gewortel in hoe ons as Westerse mense na die wêreld

kyk. ʼn Voorbeeld hiervan is die ekonomiese definisie van ontwikkeling. Torado et. al. definieer ontwikkeling

as die “...rapid large scale improvement of living for the peoples of Africa, Latin America, Asia and formerly

socialist transition economies” (2009:8). In essensie, kyk hierdie huidige raamwerk na ontwikkeling as iets

wat meer kapitaal en hulpbronne produseer. Hierdie skep van kapitaal en hulpbronne is nie iets wat almal

eweredig bevoordeel nie, soos ons sal sien, dit is ook in essensie ʼn ekonomiese denkfout. Dit moet ook

genoem word dat hierdie definisie van ontwikkeling een is wat spruit vanuit die ontwikkelende ekonomie en

nie die lande wat as onderontwikkeld beskryf word nie.

Sedert Adam Smith se teorieë oor die vrye hand het ekonome probeer om die resep vir volhoubare

ekonomiese groei te kry. Volgens Torado en Smith is daar vir jare lank van tradisionele maniere gebruik

gemaak om ontwikkeling in lande te meet. Hierdie sluit in: Bruto Nasionale Inkomste, Inkomste per Capita

en Bruto Nasionale Produk. Daar is egter in die 1960’s ontdek dat, al bereik lande hulle doelwitte van groei,

word daar geen beduidende verskil gemaak in die stand van ontwikkeling en ongelykheid nie (2009:14).

Verder skryf hulle dat daar tans ʼn diep bewustheid onder ekonome is dat hierdie ongelykheid nié deur Makro

8 Vir verder leeswerk rondom die hoogste vlakke van lugbesoedeling, lees meer by http://www.who.int/topics/air_pollution/en/index.html of http://aqicn.org/city/beijing/usembassy/ 9 ʼn Merkwaardige moderne weergawe van Chaplin se toespraak kan gesien word by: http://www.youtube.com/watch?v=WibmcsEGLKo

Page 8: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

7

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

Ekonomiese doelwitte alleen verbeter kan word nie. Die huidige maatstawwe van ontwikkeling is ʼn stap

vorentoe van die 1960’s met ʼn fokus op ongelykheid en nie op groei nie (2009:15).

Tans gebruik die meeste lande tussen 4 of 5 van hierdie doelwitte om hulle beleidsvorming vir ekonomiese

groei te bepaal. Hierdie maatstawwe van groei is as volg.

3.1) Betalingsbalans verskil (Lopende Rekening).

3.2) Volle indiensname (Werkloosheidskoers).

3.3) Verdeling van inkomste (Gini koëffisiënt).

3.4) Prysstabiliteit (Inflasie).

3.5) Ekonomiese groei (BBP).

Dit is belangrik om te verstaan dat hierdie doelwitte, uitsluitlik gesentreer is rondom monetêre vooruitgang

en produksie om ongelykheid te verminder. Daar is geen makro ekonomiese doelwit wat na die welwees van

die mens kyk nie, die benadering is bloot uit ʼn produksie perspektief. Dus is dit vanselfsprekend dat, soos bo

genoem, daar meer aandag geskenk word aan die gemeenskap of sy omgewing nie, maar eerder net op

uitsette. Ons fokus is op produksie en nie op mense nie. Hierdie vyf doelwitte word deur die kapitalistiese

sisteem gebruik om produksie te stimuleer. Die hoop van die kapitalistiese sisteem is dan ook gegrond op die

hipotese dat ʼn gesonde ekonomiese groei, na hoër en beter lewensstandaarde sal lei. Dit gebeur egter nie.

Die verdeling van inkome (Gini koëffisiënt) bly vergroot, veral in lande waar die vrye mark sisteem op ʼn

intense vlak geïmplementeer word. ʼn Praktiese voorbeeld hiervan is die sogenaamde “Credit Crunch” wat in

Amerika ontstaan het. Dit het gebeur nadat daar sedert die 80’s deur maatskappye soos Goldman Sachs, die

Amerikaanse regering gedwing het om meer vryheid in die mark te bring. De-regulasies het gesorg dat die

multinasionale maatskappye, enorme mag gekry het om massiewe kapitaal onder groot risiko te belê. Die

vraag en aanbod van huispryse is gemanipuleer en oorwaardeer om seker te maak dat banke met risiko kon

spekuleer. Dit is gedoen om buitensporige winste te maak, sonder enige etiese verantwoordelikheid teenoor

die individue wie se geld in hulle hande was. Meer as ʼn miljoen mense het in die VSA hulle huise verloor a.g.v.

die mens se soeke na welvaart, vooruitgang en wins10. $5 Triljoen se persoonlike finansiële bates het effektief

oornag verdwyn. Alles in die naam van wins. Die kapitalistiese sisteem dwing elkeen om wins na te jaag. Dit

stel jou op ʼn vlak van omgaan met die wêreld waar jy inherent moet glo dat jy beter as ander mense is, anders

gaan jy nie ʼn sukses wees nie. Die sisteem is teen ʼn gemeenskaplike bydrae om die mensdom te verbeter en

vir ʼn sisteem wat die individu verbeter. Dit word die beste in Engels opgesom:

Profit is better than contibution.

Dit moet ook uitgelig word dat hierdie nie ʼn kritiek is teen die maatstawwe van ekonomiese groei nie, maar

eerder ʼn kommentaar dat hierdie spesifieke aanslag op die meting van groei, eendimensioneel is. Gilbert Rist

skryf breedvoerig oor die onvermoë van moderne meting van ontwikkeling en groei om die omvang van die

probleem van armoede aan te spreek. Hy is krities teenoor die aannames en maatstawwe wat deur die Weste

en veral die VN gebruik word om ontwikkeling in sogenaamde ‘Derdewêreldlande’ te bevorder (2002:230-

235).

10 The Inside Job (Sony Pictures 2010) is ʼn dokumentêr wat gemaak is om die totale omvang van hierdie gebeure te beskryf. Dit is ʼn merkwaardige verduideliking van hoe die multinasionale investerings banke soos AIG, Lehman Brothers JP Morgan en baie ander, gesorg het vir ʼn $5 triljoen verlies in persoonlike finansiële bates van onskuldige mense.

Page 9: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

8

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

Die meet van ekonomiese groei sal altyd ʼn regressiewe maatstaf wees was inligting uit die verlede gebruik

om voorspelling vir die toekoms te maak. Dit word bloot gedoen om ekonomiese beleidsvorming te bevorder.

Daar is egter beter manier om ontwikkeling te meet wat ander, meer menswaardige benaderings volg.

Hierdie maatstawwe word nie gebruik as ʼn primêre bron om ekonomiese groei te meet nie. Die rede hiervoor

is omdat dit nie gesentreer is rondom die winsmotief nie. Die bogenoemde maatstawwe is steeds vir

ekonome en regerings, ʼn beter alternatief, bloot omdat dit gesentreer is rondom finansiële vooruitgang.

4. Alternatiewe Ekonomiese Maatstawwe.

Die onvermoë van die normale ekonomiese doelwitte om werklike verskil in ongelykheid en basiese leefstyl

te verbeter, het ekonome gedwing om na nuwe maatstawwe te kyk. Hierdie alternatiewe benaderings is die

Weste se poging om beter perspektief te kry van die impak van die ekonomiese beleide wat gevolg word.

i. Menslike Ontwikkelings Indeks (HDI).

Die Menslike Ontwikkelings Indeks is in 1990 geskep deur ekonome van die Verenigde Nasies Ontwikkelings Program. Hierdie maatstaf is ontwikkel om lande se sosio-ekonomiese status te tabuleer en sodoende om ʼn landskap te skep waar grondvlak ontwikkeling gemeet kan word. Volgens Torado & Smith is hierdie maatstaf ʼn duidelike bewys dat lande, i.t.v. grondvlak ontwikkeling, baie beter kan vaar as wat verwag word. Daar word ook groot klem geplaas op hierdie maatstaf wat uitwys dat ontwikkeling baie verder strek as hoër inkome en dat ontwikkeling holisties moet wees en nie uitsluitlik gekoppel moet wees aan kapitaal nie (2009:49).

Die veranderlikes wat gebruik word om die HDI van lande te meet, is totaal gebonde aan die Westerse definisie van ontwikkeling. Hierdie maatstaf is verseker ʼn stap in die regte rigting, maar is steeds gewortel in die raamwerk van kapitalisme wat ongelykheid bevorder. Dit kan gesien word in die veranderlikes wat gebruik word om die HDI te bepaal. Die hoof veranderlikes is:

Inkomste Indeks.

Lewensverwagting Indeks.

Geletterdheid Indeks11.

Die nadeel van hierdie indeks, soos bogenoemde, is dat lewensverwagting en geletterdheid baie afhang van die inkomste van ʼn land en individu. Daar is ook geen fokus op die soort gesondheid en geletterdheid wat in onderskeie lande gebied word nie.

ii. Sen’s Capability’s Benadering.

Die 1998 Nobelpryswenner, Amartya Sen, redeneer dat inkomste en rykdom net ʼn doel is tot ʼn groter einde. Sy argument is gebou rondom die hipotese dat “die mens se bevoegdheid om te kan funksioneer” die status van ʼn ryk of arm persoon beïnvloed. Volgens Sen is inkomste nie ʼn goeie manier om welvaart te meet nie.

11 Hierdie indekse word saamgestel deur elkeen van die drie areas nl. inkomste, lewensverwagting en geletterdheid, ʼn waarde te gee wat gelyk is aan ʼn derde van die totaal. Dus dra byvoorbeeld inkome ʼn 1/3 gewig van die totale indeks.

Page 10: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

9

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

Wat belangriker is, is die mens se bevoegdheid om iets te beteken en dade te kan vermag. Anders gestel: Kommoditeite is nie belangrik nie, wat belangriker is, is die dade wat ʼn mens met hierdie kommoditeite kan vermag (Torado & Smith, 2009:16) . ʼn Voorbeeld van hoe Sen redeneer kan as volg voorgestel word:

As ʼn persoon ʼn sak vol geld het, maar in ʼn woestyn vasgevang is, dan is die waarde van die geld nie gekoppel aan markte nie, maar eerder om dit te gebruik om vuur te maak. Die waarde verskuif van die geld af na wat die persoon in staat is om met die geld te doen.

Hierdie benadering verskuif die paradigma radikaal weg van kapitaal af tot by die mens se wese. Die merkwaardige aspek van hierdie benadering is dat geld, rykdom of ekonomie, geen waarde aan ʼn persoon heg nie, maar dat die mens waarde aan die hulpbronne heg. Dit is hierdie denkpatroon wat ons lei na ʼn beter en meer teologiese verstaan van ons teenwoordigheid in die wêreld en hoe ons met mekaar omgaan.

5. Die Ou Paradigma: Oos van Eden.

Die wêreld is stukkend. Alles wat hierbo geskryf is, getuig van ʼn raamwerk waar die mens na die wêreld kyk

in terme van kapitaal. Die mens het verander in ʼn verbruiker wat elke moontlike manier vind om kapitaal in

die hande te kry. Die soeke na mag en sekuriteit is die dryfkrag agter produksie.

Ons produseer om te verkoop, nie om die wêreld heel te maak nie.

Ons koop nie om te lewe nie, maar om beter as ander te bestaan.

Ons preek nie om die Koninkryk uit te brei nie, ons preek om die banke vol te hou sodat die kollekte genoeg

is vir die salarisse.

Alhoewel hierdie stellings baie veralgemeen, is elke mens op een of ander tyd, gekonfronteer met die soeke

na mag en eer. Ons adverteer dit tot met die klere wat ons dra. Die storie van die Bybel begin in ʼn plek van

orde en heelheid. ʼn Plek waar mense hulle self verstaan in die Imago Dei. ʼn Plek van veiligheid en waar eer

en mag is waar dit hoort, by God. Sonde is die mens wat die eer en mag van God af wegvat. Rob Bell gebruik

die storie van Genesis om die huidige landskap, waarin ons onsself bevind, te verduidelik. Bell skryf dat die

tuin van Eden ʼn metaforiese beeldspraak is om die totale geregtigheid van God te beskryf. Hier is daar totale

sekuriteit in die wil van God, vrede. Daar is totale interafhanklikheid tussen die mens wat in Eden leef. Hierdie

waardesisteem is totaal geheg aan die verhoudings binne Eden. Mens met God, God met mens, mens met

skepping (2008:12). Die sondeval is vir Bell, ʼn verbeuring van hierdie verhoudings. Daar kom ʼn kraak in die

natuurlike orde en samewerking tussen die mens as die mens besluit om eer na te streef eerder as om ʼn

bydrae te wees in die eer van God. Soortgelyk aan die winsmotief is die mens nie opsoek na ʼn bydrae tot

ander nie, maar eerder ʼn selfverhewe troon van sekuriteit en mag.

Die AGAPE dokument wat deur die Wêreldraad van Kerke in 2005 gepubliseer is, beskryf hierdie soeke na

mag en sekuriteit as iets wat teen die geregtigheid van God gaan.

For many, neoliberalism provides an ideological cloak for an economic globalization project that expands power and domination through an interlocking web of international institutions, national policies,

corporate and investor practices and individual behaviour (Agape, 2005:9).

Die verhaal van Genesis en die eerste gesin, vertel van hierdie soeke na mag. Jaloesie vir eer maak dat Kain weggaan van die Here se teenwoordigheid en aan Oostekant van Eden gaan woon12. Ons is Oos van Eden

12 Gen. 4:16.

Page 11: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

10

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

(Bell,2008:12). Die metafoor van Oos word in die Bybel gebruik om verskeie konsepte uit te lig. Hieronder is gevaar (Babilon is Oos van Israel), worsteling (Jakob se droom Gen. 29) en skeiding in die geval van Lot en sy broer (Gen. 11:10-14). Die skrywer van Genesis keer baie terug na die Oos metafoor om uit te druk dat daar ernstige fout is in die mens (Bell, 2009:13). Oos stel voor, ʼn diskonneksie van verhoudings en ʼn soeke na mag. Rieger verduidelik hierdie spesifieke soeke na mag as die bou van die “empire”. Hy verduidelik dat hierdie soeke na mag nie bekamp word in die monetêre sfeer van die wêreld nie, maar dat dit elke deel van die mens se bestaan verander na ʼn korrupte selfsug (2009:19). Dit is belangrik om ʼn helder definisie van hierdie sisteem te formuleer om te verstaan wat presies die Anti-Koninkryk behels en hoe dit deur die Evangelie verander moet word. Twee dokumente wat ʼn baie goeie teologiese definisie gee is die AGAPE dokument en die Accra dokument. Albei hierdie dokumente is onderskeidelik aanvaar deur die Wêreldraad van Kerke en die Wêreldraad van Gereformeerde Kerke. Die dokumente dien as duidelike bronne vir die definiëring van die Anti-Koninkryk/ Neo-Liberale/Suicide Machine. Agape.

“...neoliberalism provides an ideological cloak for the project of economic globalization that expands power and domination through an interlocking web of international institutions, national policies, corporate and investor practices and individual behaviour. In essence, neoliberalism turns human beings into commodities and reduces the role of national governments to secure harmonious and sustainable social development.” (Agape,2005:3)

Accra:

Th[e] crisis is directly related to the development of neoliberal economic globalization, which is based on the following beliefs: • Unrestrained competition, consumerism and the unlimited economic growth and accumulation of wealth

are the best for the whole world; • The ownership of private property has no social obligation; • capital speculation, liberalization and deregulation of the market, privatization of public utilities and

national resources, unrestricted access for foreign investments and imports, lower taxes and the unrestricted movement of capital will achieve wealth for all;

• Unrestrained competition, consumerism and the unlimited economic growth and accumulation of wealth are the best for the whole world;

• Social obligations, protection of the poor and the weak, trade unions, and relationships between people are subordinate to the processes of economic growth and capital accumulation (ACCRA, 2004:5).

Voordat ons na die alternatief van die Anti-Koninkryk kyk, is dit belangrik om ook te bely dat die kerk ook deel maak van die Anti-Koninkryk. Deur die eeue is die bruid se soeke na mag, ʼn ernstige realiteit. Die kerk het op menigte tye in die verlede die bruid geword wat die rol van die Bruidegom wil oorneem. Afrika is ʼn goeie voorbeeld hiervan waar Apartheid en oorlog wortels in die kerk het. Net so kommerwekkend is die Kerk se blatante apatie teenoor gebeure soos die Rwanda volksmoord en korrupte leierskap, ook eienskappe van die bruid wat nie haar rol inneem nie. Emmanuel Katongole skryf dat die kerk gedurig ʼn visie van onoorwinlikheid, mag en blatante oorheersing najaag. Hierdie visie, skryf hy, het al menigte kere gely na ʼn plek waar die kerk die armes en weerloses as offers bring om haarself te eer (2011:131). As daar eerlik gereflekteer word op die bogenoemde is dit baie maklik om die hoop vir ʼn alternatief te verloor. As beide die Kerk en die Wêreld vasgevang is in ʼn web van selfsug en mag, waar lê ons hoop?

Page 12: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

11

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

6. Die Nuwe Paradigma: Eden.

Die storie van gekraakte verhoudings wat ons in Genesis 3 kry, het ʼn radikale keerpunt. Die ondermynende natuur van God wat die slegste laat meewerk tot die goeie, word gevind in die verhaal van Israel. God se verhouding met Israel begin by Abraham. Genesis 12:1-3 lui as volg:

Die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.13

Kardinaal in hierdie narratief is die verstaan van die frase “om te seën” ברכ, (uitgespreek berākâ). Hierdie woord kan afhangende van konteks, as “seën” of “kniel” verstaan word. Die wortel van die woord impliseer ʼn diensbaarheid. God wat vir Israel seën is God wat teen die grein van enige verstaan van goddelikheid gaan en kniel voor Sy dienaar. Hamilton skryf dat hierdie perikoop ʼn diepe verwantskap aandui tussen die verhouding wat die volk van God met YHWH het en die verhouding wat die volk van God met die ander inwoners van die wêreld het (1990: 373). Abraham het ʼn roeping om tot seën te wees vir die wêreld en dus om die wêreld te dien met die seën van God. Hierdie seën is gewortel in ʼn verhouding van diensbaarheid en tasbare geregtigheid sonder uitbuiting.

Rodney Stark verduidelik op ʼn sosiologiese manier hoe die vroeë Christendom, bloot omdat hulle tot knielende seën van ander was, eksponensieel (groter as enige beweging in die geskiedenis van die mens) gegroei het. Hierdie diensbaarheid het ontstaan vanuit die verbond wat by Abraham begin het, deur die profete opgeneem is en deur Christus uitgeleef is. Menswaardigheid en waarde is nié aan monetêre waarde gekoppel nie, maar eerder aan die iets baie groter, die liefde vir God. Greer & Smith getuig hiervan in waar hulle die Christelike identiteit verstaan as iets wat deur Christus self aan die mens as opdrag en eer gegee het. Hierdie is die verbetering en verlossing van fisiese onderdrukking sowel as geestelike onderdrukking (2009:37). Dit is deur hierdie diensbaarheid waar die vrede van Eden herstel word.

Jesus verwys na hierdie herstel verhoudings as die βασιλείαν τοῦ θεοῦ, die Koninkryk van God. Hierdie konsep is diep verwant aan die seën van alle nasies. Saam met hierdie teksverse is die Pater Noster die duidelikste voorbeeld waar Jesus bid dat die geregtigheid van die Hemel, ook op die aarde manifesteer14. Burridge skryf dat die ruimte waarbinne die Koninkryk van God plaasvind, geken word aan die Shalom of vrede wat kenmerkend is van die heerskappy en geregtigheid van God (2007:41). Verder skryf Burridge dat die konsep van die Koninkryk, deur Jesus, direk gekoppel word aan die Joodse herstellings eskatologie. Hierdie eskatologie getuig van fisiese en geestelike geregtigheid wat nié deur geweld nie, maar deur ʼn wonderwerk sal plaasvind (2007:42).

Die Koninkryk van God, skryf Burridge, is ʼn spasie waar monetêre waarde, geen aansien vir Christus het nie. Wat wel van onafwendbare belang is, is die individu se bydrae tot die Koninkryk. Hierdie “bydrae motief” is radikaal teenstrydig met die winsmotief van neoliberalisme. Dit is ʼn leefstyl wat uitgedruk word in dissipelskap waar mag en wins sonder moeite opgeoffer kan word vir die eer van God, deur om die wêreld met liefde te seën. Burridge gebruik die gebeure in Markus 10 om uit te wys hoe Christus nié rykdom nie, maar die hart van die mens soek. In hierdie geval en in ʼn moderne neo-liberale sisteem, is die hart onafwendbaar verbind met geld. Die ryk jong man was nie behep met geld nie, maar eerder die mag en status wat geld aan hom bring. Ons kan dit sien in die reaksie van die jong man nadat hy, ten spyte van sy gehoorsaamheid teenoor die Wet, steeds diep bedroef is deur Jesus se oproep om alle rykdom op te offer (2007:176).

Hierdie oproep kan gesien word in Christus se persoonlike offer om van alle eer ontslae te raak vir die einddoel van die herstel van alle dinge. Filippense 2 getuig van die metamorfose waar God Homself leegmaak

13 1933 vertaling 14 Matt. 6:9-13

Page 13: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

12

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

van goddelikheid, net om eer aan God te bring. ʼn Basiese eksegese van die teks bring na vore ʼn nuwe maatstaf van eer en dit is die neerlê van mag en die dien van diegene wat nie verdien om gedien te word nie.

Is daar dan geen konkrete wyse waarop ons ontwikkeling kan meet wat gebaseer is op meer as wat die ‘Suicide Machine’ vir ons bied nie?

Simon Anholt ʼn beleidsadviseer vir ekonomiese ontwikkeling het ʼn nuwe indeks ontwerp wat meer in ag neem as die normatiewe veranderlikes wat ander indekse bied. Die Good Country Index (GCI) meet die vermoë wat ʼn sekere land het om iets te beteken vir ander lande en die wêreld. In kort meet die indeks die bydrae wat ʼn sekere land het tot die ‘common good’ wat ander lande bevoordeel. Ek haal Anholt aan:

The idea of the Good Country Index is pretty simple: to measure what each country on earth contributes to the common good of humanity, and what it takes away. Using a wide range of data from the U.N. and other international organisations, we’ve given each country a balance-sheet to show at a glance whether it’s a net creditor to mankind, a burden on the planet, or something in between.

The Good Country Index doesn’t measure what countries do at home: not because I think these things don’t matter, of course, but because there are plenty of surveys that already do that. What the Index does aim to do is to start a global discussion about how countries can balance their duty to their own citizens with their responsibility to the wider world, because this is essential for the future of humanity and the health of our planet. I hope that looking at these results will encourage you to take part in that discussion (2014).

Die GCI meet wat lande se bydrae is op sewe hoofkategorieë, elkeen met 5 subkategorieë. Die sewe hoofkategorieë is as volg:

Wetenskap en Tegnologie.

Kultuur.

Internasionale Vrede en Sekuriteit.

Wêreld Orde.

Planeet en Klimaat.

Floreer en Gelykheid.

Gesondheid en Welwees.

Soos genoem bestaan elkeen van hierdie 7 hoofkategorieë uit 5 subkategorieë. Hier is ʼn voorbeeld van die 5 kategorieë wat gebruik word om Floreer en Gelykheid te bepaal. In die kategorie kan ons sien dat die meting van Floreer en Welvaart alles te doen het met wat elke land in die res van die wêreld beteken.

Oop handel na buiteland.

Aantal VN vrywilligers in die buiteland.

‘Fair Trade’ mark grote.

Buitelandse Direkte Investering (FDI) uitvloei na ander lande.

Ontwikkelings hulp aan ander lande.

Hierdie nuwe maatstaf is een wat baie nader kom aan n kontekstuele meting van ontwikkeling wat nie voordeel gaan aan Westerse lande nie. In die kategorie van Floreer en Gelykheid is Ierland 1e, Ghana 6e en Nederland 8e. Die VSA is 53e op die kategorie15. Dit wil wys dat die meting van ontwikkeling, soos skoonheid, baie keer in die oog van die kyker lê. Daar is dus baie beter maniere om welvaart en ontwikkeling te meet, al is ons steeds opsoek na die beste manier.

7. Gevolgtrekking: Die toekoms is in verhouding.

15 http://www.goodcountry.org/category/prosperity-equality

Page 14: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

13

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

In Julie 2013 het ek met ʼn sendeling ʼn onderhoud gedoen. Dit was in Afrika, onder ʼn litchiboom16. Die onderhoud het gesentreer rondom die nodigheid van Afrika om die hoop vir die wêreld te word. Wat my verbaas het is dat die ʼn radikale verstaan gehad het van die interafhanklikheid van die ekonomie en die evangelie. Op ʼn vraag oor wat Afrika nodig het, het hy geantwoord: Verhoudings en markte.

Armoede is ʼn boosheid wat geen mens toekom nie, tog is ons almal vasgevang in ʼn sisteem wat meer op wins as op geregtigheid fokus. Die oplossing is ʼn oproep om dit te doen waarin die mens die slegste is. Dit is om ons mag weg te gee, ons verhoudings te verdiep en nie aardse eer te voed nie. Hierdie is die storie van die sondeval in Genesis 3. Dit is ook die storie van die mens oor al die eeue. Ons is meer opsoek na die erkenning van ander mense as die eer van God. Die ontwikkeling van die Koninkryk van God is nie sonder die markte van die wêreld nie, maar met ʼn verstaan dat markte nie waarde aan ons heg nie. Die verhoudings wat ons met onsself, God en die skepping het is wat betekenis en sekuriteit aan ons gee. Hierdie is nie ʼn nuwe verstaan nie, maar word gevind in die Ubuntu verstaan van gemeenskap wat in Afrika gevind word. Daar is gemeenskappe in Afrika wat rykdom en seën koppel aan verhoudings en nie aan kapitaal nie! Die gevolg hiervan is ʼn gemeenskap wat nie net homself nie, maar ook ander ophef, nader aan die Koninkryk van God. Dit is die droom van die Koninkryk. Dit is die droom van die Liggaam van Christus.

Hierdie verstaan van ʼn gemeenskap wat in staat is om nie net homself nie, maar ander op te lig is nie nuut nie, Daniel Louw (2008:187-188) skryf uit ʼn pastorale oogpunt oor die kenmerk van iemand wat in alle opsigte gesond is:

‘A human being is only healthy if he or she has the capacity and will to mean something for someone else.’

As ons hierdie definisie van heelheid op ontwikkeling toepas, kan ons tot die konklusie kom dat ʼn beter, meer inklusiewe en kultuur sensitiewe meting van ontwikkeling een is wat meet tot watter mate een groep mense die kapasiteit het om vir ʼn ander iets te beteken.

Die Kerk, wat deel in hierdie wêreld se stukkend, is tans meer afhanklik van die kapitalistiese sisteem as van die genade van God. Ons eredienste het verander vanaf ʼn wêreld veranderende, ondermynende boodskap wat bevryding, liefde en gelykheid verkondig, tot ʼn boodskap wat ʼn afgewaterde Westerse Jesus verkondig wat meer hou van koffie as die rekonsiliasie van die skepping.

Die ekonomie is stadig besig om te verander in ʼn sisteem wat meer en meer geregtigheid eis en saam met dit is die Kerk stadig besig om haar roeping tot die vestiging van die Koninkryk te herontdek. Regoor die wêreld is bewegings soos Amahoro17, die One Campaign18 en Tear Fund19, besig om die saad van ʼn nuwe realiteit te plant. Hierdie nuwe realiteit is ʼn Koninkryk wat nie ʼn ekonomiese sisteem nodig het om te floreer nie, dit is nie afhanklik van vraag en aanbod nie en dit het nie wiskundige doelwitte wat gemeet kan word nie. Dit het nie ʼn winsmotief nie en is nie afhanklik van winsbehepde individue nie. Dit is ʼn organiese bioom waar gelykheid gevind word in die liefde wat God vir ons het en nie in die sosiale omstandighede waarin ons onsself bevind nie. Dit funksioneer binne in die wêreld van markte en ongeregtigheid en wys ʼn nuwe paradigma van welvaart. Die welvaart van gemeenskap.

Hierdie is die rede hoekom ons stadig besig is om weg te beweeg van welvaart as ʼn monetêre konsep en nader beweeg aan welvaart as ʼn verhoudingskonsep. Miskien is die beste manier om dit in ʼn gebed te uit te beeld. As ons die diensbare knielende seën van die Ou Testament verstaan is hierdie woorde uitdagend merkwaardig.

16 Die onderhoud word nie in die bronnelys geplaas nie, maar kan verkry word by: https://www.youtube.com/watch?v=TYyqbSMJkMU 17 http://amahoroafrica.org/ 18 http://www.one.org/africa/home 19 http://www.tearfund.org/

Page 15: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

14

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

Seën ons Here God seën Afrika. Laat haar mag tot in die Hemel ryk.

Hoor ons as ons in gebede vra. Seën ons in Afrika,

Kinders van Afrika20. -Seën Gebed-

20 “Seën Gebed” vertaal vanaf oorspronklike Xhosa deur C. De Villiers en J. Hogendyk.

Page 16: Die Ekonomie van Eden: Kritiese analise van Westerse welvaart meting.

15

DIE EKONOMIE VAN EDEN.

8. Bronne.

Accra Confession. 2004. World Communion of Reformed Churches. [Intyds] Beskikbaar:

http://www.wcrc.ch/node/469

Agape. 2005. World Council of Churches. [Intyds] Beskikbaar:

http://www.oikoumene.org/en/@@search?SearchableText=Agape+documentApril 2005.

Anholt, S. 2014. The Good Country Index. [Intyds] Beskikbaar by http://www.goodcountry.org/ 1

September 2014.

Bell, R. & Golden, D. 2008. Jesus Wants to Save Christians: A Manifesto for the Church in Exile. Grand

Rapids Zondervan..

Bromet, E. et al. 2011. Cross-national epidemiology of DSM-IV major depressive episode. BMC Medical

Journal. [Intyds], 9(90). Beskikbaar: http://www.biomedcentral.com/1741-7015/9/90 [26 Jullie

20011].

Burrige, R. 2007. Imitating Jesus: An Inclusive Approach to New Testament Ethics. Cambridge. Eerdmans

Greer, P. & Smith, P. 2009. The Poor Will Be Glad: Joining the Revolution to Lift the World out of

Poverty. Grand Rapids. Zondervan.

Hamilton, V.P. 1990. The New International Commentary on the Old Testament: The Book of Genesis.

Grand Rapids. Eerdmans.

Katongole, E. 2011. The Sacrifice of Africa: A Political Theology for Africa. Grand Rapids. Eerdmans.

Louw, D. 2008. Cura Vitae: Illness and the Healing of Life. Wellington. Lux Verbi.

McLaren, B. D. 2007. Everything Must Change: Jesus, Global Crises, and a Revolution of Hope. Nashville.

Thomas Nelson.

Porritt, J. 2006. Capitalism: As If the World Matters. Oxford. Earthscan Ltd.

Rieger, J. 2009. No Rising Tide: Theology Economics and the Future. Minneapolis. Fortress Press.

Rist, G. 2002. The History of Development: From Western Origens to Global Faith. London. Zen Books.

Stark, R. 2006. The Rise of Christianity: A Sosiolist Reconsiders History. Prinston. Prinston University

Press.

Torado, M. P. & Smith, S. C. 2009. Economic Development: Tenth Edition. Edinburgh Gate. Pearson

Education Limited.

US Census Bureau, Centre for Disease Control and Prevention Depression Statistics. 2013. [Intyds]

Beskikbaar. http://www.statisticbrain.com/depression-statistics/