1 FEBRUARIE 2014 Die Blaker nuusblad, blaker gemeentenuus uit aan enigeen wat belangstel in die doen en late van die NG Studentegemeente PUK-Kandelaar op die Potch-kampus van die NWU EERSTEJAARSKAMPE 2014 Wat ‘n reuse sukses was die kampe nie die jaar nie!! Ons het weggespring en op Dinsdag 7 Januarie 2014 met 349 studente wat na onderskeidelik Ruach en Lagayim vertrek het per bus. Ons het ‘n wonderlike geesvervulde week beleef en kontak met die eerstejaars gemaak wat saam gaan kamp het.
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
1
FEBRUARIE 2014
Die Blaker nuusblad, blaker gemeentenuus uit aan enigeen wat belangstel in die doen en
late van die NG Studentegemeente PUK-Kandelaar op die Potch-kampus van die NWU
EERSTEJAARSKAMPE 2014
Wat ‘n reuse sukses was die kampe nie die jaar nie!!
Ons het weggespring en op Dinsdag 7 Januarie 2014 met 349 studente wat na
onderskeidelik Ruach en Lagayim vertrek het per bus. Ons het ‘n wonderlike geesvervulde
week beleef en kontak met die eerstejaars gemaak wat saam gaan kamp het.
2
WinC
Women in Christ is ons eie damesbediening op kampus. Ds Sanré Benade vergader elke
Woensdagoggend om 06:00 met die dames by Die Jonge Akker op kampus.
Die groep het geweldig gegroei van ongeveer 20 dames na oor die honderd in Februarie
2014. Ons dank die Here vir die wonderlike bediening. Tydens Februarie 2014 se massa
opkoms het dit net weereens bewys dat ons jeug en jong dames ‘n honger na God se Woord
en Liefde soek.
Ons nooi alle jong dames om in te skakel by ons.
Alumni studente en ouers kan finansiële bydraes maak aan die groep vir besoekende predikers,
sprekers en geleenthede @ NG PUK Kandelaar ABSA Tjek, 670590542.Potchefstroom.
VERWYSING: WinC
F I N A N S I E S
Die Sinode van Wes Transvaal het op hul Sinodale Sitting die besluit geneem om te sny aan
die subsidie wat aan Kandelaar Studentegemeente betaal word.
Dit beteken dus dat ons deur middel van bykomende en aanvullende debietorders,
donasies, dankoffers en projekte ons eie fondse sal moet genereer in die toekoms om die
verskil op te maak. Kandelaar het nie ‘n vaste gemeente tal en inkomste soos ander
gemeentes nie omdat ons slegs met studente werk en hulle nie noodwendig tiendes aan ons
afdra nie. ouers en skenkers speel hier ‘n baie groot en belangrike rol om
Studentebediening te dra.
U kan betrokke raak op enige van die bostaande keuses.
Elke debietorder of direkte bankinbetaling maak ‘n reuse verskil in ons begroting. Ons
bediening is so geseënd op kampus en ons dank die Here daarvoor.
Baie dankie vir die ondersteuning wat u bereid is om te gee aan u kind se gemeente..
Kandelaar Studente en gemeentelede is geborge en versorg omdat u omgee.
‘n Spesiale dank aan die ouers en studente wat dankoffers en donasies inbetaal het oor die
afgelope paar maande. Mag julle geseën word. Ons waardeer julle ondersteuning opreg.
3
BYBELSKOOL 2014
Kandelaar het ons eie
Bybelskool wat elke
Dinsdagaand in twee sessies
aangebied word
om 18:00 en 21:30
Ons ervaar ‘n wonderlike
honger onder die studente vir
kennis vir die Woord. Ons
bywoning het so gegroei dat
ons die aanbieding moes skuif
in Januarie 2014 vanaf ons
kerkkantoor se gebou na NG
Bult se fasiliteite om almal te
kan akkommodeer.
Die studente geniet die
Bybelskool aanbieding en kan
vrylik vrae stel oor kwessies
waaroor hul twyfel en
antwoorde op soek.
Om saam te verkeer om die
Woord van God in n
ontspanne “buite die Kerk”
verband gee die studente
vrymoedigheid om kwessies te
ondersoek wat hul moeilik op
hul eie sou antwoorde op kry.
Di. Benade en Burger wissel
die aanbiedinge af met
interessante materiaal en
onderwerpe
Hoe groot is die Here se Genade en Teenwoordigheid.
Kandelaar hou jaarliks vyf Amfidienste. Tydens ons diens
op 26 Januarie ontvang ons die eerstejaars vir hulle
eerste Amfi belewenis.
Die Amfi was tot vol kapasiteit toegepak onder studente.
Ons skatting is dat daar ongeveer 3500+ studente
teenwoordig was. Tydens ons tweede Amfidiens loots ons
ook ons nuwe preekreeks wat oor die volgende ses weke
loop.
Romeine 12 word oopgemaak en ontleed vir die studente
en ons laat maak spesiale sleutelhouers wat saam met
die reeks uitgedeel word.
Die sleutelhouers is funksioneel en studente kan elke dag
kyk daarna en hulself herinner waarvoor ons staan as
jong Christene op kampus.
Hulle word uitgedaag om die belewenis van egte
spirualiteit mee te maak.Die relevante preke is ook
beskikbaar op youtube indien u sou wou luister daarna.