-
Van die Redakteur. •••• Pretoria Bonsai Kai bestuur:Pretoria
Bonsai Kai bestuur:Pretoria Bonsai Kai bestuur:Pretoria Bonsai Kai
bestuur:
• Voorsitter – Org Exley 082 809 2037
• Onder voorsitter – Francois van As 074 6011847
• Tesourier - Daan du Toit 012 567 2520
• Sekretaresse – Marianne Erwee 083 377 7893
• Skakelbeampte—Christa Ver-maak 083 388 4736
• Addisionele lede : Otto Koekemoer
Martin Kruger
Johan Els
Jaco Kriek
In hierdie uitgawe
Van die redakteur 1
Briewe bus / vra is vry 2
Neigings in bonsai wêreld 3
Nuwe talent kompetisie 10
Vergadering van 10 Mei 13
BRAT vergadering 19
Vergadering van 7 Junie 22
Snippets 27
Die naakte waarheid Kalender
28 33
Derde uitgawe - 2014
Koeda Pretoria Bonsai Kai
Beste lede
In hierdie uitgawe is ’n baie mooi artikel deur Pieter Loubser
met die titel “Die Naakte Waarheid”. Dit gaan gelukkig oor die
naakt-heid van bonsai bome gedurende die winter. Soos Pieter sê,
“dit is ’n tyd wat ek baie geniet juis omdat ek die prag van die
bonsai se stamme en takke nou kan ge-niet. Die bome se klere is
uit-getrek en ons kan kyk hoe hulle sonder fieterjasies lyk.”
Geniet dus hierdie stiller tyd van die jaar om na jou bome te kyk
en hulle te waardeer sonder ‘klere’.
Dit is ’n goeie tyd om jou bome af te neem en Francois se raad
(in hierdie uitgawe op bl 23) te volg om jou bome se stilering te
be-plan. En stuur sommer asseblief aan my jou foto’s en jou sketse
vir plasing in die Koeda.
Sommige bome in die natuur het nog pragtige herfskleure, daarom
plaas ek die prag foto van herfskleure hieronder. Of dalk is dit my
manier om so bietjie te klou aan die laaste warmte voor die erge
koue en ryp.
As gevolg van heerlike bydraes deur lede asook baie wat in die
laaste twee maande gebeur het is hierdie ’n ‘dik’ uitgawe.
Onge-lukkig moet lede wat die Koeda uitdruk om te lees dus bietjie
ekstra kostes aangaan vir kleur ink. Anders, lees maar hierdie een
net op jou rekenaar skerm.
Bonsai groete
JacoJacoJacoJaco
Enige idees, ar�kels of terug-
voering rakende die nuusbrief
kan gegee word aan Jaco Kriek
by:
[email protected]
The word Koeda is Japanese and means: ‘Graceful branch’. It is
pronounced Ko-eda.
-
Bladsy 2 Derde uitgawe - 2014
Briewe Bus / Vra is Vry
Beste Kai lede Ek het ’n klein Ficus Natalensis wat ek van ’n
steggie gegroei het. Dalk kan hy nog nie volwaardig ’n bonsai
genoem word nie maar hy neig al in die rigting. Wat vir my
interessant is is dat hy skielik hierdie jaar vir die eerste keer
herfs blare gemaak het. Sien foto geneem op 1 Mei. My vraag aan
lede is of dit normaal is vir ’n Vy? Het ander lede al so iets
ervaar? Of is my boompie dalk besig om te vrek? Ek sou graag hoor
van ander lede wat aan die redakteur julle kommentaar sal stuur.
Groete AN.
Jaco, hier is 'n stukkie uit Rapport, Sondag 30 Maart 2014.
Miskien 'n interessante ietsie vir die nuusbrief. Groete, Pieter
Loubser
Weerlig se rol in plante se lewe:
'n wonder.
Die rol wat weerlig speel om stikstof in die natuur met suurstof
te verbind sodat die stikstof
deur plante opgeneem kan word, is een van die groot wonders van
die natuur.
Atmosferiese stikstof verbind bitter selde in die natuur met
ander gasse, behalwe in die geval
van baie hoë hitte, soos met weerlig of in motorenjins.
Wat in 'n weerligstraal gebeur as die temperatuur 30 000oC
bereik, is dat die stikstof en die
suurstof wel verbind en 'n gas vorm, wat weer met die water in
die lug verbind en as "ligte sure"
op die grond neersak.
Hierdie natuurlike sure reageer met bestanddele op die
grondoppervlak en vorm stikstof-
houdende stowwe wat wel deur die plante opgeneem kan word."
-
Bladsy 3 Derde uitgawe - 2014
NEIGINGS IN BONSAI WÊRELDWYD - deur Dr Pieter Loubser.
Hiernaas volg die tweede gedeelte van die rubriek. Die eerste
deel was in die vorige uitgawe van Koeda: Kom ons kyk nou na fotos
en probeer daaruit iets wys word. Die VSA: Yuji Yoshimura het in
die VSA ‘n basis vir bonsai gelê (en nie net hy nie, maar hy staan
uit as een van die eerste garde). Ek dink dat dit ‘n
oorvereenvoudiging is van wat plaasgevind het, maar jare later het
persone soos Ben Oki en John Yoshio Naka, om net twee te noem, ‘n
kern van Japanese invloed in Amerikaanse bonsai gevestig. Meer
modern ontwerpers soos Valavanis ea. volg in hul spore en meeste
het Japan besoek vir basiese onderleg. Daar is pragtige
bonsai-materiaal beskikbaar in die natuur in Amerika en ‘n
voorbeeld van wat daar uitgegrawe is, volg hieronder. Die boom
daarnaas is uit Japan. Merk die ooreenkoms met Kunio Kubayashi s’n
(die tweede boom) en geniet ook sy Den daarna. En regs is die
uiters-bekende groep van John Naka.
-
Bladsy 4 Derde uitgawe - 2014
NEIGINGS IN BONSAI WÊRELDWYD - deur Dr Pieter Loubser.
Uit die VSA: Links ‘n Juniperus chinensis foemina (ABSwebwerf)
en regs ‘n Tsuga mertensiana (ABSwebwerf). Meer ontspanne? Minder
rigied? Ook hieronder. Nie die tipe boom wat jy in Suid-Afrika of
Suid-Amerika sou verwag nie.
Europa. Verstommende materiaal soos hieronder getoon. Esdoring
links en Walter Pall s’n regs. Herinner aan Japan, of hoe? Of meer
informeel soos in die VSA?
Links: Kevin Wilson en Richard Chambers besig met ‘n groot
Olien. (Europa) en regs een van Angel Mota se olienbonsai in Spanje
(Eiland Majorca).
-
Bladsy 5 Derde uitgawe - 2014
NEIGINGS IN BONSAI WÊRELDWYD - deur Dr Pieter Loubser.
Kom ons kyk na bome uit Fillipynse eilande, Thailand, Maleisië,
Indonesië: Die fotos hieronder wat die verstommende material
vandaar vertoon, laat jou sprakeloos. Hierdie mense woon op
duisende eilande in die oseaan versprei asook in Indo-China. Hulle
gebruik uiteraard tropiese en sub-tropiese bome.
China: Dis uiters moeilik om te sê wat anders is aan Chinese
bonsai. Miskien is dit die klem op die stam eerder as die geheel
aangesien ons nou selde die ouer vreemde style sien wat byvoorbeeld
drake voorstel. Die loof op die takke is dikwels ongeorganiseerd en
in kleiner “wolke”. Hieronder volg ‘n klompie Chinese bonsai in die
Chinese afdeling van die versameling in die VSA Arboretum.
Links is Ulmus parvifolia en regs en verder regs is Sageretia
thea. Danksy Peter Krebs kan ons ook na die volgende Chinese bonsai
kyk. Let op die houers en stambasisse, die beeldjie en blaarkrone
met baie losse, bykans deurmekaar, groepering!
-
Bladsy 6 Derde uitgawe - 2014
NEIGINGS IN BONSAI WÊRELDWYD - deur Dr Pieter Loubser.
Suid-Amerika: Moet nie ‘n fout maak om te dink die Argentyne,
Braziliane, Chilene, en mense verder Noord in Venezuela en Ecuador,
weet nie van bonsai nie. Ek weet nie wie die bonsai-entoesias
hieronder is nie, maar sy boom lyk indrukwekkend. Die ander bome
kom uit Argentinië. Dit lyk na vye op die grond in bakke, maar
fantastiese goed. Skielik is ek jaloers! En die twee fotos daarna
gee hoendervleis.
Die twee bonsai hierbo behoort aan Andreas Bicoca van Mendoza in
Argentinië. En dan kan jy maar weet dat daar verstommende bonsai
elders in Suid-Amerika is.
-
Bladsy 7 Derde uitgawe - 2014
NEIGINGS IN BONSAI WÊRELDWYD - deur Dr Pieter Loubser.
Indië:
Ek het doelbewus fotos gekies met opvallend Indiese persone
daarby, want dis moeilik om te sê of In-diese bonsai veel verskil
van veral die bome in Indo-China. Bonsai in Indië geskied op
redelike groot skaal. Elders: Daar is pragtige bome in
Sentraal-Asië, Rusland, Australië. Dit is egter so dat ons eers
onlangs van hul kuns begin sien. En tog…..
Die fotos hierbo kom vanaf ‘n uitstalling in Suzdal, ‘n klein
dorpie ongeveer 200km Oos van Moskou, Rusland. Lyk vir my baie soos
hoe ons dit doen en hieronder is werk van Václav Novák uit die
Tsjeg-giese Republiek. U sal hom onthou van demonstrasies in
Pretoria ‘n paar jaar gelede. Is dit dalk klassiek Japanees van
aard? Of is die Japanese manier ingewortel in alle bonsai in die
wêreld?
-
Bladsy 8 Derde uitgawe - 2014
NEIGINGS IN BONSAI WÊRELDWYD - deur Dr Pieter Loubser.
Australië: Kyk na die volgende Ficus rubiginosa en Callistemon.
Ek kan my nie herinner dat ek al Callistemon (Bottelborsel) as
bonsai gesien het nie.
Ek kry die indruk dat die kwekers in Australië ook hard probeer
om hul “eie” spesies te gebruik en hoe-wel hulle die reëls uit
Japan verstaan, is hulle meer ontspanne oor die implimentering
daarvan en skep baie mooi bonsai op hul eie manier.
-
Bladsy 9 Derde uitgawe - 2014
NEIGINGS IN BONSAI WÊRELDWYD - deur Dr Pieter Loubser.
Afrika: Hieronder bonsai van Charles Ceronio, Theuns Roos en
Carl Morrow. Oordeel en vergelyk self.
Ek salueer bonsai en geniet die omvang, variasie en briljantheid
in hierdie kunsvorm elke dag. Groete tot ‘n volgende keer.
Pieter LoubserPieter LoubserPieter LoubserPieter Loubser
I believe that the job of transforming a tree-shaped
plant, whether big or small, into a bonsai must be
carried out in three basic stages: Repo(ng and root
manipula�on, branch selec�on and thinning out, then
wiring and styling. Not everyone does this, but I
believe it is important to separate the jobs so that the
tree has �me to recuperate a*er each stage.
Otherwise we could promote the tree’s death. -
Alphonso J Aparicio.
-
Bladsy 10 Derde uitgawe - 2014
Nuwe Talent Kompetisie.
Gedurende die vergadering van 10 Mei het lede met minder as tien
jaar ondervindig in die beoefe-ning van bonsai aan die Kai se Nuwe
Talent Kom-petisie deelgeneem. Die wenner en naaswenner gaan die
Pretoria Bonsai Kai by die eerskomende BRAT byeenkoms
verteenwoordig. By die BRAT byeenkoms word al die klubs/kai’s van
die streek verteenwoordig. Ons was baie bevoorreg, en dankbaar, dat
vyf van ons lede aan die kompetisie deelgeneem het. Hulle was Duvan
Horn, Francois van As, Johan van Zyl, Cory Meerholtz en Gerhard
Derks. Die bome wat gestyl moes word was almal “Juniperus
Procumbens Nana”. Al die bome was naastenby van dieselfde gehalte
en grootte. Die deelnemers het aan die bome gewerk terwyl die
vergadering aan die gang was en is ongeveer drie uur gegee om die
boom te styl. Daar was nie verwag dat die boom in ’n bonsai bak
geplant word nie. Nadat die vyf lede hulle stylering voltooi het is
die bome deur Johan Els, Org Exley en Pieter de Plessis beoordeel.
Daar is onder andere gekyk na aspekte soos: ontwerp, balans,
natuurlike voorkoms, bedrading, snoei werk en oorspronk-likheid.
Die keuse van die beoordelaars vir die wenboom het gegaan aan Duvan
Horn met tweede plek aan Francois van As en derde plek aan Gerhard
Derks. Al die bome was van hoë gehalte en die lede kan trots wees
op hulself. Die fotos van die gestyleerde bome kan natuurlik nie
werklik wys hoe die boom gelyk het nie maar gee darem ’n idee.
♣
Vervolg op bl 11
Bo: Johan van Zyl. Onder: Duvan Horn.
-
Bladsy 11 Derde uitgawe - 2014
Nuwe Talent Kompetisie.
Vervolg op bl 12
Bo: Francois van As. Onder: Gerhard Derks.
Bo: Cory Meerholtz.
-
Bladsy 12 Derde uitgawe - 2014
Nuwe Talent Kompetisie.
Bo: Die beoordelaars hard aan die dink. Bo: Duvan se wen
boom.
“There are those who will aspire to
greatness because it is in their bones,
but there are others who will reach the
same place because it is in their bones
to work hard to get there. For one the
talent is manifest in the ease with
which they create art or what ever they
strive for. For others the talent is mani-
fest in the willingness to work, study
and try hard in an effort to attain the
same goal.” - Vance Wood
-
Bladsy 13 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 10 Mei 2014
Oom Edwin het ‘tips’ gegee oor wat hy doen met sy bome met die
aanbreek van winter. Hy haal al die bedrading van sy bome af, deur
dit af te knip met ’n ‘side cutter’. Dan haal hy alle los bas van
die stam en takke af. Hy ge-bruik ’n sagte draad borsel. Hy krap
ook in holtes met iets soos ’n so-satie stokkie. Die rede is om
alle goggas te verwyder. Hy bekyk selfs die boom met ’n
vergrootglas sodat hy geen goggas mis nie. Verder borsel hy alle
los ‘grond’ en klippies van die oppervlak af so-dat daar geen
goggas daar skuil nie. Hy lig die bome op om onder die bakke te
inspekteur vir doplose slakke en om te kyk of die bak se
dreinerings gaatjies oop is. Oom Edwin gebruik somtyds ’n vogmeter
deur die winter om seker te maak dat daar wel bietjie vog in die
groeimengsel is en die boom nie te droog is nie. Dan gebruik hy ook
die stiller tyd deur die winter om sy bakke mooi skoon te maak. En
een van die belangrikste dinge om te doen is om sensitiewe bome te
stoor waar hulle nie ryp kan kry nie. Oom Edwin het ook die
onderste resepte gegee: ORGANIESE GIF
20 “Chillies”
2 Groot Knoffel huisies
± 1 Koppie kookwater
“Liquidise” alles saam. Ruik daaraan. As dit nie genoeg s�nk nie
mikrogolf dit ’n rukkie totdat dit goed
s�nk!
Gooi deur ’n sif en spuit plante met vloeistof. Dit werk vir
luise, torre en alles!
Gooi ook die “mooch” op plante.
Werk veral goed vir wurms op Clivias. Gooi die “mooch” op die
bol – die bol neem dit op en siedaar, nooit
weer wurms – doen dit elke Oktober 1 keer per jaar.
RAAD TEEN SLAKKE
Komkommer in foeliebakkies – nie gewone foelie nie, moet die
foeliebakkies wees!
Vervolg op bl 14
“Tip of the month” - deur Edwin Morgenrood
-
Bladsy 14 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 10 Mei 2014
TUIN “COCKTAIL” VIR SLAKKE
6 Koppies Bounceback
10 lit water
Meng bostaande en laat vir 3 dae staan. Roer elke paar uur deur.
Na
3 dae gooi 1 koppie op 10 lit water en gooi op die voete van
enige
soort plant.
Dit roei nie net slake uit nie, dit is ook goeie
plantvoedsel.
KOMPOS VIR TUINE
2 sakke kompos of 1 sak kompos en 1 sak suurkompos (Earth to
Earth)
5 koppies erdwurm kompos (Fer�lis) (om grond te “detox”)
5 koppies Vita bone (Talborne) (beter as beenmeel – bevat Boron
en fosfate – 12 spoorelemente)
Meng baie goed saam.
Voeg 2 koppies Engelse sout by en meng.
Strooi 1 koppie van mengsel om plant ’n entjie weg van die stam
en werk liggies in, so 10 cm. Moenie
omspit nie, werk net liggies in.
VIR GRASPERKE
Voeg 6 koppies Seamongas by mengsel en strooi oor grasperk.
Indien jy sukkel om bogenoemde bestanddele te kry gaan kyk by
MARCO FLORA in Baardstraat.
“Tip of the month” - deur Edwin Morgenrood
-
Bladsy 15 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 10 Mei 2014
Johan Els het gepraat oor rankers vir bonsai. Hy het ’n hele
klomp rankers genoem, en hoe om hulle te hanteer, wat geskik is vir
bonsai. Hy het ook voorbeelde gewys van ’n paar spesies. Daarna het
Johan ’n ‘Ivy’ gebruik in ’n demonstrasie waarin hy die Ivy saam
met ’n dooie stuk hout gestyl het. Johan het ook ’n ’Ficus Pumila”
op ’n rots geplant. Johan het breedvoerige detail gestuur van die ‘
Wisteria, Bougainvilla, Ficus Pumila, Boston Ivy, Star Jas-mine’ en
Druif vir bonsai. As gevolg van spasie in hierdie uitgawe sal slegs
een van die spesies se detail geplaas word en die ander in volgende
uitgawes.
Vervolg op bl 16
-
Bladsy 16 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 10 Mei 2014
IVY BONSAI
How to Care for an Ivy Bonsai An ivy bonsai plant takes more
care than ivy normally would. Watering the plant at specific
intervals and restrained amounts is required to coax ivy into
developing a more woody trunk. Ivy is normally allowed to spread,
which encourages its vine tendencies. Creating an ivy bonsai means
training the usually spreading ivy to the size and shape you
desire. Ivy bonsai can be grown indoors or outdoors, however they
prefer partial shade if outdoors. Bonsai trees are known for their
small size and distinctive shape, which is ac-quired through
pruning and wiring.
Instructions 1 Water regularly. Take care to prevent the soil
from becoming too dry or staying too wet. Either of
those extremes are not ideal. In the helix ivy species,
reduction in watering can help reduce leaves. 2 Feed it every two
weeks using either ivy plant food or half of a dose of regular
plant food. 3 Prune the new shoots back to the first one or two
leaves near the trunk. This will work to strength-
en the trunk because the ivy won't have to put out energy to the
new growth.
Continue on pg 17
-
Bladsy 17 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 10 Mei 2014
4 Use wire to guide the ivy. While it doesn't work to create an
upright plant, which is characteristic of typical bonsai trees, you
can train the ivy to go where you want it to. This allows you to
create a dis-tinctive shape.
5 Re-pot the ivy every two or three years in the spring. Be sure
to use fresh soil that is high in-organic
matter and drains well.
VIRGINIA CREEPER OR BOSTON IVY BONSAI Parthenocissus is a genus
of about 10 species of deciduous tendril climbers found in the
forests of the Himalayas,E. Asia and North America. Most commonly
they cling by tiny disc-like suckers on the end of their tendrils.
They are fully hardy and can be grown in sun or partial shade.
Species suitable for bonsai All species of Parthenocissus are
suitable for use as bonsai, most commonly seen are; Parthenocissus
tricuspidata /Boston Ivy. The Boston Ivy is set apart from the rest
of the genus by virtue of having 3-lobed leaves as opposed to the
com-monly seen 5-lobes. Very vigorous, the Boston Ivy can grow to
over 20 metres. Its leaves up to 20cm in length are a bright green
through the year turning to a brilliant red/purple in Autumn.
Native to China, Korea and Japan where it is referred to as the
Japanese Ivy. Parthenocissus thomsonii As the Boston Ivy but with
5-lobed leaves up to 10cm in length.
Continue on pg 18
-
Bladsy 18 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 10 Mei 2014
Bonsai cultivation notes; Position Full sun but shade in strong
midday light. Feeding Every two weeks; if the plant does not
receive enough fertiliser the leaves tend to drop before they
change colour. Repotting Every second year though vigorous
specimens may require annual repotting. Pruning Prune back hard in
the autumn after leaf-drop; continual pruning of new growth,
tendrils and damaged leaves required through the spring and summer.
Propagation Very easy at any time from cuttings and layering. Pests
and diseases Relatively trouble free though caterpillars can cause
unsightly damage to leaves. Styles Semi-cascade, cascade,
root-over-rock, clump styles in medium to large sizes. Other notes
Parthenocissus are very soft-wooded so exposed deadwood can rot
very quickly unless pro-tected or removed. Warning : Parthenocissus
tricuspidata/Virginia Creeper can cause severe allergic reactions
in some people as it contains 'Oxalate crystals', a known skin
allergen. Repeated exposure to such plant species can cause
sensitisation in some people and lead to 'allergic dermatitis' when
in contact with P.tricuspidata/Virginia Creeper. In this sense it
can have a similar effect on some people to 'Poison Ivy'. ♣
-
Bladsy 19 Derde uitgawe - 2014
BRAT vergadering van 31 Mei 2014
Die BRAT (Bonsai Regional Association of Transvaal) vergadering
is aangebied deur Far West Bonsai Kai. Met die aankoms was dit al
duidelik dat dit ’n aangename dag sou wees met die bediening van
koffie en heerlike varsgebakte brood en konfyt. Nadat Kathy Steyn
almal namens Far West welkom geheet het het Org Exley die BRAT
‘AGM’ (vinning) hanteer. Die verkose BRAT kommittee vir die komende
jaar is: Org Exley (Pretoria Bonsai Kai) - President, Tony Mortimer
(East Rand Bonsai Society) –Visie President, Dave Wilson (Eastern
Bonsai Society) –Tesourier, Deon Kotze (Far West Bonsai Kai) -
Sosiale media en Jaco Kriek (Pretoria Bonsai Kai) - Sekretaris. Die
nuwe talent kompetiese het ook sommer afgeskop. Pretoria is
verteenwoordig (alweer) deur Duvan Horn. Duvan het hom baie goed
van sy taak gekwyt en ’n baie mooi boom geskep. Ongelukkig was hy
nie onder die eerste drie plekke nie. Org het genoem dat die
standard van bome wat gestyl is een van die bestes nog ooit was.
Onder, en op die volgende bladsy, is fotos van die ses persone wat
deelgeneem het. Die fotos wys die boom voor en na stylering.
Mar�n Rademeyer, East Rand Fred Oudmayer, Easterns Duvan Horn ,
Pretoria
-
Bladsy 20 Derde uitgawe - 2014
BRAT vergadering van 31 Mei 2014
Hannes Fritz het ’n uitstekende demonstrasie gedoen op ’n Wilde
Olien. Hy het die boom in Natal in die Greytown omgewing
uitgegrawe. Die boom was afgekap en die hout gebruik om meubels te
maak. Daarna het die boom weer uitgeloop en Hannes het sy
potensiaal raakgesien aangesien hy baie mooi dooie hout het. Hannes
het spesiaal vir hierdie boom ’n bak met sement gemaak. Sien fotos
op volgende bladsy.
Above: James Cane, Far West Bonsai Kai came
second with a beau�ful windswept tree. The photo
of his tree before styling disappeared.
Above: Shaundre Craukamp,
Eastern Bonsai Society came
third.
Above: Wayne Viljoen, Midway Bonsai Society was
awarded a very worthy first place.
-
Bladsy 21 Derde uitgawe - 2014
BRAT vergadering van 31 Mei 2014
Bo: Hannes Fritz en die Olienhout voor stilering, die spesiale
bak en die boom na stilering.
Above: Erich Walters created a very crea�ve landscape.
Right: Sue Belcher took us through
some steps on drawing your tree.
She drew this tree belonging to
Kathy Steyn.
Far le* and le*: Kathy Steyn
showed some progress of a
Wild Olive of hers. And the
end product she hopes for in
the future. The drawing was
done by Sue Belcher.
-
Bladsy 22 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 7 Junie 2014
Pieter het baie raadsame ‘tips’ gegee oor basiese gereedskap wat
ge-bruik kan word vir bonsai. Die eerste wat Pieter sê is om te
onthou dat goedkoop koop is duur koop. As jy die heel goedkoopste
gereedskap koop gaan dit nie lank neem voordat hulle gedaan is en
jy weer moet koop nie. Die eerste handige stuk gereedskap om te
gebruik is ’n saag. Maar nie jou gewone saag nie, daar is ’n baie
handige toevou saag wat se tande na agter is en wat dus met ’n trek
aksie saag in plaas van ’n stoot aksie. Dan is ’n doodgewone tuin
snoeiskêr ook handig en bruikbaar. Maak seker dat die handvatsel
nie te wyd oopmaak nie anders is dit moeilik om ’n stewige greep te
kry en kan jy nie krag toepas nie. Indien jy een kan kry met ’n
“ratchet” aksie is dit nog beter. Vir algemene ligte snoei kan ’n
doodgewone skerp skertjie, wat omtrent R40 kos, gebruik word.
Wanneer hy stomp is gooi hom weg en koop ’n nuwe. ’n Skêr spesiaal
vervaardig vir bonsai snoei het ’n lekker dun en lang voorste deel.
Hy is handig vir fynwerk en om binne in takke te kom. ’n “Branch
cutter” sny ’n tak af met ’n holte na die stam. Dit help dat die
kambium toe groei en die letsel nie gesien word nie. In die plek
van ’n “branch cutter” kan jy met ’n gewone snoeiskêr afsny en dan
met ’n “Stanly blade” ’n holte maak. Om draad af te sny (as jy nie
wil afdraai nie) kan jy in die plek van ’n “wire cutter” ’n gewone
“side cut-ter” versigtig gebruik. As jy gebruikte draad weer reguit
wil kry, vat die twee punte met twee tange stewig vas en gee ’n
paar harde uitwaarste plukke. Sie daar, die draad is reguit. ♣
“Tip of the month” - deur Pieter du Plessis
Dr Francois van As het ons geleer hoe om bome te stileer deur
die reke-naar of ons teken kuns te gebruik. Hy het eers ’n baie
leersame voor-stelling gewys, wat uit 86 bladsye bestaan het en
onmoontlik is om hier te wys. Daarna het ’n paar lede wat bome
gevat het prakties geoefen wat Francois ons geleer het. Op die
volgende bladsye verduidelik Francois wat gedoen moet word om ’n
boom te beplan en wys hoe hy een van sy bome met die rekenaar
gestyl het. Daarna word ’n paar pogings van die lede gewys.
-
Bladsy 23 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 7 Junie 2014
Gebruik fotos om sketse te genereer 1.1.1.1. Voorbereiding van
die boomVoorbereiding van die boomVoorbereiding van die
boomVoorbereiding van die boom � Maak boom leesbaar, moet volgende
toon Nebari (oppervlak wortels); Stam;
Begin van takke.
� Snoei nuwe groei op stam en maak basis van takke skoon.
Indien
blare stam verberg – draai repe lap om blare sodat stam sigbaar
is
2.2.2.2. Neem foto van die boomNeem foto van die boomNeem foto
van die boomNeem foto van die boom
� Verkieslik in skadu (nie in skerp sonlig nie)
� Gebruik wit agtergrond sodat vorm van boom kan uitstaan
� Neem aantal fotos van moontlike voorkante, nutteloos om uit
al
vier hoeke fotos te neem, kyk veral na �Wye nebari
�Beweging in stam
�Goeie afdunning (taper)
�Teenwoordigheid van ‘n prominente eerst tak (regs of links)
Voorbeeld van Francois se boom:
Neem foto van die boom
-
Bladsy 24 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 7 Junie 2014
3.3.3.3. Natrek van fotoNatrek van fotoNatrek van fotoNatrek van
foto
� Plaas vel dun natrekpapier oor die foto en trek die buitelyne
van die
nebari, stam en takke na.
� Stel verskillende moontlikhede voor, byvoorbeeld: �Sny die
stam goed terug, gebruik ‘n sytak om ‘n nuwe kroon (apex) te
vorm, skep sodoende ‘n meer kompakte boom
�Kies die onbruikbare takke of lang takke met geen vertakking
naby die stam
nie en verwyder denkbeeldig
�Kies die eerste drie takke, hou perspektief en die oop spasies
in gedagte
�Werk eers net met nebari, stam en hooftakke
Natrek van foto
4.4.4.4. Plasing van die stam en takkePlasing van die stam en
takkePlasing van die stam en takkePlasing van die stam en takke
� Plaas natrekpapier op vel wit papier
� Kantel na regs en na links
� Indien bevredigende posisie gevind het, plak natrekpapier op
vel
witpapier en trek horisontale lyn aan onderkant van stam om
bo
kant van pot voor te stel
� Voltooi die buitelyne van die pot – ‘n reghoek sal doen
(lengte van
pot = 2/3 hoogte van boom, diepte van pot = wydte van basis
van stam)
� Op nuwe vel natrekpapier verstel die kroon van die boom
asook
die orientasie van die takke
-
Bladsy 25 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 7 Junie 2014
Plasing van die stam en takke
5.5.5.5. Voorstelling van die loof (blare)Voorstelling van die
loof (blare)Voorstelling van die loof (blare)Voorstelling van die
loof (blare)
� In die vorm van ‘n driehoek
� Plasing van kroon (apex)
� Die eerste tak (regs of links)
� Die tweede tak (links of regs)
� Trek die denkbeeldige as van die stam met die kroon aan die
bokant
� Voltooi driehoek deur kroon te verbindmet eindpunt van eerste
tak
en eindpunt van tweede tak
� Trek buitelyne van vlakke wat loof voorstel
-
Bladsy 26 Derde uitgawe - 2014
Vergadering van 7 Junie 2014
Bo van links: Rolf Wuest se boom, sy tekening en Rolf het nie op
hom laat wag nie en sy boom gesnoei.
Links: Martin Kruger se boom en sy tekening van sy toekoms
plan.
Regs: Jeanette de Beer se boom en haar tekening.
Links: Jaco se boom en sy toekomstige plan daarmee.
-
Bladsy 27 Derde uitgawe - 2014
Snippets
Inspirasie uit die natuur
Hier is twee prag�ge voorbeelde
van bome wat in die natuur omval
en dan aanhou lewe en groei. Is dit
ons inspirasie vir die ‘Ra*’ styl in
bonsai?
Die foto links is deur Louis van der
Walt geneem op die Nauklu*
staproete in Namibia. Louis sê dit is
’n "Meelsakboom", ook genoem
Sprokiesboom (Moringa ovalifolia).
Die foto links is deur Francois van
As geneem. Dit is 'n Kremetart
(Baobab) wat hy Oktober 2013 net
buite die Mopanieruskamp in die
Kruger Park geneem het.
Our Environment.
A power sta�on is an industrial facility for the genera-
�on of electric power. At the centre of nearly all
power sta�ons is a generator, a rota�ng machine that
converts mechanical power into electrical power. The
energy source to turn the generators in South Africa’s
power sta�ons is to burn coal. Coal causes a great deal
of pollu#on. We must therefore try to use as liOle
electricity as possible to help fight pollu�on.
When you cook on a stove plate, use the right size plate for the
size pot - ensuring
that the pot or pan completely covers the stove plate. This
prevents heat and
energy being wasted.
-
Bladsy 28 Derde uitgawe - 2014
Die Naakte Waarheid —deur Dr Pieter Loubser
Vervolg op bl 29
Die Naakte Waarheid
Dis nou (April/Mei) daardie tyd van die jaar waartydens ons
mooi begin sien hoe sommige bonsai sonder hul “klere” lyk.
Die “naakte waarheid” word ontbloot, bykans soos ‘n
advokaat jou storie in die hof uitmekaar trek om uit te vind
wat werklik aan die gang is, of was. Dis nie ‘n slegte storie
nie
omdat hierdie tyd van die jaar een is wat ek baie geniet
juis
omdat ek die prag van die bonsai se stamme en takke nou kan
geniet. Die bome se klere is uitgetrek en ons kan kyk hoe
hulle sonder fieterjasies lyk.
Kom ons speel net eers ‘n bietjie en bewonder die twee fotos
hieronder. Ek weet nie wie vir wie
nageboots het nie.
Die regter een is ‘n Cel�s formosa uit Taiwan en links is
waarskynlik ge-“fotoshop” en ek weet nie waar
ek dit gekry het nie. Tog ‘n ooreenkoms nê! Oor fotos die
volgende: Ek wys in hierdie ar�kel die bome
in groter formaat sodat jy juis die stamme en takke beter kan
sien. Minder praat, meer sien! Ek wil
nie soos die gesegde meld, “praat soos ‘n waterval” nie.
-
Bladsy 29 Derde uitgawe - 2014
Die Naakte Waarheid —deur Dr Pieter Loubser
Vervolg op bl 30
Die blaarlose bonsai toon in die eerste plek sulke prag�ge
stamme en soos die verstommende werk
van Lo Min Hsuan hierbo, is dit nie Jan Alleman beskore om ooit
so-iets te ontwikkel nie. Dit is
waarskynlik ‘n erfstuk en alreeds baie jare onder die
snoeimes.
Blaarloosheid bring mee dat ons binne-in die boom kan kyk, na
die hart daarvan. Ek het vanoggend
(20 April) die bonsai (penjing?) hieronder op die internet by
BonsaiBark gesien. Is dit nie verstommend
nie? Ek wil sommer ophou met my bome en net een so ’n prag�ge
kunswerk skep. Dalk is dit hoekom
ek dink aan wat Publius Syrus se raad uit Rome reeds uit een eeu
VHE was, naamlik “uit die foute van
ander korrigeer ‘n wyse man sy eie”. Dis nie plagiaat nie. Jy
besef net hoe jy self fouteer en tog streef
na die goeie. Die Prussiese staatsman OOo von Bismarck het dit
beaam met “slegs ‘n gek leer uit sy eie
foute, ‘n wyse persoon uit die foute van ander”. En terwyl ons
dan die onderwerp aanroer voer Picasso
hierteenoor aan dat “slegte kunstenaars naboots. Goeie
kunstenaars steel!”. En Jimmy Hendrix vind
dit pre(g as hy sê dat “ hy al so goed nageboots is dat hy
gehoor het dat mense sy foute naboots”.
Nou wie moet ons glo as ons mooi bonsai wil s�leer?
Ek gaan nie, en kan nie, jong boompies wys nie. En ek gee dus
die een leidraad, naamlik: die sleutel tot
die prag�ge effek is ouderdom! Die kwinke en kwale word in
hierdie stam(me) uitgebeeld en dit is
tans, noudat die boom oorleef het, iets mooi. Dalk kan ek
Nietzsche gebruik om dit uit te beeld
wanneer hy sê dat ”om te lewe is om te ly, om te oorleef is om
een of ander betekenis te vind in die
lyding”.
Die prag�ge boom hierbo gewys, het baie karakter in die stamme
weens skade wat aan die stamme
berokken is. Ons weet nie hoe dit gekom het om te wees wat dit
is nie, of selfs die skepper daarvan dit
oor jare heen beskadig het in die soeke na ‘n mooi effek nie. Ek
dink nie so nie. Dit is egter ‘n raaisel.
En dan dink ek aan hierdie aanhaling van onbekende oorsprong:
”Die mooiste ondervinding wat ons
kan beleef, is die misterieuse – die grondliggende emosie wat by
die geboorteplek van ware kuns en
wetenskap staan”. Dis die storie van die bonsai en ons beleef
dit ten beste in die winter, sonder
bekleding, sonder juweliersware, rou, ontbloot en nie sku nie.
Dalk selfs trots en uitdagend. Die
winterstorie!
-
Bladsy 30 Derde uitgawe - 2014
Die Naakte Waarheid —deur Dr Pieter Loubser
Vervolg op bl 31
Teenoor die verwronge en geliOekende bome kan sommige stamme
prag�g ongeskonde wees en die
kyker daardeur beïndruk. Die Cel"s sinensis hieronder is ‘n mooi
voorbeeld. ‘n Rus�ge wintertoneel.
Ons moet natuurlik toegee dat om hierdie bome teen ‘n donker
agtergrond af te neem, die stamme en
takke veel beter vertoon, maar ook nie toelaat vir wegsteek nie.
Daarboonop is ‘n foto twee-
dimensioneel en die aantal takke lyk meer as wat dit in
werklikheid is. Die waarheid maak soms seer
en ons moet dit onthou. Philip K Dick sê gelukkig en ook
waarskuwend dat “die werklikheid dit is wat,
wanneer jy ophou om daarin te glo, nie weggaan nie”. Picasso het
gesê dat “fotograwe, net soos
tandartse, die twee beroepe is wat nooit tevrede is met wat
hulle doen nie. Elke tandarts wou ‘n
dokter wees en binne elke fotograaf is ‘n skilder wat uit wil
klim”. Ek kan nie dink dat ‘n skilder die
betrokke bonsai beter sou uitbeeld nie. Miskien anders, maar nie
so na aan werklik nie. Ek is ‘n
tandarts en gelukkig steur ek my nie veel aan wat Picasso oor my
beroep te sê het nie. Ek het wel al
gewonder hoe bonsai sou gelyk het as ons sy voorbeeld van
skilder gevolg het. Ek dink dat selfs
Litera�-aanhangers sou s�k in hul drankies.
Natuurlik is dit makliker om die groter bome meer takke te gee.
Jy het net meer materiaal, ruimte en
lengte. Mario Komsta se mame Hagebeuk (Carpinus) hieronder wys
ons egter dat selfs met klein
boompies die winterbeeld verstommend mooi kan wees. Soos in die
geval van die groter bome, is hier
gebou om ‘n ouer en dikker stam wat reeds karakter het. Ek lê
klem op die “begin met mooi stam”.
Wanneer jy bonsaimateriaal gaan uitgrawe of selfs by ‘n kwekery
in ‘n plas�ese sak koop, soek vir ‘n
stam wat jy kan gebruik! Ongelukkig is die takke se voorkoms ook
van belang en dit moet dieselfde
karakter as die stam vertoon. Dit is baie moeilik, omdat hulle
later “bygevoeg” word en gevolglik
jonger lyk. Groei en knip. Soek uit, sny af. Herhaal.
Offertakke, ontblaring, uitknip van groeipunte en
geduld is nodig.
-
Bladsy 31 Derde uitgawe - 2014
Die Naakte Waarheid —deur Dr Pieter Loubser
Vervolg op bl 32
Nou ja, ek is saam met Oscar Wilde “nie jonk genoeg om alles te
weet nie” en so van sprokies gepraat
en dalk dwergies, kabouters en feetjies, verbeel jou net hoe
hulle tuis sal wees in die holte tussen die
esdoring se stam en die klip, of s�lletjies in die nag sal
skarrel onder die boom of in die takke soos die
pragstuk van Andreas Bicoca (Argen�nië) s’n hieronder!
John Lennon het gesê: ”Tel jou ouderdom deur vriende, nie jare.
Tel jou lewe deur glimlagte, nie
trane”. Ek dink wel dat my bonsai my vriende is. Ek kuier tussen
hulle en gesels met hulle. En hulle
reageer met hul stories en lewens.
Andreas het ‘n ouerige stam gebruik en die karakter prag�g
gevorm deur die skep van baie dooie hout.
Dit hoort ook in die rotsholte, want dis die plek waar sulke
skade en oorlewing kan plaasvind. Ek het
hierbo gevra dat jy sal let op die keuse van houers. Kyk na die
wortels wat vashou aan die klip en fyner
takke, maar nie baie nie om die stryd om oorlewing uit te beeld.
Kuns! Pablo Picasso gee raad met
“alles wat jy jou kan verbeel, is werklik” en ook “elke kind is
‘n kunstenaar. Die probleem is hoe om ‘n
kunstenaar te bly wanneer jy volwasse word”! Tom Robbins dink
“dis nooit te laat om blye kinderjare
te hê nie”.
-
Bladsy 32 Derde uitgawe - 2014
Die Naakte Waarheid —deur Dr Pieter Loubser
En links onder ‘n Kokufu wenner. Ek raai dis ook ‘n esdoring.
Wat beïndruk meeste? Die stambasis?
Let op die geringe shari links aan die stam en op ‘n tak of
twee! Dis s�lweg deel van die beeld en nie
die hoofimpak nie. Sou die boom kon pas in ‘n ander houer? ‘n
Dieper een dalk, of vierkan�g? En die
kleur? En die mos? Oor mos in die winter het ek al stry gehad,
want sekere dele van die wêreld is dit
juis wanneer mos goed groei. Kyk nou ook na die boom langs die
Kokufuwenner.
Om ‘n kontras met die esdoring aan te bied het ek hierdie
winterbeeld van die treurstyl uitgesoek. Die
takke steek die stam deels weg. Dis soos ‘n bruid se sluier.
Moet nie die prag van die stam miskyk nie.
Let ook op die shari in die stam en sien dat dit anders
aangewend is as op die boom links. Kyk na die
keuse van staander en wonder oor enige ooreenkoms tussen die
pote en die takke. Kuns! En die bak
se kant en die takkrommings nader aan die stam? Kuns!
Harmonie!
Geniet die laaste deel van Herfs en die hele Winter as ‘n
opdrag! En die aanhaling van Daniel J
Boors�n hieronder gaan ek nie vertaal nie.
The courage to imagine the otherwise is our greatest resource,
adding color and
suspense to all our life.
Groete
Pieter LoubserPieter LoubserPieter LoubserPieter Loubser
-
Derde uitgawe - 2014
Bladsy 33
Bonsai Kalender — Deur Dr Francois van As
Wat doen ons in Julie en Augustus
Ons is nou in middel winter en daar gaan nou nie veel aan
nie
behalwe dat ons almal, boompies inkluis, koud kry. Water
moet
matig toegedien word - ons wil slegs die grond klam hou.
Moet
verkieslik nie na sononder natmaak nie. As jy nog nie jou
ge-
reedskap skoon- of skerpgemaak het nie is dit nou die tyd.
Begin ook met die voorbereiding van grondmengsels vir die
oorplant proses. Iets wat ek ook nou doen is om my boompies
te evalueer en aantekeninge te maak in verband met watter
boompies hoe gesnoei moet word, watter boompies herpot moet
word, ens. Aangesien daar
nie baie tyd is wanneer die tyd vir herpotting aanbreek nie, is
dit ook nou ‘n goeie tyd om
solank potte aan te koop of te bestel. Wees ver-
sigtig om gedurende die winter te bedraad
aangesien vinnige lentegroei die draad kan laat
ingroei. Boompies kan laat winter gesnoei word,
maak net seker alle wonde word geseël.
Wat doen ons in Augustus
Aan die einde van die winter of begin lente is dit
tyd om die boompies te pot of herpot. Boompies
wat begin bot moet herpot word voordat blare
ontwikkel. Hou hulle maar fyn dop want sommiges bot vinniger as
ander. Benat net genoeg
om die grond klam te hou, soos wat loof verskyn kan
watertoediening vermeerder word. Wat
voeding aan betref word aanbeveel dat aanvanklike bemesting met
lae stikstof inhoude ge-
bruik word totdat die nuwe blaartjies verhard het. Moet nie
bladwisselende boompies voed
voordat die blare oopgegaan het nie. Die bron wat ek geraadpleeg
het beveel ook aan dat
boompies wat herpot is vir die eerste ses tot agt weke nie
gevoed moet word nie, maak eers
seker dat die boom groei anders kan die nuwe ontwikkelende
wortels beskadig word. Verwy-
der enige bedrading wat deur die winter aan boompies gelaat
is.
Bonsai-groete
FrancoisFrancoisFrancoisFrancois
The individual opinions expressed in this issue are not
necessarily those of the Pretoria Bonsai Kai.