Top Banner
Breederivier Year 17 • 9 April 2013 | Tel. 023 626 5212 Sake ly erg onder R60-sluiting DALEEN FOUCHÉ Die R60 tussen Ashton en Swellendam sal, volgens die departement van ver- voer en openbare werke, voor die einde van April weer oop vir gebruik wees. Die aankondiging is met groot verligting verwelkom deur sakelui in Ashton en langs die R60, wat reeds groot verliese gely het se- dert die pad gesluit is. Die R60 is gesluit in Oktober 2012 toe ’n massiewe gat in die pad ontstaan het as ge- volg van swaar reën. Die departement het oorspronklik beplan dat die herstelwerk aan die R60 teen die ein- de van Februarie voltooi sou wees, maar volgens Al-Ameen Kafaar, woordvoerder van die departement van vervoer en open- bare werke, is die omvang van die projek “onderskat”. Die nuwe datum vir die heropening van die pad is 26 April, maar werk sal tot en met 30 April voortduur. Kafaar sê die massiewe gat, waar meer as 38 100 kubieke meter se inhoud verwyder is ná dit gedestabiliseer is, word nou met grond gevul en gekompakteer. Plaaslike besighede meen die ses maande herstelproses het ’n “massiewe” impak op hul besighede gehad. ’n Ashton-sakepersoon wat anoniem wil bly, meen baie toeriste van Kaapstad, wat gewoonlik deur Ashton op pad na George ry, nou eerder met die N2 na hul bestem- ming reis en sodoende nie meer die dorp se besighede ondersteun nie. Eckard Leichard, eienaar van La Mont- anara op die R60, sê sy verliese sedert die padsluiting is “astronomies”. Hy moes vir die afgelope ses maande, elke maand R20 000 by sy besigheid inbetaal, om die verlies aan inkomste te dek. Hy sê sy besigheid se inkomste is met meer as 60% af sedert die pad gesluit is. Vir Leichard is “die ergste van als” dat die pad gesluit was oor Desember en die Paasnaweek, wat tradisioneel plaaslike be- sighede se beste ekonomiese tyd is. “Ons is nou ’n jaar agteruit gesit.” Die padsluiting het egter nie net ’n impak op plaaslike besighede nie, maar ook op die verkeersvloei van die omgewing. Bonita Malherbe, bemarker vir Van Love- ren, meen verkeer op die R317 tussen Ro- bertson en Bonnievale het heelwat vermeer- der sedert die R60 gesluit is, tog het besoe- kersvoete afgeneem. Malherbe sê daar is veral ’n toename van swaar voertuie. Sy sê verder die Stormsvlei-pad, wat as alterna- tiewe roete vir die R60 gebruik is, het ook heelwat “agteruit” gegaan sedert die R60 tussen Ashton en Swellendam gesluit is. Al-Ameen sê die kontrakteur is hard aan die werk om die pad so gou as moontlik te voltooi. Hy versoek motoriste om steeds die tydeli- ke roetes te volg via die N2 en die R317. Die massiewe gat in die R60 wat in Oktober verlede jaar ná swaar reën ontstaan het. Die R60 nadat meer as 38 100 kubieke meter materiaal uit dié deel van die R60 verwyder is. Die R60 soos dit nou daarna uitsien.
8

Breederivier Gazette 9 April 2013

Mar 17, 2016

Download

Documents

Boland Gazette

Breederivier Gazette 9 April 2013
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Breederivier Gazette 9 April 2013

Breederivier

Year 17 • 9 April 2013 | Tel. 023 626 5212

Sake ly erg onder R60­sluitingDALEEN FOUCHÉ

Die R60 tussen Ashton en Swellendamsal, volgens die departement van ver-voer en openbare werke, voor die eindevan April weer oop vir gebruik wees.

Die aankondiging is met groot verligtingverwelkomdeur sakelui inAshton en langsdie R60, wat reeds groot verliese gely het se-dert die pad gesluit is.Die R60 is gesluit in Oktober 2012 toe ’n

massiewe gat in die pad ontstaan het as ge-volg van swaar reën.Die departement het oorspronklik beplan

dat die herstelwerk aandieR60 teen die ein-de van Februarie voltooi sou wees, maarvolgens Al-Ameen Kafaar, woordvoerdervan die departement van vervoer en open-bare werke, is die omvang van die projek“onderskat”.Die nuwe datum vir die heropening van

die pad is 26 April, maarwerk sal tot enmet30 April voortduur.Kafaar sê diemassiewe gat, waarmeer as

38 100 kubiekemeter se inhoud verwyder isná dit gedestabiliseer is, word nou metgrond gevul en gekompakteer.Plaaslike besighedemeen die sesmaande

herstelproses het ’n “massiewe” impak ophul besighede gehad.’n Ashton-sakepersoon wat anoniem wil

bly, meen baie toeriste van Kaapstad, watgewoonlik deur Ashton op pad na Georgery, nou eerder met die N2 na hul bestem-ming reis en sodoende nie meer die dorpse besighede ondersteun nie.Eckard Leichard, eienaar van La Mont-

anara op die R60, sê sy verliese sedert diepadsluiting is “astronomies”. Hy moes virdieafgelopesesmaande,elkemaandR20 000by sy besigheid inbetaal, om die verlies aaninkomste te dek.Hy sê sy besigheid se inkomste is met

meer as 60% af sedert die pad gesluit is.Vir Leichard is “die ergste van als” dat

die pad gesluit was oor Desember en diePaasnaweek, wat tradisioneel plaaslike be-sighede se beste ekonomiese tyd is. “Ons isnou ’n jaar agteruit gesit.”Die padsluiting het egter nie net ’n impak

op plaaslike besighede nie, maar ook op dieverkeersvloei van die omgewing.BonitaMalherbe,bemarkervirVanLove-

ren, meen verkeer op die R317 tussen Ro-bertsonenBonnievalehetheelwatvermeer-der sedert die R60 gesluit is, tog het besoe-kersvoete afgeneem. Malherbe sê daar is

veral ’n toename van swaar voertuie. Sy sêverder die Stormsvlei-pad, wat as alterna-tiewe roete vir die R60 gebruik is, het ookheelwat “agteruit” gegaan sedert die R60tussen Ashton en Swellendam gesluit is.

Al-Ameen sê die kontrakteur is hard aandie werk om die pad so gou as moontlik tevoltooi.Hyversoekmotoristeomsteedsdietydeli-

ke roetes te volg via die N2 en die R317.

Die massiewe gat in die R60 wat in Oktober verlede jaar ná swaar reën ontstaan het.

Die R60 nadat meer as 38 100 kubieke meter materiaal uit dié deel van die R60 verwyder is. Die R60 soos dit nou daarna uitsien.

Page 2: Breederivier Gazette 9 April 2013

Breederivier Gazette General - Algemeen Dinsdag 9 April 20132

Ontmoet ’n plaaslike sakeman) Wat is jou naam en van?Willie Potgieter) Wat is jou onderneming se naam en waar

is dit geleë?BEDS B’ US is geleë in Piet Retiefstraat, oor-

kant die Route 62-winkelsentrum, op Robert-son.

) Watter soort onderneming is dit?’n Bed- en beddegoed-spesialiteitswinkel.) Wat is jou gunstelingproduk of -diens?Die feit dat ons ’n omvattende produk en uit-

gebreide diens onder een dak lewer, wat nienet ’ngrootverskeidenheidbeddensenmatras-se betref nie, maar ook slaapkamermeubels,soos bedkopstukke, kassies, slaapbanke en fu-tons, insluit. Ons verkoop ook linne, soos la-

kens, dekens, ’n verskeidenheid kussings enmatrasbeskermers. ’n Unieke toevoeging totdie BEDS B’ US-diens is die skoonmaak vangebruikte matrasse met ’n ultravioletstelsel.

) Wanneerenhoehet jy joubesigheidbegin?My dogter (Nadine) het ’n behoefte vir ’n

bed-spesialiteitswinkel geïdentifiseer.Onshetdie eerste BEDS B’ US-konsepwinkel op Her-manus in Maart 2011 begin en die konsep baieuitgebou. Ons het die tweede BEDS B’ US-win-kel in Oktober 2012 op Robertson geopen.

) Waar sien jy jou besigheid oor vyf jaar?Ons visie is beslis om meer as twee BEDS

B’ US-takke te hê.) Wat is jou sakeslagspreuk?“Right bed, right price, right choice.” Willie Potgieter is hier saam met Nadine Potgieter en Reyno Pluhar.

) Geniet ’n heerlike stuk melktert met teeof koffie op die laasteVrydag van elkemaandom10:00 by die Joubert-huis,Montagu.Groe-pe is welkom, maar slegs met ’n besprekingminstens ’n week voor die tyd. Bespreek nouby 023 614 1774.) The next Robertson Farmers’ Market willtake place on Saturday 13 April next to thetourism office in Reitz Street.) Geniet pannekoek en koffie elke eerste Sa-

terdag van die maand by die Museum-markop Robertson. Daar is ook stalletjies waartuisgebak, boeke en snuisterye verkoopword.) Mnr en Mej Hoërskool Robertson vindplaas op 17 April van 18:30 by die skoolsaal.KobusWiese is vanjaar die aanbieder vir dieaand.Kaartjies is tansbeskikbaarbydiekan-toor.) Friendsof theMontaguHospitalTrustwillhost theirAnnualGeneralMeeting (AGM)on25 April at 18:30 for 19:00 at the Bowls Clubin Hospital Street, Montagu.) Send the details of your events toDaleen Fouché via email at [email protected] items is 10:00 on Fridays.

Robertson verwelkomnuwe mediese studenteDALEEN FOUCHÉ

Drie mediese studente van die UniversiteitStellenbosch salvanjaarhulpraktiesejaarby die Robertson Hospitaal voltooi.

Die drie studente wat deel vorm van die uni-versiteit seUkwanda-projek,hetgekiesomhulpraktiese jaar in ’n plattelandse gebied te vol-tooi en nie by die Tygerberg Hospitaal nie.Die Ukwanda Rural Clinical School, ’n pro-

jek van die mediese fakulteit by die Universi-teit Stellenbosch, streef daarna om mediesestudente bloot te stel aan die plattelandse leef-styl,metdiehoopdatmeergekwalifiseerdeme-diese dokters hulle in plattelandse gebiede salvestig.Die drie studente, asook ’n studentwat besig

is met haar meestersgraad in huisartskundeis Dinsdag 2 April tydens ’n geselligheid by ’nwynlosie op die Robertson-skouterrein ver-welkom.Prof.HoffieConradie, direkteur vanUkwan-

da, het die belangrikheid van die programver-duidelik endie studente gekomplimenteermethul besluit omhul praktiese jaar opRobertsontevoltooi.Daar isookstudentewathulpraktie-se jaaropandernabygeleëdorpe, soosSwellen-dam en Worcester, voltooi.Conradie het gesê dat daar ’n groot behoefte

in plattelandse gebiede aan gekwalifiseerdedokters is. Dit is die tweede jaar dat studentehulpraktiese jaaropRobertsonvoltooi.Conra-die sê die terugvoerwat verlede jaar se studen-te verskaf het, is baie positief.RaadslidDavinHull, speaker van die Lange-

berg-munisipaliteit, het die studente verwel-kom en bygevoeg dat die Langeberg “bevoor-reg” is om die studente hier te hê.Die studente het op hul beurt gesê hulle sien

uit na die jaar wat voorlê en voel reeds baiewelkom op Robertson.

Die mediese studente is oud-Robertson-inwoner, MarnusLamprecht, Carine Gagiano, Janke Jansen van Rensburgen Lané Botha wat tans besig is met haar meestersgraadin huisartskunde. FOTO’S: DALEEN FOUCHÉ

Naomi Liebenberg, verpleegdiensbestuurder byRobertsonHospitaal, prof. Hoffie Conradie, direkteur van Ukwanda,ColleenWarrington, persoonlike assistent, Guin Louwrens,bestuurder van die Ukwanda-projek, en Helta Jordaan,studentekoördineerder.

Anya Cloete, persoonlike assistent, Davin Hull, speakervan die Langeberg-munisipaliteit, en kol. John Alexander,stasiebevelvoerder van die Robertson-polisiestasie.

BIELIE VAN ’N PAMPOEN: Gert van Deventer, ’n boer van Montagu, het sy eie rekord vir die swaarstepampoenverbeter. Verlede jaar het hy tydensdie Transvaalse LandbouUnie groot pampoenkompeti-sie, wat jaarliks in Stilbaai gehou word, gewen met ’n pampoen van 366 kg. Vanjaar het hyweereens R6 000 gewen, maar dié jaar het sy pampoen ’n massiewe 402,5 kg geweeg. VanDeventer sê hy sal weer sy pampoene aan die koshuise in Montagu skenk.

Page 3: Breederivier Gazette 9 April 2013

Breederivier GazetteNews - NuusDinsdag 9 April 2013 3

)) Die Ashton-polisie ondervind tans ’nkwaai styging in eiendomsverwante sake sooshuisbrake en diefstalle. Hulle versoek inwo-ners om hul eiendom te beskerm met behulpvanveiligheidshekke, enomdiepolisie inken-nis te stel wanneer hulle nie tuis is nie, sodatgereelde patrollies en besoeke daar uitgevoerkanword.Die polisiewaarskuverder datmen-se nie hul voertuie deur die nag op sypaadjiesof in die pad geparkeermoet los nie.Die polisiemaan inwoners verder omnie duurklere buiteop opsigtelike plekke op te hang nie. Die steelvan koperkrane en sonpanele het veral toege-neem en die Ashton-polisie versoek personeelbyskrootwerweomverdagtemensemetkoper-items onmiddellik bydie polisie te rappor-teer.)) Die Ashton-polisiewaarsku motoriste datdaar strengopgetree salword teen motoristewat jaag en oormatigegeraas maak oor nawe-ke. Die Ashton-polisiemaan motoriste dat diegedrag, wat veral in diehoofpad en in die omge-wing van die Multisaveplaasvind, nie langergeduld sal word nie endat daar streng opge-tree salword teenmoto-riste wat hulle skuldig maak aan dié gedrag.) The Robertson police will hold a communitymeeting (imbizo) on 23April at 19:00 in theRob-ertsonTownHall. Formore information, phonethe station on 023 626 8340.) As from the beginning of April, all liquor li-censees’ trading hours will change accordingtotheWesternCapeLiquorAct.ContactWOAn-nelienvanDeventerat theRobertsonpolicesta-tion on 023 626 8288, WO Sylvester Josephs at

the Ashton police sta-tionon023 615 8120,WOAnnamarie Gunn-Elsat the Montagu policestation on 023 614 8300,WO Pierre Steyn at theBonnievale police sta-tion on 023 616 8060 andWO ChristopherPlaatjieson023 625 8000at the McGregor policestationforinformation.) Residents and busi-ness owners in theRob-ertson CBD area are in-vited to join the CBDstreet committee. Formore information regarding the meeting,phone WO Richard James on 023 626 8340.)) DieB-skofvandieMontagu-polisiehetop13 Maart twee mans in hegtenis geneem virdie besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen

en die onregmatige besit vanammunisie. Die B-skof het ’nverdagtemotor opgemerk engemonitor. Die voertuig metdie tweemans is inBadstraatafgetrek en ondersoek. Nádie twee mans se eerste ver-skyning in die hof is John deBruyn (56) op borgtog vanR4 000 vrygelaat en die hofhet aan Daniël Swanepoel(34) ’n waarskuwing uitge-reik. Albei mans verskyn op18Aprilweer in die plaaslikelanddroshof.)) Op Donderdag 14 Maarthet die Montagu-polisie ’nwoning inBalderjanstraat in

Mandela Square in Montagu deursoek.Konst. Glenten Jansen het ’n blou strooitjieopgemerk wat by ’n pyp in die badkamer uit-steek. Jansen het met ’n draad in die uitlaat-pyp gekrap en daar 26 blou strooitjies, ver-moedelik met tik gevul, uit die pyp gehaal.Polisielede het toe ’n tuinslang van buite afin die pyp gedruk en die pypmet water uitge-spuit. Daar is beslag gelê op ’n groot hoeveel-heid Mandrax-tablette. Jansen het Jacques

Visser (52) en Berilyn Ea-sau (32) in hegtenis ge-neem op ’n aanklag vandwelmhandel. Albeimans het op 2 April in dieplaaslike landdroshof inMontagu verskyn.)) OpMaandag25Maarthetkonst.GlentenJansentydens ’n patrollie inMandela Square ’n ver-dagte voertuig opgemerk.Die voertuig is deursoeken daar is beslag gelê op76 sakke dagga, vyf plas-tieksakke vol dagga, 97heel Mandrax-tablette en

ses halweMandrax-tablette.MasontahaMakhe-tha is in hegtenis geneem vir die besit vandwelmsenhet reeds indieplaaslike landdroshofverskyn.

Konst. Glenten Jansen met die dwelms watgekonfiskeer is.

Die Montagu-polisie se B-skof het op 13 Maarttwee mans in hegtenis geneem vir die onwettigebesit van ’n vuurwapen en ammunisie.

The Robertson police are looking for HermanusMaraisof Montagu. He escaped from the Robertson Magis-trate’s Court on 20 March at 10:50 while awaitingtrial. The police received information that he has familyin Boksburg and Brakpan. Anyone with informationabout his whereabouts can contact Const. MedwinPietersen on 023 626 8340 or 071 320 2373.

Page 4: Breederivier Gazette 9 April 2013

Breederivier Gazette News - Nuus Dinsdag 9 April 20134

McGregor bids a brilliant resident farewellSUENEL HOLLOWAY

On Saturday 23 March, people from everywalk of life, colour and creed gathered to bidfarewell to Valerie Anne Weeden (21 October1932 - 17 March 2013).

Valerie encompassed a range of interestsand integrity of soul that touched many lives.

She grew up in Paarl and valued the ruralidyll of her childhood.

Val led a full life – reporting, travelling,writing short stories and even venturing intoadvertising. She had a health shop and vege-tarian eating place; she wrote plays, and herideas and ventures were mostly ahead of hertime.

Everything she touched became a success.Her play, the Silk Cocoon, won internationalacclaimandwonseveralrewardsascopywrit-

er with top agencies.She foundanoutlet forher talentswhenshe

met Dr JJ Hurtak and began her journey asoneof the pioneers of theAcademy forFutureScience in South Africa.

She bought her little weekend cottage, OldRose, in McGregor in 1976 and in 1989 settledpermanently inMcGregor,whichsheclaimedwas a sufficiently rich and varied microcosmfrom which to study life.

She wrote a further two plays and built upanetworkofcorrespondentsacross theworld.Her argument that the downward trends insociety were due to the lack of dialogue be-tweenscienceandthehumanities,andpredic-tions as to the disastrous consequences of thedenial of this divide amongst those in power,have been sadly proven true in our time.

Her sparkling blue eyes would gleam and

inspire many of us to pursue hard-won innershifts in ourselves. She was a woman wholived with the courage of her convictions.

That she is one of the great thinkers of ourtime is not to be disputed, but her real gift layin the way she reconciled her phenomenal in-telligence and discerning mind with a com-passionate heart.

Amidst laughter, debate, wine and joy, shewould gently nudge the searchlight into thepsyche and sorrow of her fellow men and wo-men, knowing deeply that the quest for mean-ing takes many forms.

She challenged us fearlessly, yet neverjudged.

TheChrist-light ofunconditional love,mar-ried to the no-nonsense consciousness of abrilliant mind, has been a wonderful lessonto us all.

Valerie Anne Weeden (21 October 1932 - 17March 2013)

GREENLINE ALUMINIUM: Greenline Aluminium ver-skaf, vervaardig en installeer aluminiumproduktesoos vensters, deure, winkelfronte en storte, asookdie toemaak van stoepe en versiening van deure – instandaard- én spesiale groottes! Ons bedien die heleLangebergstreek, lewer gehalteprodukte en professi-onele diens en verskaf gratis kwotasies.

MULTISHADE: Multishade op Worcester oorskadu let-terlik die bedryf as dit kom by dakkappe, skadunetteen hortjieprodukte. Multishade se produkte is duur-saam en stylvol. Maak gerus kontak met hulle vir ’nkwotasie wat aan jou smaak en behoeftes voldoen.

KLEIN KAROO BAKSTENE: Klein Karoo Bakstene (deelvan Klein KarooMasjienverhuring) is een van die groot-ste baksteenvervaardigers in die Langebergstreek.Stene word in groot maat op die perseel vervaardig,voldoen aan SABS-standaarde en is beskikbaar virgroot én klein bestellings. Hulle verskaf en vervoerook klip en sand op aanvraag, en gee gratis kwotasies.

KLEIN KAROO MASJIENVERHURING: Klein Karoo Ma-sjienverhuring se dienste sluit die grawe van fonda-mente en slote in. Alle bedieners is goed opgelei enhul werk is van hoë standaard. Professionele toesig-houers is te alle tye op die perseel.

Page 5: Breederivier Gazette 9 April 2013

Breederivier GazetteGeneral - AlgemeenDinsdag 9 April 2013 5

‘Pedestrians‘Pedestriansundisciplined’undisciplined’We are constantly being bombardedaboutdriversspeeding,quitecorrectlyof course.But how often are we told about the

undisciplined pedestrians who ignorethe pavements and walk up to fourabreast in the roads and don’t movewhen a car comes along?We motorists pay a fee to drive on

the roads!Pedestrians are very undisciplined

andrudeifyouindicatetothemtowalkon the sidewalks!Does one ever see a traffic official or

policemanpulling themover and advi-sing them?In times gone by traffic officials re-

gularly visited schools and gave talksand demonstrations to young schoolkids abouthowtobeon the roads.Doesthis ever happen nowadays?We will continue to see high pedes-

trian death figures until a measure ofenforcement actually takes place.It isnotmakingmorelaws,butbetter

andmore efficient enforcement at eve-ry level, that is needed.And themagistrates need to bemore

efficient and, yes, tougher – not so ma-ny postponements until the cases arewithdrawn!

H. THOMSON, Robertson

Page 6: Breederivier Gazette 9 April 2013

Breederivier Gazette Geklassifiseerd Dinsdag 9 April 20136

FAMILIE-KENNISGEWINGS

FAMILYNOTICES

08

Sterfgevalle

DeathNotices

HERDERKAREL(Kallie)Geb.17/10/1954-Gest.3/04/2013Begrafnsidiens Saterdag,13 April om 9vm by diehuis in Langebergstraat 82en 10vm in Nuwe Aposto-liese kerk, Kloofstraat. Salonthou word deur kinders,kleinkinders en familie.

LAKEYHENRYGeb.16/09/1956-Gest.3/04/2013Ons gaan jou baie mis, jywas ’n baie liefdevolle Pa,oupa en skoonpa. Begraf-nisdiens Saterdag, 13 April2013 te EmmaneulPinksterk kerk, Sonneblom-straat om 10vm.

07

Gelukwensing

Congratulations

SAMEULS MAUREENBaie geluk met Mammiese 50ste verjaarsdag,Woensdag 10 April. Magdie Here se seën wat rykmaak op jou lewe rus.Spreuke 10:22. Van: kindersen kleinkinders

KUHN LAEDEN JOR-DANWILL Baie geluk aanons YSTER met jou 1steverjaarsdag, 11 April 2013.Mag voor spoed jou oor-vleuel. God's ryksteseëninge. Tonne liefde:Mammie, Daddie, al jououma's en oupa’s.

11

InMemoriam

SLINGERS FRANSINAGeb.08/04/1954-Gest.4/01/2013Jou eerste verjaarsdagweg van ons. Ons verlangeen gemis na jou is groot.Van jou Man, kinders enkleinkinders.

OCKER EDWARDSGeb.14/07/1956-Gest.14/04/2012Reeds 1 jaar weg van ons,die seer in ons harte ison-beskryflik. Stil enongevraagd het 1 jaarverbygegaan. Die huis isstil en leeg sonder jou.Soms sit ek met trane inmy oë as ek dink aan jouen die verlange isnogsteeds so groot. Maarek weet waar jy is, is jyveilig. Van jou vrou Fran-cis,Ricardo, Jamie,Meyoke, Licaira en Cathlin.

ALGEMENEDIENSTEGENERALSERVICES

1141

Algemene

Dienste

General Services

LOANS approved R1000up, to R100 000.Blacklisted & garnishwelcome. latest payslip, 2months bank statementand copy of ID.10 minutes approval.Contact 076 682 2723or sms.

KOM geniet die avontuuren ontspanning van perdryby die Robertson Ry-skool.* Ons bied verskei-denheid van rylesse virkinders en grootmense virbeginners en ervare rui-ters *Outrides tussen diewingerde en langs dieBreërivier * Wynproë op’n perd se rug of met diewaentjie by Majors Hill enSpringfield. *Perdrykampe vir kindersgedurende skoolvakansies* Mini kommando’s opSaterdae*Kinderpartytjies. Skakelons gerus by 072 291 7631of 082 402 7088.

MOTORSVEHICLES

140

Motortoebehore

Spares and

Accessories

CANOPY kappie vir FordBantam (2007), uitste-kende toestand, silwer, R4000. Kontak Johan by 082854 3617

159

Motors te Koop

Vehicles for Sale

24/7 Cash of your bakkieor car. Just SMS orPHONE 072 620 1126.

EIENDOMMEPROPERTIES

113

te Huur/toHire

TEHUUREnkelkwartiere op h/vLang en Loopstraat, Mc-Gregor. R 1 680 permaand.Tel.023 342 5982

Page 7: Breederivier Gazette 9 April 2013

Breederivier GazetteAdvertisement - AdvertensieDinsdag 9 April 2013 7

Page 8: Breederivier Gazette 9 April 2013

Breederivier

Year 17 • 9 April 2013 | Tel. 023 626 5212

2 904 lengtesin een aand

Johann van Dyk (agter) en Johan van Molendorff (voor) hetderde plekke in die gala behaal.

Growing Flowersis domino-sterreDie Growing Flowers-dominoklub het met huleerste deelname aan ’n dominotoernooi van-jaar reedsdieLikkewaan-dominoklub, voorlo-pers in die liga, met 5 teenoor 4 geklop, en dieMôreson-dominoklub met 5 teenoor 2.Growing Flowers se spanlede is tussen agt

en 75 jaar oud.Die Growing Flowers-dominoklub streef

daarna omdie gemeenskapbewus temaakvandie positiewe impakwat domino's het op veralkinders, aangesien hul wiskundige vermoënsdeur die spel verbeter word.

Die lede van die Growing Flowers-dominoklub.

Hoërskool Robertsonhet ’n goeie swemsei-soen afgesluit met ’nswemmarathonwat opVrydag 8 Maart gehouis. Swemmers is in se-we spanne van drie elkingedeel en het van15:00 tot 20:00 in koue,nat weer geswem.

Johann van Dyk en Jo-han van Molendorff, wateen span uitgemaak het,het baie goed presteerdeur derde te eindig met

’n totaal van 472 lengtes.Hulle het die individuelerekord van 209 lengtesverbeter na 236 lengteselk. In die tweede plekwas Sumari Naudé,Margarete van Eeden enPierre-Albert van derMerwe met ’n totaal van486 lengtes. Die wennerswas Brand Taljaard (228lengtes), Du Toit Cilliersen Katerien Joubert met512 lengtes. ’n Totaal van2 904lengtesisdeurdie20swemmers geswem.

Ladies to put in some legworkThe Pedal Power Association’s Tread LightlyWomen’s Mountain Bike Challenge will be heldon 18 May this year at Backsberg Wine Estate.After the success of last year’s event, this popu-

lar ride will offer a route geared for every fitnesslevel – a 5 km course, a 15 km route for the moreexperienced rider and a 35 km race for serious,competitive mountain biking ladies.Femalecyclists canenjoy thescenic farmroads

through vineyards, orchards and forest areas,whilst testing their endurance on some steep

climbs, fast descents and non-technical, single-track sections. The route will be marshalledwhile thewater pointmayoffer a surprise or two.Participantscanalsoenjoy livemusic, foodand

wine at the finish line and win fantastic prizesin the lucky draw. There will also be a prize forthe best cycling outfit.Male riders are welcome to participate on the

5 km course if accompanied by a child under 12.For information or to enter online, visit

www.pedalpower.org.za or call 021 689 8420.

TENNIS CHAMP: Michelle Bruwer from Robertson, who earned her Springbok coloursfor senior tennis, represented South Africa at the World Team and World IndividualChampionships in Antalya, Turkey recently. Her team came tenth out of 22 countries.Bruwer played her championship game on red clay. PHOTO: LARESA PERLMAN