Top Banner
SUID-AFRIKA KANTOOR: Posbus 242 Carnarvon NK 8925 [email protected] +27(12)807 2763 +27(83)628 6488/+27(84)506 3399 Kontak asb kantoor vir bankbesonderhede Boodskap van Mike Burnard, INcontext International Ons het gister van ’n lewens-veranderende besoek aan Sirië teruggekeer. Woorde kan op hierdie oomblik nie ons harte en emosies beskryf nie. Ons het die moedigste, toegewydste, vriendelikste, vrygewigste en gasvryste mense ontmoet wat ons oorlaai het met liefde en inspirasie. Ons het ’n lewende Kerk gevind. Ons het gevind lig vrees nooit vir duisternis nie. Ons het lewende stene gevind tussen die geraamtes van geboue. Ons het blomme by die grafte gevind. En ons het die Lewende God Self gevind wat woon tussen die mense van Sirië (Open 21:3-5). Ons het God gevind wat besig is om alles nuut te maak. Dankie aan al die heiliges wat ons in Sirië ontvang het, aan ons helde van Libanon wat ons begelei het, en ons vriende van oor die wêreld wat ons in gebed vergesel het. Verenig asb saam met ons in voortdurende gebed waar ons Sirië voor die troon van God bring. Bid vir die Kerk, die mense en die leierskap. Bid vir vrede. Bron: Mike Burnard, INcontext International Christenskap se bestaan in Sirië word bedreig In vennootskap met Libanese Christen leiers, wat hul lewens waag om Sirië te besoek wanneer omstandighede dit toelaat, beoog INkonteks om kos, klere, medisyne en ander basiese lewensmiddele aan die Kerk in Sirië te voorsien. Met die oorlog in Irak en Sirië steeds onopgelos, fokus die media hoof- saaklik op die onseker uittog na Europa wat baie onderneem, en op die moeilike lewensomstandighede van baie wat in kampe in Libanon, Jordanië en Turkye vasgevang is. Meeste finansiële hulp en gebede fokus op hierdie gebiede. En met reg: die 65.3 miljoen migrante is die ‘storie van ons tyd’ en vereis ontsteltenis en aksie. Maar wat van dié wat agtergebly het? Daar word min gepraat van die agtergeblewenes, en hulle het net soveel (of meer) hulp nodig as die vlugtelinge. Lees volledige artikel: https://www.incontextinternational.org/project-hero/ Kopiereg © 2018 SAT-7 www.sat7sa.org www.sat7.org www.sat7uk.org Wêreldwyd assossieer mense outomaties die Arabiese taal met die Islam geloof. Dit is ook waar van die mense in Turkye waarvan 98 present van die bevolking Moslems is. Die dokumentêre program, Mersin Ortodokse Kerk Paasfees is gedurende Paasfees uitgesaai om hierdie persepsie uit te daag. Die program het ses pragtige Arabiese liedere, wat die lewe van Jesus Christus besing, ingesluit. “Mense was sekerlik aanvanklik geskok en verbaas om Christelike liedere in Arabies te hoor. Hulle kon nietemin ervaar hoe Christene hul gevoelens uitdruk en die Arabiese lirieke deur middel van subtitels volg,” vertel Yazıroğlu, SAT-7 TÜRK se Vervaardiger van die program. Daar is baie verskillende etniese Christen groepe en denominasies in Turkye, en elkeen vier Paasfees verskillend. Nietemin is die kernboodskap, dat Jesus opgestaan het uit die dood, vir almal dieselfde. “In hierdie dokumentêr wou ek die Christelike boodskap in die Ortodokse kultuur met sy eiesoortige liturgie en rituele, illustreer. Ek wou geleentheid vir die Ortodokse Christene skep om te verduidelik wat hulle doen en wat dit beteken,” verduidelik Yazıroğlu. Daar is nie baie inligting oor die Ortodokse geloof beskikbaar in Turkye nie en misverstande is algemeen. Die dokumentêr spreek wanpersepsies aan wat mense in Turkye mag hê. Hierdie SAT-7 TÜRK dokumentêr is in lyn met die bediening se doelwit om begrip en eenheid tussen verskillende Christen denominasies en etniese groepe in die MENA streek te bevorder “Met hierdie dokumentêr wou ek geleentheid skep vir openlike bespreking waar mense mekaar nie oordeel nie, maar wil leer van ander,” verduidelik Yazıroğlu verder. BID Bid vir die Christene in Turkye; vir hul veiligheid, vry- moedige getuienis en eenheid tussen denominasies. Bid dat God vooroordeel teen Christene sal afbreek. Mei 2019 INkonteks span in Sirië
2

Boodskap van Mike Burnard, INcontext International · 2019-05-27 · moedigheid, innerlike vrede en vrylating.” KYKER IN IRAK “Ek het teruggekeer na my tuisdorp, maar ons huis

Feb 14, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Boodskap van Mike Burnard, INcontext International · 2019-05-27 · moedigheid, innerlike vrede en vrylating.” KYKER IN IRAK “Ek het teruggekeer na my tuisdorp, maar ons huis

SUID-AFRIKA KANTOOR: Posbus 242 Carnarvon NK 8925 [email protected] +27(12)807 2763 +27(83)628 6488/+27(84)506 3399 Kontak asb kantoor vir bankbesonderhede

Boodskap van Mike Burnard, INcontext International

Ons het gister van ’n lewens-veranderende besoek aan

Sirië teruggekeer. Woorde kan op hierdie oomblik nie ons

harte en emosies beskryf nie. Ons het die moedigste,

toegewydste, vriendelikste, vrygewigste en gasvryste mense

ontmoet wat ons oorlaai het met liefde en inspirasie. Ons

het ’n lewende Kerk gevind. Ons het gevind lig vrees nooit

vir duisternis nie. Ons het lewende stene gevind tussen die

geraamtes van geboue. Ons het blomme by die grafte

gevind. En ons het die Lewende God Self gevind wat

woon tussen die mense van Sirië (Open 21:3-5). Ons het

God gevind wat besig is om alles nuut te maak.

Dankie aan al die heiliges wat ons in Sirië ontvang het,

aan ons helde van Libanon wat ons begelei het, en ons

vriende van oor die wêreld wat ons in gebed vergesel het.

Verenig asb saam met ons in voortdurende gebed

waar ons Sirië voor die troon van God bring. Bid vir

die Kerk, die mense en die leierskap. Bid vir vrede. Bron: Mike Burnard, INcontext International

Christenskap se bestaan in Sirië word bedreig

In vennootskap met Libanese Christen leiers, wat hul lewens waag

om Sirië te besoek wanneer omstandighede dit toelaat, beoog

INkonteks om kos, klere, medisyne en ander basiese lewensmiddele

aan die Kerk in Sirië te voorsien.

Met die oorlog in Irak en Sirië steeds onopgelos, fokus die media hoof-

saaklik op die onseker uittog na Europa wat baie onderneem, en op

die moeilike lewensomstandighede van baie wat in kampe in Libanon,

Jordanië en Turkye vasgevang is. Meeste finansiële hulp en gebede

fokus op hierdie gebiede. En met reg: die 65.3 miljoen migrante is die

‘storie van ons tyd’ en vereis ontsteltenis en aksie.

Maar wat van dié wat agtergebly het? Daar word

min gepraat van die agtergeblewenes, en hulle het

net soveel (of meer) hulp nodig as die vlugtelinge.

Lees volledige artikel:

https://www.incontextinternational.org/project-hero/

Kopiereg © 2018 SAT-7 www.sat7sa.org www.sat7.org

www.sat7uk.org

Wêreldwyd assossieer mense outomaties die Arabiese taal

met die Islam geloof. Dit is ook waar van die mense in

Turkye waarvan 98 present van die bevolking Moslems is.

Die dokumentêre program, Mersin Ortodokse Kerk Paasfees

is gedurende Paasfees uitgesaai om hierdie persepsie uit te

daag. Die program het ses pragtige Arabiese liedere, wat

die lewe van Jesus Christus besing, ingesluit.

“Mense was sekerlik aanvanklik geskok en verbaas om

Christelike liedere in Arabies te hoor. Hulle kon nietemin

ervaar hoe Christene hul gevoelens uitdruk en die Arabiese

lirieke deur middel van subtitels volg,” vertel Yazıroğlu,

SAT-7 TÜRK se Vervaardiger van die program.

Daar is baie verskillende etniese Christen groepe en

denominasies in Turkye, en elkeen vier Paasfees verskillend.

Nietemin is die kernboodskap, dat Jesus opgestaan het uit

die dood, vir almal dieselfde.

“In hierdie dokumentêr wou ek die Christelike boodskap

in die Ortodokse kultuur met sy eiesoortige liturgie en

rituele, illustreer. Ek wou geleentheid vir die Ortodokse

Christene skep om te verduidelik wat hulle doen en wat dit

beteken,” verduidelik Yazıroğlu.

Daar is nie baie inligting oor die Ortodokse geloof

beskikbaar in Turkye nie en misverstande is algemeen.

Die dokumentêr spreek wanpersepsies aan wat mense in

Turkye mag hê.

Hierdie SAT-7 TÜRK dokumentêr is in lyn met die

bediening se doelwit om begrip en eenheid tussen

verskillende Christen denominasies en etniese groepe

in die MENA streek te bevorder

“Met hierdie dokumentêr wou ek geleentheid skep vir

openlike bespreking waar mense mekaar nie oordeel nie,

maar wil leer van ander,” verduidelik Yazıroğlu verder.

BID

Bid vir die Christene in Turkye; vir hul veiligheid, vry-

moedige getuienis en eenheid tussen denominasies.

Bid dat God vooroordeel teen Christene sal afbreek.

Mei 2

01

9

INkonteks span in Sirië

Page 2: Boodskap van Mike Burnard, INcontext International · 2019-05-27 · moedigheid, innerlike vrede en vrylating.” KYKER IN IRAK “Ek het teruggekeer na my tuisdorp, maar ons huis

In Sy getrouheid en genade, hou God aan om op on-

verwagte maniere na individue uit te reik. Rad, ’n kyker

in Afghanistan, het SAT-7 gekontak in sy soeke na

antwoorde nadat hy ’n ontmoeting met God gehad het.

“Sowat ses maande gelede het ek dieselfde droom twee

keer in dieselfde week gedroom, iets wat ek baie vreemd

gevind het. Ek het gedroom ’n hand reik na my uit, en

hoewel ek nie die person se gesig kan terugroep nie,

onthou ek die stem wat met my gepraat het. Die stem

was warm en innemend. Hy het gesê: ‘Kom na my toe,

my kind.’”

“Ek het desperaat probeer uitvind wat my drome be-

teken en het oral gevra, maar nie een van die antwoorde

wat ek gekry het, was oortuigend nie. Ek was op die punt

om op te gee toe ek toevallig ’n SAT-7 PARS program

gekyk het. In die program het hulle oor Jesus gepraat

wat gesê het: ‘Kom na my toe almal wat vermoeid en

oorlaai is’. Ek het geweet dit is die uitleg van my droom!

Ek moes eenvoudig meer oor die Christelike geloof

uitvind. Ek het julle nommer gekry en julle gekontak,

want ek wil Jesus Christus volg, as kind van God.”

Rad het ’n Bybel en boeke gekry om hom te help

om die Christelike geloof beter te verstaan. Hy is ook

in gereelde kontak met die SAT-7 PARS span wat hom

bystaan in sy baie vrae.

Bid asb vir Rad en ander soos hy, waar hul God se

soekende liefde ontdek. Bid dat God sal voortgaan

om mense in die MENA se lewens te verander.

Bid asb vir ons kykers

terwyl jy hul boodskappe lees:

KYKER IN TURKYE

“Ons woon nou reeds vyf jaar as vlugtelinge in

Turkye. Ons hoop en sterkte is in die Here. Bid asb

dat ons hierdie jaar ’n permanente tuiste sal kry.”

KYKER IN IRAN

“Nadat ek my lewe aan Christus oorgegee het, het

ek dwelms gelos, ophou rook en ander na Christus

gelei. Ek is gearresteer en was tien dae in eensame

aanhouding gewees, maar ek dank Christus vir wat

Hy vir my gedoen het.”

KYKER IN SIRIË

“Moet ons bly of moet ons gaan? Bid vir my en my

man om te weet wat God se wil vir ons is. Wat ons

ookal besluit, dit sal moontlik nie maklik wees nie.”

KYKER IN EGIPTE

“My vrou is verslaaf aan dwelms en nie in staat

om vir ons drie kinders te sorg nie. Bid dat sy Jesus

sal ontmoet en gewillig wees om ’n rehabilitasie

program te volg.”

23 JAAR SEDERT SAT-7 SE EERSTE UITSENDING

Loof God vir die toenemende geleenthede wat

Hy SAT-7 gee om Sy liefde sigbaar te maak in

die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

Bid asb vir ons kykers

terwyl jy hul boodskappe lees:

KYKER IN IRAN

“Nege kerklidmate is onlangs gearresteer. Die valse

aanklagtes teen hulle is ernstig. Bid vir hulle vry-

moedigheid, innerlike vrede en vrylating.”

KYKER IN IRAK

“Ek het teruggekeer na my tuisdorp, maar ons huis

is net ’n murasie. Daar is feitlik geen elektrisiteit of

water nie. Vra God om ons die wilskrag en voor-

rade te gee om te herbou.”

KYKER IN TURKYE

“Vrede vir julle. Ek kyk gereeld na jul programme.

Bid asb vir my seun. Hy is, op grond van sy geloof,

die slagoffer van afknouery by sy werksplek.”

KINDERKYKER IN JEMEN

“Kan ek vriende wees met julle? My vriende het

my gelos omdat ek Jesus liefhet.”

(Bid vir hierdie jong kind om vertroosting en vriende te vind.)

NUWE GELOWIGES

Visioene, drome, satelliet TV, en internet

bedieninge bring duisende nuwe gelowiges in.

Ongelukkig is ervare leiers wat hul kan help om

geestelik te groei skaars in die MENA lande.

Bid vir opgeleide werkers om hierdie nood aan

te spreek.

Foto slegs vir illustrasie doeleindes