Top Banner
7 MAART 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA WWW.BLOEMNUUS.MOBI GRATIS Ons mense Sendelinge stuur seënwense uit Siberië bl. 8 Business news Pretty Garden Lifestyle Centre changes hands – photos p9 Feestelikheid Drink bier, eet skaap op dié makietie bl. 5 Leonidas Ioannides (seun van Chris en Christina Ioannides) maak nader kennis met die lens van Evert Kleynhans (RooistoelTV) terwyl sy peetouers (Stratos en Marina Kambanis) hom voor sy doopplegtigheid aantrek. Foto: Gerhard Steenkamp Neem my af! Neem my af!
12
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Bloemnuusbl 20140307

7 MAART 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA WWW.BLOEMNUUS.MOBI GRATIS

Ons mense

Sendelingestuurseënwenseuit Siberië

bl. 8

Business news

Pretty GardenLifestyle Centrechanges hands– photos

p 9

Feestelikheid

Drink bier,eet skaapop diémakietie

bl. 5

Leonidas Ioannides (seun van Chris en Christina Ioannides) maak nader kennis met die lens van Evert Kleynhans (RooistoelTV) terwyl sy peetouers (Stratosen Marina Kambanis) hom voor sy doopplegtigheid aantrek. Foto: Gerhard SteenkampN

eemmyaf!

Neemmyaf!

Page 2: Bloemnuusbl 20140307

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014

Promosie:Jimmy’s Killer Prawns

Uiteethiér ’nbelewenisJIMMY’S KILLER PRAWNS in CollegeSquare, Bloemfontein, nooi mense hartlikom sy heerlike geregte en uitstekendediens op die proef te kom stel.

Die eetplek spesialiseer in garnaal- enseekosgeregte. Maar of ’n mens nou ’nseekos- of vleisliefhebber is, daar is ’n wyeverskeidenheid op die spyskaart om van tekies.

Geregte van haloumi tot garnale, riblets,steak en groente en vele meer is beskik-baar.

Die eienaars is self groot liefhebbers vangarnale en glo 100% in Jimmy’s KillerPrawns. Omdat hulle dit self so baie geniet,is dit belangrik dat hul kliënte elkeervaring hier as ’n belewenis ervaar.

Hulle glo niemand mag ooit ontevredehier wegstap nie. Hier gaan goeie diens, ’nhartlike atmosfeer en heerlike kos handaan hand.

’n Speelplek vir kinders is ook beskik-baar.

Bel die eetplek by 051-444-4777 om meeroor private en sakegesellighede, asook diedaaglikse spesiale aanbiedings, te hoor.

Of kom nuttig ’n eersteklaskuier-etesaam met vriende en familielede byJimmy’s Killer Prawns.

Wen eetbewysDIE restaurant Jimmy’s Killer Prawns gee’n R200-eetbewys weg.

Om ’n kans te staan om dit te wen moetjy ’n e-pos voor Vrydag 14 Maart stuur [email protected] met die volgendeinligting:S jou naam en van;S selfoonnommer; enS voltooi die volgende sin: For greatseafood, sushi, grills and . . .

The Hellenic Greek Community in Bloemfontein celebrated the Apokries on Saturday, says Kyri Kambanis, presi-dent of this group. The Apokries is a traditional festival celebrating the last Saturday before Lent. It is normallycelebrated with a fancy-dress party, barbecueing and dancing. With this festival funds were also raised to bringa priest and teacher from Greece to Bloemfontein. Photo: Juanita Duncan

Daar is nog veel meer te lees opwww.bloemnuus.co.za

Page 3: Bloemnuusbl 20140307

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 3

Waar was jy?Stoffel Cilliers

Politiek

S DIE Britse koninklike gesinbesoek Suid-Afrika (1947): Ek is agtjaar oud toe die Wit Trein die kleinstasie Arlington naby Lindley, waarek skoolgegaan het, instoom.Koning George VI, die koningin enprinsesse Elizabeth en Margaretklim uit om bene te rek. Ons rekons nekke, maar staan tjoepstil,soos ons onderwysers gemaan het.Skielik verbreek ’n lang man, ’nboer, die stilte: “Dag, Jôrs!” skreehy. Die koning stap stil aan. Onsknyp die medaljes wat ons almalgekry het, verskrik vas. RegteSap-medaljes, het een van my maatslater gesê.

S Referendum om ’n republiek teword (1960): Om derdejaarstudentaan die Puk en spesifiek in diekoshuis Ons Huis te wees sou laterblyk ’n voorreg te wees. Want F.W.de Klerk is ondervoorsitter van diestudenteraad en André P. Brink is’n sewendejaarstudent in diekoshuis, op 24 jaar reeds aan diestudeer aan sy derde meestersgraad.En eintlik heet ons koshuis Gatland.Die republikeinse ideaal is só sterk,ons doop die koshuis RepublicaGatlandia. Ons dra lapelwapentjiesmet ’n hoender wat, nou ja, wégkyk.En ons marsjeer eendragtig deur diestrate om ons te beywer vir ’nrepubliek toe in Oktober landwydreferendum gehou word. En op 31Mei 1961 word oom Blackie onseerste Staatspresident.

S Die moord op John F. Kennedy(1963): Op 22 November staan ek asredaksielid in Die Volksblad sedruktelegraafkantoor toe ’n flitsbe-rigsein weerklink. En onmiddellikdaarna, die volgende woorde:DALLAS, Texas: THE PRESIDENTIS DEAD.

S Twin Towers (2001): Byna 38 jaarlater doen ek op 11 September opaflosgrondslag subwerk in die dag-subkantoor. Iemand sien ietsvreemds op die TV-skerm in dieverslaggewerskantoor: ’n vliegtuighet pas in ’n yslike wolkekrabbervasgevlieg – en toe nóg een. Onssubs staar soos meerkatte oor dieafskorting. Ons word niks wysernie. Toe gaan ons maar met onswerk aan. Daar is ’n spertyd om tehaal.

Kultuur

S Inwyding van die Voortrekkermo-nument (1949): Ek is tien jaar oud.Dit is Dingaansdag toe ek en myma-hulle en ’n klompie vriende oordie radio na dr. D.F. Malan seAfrikaner, Quo Vadis-toespraakluister. In die gees is ons saam metdie kwartmiljoen Afrikaners opMonumentkoppie toe hy om 12:00sê: “Die sonlig belig nou die woordeop die sarkofaag: Ons vir jouSuid-Afrika”.S Eerste swart skrywer van ’nAfrikaanse roman (1957): Asassistent in die JohannesburgseOpenbare Biblioteek vir ’n paarmaande werk ek in al die takke vandie biblioteek aan die Rand, ook ’nbiblioteek in ’n swart woonbuurt.Ek is diep beïndruk dat die gebrui-kers die biblioteek as ’n studie- ennavorsingslokaal gebruik. ArthurFula kom wys sy boek, Jôhanniegiet die beeld, wat in 1954 as dieeerste Afrikaanse roman deur ’nswart skrywer uitgereik is. Hy hetdit in 1957 opgevolg met Meterbarming, o Here, wat hy daar indie biblioteek gesit en skryf het.

Boerdery

S Een pond wol haal een pond geld(1949): Ná ses bitter moeilikeoorlogsjare wat met onder meerpetrolrantsoenering gepaardgegaanhet, kon wolboere in die Riemlanddit nie glo toe hulle hul wol na dieBaai stuur en ’n pond wol (0.45 kg)daar vir £1 (R2) verkoop is nie. Aldie boere het daardie jaar nuwemotors gekoop.

Sport

S Bokshelde: Vic Toweel word mygroot held toe hy in 1950 vir ManuelOrtiz klop en só die eerste Suid-Afrikaanse bokser word om ’n

wêreldtitel te verower, naamlik askapokgewig. Hy het sy titel verskeiekere met welslae verdedig en eenvan sy teenstanders 14 keer platge-slaan voordat hy sy bewussynverloor het. Ek was ook ’n grootbewonderaar van die Bloemfontein-se swaargewig Johnny Ralph. Hyhet twee hoogaangeskrewe buite-landse boksers, eers Freddie Millsin 1948 en daarna Bruce Woodcockin 1949, planke toe gestuur. Wie salmy verkwalik dat ek destyds dikboks-plakboeke gemaak het?

S Bod vir Wêreldbeker-sokkertoer-nooi (Mei 2004): Toe Sepp Blatter diedag in Switserland aankondigSuid-Afrika gaan WB 2010 aanbied,juig ons almal spontaan: ek, dieBloemfonteinse skoolhoof langs myen al die klante van die supermarkwat ons inkopies gelos het om eersna die Fifa-grootbaas se aankondi-ging te luister.

Natuurverwoesting

S Reënmaand: In Februarie 1988 hetBloemfontein 491 mm reën gehad,terwyl sy gemiddelde jaarliksereënval 560 mm is. Een middag ná’n erge reënbui staan ek op dietwintigste verdieping van diedestydse C.R. Swart-gebou na diesuide en kyk. Binne ’n kwartierverander die kanaal wat in dieBloemspruit uitmond in ’n oorvolrasende spruit, wat Bloemspruit selfweer in ’n siedende watermassaomskep. Op die TV se aandnuusbul-letin sien ek die huis waarin mysuster-hulle voorheen in Bainsvleigebly het, is daardie dag drie keerdeur die water deurspoel.

SOnvergeetlike haelstorms: Op 20November 2001 tref twee haelstormsBloemfontein en rig ongeveer vyfmiljoen rand se skade aan. Dieeerste, omstreeks halftwaalf, was alerg genoeg. Die tweede, wat net nátwee die middag begin het, het netsowat twaalf minute geduur.Haelstene veel groter as gholfballehet neergereën. Voetgangers opstraat is beseer, motors is beskadigen duisende ruite stukkend geslaan.Ek was saam met ander subs in diesubkantoor van Volksblad. Ons hetgesidder toe ons sien hoe diebuitenste ruite van die gebouflenters geslaan word en waterinstroom. Ons motors was toe nogalmal op die onbeskutte Ramblers-terrein geparkeer. Wie beweer nogBloemfontein is ’n rustige plek?

Die moord op John F. Kennedy het ’n blywende indruk op Stoffel Cilliersgelaat.

Wie is dieskrywer?Ek, Stoffel Cilliers, was van1961 tot Desember 1963hoofsaaklik ’n taalversorger(sub) en vertaler by DieVolksblad waarna ek na DieOosterlig in Port Elizabethverplaas is. Daar het ek ooksubwerk gedoen, maar hetook die daaglikse geselsru-briek Land en Sand behar-tig. In 1965 het ek heeltydsvir my UOD gestudeer.Van 1966 tot Desember1968 het ek aan die Hoër-skool President Steyn,Waterbron, skoolgehou. Van1969 tot einde 1986 was ekaan die Hoërskool JBMHertzog in Bloemfonteinverbonde waar ek onderrigin Engels, Bybelkunde envoorligting gegee het.Van Januarie 1987 totFebruarie 1999 was ek aandie hoofkantoor van dieonderwysdepartement ver-bonde en was ek adjunksu-perintendent van onderwys.Ek was 35 jaar lank dievoorsitter van die Bloemfon-teinse Skrywersvereniging.Ná my aftrede het ek in2000 en 2001 op kontraksubwerk in die dagsubkan-toor van Volksblad gedoen.Ek het ook heelwat resensiesvir veral Volksblad geskryf.Ek is nou 75 jaar oud.

Volg Bloemnuus op Twitter. Die adres is: @bloemnuus.

Page 4: Bloemnuusbl 20140307

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014

DagboekVRYDAG 7 MAARTS Die fliek Vrou soek boer beginwys.SHTS Welkom vier sy 55-jarigereünie. Daar is ’n sportdag môreen ’n erediens Sondag. André vanDyk 082-371-3410.SWesley Methodist ChurchInternational Food Fare byPreller Walk (op die gras) van14:00 tot 19:00. Monica Michell,082-557-3236.S Space Odyssey: Oudiovisueleaanbieding deur die Bloemfontein-stadsorkes om 19:30 in die Sand.Musiek uit Star Wars, Die planetevan Holst. Dirigent: Paul Loebvan Zullenburg. Kaartjies kos R120tot R300. Pacofs, 051-447-7772.S Dít gebeur vanaand op Binne-landers: Wimpie is baie ingenomemet sy planne met Susanna, enDaleen maak ’n ontdekking oorTertius se toekomsvisie. Mornéverander in ’n monster, terwylDelia in twee geskeur is oorGideon se wraakplanne met At.S Saalperdskou op Bethulie. Bel082-361-0158.S The Naval Hill Planetariumnow offers regular public shows.The first digital planetarium insub-Saharan Africa was inaugura-ted on 1 November 2013 and isalready operational. In addition toa “fly through the universe”experience, planetarium events –lasting approximately 60 minutes– include the screening of one ofseveral pre-recorded shows.Yolandie Loots, 051-401-9751.

SATERDAG 8 MAARTS Bloemfontein-orgedieëklubhou om 15:00 ’n werksessie byRidderstraat 5, Fleurdal. Almalwelkom. Jolene, 082-853-2196.SKiepersol-tuinbouklub hou om

10:00 vergadering by Plants@Prel-ler (Prellerplein). Angely Brownsal oor organiese maniere vantuinmaak praat. Prof. TineyKrause, 051-436-6669.S Layers of Black – Jean DreyerExhibition, Gallery on Leviseur.S Die NG kerk Brandfort-Oos bied’n Jubelfees aan. Awie Nel,082-314-4409.S Sonsopkoms: 06:05. Sonsonder-gang: 18:30.SDames-perspektief bied om09:00 ’n verjaardag-geselligheid aanwaar op die afgelope drie dekadesteruggekyk word. Dit vind in dieouditorium van die AfrikaanseLetterkundige Museum plaas.SWêreldbiddag vir mans wordom 07:30 deur die NG gemeenteBerg en Dal aangebied. Dit worddeur ds. Gert Terblanche gelei. Dietema is Strome in die Woestyn.S ’n Interkerklike vrouekonfe-rensie vind van 09:00 tot 13:00 indie AGS-kerk Jubilate op die hoekvan Breë- en Levistraat in Hiltonplaas. Ena Botha, ’n kenner oorinnerlike genesing, is die spreker.Die tema waaroor sy gaan praat, isWys my die herder. Toegang is R80per persoon. Cecilia Prior, 051-448-8681.

SONDAG 9 MAARTS Die NG kerk Hospitaalpark,Moyastraat, het elke Sondag tweeeredienste: om 09:00 en 18:00.

MAANDAG 10 MAARTS Die Shimlas speel om 19:00 teendie Ikeys in Kaapstad.S Dít gebeur vanaand op Binne-landers: Delia wil weet hoekomMalan terug in Suid-Afrika is, enMorné besluit om uit te glip. Lindase planne werk nie vir Pippa nie,en Nigel sit sy beste voetjie voor –

maar nie by Zadie nie. Daleenwaarsku Tertius oor die swanger-skaptoets, terwyl Gideon homselfnie kan help om bly te weesoor die resultate wat begin wysnie.S Die Genealogiese Genootskapvan Suid-Afrika vier sy 50stebestaansjaar deur elke maand ’nander land/vasteland/groep vanSuid-Afrika se bevolking deurmiddel van individue/groepe tebespreek. Maart hou Ierland synasionale dag, St Patrick’s Day,en daarom bespreek JohanPottas twee Iere wat hullehier kom vestig het en in dieVrystaat oorlede is. Daar wordgekyk na die redes waaromJoseph Patrick Higgins en

John Montgomery na Suid-Afrikageëmigreer het. John en sy seunThomas se dokumente gee ’nbesonderse insig in die lewe van ’nreisende algemene handelaar indie jare 1828 tot 1870. Die Vrystaat-tak van die GGSA kom om 18:30 indie ouditorium van die Oorlogsmu-seum byeen. Toegang is R20. BelMarietjie van Zyl by 083-406-5975sou jy meer wou weet.

TUESDAY, 11 MARCHSMoshoeshoe’s Day, publicholiday in Lesotho.S Bloemfontein-veerpyltjieklubse weeklikse klub-oefening om19:00 in The Old Shute, Longstraat1, Hilton. Almal is welkom.Carien Els, 072-99-231-99.

WOENSDAG 12 MAARTS Byeenkoms van die Ou Presi-densie- Historiese Vereniging:Dr. J. Swanepoel praat om 18:30oor die Nasionale Party 100 jaar byNaln. Die NP is op 7 Januarie 1914gestig. Almal is welkom. Lambertvan Rensburg, 051-422-5283 of072-418-8665.SKaraoke with Eddie Schoemanat Oolong Lounge from 20:00. AdèlVictor, 051-448-7244.

THURSDAY, 13 MARCHSRetrospective Exhibition byMaureen Quin (Main Building ofOliewenhuis): This travellingretrospective exhibition celebratesthe life work of Maureen Quinfrom the 1950s to the present. It iscurated by Virginia Reed.Maureen Quin explains her art:“Sculpture is my passion. It’s anextension of myself, reflecting mythoughts, my loves, hates, joys,and fears. Whether I am involvedin representational wildlife studies,realistic figure studies or abstracti-ons, I put my heart and soul intoit. Each sculpture is an excitingjourney. Starting with a vagueconcept, sketching it to achieve avisual form, building the armatu-re, fleshing it out and having itcast in bronze are the elementswhich ultimately are to me themost rewarding and satisfying.”S Sopkombuis van die Klipkerkgee kos aan minderbevoorregtes.As jy kan help met die uitdeeldaarvan of ’n skenking wil doen,bel Elize by 051-436-7322.S Dít gebeur vanaand op Binne-landers: Nigel laat harde woordeoor Okkie en die trollie val, enDaleen besluit om in die troue inte gryp. Delia en Gideon severhouding neem ’n nuwe wen-ding. Bea dwing Jan om metMorné oor Kanada te praat. Atstaan op die punt om Binnelandterug te kry, en Wimpie vat ’nkans met Susanna.S James Redfern en LauraPauna (vierhande-uitvoering) om19:30 in die Odeion.

DieBloemfonteinse duet-groepChri-ZadebestaanuitMarizanneBekkerenChris Pretorius,Bloemnuus se Spontaan-wenner van 2013. Dié groepneem nou sy eerste vollengte-CD op wat later vanjaar beskikbaar salwees. Chri-Zade is op Facebook, sowel as Twitter.

Page 5: Bloemnuusbl 20140307

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 5

(Ver)drink (in) bierJens Friis

VOLGENDE Saterdag word’n Skaap-en-bier-makietie opdie De Oude Kraal-gaste-plaas, 30 km suid vanBloemfontein, gehou.

Dit beloof om ’n lekkergeleentheid met danse,rugby kyk van 16:00 af, enbaie te ete én te drinke, tewees.

Drinkebroers sou dalkmeen jy val met jou alie indie botter as jy in kilolitersbier kan swem. En TheLondon Collection meen ditis een van die beste maniereom te sterf naas oorvretingaan sjokolade en seksuele

uitputting. Maar die dag toehordes mense regtig in bierverdrink het, was dit gladnie pret nie.

’n Bekende gebou in dieLondense middestad is dieDominion-teater.

Bokant die ingang staan ’nreuse-beeld van ’n flambo-jante Freddie Mercury.

Voordat dit ’n gewildebymekaarkomplek virteatergangers was, is bierhier in die Meux’s HorseShoe Brewery gebrou.

’n Deel van die uitstallingwas ’n vat wat byna so hoogsoos vier volwasse manswas.

Dit kon meer as ’n miljoen

glase bier hou.Maar in 1814 was daar

konsternasie toe die vatgebars en die bier ’nreuse-golf gevorm het.

Diegene wat nie verdrinkof versmoor het nie, ishonderde meters ver deurdie drank weggeswiep.

Dit was ’n tragiese einde,maar soos die Queen-liedjielui: Who wants to liveforever?SKaartjies teen R250 vir dieSkaap-en-bier-makietie op DeOude Kraal moet by 051-564-0636 bespreek word.

Vir meer inligting blaai nadie advertensie op dieagterblad.

Page 6: Bloemnuusbl 20140307

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014

Claudine en Arné Gouws (The Willows). Foto: Astrid Cordier Pierre en Elize Pelser (Montebello). Foto: On 3 Photograhy

Lizette en Barry Malan (Slightly Nutty). Foto: Lorike BothaEli en Lizette Saunders (Jakkalsdraai). Foto: Eloise van Rensburg Fotografie

Hennie en Isobel Viljoen (Toadbury Hall). Foto: Mandie Niemann Danelle en Pat van Heerden (Jakkalsdraai).Foto: Duvenhage Fotografie

Anzel en Morné de Beer (Kiepersolrant).Foto: Eloise van Rensburg Fotografie

Getroud

Page 7: Bloemnuusbl 20140307

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 7

PROMOSIE: Bfn Bruidskou en Leopards & Lace

Bruidskou gehouDIE Bloemfontein Bruid-skou™ word die 19deagtereenvolgende jaaraangebied en wel in same-werking met Leopard & Laceonder die bekwame bestuurvan Michael Hetzel.Hetzel is bekend vir sy

bestuursvermoë en goeiemenseverhoudings.

Albei die betrokkenes hetjare lange ondervinding inbruidskougeleenthede en diesamewerkingsooreenkoms is’n gulde geleentheid virhulle.Die bruidskou is môre van

09:00 tot 20:00, Saterdag van09:00 tot 18:00 en Sondag van09:00 tot 13:00.

In die tyd sal die besoe-kers in Leopard & Lace serestaurant in die Ball Roomkan ontspan waar heerlikeeet- en drinkgoed bestel kanword.Die kontantkroeg sal

deurentyd oop wees.Die besoekers sal ook die

geleentheid kry om hulle virpryse van duisende rande inte skryf.Die wenners van die pryse

sal Sondag op ’n bepaaldetyd aangekondig word.’n Goeie verskeidenheid

diensverskaffers sal op diebruidskou verteenwoordigword.Verskeie stalletjies van

troukoeke, blomme, klank enbeligting, fotograwe,ontwerpers, ensovoorts, hetreeds stalletjies vir diebruidskou bespreek.Ander uitstallers wat

belang stel, kan Hetzel by sykantoor by Leopard & Lacebesoek.’n Vloerplan is daar

beskikbaar sodat dieuitstallers hul keuse van diegrootte van hul uitstalruimtekan maak.Die pryse wissel volgens

die grootte van die ruimtes.Leopard & Lace is bekend

vir sy pragtige lokale en isgewild vir die gehaltedienswat hy aan sy kliënte bied.Die onderneming hanteer

self die spyseniering en ditword wyd aanbeveel virtroues en konferensies,asook enige ander spesialegeleentheid.Daar is genoeg parkeer-

plek en sekuriteit.Vir inligting in die

algemeen bel Nella by083-262-2918 of Michael by079-499-1464.S Sien die advertensie opdie voorblad.

’n Pragtige bruid: Lene Labuschagne is onlangs met dieCheetah-rugbyspeler Lappies getroud. Foto: Tania Allen

STUUR’nfotovanjouonlangsetrouevirgratis

[email protected].

Diekleurfotomoetminstens1MBgrootwees.

Meldwatterfotograafhetvirwiewaarafgeneem.

Nogtroufoto’sisopbloemnuus.co.zatesien.

Ruan en Marlie Rautenbach (Lovedale, Rhodes). Foto: Tania Allen Photography Minette en PC van der Merwe (Rosella Farms). Foto: 3’kie’s Fotografie

Chenelle en JP Joubert (Pepper Tree). Foto: Tania Allen Photography Jacques en Yolinda Loots (Lettie Fouché-lapa). Foto: Tania Allen Photography

Page 8: Bloemnuusbl 20140307

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014

Waar woon julle? In BolshoyeOzera (wat groot meer beteken) so350 km suidwes van Krasnoyarsk inSiberië. Dit is so 4 000 km oos vanMoskou. Die eerste ses jaar was ekin St. Petersburg.

Was dit ’n groot aanpassing? Aandie begin was dit ’n groot avon-tuur. Ek was 21 en het vir enigietskans gesien. Later het dit begin pladat ek ver van die huis af is. Dit isnatuurlik baie kouer – die koudstewat ek al beleef het, was -53 °C endit was nie die aanvoelbaarheids-temperatuur nie.Die weer was egter nie die

grootste aanpassing nie, maareerder die leefwyse en die moreleverval hier.As plaasseun is ek nooit aan die

goed blootgestel waarmee ekdaagliks hier gekonfronteer wordnie, soos straatkinders wat inrioolpype bly en wie se ledemateafvrot.

Is die kommunikasie maklik? ’nRussiese vriend wat in Amerikagewoon het, het gesê die verskil invriendskap tussen Amerikaners enRusse is soos ’n perske. Om met ’nAmerikaner vriende te maak issoos die vleis van die perske. Jykom maklik in, maar die vriend-skap is nie diep nie. Vriendskapmet Russe is soos die pit. Jy kombaie moeilik in, maar as jy eers inis, dring jy tot die kern deur enword soos familie. Dit het ek beleef.Op die oog af is hulle nors (wie salbuitendien staan en glimlag as dit-30 °C is?). As hulle jou egter eersvertrou, is hulle gasvry en sal hullehul laaste stukkie kos met jou deel.

Hoe het jy by die weer aangepas?Dit is een van die goed waarvoorek die bangste was. Toe ons dieeerste keer in St. Petersburgaangekom het, was dit somer.Ons klomp Suid-Afrikaners het

in die trein met ons warm winter-baadjies gestaan en koud gekry.Deur die venster sien ek toe ’nklomp seuns swem – poedelnakendin ’n poel. Dié dag het ek gedink eksal geen winter hier oorleef as diesomer so koud is nie, maar 20 jaarlater hanteer ek nie die warmSuid-Afrikaanse somers so goednie.Wat my egter onkant betrap het,

is die min sonskyn – die son skyn

Seënwense uit SiberiëERNST TOERIEN is in 1994 násy studie aan die Universiteitvan Stellenbosch (US) saammet ’n groep sendelinge naSt. Petersburg in Rusland. In1998het ’n studentevriendhomaan die Langenhovenpark-ge-meente in Bloemfontein be-kend gestel en sedertdien be-soek Ernst dié gemeente ge-reeld. “Nadat ek tot bekeringgekom het, wou ek graag sen-dingwerk doen, maar my on-derwysers het my aangemoe-dig om eers te studeer. In my fi-nale jaar het ek daaraan gedinkom ’n tentmakersendeling indie een of ander Arabiese landte word, maar die Heer het myna Rusland geroep.”

Wel en weeS Senda Edeling het ChrisChameleon se CD Herleef opwww.bloemnuus.co.za gewen.Malie Beukes, Gerda Fourie, S.Kotze en Sue Pienaar is boekeryker.

S Jan Vermeulen van Vermeu-len-gas het dié winkel op 28Februarie gesluit, “omdat dieouderdom hom inhaal”. Diesakeperseel is aan Morris TurnerTool Hire verkoop.

S Dié werknemers van EY inBloemfontein het hul openbarepraktykeksamen geslaag: ChrisAkers, Estiaan Badenhorst,Gerhard Botha, Natalie deFreitas, Luciah Masiu, Melisevan Dyk, Karin van Rensburg

en Kobus Zeeman.

SDean Elgar, ’n Protea-kolwer,sal sy krieketloopbaan by dieTitans voortsit. Dié hotklou-kol-wer het die Knights Maandag vansy voorneme verwittig.

S Dié Bloemfonteiners is oorlede:Johanna Magdalena Malan(1961), Heavies Botha (1928),Dennis Reade (1931), Ria vander Walt (1935), Catharina

Johanna Hattingh (1931) enBetty Zietzman (1962).

S Die bekende prokureurspraktykVermaak en Dennis Ing. het ná37 jaar besluit om homself in dieVrystaatse hooggeregshof voorlo-pig te laat likwideer. Die keerda-tum van die voorlopige bevel is10 April.

S Colin Sorour, bestuurder vandie Bloemfontein-gholfklub, gaan

ná 11 jaar die leisels van die kluboorgee.Hy het ’n werkaanbod elders

aanvaar.

SDaleen van Wyk en RiderHaggard het Saterdag ewige trouaan mekaar in die winkel RedClaw Comics in die Loch Logan-waterfront belowe. Die winkel-eienaar, Karl-Franz Johnson, wasverheug dat die troue in sywinkel gehou is.

SGraeme Smith (33) het syuittrede uit alle internasionalekrieket aangekondig. Graeme hetin 2003 die Proteas se kapteingeword ná Shaun Pollock sebedanking en is die eerste kapteinin wêreldkrieket wat sy land inmeer as 100 toetse gelei het.

SHillary Spears (80), oudhoofvan die Hoërskool Brebner, isoorlede. Hillary word oorleef deursy vrou, Maurine, sy dogter,Mary, twee seuns, Timothy enPeter, asook vyf kleinkinders. ’nGedenkdiens word Dinsdag om17:00 by Brebner vir hom gehou.

S Stuur bydraes vir Wel en Weena [email protected].

Ernst Toerien en sy vrou, Betsie, op die Rooiplein voor die St. Basil-kerk. Foto: Verskaf

omtrent net 60 dae ’n jaar. InSiberië skyn die son darem meer.Die Siberiërs het ’n sêding: ’n

Siberiër is nie ’n ou wat koud krynie, maar ’n ou wat baie klereaantrek. Hulle sê dit gewoonlik virmy, want ek hou nie daarvan omso baie lae klere aan te trek nie.

Vreemde gebruike? Die Russe iserg bygelowig en het snaaksegebruike. Daar is die gewones endan is daar die vreemdes soos jymag nie ’n gelyke getal blomme ofenigiets vir iemand gee nie (ditbeteken jy wens hom dood); asiemand op jou voet trap, moet jy opsy voet trap, fluit is uit – as jyfluit, gaan jy al jou geld verloor enniemand buiten die ouers mag ’npasgebore baba die eerste sesmaande ná sy of haar geboorte siennie.

Vreemde sêgoed? ’n Skrywer endiplomaat het eeue gelede gesê:“Rossija oemom ne ponjat, v Rossiitolko mosjes verit.” Jy kan Ruslandnie met jou brein verstaan nie, jymoet daarin glo. Nog een is “Vrossii net dorogh, tolko napravleni-

je”. In Rusland is daar geen paaienie, net rigting.

Hoe verskil Rusland van Suid-Afrika? Die twee is amper onver-gelykbaar. Die Russe eet min vleis(duur) en baie sop en drinknatuurlik baie vodka, veral wathulle self stook (al is dit onwettig).Die meeste Russe bly in woonstelleen net die superrykes kan ordentli-ke huise bekostig.In die dorpies bly die armes ook

in huise, maar dit is klein ensonder watertoevoer. Hulle het netkrag, so as jy ’n huis met ’n toiletbinne het, beteken dit meestal jy isryk en ook maar skelm.Die burokrasie is erg en korrup-

sie is endemies – van klein totgroot.

Hoe hanteer die inwoners dieoorgang van kommunisme nakapitalisme? Stem dit ooreenmet wat in Suid-Afrika gebeur?

Die ou mense het in die 1990’s nakommunisme teruggehunker, veralomdat daar volgens hulle meerstabiliteit was en jy darem eenkeer ’n jaar ’n gratis vakansiegekry het.Deesdae het ons stabiliteit, maar

beslis geen gratis vakansie nie. Ekhet wel nie onder kommunismegeleef nie, maar ek kan my indinkdat lewe in Poetin se Rusland baiesoos destyds is. Die land word deureen man geregeer en enigeen watvir hom ’n bedreiging is, word indie tronk gestop.Politiek en moreel is die land

vrot van binne, maar wat aan diewêreld getoon word, is goed, soosSotsji se Winterspele.Ek sou nie sê dit is ’n kapitalis-

tiese land nie – daar is ’n soge-naamde vryemarkstelsel, maar diegroot ouens beheer alles. Daar isjaarliks ’n paar dae ’n tekort aanbrandstof.Die antimonopolisasiekomitee

ondersoek die redes en bevind datdie verskaffers saamgespan het omdie tekort te skep sodat hulle prysekan opstoot. Hulle kry dan ’n kleinboete wat hulle aan die regeringmoet betaal (die staat besit diemeeste van die verskaffers), maarpetrolpryse word nooit laer nie.Om ’n kleinhandelsaak te begin

is moeilik. Jy moet die regte menseken en weet hoeveel omkoopgeldom aan wie te gee.

Ons mense indie vreemde

Rusland is eerder ’n sosialistieseas ’n kapitalistiese land. Die mensemaak egter maar vrede daarmee,bly stil en maak natuurlik grappiesdaaroor. Dit is moeilik om te sê of’n mens dit met Suid-Afrika kanvergelyk. Sekere mense is hier endaar dieselfde.

Watter vreemde kos eet hulle?Niks vreemds nie; hulle is wel liefvir salo (skoon, gesoute varkvet) enmaak soms slaai en sop metbrandnetels en eet jong varingblarevoordat die blaar oopgaan.

Wat behels jul bediening? Onsbied Christelike humanitêre kampevir kinders uit minder bevoorregtegesinne en wees- en straatkindersaan. Die kampe word in dievakansie by ons huis aangebied.Dit duur so twee weke en onsontvang soms tot 50 kinders. Omdatdie kinders nie kan betaal nie, isdie kampe gratis, maar ’n deel vandie program behels dat die kinders’n uur ’n dag in die tuin moet werkom my met die verbouing vangroente te help wat ons dan op diekamp eet.Die res van die jaar bly van die

kinders ook by ons as dit vir hullete moeilik raak by hul “huise” (diemeeste het nie pa’s nie en somsverdwyn die ma’s ook).

Hoe ontvanklik is die mense virdie Woord? In die 1990’s was diemense baie ontvanklik vir dieWoord, maar deesdae beslis nie.Mense is skepties en omdat hulle

deesdae dag ná dag vertel word datalle Russe Russies-OrtodokseChristene is en dat enigeen wat nieOrtodoks is nie, sektante is en dieRussiese kultuur probeer afbreek,maak dit dit soveel moeiliker omdie Woord aan mense te bring. Onsis mos die vyand.Dit sluit ook Russe in wat

lidmate van die Protestantse kerkeis. Hulle glo Protestantse Russe islandsverraaiers.

Wat is jou gunsteling-Bybelvers?Psalm 119:9: Hoe kan ’n jong menssy lewe skoon hou? Deur hom te houaan U Woord! My ma het my diévers geleer toe ek skool toe is.

Watter belangrike les het jy daargeleer? God is oral en mense ismaar almal dieselfde, al verskilkulture. Die wêreld het ’n behoefteaan God, so moenie net vir jouselflewe nie. Sien die nood om jouraak en doen iets daaraan. As jynet een kind kan help . . . As die2 miljard mense wat hulselfChristene noem net 2,5 ander help,sal daar nie meer iemand in noodwees nie.

Watter raad het jy vir andermense wat sendingwerk wildoen? Jy moet baie seker wees vanjou roeping – veral die waarheen-deel. Alle Christene is geroepe,maar nie almal om so ver soos onste gaan nie. Indien jy dink God hetjou geroep, moet jy seker wees ditis Sy roeping en nie jou avontuur-gees nie. Dit is harde werk enverander jou heeltemal.

) Lees meer oor die bedieningby http://www.big-lakes.com/ enhttp://www.givengain.com/cau-se/1364/

Page 9: Bloemnuusbl 20140307

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 9

GREAT VALUE DEALS!

Fans find out first.

Offers valid from 28 February to 16 March 2014

7894

E&OE

SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.zaFREE delivery on ALL online orders.

Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Stores nationwide. Products subject to availability.All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy.

MEN’S ARROYO SANDALSCarbon rubber outer soleWashable waterproof leather

NOWR599

NormallyR1199

MEN’S REFLEX 2 WP SHOESSticky rubber outer solesWaterproofEVA midsolesBreathable mesh lining

NOWR699

NormallyR1099

Vibram® trek rubber outsoles forbetter tractionPolyester mesh linings for breathability

MEN’S PHASER INFERNO SHOES

NOWR799

NormallyR1399

Vibram® outsoles for bettertraction and gripAir cushion midsoles for comfort

MEN’S CHAMELEON 2 LEATHER SHOES

NOWR999

NormallyR1499

Air cushion midsoles for comfortMoulded external heel and toecorner for protection

MEN’S REACTOR LEATHER SHOES

NOWR799

NormallyR1399

Rubber outsoles for better tractionNylon mesh linings for breathability

MEN’S EMERGE SHOES

NOWR799

NormallyR999

Pivoting strap that can be wornbehind heelsLightweight Croslite materialsoles for comfort

WOMEN’S CLEO 2 SANDALS

NOWR199

NormallyR299

Rubber outsoles for better gripVersatile removable heel straps

WOMEN’S CARSEY SANDALS

NOWR150

NormallyR275

FOOTWEAR

FRENZYUp to

50% OFF!

Johnny Kleovoulou (Barba’s Café), Danielle Hattingh(Pretty Gardens) and Chris Buys (Du Preez Liebetrau& Co.)

Eugene Saffy, Mareé Ferreira and Paschalis Yiorkas.Photos: Conrad Bornman

Oeloff Visser (Fruit&VegCity),Willie Coetzer (PrettyGardens-kwekery),Henri Roux (Imperial GM), PaulMarais (ChristiWagenaar-ouditeure) andMarieke Schwarzendahl.

Ewalt Hattingh, Danielle Hattingh, CharineHattingh, AndréBotha, H.H.Osman, Ethel Botha, JohnnyBatemanand Odelia Bateman; front, standing: Keryn Bateman (11) and Ayla Bateman (7).

From the left are, front: H.H. Osman and Noman Mashkoor; back: DrZaheer Hosain, Imran Dambha and Munawwar Moosa.

Social scene

BROCORAUCTIONEERS was relaunched on Tuesday night and at the same func-tion the new owners of the Pretty Garden Lifestyle Centre were introduced. TheBloemfontein City Orchestra provided the music at the Pretty Garden LifestyleCentre.

Page 10: Bloemnuusbl 20140307

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014

Wen vleis van AAADIE resep vir dié steak met mos-terd-en-brandewynbotter is opBloemnuus se Facebook-blad enis ook te kry in Jan Braai se boekVuurwarm.Skaf jou vleis by die AAA-slag-huis (Hospitaalpark) aan en wen’n steakpak van R500 wat AAAweggee.Om te wen stuur voor Vrydag

14 Maart ’n e-pos met jou naam,selfoonnommer en die antwoor-de op die volgende vrae [email protected]) Hoeveel jaar bestaan AAAHospitaalpark? en2) Wat is die prys van AAA-boe-rewors by AAA Hospitaalparksoos geadverteer in hierdieweek se Bloemnuus?

Gee steak geurmet dié botterDIÉ resep kom uit Jan Braai se boekVuurwarm wat deur Human & Rousseauuitgegee word.

DIE geure van mosterd, botter en brande-wyn pas goed by ’n gebraaide steak.

Deesdae weet die meeste mense dat jy ’nsteak medium-rou behoort te eet – dus isdit hoe jy hom moet braai.

Berei voordat jy braai die gegeurde bottervoor en hou dit in jou yskas totdat jy ditnodig kry.

Wat jy nodig het (vir tien mense):S 250 g gesoute botter teen kamertempera-tuur (baie sag, maar nie gesmelt nie)S 2 sopies mosterdS 2 sopies brandewynS 1 sopie pietersielie (fyngekap)S 1 teelepel suurlemoensapS 1 teelepel swartpeperS steak (1 per persoon)

Laat waai!1. Sit al die bestanddele behalwe die steak

in ’n bakkie en meng dit goed.2. Skep die gegeurde bottermengsel in ’n

mooi bakkie waaruit jy dit kan bedien.Bedek die bakkie met kleefplastiek of foelieen sit dit in die yskas totdat jy reg is omdit te gebruik. Jy kan stappe 1 en 2 ure ofselfs dae vooraf doen.

3. Haal die botter uit die yskas netvoordat jy die vuur aansteek dan sal dit niekliphard wees wanneer jy dit voorsit nie.

4. Braai die steaks vir vier minute aanelke kant op baie warm kole tot medium-rou.

5. Sit die steaks op die borde en skep ’ngoeie lepel botter op elke steak. Soos watdie botter oor die vleis smelt, trek die geurin.

FUNKSIES &

KONFERENSIES

1425

LENINGS

1445

PERSOONLIK

1460

Vir bekostigbare egskeidingsteen R4 500 plus uitgawes.Skakel 082 335 7195.

ALLERLEI

1655

EKSOTIESESIEREENDE TE KOOP.Broeipare en jong eende.

Kontak Cheryl076 246 1414 of056-515 3963 -

Epos: [email protected]

Limousine Afslaershou elke Saterdag om08:30 'n veiling by ons per-seel agter Wiesbaden opBainsvlei. Ons verkoopvee, voertuie, implemente,meubels en losgoed.Inskrywings:051 451 1211.Jaco 079 603 9374 ofDanie 076 757 4972.

TROETELDIERE

1660

1 bokhondjie te koop.Skakel Flora 057 212 1641of 082 734 5032.

BOUPLANNE

1802

AAA-kwaliteit. INSTALLERINGvan: Alle plafonne en 'drywalls'(herstel van plafonne).Gratis kwot. 079 581 6654.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME,hoërisikobome. 082 693 0234.

DIENSTE

2420

Crèche vir klein honderasseweekliks by Canine KanaänHondehotel beskikbaar. Ukan werk terwyl u hond homgate uit geniet. Bel Elsabé072 116 9194 of 051 431 8431.

VAKANSIE

& REIS

AKKOMMODASIE

2635

HARTENBOS: Puik selfsorg-woonstel. Stap na strand.Skottel-TV, onderdakbraai oppatio. Baie gewild, slaapplekvir 1 - 6. Beste tarief heeljaar.044 695 0219/082 641 4092.

UVONGO: Ruim 2-slaapkamer-woonstel op strand. Lieflike see-uitsig. Skakel 082 429 1105.

ALGEMEEN

3680

Böhmer Sekondêre Skool:Betrekking. AlgemeneVoorman (Dept. aanstelling)Kwalifikasie: Graad 12 en N5Sluitingsdatum: Maandag 10Maart 2014Salarisskaal: R81 300 p.j.Handig CV in by skool inWalter Sisuluweg, Universitas,Bloemfontein.Navrae: Skoolhoof051 522 6846/082 775 1446

VERKOPE &

BEMARKING

3760

Salesman required inHeidedal/Bloemside area. Faxyour CV to 086 726 6627.

4 senior sales positionsavailable.R17 800 package.Fuel allowance.Sales experiencerequired.For interview call 051522 2237.

Page 11: Bloemnuusbl 20140307

BLOEMNUUS, VRYDAG 7 MAART 2014 11

Wilco van der Berg en Luzanne Nel het onlangs op Bloemnuus se digitale platforms ‘n prysgewen om te kon kyk hoe Bloemnuus gedruk word. Foto: Jens Friis

DieHoërskoolSentraal inBloemfontein sematriekklassevan1954en1964hetdienaweekvan 21 tot 23 Februarie onderskeidelik hul 60- en 50-jaarreünie in Bloemfontein gehou.Prof. Pieter Viljoen en sy vrou, Marie, het die klas van 1954 se reünie gereël en Veronicadu Plessis (gebore Visser), Blikkies Pretorius en Gerhard Groenewoud het die klas van1964 se reünie gereël. Bykans 100 oud-Tralies het dié twee geleenthede bygewoon. Hieris lede van die klas van 1954 wat die dinee Saterdagaand in die Eeufeessentrum vanSentraal bygewoon het.

Op ’nbyeenkomsvan die UVse Dames-klub het prof.Johan Moll(agter) assprekeropgetree. Syonderwerpvan die dagwas Rosedeur dieeeue. Voorstaan Magda-leen Schoch,Rèni Strydomen MarietjieCilliers.

Foto: Verskaf

Dit is weer tyd vir Kansa in Bloemfontein se jaarlikse Jail ’n Bail-geldinsamelingsprojek.Wat vanjaar van die vorige jare onderskei, is dat net van Bloemfontein se voorste professio-nele vroue hierby betrokke is. Die vroue het elkeen ’n spesifieke bedrag wat hulle moetinsamel – die sogenaamde “losprys”. Hier word Belinda Driskel (tweede van regs) van HelpU Debt Counsellors “aangekla”. Hier is Henley Botha (streekbestuurder van Kansa), maj.Laetitia Vyver, Jaqueline Storm, Driskel en Werner van der Walt. Jaqueline en Werner isalbei van Help U Debt Counsellors.

Page 12: Bloemnuusbl 20140307

KANONVOET: JohanGoosen is deesdae ’nCheetah, maar toe hyeens 36 punte vir Grey-kollege teen Paul Roos-Gimnasium opgestapelhet, het een van sy straf-doele verder as 67,1 mgetrek. Met sy langkantlynskoppe en stel-skopwerk kan Johan an-der spanne onderkry.Buiten sy akkurateskopwerk kan dié gene-raal ’n wedstryd dikteeren instinktief aanvoelwanneer die wedstryd-plan moet verander.

Foto: Conrad Bornman

Skole slaagsop sportdag

Iselma Parkin

DIE Hoërskool Fichardtparkbied vandag die 13deClover-sportdag aan waaropskole van oor die land heenkragte in sewe sportsoortesal meet.Vandag sal sowat 60

tennisspanne op die banevan Oud-Studente, dieStadion, en die hoërskoleFichardtpark, Grey enEunice deelneem.Gholf word op die Tempe-

gholfbaan gespeel, terwylskaak en binnenshuise skietby die Hoërskool Fichardt-park aangebied word.Môre sal 80 hokkiespanne,

104 rugbyspanne en 100netbalspanne reeds van 08:00af mekaar die stryd aansê.Sportliefhebbers kan

uitsien na die deelname vantradisioneel sterk sportskolesoos die Hoërskool Diamant-veld, Grey-kollege, Sentraal,Voortrekker, HTS Louis

Botha, Hentie Cilliers enLandboudal.Ook skole uit die Oos-

Kaap, Noord-Kaap en Noord-en Suid-Vrystaat sal komdeelneem.Altesaam 47 skole het

hulle vir dié sportfeesingeskryf.Op die Hoërskool Fichardt-

park se A-rugbyveld tref dievolgende eerstespan-kragme-tings die oog: Witteberg/Landboudal (08:00), Goud-veld/Upington (09:10),Duineveld/Welkom-Gimnasi-um (10:20), HTS LouisBotha/Diamantveld (20:40),Grey Cherries/AfrikaanseHoërskool Kroonstad (12:40),Sentraal/Hentie Cilliers(13:50), Grey/Potchefstroom-Gimnasium (15:00) enCentral Nissan Fichardt-park/Hoërskool Grens(Oos-Londen) (16:10).Hokkie van ’n hoë stan-

daard word op die Universi-teit van die Vrystaat se

astrobane verwag. In diegeselskap van Stirling High,Hudson Park, KimberleyGirls’ High en plaaslikehokkiekragte soos Oranje,Eunice en die seuns vanFichardtpark, is die tafel viruithalerspel gedek.Op die netbalbane sal

Fichardtpark, Oranje,Upington, Noord-Kaap,Diamantveld, Sentraal enWitteberg waarskynlik diepas aangee.Sportliefhebbers word

genooi om die reuse-sportge-leentheid by te woon.Toegang is R15 per volwasse-ne. Leerlinge in sportdrag/skooldrag betaal niks.Die Hoërskool Fichardt-

park gee erkenning aan dievolgende hoofborge: Clover,Twizza, die LifeRosepark-hos-pitaal, Noordwes-universiteit(Pukke), Central Nissan enCheckers Hyper. (Sienpromosieblad in volgendeweek se Bloemnuus.)

Lynne Landman

NADIA MEIRING (17) vandie Hoërskool Sentraal is asBloemnuus se eersteSuperSport Let’s Play-sport-ster van die maand vir haarpuik prestasies in atletiekgekies. Sy blink ook innetbal uit.Op vanjaar se Sone 2-atle-

tiekbyeenkoms het Nadia55,62 m in hamergooi virmeisies o.17 gehaal. Met diéafstand kwalifiseer sy vir

die Afrika-kampioenskaps-byeenkoms in April inMauritius, asook die tweedeJeug- Olimpiese Spele van16 tot 28 Augustus inNanjing, China.Op die Sone 2-atletiekby-

eenkoms het Nadia diehamergooi- en gewigstoot-rekords verbeter en drieeerste plekke in hamergooi,gewigstoot en diskusgooibehaal.Sy het op 7 Februarie

haar hamergooirekord na

53,80 m verbeter en tweeeerste plekke in hamergooien gewigstoot en ’n derdeplek in diskusgooi op dieHTS Louis Botha-uitnodi-gingsbyeenkoms behaal.Op die Toptien-atletiekby-

eenkoms van AtletiekGauteng-Noord en diePrestige-kollege het Nadia’n Suid-Afrikaanse atletiek-jeugrekord in hamergooi virmeisies o.17 opgestel.Haar wenafstand was

56,39 m.

S Stuur vandag jou benoe-ming na [email protected] wat ná die

20ste van die maandontvang word, word na dievolgende maand oorgedra.Die SuperSport Let’s

Play-sportster van diemaand-wenners word vanFebruarie tot Novemberaangewys.Vir meer inligting kontak

Lynne Landman of JuanréViviers van Z PR by 051-522-9574.

NadiaMeiring en haar afrigter, LouwPrinsloo, van die Hoër-skool Fichardtpark.

Prinsloo wen dié maand