Top Banner
Weet wat dit is en hoe jy jouself kan beskerm ASBES Omgewingsake Department: REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA omgewingsake
20

ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

Aug 22, 2020

Download

Documents

dariahiddleston
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

1

Weet wat dit is en hoe jy jouself kan beskerm

ASBES

Omgewingsake Department:

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

omgewingsake

Page 2: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

2

WAt iS ASBES?

Die term asbes dui op ‘n groep natuurlik voorkomende veselag-tige serpentyn- of amfiboolminerale met histories kommersiële nut weens hul buitengewone breekkrag, swak hittegeleiding en relat-iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

Asbesvesels

Page 3: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

3

Asbesklip

VormS VAn ASBES WAt in Suid-AfrikA gEVind Word

Die drie tipes asbesminerale Amosiet, Chrisotiel & Krosidoliet wat in Suid-Afrika aangetref word, is in die volgende provinsies ont-gin, naamlik Limpopo, Noord-Kaap en Mpumalanga.

• Amosiet staan ook bekend as ‘bruin asbes’ en is soortgelyk aan Krosidoliet, ‘n lid van die amfiboolgroep. Dit het growwe, puntige vesels met goeie breekkrag en weerstand teen hitte,

Page 4: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

4

en is algemeen as ‘n brandvertrager in termiese isoleringspro-dukte en plafonteëls gebruik.

• Chrisotiel word as ‘n plaatsilikaat geklassifiseer, wat plat velle lang, dun vesels vorm. Hierdie vesels is die mees buigsame van alle asbesvesels omdat dit die strafste hitte kan weerstaan, maar terselfdertyd sag en buigsaam genoeg is om so maklik soos katoen gespin en geweef te kan word. Dit het algemeen in gegolfde asbes-sementdakplate voorgekom wat tipies vir buitegeboue soos pakhuise en motorhuise gebruik is.

• Krosidoliet staan ook in die omgangstaal bekend as ‘blou as-bes’ en is ‘n lid van die amfiboolgroep. Dit bestaan uit naal-dagtige vesels wat die sterkste van alle asbesvesels is en ‘n hoë weerstand teen suur het. Dit is die mees dodelike van alle asbestipes en is algemeen gebruik om stoomenjins te isoleer en word in pypisolerings- en sementprodukte aangetref.

gEBruik VAn ASBESVESElS

• Asbes is deur die mens gebruik in sementboumateriaal, pyp-werkbekleding, matras- en tou-isolerings, brandbestandeiso-lasieborde,gesproeide brandbestandheidsprodukte,vloerteëls en –bedekkings, water- en rioolpype, gasmaskers, wrywing-smateriaal vir voertuigremme en –koppelaars, hysbakke en masjinerie. Stoomketels en pypwerk in hospitale, kragstasies en swaar nywerhede is algemeen met asbesprodukte beklee.

Page 5: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

5

Golfasbes-muurplate

Golfasbes-sement

Page 6: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

6

BlootStEllingSroEtES

• Asbesvesels kan in die lug vrygestel word deur die versteuring van asbesbevattende materiaal tydens produkgebruik, slop-ingswerk, bouwerk of instandhouding, herstel en opknapping van huise. Algemeen gesproke kan blootstelling voorkom slegs wanneer die asbesbevattende materiaal op die een of ander manier versteur of beskadig word om deeltjies en vesels in die lug vry te stel.

.

Gebreekte asbesdakteëls

Page 7: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

7

Gebreekte asbesplafonteëls

Page 8: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

8

Asbes wat in pyp-isolering gebruik is

SiEktES WAt mEt BlootStElling AAn ASBES VErBind Word

• Mense met maksimum blootstelling aan asbes loop die grootste risiko om ‘n asbesverwante siekte op te doen. Die eerste vlaag asbesverwante siektes het voorgekom onder werkers wat by die ontginning en vergruising van ru-asbes en die vervaardig-ing van asbesprodukte betrokke was. Negatiewe gesondheids-gevolge as gevolg van blootstelling aan asbes bly ‘n ernstige bron van kommer vir mynwerkers, myngemeenskappe en in-woners van geboue wat asbes bevat, asook diegene in ge-

Page 9: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

9

meenskappe waar die grond met asbes besmet is. Mynwerkers en myngemeenskappe loop die grootste gevaar om asbesver-wante siektes op te doen, maar is ook beter daarop voorbereid om hul blootstelling aan asbes te beperk as huiseienaars wat onwetend asbes inasem.

ASBESSiEktE

2 Asbestose

• Littekenvorming van longweefsel beperk die vermoë om suur-stof in te neem

• Dosisverwante siekte herhaaldelike en gereelde blootstelling

• Uitmergelende siekte en kan dodelik wees

• Inkubasietydperk 10-20 jaar

Page 10: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

10

• Asbestose is ‘n longsiekte wat deur hoë asbesvlakke veroor-saak word en algemeen onder mynwerkers, meule-werkers, isoleringswerkers en ander beroepe wat asbes op ‘n daaglikse basis gebruik, voorkom.

• Longkanker hou ook verband met blootstelling aan asbes. Dit is dodelik, veral as dit nie in die vroeë stadia opgespoor en behandel word nie. Dit kan selfs voorkom met lae vlakke van blootstelling, soos dié wat in die algemene omgewing voorkom. Hoër longkankersyfers word met al drie tipes kommersieel ont-ginde asbes verbind.

Page 11: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

11

• Kwaadaardige mesotelioom ontwikkel ná blootstelling aan asbes in die werkplek – in nywerheidsituasies, skeepswerwe, motorvoertuig-herstelwerkswinkels, ou huise, skole en open-bare geboue. Alhoewel blootstelling gewoonlik op lang termyn nodig is om iemand te affekteer, is daar voorheen gevalle aan-geteken waar korttermyn- en eenmalige blootstelling mesote-lioomkanker veroorsaak het.

Page 12: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

12

HoE groot iS diE ProBlEEm?

• Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beraam dat daar wêreldwyd meer as 100 000 asbesverwante sterftes per jaar is en dat 125 miljoen werkers tans aan die dodelike vesels bloot-gestel word.

• In die Verenigde Koninkryk word die sterftesyfer op ongeveer 3 500 per jaar beraam, en 10 000 per jaar in die VSA.

• In Suid-Afrika word ongeveer 200 mesotelioomgevalle elke jaar aangemeld, maar dit is heel waarskynlik ‘n onderberam-ing, gegewe die omvang van die ontginning en verwerking wat plaasgevind het in ‘n land wat ‘n toonaangewende verskaffer van drie tipes asbes was.

HoE om mAtEriAAl WAt moontlik ASBES BEVAt tE idEntifiSEEr

• ‘n Mens kan gewoonlik nie agterkom watter materiaal asbes bevat bloot deur daarna te kyk nie, tensy dit as sulks gemerk is. Asbes in geboue kom voor hetsy in bros, poeiervorm (soos los isoleringsmateriaal) of, meer dikwels, versteek in ‘n ander materiaal (soos asbes-sementprodukte).

• Vesels kan in die poeiervorm sigbaar wees, maar word selde in asbes-sement en soortgelyke produkte opgemerk. In albei gevalle is dit onmoontlik om asbes deur slegs visuele onder-soek sonder twyfel te identifiseer, en laboratoriumontledings is dikwels nodig.

• Sedert Maart 2008 is asbes effektief verban in Suid-Afrika, en dit is uiters onwaarskynlik dat ‘n mens asbesbevattende mate-riaal sal aantref in geboue wat ná daardie jaar opgerig is. Die

Page 13: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

13

goue reël is egter altyd: indien twyfel, veronderstel dat die ma-teriaal asbes bevat.

Gemerkte asbesbevattende materiaal

Suid-AfrikAAnSE rEgSVErEiStES mEt BEtrEkking tot ASBES

• Die Suid-Afrikaanse Departement van Arbeid se regulasie (No. 155 van 2002) verbied ‘n werkgewer of ‘n persoon in eie diens om werk te verrig wat enige persoon in gevaar van asbesbloot-stelling stel.

• Indien asbes deelvorm van ‘n perseel of gebou, vereis regu-lasies dat strappe geneem moet word om te verseker dat asbes geïdentifiseer word en dat potensiële blootstelling van ‘n per-soon aan die vesels beheer moet word.

• Geen werk mag op asbes of asbesbevattende materiaal (As-bestos Containing Materials of ACM’s) uitgevoer word voor-

dAngErContAinS ASBEStoS fiBErS

AVoid CrEAting duStCAnCEr And lung diSEASE HAZArd

Page 14: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

14

dat ‘n skriftelike werkplan opgestel en die nodige voorsorg-maatreëls getref is nie.

• Sloping of verwydering van asbes en ACM’s mag slegs deur ‘n goedgekeurde asbeskontrakteur uitgevoer word.

dAngErTHIS AREA CONTAINS

MISCELLANEOUS ASBESTOS MATERIALS

CHECK PLANT OR SAFETY ENGINEER’S OFFICE FOR IDENTIFICATION

AND LOCATION OF ASBESTOS MATERIAL

AVOID CREATING DUST CANCER AND LUNG DISEASE HAZARD

Page 15: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

15

riSikoVoorkoming

‘n Werkgewer of ‘n persoon in eie diens moet verseker dat die blootstelling van ‘n persoon aan asbes hetsy voorkom word, of waar dit nie redelikerwys prakties moontlik is nie, voldoende be-heer word: Met dien verstande dat die beheer van die blootstelling as voldoende beskou sal word indien die blootstellingsvlak: 1) re-delikerwys prakties uitvoerbaar is om blootstelling te verlaag deur ander middele as respiratoriese beskermende toerusting, sodat dit nie die 0% vir asbes oorskry nie. 2) waar redelikerwys uitvoer-baar, moet ‘n werkgewer of selfwerksame persoon ‘n persoon se blootstelling beheer deur:

• ‘n Plaasvervanger vir asbes te gebruik

• Die aantal persone wat blootgestel of moontlik blootgestel sal word, te beperk

• Die tydperk wat persone blootgestel of moontlik blootgestel sal word, te beperk

• Die hoeveelheid asbesstof wat die werksomgewing kan besmet, te beperk

Page 16: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

16

Beroepswerkers in hul beskermende persoonlike toerusting wat asbesafval hanteer

Page 17: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

17

die inasem van asbesvesels is die primêre oor-saak van asbesverwantesiektes. ingeasemde asbes word met veral drie belangrike siektes

verbind:

Asbestose – Asbes veroorsaak letsels of lon-gweefsel, wat uiteindelik ‘n mens se vermoë om in

te asem, beperk. longkanker – Asbes verhoog die risiko van long-kanker, veral in kombinasie met blootstelling aan

tabakrook. mesotelioom – Asbes word as die primêre oor-

saak van hierdie seldsame en dodelike tipe kanker van die longvoering en borskaswand beskou.

LUG WAT HULLE INASEMDIE DODELIKE

Page 18: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

18

ASBES, DIE STILLE

MOORDENAAR

WAARSKUWING

ASBES

Page 19: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

19

Asbesvesels op die grond

Asbesvesels wat op die grond gevind is

Klippe met asbesvesels

ASBESVESElS WAt oP gEmEEnSkAPSgrond gEVind iS

Page 20: ASBES - Department of Environmental Affairs · iewe weerstand teen chemiese aanslag. Die hooftipes asbes is: Chrisotiel, Krosidoliet, Amosiet, Antofilliet, Arimoliet en Aktinoliet.

Environment houseSteve Bikoweg 473,ArcadiaPretoria0002

oproepsentrum: 086 111 2468

Webwerf: www.environment.gov.za

Om hierdie QR-kode vir u gerief te kan gebruik moet u ‘n slimfoon hê wat met ‘n kamera en ‘n QR-kodeleser / skandeer-toepassing toegerus is.