Top Banner
20 Prys: Redding / BTW: Doop 2-2016 Wees Daders van die Woord ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser Kwartaalikse Uitgawe Foto’s: Chris Krog
10

Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

Aug 03, 2016

Download

Documents

Janette Smit

Geestelike Pitkos
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

20

Prys: Redding / BTW: Doop

2-2016

Wees Daders van die Woord

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

Kwartaalikse

Uitgawe

Foto’s: Chris Krog

Page 2: Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

2

epos invalgedagtes

bediening

Ontvang elke dag ‘n kort geïnspireerde

boodskap vanuit die Woord.

corpuschristi@ cybersmart.co.za

Redakteur Piet Smit

Stories & Uitleg Janette Smit &

Elsabe v/d Westhuizen

Fotograaf Ingrid Gheysens

Oorsig Susan Smit

Adres:

Baroccastraat 19, Malmesbury, 7300

Tel: 022 487 2200

Epos:

[email protected]

Web: http://www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Facebook: AGS Corpus Christi

Malmesbury

Medewerkers van

die Aptytwekker

IN HIERDIE

UITGAWE

NUUS

10-11 Foto’s

ARTIKELS

5 The Importants Of God’s

Words

6 Wie Sal Sak (2)

RUBRIEK

3 Nuus vd Herderspaar

9 Spieëltjie Spieëltjie

GEREELD

4 Al Bruis Die Jordaan

8 Slaankrag In Lofprysing

15 Ons Stel bekend

16 Soek die antwoord

Tydskrif Magazine van die of the

AGS Corpus Christi Malmesbury

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

19

Page 3: Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

18

Getroud tot die dood Een van die mede bergklimmers stuur vir my (past. Smit) die volgende skrywe n.a.v. die onlangse reeks oor die huwelik. Ek deel dit met sy goedkeuring: Hy skrywe Ons is vandag (27 Mei) 39½ jaar getroud. Ons het die huwelik aan ons seuns beskryf as ‘n vier letter woord, gespel WERK. ‘n Goeie stuk raad van ‘n ander egpaar, voor ons huwelik, was die volgende: Elke maand, op die datum (27ste in ons geval), onthou/vier die huwelik deur iets eenvoudigs soos bv. ‘n koppie tee/koffie by ‘n gunsteling kuierplek; iets

kleins wat net anders is as die ‘daily grind’. Na ons eerste kind se geboorte het hierdie goeie gewoonte uit die bus geval tot, toe hy vyf jaar oud is, ons besef het hoe min ons met mekaar diep dinge gepraat het (ten spyte van gedeelde stiltetye!) en dit heringestel. Toe die leë nes gebeur het, het ons weer begin “date” – en was dit lekker!

Drie jaar gelede het ons, presies 40 jaar na ons ontmoet het, op die datum, middagete geniet in die pragtige Jonkershoekvallei – reg oorkant die plek waar ons ontmoet het. (Ai, en het haar vriendinne nie gedink dit is ‘n romantiese daad nie!)

Ongelukkig word hierdie goeie gewoontes binnekort stopgesit. Nie deur egskeiding nie, maar skeiding deur die dood. Ek het jou vertel met die “grotstap” verlede jaar dat kanker vir … weer gevat het, na sy in 1994 vir borskanker behandel is. Sy het waarskynlik net ‘n paar dae oor, met uitsaaiings in haar long, nou so erg, dat elke asem wat sy vat, ‘n stryd is. Ons is dankbaar vir die 20

jaar wat sy kanker vry was waartydens sy drie seuns die wêreld in kon stuur, twee skoondogters ryker geword het, en drie kleinkinders geniet.

Sy is gereed om deur ons Hemelse

Vader verwelkom te word.

(Ons het nou net weer die formaat van haar roudiens bespreek.) Maar vir my om die skeuring van die Bybelse “een vlees” te ervaar, is geweldig pynlik.

Kommentaar: Past. Piet Smit Hierdie getuienis het my laat dink aan die teks in

Open. 2:10 – “Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.” Hierdie man het sy vrou bygestaan tot … feitlik die einde. Wat ‘n voorbeeld van getrouheid in die huwelik!

~ ~ ~

Anoniem

3

Om by die Here Jesus uit te kom as Redder, is die grootste wonderwerk denkbaar! Tog is daar iets wat skort as mens net dáár gaan vassteek. So sien mens dit in die heel eerste vraag wat Paulus vir die dissipels van Éfese vra (Hand. 19:2): “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” M.a.w., is julle ook vervul of gedoop met die Heilige Gees?

Om dieselfde rede hou ons jaar vir jaar Pinkster. Eerstens is dit ‘n viering van wat in die bo-vertrek gebeur het in Hand. 2: 2-4, maar terselfdertyd is dit ook ‘n geleentheid vir elkeen om weer te kom tot die Bybelse standaard van Gees-vervulling. Mens kan vir ‘n eerste keer as gelowige vervul word met die Heilige Gees maar mens kan ook ‘n hervulling ontvang. (Hand. 4:31)

Wat ‘n wonderlike tyd was dit nie ook weer vanjaar met ons reeks oor Herlewing! Vele het gesê van die Woensdagaand: “Ek het nog nooit so iets in my lewe gesien en ondervind nie!” Al die lof aan die Here!!!

Ek wil glo dat ons deurbraak het gekom in die aanloop, toe ons as gemeente die 27ste April 2016, die nasionale dag van vas en gebed, ons volle samewerking gegee het en

ons in die kerk met ‘n skakel-vas en -gebed die Here gesoek het. In ‘n vorige gemeente het ons destyds as ‘n paar broers ‘n dag in die kerk gevas en ek het so verlang om weer so iets te beleef. Ekself het basies die hele dag in die kerk deurgebring en gesien en beleef hoe elkeen sy tyd kom bid het in die kerk. Die aand net voor slapenstyd lees ek die woorde van Ps. 99:6 – “Hulle het die Here aangeroep, en Hý het hulle verhoor.” Die ou basiese waarheid vir ‘n deurbraak: Vas en gebed!

Alhoewel ons Pinsterdienste eenmaal in die jaar hou, beskou ons onsself as ‘n Pinksterkerk. D.w.s. ons het elke dag Pinkster. Ons wandel elke dag onder en in hierdie atmosfeer van Sy teenwoordigheid. Ons wil elke dag gelei word deur die Heilige Gees. Ons tap Sy krag vir alles wat ons doen en ons leef vanuit hierdie krag om Sy getuies te wees teenoor die mense met wie ons saam leef en werk. Ons moet voortdurend lief wees vir mekaar, want hieraan sê Jesus, sal die wêreld weet dat ons Sy dissipels is (Joh. 13:35)! Piet & Susan Smit

NUUS VAN DIE

HERDERSPAAR

Page 4: Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

4

tant Sannie de Ferriers

Al Bruis

Die Jordaan

Na hierdie geseënde tydperk van arbeid waarna ons altyd met baie genot terugdink, het ons ‘n beroep na ‘n plattelandse gemeente aanvaar. Hier was alles presies die teenoorgestelde as in die vorige gemeente. Ons het meer as eendag gevoel dat ons met ‘n Gen. 22 ondervinding besig was: “En na hierdie dinge het God Abraham beproef.” Dit was ‘n beproewingsvuur wat op alle gebiede gebrand het. Tog het ons daar ondervindings op-gedoen wat selfs vandag nog ons bediening beïnvloed.

‘n Paar maande na ons aankoms in die gemeente het iets wonderliks gebeur. ‘n Ernstige Christen van ‘n ander kerk-genootskap, broeder C, het ons kom vra om een Woensdagaand ‘n diens by sy huis te hou.

Laat die Dinsdagmiddag, by ons terugkeer van huisbesoek, sê my man onverwags: “Het die Here dalk vir jou ‘n boodskap gegee vir môreaand? Ek het baie gebid, maar niks ontvang nie.” “Nee, my liefling”, antwoord ek, “vanaf ons huwelik vra ek nooit vir die Here ‘n boodskap nie tensy jy, die hoof van ons huis, vir my sê jy voel ek moet dit gee.” Die aand het ons baie ernstig vir die Here gevra om ons sy wil vir die

geleentheid te openbaar.

Baie vroeg die volgende oggend was dit of iemand my wakker gemaak het. Toe ek my oë oopmaak, sien ek ‘n man voor my bed staan, reg voor my. Ek het ‘n heilige teenwoordigheid gewaar en nie gewaag om na sy gesig op te kyk nie. Hy was geklee in ‘n bruin pak. Dit het my opgeval dat die pak van ‘n duur stof gemaak was en ek het selfs gemerk dat ‘n fyn rooi draadjie ‘n duim van mekaar in die stof ingeweef was.

Kalm het Hy my in Afrikaans aangespreek: “Julle twee het gisteraand geredeneer oor wie vannaand die boodskap moet gee. Hoekom praat julle nie oor daardie teks: “Ek bid vir hulle…” Meteens bly Hy stil asof Hy my kans wou gee om te dink waar dit geskryf staan. Toe ek onthou dat dit in Joh. 17 is, hervat Hy: “En die ander teks wat sê: “Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid…”

Ek lê nog so en dink: Waar sou dit geskryf wees? O ja, die Here Jesus het dit vir Simon Petrus gesê in Lukas 22:31, en die volgende oomblik was Hy weg.

(Vervolg)

17

soek die antwoord vorige keer se antwoord

Johannes die dissipel, het verkies

om eerder van mond tot mond

met die gemeente te praat as om

te skryf. (2 Joh. 1:12) Niemand

het ‘n korrekte antwoord verskaf.

hierdie keer se vraag

Waar lees ons in die Bybel van ‘n

geval waar ‘n swaard heeltemal

weg in ‘n man se lyf gesteek is?

Sms die antwoord met jou naam na: 073 447 2902

4 keer genoem). Daarmee het die

dogters van Lot hom dronk gemaak

en kinders by hom verwek.

Van ‘n man wat soveel besittings

gehad het dat die land hom en

Abraham nie kon dra nie, eindig hy as ‘n voorwerp van bespotting.

Op die korte duur het dit gelyk asof die

sak-beginsel vir Abraham kon benadeel.

Maar op die langtermyn het hy as ‘n

vermoënde man geëindig.

Maar Lot eindig bankrot, binne in ‘n grot,

soveel so dat ons met hom kan spot!

WIE SAL SAK WIE SAL SAK WIE SAL SAK WIE SAL SAK

(Vervolg vanaf bl. 6)

S t a a nS t a a nS t a a nS t a a n

(Stefan Joubert) Iemand skryf iewers dat as jy nie vir iets staan nie, dan val jy vir letterlik

enigiets. Ek sou wou byvoeg: as jy nie vir Iemand staan nie, dan val jy vir

enigiemand se stories. Hierdie Iemand is die Here. Om in Hom vas te loop, is lewensveranderend. Daarna is jy nooit weer dieselfde nie. Dit is soos ’n kop-aan-kop botsing, ’n noodlottige een. Daar sterf jou ou self. Daar staan

’n nuwe jy op in ’n nuwe lewe. Om Christus te leer ken, is nie net om ’n paar duikklop-werkies aan jou ou self te laat aanbring nie. Dit is om oor te begin met jou lewe. Dit is om te weet dat jy ’n nuwe skepping is soos wat

Paulus in 2 Korintiërs 5:17 skryf. Dan is alles nuut omdat jy nuwe oë en ’n

nuwe hart gekry het. Jy leef dan kraakvars en nuut vir God. Jy loop op

nuwe paaie en dink nuwe dinge. Christus die Here gee nuwe betekenis

aan jou lewe. Nee wag, Hy is die somtotaal van alle betekenis in jou

lewe. Hy is die Here.

Hy is jou hoop en jou troos. Nou en vir altyd.

~ ~ ~

Page 5: Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

16

~ ~ ~

Jy ken mos die sêding:- Wat is erger as 'n wurm in 'n appel? 'n

Halwe wurm! Dis nou as jy hom gehap het. Eish! Wel, daar is min

dinge wat 'n vrug so kan bederf, want die appel mag prag&g lyk van

buite, maar vrot wees van binne.

Ma( 12 : 33 "As julle sê 'n boom is goed, moet julle ook sê

sy vrugte is goed, en as julle sê hy is sleg, moet julle ook sê

sy vrugte is sleg. 'n Boom word tog aan sy vrugte geken."

Hierdie teks is vir my persoonlik 'n vreeslike aanklag, want die Here sê hier

dat dit wat jy uitstraal, jou binneste weerspieël en om eerlik te wees is ek

nie altyd gelukkig met my binneste nie, hoewel ek myself nogal kan voorhou

as 'n prag&ge skoon, gesonde vrug. Het jy al gehoor dat mense so graag sê

dat Christene skynheilig is? Wel, ek moet dit erken, ek stal nie maklik die

vrot dele uit nie.

Dis nogal mooi as jy 'n mooi gesonde, rooi appel so blink poets met 'n

lap, want hy kan nogal prag&g blink as jy so bietjie met hom werk. Nou ja, so

kan jy jou beeld wat jy na buite voorhou ook prag&g blink poets, maar net

die Here, en die wat naby jou is, sien die ongesonde binnekant. Maar as jy

die Here toelaat om jou blink te poets, is dit anders, want Hy begin nie buite

nie, Hy werk van binne af. En hoe mooier Hy die binneste vorm, hoe mooier

word dit van buite.

Dis wat Hy wil hê, 'n gesonde binnekant wat goeie vrug dra in hierdie

wêreld, maar ons kan nie as Hy nie eers

die wurms verwyder het nie. Dit hang

maar net van onsself af.

En as die wêreld ons dan beskuldig van

skynheiligheid is dit okay, want die Here

gebruik nie volmaakte mense nie, Hy

gebruik skoongewaste mense.

Willem Botha

5

The Importance of God's Word

Kenneth E. Hagin

“My son, attend to my words; incline thine ear unto my sayings. Let

them not depart from thine eyes; keep them in the midst of thine

heart. For they are life unto those that find them, and health to all

their flesh.” (Prov. 4:20-22)

Knowing the written Word of God for yourself is very important. I've had people

attend my meetings who were there every single service, but they didn't bring their

Bibles. Now I didn't tell them, but I knew that if I could get them to bring their Bible

one time so they could see for themselves what God says, they would receive their

healing.

I remember one fellow in particular. He had been in twenty-one services, yet still

failed to receive his healing. I said to him, "Bring your Bible."

He responded, "Well, the only time I take my Bible to church with me is on Sunday

morning."

I said, "Bring it with you." I knew he wouldn't accept what I was saying if I just told

him, because he thought certain scriptures read a certain way. And they didn't read

the way he thought.

One night he brought his Bible and followed me in reading the scriptures. Before I

finished my lesson, he jumped up and said, "I just can't wait. I'll receive right now."

And he received his healing!

Someone might say, "What if you couldn't have gotten him to bring his Bible?" He

wouldn't have received. The Bible is

God's Holy Book. The Bible is God

speaking to us. Do you want God to

speak to you? The Bible is God

speaking to you.

Confession: The Bible is God speak-

ing to me. I attend to God's Word by

reading and studying my Bible. I

keep His Word before my eyes, and I

incline my ears unto it.

Page 6: Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

6

WIE SAL SAK WIE SAL SAK WIE SAL SAK WIE SAL SAK

(2)(2)(2)(2)

Past. Piet Smit

1 Pet. 5:5 – “Net so moet julle,

jongeres, aan die oueres onderdanig

wees; en wees almal met ootmoed

bekleed in onderdanigheid aan

mekaar, want God weerstaan die

hoogmoediges, maar aan die

nederiges gee Hy genade.”

Die sak-beginsel was ter sprake in die

verhouding tussen Abraham en Lot.

Lot was die broerskind van Abraham

wat saam met hom getrek het en in

Kanaän saam met Abraham baie

welvarend geword het. Soveel so dat

die land hulle twee nie kon dra met

hulle groot getalle aan vee nie. Toe

daar later twis tussen die twee se

wagters ontstaan het (Gen. 13:7), het

beide besef dat daar ‘n plan gemaak

moes word, want so kon dit nie

aangaan nie. Hulle was nou soos die

twee bokke op die rotslysie, kop teen

kop. Wie sal kop gee? Wie sal sak?

Die persoon naaste aan die Here en

die nederigste sal eerste sak. So

gebeur dit dan ook. Dis Abraham wat

sak (Gen. 13:9): “... gaan jy links,

dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs,

dan sal ek links gaan.” Abraham die

senior vennoot laat die keuse oor aan

Lot, die junior.

Vele sê: “Ek kan mos nie altyd die

minste wees nie. Mense gaan van dit

misbruik maak en my sagtheid

uitbuit!” (Onthou as gelowige doen

jy dit ter wille van die Here.)

Kom ons kyk ... Wat gebeur in die

verhaal van Abraham en Lot? Lot

kies toe dit wat op die oog af so goed

lyk, sonder om die Here te raadpleeg

– die vrugbare Jordaan vallei (vers

10, 11). Maar Sodom en Gomorra

was ook daar ... Ons lees dat hy het

later daarin gaan woon. Toe Sodom

met swawel en vuur verwoes word

(Gen. 19:24), moes hy vlug met net

die klere aan sy lyf en slegs sy twee

dogters het oorgebly as familie. Toe

gaan woon hy in ‘n spelonk in vrees

(Gen. 19:30). Al wat ons lees wat

hulle uit Sodom moes saamgeneem

het, was wyn (vers 32 – 35 word wyn

(Vervolg op bl. 17)

Efe. 5:21 – “en aan mekaar

onderdanig is in die vrees van

God.”

15

ONS STEL BEKEND

Francois & Anneline Malan

WAT HET JUL LAAT ESLUIT OM HIERDIE GEMEENTE

TE KIES?

Francois - Vrede gevind in hierdie gemeente.

Anneline - Past. Piet Smit se manier van preek en

manier van doen.

WATTER BOODSKAP VAN DIE HERE HET JUL VIR DIE MENSE

DAAR BUITE.

Francois - Stel vir jou ‘n doel en volhard daarin totdat jy dit bereik

het.

Anneline - Liefde gee & deel met ander wat jy het.

WAT WIL JUL NOG GRAAG VIR

JESUS DOEN?

Francois - Siele na Hom toe lei.

Anneline - God gee vir my klein opdraggies - wag vir Sy opdrag.

WAT HET JUL DAARTOE GELEI HET OM ‘N KIND VAN

GOD TE WORD?

Francois - agv. van malaria en daar geen hoop was nie,

het die Here my kom genees.

Anneline - 1979 tot bekering gekom. Nadat ek besef het om wedergebore te wees, daar meer is as om net te

voel jy het God lief.

WAAR IS JY GEBORE?

Francois - Richmond (Karoo)

Anneline - De Doorns

WAT IS JOU GUNSTELING TYDVERDRYF?

Francois - Om met my hande te

skep.

Anneline - Saam met Francois alleen te kan wees.

(Scrapbooking , mosaic)

Voorgestel

15 Mei 2016

Page 7: Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

14

DIE PAD HEMELHEMELHEMELHEMEL TOE

“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam van die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:13). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen my en U staan. Ek het berou daaroor,

want dit het U Heilige Naam onteer. Was dit weg met U bloed. Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om die beheer van my

lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: “As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U Heilige Gees en dat dit sal word soos strome van

lewende water wat uit my binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag om in tale te spreek soos die Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)” .

Amen!

As u God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart:

OORGAWE GEBED

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie.

Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38) en word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees! Skakel gerus vir past. Piet Smit - 022-48 2200

wil jy gedoop word?

Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark.16:16

en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer

om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou

verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help. Past. Piet Smit

022-487 2200

7

Nuwe Bestuursraad 2016

Van links na regs: Zelda Roberts, Joyce Jasson, Brian Harker (Vise-Voorsitter), past. Piet Smit (Voorsitter), Ivan Gheysens (Sekretaris), Sylvia Venter (Tesourier), Johan Smit en Magrieta van Rooyen. Baie geluk aan hierdie nuwe span wat vir die volgende vier jaar op die Bestuursraad sal dien. Mag die Here hul die nodige wysheid en kennis gee om die gemeente reg en mooi te lei. Bid asb. vir hulle.

Page 8: Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

8

Dr. James van Zijl

(Vervolg vanaf Februarie)

Hierdie lof en aanbidding en gemeenskap met die Here is vir jou in jou binnekamer, maar beslis ook vir die groep gelowiges. Daar waar die Liggaam van Jesus bymekaar kom, daar verlang die Here ook om op hierdie wyse bedien te word. Dan bedien Hy ons met ‘n tale-boodskap, ‘n profesie, ‘n woord van kennis of wysheid deur die werking van Sy Heilige Gees deur Sy kinders. Heb. 10:19 Broers, ons het dus nou, deur die Bloed van Jesus VRYE TOEGANG TOT DIE HEILIGDOM en dit op ‘n weg wat nuut is en na die lewe lei. Besef jy wat hierdie teks impliseer? Ons kan nou gaan tot in die heiligdom: die Allerheiligste, elkeen van ons wat gewas is deur die Bloed van Jesus. Dis nie meer net vir die hoë-priester, eenkeer ‘n jaar soos in die Ou Testamentiese dae nie! Dis vir JOU, VIR MY, ENIGE TYD - hoe meer dikwels, hoe beter! En watter beter wyse is daar om dit te doen as om met lofprysinge en aanbidding die heiligdom te betree? Het jy geweet dat die blydskap in die Here jou beskutting is! (Neh. 8:11) Die Engelse

vertaling lui: the JOY OF THE LORD is our strength. So, dit is eintlik die blydskap VAN DIE HERE - dit behoort aan Hom. Jesus was vasbeslote dat sy dissipels (gelowiges, wat ons insluit) ook hierdie blydskap moes hê, want daar-sonder is ‘n gelowige swak.

Maar nou kom Ek na U toe. (Jesus bid tot Sy Vader - Joh. 17:13) En Ek sê dit terwyl Ek nog in die wêreld is, sodat hulle my blydskap in al sy

volheid in hulle kan hê. (Lees ook vers 20) Was hierdie blydskap afhanklik van die dissipels se uiterlike omstandighede? Nee! Hulle omstandighede was bra haglik, met hulle leier wat enige tyd gevange geneem kon word en miskien nog hulle ook? Gelukkige omstandighede? Beslis nie, maar hulle blydskap was IN CHRISTUS wat oorwinnend is. Dis ook jou en my erfenis! Hierdie blydskap is nie afhanklik van ons fisies omstandighede nie, maar dit is afhanklik van Jesus, en Hy is ‘n konstante, Ewige Oorwinnaar!

(Vervolg)

Advertensies

Indien u wil adverteer in ons maandelikse Aptytwekker

kontak: 022-487 2200

@ net R25 per kwartaal per blok.

Slaankrag

in

LOFPRYSINGELOFPRYSINGELOFPRYSINGELOFPRYSINGE

Dr. James van Zyl

13

Onder Die “link” na ons

facebook blad.

na die lig draai sodat ons kan weerkaats

en die wêreld laat weet dat net God ons Spieëlbeeld is en ons so

moet lewe dat mense dit kan sien en nie die uiterlike nie. Lewe

volgens die groot Spieël se wil en sy beeld sal deur ons straal

en die wêreld verlig. Vertrou nie op menslike spieëls of

muurbehangsels nie, want hulle is vals. Hulle lieg. Hulle sê net

wat ander wil hoor. Wat hulle van jou dink maak nie saak nie.

Dit is die beeld wat jy na God wys wat saak maak en net Hy

kan jou spieëlbeeld bepaal.

As jou binneste skoon is, sal jy in Sy spieël die engel

sien wat jou beeld terug kaats en as jy nie volgens Sy wil en

weg wil leef nie, wel dan sien jy die duiwel self en die spieël sal voor jou oë splinter.

Ons weet almal wat ’n bygelofie sê van ’n stukkende spieël. So mensies, kom ons

probeer van vandag af om nie ’n menslike spieël te wees om ander te kritiseer of te

oordeel nie, maar ’n spieël wat die krag van God se liefde uit straal, want net in Sy

spieël sal jy die Weg

en die waarheid leer

ken.

~ ~ ~

Baie geluk aan:

∗ Elton & Carmen vd Westhuizen met hul baba

dogtertjie.

∗ Rogun & Ernestine Yallappa met hul baba

seuntjie.

∗ Cobus & Mari Carstens met hul baba seuntjie.

∗ Morné & Jolandi Uys met hul baba dogtertjie.

∗ Melt & Poppie v Aarde met hul nuwe

kleinkind.

Vertrou nie op menslike spieëls of

muurbehangsels nie,

want hulle is vals.

Page 9: Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

12

“go-to” mense

~ ~ ~

Een van die Here se deur Stephan Joubert

In Engels word daar van “go-to-people” gepraat. Dit is daardie mense

na wie toe jy dadelik sal gaan as jy hulp

nodig het. Hulle is diegene met omgee-

harte. Hulle is mense met baie wysheid.

Ek wonder wie is al die “go- to- people”

wanneer mense vandag die Here

broodnodig het?

Wie is daardie mense wat dadelik

uitstaan as oortuigde navolgers van

Jesus? Ek vermoed dit sal doodgewone

mense wees wat stilweg op die Here se

pad loop. Dit sal mense van karakter wees wie se ja altyd ja is; mense

wat hulle woord gestand doen. Dit sal mense wees wat in Jesus se

Naam bekers kouewater uitdeel en stukkendes op die hande dra. Dit

sal diegene wees wat nie gedurig ander mense veroordeel en afskryf

nie, maar wat ander dien en tweede myle saam met diegene loop wat

dit nie verdien nie. Die Here se “go-to” mense is daardie stil maar

sterk lewende magnete van die Here. Soek sulke mense uit en leer by

hulle hoe om naby aan die Here te leef.

O ja, en maak seker dat jy van nou af

ook ‘n ” go-to” persoon is as iemand

die Here nodig het.

Onthou, elke fout wat u in hierdie

uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel.

Daar is diegene wat altyd

soek vir ‘n ou foutjie.

Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!

Innige simpatie

• Aan die familie met die

heengaan van Sannet

Templar

• Aan Naomi Timotheus met

die heengaan van haar

broer

• Ria Hendriks met die

heengaan van haar seun

• Aan die familie met die

heengaan van Linda

Swanepoel

9

Spieëltjie, spieëltjie sê vir my, hoe sien

ander mense my, sing Bobby van

Jaarsveld en ek wonder of ek altyd wil

weet hoe ander mense my sien? Wil jy

jou aan die genade van die mens se tong

oorlaat? Wat sien die mense rondom jou

as hulle na jou kyk? Sien hulle altyd die

regte spieëlbeeld of maak hulle hul eie

gevolgtrekkings? Hoekom is dit vir ons

so belangrik wat ander mense van jou

dink?

Wat sien jy wanneer jy in die spieël

kyk? Net ’n afdruk. ’n Halwe beeld en

’n dowwe een daarby. Ja, jy sien jou

gelaat, jy sien miskien

hartseer en pyn in jou

oë of dalk woede. Daar

kan geluk ook op jou

gesig weerspieël.

Enigiets. Maar kan

daardie spieël, hetsy

menslik of materieel,

binne jou sien. Kan dit

jou siel beskryf, jou

wese, jou hart. Kan mense weet wat

diep binne jou gesetel lê of kan die

spieël dit vir jou sê. Nee, die mens kan

nie, nog minder ’n spieël. Net jy …….

en nog Iemand weet!

Mense is so geneig om jou op jou

uiterlike te takseer. Het jy dit nie breed

nie en kan nie die modes volg nie en

moet maar jou skoon op gewaste beste

uitgaanklere aantrek, is jy arm en nie

goed genoeg nie, maar weet hulle dat jy

soggens vroeg in die kamer sit en met

jou eie Persoonlike beeld praat. Hoe jy

ou Tydskrifte sit en deurblaai en mooi

dagstukkie en ander mooi stukkies

uitknip en plakboeke maak wat jy by

ouetehuise en pasiënte gaan aflaai. Nee,

die spieël vertel nie dit nie. Die nors

vrou van langsaan word summier as

onbeskof geklassifiseer, maar niemand

weet van haar smagting om Sondae na

die huis van die Here te gaan en Hom

saam met ander gelowiges te aanbid,

maar nie kan gaan nie omdat haar man

haar dit nie toelaat nie. Omdat jaloesie

hom opvreet. Dit is sulke dinge wat die

menslike spieël en die spieël teen die

muur nie sien nie.

Die beeld wat ’n spieël uitdra is

nie altyd die waarheid nie. Kyk maar vir

Sneeuwitjie se

stiefma. Sy was

mooi, baie mooi en

die spieël het dit ook

elke keer vir haar

gesê, maar o wee,

wat die spieël nie

vertel het nie was

hoe verrot sy binne

was. Almal ken die

verhaal. Op die end

het die Spieël haar die teendeel bewys.

Sy is uitgevang!

Maar daar is een Spieël wat die

waarheid ken. Wat kan sien tot binne

jou diepste wese. ’n Spieël vir wie jy nie

kan jok nie. Hy sien daardie vaal arm

vroutjie wat die plakboeke maak en die

jaloerse man en Sneeuwitjie se stief

mamma en alle ander “make believe”

beelde. Dit is hierdie Spieël wie se

mening saak maak. Hoe Hy jou sien en

nie mense nie. Ons as mens moet dan

weer op ons beurt opstaan en ons beeld (Vervolg vanaf bl. 9)

(Vervolg op bl. 13)

(Elsabé van der Westhuizen)

Page 10: Aptytwekkers tweede kwartaal 2016

10

FOTO GALLERYGOEIE VRYDAG

doopdienste

17 April 2016

25 Maart 2016

13 Maart 2016

Bring jou laste na die kruis!

Francois Malan

Shantez Bergh Wilma Bergh

Magdalena Bergh Riana Muller

Geraldine Losper

20 Maart 2016

11

FOTO GALLERY GESINSdiens

Plat geslaan,

maar nie oorwin.

20 Maart 2016

Dr. Lemmer du Plessis

8 Mei 2016

Gospelsanger: Lizel Mouton

Die manne was skottelgoed. Vanaf links: Amber Zandberg, Liesel Engelbrecht, Silvia Venter, Leoni & Ian Gray.

17 April 2016

MOEDERSDAG SPESIALE PREDIKER

ASPIRANT SELHERDERS

Bybelse 30 seconds

VOORSTELLING

20 Maart 2016

Vanaf links: Wilma & Shantez & Magdalena Bergh, Geraldine Lospeer