Top Banner
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd, Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za November/Desember 2014 ptytwekker ppetiser NUUS VAN HERDERSPAAR DIE GEBOORTE VAN JESUS SOEK DIE ANTWOORD ONVERWAGS EERDER AS ... AL BRUIS DIE JORDAAN FOTO NUUS VERBRUIKERS SE ANDER … ONS STEL BEKEND VRIENDSKAP NIKS BEHALWE MANNA NIE DIE STEMMETJIE (Slot) SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE 10 JAAR VAN SEËN EN DIE GENADE VAN DIE HERE 4-10-2004 TOT 4-10-2014
20

Aptytwekker nov des 2014

Apr 06, 2016

Download

Documents

Janette Smit

Geestlike Pitkos Kerke Nuus
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Aptytwekker nov des 2014

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd,

Malmesbury, 7300

[email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury

Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

November/Desember

2014

ptytwekker

ppetiser

NUUS VAN HERDERSPAAR

DIE GEBOORTE VAN JESUS

SOEK DIE ANTWOORD

ONVERWAGS EERDER AS ... AL BRUIS DIE JORDAAN

FOTO NUUS

VERBRUIKERS SE ANDER …

ONS STEL BEKEND

VRIENDSKAP

NIKS BEHALWE MANNA NIE

DIE STEMMETJIE (Slot) SLAANKRAG IN LOFPRYSINGE

10 JAAR VAN SEËN EN DIE GENADE VAN DIE HERE

4-10-2004 TOT 4-10-2014

Page 2: Aptytwekker nov des 2014

2

Geliefdes in die Here, ons is almal weer verdwaas oor die spoed waarmee die jaar omgesnel het!

Ons kyk terug oor ‘n jaar van vele dinge en baie harde werk vir elkeen wat voluit vir Here gegaan het. Om net elke week te volhard in al die aktiwiteite van die gemeente waarin ek en jy betrokke is, is al klaar iets merkwaardig.

Ek wil dan uit my hart baie dankie sê vir elkeen wat saam skouer geskuur het in die Koninkryk van God en by elke geleentheid net sy of haar beste gegee het! Getrouheid is iets wat baie skaars geword het en is iets wat die Here baie hoog ag. Dankie dat jy getrou was in jou deel! Mag die Here jou beloon in hemelse munt volgens Sy goeddenke! Die belofte van die Here is dat hy diegene wat getrou is in die kleine, ook oor die grote sal aanstel (Mat. 21:25).

Twee groot mylpale is bereik

in die afgelope jaar nl. die opsit van ons kerk se gordyne en die opgradering van ons klank. Vir jare het ons gedroom en gewonder oor die geld en het ons daarvoor probeer spaar en waarlik die Here het dit vir ons voleindig!

Ons het ook in dié jaar die 10 jaar gedenkfees gevier. Dit was ‘n grootse geleentheid van lof aan die Here dat ons deur Sy genade 10 jaar saam die Here kon dien!

Vir elkeen se vriendelikheid, liefde en kameraadskap in die Here teenoor my en my vrou, sê ek baie dankie! U sal nie besef wat dit vir ons beteken nie. Dit kan nie met geld gekoop word nie.

Mag ons so saam in die Here, die ou jaar uitgaan en lofprysende die nuwe jaar tegemoet gaan. Mag die Here ons bymekaar hou om ‘n aanmoediging vir mekaar te wees tot die einde!

Piet & Susan Smit

Page 3: Aptytwekker nov des 2014

3

ONS SÊ NET DANKIE Namens die Bestuursraad bedank ek elkeen

van ons broers en susters vir ‘n wonderlike

jaar van saamdoen vir die Here! Jou

bydrae vir die werk van die Here

materieel sowel as geestelik, word opreg

waardeer. Jou mooi positiewe gesindheid

het gemaak dat ander aangemoedig is.

My mooiste wense vir ‘n ongeëwenaarde

Kersseisoen en 2015 in Jesus Christus!

past. Piet Smit

Page 4: Aptytwekker nov des 2014

4

Die Bybel Lukas 2:1 tot 20

“En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word. Hierdie eerste inskrywing het plaasgevind toe Cirénius goewerneur van Sírië was. En almal het gegaan om ingeskryf te word, elkeen na sy eie stad.

En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was, om hom te laat inskrywe saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was. En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.

En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.

En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!

En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het. En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê. En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van dié Kindjie vertel is. En almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat deur die herders aan hulle vertel is; maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink. En die herders het teruggegaan en God verheerlik en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het, net

DIE GEBOORTE VAN JESUS

Page 5: Aptytwekker nov des 2014

5

E lke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom?

Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse.

Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help.

Past. Piet Smit

022-487 2200

WIL JY GEDOOP WORD?

SOEK DIE ANTWOORD

VORIGE KEER SE ANTWOORD

Babilon het gesê dat hy nooit droefheid sal sien nie (Open. 18:7). ANTWOORD:

Franci Hugo van Vanrhynsdorp het eerste die antwoord voorsien. Baie mooi.

Sms jou antwoord met jou naam na: 073 447 2902

HIERDIE KEER SE

VRAAG

Van watter mense lees

ons in die Bybel wat net

gepraat het en nie

gedoen het nie?

Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.

Hebrieërs 13:5

Page 6: Aptytwekker nov des 2014

6

Die eerste sendeling in Korea waarvan ons weet was Robert J. Thomas. Hy het nie ’n reuse sen-dingprogram van stapel gestuur nie. Trouens, hy was dood nog voordat hy eintlik be-gin het. In 1866 was hy aan-boord van ’n Amerikaanse skip wat met die Taedong River in hui-dige Noord-Korea gevaar het waar hy wou gaan werk.

Die skip het op ’n sandbank beland. Die bemanning is aan-geval deur plaaslike soldate. Net voordat Thomas ook dood-gemaak is, het hy ’n Bybel aan sy aanvallers uitgehou en uit-geroep: “Jesus, Jesus!” Amper 25 jaar later het iemand ’n gastehuis in daardie omgewing besoek met vreemde muur-papier

minder georganiseerd en meestal onbepland

spontaan en veral binne verhoudings, en

dikwels informeel en meer as 90% van die tyd buite kerklike terrein.

Ek moes leer evan-gelisasie is ’n leefwyse. Die nuwe wagwoord wat

ek sedertdien myne gemaak het, is intensionaliteit. My int-ensie, oftewel, my ver-trekpunt en doel is om elke dag op ’n voltydse sending saam met Jesus en al sy mense te vertrek om God se koninkryk uit te leef. Maar die uitkomste van die roete ken ek nie.

Ook manipuleer ek nooit enige resultate nie. My roeping is net om agter Jesus aan te kom, en dit doen ek intensioneel elke dag. Hy sorg vir die res. As ek Hom volg, maak Hy my ’n visser van mense, soos wat Hy beloof het.

Wat ’n avontuur! -oOo-

teen die mure. Die eienaar het verduidelik dat hy van die Koreaanse skrif gehou het in ’n dik boek wat hy iewers gekry het. Toe plak hy dit op sy muur, soos wat dit die gebruik in daardie tyd was. Dit was toe al die tyd bladsye uit Robert Thomas se Bybel wat hy vir sy moordenaars gegee het en wat as teks vir baie gaste gedien het. Wie weet hoeveel mense het God se genade teen daardie einste muur ontdek! Navorsers reken dat 40% van Suid-Korea se inwoners vandag Christene is en dat hierdie Bybel van Thomas die eerste reuse stap was. Nooit het Robert Thomas gedink sy grootste impak ooit vir die Here sou wees op daardie dag dat hy net

twee woorde aan sy moordenaars gesê het met ’n Bybel in die hand nie. God werk egter soos Hy wil, en veral as ons dit nie struktureer of organiseer nie. Meeste van die tyd gebeur die evangelie uit die bloute. Presies soos wat Jesus in sy gelykenis van die skat in die saailand in Matteus 13 vertel, breek die koninkryk van God onverwags en verrassend deur.Vir te lank het ekself gedink Christenskap is ’n program wat ek met ander moet probeer deel. Nou begryp ek al hoe meer dat ons almal voltyds saam met Jesus op ’n missie is op soek na God se verlore eiendom. Maar ek het geleer hierdie missie saam met Jesus gebeur:

S T E F A N J O U B E R T

Onverwags Eerder As Bepland

Page 7: Aptytwekker nov des 2014

7

"Can I Afford It?” (Gloria Copeland)

No man that warreth entangleth himself with the affairs of this life; that he may please him who hath chosen him to be a soldier. 2 Timothy 2:4

You and I have been called to live the high life in Christ Jesus, not to be tied down to this natural realm. But all too often, instead, we allow ourselves to become tangled in the temporary affairs of this world. We allow those entanglements to drag us into defeat.

Don’t let that happen to you. Simplify your life. If you don’t have time for God, make time. Don’t

let your career, your family or anything else keep you from going on with God. One thing I can promise you is that every part of your life will be more blessed if you

take time to listen to God. Nothing you can do is better than hearing from heaven.

Before I consider taking on any new activity, I always ask myself, Can I afford this? Not can I afford it financially, but can I afford it spiritually? Can I give time to this activity and still keep my priority time with God? If not, I can’t afford it.

There’s only one thing you absolutely can’t afford to do without—and that’s your time spent in prayer and in the Word of God. It is your very life. It is where your victory lies. You may forget that, but Satan never

does. He’ll constantly be sending time-stealers your way. So be alert and don’t become entangled in them. Remember to ask yourself, “Can I afford this?” Then simplify your life. Make the time you spend with God your first priority every day.

~~~

Page 8: Aptytwekker nov des 2014

8

HOOFSTUK 13

JEAN DE FERRIÈRES VERTEL : ONS HUWELIK

Die Here het my, tydens die ses maande ondervinding van die kruisiging van die oue mens, ten volle vrygemaak van die hunkering na ‘n lewensmaat. Vir bykans twee jaar het ek die Here vuriglik gedien en baie vrugbare evangeliewerk gedoen. Ek het volle tevredenheid en geluk in Jesus Christus geniet.

Een aand, egter terwyl ek in ‘n tuin stap in diepe gebedsgemeen-

skap met die Here, het Sy stem baie duidelik tot my gekom : ,,Jy het voorheen begeer om vir jou eie selfsugtige belange te trou. Omdat Ek ‘n spesiale doel met jou toekoms gehad het, het ek dit altyd afgekeer. Is jy bereid om in My wil te trou tot My eer, en vir die uitbreiding van My koninkryk ?” My onmiddellike reaksie was : ,,Ag nee Here ! Ek het alles wat ek wil hê, U het my U vrede, blydskap en volheid gegee. Ek sien nie kans om weer deur al die smarte en onrus, wat ‘n liefdes-

verhouding mag inhou, te gaan nie.” Ek het dit met my hele hart bedoel.

Die sagte, onmiskenbare stem

van die Here het egter aangehou om met my te praat, totdat ek eindelik, weke later, ,,ja!” gesê het.

Ek was nietemin beslis dat die saak heeltemal uit die hemel moes wees. Daar moes geen kans vir die duiwel wees om my te bedrieg nie. Na gebed, het die Heilige Gees die volgende ,,eise”

aan my gegee wat ek moet stel om seker te maak dat die volmaakte wil van God uitgevoer sou word: Ek moes nie ‘n vrou soek nie. Die

Here self sou ons bymekaar bring.

Dit moes ‘n Christenmeisie wees wat die Here Jesus liewer het as enige ander persoon of enigiets op aarde, en sy moes duidelik bewys hiervan lewer.

Die Here moes ons beide duidelik toon en oortuig dat ons, as ‘n span, meer vir Hom sou kan doen as wanneer elkeen alleen in sy eie bediening voortgaan.

Die Here moes my dierbare moeder ten volle oortuig dat Hy daardie meisie vir my gekies het, en Hy moes deur haar aan my die bevestiging gee.

Die Here moes alles finaliseer met ‘n duidelike bevestiging uit Sy Heilige Woord. (Vervolg Jan.)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 9: Aptytwekker nov des 2014

9

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort

geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by: corpuschristi@cybersmart. co.za

Mal 3:10 – “Bring die hele tiende na die

skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My

tog hierin, sê die HERE van die

leërskare, of Ek vir julle nie die vensters

van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal

uitstort nie.”

BONUS OF 13e TJEK

As jy bevoorreg was om ‘n beroep te kon beoefen deur die jaar, is jy inderdaad baie bevoorreg in hierdie land van ons, want bykans 40% van ons land se mense word beskou as werkloos.

Dis geen reg, maar ‘n voorreg as jy aan die einde van die jaar ‘n bonus of dertiende tjek kan ontvang. Eer God daarvoor deur aan Hom ‘n tiende ook daarvan te gee. Die Here Jesus moet altyd eerste wees in alles wat ons doen!

oOo

Page 10: Aptytwekker nov des 2014

10

FOTO-NUUS

Bid op Kasteelberg - 7 September Bid By Dorp Se Poorte

21 September 2014

Gesinsdiens - Vat Vyf 21 September 2014

Verskeie ingange van die dorp.

Die groep van 17 wat saam gaan bid het op Kasteelberg. Kom doen saam volgende keer.

Susters Kamp - 26 tot 28 September 2014

Dis die huisies waarin ons gekamp het.

Links: Hier lê ons en wag op die Here.

Regs: Hier vaar ons op die Bergrivier.

Die sussies deel met mekaar. Lekkerste vis & chips!!!

Past. Smit gesels met Henk v/d Westhuizen (Links) en Stephan Cloete (Regs) oor hul gunsteling musiek.

Page 11: Aptytwekker nov des 2014

11

Huweliksdiens - 19 Oktober

Pretloop - 4 Oktober 2014

10 Jaar Gedenkfees - 5 Oktober 2014

Doop

Reg vir die 5km. stap.

Hier word “hasie” gespeel.

Toutrekspan!!!

Quad bike ritte!!!

Pannekoek!!!

Boereworsrolle!!!

Links: past. Nico Botha was die prediker van dié geleent-heid. Hier word die pastoorspaar weer aan die Here opgedra vir die jare voren-toe. ‘n Heerlike potjiekos ete is aan

die hele gemeente voorgesit .

Hier word al die paartjies se trou beloftes weer bevetig teenoor mekaar.

Links: Pierrie Lambrechts

(14 September 2014)

Onder: Daleen Dolmach, Mia, Mialise en Miscke du Toit. (26 Oktober 2014)

Page 12: Aptytwekker nov des 2014

12

Verbruikers Se Ander Naam Is Dwase

Ons leef in ’n verbruikers-aangedrewe samelewing, oftewel, ’n “consumerist society.” Menslike verbruikers stel nie

daarin belang om by ander iets te leer nie. Hulle is nie leergierig nie, maar verbruik-gierig. Hulle vra nie watter lewenslesse ander vir hulle te leer het nie, maar watter voordele mense vir hulle inhou.

Die dag as jy jou nuttigheidswaarde vir sulke menslike verbruikers verloor het, dan stoot hulle jou eenkant toe. Dan soek hulle nuwe slagoffers wat hulle van vooraf kan opgebruik. Geen

wonder nie dat Spreuke sulke menslike verbruikers met slegs een woord tipeer: dwase! Dwase is totaal en al onleerbaar. Hulle is selfsugtig.

Hulle steur hulle net mooi niks aan goeie raad of eerlike teregwysings nie. Hulle soek nooit na goeie advies nie, net na byvoordele. Hulle soek nie hulp nie, net geleenthede.

Hierteenoor loop wyses altyd op die pad van goeie verhoudings. Dit begin vir hulle in God se teenwoordigheid. Sy eer en sy erkenning tel vir hulle alles. Nooit probeer hulle Hom verbruik nie.

Page 13: Aptytwekker nov des 2014

13

ONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Betty Hendricks

WAAR IS JY GEBORE? Kimberley

WATTER SOORT WERK DOEN JY? Huisvrou

HOE SPANDEER JY JOU VRYE TYD? Ek lees en vul blokkieraaisel in.

WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die samekoms Sondae en die omgee en liefde in die gemeente.

AS JY ‘N BYBELKARAKTER KON NOOI WIE SOU DIT WEES, WAT SOU JULLE EET & WAAROOR SOU JULLE GESELS?

Hannah; Hemelse brood; Moederskap

NA WATTER MUSIEK LUISTER SUSTER GRAAG? Hillsong

WAT IS DIE GROOTSTE WONDER WAT DIE HERE AL IN JOU LEWE GEDOEN HET?

Die Here het my lewe so wonderlik kom omdraai, waar ek eens op die tyd iemand gewees het wat nie omgegee het nie. Die Here het nou baie liefde in my hart kom sit.

WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Geestlik sal groei en dat my man tot bekering sal kom.

WAT SOU JY GRAAG VIR DIE HERE WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? My hele lewe aan die Here wou gee met als wat ek het.

WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Baie dankbaar vir my kinders

WATTER EIENSKAP IN JOU LEWE FRUSTREER VIR JOU DIE MEESTE? Ongeduld; hou nie van wag nie.

WAT SIEN JY AS DIE MOOISTE MENSLIKE EIENSKAP? Verdraagsaamheid

WAT LAAT JOU GLIMLAG? As ek God se Genadehand oor my kinders en kleinkinders se lewe aanskou.

WAT SIEN JY AS DIE SIMBOOL VAN CHRISTENSKAP? Hande wat opgehef word tot Sy eer.

Page 14: Aptytwekker nov des 2014

14

Vriendskap (2)

Vraag: Kan jy vir my

vyf mooi

van goeie

vriende noem?

(past. Piet Smit) Jy Kan Jouself Wees

Sonder Om Ver-oordeel

Te Word

Dis ‘n luuksheid vandag, want ons leef ‘n in dag waar almal omtrent al die foute van ander ken en tog so graag wil oordeel en veroordeel. In hul eie oog is die balk sodat hulle beswaarlik kan sien, maar die splinter in die oog van die medemens moet pynlik en terdeë uitgehaal word (Mat. 7:3-5). Ek dink dat die bedoeling van genoemde Skrif gedeelte is: Jy sal lewenslank doenig wees om die balke uit jou eie oë te haal dat jy nie klaar gaan kry om by die splinter van jou

medemens uit te kom nie.

Hoe kosbaar en wonderlik, as jy ‘n vriend het wat doelbewus jou tekorte ignoreer maar eerder op jou goeie

hoedanighede fokus.

Vriende Praat Nie

Uit Nie

Dis baie kosbaar as jy ‘n ware vriend het teenoor wie jy jou hart kan uitpraat en weet dis veilig; dit sal nie oorvertel word nie. Ons het almal sulke veilige vriende nodig. Maar watter doodskoot is dit nie vir mense om later

te moet uitvind, dat die persoon wat hy of sy vertrou het en hulle hul hart ontbloot het, het alles iewers gaan uitblaker. Hoe vertrou sulke mense

ooit weer!?

Vriende vergewe

mekaar

Daar kom verskille en misverstande tussen die beste vriende net soos in elke huwelik. Daarom voel ek dat die belangrikste element in verhoudinge is die van vergifnis. As ons nie kan vergewe nie moet ons liewer nie vriende hê of mense om ons toelaat nie, want een of ander tyd oortree

ons teenoor mekaar.

Hoeveel keer moet ek iemand vergewe en bygesê, die ander persoon vir my? Jesus sê sewentig maal sewe (Matt. 18:22) beteken

maar net:

Ek moet elke keer

vergewe as hy of sy be-rou het en om vergifnis

vra (Luk. 17:4).

Ek moet selfs vergewe

en vry spreek al vra iemand nie om verskoning nie (Mark.

11:25).

Daar is geen

beperking op die

hoeveelheid kere nie.

Wees ‘n Vriend

Teenoor Almal

Vriendskap moet verdien word. Ek moet eers ‘n goeie vriend wees teenoor ander voordat ek kan verwag dat hulle my as ‘n vriend sal aanvaar. Dus, laat ek en jy die een wees wat uitreik na alle mense en ‘n vriend wees vir alle mense. Jou gebrek aan vriende beteken, jý is nie

‘n goeie vriend nie. In Die Gemeente

Jesus het aan die einde van Sy aardse bediening begin praat van sy dissipels as “vriende” (Joh. 15:13-15). Hulle het so na aanmekaar gekom dat hulle vriende vir mekaar geword het. Volgens

Jesus:

Doen vriende alles vir

mekaar (Joh. 15:14);

Deel hul alles met

mekaar (Joh. 15:15);

Moet hul selfs hul lewe

vir mekaar aflê (Joh.

15:13).

In Jesus se gemeente is

almal vriende … (Vervolg)

einskap

pe

Page 15: Aptytwekker nov des 2014

15

Ons lees in Numeri 11 dat selfs Moses mismoedig geword het en wou doodgaan. Ek wonder hoeveel predikers, hulp-kategete wat Sondae help om ons kinders toe te rus sodat hulle tot volwassenheid in hulle geloof kan groei en bv. koorlede al bedank het oor die gedurige gekla van gelowiges wat gewoond geraak het aan hulle seëninge. God het die Israeliete gestraf omdat hulle so gekla het. Hy het vir hulle die vleis gegee waarna hulle so gesmag het, maar daardie vleis het die dood meegebring. Dit sou beter met hulle gegaan het as hulle tevrede was met die manna! "Toe het Hy hulle gegee wat hulle gevra het, maar hulle van siekte laat wegteer" (Ps. 106:15). Die beste genesing vir die sonde om jou seëninge as vanselfsprekend te aanvaar, is dít: Sê elke dag vir God dankie vir alles wat Hy vir jou gee en alles wat Hy vir jou doen. As ons uit ons harte uit dankbaar is, omdat ons in verwondering staan oor God se genade en goedheid, sal ons nooit God se seëninge as vanself-sprekend aanvaar nie. Net soos 'n klein kindjie heeltyd verwonderd is oor alles wat die lewe hom bied, so moet die volwasse gelowige verwonderd staan oor God se

gawes en al die maniere waarop God voorsien. Hoekom moet God ons seën? Wie is ons dat God vir ons moet om-

gee? Die wortel daarvan dat ons ons seëninge as vanselfsprekend aanvaar, is hoogmoed. Ons ver-geet dat ons uit genade gered is, nie omdat ons dit verdien nie, en dat dit ook genade is dat ons nie vergaan nie. Hoogmoed laat ons kla en kritiseer, en hoogmoed kom tot 'n val. Wees versigtig om nie jou

seëninge as vanself-sprekend te aanvaar nie!

Gebed: Liefdevolle Here,

word U nooit moeg van goed-wees vir my nie?

Waarom is ek dan so traag om my liefde vir Ú te wys deur goed te wees

vir ander mense? Soos U vreugde het aan die

geluk van u kinders, laat my tog ook vreugde vind in diens

aan my naaste. Ag, Here, gee my wat ek nie het nie.

Máák my wat ek nie is nie. Laat die bewyse van u vergewende

en genadige liefde teenoor my, my aanspoor tot geduld en vergifnis

en genade teenoor ander. Amen

(Ingestuur deur Sonnet van Meyeren)

Page 16: Aptytwekker nov des 2014

16

(Vervolg vanaf Okt.) Wat is hierdie lewenstyl waaraan jy jou meet. Daar is net twee reëls wat jy moet onthou dan sal jy die ag wat daarna volg vanselfsprekend aanvaar. Jy sal nie steel nie, jy sal nie moor nie, jy sal eerbied hê vir jou vader en moeder en vir ander mense. jy sal nie begeer nie.

Matteus 22: 37 – 40: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste gebod. Die tweede gebod:

Let op wat dit hier sê! wat gelykstaan met die eerste gebod, nie minder nie en ook nie meer nie, maar gelyk! Jy moet jou naaste liefhê soos jouself! In

hierdie twee gebooie is die hele wet saamgevat. As jy hierdie twee wette vat en jou eie maak is ek seker daarvan dat jy na jou gewete sal luister wanneer dit weer met jou praat. Waar kry jy dit. By God ons Heer. Vra Hom net. In alle eerlikheid en berou en leef die lewe soos dit God behaag.

Ps. Moet nooit aan iemand doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie. Groet hulle met die woord Salanté: Ek wens vir jou toe wat ek vir

myself toewens. En ons wens tog net goeie goed vir ons self toe. Is dit nie?

Gods rykste seën aan elkeen van julle.

(Slot) oOo

(Elsabe v/d Westhuizen)

“U Woord is die lamp wat my die weg wys,

die lig op my pad”

Psalm 119:105

Page 17: Aptytwekker nov des 2014

17

(Vervolg van Okt.)

In elkgeval, die sondag-aand kyk ek toe so ‘n bietjie televisie en sien o.a. ‘n kerkdiens wat gebeeldsaai is uit juis een van hierdie kerke waar alles so stemmig en on-emosioneel moet wees. Met lang gesigte is psalms en gesange gesing. Toe vra die Here my: “Loof hulle My of is hulle by ‘n begrafnis?” Dit het beslis gelyk of hulle by ‘n begrafnis was!

Die volgende program het die naweek se sportnuus ingesluit en daar wys hulle toe uittreksels uit die vorige middag se rugby-wedstryde, o.a. ‘n toets-wedstryd wat op Nuweland gespeel was tussen die Springbokke en die Franse-span. Toe daardie vyftien manne in groen-en-goud op die veld draf toe is dit of daardie skare van 60,000 uit hulle velle gaan spring van blydskap soos hulle juig en klap en waai! Weereens hoor ek die stem van die Here: “Nou sien jy hoe mense geprys word, en kyk hoe was Ek geprys.” My onmiddellike reaksie was: “Maar Here, U kan dit nie vergelyk nie, want so ‘n klomp rugby-entoesiaste raak buite hulle-self”.

Die Here is geduldig en Hy wys my toe verder. Die volgende program wat aangebied was, was van ‘n orkes-uit-

voering wat in ons Transvaalse hoofstad gehou is in ‘n baie deftige opera-huis. Daar was nou die room van ons land se intelektueles en kunstenaars saamgetrek - die keurige klere was pelse en aandpakke. Die orkes het voorwaar puik vertoon, en toe die swaar gordyn sak begin die handeklap en toejuiging. Die gehoor van deftiges staan op en hou aan klap, voete stamp, fluit en juig vir ‘n baie lang tyd waartydens die gordyn goed vyfmaal gehys en gesak het! Die gehoor was ook buite hulle-self van waardering en vreugde oor dit wat die orkes hulle aangebied het!

Wel, die stem van die Here was weer daar. “Is jy nou oortuig van die vreugdelose, lewelose sogenaamde lofprysinge waarmee Ek moet

tevrede wees? Besef jy nou hoe swak dit vergelyk met dit wat vir mense-optrede gegee word! Kan jy verstaan hoe My hart hierdeur geraak word?”

“Ja Here!” was my uitroep, want die verskil en die tragiek daarvan, was vir my toe baie duidelik en ek het met nuwe ywer die Woord bestudeer om spesifiek uit te vind hoe ons Heerlike Here geloof en geprys wil wees, want Hy is tiendusend maal waardig!

(Vervolg Januarie 2015)

(Dr. James Van Zijl)

Page 18: Aptytwekker nov des 2014

18

Hy sien vir Pietie. Hy staan hier reg voor

hom en net voor hulle in die klas

instap draai Pietie om en glimlag vir Jannie en gee sy

hand vir hom en sê dan hy is jammer

omdat hy so onbeskof met hom was en hy sal bly

wees as Jannie sy vriend sal wees.

Jannie kon dit nie glo nie. Daardie middag stap hy met ’n lied in

sy hart huis toe al weet hy hy moet al

weer daardie kwaai tannie trotseer.

Vandag gee hy nie om nie.

Jannie klop aan die tannie se deur. Sy

maak oop en nooi hom vriendelik in en nooi

hom dan om by haar te kom sit.

Hulle drink tee en eet die lekkerste

koek. Jannie weet nie wat vandag aan die

gang is nie maar hy kla nie. Skielik is die

lewe vir hom lekker. Daardie aand toe sy

ma by die huis kom kon hy nie wag om

haar te vertel wat alles met hom gebeur het nie. Sy ma berispe

hom omdat hy met ’n vreemde man gesit en gesels het. maar haar hart sing omdat haar

seuntjie weer lag.

Jannie staan op die kafmied en kyk oor die wye vlakte uit. Hy en sy ma kuier op die

plaas van oom Gerrie. Hy het gisteraand

gehoor toe hulle praat in die kombuis toe

hulle gedink het hy lê en kyk televisie. Oom

Gerrie het sy ma gevra om met hom te trou en

by hom hier op die plaas te kom bly. Hy het gehoor hoe hy sê dat hy graag ’n pa vir

klein Jannie wil wees.. En hy het amper

handegeklap toe sy ma ja gesê het, maar hy

het darem betyds agtergekom dat hy

eintlik staan en afluister het en toe

maar saggies omgedraai het en weer

sitkamer toe geloop.

Hy hou van oom Gerrie. Hy is

vriendelik en sag nes die oom wat hy ’n

paar maande terug op die skoolterrein

ontmoet het. Hy het die oom nooit weer gesien

nie. Jannie is gelukkig.

Later daardie dag nooi Gerrie vir

Jannie om saam met hom te ry en te gaan

kyk of alles reg is in die beeskamp ’n

entjie van die huis af. In die beeskamp

staan Jannie agterop die bakkie en kyk deur oom Gerrie se vêrkyker na die berg vêrder voor

hulle. Dan gewaar hy iets soos ’n gat in die berg en hy vra

aan oom Gerrie wat dit kan wees.

“Jannie dit is ’n ou trein tonnel wat baie jare terug gebruik is. Wil

jy gaan kyk”. “Asseblief oom as ek

mag”

(Vervolg)

Laat julle liggie skyn. (Anne-Beth)

Page 19: Aptytwekker nov des 2014

19

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe van oorgawe wil leef, bid dan die volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die Naam vanvan die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word (Rom 10:31). Ek roep U aan! Vergewe my die sonde wat tussen

my en U staan. Ek het berou daaroor, want dit het U Heilige Naam

onteer. Was dit weg met U bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die Here van my lewe, kom in my lewe om

die beheer van my lewe oor te neem en my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle

kinders te gee, hoeveel te meer sal julle

Hemelse Vader julle die Heilige Gees gee

aan die wat Hom bid:” (Luk. 11:13). Ek vra U ook om my nou te vervul met U

Heilige Gees en dat dit sal word soos

strome van lewende water wat uit my

binneste kom (Joh. 7:38) terwyl ek U prys!

Ek verwag om in tale te spreek soos die

Gees aan my gee om uit te spreek (Hand. 2:4)

”Begin om God te prys. Spreek die woorde en klanke wat die

Heilige Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy moet jou eie stem

gebruik. God sal jou nooit forseer om te praat nie. Aanbid God elke dag in

tale. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring ontstaan het nie. Laat jou doop in water (Mark 16:16, Hand. 2:38)

en word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u

behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

OORGAWE GEBED

Page 20: Aptytwekker nov des 2014

20

Regs: Die “link” na ons

facebook blad.

Advertensies

Indien u wil adverteer in ons maandelikse

Aptytwekker kontak:

022-487 2200

@ net R25 per maand

Dawid Gous se pappie

Mari Carstens se stief pappie

MET ‘N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind,

is daar geplaas met ‘n doel.

Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie.

Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

oOo

Lofdanse - 26 Oktober 2014

Bo: Die groep nl. Koningskinders Vir Jesus het vir ons “Come Now Is The Time To Worship” mimiek. Hulle is almal van ons gemeente. Kosbaar!

Regs: Pierrie Lambrechts, Jana en Cobus Alberts met hul pragtige kinders. Baie welkom by ons gemeente.

Voorstelling

21 September 2014 Gesinsdiens

19 Oktober 2014

‘n Heerlike aand met vasvrae-

speletjies, aangebied deur Paul Cloete. Die tema was groen!