Top Banner
A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za Mei 2013 ptytwekker ppetiser * Nuus van die Herderspaar * Nuus van die Herderspaar * Nuus van die Herderspaar * Nuus van die Herderspaar * JEREMIA 1:5 * SONDAGSKOOL HOEKIE * B * B * B * B ID OF VERGAAN (Elkeen Se Deeltjie) (God Roep Jou) (Gemeentes wat bid) * FOTO NUUS (Ons eie dinge) * SOEK DIE ANTWOORD (‘n Nuwe Vraag uit die Bybel)
20

Aptytwekker Mei 2013

Mar 22, 2016

Download

Documents

Janette Smit

Maandlikse Nuusblad
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: Aptytwekker Mei 2013

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Mei 2013 ptytwekker

ppetiser

* Nuus van die Herderspaar* Nuus van die Herderspaar* Nuus van die Herderspaar* Nuus van die Herderspaar

* JEREMIA 1:5

* SONDAGSKOOL HOEKIE

* B* B* B* B ID OF VERGAAN

(Elkeen Se Deeltjie)

(God Roep Jou)

(Gemeentes wat bid)

* FOTO NUUS (Ons eie dinge)

* SOEK DIE ANTWOORD (‘n Nuwe Vraag uit die Bybel)

Page 2: Aptytwekker Mei 2013

2

Tannie Mable Davis kom ingestap by die kerkkantoor met haar gebruiklike vriendelik stem en nadat sy gegroet het, sê sy: “Ek het net my deeltjie kom doen …” (Sy help altyd met werk in die kerkkantoor op ‘n sekere dag.) Vanuit dit begin ons gesels en so saam, saam kom ons by die slotsom: “As elkeen in die gemeente darem net sy of haar klein deeltjie sal doen, watter krag sou dit tot gevolg hê!”

Dis mos nie nodig dat dit in die gemeente van ons Here Jesus Christus moet gaan soos wat dit oral elders gaan nie. Nl. dat daar is gewoonlik die paar wat oral betrokke is en alles moet doen. Daardie stomme mense dra hulle halfdood aan die gewig en die ander “rus” hulle letterlik dood. Ek droom van ‘n kerk, waar die Heilige Gees werk en elke lidmaat besig is om ander te versterk …

God het ons almal begiftig met gawes en talente. Ek het nie wat u het en u het weer ander gawes en bedieninge wat

wonderlik aangewend kan word om die evangelie-wa te trek. Om uit te vind wat jou bediening is, kan mens gewoonlik die volgende vrae vra: Wat wil jy graag doen, of wat frustreer jou as jy dit nie kan doen nie? En wanneer jy dit doen, is dit ‘n seën vir ander. Die antwoord hierop, is gewoonlik ‘n goeie aanduiding

van jou bediening.

Ons het baie bedieninge in die gemeente en ons vra mooi dat elke lidmaat betrokke sal raak en hom- of haarself daarin vir die Here sal

uit leef. Maar sou u oor ‘n gawe of ‘n bediening beskik wat ons nie in die gemeente bedryf nie, of sou u ‘n leemte aan iets sien; kom gesels en dan stig en begin ons so iets. Dit sal die werk van die Here net uitbrei en dink net watter geweldige bydrae sal u lewer.

Dis so waar; mens groei maksimaal wanneer jy verantwoordelikheid vir iets aanvaar. Anders is jy bloot ‘n passiewe onbetrokke toeskouer wat van die kant af toekyk. Mag elke lidmaat spoedig maksimaal betrokke wees.

NUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAAR

Page 3: Aptytwekker Mei 2013

3

(Annoniem)

God se roeping Daar is 'n patroon in die Skrif van hoe God mense gebruik en hulle lewens in die proses verander: (1) Daar is altyd 'n roeping. God vra gewone mense om betrokke te raak by ongewone geloofsdade, soos om uit die skuit te klim en op die water te loop. (2) Daar is altyd vrees. God het 'n gewoonte om mense te vra om dinge te doen wat hulle bang maak, soos Moses wat vir God gesê het: "Ek is nie 'n goeie spreker nie, gebruik iemand anders." (3) Daar is altyd gerusstelling. "Soos wat Ek saam met Moses was, so sal Ek saam met jou wees." Dit was ook God se belofte aan Josua toe hy die leierskap oorgeneem het. (4) Daar is altyd 'n besluit. Soms, soos in Gideon se geval, sê ons ja wanneer God ons roep. Soms sê ons nee, soos die ryk, jong man, maar 'n besluit moet ons neem. (5) Daar is altyd 'n veranderde

lewe. Diegene wat ja sê se pad is geensins gelyk nie. Maar omdat hulle ja sê, leer en groei hulle, selfs uit hul foute, en word hulle deel van Sy plan om die wêreld te verlos. Diegene wat vir God nee sê, verander ook; hulle verhard effens, bied 'n bietjie meer weerstand teen God se stem, en is meer geneig om 'n volgende keer weer nee te sê. Roep God jou? Miskien in jou werk, jou verhoudinge, vir jou geld of oor jou diepste vrese. God se stem sal jou diepste wese binnedring. As jy ja sê vir Hom, sal jy nooit spyt wees nie!

Page 4: Aptytwekker Mei 2013

4

SIMPATIE

Innige meegevoel aan die Botha familie, met die afsterwe van

Hennie Botha.

MET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOELMET ‘N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind,

is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd

soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

SOEK DIE ANTWOORD

VORIGE KEER SE ANTWOORD Niemand kon vind wie die gids vir

Moses was tydens hulle woestynreis op pad na Kanaän. Dit was Hobab

(Num. 10:29-31)

HIERDIE KEER SE VRAAG Noem die name van die 2 manne wat in die laer geprofeteer het, wat deel

van die 70 was wat, van die Gees wat op Moses was, moes ontvang het?

Jenita du Plessis & Andries Zeeman wat albei die 56 km in die Two Oceans voltooi het.

Prayer (Rosemary Conradie)

Live out Your life within me O Jesus, King of Kings

Be you Yourself the answer to all my questionings And be the answer,

Lord, to all my needs. Including my need to pray as You desire.

AMEN

Hier beeld die kinders vir ons die liedjie wat gesing word nl. “Stapsoldaaitjie”

Oggenddiens - 28 April 2013

Page 5: Aptytwekker Mei 2013

5

Joh. 16:24 – “Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.”

Watter krisis gaan dit vat om jou te leer bid? Of moet ek liewer sê: “... die KEUSE TE MAAK om te bid.” Om te bid is ‘n keuse! Jy sien die geweldige nood, maar God kom en bied jou ‘n ontsnappingsroete daar uit, nl. deur middel van gebed en jy maak die keuse. Die keuse lê tussen twee uiterstes nl. bid of vergaan!

‘n Persoon uit Uganda het onlangs in S.A. die Christene kom toespreek oor gebed. Hy vertel die verhaal van die ontsettende vervolging uit die dae van Idi Amin wat ‘n skrikbevind gevoer het en honderde mense eenvoudig tereggestel het en in massa grafte begrawe het. Die Christene van Uganda het besef: Dis òf bid òf vergaan! Hulle maak toe die regte keuse en begin bid. Wie kan standhou teen die God van die gebed? Die gevolge was: God het geantwoord en vrede en rustigheid het weer teruggekeer na die land. Ongelukkig toe alles weer terug is tot normaal, is die les wat geleer is, weer vergeet.

Toe moes die proses en die les weer herhaal word. Weer spanning, weer lewensverlies ens. My vraag is: Waarom kan gelowiges nie maar vir eens en vir altyd die les leer nie: Dis bid of vergaan!

Gebed, is God se manier om jou in diepe afhanklikheid aan Hom te bind. Hoe geniet die Here dit nie wanneer Sy kinders tot Hom roep nie en daardeur toon dat in alles en ter alle tye, in voorspoed of in teëspoed, is daar maar nét Een!

“Ja, maar ...”, hoor ek iemand sê, “ek het nie tyd om te bid nie.” Hoe besiger jy raak, hoe méér tyd moet jy juis met Hom spandeer. Hoe groter die druk, hoe meer moet jy God se aangesig soek! “Té besig om te bid”, beteken gewoonlik, jy is besig met goed wat God nie wil hê dat jy moet doen nie.

Tyd met God in gebed werk soos die gee van die Here se tiende. Nadat ek een tiende van my inkomste vir die Here gegee het, kom ek verder met die die nege tiendes as met die tien tiendes. R90 mét die seën van die Here is

(Vervolg op bl. 13)

(Past. Piet Smit)

BIDOFVERGAAN

Page 6: Aptytwekker Mei 2013

6

Navorsers het bevind dat wanneer mense baie negatief oor iets of iemand anders voel, dan vertel hulle dit vir 17 ander mense. Maar wanneer hulle baie positief voel, dan vertel hulle dit slegs vir 11 mense. Nou ja, daar het jy dit! Nou weet jy hoekom 'n handjievol negatiewe mense dit regkry om 'n ganse gemeenskap lam te lê met hulle negatiewe praatjies oor 'n leier, of oor een of ander nuwe inisiatief, ook al voel die meeste mense positief. Slegte nuus trek gewoonlik strate verder as goeie nuus.

Negatiewe praatjies en halwe waarhede word veels te maklik vir goedkoop soetkoek opgeëet. Dis verstommend hoe baie kerkmense eerder 'n koerant of 'n plaaslike skindermond sal glo as om hulle tonge onder beheer van die Here te stel. 'n Leraar, wat die slagoffer van 'n venynige skinderveldtog was, het my op 'n keer vertel hoedat een van die skindertonge later vir hom gesê het sy het ook maar die stories oor hom oorvertel omdat dit so eg geklink het. Niemand het egter vir die leraar kom vra wat ware feite is, of vir hom gebid nie.

Die beste geneesmiddel vir 'n

gevaarlike tong is om 'n hemelse Wag voor jou mond aan te stel (Psalm 141:3). Vra die Here om jou tong elke dag op te pas. Vra Hom om elke verkeerde en onsensitiewe woord te arresteer voordat dit jou lippe vir altyd verlaat. Smeek Hom om jou eerder te laat stilbly as jy nie iets mooi oor ander kan sê nie. Bid dat God jou ook sal help om ander se goeie naam in hulle afwesigheid te beskerm.

Ek bid:

Here, leer my om reg te praat Stel 'n wag voor my mond aan Bring my los en onnadenkte woorde onder U beheer Leer my om U Naam met my woorde te vereer Wys my hoe om ander mense deur my woorde op te bou In Jesus se Naam Amen

Raak ontslae van die behoefte om te oordeel, te ontleed of te besit en reageer met vergifnis, goedhartigheid en rustigheid. Probeer om die wereld n beter plek vir almal te maak, en sodoende sal jy die doeltreffendste manier vind om jou eie lewe te bevoordeel...

~ ~ ~ ~ ~~

Stel 'n Hemelse Wag Aan Voor Jou Mond

(Annoniem)

Page 7: Aptytwekker Mei 2013

7

DIE GEE VAN TIENDES (E.J. Smith Le Roux)

Deel 2

Deut: 12:6. “En daarheen moet julle bring julle TIENDES en die offergawes van julle hand en julle gelofte - en vrywillige offers....”

Neh: 12:43. “En op die dag het hulle groot OFFERS gebring en was vrolik, want God het hulle groot vreugde verskaf, en ook die vroue en kinders was vrolik, sodat die vreugde van Jerusalem tot ver weg gehoor is.”

Neh: 13:12 “En die hele Juda het die TIENDES van koring en mos en die olie na die voorraadkamers gebring.”

Hag: 1:4 “Is dit vir julle self wel tyd om in julle betimmerde huise te woon terwyl hierdie huis (die Huis van die Here) in puin lê?” (Baie kerke lê in puin omdat baie mense die tiendes van die Here gebruik vir hul eie betimmerde huise.

Deel 3 DIE GEE VAN TIENDES -

NUWE TESTAMENT 1 Kor: 16:2 “Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle by homself OPSY SIT en opspaar namate sy voorspoed is.”

Luk: 6:38 “Gee en vir jou sal gegee word.

Hand: 20:35. “Dit is saliger om te GEE as om te ontvang.

2 Kor: 9:6,7. “Maar dink daaraan. Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai, en wie volop saai, sal ook volop maai. LAAT ELKEEN gee soos hy in sy hart voorneem, nie met droefheid of met dwang nie, want God het ‘n blymoedige GEWER lief. “ (Let op. ELKEEN moet gee)

Luk. 11:42. “Maar weë julle, Fariseërs, want julle gee TIENDES van kruisement en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God; HIERDIE DINGE (TIENDES) behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.”

Matt: 5:20. “Want Ek sê vir julle dat as julle GEREGTIGHEID NIE OORVLOEDIGER is as die van

die Skrifgeleerde en Fariseërs nie (wat tiendegewers was), julle nooit in die koninkryk van die

hemele ingaan nie.” (Ons moet dus MEER as tiende gee.)

(Ingestuur deur Joyce Jasson)

(Vervolg volgende maand)

TIEN WAARHEDE AANGAANDE DIE GEE VAN TIENDES

Page 8: Aptytwekker Mei 2013

8

(Stefan Joubert)

Die wêreld is ’n selfsugtige mengelmoes van mense. Elkeen leef vir hom- of haarself. “Me, myself, and I” is al wie saak maak! “What’s in it for me?” — dis die vraag wat almal vra wat slagoffers is van die groot siekte van ons tyd: EK-SUGTIGHEID!

Die Here se mense durf nooit ek-sugtig leef nie. Dit bots lynreg met die Evangelie. Jesus se aardse lewe was van begin tot einde gefokus op God se eer en ander mense se nood, nooit op Homself nie. Jesus het gekom om God se koninkryk aan uitgeworpenes, godsdienstige mislukkings en verlorenes bekend te maak.

Daarom dat Hy bereid was om vir meer as 30 jaar lank sy hemelse glorie op te offer vir ’n nederige

aardse bestaan en vir Palestina se harde klippe as kopkussings. Jesus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek by die kruis as die grootste sondaar denkbaar behandel sodat ons wat in Hom glo vrygespreek kan wees

(2 Kor 5:17-21; Fil 2:6-11).

Wat ’n lewe van selfloosheid, opoffering en omgee vir ander het Jesus nie hier geleef nie! G’n wonder nie dat Paulus in Filippense 2:5 sê dat dieselfde gesindheid van opoffering wat in

Jesus was, ook in ons moet wees.

Dan sal ons mekaar met respek behandel.

Dan sal ons ophou ek-sugtig leef.

oOo

Page 9: Aptytwekker Mei 2013

9

(Gloria Copeland )

Reprove not a scorner,

lest he hate you; reprove

a wise man, and he will

love you. Give instruc-

�on to a wise man, and

he will be yet wiser;

teach a righteous

man...and he will in-

crease in learning. –

Proverbs 9:8-9

There is one thing you

can do that will acceler-

ate your spiritual growth

more than almost any

other thing: learn to

take correc�on--from the Spirit of God and from His

people.

So few believers seem to

be able to do that. When

their preacher gets in the

pulpit and preaches

about something they

already know, about

some aspect of life

they've already sub-

mi#ed to the Lord, they

think he's great. They like

him because he makes

them feel good. But the moment he stands up and

begins to preach about

something they're doing

wrong, they take offense.

God says that's foolish.

He says, in Proverbs 1:7, only fools strike out at, or despise, correc on.

So don't be like that. When your pas-

tor or anyone else in the Body of

Christ has a word of correc�on

for you, receive it gratefully. Appreci-

ate those who share the wisdom of

God with you. When someone points

out somewhere that you've missed

it, instead of reac ng against

them, examine yourself and say, "Is

that right? Does that agree with the

Word? Do I need to make a change

there?"

If the answer to those ques ons is

yes, then make the changes you

need to make to get your life in line.

I know that's not easy. None of us

likes to be corrected. But if you'll make

up your mind you're going to re-

ceive that correc on anyway, that

you're going to remain teachable,

you'll be able to go on and grow in

spiritual things much more quickly.

One man said, "If you think you've al-ready arrived, you aren't going any-

where." Remember that next me

someone corrects you. Love that per-

son and thank him for speeding

along your spiritual progress. If

you'll do that, you'll come out

ahead every 0me.

Page 10: Aptytwekker Mei 2013

10

FOTO-NUUS Bergklim & Oorslaap 12 & 13 April 2013

Een van die natuur tonele bo-op die berg met die opkoms van die son.

Christha Marais, Piet Smit & Israel Saunders wat gestap het.

Daar word heerlik saam tee gedrink na die oggend diens.

Oggend diens van 21 April 2013 Cathleen Karstens, Roger Stuurman & Ashwin Paulus is gedoop deur onderdompeling. Baie geluk!

Doop - 14 April 2013

Rus Om in Jesus te bly, beteken bloot

Om jouself oor te gee, Om geleer en gelei te word En sodoende in die arms

Van Ewigdurende Liefde te rus.

Geskryf deur Rosemarie Conradie

Tom & Galatia Swarts 27 April 2013

Huweliks bevestiging

Page 11: Aptytwekker Mei 2013

11

Voorstelling - 28 April 2013 Spreker vir die oggend was Past. Johan Botha. Regs is Past. Smit

Gesinsdiens - 21 April 2013

Ons tema vir die gesinsdiens was tekkies & jeans. Waar daarby pannekoek voor die tyd was.

Die bobaas baksters wat die pannekoek gebak het. Vanaf agter: Poppie van Aarde, Janette Smit, Wilma Ravens & Joyce Jasson.

Manne Oggend - 27 April 2013

Hier word gesoek na ‘n silwer kol onder ‘n stoel vir die “lucky draw”. ‘n Heerlike ontbyt is daarna bedien.

Regs: Baie welkom aan Floris & Rosemary Conradie, Cathleen & George Karstens en Roger Stuurman.

Page 12: Aptytwekker Mei 2013

12

(Vervolg vanaf Maart )

‘n Uur later het ons by die

saaltjie aangekom. Ek stap dadelik in en vind dat daar nog net een persoon, ‘n ouerige man, sit. Diep in my hart was ek oortuig dat dit oom Doors was. Ek het vriendelik met my kop geknik en toe gaan sit. Die mense het vinnig begin inkom en spoedig was die plaaskerkie stampvol. Die diens het ‘n aanvang geneem en ek het biddend op die Here gewag. Ek het gevoel dat die Here se Gees dit op my hart druk om hierdie delikate saak met wysheid te hanteer sodat daar geen verwarring sou kom wat siele kon benadeel nie. Ek het gereeld fyn na oom Doorsie se kant geloer en gesien dat hy op die puntjie van sy stoel gesit het, reg om op te staan. Sy oë het geblink van verwagting en selfvertroue. Toe die sang en gebed verby was, het die ou broeder ouderling my voorgestel aan die gemeente. Die oomblik toe hy die laaste woorde geuiter het, was ek op my voete.

,,Goeienaand, my liewe broeders en susters,” het ek vriendelik gesê. ,,Ek is so bly om

u almal te ontmoet en saam die Here te dien gedurende hierdie week. Miskien vind u dit vreemd dat daar hierdie keer ‘n dame prediker is. Diegene onder u wat die Bybel ken, sal egter weet dat daar in die vroeëre kerk ook

vroue was wat vir die Here gewerk het. Ek wil net

Rom. 16:1-2 en vers 12 vir u lees”.

Ek het die skrifgedeeltes gelees en aangegaan: ,,As iemand hier dalk ‘n

vragie wil vra is u baie welkom na die diens. Ons gaan nou dadelik aan met die woord van die Here. Laat ons bid.”

Ek het ‘n besondere salwing van die Heilige Gees gewaar terwyl ek my boodskap gegee het. Toe ek aan die einde daarvan ‘n uitnodiging gee vir gebed vir mense wat ‘n heilige lewe wou lewe, of andere wat hulle wou bekeer, was die reaksie wonderlik. Onder baie trane het mense van verskillende kerke hulle bekeer. Sommige Christene het geween en bely dat hulle lewens verkoud het. Dit was reeds laat toe ons vir almal gebid het en ek terug op die verhoog gekom het.

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Diep in my hart was ek oortuig

Page 13: Aptytwekker Mei 2013

13

meer werd as R100 sonder die seën van die Here. As ek vroeg in die môre kwaliteit tyd met God spandeer, kom ek verder met die tyd wat oor is.

GEMEENTES WAT BID Die kerke oor die wêreld wat die vinnigste groei, kry ons almal in Seoul, Korea. Die grootste Baptiste kerk, Presbiteriaanse kerk, Metodiste kerk en Pinkster kerk is daar. Nou wat, vra ‘n mens jouself af, wat het hulle, dat hulle so fenominaal groei? Die een kenmerk is dat hierdie kerke funksioneer almal rondom gebed. Dis die eerste ding wat besoekende gelowiges ervaar as hulle daar kom: Die hele gemeente bid elke oggend tussen 5 en 6 saam. Nie die leraar, of nog so een of twee saam met hom nie. U het reg gelees; almal, die hele gemeente! Dis deel van jou Christenskap. As jy nie bid nie, word jy daar nie beskou as ‘n Christen nie. Dawid Yonggi Cho, ‘n Koreaan, vertel dat in die begin dae het hy een oggend bietjie verslaap. Toe laat

sy skoonma hom roep: “Go and wake that backslider.” (5 uur in die môre) Hy sê dat naas die Here was hy vir sy skoonma die bangste. Hy spring toe daar op en in sy dolle vaart vergeet hy skoon om sy pajamas uit te trek. Toe hy in die kerk kom waar die ander gelowiges reeds bid, het almal geskater van die lag. Wel, hy het sy les geleer! Vandag is die gemeente waarvan hy die senior leraar is, die grootste in die wêreld met meer as 1 miljoen lidmate!

‘n Verdere kenmerk van die gemeente-lewe in Korea is, dat hule het ten minste een nag van die week ‘n deurnaggebedstyd; gewoonlik Vrydagnagte. Al die kerke het spesiale ingerigte plekke waar hulle bid. M.a.w. die gebou is so beplan en ontwerp dat die helfte van die gebou ingerig is vir gebed: Sale met kussings op die vloer en borde teen die mure met die onderwerpe daarop, waarvoor daar gebid moet word.

(Vervolg vlg. maand)

(Vervolg vanaf bl. 5)

(Past. Piet Smit)

BIDOFVERGAAN

Page 14: Aptytwekker Mei 2013

14

“Eet hoendersop en bel my in die oggend!”

Die gemiddelde mens voel baie beter en lewe baie gesonder as hy of sy een keer elke week ‘n dag lank vas. Baie gesondheidspraktisyns behandel ernstige vergifting (‘n prominente eienskap van sekere kanker-terapieë) met geselekteerde vas. Sommige bestaan uit ‘n ‘enkel-vas’ waar mense net een tipe kos eet, of van ‘n spesifieke voedselgroep vas. Somtyds beveel hulle aan dat mense op ‘n hoendersop vas gaan, wat ‘n gewysigde vas is. Die geskiedenis het bewys dat die liggaam homself kan genees van baie ernstige toestande deur te vas. Die gesondheidsorggemeenskap het begin om daarby in te val. Selfs ‘n gedeeltelike dag-vas kan voordelig wees. Dit is hoekom ek aanbeveel dat mens weekliks ‘n een-dag gedeeltelike vas van aandete tot aandete volg (dit word in ’n veertig-dae gesondheidsprogram in hoofstuk twaalf beskryf).

Die liggaam genees homself wanneer dit vas - dit ondergaan immers snags wanneer ons onaktief is en nie eet nie ‘n belangrike vernuwingsproses. Dit is hoekom ons eerste maaltyd breakfast (in Engels) genoem word - ons breek die vas wat gesond maak. Dr William Esser het by sy West Palm Beach

rusoord in Florida die vordering van 156 pasiënte gevolg wat ingestem het om op ‘n terapeutiese vas van verskeie lengtes te gaan. Hierdie mense het voor die

vas las gehad van die simptome van 31 medies gediagnoseerde siektes, insluitende maagsere, gewasse, tuberkulose, sinusitis, tandvleissiekte,, Parkinson se siekte, hartsiektes, kanker, slapeloosheid, galstene, epilepsie, dikdermonsteking, hooikoors, brongitis, asma en artritis. Die kortste vas onder die 156 pasiënte het so lank gevas soos wat dr Esser aanbeveel het, maar die resultate was soos volg”

(Vervolg volgende maand)

DIE SKEPPER SE DIËET

(Jordan S. Rubin)

Moenie bekommerd wees nie!

Vas en wees gelukkig.

Page 15: Aptytwekker Mei 2013

15

,,Is daar miskien iemand wat ‘n vraag het?” het ek nederig gevra. Die volgende oomblik was oom Doorsie op sy voete. Ek kan nou nog die ou wit sakdoek sien wat hy aanhoudend gebruik het. ,,Ag Hans,” snik hy, ,,mag ek tog vir die ‘sprekeres’ vergifnis vra. Ek het gesê ,wat, ‘n meisiekind wat preek? Wie gee haar die reg?’ Nou wil ek tog net sê so oud as wat ek is het ek nog nooit so ‘n seën van die Here ontvang nie. Ag, ekskuus tog,ekskuus tog! Ek wil tog net sê ekskuus, want môre aand kan ek nie kom nie. My predikant het gesê ek moet die Pinksterbiduur waarneem. O, ek is tog so jammer, ekskuus tog.”

Die volgende aand was ek baie gretig om by die diens te kom. Ek was seker oom Doorsie sou daar wees en ja, waarlik, voor een ander persoon daar was, het hy op sy plekkie gesit! Aan die einde van die diens het hy sy hand opgesteek. ,,Mag ek iets sê, asseblief sprekeres?” het hy vol vreugde gevra. ,,Ek het my predikant gebel en gesê: ,,Stuur asseblief iemand anders na die biduur. Hier is ‘n sprekeres en die Here seën ons baie.”

Sondagmôre het die

sneeu omtrent ses duim dik gelê. Toe die ou broeder ouderling, sy familie en ek by die saaltjie aankom, het ons oom Doorsie met sy fiets daar gekry terwyl hy van oor tot oor lag ten spyte van sy kakiejassie wat wit van die sneeu was!

Kort na bogenoemde ondervinding het ek ‘n besondere brief ontvang. Hier volg die inhoud: ,,Liewe suster in die Here Jesus, U ken my nie. Ek is die pastoor van die X gemeente. Enige maande gelede het ek gehoor dat u ‘n prediker is en ek het gesê: ,Wat ‘n vroumens wat preek. Sy kan seker wees dat sy nie die eer sal hê om haar voete op my kansel te sit nie.’ Wel, my vrou en ek het ‘n seun en ‘n dogter wat hulle nooit wou bekeer nie en ons baie, baie smart besorg het. In ‘n oomblik van opstand en woede het hulle ‘n tyd gelede ons huis verlaat. Hulle het in sonde voortgelewe in ‘n sekere dorp. ‘n Paar dae gelede het ons ‘n brief ontvang wat ons harte laat oorloop van vreugde. ,Pappa en moeder,’ het hulle beide geskrywe, ,ons het geen woorde om ekskuus te vra vir ons handelswyse in die verlede nie.

(Vervolg volgende maand )

(Vervolg vanaf bl. 12)

AL BRUIS DIE JORDAAN(Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 16: Aptytwekker Mei 2013

16

WIL JY GEDOOP WORD?

Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.

Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help. past. Piet Smit (022-487 2200)

Matt.4:10 - Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: Die

Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

Satan het gesê dat hy die hele wêreld aan Jesus sou gee as Hy net

sou kniel en hom, Satan, sou aanbid. Vandag bied hy die hele wêreld

ook vir óns aan, en van die dinge wat hy as lokmiddels gebruik, is

mag en materialisme. Ons kan, net soos Jesus, weerstand bied teen

die versoekings. As jy agterkom dat jy hunker na iets wat die wêreld

bied, onthou dan hierdie woorde van Jesus:"DIE HERE JOU GOD

MOET JY AANBID EN HOM ALLEEN DIEN"

Ellen Rosel Bezuidenhout

Page 17: Aptytwekker Mei 2013

17

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Enid Leander

♦ WAAR IS SUSTER GEBORE? Malmesbury ♦ WATTER SOORT WERK DOEN SUSTER? Bestuurderres by J&T verhuringsdiens. ♦ BEOEFEN SUSTER ’N SPORT? Nee ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE? Die dienste en boodskappe.

♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Ena Nortje & Past. Piet Smit ♦ WIE IS SUSTER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Jim Reeves ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat die Here my siel gered het.

♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Seekosse ♦ HOE ONTSPAN JY? In my bed voor die televisie. ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Niks anders nie, wil net die Here dien ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir gebede wat die Here vir my beantwoord.

♦ WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Dat die Here my hele familie sal red.

♦ WAT FRUSTREER VIR SUSTER DIE MEESTE? Om na ‘n dokter toe te gaan.

oOo

Page 18: Aptytwekker Mei 2013

18

As jy God werklik wil ken en ‘n

lewe van oorgawe wil leef, bid

dan die volgende gebed met jou

hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in

die Naam vanvan die Here Jesus!

U Woord sê: “Elkeen wat die

Naam van die Here aanroep,

sal gered word (Rom 10:31).

Ek roep U aan! Vergewe my die

sonde wat tussen my en U

staan. Ek het berou daaroor,

want dit het U heilige Naam

onteer. Was dit weg met U

bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die

Here van my lewe, kom in my

lewe om die beheer van my lewe

oor te neem en my te wederbaar

tot ‘n nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg

is, weet om goeie gawes aan

julle kinders te gee, hoeveel te

meer sal julle Hemelse Vader

julle die Heilige Gees gee aan

die wat Hom bid:” (Luk. 11:13).

Ek vra U ook om my nou te

vervul met U Heilige Gees en dat

dit sal word soos strome van

lewende water wat uit my

binneste kom (Joh. 7:38) terwyl

ek U prys! Ek verwag om in tale

te spreek soos die Gees aan my

gee om uit te spreek

(Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek

die woorde en klanke wat die

Heilige Gees aan jou gee - nie

jou eie taal nie. Jy moet jou eie

stem gebruik. God sal jou nooit

forseer om te praat nie. Aanbid

God elke dag in tale. Jy sal nooit

weer dieselfde wees nie!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-

Woord-gemeente - nie ‘n kerk

wat uit skeuring ontstaan het nie.

Laat jou doop in water (Mark

16:16, Hand. 2:38) en word deel

van God se familie!

Ons sal graag vir u

behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

oOo

Oorgawe gebed

Page 19: Aptytwekker Mei 2013

19

Daar is min dinge so lekker soos ‘n bakkie kerrie en rys wat jy nie self

gemaak het nie.

Kom ondersteun ons en bestel ‘n bakkie kerrie en rys vir die 7de Junie. Die

kaartjies sal vanaf die 26ste Mei by Henrita en Zelda Roberts beskikbaar

wees teen R20 ‘n kaartjie.

Die fondse gaan gebruik word vir ons beplande kamp. Ondersteun ons

asseblief sodat ons vir die kinders ‘n wonderlike kamp kan aanbied!!!

Koop ‘n Maleise JapanneesKoop ‘n Maleise JapanneesKoop ‘n Maleise JapanneesKoop ‘n Maleise Japannees

Ander Sakies van

belang

• Ons Onderrig-hulp is

voltallig. Baie dankie

aan al ons gewillige

hande.

• Die leerplan wat ons bekom

het werk uitstekend en

die kinders geniet dit

baie.

• Die kinders gaan die diens

op die 1ste Desember

vir ons behartig.

• Ons vra voorbidding vir

elke kind vir geestelike

groei asook vir al die

Onderrig-hulp vir die

Here se leiding in die

onderrig van elke kind

volgens Sy Woord.

Ons beplan ‘n lekker kamp vir die Sondagskool

leerders.

Die onderhandelinge is onderweg om ‘n

geskikte terrein hier naby aan die dorp op ‘n

plaas te bewerkstellig.

Ons beplan die geleentheid vir die 13de en 14de

September. Ons wil die Vrydagaand gaan

kamp op slaan en sommer net lekker ontspan,

die hare los hang, om die kamp vuur sing en

die Here loof en prys.

Saterdag het ons sommer baie lekker aktiwiteite

beplan waarby almal betrokke kan raak, maar

dit is vir nou eers ons geheim. Julle sal moet

kom kamp om uit te vind wat dit gaan wees.

Oom Paul Cloete

Ons RRRR....AAAA....AAAA....SSSS vir Jesus

Uitgawe 1

Mei 2013

A.G.S Corpus Christi

Sondagskool Hoekie

Page 20: Aptytwekker Mei 2013

20

SWART SWART SWART SWART SAKKESAKKESAKKESAKKE

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk! Probeer my !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

KontakKontakKontakKontak Hendrik BurgerHendrik BurgerHendrik BurgerHendrik Burger 082 649 4653082 649 4653082 649 4653082 649 4653

Uitstekende diens! Vra Susan Smit

BP Atlantic

Verskaffers van GAS en OLIE asook groothandel DIESEL

Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3

P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299

Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za

Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

ADVERTEER!!!

Hier is spasie vir ‘n advertensie vir

net R20 per maand.

Adverteer en maak so jou inkomste meer!

022-4872200