ANTJIE KROG ONDERWYSER
ANTJIE KROG
ONDERWYSER
Die spreker , ’n skolier, vergelyk haar een onderwyser met die Bybelse stad
Jerigo. al verkrummel sy “mure” as gevolg van sy leerlinge se optrede, laat bring hy hom nie van stryk nie
omdat hy sterkte put uit die digter heldeaan wie hy glo.
DIE MURE VAN JERICHO
JOSUA HOOFSTUK 2 EN 6.
ONDERWYSER ONDERWYSER
1. Jy staan voor ons in die klas
2. By jou tafel, by jou moedertaal
Hier word dit reeds duidelik watter vak
die onderwyser gee.
moedertaal sê baie meer as wat net jou vak of jou taal. Dit impliseer die onderwyser
se besondere liefde vir sy vak.
Die asindeton beklemtoon die
dinge wat virdie onderwyser
belangrik is.
STROFE 1
3.By jou boeke, jou hoedjie en jou tas 4.Jy staan voor ons soos ’n klein Jericho
Die herhalingvan “Jy staan voor
ons...” r.1-4. sluit aan by hoe vas
die aangesprokene bysy beginsels staan.
Die vergelyking waar die stad Jerigo en die onderwyser
met mekaar vergelykword, word deurgaans
gehandhaaf.
Die verkleiningsvorm van hoedjieen klein Jerigo, kan moontlik duiop deernis, selfs bejammering
vir die onderwyser. Kan ook daaropdui dat hy klein van postuur is.
Die spreker en haar maatssien hom as ’n bedreiging.
Die vyand, wat oorwinmoet word.
5. En al het jy mure om jou gebou6. Dra jy tande van silwer en goud
Herhaling van: “en al het jy...”beklemtoon hoe belangrik dit is om’n afstand van sy leerlinge te behou
en “ondeurdringbaar” te wees.
Vroeër jare was dit mode om silweren goud in jou tande te dra sodat as
jy glimlag sien mens net goud ensilwer.
Dit simboliseer ook die goud en silwer wat die Israeliete gebuit het toe hulle Jerigo binne geval
het.
“En al het jy”, kan ook dui op ’n voor-waarde. Al moet jy ’n afstand hou tussen jou en jou leerders
beteken dit nie dat jy a-sosiaal is nie.
7. En al het jy wagters in al jou toringswagters in al jou torings8. Bly daar ’n Ragab in jou
Dui op die feit dat jy ’n afstand tussen hom en sy leerders moet hou,
maar dat hy nie onwillig isom hulle te help nie.
Iemand wat die vyand inlaat. M.a.w. daar is tog ’n swak plek in sy mondering. Hy bly steeds mens.
9. Tog bly jy sterk 10. Al trek ons elke dag om jou
Die onderwyser staan sterk en sal hom nie laat onderkry nie.
Die leerlinge omsingel hom elke dag soos watdie Israeliete met Jerigo gedoen het.
Let op die voorwaardes. Al trek die leerders elke dag hombly hy staan en weier hy om toe te gee of in te gee.
Soos die mure van Jerigo.
11. Met die ark van die jeug op ons skouers12. Met trompette van ligsinnigheid voor ons monde
Die ark is ook die een waarvan daar gepraat word in Joshua 6In hierdie geval word die ark met die jeug en hulle
vooruitstrewendheid vergelyk. Vir die Israeliete was die arkdie versekering van God se teenwoordigheid en het die teenwoordigheid van die ark altyd ’n oorwinning vir die
Israeliete beteken.
Trompette word hier gelykgestel aan ligsinnigheid.Leerlinge wat die vak nie
ernstig opneem nie.
trompette is ’n metafoor vir
kinders se monde
STROFE 3
13. Tog bly jy werk,14. Al krummel jou mure op die sewende dag
Weereens ’n voorwaarde.Al is die kinders ligsinnigen probeer hulle hom ui-
tart, hou hy aan met werk.
’n Verwysing na Jerigo se mure wat op die sewende dag meegegee het.
15. Al val jy vooroor op die aarde16. Jy sal nie kla oor jou lot
Die voortdurende herhaling van “al” bewys hoe sterkdie aangesprokene by sy beginsels hou.
Die onderwyserhet ’n besondere liefde vir sy taal
en daarom sal hy nie kla oor sy lot nie
Sy lot kan omskryf wordas ligsinnige kinders
wat sy gesag probeerondermyn.
Soos Jerigo se mure.
17. Want Malherbe is jou here en 18 Totius jou god.
Twee baie bekende Suid-Afrikaanse digters.
Die onderwyserhet nie geval nie,
want die digkuns issy passie.
god word met ’n klein lettertjie
geskryf omdat dit dui op ’n begeerte
om digkuns te onderrigHy is onbewus van die
aanslae teen hom.
Rym, ritme en punktuasie
Alhoewel vrye vers deurgaans gebruik word, is daar tog sprake van rym bv.. klas en tas, gebou en jou , sterk en
werk, lot en god, wat aan die gedig ’n vloeiende ritme gee.
Die titel
Verwys na die onderwyser oor wie die hele gedig handel.
Die tema
Al val sy leerlinge hom figuurlik aan met hulle jeugdige ligsinnigheid en dring sy verdediging binne, is die onderwyser se geloof in sy eie
waardes en digter helde so sterk dat sy leerlinge se optrede hom nie van stryk bring nie.
OPDRAG
• Beantwoord al die vrae in Versjoernaal :
• Bl..