19 Maart 2020 Geagte Ouers/Voogde AKADEMIESE VAKANSIEPROGRAM Soos u heel moontlik reeds in nuusbrief 3 van 2020 verneem het, asook na aanleiding van om- sendskrywe 3 van 2020 wat vanaf die Departement van Onderwys ontvang is, is skole verplig om kurrikulumondersteuning gedurende die verlengde vakansietydperk aan leerders te bied. Ek haal graag punt 5 van die omsendskrywe vir u aan: 5. Curriculum support In order to ensure continuity of learning, school management teams are required to: 5.1 provide parents and learners with guidelines of curriculum topics, content and activities to be undertaken at home during this period. This will include the promotion of reading in support of national campaigns; 5.2 provide learner material for reading and self-study, DBE workbooks, textbooks and readers for use at home. This should include worksheets, tasks, projects and exer- cises. U ontvang vandag, saam met hierdie skrywe, die weldeurdagte graad 1 tot 7-akademiese vakan- sieprogram wat met sorg deur die personeel saamgestel is. Hierdeur wil ons kontinuïteit met betrekking tot leer en onderrig verseker en ons leerders in die heel beste posisie plaas om die graad, waarin hulle nou is, na die heel beste van hul vermoë te bemeester. U, as ouer/voog, word eerstens vriendelik versoek om toe te sien dat u kind(ers) wel sal rus na ʼn baie bedrywige kwartaal. Daarna is die versoek dat u sal toesien dat daar daagliks tyd ingeruim word om die vakansieprogram volledig deur te werk en gereed sal wees om die tweede kwartaal met die nodige kennis en ingeoefende vaardighede aan te pak. Bo en behalwe die formele va- kansieprogram wil ons ook weereens die belangrikheid van LEES onder u aandag bring – beperk u kind se daaglikse skermtyd en laat hulle LEES. Na die vakansie sal die belangrike kurrikulumkonsepte weer in die klas behandel en vasgelê word, maar die beginsel van selfstudie geld en die moontlikheid van informele klastoetse is nie uitgesluit nie.
33
Embed
AKADEMIESE VAKANSIEPROGRAM - Ranties huiswerk.pdfVerhalende opstel- Dis ʼn interessante vertelling van ʼn storie of gebeurtenis ge-woonlik uit die verlede. Beskrywende opstel- Die
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
19 Maart 2020 Geagte Ouers/Voogde AKADEMIESE VAKANSIEPROGRAM Soos u heel moontlik reeds in nuusbrief 3 van 2020 verneem het, asook na aanleiding van om-sendskrywe 3 van 2020 wat vanaf die Departement van Onderwys ontvang is, is skole verplig om kurrikulumondersteuning gedurende die verlengde vakansietydperk aan leerders te bied. Ek haal graag punt 5 van die omsendskrywe vir u aan: 5. Curriculum support In order to ensure continuity of learning, school management teams are required to: 5.1 provide parents and learners with guidelines of curriculum topics, content and activities
to be undertaken at home during this period. This will include the promotion of reading in support of national campaigns;
5.2 provide learner material for reading and self-study, DBE workbooks, textbooks and readers for use at home. This should include worksheets, tasks, projects and exer-cises.
U ontvang vandag, saam met hierdie skrywe, die weldeurdagte graad 1 tot 7-akademiese vakan-sieprogram wat met sorg deur die personeel saamgestel is. Hierdeur wil ons kontinuïteit met betrekking tot leer en onderrig verseker en ons leerders in die heel beste posisie plaas om die graad, waarin hulle nou is, na die heel beste van hul vermoë te bemeester. U, as ouer/voog, word eerstens vriendelik versoek om toe te sien dat u kind(ers) wel sal rus na ʼn baie bedrywige kwartaal. Daarna is die versoek dat u sal toesien dat daar daagliks tyd ingeruim word om die vakansieprogram volledig deur te werk en gereed sal wees om die tweede kwartaal met die nodige kennis en ingeoefende vaardighede aan te pak. Bo en behalwe die formele va-kansieprogram wil ons ook weereens die belangrikheid van LEES onder u aandag bring – beperk u kind se daaglikse skermtyd en laat hulle LEES. Na die vakansie sal die belangrike kurrikulumkonsepte weer in die klas behandel en vasgelê word, maar die beginsel van selfstudie geld en die moontlikheid van informele klastoetse is nie uitgesluit nie.
Eksamendatums vir die tweede kwartaal bly onveranderd, behalwe vir die kreatiewe skryfwerk vraestelle wat verskuif is na 17 April (Afrikaans) en 20 April (Engels). Die afbakenings vir beide laasgenoemde vraestelle is op die webwerf beskikbaar, is reeds in klasse uitgedeel of vorm deel van die vakansieprogram. Leerders sal steeds op 20 April die eksamenafbakening ontvang, sodat hulle genoegsame tyd sal hê om voor te berei vir die middeljaareksamen. Wees asseblief verseker van ons volgehoue toewyding om die akademiese program van 2020 met verantwoordelikheid en tot voordeel van elke leerders, wat in ons sorg geplaas is, te bestuur. Kurrikulumgroete Ilse Kichenbrand Marlene Gerber Adjunkhoof Akademie Skoolhoof
AFRIKAANS
Graad 4 - Afrikaans Afhandelingsprogram
Voltooi die volgende blaaie in jou DBE-boek. Onderstaande datums is net
voorgestelde datums, solank alle blaaie net voltooi is voor of op 14 April.
Hersiening sal in die eerste week van skool plaasvind ter voorbereiding vir die
kreatiewe skryfwerk vraestel.
Bladsy Voorgestelde datums
1-11 17 Maart
12-13 18 Maart
16-17 19 Maart
18-21 1 April
22-23 2 April
25-27 3 April
28-31 6 April
36-39 7 April
40-43 8 April
44-47 9 April
Eksamenafbakening Afrikaans Gr.4
Afrikaans Vraestel 3
Vraag 1 Opstel
Jy moet ʼn verhalende of beskrywende opstel van 100 – 120 woorde skryf wat uit
ten minste drie paragrawe bestaan. Jy gaan vier onderwerpe kry en jy moet een
van die vier onderwerpe kies en daaroor skryf. Daar gaan van jou verwag word om
eers ʼn breinkaart te doen, dan jou eerste weergawe en laastens jou finale we-
ergawe.
Verhalende opstel- Dis ʼn interessante vertelling van ʼn storie of gebeurtenis ge-
woonlik uit die verlede.
Beskrywende opstel- Die skrywer beskryf iets of iemand soos hy of sy dit ervaar.
Byvoeglike naamwoorde, idiome en spreekwoorde kan ʼn bydrae lewer om
uitstekende werk te verseker.
Vraag 2 Transaksionele teks
Jy moet die volgende transaksionele tekste kan skryf:
1) Instruksies
2) ʼn Gedig
Voorbeeld: Instruksies
Instruksies word onder mekaar geskryf.
‘n Mens gebruik nommers of kolletjies.
Tussen die stappe word lyntjies oopgelos.
Daar is ‘n spesifieke volgorde. Begin altyd by die begin en eindig met die
produk.
Instruksies is baie duidelik en eenvoudig. Kort en kragtig.
Moenie onnodige beskrywende woorde gebruik nie.
Die titel dui aan watter instruksies of redes gegee gaan word.
Elke instruksie begin met ‘n werkwoord.
Die lengte van die instruksies is 60 tot 80 woorde.
Voorbeeld:
Hoe om ‘n eenvoudige stereoskoop te maak (opskrif)
xxxxxx (reël oop)
Hier volg die stappe om ʼn eenvoudige stereoskoop te maak. (Inleidende sin)
xxxxxx (reël oop)
Benodigdhede:
Twee velle wit papier
‘n Pen
Kleurpotlode
‘n Skêr
Houtlym
Metode:
1. Teken elkeen van die prentjies na op ‘n aparte vel papier.
xxxxxx (reël oop)
2. Kleur hulle in soos aangedui.
xxxxxx (reël oop)
3. Knip albei prentjies uit in ‘n sirkelvorm en maak seker dat albei prentjies
presies ewe groot is.
xxxxxx (reël oop)
4. Sit een van die prentjies met sy voorkant na onder op ‘n oppervlak neer en
smeer gom aan die agterkant.
xxxxxx (reël oop)
5. Sit die potlood op die gom neer.
xxxxxx (reël oop)
6. Plak die ander prentjie teen die agterkant van die potlood vas.
xxxxxx (reël oop)
7. Laat dit heeltemal droog word.
xxxxxx (reël oop)
8. Droog uit, hou die potlood vas, soos aangedui.
xxxxxx (reël oop)
9. Vryf die potlood vinnig tussen jou handpalms om die prentjie te laat draai.
Voorbeeld: ʼn Gedig
NB: ʼn Gedig moet ʼn titel hê.
Tweedens: dit moet bestaan uit 2 strofes met 4 versreëls.
Derdens: onthou om jou naam onder jou gedig te skryf.
My troeteldier (Titel)
xxxxxx (reël oop)
Vir elke mens se smaak is daar ʼn hond;
jy kan kies: kort, lank, harig, maer of rond. 4 Versreëls