1 Oktober 2014
1
Oktober 2014
2
19 Oktober 2014 Vandag se diens….
• Amptelik: [email protected] / www.ngmtonoos.co.za • Kantoorure WoWoWoWo————Vry Vry Vry Vry 09:00—12:00 - Tel no 016 364 1484 / 073 386 7711—Lambertus Blom (koster) • Bankbesonderhede: ABSA Tjekrek no 510-580-036 Tak—Meyerton
• Leraar: Vakant. Konsulent: Ds. Francois van Zyl 082 457 7794
• Gemeente Bestuurder: Tommie Louw 082 899 5095
Die erediens word gelei deur ds. Francois van Zyl
Skriflesing 1 Kor. 10:23-25 Die Deurkollekte vandag:
Huis Meyerton
Vir voorbidding
� Johannette Judeel het brongitis.
� Hennie van Loggerenberg het gr iep
Lief en leed Wyk
C7
D1
Blok Diensbeurte
So 19 Okt. Blok D / So 26 Okt. Blok E Kom ontmoet nuwe vriende oor
‘n koppie tee/koffie/rooibos!
Blok Diensbeurte
Help ons besluit aan wie ons vanuit die erediens ‘n ruikertjie moet stuur
Kontakno:
079 601 7557
083 561 7813
Stukkie geskiedenis.....
‘n Nuwe inligtingsblad vir ons nuwe intrekkers het die lig gesien! Dit bevat ook die gemeente se geskiedenis. Oud-lidmate wat graag so boekie wil hê kan dit aankoop @ R20. Navraag kan by die kantoor of I-toonbank gedoen word.
3
Byeenkomste die week
Sondag 19 Okt
� Jr kategese—09:00—Die kinders kom saam in die diens
bymekaar en verlaat die diens na die eerste lied saam met die kinders van die kinderkerk.
� Baba & Kleuter Bediening—in die Jeugsaal tydens die
erediens vir kinders 0-5jr oud. Ouers kan hul afhaal na die “groot” erediens.
� SorgAksie—17:00. ‘En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek
julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’(Matt 25:45) Almal welkom. Ons benodig dringend iemand wat hier kan help na tannie Ria se operasie. Sy is nog besig met herstel en sal vir ‘n ruk nie beskikbaar wees nie.
Donderdag 23 Okt
� Toekomsgesprek—18:30 in Moedergemeente (Lochstr) se
konsisitorie. Elkeen wat wil saamgesels, is welkom om hierdie geleentheid by te woon. Dit sal uiters gaaf wees as elke
bedieningsvoorsitter, wyks– en blokleier wel daar kan wees.
Sondag 26 Okt
� Buitediens— Tannie Rienie Viljoen nooi almal uit om hul
piekniek mandjies saam te bring. Sy sal sorg vir braai vure. Tafels en stoele sal beskikbaar wees. Die buitediens
vervang NIE die gewone erediens nie!
Saterdag 01 Nov
� Indaba—Sake wat ernstige bespreking nodig het, is onder
andere ons kategese stelsel asook die toekoms van die gemeente. Laat weet ssm of jy saam met ons gaan kom beplan! Elkeen wat hom-/haar self as lidmaat van MOos beskou, is verantwoordelik vir die bedryf van die gemeente en haar funksies.
4
Christine Keet—D4 082 720 2024
Geluk elke verjarende!! So 19 Okt. —Sa 25 Okt
Ma 20
Pat Pretorius A1 082 927 7219
‘n Vreugdevolle lewensjaar word jou toegebid vir 2014
nms Kerkraad & Admin Bestuur.
Pieter Spamers C6 079 946 9184
Andries Hedin—D1 071 685 3359
Liam Theron C6 082 572 8754
Pinkie Pelser C1 082 484 4483
Di 21
Kerssangdiens—MOos
Jan de Wet tree hierdie jaar by ons Kerssangdiens op wat gehou sal word
op 7 Desember om 19:00. Sit dus nou al ‘n “reminder” op jou foon
om daardie dag hierdie heerlike saamkuier by te woon!
Video clip vir bemarking op Youtube:
https://www.youtube.com/watch?v=TgR12Q8k26I (of soek NG Meyerton Oos liggies op
Youtube)
Do 23
Derick Sibthorpe B6 082 338 3300
Ronel Wagner D1 079 514 2776
Willem Lubbe B4 073 165 5496
Vr 24
Dickey Pelser D7 078 255 2879
Sa 25
Jeandré Pietterson C6 082 655 4298
Sa 25
Herman Viljoen C7 073 797 0881
5
Voorwaarts voedselskema
Iets te ete (toebroodjies,
geroosterde broodjies, warm-
brakke, pasteie, ens) vir on-
geveer 50 kinders moet
Woensdae oggende 10h00 by
die skoolkantoor afgegee
word.
Indien u nie beskikbaar is nie, skakel my
asb. by tel no (083 709 3068) - Annatjie
. Moenie stilbly en nie iets neem nie,
want dan moet ek binne minute sorg
vir iets te ete wanneer die skool
laat weet daar is niks afgegee nie.
Dankie vir u bydrae,
dit word werklik waardeer.
As die kerk van Christus
nie omgee nie,
wie sal dan omgee?
MS Office opleiding
Verkseie lidmate het navraag
gedoen oor moontlike
opleiding (Word, Ecxell, e-
pos). Die eerste sessie word
vir 3 November vanaf
09:00 beplan. Daar sal ‘n geringe koste aan verbonde
wees wat later deurgegee sal
word. Laat weet asb voor
Woensdag 29 Oktober indien
u dit sou wou bywoon
Rings Jeugkamp—21-23 Nov
Onthou van die kamp vir Gr1-12 wat deur die Ring beplan word vir die naweek van 21-23 November!
Ouers is welkom om saam te gaan. Daar is oral hulp nodig.
Die koste beloop R450/persoon (daar is borge beskikbaar vir diegene wat graag wil gaan, maar nie oor die nodige finansies beskik nie).
6
Ds. Attie van Wijk en “Uit die Beek”
Ds Attie van Wijk het met die 2008-uitgawe die skryf van “Uit die Beek” by dr. Stephan Joubert oorgeneem. Sodoende volg hy in die voetspore van sy oupa, ds. Attie van Wijk van Franschhoek, wat in 1924 met die Bybeldagboek begin het. In die sestigerjare is die taak oorgeneem deur sy pa, ds. Johannes van Wijk van Belleville, en na sy afsterwe in 1970 het sy oom, ds. Attie van Wijk van Stellen-
bosch, daarmee voortgegaan tot 1980.
Sedert 2008 is “Uit die Beek” dus weer die pennevrug van ‘n van Wijk. Wat hier volg is ‘n uittreksel van sy spitsvon-dighede en kwinkslae asook aanhalings van geestelikes, filosowe, politici, ens. wat hy sedert die 2008 uitgawe kwistig in
die dagstukkies gebruik het.
Predikante
* ”Jy vertel darem baie stories in jou preke”, merk ‘n kollega op. “Is dit nie hoe die Here Jesus ook maar gepreek het
nie?” antwoord ek hom.
* “Dis darem jammer van Babel. Dit sou soveel makliker gewees het as ons al die mense op aarde met een taal kon bereik”
sê ‘n kollega.
Humor
* “Hoekom stroom soveel mense teen betaling na jou voordragte toe terwyl so min belangstel om kerk toe te kom?” vra ‘n predikant eendag vir ‘n bekende ak-teur. “Dit is omdat ek fiksie vertel asof dit die waarheid is, en jy vertel die waarheid
asof dit fiksie is,” was sy antwoord.
* “Predikante word nie geoordeel aan wat hulle gedoen het nie, maar aan wat
hulle lidmate gedoen het.”
* “Dominee, jy kan oor enigiets preek,
net nie oor ‘n uur nie.”
* “Julle het die horlosies, ons het die
tyd,” het ‘n swart prediker opgemerk.
* “Daar is baie tekste in die Bybel waaroor ‘n mens kan preek, maar ek het nog nie een gekry wat ek vir leë kerk-banke kan preek nie.” het ‘n aflosleraar
gesê.
* “Elke predikant moet gereeld sy volle vakansie neem. Hy’t dit miskien nie nodig
nie, maar sy gemeente het wel.”
* “Die dominee se preek was soos God se wysheid – ver bo my verstand.” “Dit was ook soos God se genade – sonder
einde.”
7
Verklaring van troon visioen (Openbaring 4&5)
God
Die Lam
Die Gees
Die Engele
Die Reënboog
Die mensdom
Die lewende wesens
Die ouderlinge as die kerk
Wit
Rooi
Oranje
Geel
Groen
Ligblou
Donkerblou
Pers
8