5 Februarie 2017 VANDAG SE EREDIENSTE: OGGENDDIENS 09:00 Dr. Braam Krüger Skriflesing: Spreuke 2:1-13 & Prediker 11:7-10 Teksvers: Spreuke 2:7 & Prediker 11:8 Tema: Elke reël het sy … uitsondering! __________________________ LOF- & AANBIDDINGSDIENS 17:00 Dr. Braam Krüger Skriflesing: Johannes 18:28-40 Teksvers: Johannes 18:38 Tema: Hoe kan ek leef as christen? Soek na die waarheid. ________________________ AANDDIENS 18:30 Ds. Louis Buys Skriflesing: Jeremia 32:1-9; 13-25; 42-44 Hebreërs 10:35-39 Teksvers: Jeremia 32:14&15 Tema: Waarvan kan ek seker wees in ‘n onseker tyd. HARTLIK WELKOM AAN ALLE LIDMATE EN BESOEKERS! KOM GENIET ‘N KOPPIE KOFFIE/TEE NA DIE ERE- Saam verheerlik ons God deur voortdurende metamorfose. PREDIKANTE: Dr. Braam Krüger ☎ 082 459 5636 Ds Louis Buys ☎ 082 927 2034 BERIGTE: [email protected]WEBBLAD: www.gkbenoni.co.za FACEBOOK: https://www.facebook.com/ GKBenoni/ ADMINKANTOOR: Ma-Vr 08:00-14:00 Ina Bolt ☎ 011 849 2054 ☎ 084 339 1136 [email protected]KOÖRDINEERDER Ronel Ritchie ☎ 011 849 6817 ☎ 081 218 3048 [email protected]KNIELTYD - Ons gee om vir mekaar ONS BID VIR: Marius Yssel is by die Glynwood hospitaal opgeneem vir toetse. DANKBAARHEID: Julie en Adrie Goede se dogter, Julia O’Connner was die afgelope week in die hospitaal in Nelspruit vir hart- toetse. Ons is dankbaar saam met hulle dat sy ontslaan is, en dat hulle haar op die plaas kan help terwyl sy aansterk. GELUKWENSINGS: Huweliksherdenkings: Braam & Donsie Krüger ( 3 Feb.) Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk. LEEF JOU GAWES UIT IN DIE GEMEENTE Is jy musikaal en wil jou gawes in die gemeente uitoefen? Die SLAK diensgroep is dringend opsoek na musikante en/of voorsangers. Oefeninge vind elke Donderdagaand 19:00 tot 21:00 plaas as voorbereiding vir die komende Sondag se diens. Die diensgroep beoog om twee verskil- lende groepe te vorm, sou hulle genoeg belangstellende vind, wat sal beteken dat die groepe kan beurte maak met die Lof-en aanbiddingsdienste. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om jou musiektalent te ontwikkel en selfvertroue te bou. As jy belangstel om te dien in die diensgroep, of navrae het kontak asb. Melani van Dyk ☎ 072 592 8866.
8
Embed
5 Februarie 2017 Saam verheerlik ons God deur voortdurende ... · Jaap & Dorene Smit ( 2 Feb.) Lize Marie Steuber se seuntjie, Elija, is Vrydag 3 Februarie gebore. Baie geluk. ...
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
5 Februarie 2017
VANDAG SE EREDIENSTE:
OGGENDDIENS
09:00
Dr. Braam Krüger
Skriflesing: Spreuke 2:1-13 & Prediker 11:7-10
Teksvers: Spreuke 2:7 & Prediker 11:8
Tema: Elke reël het sy … uitsondering!
__________________________
LOF- & AANBIDDINGSDIENS
17:00
Dr. Braam Krüger
Skriflesing: Johannes 18:28-40
Teksvers: Johannes 18:38
Tema: Hoe kan ek leef as christen?
Soek na die waarheid.
________________________
AANDDIENS
18:30
Ds. Louis Buys
Skriflesing: Jeremia 32:1-9; 13-25; 42-44
Hebreërs 10:35-39
Teksvers: Jeremia 32:14&15
Tema: Waarvan kan ek seker wees in ‘n onseker
tyd.
HARTLIK WELKOM AAN ALLE LIDMATE EN
BESOEKERS!
KOM GENIET ‘N KOPPIE KOFFIE/TEE NA DIE ERE-
Saam verheerlik ons God deur voortdurende metamorfose.
Donsie Krüger ☎ 084 627 2393 op as jy wil saamgaan.
BESTUURDER – RESIDENTIA WATERBERG
MODIMOLLE
Die Direksie van Residentia, wat binne ‘n bejaardesorg omgewing funksioneer, nooi hiermee toepaslike gekwalifiseerde/ervare persone om aansoek te doen vir die pos.
Residentia bied ʼn onderhandelbare vergoedingspakket wat maatskappyvoordele insluit.
Stuur u CV vir aandag Dianri Pretorius na die volgende e-pos adres: [email protected], en dui in u aansoek aan vir watter pos u aansoek doen.
Die sluitingsdatum is 28 Februarie 2017. (Indien u nie binne 30 dae na sluiting ʼn antwoord ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Residentia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling in die pos, soos geadverteer, te maak nie.
Volledige posbeskrywing is op die kennisgewingsbord .
5
5
VAKATURES BY PKK REDDERSBURG: UITVOERENDE HOOF en HOOF: VERSORGINGSDIENSTE (Egpaar)
President Kruger Kinderhuis Reddersburg is ‘n kinderhuis wat residensiële versorging en behandeling aan kinders verskaf deur te
voorsien in fisiese, maatskaplike, emosionele en psigologiese behoeftes en funksioneer onder toesig van die Gereformeerde Kerke van
SA.
Meelewende lidmate van Gereformeerde Kerke word genooi om aansoek te doen.
UITVOERENDE HOOF HOOF: VERSORGINGSDIENSTE
Verantwoordelikhede Beplanning en bestuur van die aktiwiteite van die
kinderhuis. Begelei kinders tov emosionele en skolastiese behoeftes. Dissipline en gedragsbestuur. Skakeling met Sinodale Deputate vir Diakonale Sake
(SDDS) en Gemeentes. Skakel met skole, Staatsdepartemente en ander rolspelers. Personeelbestuur. Stel begrotings op en pas beheer toe. Finansiële beplanning. Toesig oor alle bates, voorraad en instandhouding.
Verantwoordelikhede Koördineer versorging en ondersteuning aan kinders Begelei kinders tov emosionele en skolastiese behoeftes Mediese versorging: Afsprake, kontrole oor toediening en
rekordhouding van medikasie, reël gesondheidsvoorligting programme. Koördineer skoolvoorbereiding en studieroosters. Gee leiding en ondersteun versorgingspersoneel Kontrole: voedselvoorsiening , aankope en verbruikbare
voorraad. Ontvang besoekers en reël funksies.
Vereistes:
Meelewende lidmaat van ‘n Gereformeerde Kerk
Akademies: Gegradueer.
Ervaring: Onderwys, jeugbediening of teologiese ervaring.
Vereistes:
Meelewende lidmaat van ‘n Gereformeerde Kerk
Akademies: Gegradueer
Ervaring: Onderwys, verpleeg of maatskaplike ervaring.
Ander bevoegdheidsvereistes / aanbevelings: Goeie kommunikasievaardighede Moet ‘n multi-disiplinêre span kan lei Goeie skakelvermoë Finansiële bestuur Goeie organisasievermoë Vaardighede in probleemoplossing / Konflikhantering Deernis en begrip vir kinders uit moeilike omstandighede.
Ander bevoegdheidsvereistes / aanbevelings: Goeie kommunikasievaardighede Goeie skakelvermoë Goeie organisasievermoë Kennis van voedseldiens bestuur Deernis en begrip vir kinders uit moeilike omstandighede.
NAVRAE: Mnr Izak Fourie
SLUITINGSDATUM: 15 Februarie 2017
DIENSAANVAARDING: 1 Julie 2017
VOORDELE: Ruim behuising op kinderhuisterrein & Gesubsideerde Pensioenskema
OM AANSOEK TE DOEN: Faks ‘n volledige CV na 051 553 0083 of e-pos: [email protected]
6
6
BEPLANDE WETGEWING BEDREIG GODSDIENSVRYHEID
Cassie Aucamp
Twee stukke wetgewing in die pyplyn het 'n gefladder in die kerklike duiwehok teweeg gebring, en kan 'n ernstige
bedreiging vir godsdiensvryheid inhou.
· Die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en Haatspraak is reeds in
die parlementêre proses. Voorleggings daaroor kon tot die einde van Januarie aan die Porte-
feuljekomitee Justisie van die parlement gemaak word.
· Die beoogde wet oor die Kommersialisering van Godsdiens is op die tafel van die CRL Kommissie
('n Artikel 9 Kommissie vir die Beskermig en Bevordering van die Regte van Taal-, Kultuur- en
Godsdiensgemeenskappe). Voorleggings kan aan die kommissie gerig word tot einde Februarie..
Die GKSA het saamgewerk met die NG en NH Kerke om onder die vaandel van die Tussen-Kerklike Raad dee-
glike skriftelike voorleggings oor albei te maak. Ons hoop om ook die geleentheid tot mondelinge voorleggings te
kan kry. In hierdie artikel berig ek oor Die Wetsontwerp op Haatsmisdade en Haatspraak. 'n Volgende artikel
sal handel oor die beoogde wetgewing oor die Kommersialisering van Godsdiens.
Agtergrond
Die minister van Justisie, Michael Masutha, het op 24 Oktober 2016 die beoogde wetgewing aangekondig met as
motivering: "Die onlangse rassitiese uitsprake en baie ander voorvalle van ernstige misdade wat gepleeg is onder
die invloed van rassehaat, ten spyte van ons pogings oor die afgelope twee dekades om ons nuwe nasie te
bou...het verdere maatreëls genoodsaak om hierdie euwel, wat 'n oorblyfsel is van ons ongewenste
apartheidsverlede, uit te roei. " (Vertaling CA)
Art. 9(3) van die Akte van Regte, hoofstuk 2 van die Grondwet, stipuleer 'n aantal "verbode gronde" vir diskrimi-
nasie, onder andere: ras, geslag, kleur, godsdiens, geloof, taal, seksuele oriëntasie en gestremdheid. Hoewel die
sogenaamde Gelykheidswet, Wet 4 van 2000, en verskeie ander wette volledig handel oor diskriminasie en
haatspraak op grond van die "verbode gronde", het die regering dit goed geag om hierdie addisionele stuk
wetgewing te loods wat haatspraak en haatmisdade verder kriminaliseer.
Inhoud
Haatsmisdade word omskryf as 'n oortreding van enige ander wet wat gemotiveer is deur 'n persoon se
vooroordeel of onverdraagsaamheid teenoor die slagoffer op grond van die "verbode gronde' soos ras of geslag of
seksuele oriëntasie, ens.,soos hierbo omskryf. Indien vasgestel kan word dat die betrokke oortreding gemotiveer is
deur sodanige vooroordeel of onverdraagsaamheid, sal dit by vonnisoplegging as verswarende omstandighede
verreken word.
Haatspraak word omskryf as wanneer iemand deur enige vorm van kommunikasie, in sy wydste vorm, haat tee-
noor enige persoon of groep op grond van die "verbode gronde' aanhits OF beledigend, minagtend of verklei-
nerend teenoor so 'n persoon of groep is. Eerste oortreders kan benewens 'n boete tronkstraf van drie jaar opgelê
word, en tweede oortreders tot tien jaar.
Ons beoordeling:
· Die beoogde wetgewing is oorbodig aangesien bestaande wetgewing en veral die Gelykheidswet
hierdie oortredings reeds sorgvuldig aanspreek.
7
7
· Die wetgewing oor haatmisdade wil nie die oortreding self nie, maar die innerlike motivering van die
oortreding kriminaliseer. Dis bekend dat die doel of oogmerk van 'n oortreding deur 'n hof bepaal kan
word, bv opset, dolus eventualis ens. Om egter die motivering van 'n misdaad vas te stel is ongekend,
uiters subjektief, moelik meetbaar en kan tot groot heksejagtery lei. Die "onder die invloed van rassehaat"
waarvan die minister praat kan nie soos in die geval van dronkbestuur met die blaas-in-die-pypie vasges-
tel word nie.
· Die hart en gesindheid van mense kan nie deur wetgewing gereguleer word nie, maar slegs deur die skep
van 'n lewenskultuur en die Bybelse ingesteldheid van liefde en respek.
· Dit is ons oortuiging dat hierdie beoogde wetgewing en die remedies wat dit voorskryf verhoudinge in ons
gediversifiseerde samelewing gaan vertroebel en selfs tot hoogspanning kan bring.
· Hoewel artikel 15 van die Akte van regte van ons Grondwet Godsdiensvryheid waarborg, word dit deur die
beoogde wetgewing oor haatspraak ernstig in gedrang gebring. Die verkondiging van Jesus Christus as
enigste Verlosser, teenoor die futiliteit en doodlooptrate van ander godsdienste, kan heel gou as
"beledigend of verkleinerend" teenoor sodanige groep beskou word. Die oproep tot bekering weg van die
afgode tot die enigste ware God kan maklik as haatspraak teenoor ander gekriminaliseer word.
· Anders as die Gelykheidswet van 2000, bied hierdie Wetsontwerp geen ruimte vir billike differensiasie op
grond van 'n instelling se duidelik-omskryfde oortuigings en belydenis nie. Godsdienstige lering, prediking
en ordereëlings wat enigsins betrekking het op geslag, seksuele oriëntasie, huwelik en moraliteit kan as
vooroordeel en onverdraagsaamheid tot misdaad verklaar word.
In die woorde van Prof Marinus Wiechers, een van ons deputate: Hierdie is ‘n teksboekvoorbeeld van oënskynlik
goeie bedoelings, maar ons weet na watter plek sulke hoogheilige bedoelings heen lei... .. Outoritêre en diktatoriale
regimes begin altyd om vryhede in te kort, veral vryheid van spraak, mening en propaganda. Gaan kyk maar na die
Nazi-regime en fascisme, Kommunisme. Oënskynlik met die mooiste bedoelings.
Die GKSA gaan, in samewerking met die ander twee kerke in die TKR, hierdie wetgewing ten sterkste teenstaan.
Daarmee saam doen ons 'n beroep op al ons kerke en lidmate om die euwel van rasse-of groepshaat onder alle ge-
m e e n s k a p p e
m e t d i e
b e v r y d e n d e
boodskap van
die evangelie
van Jesus
C h r i s t u s
te bestry.
Meneer, jy is onder die
invloed van...rassehaat
8
8
Vir ‘n gemeente om finansieel te oorleef en al die uitgawes te kan dek, maak ons hoofsaaklik staat op vrywillige finansiële skenkings/ Donasies/ Dankoffers/ Liefdegawes/ Bydraes.
GK BENONI BANKBESONDERHEDE: BANK : ABSA TJEK REK : 220 340 333 VERWYSING : Volle Naam, Van & Doel Of SNAPSCAN:
Barmhartigheid
KOLLEKTES
29 Jan 2017 - DVB : R 8504 Jeugfonds : R 325 TSP Bibfonds : R 2889 Vandag: Onder die diens: DVB By die deure: Bybelverspreiding Volgende week: Dankbaarheidsfonds
Deur kollekte
GK-BENONI KERKKANTOOR URE:
Ma - Wo en Vrydae 09:00 –14:00 Ina Bolt
084 339 1136 / 011 849 2054
Donderdae 09:00 –13:00 Ronel Ritchie 081 218 3048
DIENSBEURTE
TEESKINK:
Vandag: Wyk D19 olv. Henco Smit
12 Februarie : Wyk A3 olv Ronel Ritchie
OUDERLING AAN DIENS:
Vandag: Gerrie Kriek
12 Februarie : Hennie Coetzer
SOEK DIE ANTWOORD EN BYBELVERS
NUWE LIDMAAT/E
Elke termyn word daar ‘n “nuwe lidmaat funksie” gehou waar
nuwe lidmate uitgenooi word na ‘n aand van koinonia en om
inligting te bekom oor die struktuur & bedieninge van ons
gemeente. Die volgende geleentheid sal DV 2 Maart om
18:00 plaasvind.
Kontak gerus Ina Bolt ☎ 084 339 1136 vir meer inligting.
Verlede keer 29 Januarie 2017 se antwoord: 1 kronieke 10: 2 Sien ook 1 Sam 31:2
“ Toe het die Filistyne op Saul en sy seuns toegesak. Hulle het Saul en sy seuns Abinadab, Jonathan en Malkisua
neergevel. “
Die volgende bybellesers het korrekte antwoorde ingestuur
Giel de Bruyn; Jan Lubbe; Jana Alberts; Una Steyn; Martie Gibson; Chrissie Pretorius; Klein de Kock; Judy Geyling en
Jan Bakker
Hierdie week: Soek die Bybelvers
“ Daarom, sodat ek nie ?????????? sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n boodskapper van Satan
om my met vuiste te slaan”
Vraag: Wat is die rede wat die apostel Paulus aangee waarom aan hom ‘n doring in die vlees gegee is?
Lees gerus Korintiërs en noem waarom Paulus sê ‘n doring in die vlees gegee is en waar bostaande vers staan en SMS