Top Banner
14 Weslander WAT GEBEUR WHAT'S ON 16 November 2017 Dieet, vas kan diabetes 2 help Tipe 2-diabetes neem so toe dat al gepraat word van diabesiteit, ’n samevoeging van diabetes en obesiteit. Wêrelddag vir Diabetes was 14 November. ’n Drastiese toename in mense met tipe 2-diabetes wat nou verband hou met die toename in obesiteit, word wêreldwyd ervaar. In Suid-Afrika is twee uit elke vyf mense oorgewig. Elke mens wat 10 kg oorgewig is, loop die gevaar om dié leef- styl- siekte op te doen en word as vetsugtig beskou. Dié wat 20 kg (of meer) oorgewig is, het nog ’n groter kans, berig Ilse Salzwedel in ’n eksklusiewe fokus op tipe 2-diabetes in Huisgenoot vanjaar. Dit word internasionaal aanvaar dat tipe 2-diabetes ’n chroniese progressiewe siekte sonder ’n kuur is. Dit beteken die siekte vererger mettertyd en die behandeling behels meer medikasie en/of insulien. “Maar is dit regtig die waarheid?” vra die plaaslike spesialis- dieetkundige, Annchen Weidemann. Sy verduidelik die hoofoorsaak van tipe 2-diabetes is verhoogde bloedsuiker, die gevolg van weerstand deur die liggaam se selle om insulien op te neem. Insulien word deur die pankreas vervaardig. Die verhoogde bloedsuiker veroorsaak mettertyd onomkeerbare skade aan bloedvate, wat die komplikasies van diabetes veroorsaak (blindheid, amputasies, hartsiekte). Behandeling is dus sterk gefokus om bloedsuiker te normaliseer om bloedvatskade op die lang termyn te voorkom. Die medikasie en insulien- behandeling bied dus slegs tydelike beheer van die toestand en dit kan nooit gestop word nie want ’n punt van kuur word nooit bereik nie. Volgens Weidemann bestaan daar egter wetenskaplike bewyse dat tipe 2- diabetes heeltemal deur die regte dieet- behandelingsplan omgekeer kan word. Sy skryf een van die bekendste diabetesspesialiste van sy tyd, dr. Elliot P. Joslin, het in Augustus 1916 beskryf hoe tydelike vastydperke van onskatbare waarde in die behandeling van diabetes gebruik kan word. Gewigsverlies by wyse van bariatriese chirurgie (maag- omleiding), beperkende diëte en periodieke vas, kan insulien- weerstand en tipe 2-diabetes vinnig omkeer en medikasie (medisyne deur die mond en insulien) uitskakel. Chirurgie is egter duur en ingrypend terwyl periodieke vas en koolhidraatbeperking dieselfde uitkoms kan gee, sê Weidemann. Tipe 2-diabetes hoef dus nie chronies of progressief te wees nie. Mediese navorsing ondersteun grootliks die ontwikkeling van insulien en mondelingse medikasie vir behandeling van tipe 2-diabetes. Sy meen egter meer ondersteuning moet gegee word vir die regte dieet- verwante behandeling wat bewys is om diabetes permanent om te keer. . Annchen Weidemann is die hoofskrywer van Periodic Fasting wat by Bargain Books of by haar praktyk in Voortrekkerweg 23, Vredenburg, te koop is. Veselryke groente vir mense met tipe 2-diabetes. Bruide moet begin inskryf Bruide, wat tussen 1 Julie 2017 en 30 Junie 2018 trou, kan inskryf vir die sesde Weslander en Weskus Mall Bruid van die Jaar-kompetisie. Bruide mag eers inskryf nadat hulle getrou het omdat hul troufoto’s die inskrywing moet vergesel. Net bruide wat in Weslander se verspreidings- gebied woon, mag deel- neem. Elke kwartaal word finaliste uit die inskrywings gekies en hul foto’s in die Weslander gepubliseer. Uiteindelik sal 12 finaliste gekies word vir 2017-’18 se gala- en kronings- geleentheid. Bruide moet hul trourokke, al is dit gehuur, hou of weer huur om dit by die gala te dra. Inskrywings kos R250. ’n Voltooide inskrywingsvorm en drie foto’s moet aan Weslander verskaf word: ’n vollengtefoto van die bruid op haar troudag, ’n portretfoto van die bruid en ’n foto van die bruid en die bruidegom. Vir inskrywingsvorms stuur ’n e-pos na [email protected] of bel Madelie of Trish by 022 713 1251. . Nuwe kompetisie vir fotograwe: Vroue wat inskryf vir Bruid van die Jaar moet hul fotograwe se besonder- hede op die vorm verskaf. ’n Prys vir die beste fotograaf sal volgende jaar toegeken word en die bruid wie se troufotograaf wen, sal ook ’n prys kry. Known as the “People’s Diva”, Salome from Cape Town will be singing on the West Coast. On 22 November she will give a motivational talk on her victory over drugs at Diazville High School in Saldanha. On 30 November, she performs in the Allan Boesak Community Hall in Piketberg from 20:00. Tickets are R60 (for sale at Funky Lemon in Saldanha). On Friday 1 December Salome sings from 21:00 at Funky Lemon. Two readers can each win double tickets to this performance and a VIP pre-party. Just SMS SALOME, your name, surname and town to 33673 before Tuesday 21 November. The winners will be in Weslander. Win tickets to meet and see Salome Jeugfees beloof om talent ’n hupstoot te gee ’n Plaaslike jeuggroep en gemeenskaps- radiostasie is in vennootskap met Kaapse rolspelers om plaaslike talent wyer blootstelling te gee. Cape Coast Youth, ’n geregistreerde jeugorganisasie in Hopefield, gestig deur vryskutjoernalis en bouer George April, beplan ’n jeugtalentfees. Dit word saam met Radio Weskus, die Kaapse platemaatskappy, Star Struck Records, en die televisiereeks, The Rainbow Cruise (weekliks op DStv- kanaal 263) aangebied. April sê die Cape Coast-jeugfees, wat vir 15 tot 16 Desember op die Ronnie Louw-sportveld in Hopefield beplan word, gaan oor die bevordering van plaaslike talent. Hy vertel meer hieroor in ’n televisieonderhoud wat Saterdag om 19:00 op The Rainbow Cruise uitgesaai word met ’n herhaling Sondag om 14:00. Deelnemers moet deur hul skole inskryf word. Die wenner se skool wen R5 000. Deelnemers gaan die verhoog deel met jong talentvolle Kaapse kunstenaars soos Chloë Raubenheimer (14) van Belhar, Kaapstad. Sy is die nuutste ster van Star Struck Records. “Ons is baie bly om hierdie platform vir opkomende talent in die Wes-Kaap te bied,” sê Brilynn van Rooyen, eienaar van Star Struck Records. April moedig plaaslike ondernemings aan om as borge betrokke te raak. .Kontak Brilynn van Rooyen by brilynn@- starstruck- records.co.za. Mense wat graag stalletjies wil opsit, kan ’n e-pos stuur na bookings@- starstruckrecords.co.za. . Besoek die webwerwe capecoastyouth.co.za en starstruckrecords.co.za om meer uit te vind. Volg Cape Coast Youth Festival op Facebook. Van links: Francois Julies, Ganie Parker (eienaar/vervaardiger The Rainbow Cruise), Chloë Raubenheimer, Brilynn van Rooyen en George April. Cleaning spaces creating happy faces... We bring the service to your back door! Anne Marais 061 830 8430 [email protected] Johann Van Wyk 083 485 3004 [email protected] Universal Services, one-stop for all your cleaning needs. We provide full service residential and commercial carpet, upholstery, mattresses (with certificate of Hygiene so your clients have an ease of mind) and we do deep cleaning of hotel kitchens (with reference from International Hotels), guest house kitchens ect. Universal Services, is founded on a belief that every environment, be it home or office, deserves an attention to detail that isn't often found today. Let us show you why we are THE choice for all your residential and commercial cleaning needs . 000000-DW161117 Looking for an affordable year-end/Xmas venue? Book now to avoid disappointment: 022 719 1820 CANTINA SPORTS BAR & RESTAURANT 022 719 1820 000000-DW161117 Skakel vir ANDREW SAMEULS 079 656 3009 022 921 2121 Aan al my vorige en nuwe kliënte: voor u ‘n motor koop of verkoop, skakel my eers. 2014 Opel Adam 1.0T JAM 3dr R164 995 2009 Mercedes Benz C320 Cdi Avantgarde A/T R189 995 2013 Toyota Fortuner 3.0D 4D R/B R319 995 2014 Isuzu KB 250 D-Teq LE P/U D/C R279 995 2014 Toyota Hulux 3.0 D-4D Raider Xtra Cab 4X4 P/U S/C R324 995 000000-DW161117
1

14 Weslander WAT GEBEUR Dieet, vas kan diabetes 2 help ...annchenweidemann.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Weslander-DW-We... · Inskrywings kos R250. ’n Voltooide inskrywingsvorm

Apr 29, 2019

Download

Documents

phamdan
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: 14 Weslander WAT GEBEUR Dieet, vas kan diabetes 2 help ...annchenweidemann.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Weslander-DW-We... · Inskrywings kos R250. ’n Voltooide inskrywingsvorm

14 Weslander WAT GEBEUR WHAT'S ON 16 November 2017

Dieet, vas kan diabetes 2 helpTipe 2-diabetes neem so toe dat al gepraat word van diabesiteit, ’n samevoeging van diabetes en obesiteit.

Wêrelddag vir Diabetes was 14 November. ’n Drastiese toename in mense met tipe 2-diabetes wat nou verband hou met die toename in obesiteit, word wêreldwyd ervaar.

In Suid-Afrika is twee uit elke vyf mense oorgewig. Elke mens wat 10 kg oorgewig is, loop die gevaar om dié leef­styl­siekte op te doen en word as vetsugtig beskou. Dié wat 20 kg (of meer) oorgewig is, het nog ’n groter kans, berig Ilse Salzwedel in ’n eksklusiewe fokus op tipe 2-diabetes in Huisgenoot vanjaar.

Dit word internasionaal aanvaar dat tipe 2-diabetes ’n chroniese progressiewe siekte sonder ’n kuur is. Dit beteken die siekte vererger mettertyd en die behandeling behels meer medikasie en/of insulien.

“Maar is dit regtig die waarheid?” vra die plaaslike spesialis­-dieetkundige, Annchen Weidemann.

Sy verduidelik die hoofoorsaak van tipe 2-diabetes is verhoogde bloedsuiker, die gevolg van weerstand deur die liggaam se selle om insulien op te neem. Insulien word deur die

pankreas vervaardig. Die verhoogde bloedsuiker veroorsaak

mettertyd onomkeerbare skade aan bloedvate, wat die komplikasies van diabetes veroorsaak (blindheid, amputasies, hartsiekte).

Behandeling is dus sterk gefokus om bloedsuiker te normaliseer om bloedvatskade op die lang termyn te voorkom. Die medikasie en insulien­-behandeling bied dus slegs tydelike beheer van die toestand en dit kan nooit gestop word nie want ’n punt van kuur word nooit bereik nie.

Volgens Weidemann bestaan daar egter wetenskaplike bewyse dat tipe 2-diabetes heeltemal deur die regte dieet­-behandelingsplan omgekeer kan word.

Sy skryf een van die bekendste diabetesspesialiste van sy tyd, dr. Elliot P. Joslin, het in Augustus 1916 beskryf hoe tydelike vastydperke van onskatbare waarde in die behandeling van diabetes gebruik kan word.

Gewigsverlies by wyse van bariatriese chirurgie (maag­-omleiding), beperkende diëte en periodieke vas, kan insulien­-weerstand en tipe 2-diabetes vinnig omkeer en medikasie (medisyne deur die mond en insulien) uitskakel.

Chirurgie is egter duur en ingrypend terwyl periodieke vas en koolhidraatbeperking dieselfde uitkoms kan gee, sê Weidemann.

Tipe 2-diabetes hoef dus nie chronies of progressief te wees nie.

Mediese navorsing ondersteun grootliks die ontwikkeling van insulien en mondelingse medikasie vir behandeling van tipe 2-diabetes.

Sy meen egter meer ondersteuning moet gegee word vir die regte dieet­-verwante behandeling wat bewys is om diabetes permanent om te keer. . Annchen Weidemann is die hoofskrywer van Periodic Fasting wat by Bargain Books of by haar praktyk in Voortrekkerweg 23, Vredenburg, te koop is.

Veselryke groente vir mense met tipe 2-diabetes.

Bruide moet begin inskryf Bruide, wat tussen 1 Julie 2017 en 30 Junie 2018 trou, kan inskryf vir die sesde Weslander en Weskus Mall Bruid van die Jaar-kompetisie.

Bruide mag eers inskryf nadat hulle getrou het omdat hul troufoto’s die inskrywing moet vergesel. Net bruide wat in Weslander se verspreidings­-gebied woon, mag deel­neem.

Elke kwartaal word finaliste uit die inskrywings gekies en hul foto’s in die Weslander gepubliseer. Uiteindelik sal 12 finaliste gekies word vir 2017-’18 se gala- en kronings­geleentheid.

Bruide moet hul trourokke, al is dit gehuur, hou of weer huur om dit by die gala te dra.

Inskrywings kos R250. ’n Voltooide inskrywingsvorm en drie foto’s moet aan Weslander verskaf word: ’n vollengtefoto van die bruid op haar troudag, ’n portretfoto van die bruid en ’n foto van die bruid en die bruidegom.

Vir inskrywingsvorms stuur ’n e-pos na [email protected] of bel Madelie of Trish by 022 713 1251.. Nuwe kompetisie vir fotograwe: Vroue wat inskryf vir Bruid van die Jaar moet hul fotograwe se besonder­-hede op die vorm verskaf. ’n Prys vir die beste fotograaf sal volgende jaar toegeken word en die bruid wie se troufotograaf wen, sal ook ’n prys kry.

Known as the “People’s Diva”, Salome from Cape Town will be singing on the West Coast. On 22 November she will give a motivational talk on her victory over drugs at Diazville High School in Saldanha. On 30 November, she performs in the Allan Boesak Community Hall in Piketberg from 20:00. Tickets are R60 (for sale at Funky Lemon in Saldanha). On Friday 1 December Salome sings from 21:00 at Funky Lemon. Two readers can each win double tickets to this performance and a VIP pre-party. Just SMS SALOME, your name, surname and town to 33673 before Tuesday 21 November. The winners will be in Weslander.

Win tickets to meet and see Salome

Jeugfees beloof om talent ’n hupstoot te gee’n Plaaslike jeuggroep en gemeenskaps­-radiostasie is in vennootskap met Kaapse rolspelers om plaaslike talent wyer blootstelling te gee.

Cape Coast Youth, ’n geregistreerde jeugorganisasie in Hopefield, gestig deur vryskutjoernalis en bouer George April, beplan ’n jeugtalentfees.

Dit word saam met Radio Weskus, die Kaapse platemaatskappy, Star Struck Records, en die televisiereeks, The Rainbow Cruise (weekliks op DStv-kanaal 263) aangebied.

April sê die Cape Coast-jeugfees, wat vir 15 tot 16 Desember op die Ronnie Louw-sportveld in Hopefield beplan

word, gaan oor die bevordering van plaaslike talent.

Hy vertel meer hieroor in ’n televisieonderhoud wat Saterdag om 19:00 op The Rainbow Cruise uitgesaai word met ’n herhaling Sondag om 14:00.

Deelnemers moet deur hul skole inskryf word. Die wenner se skool wen R5 000. Deelnemers gaan die verhoog deel met jong talentvolle Kaapse kunstenaars soos Chloë Raubenheimer (14) van Belhar, Kaapstad. Sy is die nuutste ster van Star Struck Records.

“Ons is baie bly om hierdie platform vir opkomende talent in die Wes-Kaap

te bied,” sê Brilynn van Rooyen, eienaar van Star Struck Records.

April moedig plaaslike ondernemings aan om as borge betrokke te raak. .Kontak Brilynn van Rooyen by brilynn@­-starstruck­records.co.za. Mense wat graag stalletjies wil opsit, kan ’n e-pos stuur na bookings@­-starstruckrecords.co.za.. Besoek die webwerwe capecoastyouth.co.za en starstruckrecords.co.za om meer uit te

vind. Volg Cape Coast Youth Festival op Facebook.

Van links: Francois Julies, Ganie Parker (eienaar/vervaardiger The Rainbow Cruise), Chloë Raubenheimer, Brilynn van Rooyen en George April.

Cleaning spaces creating happy faces...

We bring the service to your back door!Anne Marais 061 830 [email protected]

Johann Van Wyk 083 485 [email protected]

Universal Services, one-stop for all your cleaning needs.We provide full service residential and commercialcarpet, upholstery, mattresses (with certificate of

Hygiene so your clients have an ease of mind) and wedo deep cleaning of hotel kitchens (with reference from

International Hotels), guest house kitchens ect.

Universal Services, is founded on a belief that everyenvironment, be it home or office, deserves an attention todetail that isn't often found today. Let us show you why weare THE choice for all your residential and commercial

cleaning needs .

000000-DW161117

Looking for an affordableyear-end/Xmas venue?

Book now to avoiddisappointment: 022 719 1820

CANTINA

SPORTS BAR& RESTAURANT

022 719 1820

000000-DW161117

Skakel virANDREWSAMEULS

0796563009 022921 2121

Aan al my vorige en nuwe kliënte:voor u ‘nmotor koop of verkoop, skakel my eers.

2014 Opel Adam 1.0T JAM3dr

R164995

2009 Mercedes Benz C320Cdi Avantgarde A/T

R189995

2013 Toyota Fortuner 3.0D 4D R/B

R319995

2014 Isuzu KB 250 D-Teq LEP/U D/C

R279995

2014 Toyota Hulux 3.0 D-4D RaiderXtra Cab 4X4 P/U S/C

R324995000000-DW161117