Inligting kortliks: - Duisendpote behoort tot by die ongewerweldes (invertebrates) - Daar is nie 1 000 bene nie, minstens 6, op die meeste 680 afhangende van die soort. - Daar is omtrent 8 000 bekende soorte, maar nog nie almal is ontdek nie. - Die grootste Namibiese spesie word tot 25 cm lank. - Duisendpote dra 'n uitwendige geraamte soos 'n korset. - Duisendpootdames le tussen 500 en 1 000 eiers (geen wonder, hulle is partykeer HORDES!) Die eiertjies word in klein kleiballetjies onder die grond gebere. - Die kleintjies kruip met min (3) bestaande segmente uit die eiertjie, maar sit by elke vervelling agter segmente by tot hulle uitgegroei is. - Die voorste gedeelte van die dier dra een paar bene per segment, daaragter twee paar per segment. - Die beentjies is ook meerdelig, dus beweeglik in sigself. - By voortbeweging werk ALMAL SAAM in golfbewegings. - Hulle vreet ALLES, hoofsaaklik ontbindende plantmateriaal, partykeer ook vars plante (ek het hulle al bo uit die koejawelboom gehaal), soos sagte vrugte, wortels waar die plante dikwels water kry (nat grond), partykeer vreet hulle ook insekte (ruspes). - Hulle vyande is: ratels, jakkalse, rotte, ander knaagdiere, voels (bv.neushoringvoels, Toko) en MENSE 1000 Pote? 1000 eiers! lief vir mekaar geknoop torinkie Wie's bo, wie's onder netjies opgekrul Een van die OUDSTE land-diersoorte op aarde is die duisendpoot; amper net in groote verander bewoon hulle al vir omtrent 435 miljoen jaar hierdie aardbol! Die grootste duisendpoot wat ooit gelewe het, was ietwat oor die twee meter lank. Aangesien hulle leefwyse blykbaar nie veel verander het nie (hulle hou van vog en donker), is daar baie min fossiele; die uitwendige geraamte het vergaan en nie uitgedroog en versteen of afdrukke gelos nie. kleibolletjies met eier(s) in BILD:; voor een paar bene, agter twee paar per segment