Top Banner
RUGSAKSTAP 16 - 18 FEBRUARIE 2018 DAG 1 EN DAG 4 VAN NUM–NUM STAPROETE Vroeg Vrydagaand het 8 stappers by die Pongola Express Kamp wat deel uitmaak van die Num – Num staproete gearriveer. Die oornag fasiliteit was treinwaens wat dateer uit 1954. Wat ‘n belewenis! Daar het al die gereëlde stappers genaamd Lizelle en Jaco al klaar groot ondersteuning en hartlikheid gewys vir die bekende stappers Marelize, Louise, Ina en Mariet en nuwelinge Karlien en Hercules. Saterdagoggend 07h00 het Lizelle en Jaco die kaarte van die aangepaste roetes by Percy, die vriendelike terrein oppasser ontvang en die stappers is ingelig dat die Oom Paul roete wat ons sou gestap het te gevaarlik sou wees met al die reën van die vorige week. Daar is saam gestem dat ons Dag 1 en Dag 4 van die Num-Num staproete in die teenoorgestelde rigting van die kaarte sou stap sodat die langste roete van 13 km Saterdag gestap kon word en die 7 km roete op Sondag. Die natuurskoon het ons asems om elke hoek weggeslaan (letterlik en figuurlik). Van gras vlaktes, diep rots klowwe, mosbedekte woude, hoë berge en afgronde tot die pragtigste waterstrome waarby ons Bybelstudie en ruskanse gehad het. Opgestel deur Ina en Louise Wheatley op 25 Februarie 2018
4

€¦  · Web viewDaar het al die gereëlde stappers genaamd Lizelle en Jaco al klaar groot ondersteuning en ... die langste roete van 13 km Saterdag gestap kon word en die 7 km

Jun 27, 2018

Download

Documents

truongtuong
Welcome message from author
This document is posted to help you gain knowledge. Please leave a comment to let me know what you think about it! Share it to your friends and learn new things together.
Transcript
Page 1: €¦  · Web viewDaar het al die gereëlde stappers genaamd Lizelle en Jaco al klaar groot ondersteuning en ... die langste roete van 13 km Saterdag gestap kon word en die 7 km

RUGSAKSTAP 16 - 18 FEBRUARIE 2018DAG 1 EN DAG 4 VAN NUM–NUM STAPROETE

Vroeg Vrydagaand het 8 stappers by die Pongola Express Kamp wat deel uitmaak van die Num – Num staproete gearriveer. Die oornag fasiliteit was treinwaens wat dateer uit 1954. Wat ‘n belewenis! Daar het al die gereëlde stappers genaamd Lizelle en Jaco al klaar groot ondersteuning en hartlikheid gewys vir die bekende stappers Marelize, Louise, Ina en Mariet en nuwelinge Karlien en Hercules.

Saterdagoggend 07h00 het Lizelle en Jaco die kaarte van die aangepaste roetes by Percy, die vriendelike terrein oppasser ontvang en die stappers is ingelig dat die Oom Paul roete wat ons sou gestap het te gevaarlik sou wees met al die reën van die vorige week. Daar is saam gestem dat ons Dag 1 en Dag 4 van die Num-Num staproete in die teenoorgestelde rigting van die kaarte sou stap sodat die langste roete van 13 km Saterdag gestap kon word en die 7 km roete op Sondag.

Die natuurskoon het ons asems om elke hoek weggeslaan (letterlik en figuurlik). Van gras vlaktes, diep rots klowwe, mosbedekte woude, hoë berge en afgronde tot die pragtigste waterstrome waarby ons Bybelstudie en ruskanse gehad het.

Opgestel deur Ina en Louise Wheatley op 25 Februarie 2018

Page 2: €¦  · Web viewDaar het al die gereëlde stappers genaamd Lizelle en Jaco al klaar groot ondersteuning en ... die langste roete van 13 km Saterdag gestap kon word en die 7 km

Saterdagmiddag het Karlien begin sleg voel en het dié pas getroude paartjie besluit om af te draai na die oornagkamp Aloe Kaya. Die res van die groepie het verder gestap tot by Candlewood kamp vir middag ete. Die kamp het ‘n pragtige uitsig oor die Bridal Leap waterval en Lizelle het ons vertel van die hartseer storie oor die ontstaan van die waterval se naam. ‘n Paartjie was op wittebrood en toe gly die bruid se voete sodat sy oor die waterval na haar dood toe geval het. Haar bruidegom het toe agter haar aan gespring.

Net soos die vorige aand was daar heerlike warm water, eetgerei, krag en vuurmaakhout by hierdie oornagkamp, Aloe Kaya. Dankie tog vir Jaco wat hou van vuurmaak en braai want dit het ons almal heerlik laat ontspan en later laat skaterlag oor al die ervarings en wysheid wat rondom die kampvuur uitgekom het.

Sondagoggend was dit baie mistig maar het later opgeklaar tot sonskynweer. Net soos die vorige dag het ons wilde beeste en bokke op die roete gesien. Daar was selfs albino bokke.Als het goed gegaan tot ‘n paar rigting aanwysers verlore was en ons sowat altesaam ‘n uur lank die pad moes soek. Na ‘n paar verdwaalde oomblikke en druk vir tyd het almal besluit om die laaste kilometer ‘n kortpad deur ‘n draadheining te soek. Teen 13h00 was almal veilig terug by die eindpunt, Pongola Express Kamp. Teen 13h25 was ons oppad na Milly’s vir ‘n heerlike middagete.

Baie dankie aan Lizelle, Jaco, en Hercules wat ons veilig die hele naweek begelei het. Alle eer aan ons Vader wat julle die talent gegee het om met ervaring, kennis en pragtige maniere voetslaan ‘n heerlike ondervinding te maak! Lizelle, baie dankie vir jou tyd met al die reëlings, kommunikasie en organisering van ‘n wonderlike naweek in Mpumalanga.

Opgestel deur Ina en Louise Wheatley op 25 Februarie 2018