Liefste Vriend, - Bloemfontein Baptiste Kerk...Liefste Vriend, Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet gebruik. Vir
Post on 28-Feb-2020
9 Views
Preview:
Transcript
Liefste Vriend,
Die Kinderkerk is baie opgewonde oor hierdie
Toewydingsboekie. Ek wil graag verduidelik hoe jy dit moet
gebruik.
Vir die volgende 40 dae gaan almal by die kerk fokus op
mekaar – die gemeenskap van gelowiges (dis die grootwoorde,
maar onthou net MEKAAR). Ons gaan leer wat is God se
manier om beter verhoudings met mekaar te bou. Die cool ding
is dat jou hele gesin dieselfde versie elke week gaan leer.
Hierdie Toewydingsboekie sal jou gids wees soos ons saam die
volgende 40 dae reis. Hou hierdie boekie op jou bedkassie of
lessenaar of selfs op die kombuistafel – iewers waar jy herinner
sal word om dit elke dag te lees (of waar jou ouers dit vir jou
kan lees). Jy sal sien dat elke dag se blaai wat jy moet lees,
opgedeel is in die volgende:
Lees Dit
Lees elke dag se storie sodat jy beter kan verstaan wat jy in
kerk die vorige week geleer het.
Onthou Dit
Die daaglikse Bybelversie is God se instruksie aan jou wat jou
sal aanmoedig om op die regte pad te bly.
Vra Dit
Daar is vir jou ʼn gebedjie uitgeskryf waar jy God kan vra om
jou te help met dit wat jy geleer het oor MEKAAR.
Doen Dit
Soek jy idees om dit wat jy geleer het prakties te doen? Lees
hierdie gedeelte en neem aksie!
Geniet dit om die volgende 40 dae saam met ons te reis!
Petrie Spies
OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê
Dag 1: Omdat God ons liefhet
“Amanda”
Lees Dit
Meestal, wanneer Natalie elke week kerk toe gekom het, het sy
net haar maats gegroet. Vir die mense wat sy nie ken nie, het
sy niks gesê nie, en nie eintlik veel daaroor gedink nie. Een
Sondag het ʼn meisie met die naam Amanda, haar kom groet.
Natalie het vir Amanda ʼn paar keer by die kerk gesien, maar
haar nie geken nie. Amanda het vir haar gesê: “Ek het die
laaste paar weke opgemerk dat jy hartseer lyk. Ek het vir jou
gebid. Is jy OK?”
Natalie kom dit nie glo nie – Amanda het haar nie eers geken
nie en tog het sy vir haar omgegee. Natalie het geantwoord:
“Ja, my marmot, Sproete, het twee weke terug gevrek en ek is
regtig hartseer daaroor. Dit is nou die eerste keer dat iemand
eers vir my vra wat verkeerd is. Dankie!” Natalie en Amanda
het daardie dag saamgesit by die kerk.
Onthou Dit
Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste liefgehad het,
moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê.
1 Johannes 4:11
Vra Dit
Liewe Heer, help my asseblief om die maats rondom my raak
te sien wat ek nie ken of liefhet nie. Help my asseblief om alle
mense lief te hê, soos wat U hulle liefhet. Help my om te
glimlag en liefde te wys deur my optrede en deur die manier
hoe ek ander behandel. AMEN
Doen Dit
Vind vandag twee mense wat jy nie ken nie en spandeer 15
minute om aan hulle liefde te gee deur hulle te groet, vir hulle
te glimlag en vir hulle te vra hoe dit met hulle gaan. Vind ten
minste vyf interessante feite omtrent elke persoon uit.
OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê
Dag 2: Omdat dit God se opdrag is
“Botterkaramel”
Lees Dit
Brenda het ʼn sak met lekkergoed saamgebring skool toe om met haar
maats te deel. Die geure was kersie, druiwe, waatlemoen, lemoen en
botterkaramel. Brenda het opgemerk dat wanneer sy haar klasmaats
toelaat om eerste hul gunstelinggeure te kies, het al die botterkaramel
lekkers vir haar oorgebly. Sy weet dat botterkaramellekkers bietjie
anders is; miskien is dit nie heeltemal so soet soos druiwe of kersie
nie, of miskien hou hulle net nie van die kleur van die
lekkergoedpapiertjie nie. Weet julle wat doen sy met al die oorskiet
botterkaramellekkers? Sy eet hulle self op, want sy is lief vir al die
geure. Jesus het ons almal baie lief en Hy beveel ons om dieselfde te
doen. Was jy al ooit die een wat deur die groep uitgelaat is? Dit voel
nie lekker nie, maar as jy al ooit gevoel het dat jy die een is wat
uitgelaat is, kan jy weet dat Jesus jou net so liefhet soos hy al die
ander het.
Onthou Dit
Ek gee julle ʼn nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek
julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê.
Johannes 13:34
Vra Dit
Liewe Heer, dankie dat U my altyd liefhet. Heer, ek bid dat ek
ander kan liefhê, soos wat U my beveel het om te doen.
Geteken
__________________________________________________
__________________________________________________
____AMEN
Doen Dit
Vandag by die skool, maak tyd om een nuwe persoon in te sluit
daarin wat jy doen. (bv. tydens pouse, ens…). Wees op die
uitkyk vir iemand wat uitgelaat is of alleen mag voel, en wys
liefde vir daardie persoon deur hom/haar uit te nooi om met jou
maats te wees.
OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê
Dag 3: Want dit is hoe ons God liefhet
“Hy het my lief, hy het my nie lief nie”
Lees Dit
Soms gebruik mense ʼn madeliefie om uit te vind of iemand
hulle liefhet of nie. Indien ʼn seun van ʼn meisie hou, sal hy vir
die madeliefie vra. Soos wat hy die blomblaartjies van die
blom uittrek, sal hy aan die madeliefie vra: “Sy het my lief, sy
het my nie lief nie.” Wanneer hy die laaste blaartjie uittrek, ken
hy die antwoord. Hoe weet ons dat God ons liefhet? Moet ons
die blare van ʼn madeliefie uittrek en hoop dat die antwoord is:
“Hy het my lief.” Nee, daar is ʼn beter manier om uit te vind of
Jesus ons liefhet. Die Bybel vertel ons dat God sy liefde aan
ons bewys het, toe sy enigste seun Jesus, vir ons aan die kruis
gesterf het. As iemand bereid is om vir jou te sterf, hoef jy nie
te wonder of daardie persoon jou liefhet of nie, jy WEET dat
hulle jou liefhet! Hoe weet God dat ons Hom liefhet? Weet Hy
dat ons Hom liefhet bloot net omdat ons sê dat ons doen? Die
Bybel sê dat ons, ons liefde vir God betoon deur ander lief te
hê. Omdat ons God nog nooit gesien het nie, sê die Bybel dat
ons nie kan sê dat ons Hom liefhet, as ons die mense wat ons
elke dag sien, nie kan liefhê nie. Dit is maklik vir jou om te
sien dat God jou liefhet. Is dit maklik vir God om te sien dat jy
Hom liefhet?
Onthou Dit
… want as ons ʼn medegelowige wat ons elke dag sien, nie
liefhet nie, kan ons mos nie vir God liefhê wat ons nie kan sien
nie. 1 Johannes 4:20b
Vra Dit
Liewe Heer, ek het U lief! Help my om aan U te wys dat ek U
liefhet deur my liefde aan ander te bewys deur my woorde en
optrede. AMEN
Doen Dit
Maak ʼn lys van tien maniere van hoe jy ander deur jou woorde
en optrede kan liefhê. Gaan dan vandag uit en begin om
daardie tien dinge te doen.
OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê
Dag 4: Want dit wys dat ons gered is
“Jesus In My Hart”
Lees Dit
Voor Thinus vir Jesus in sy hart ingenooi het, was hy nie altyd
teenoor almal gaaf nie. Mense het geweet dat hy dikwels
gemeen was teenoor ander en hy was dikwels onbeskof met sy
ouers. Toe hy besluit het om Jesus in sy hart in te nooi, het sy
lewe drasties verander. Thinus se hart is nuut gemaak en het
verander; dit het sy houding beïnvloed. Hy wil nou ander
liefhê, op dieselfde wyse as wat Jesus hom liefhet. Toe Thinus
gekies het om ander deur sy woorde en optrede lief te hê, het
hy ʼn gelukkiger mens geword en was hy vol vreugde. Hy het
nooit besef watter verskil sy eie houding maak wanneer dit by
sy eie vreugde kom nie. Thinus se ou houding teenoor ander
het sy eie innerlike hartseer en woede gewys. Noudat Jesus in
sy lewe is, kan hy vry voel en vertrou hy dat Jesus altyd by
Hom sal wees en hom altyd sal liefhê. Dit maak dat hy nou ook
ander wil liefhê.
Onthou Dit
Ons leef in die wete dat ons reeds uit die dood oorgegaan het
in die lewe omdat ons ons broers en susters liefhet.
1 Johannes 3:14
Vra Dit
Liewe Heer, help my asseblief om ander lief te hê, selfs
wanneer hulle dit vir my moeilik maak om van hulle te hou.
Here, help my om die regte houding te hê, sodat ek ander met
vriendelikheid en liefde sal hanteer, sodat ek U vreugde en
geluk kan smaak. AMEN
Doen Dit
Betoon vandag liefde en respek teenoor jou ouers deur ʼn taak
by die huis te verrig sonder dat hulle vir jou gevra het om dit te
doen.
OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê
Dag 5: Want ons is familie
“Soete Drome”
Lees Dit
Abby het laasnag ʼn vreemde droom gehad. Sy het gedroom dat
sy in ʼn straat in haar buurt geloop het, toe sy by ʼn pragtige
groot huis gekom het, wat soos hulle huis gevoel het, maar nie
bekend gelyk het nie. Sy het na die deur toe geloop en geklop.
Toe die deur oopmaak, het Abby in ʼn helder en warm vertrek
ingeloop waar sy baie mense gesien het. Sy het haar gesin
gesien, van haar maats by die skool en die kerk, van hulle
ouers en baie gesigte van alle ouderdomme wat nie bekend
gelyk het nie. Die vertrek was vol lag en liefde. Toe sy wakker
geword het, was sy deurmekaar, so sy het die droom aan haar
ma vertel. Sy het aan haar vertel dat alhoewel sy nie almal in
die huis geken het nie, het dit gelyk asof almal wat daar was,
deel was van ʼn baie spesiale familie, alhoewel nie almal wat
daar was, van mekaar familie was nie. Haar ma het aan haar
gesê dat dit moontlik na familie gevoel het, want sy het van
God se familie gedroom. In God se familie is daar baie
verskillende soorte mense, van orals oor die wêreld wat Jesus
liefhet. Ons moet elke gelowige liefhê, net soos wat ons, ons
ma’s, pa’s, broers, susters of grootouers liefhet. Haar ma het
aan haar verduidelik dat alhoewel haar vriende nie familie van
haar is nie, is hulle steeds broers en susters deur Jesus Christus.
Hoe wonderlik is dit nie…!
Onthou Dit
Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê.
1 Petrus 2:17b
Vra Dit
Liewe Heer, baie dankie dat U vir my ʼn groot familie gee wat
U so liefhet. Omrede U liefde, kan U my help om ander lief te
hê, asof hulle my broers en susters is. AMEN
Doen Dit
Skryf in jou joernaal, of teken ʼn prentjie van al die mense saam
met wie jy die ewige lewe wil deurbring en wat jy in God se
familie wil sien.
OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê
Dag 6: Want ons oefen vir die ewigheid
“Laat die spel begin”
Lees Dit
Gedurende die 2004-Somer Olimpiese Spele het atlete van oral
oor die wêreld in Athene, Griekeland gekompeteer in elke soort
sport denkbaar: sokker, hokkie, swem, gimnastiek, fietsry,
veldnommers en meer. Hierdie mans en vroue wat aan die
Olimpiese Spele deelgeneem het, het baie hard geoefen met die
hoop dat hulle ʼn medalje kon wen. Al het al die atlete baie hard
gewerk, kon daar slegs een wenner vir elke item wees. Volgens
die Bybel kan die lewe baie dieselfde wees as die Olimpiese
Spele. In die lewe neem sommige mense deel vir selfsugtige
redes: miskien neem hulle deel om beroemd te kan raak, miskien
om gewildheid te verwerf, miskien om baie geld te maak. Die
Bybel sê dat hulle prys nie sal voortduur nie. Sommige mense
neem aan die spel van die lewe deel en werk baie hard omdat
hulle Jesus liefhet en ere aan Hom wil bring. Die Bybel sê vir ons
dat hierdie mense ʼn prys sal wen wat vir ewig sal voortduur. In
die spel van die lewe, waarvoor kompeteer jy? Om selfsugtige
redes of vir Jesus?
Onthou Dit
Hierdie geheime plan is om alles wat in die hemel en op die
aarde is, weer onder een hoof te verenig; en hierdie hoof is
Christus.
Efesiërs 1:10
Vra Dit
Liewe Heer, help my om die spel van die lewe op so ʼn manier
te speel, dat ek ere aan U sal bring. Help my om te onthou dat
die oorwinning van U af kom, nie van my af nie. AMEN
Doen Dit
Neem tyd vandag om ʼn kort storie te skryf oor jou lewe en
waar jy jouself oor tien jaar van hier af sien. Hoe sal jy jou
lewe lei?
OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê
Dag 7: Want dit is ʼn getuienis aan die wêreld
“’n Helpende Hand”
Lees Dit
Marius het op sy eerste sendinguitstappie na Lesotho gegaan
saam met sy ouers en hul selgroepie. Hulle het na Lesotho toe
gegaan om gesinne wat baie arm is by te staan om vir hulle huise
te bou. Hy het lekker saam met die kinders gespeel en pret saam
met hulle gehad, al het hulle nie dieselfde taal gepraat nie en
mekaar nie verstaan nie. Hulle het geglimlag en hom met warm
drukkies verwelkom. Na ʼn paar weke van harde werk, was dit tyd
vir een van die gesinne om in hul nuwe huis in te trek. Die gesin
het by die deur van hulle nuwe huis gestaan met trane in hulle oë
en het iets in Sotho gesê wat Marius nie kon verstaan nie. Dit het
nie saak gemaak nie, want hulle was in trane en het mekaar
omhels met drukkies. ʼn Man in sy ouers se selgroep kon Sotho
praat en het later aan die res van die groep vertel wat die man
gesê het: “Deur julle goeie dade het ons die aangesig van Jesus
gesien. My gesin is deur God aangeraak. Dankie! Deur Marius en
die selgroep se goeie dade, hul liefde vir die familie en vir Jesus,
het God werklikheid geword. Sonder dat hulle eers daarvan
geweet het, het God deur hulle gewerk sodat hierdie familie die
liefde van Jesus kon leer ken.
Onthou Dit
As julle liefde teenoor mekaar beoefen, sal almal daaraan sien
dat julle my dissipels is. Johannes 13:35
Vra Dit
Liewe Heer, ek bid dat mense deur U aangeraak kan word deur
my helpende hande en my liefde vir ander. AMEN
Doen Dit
Gee vandag ʼn helpende hand aan ander! Wys God se liefde
deur liefde aan ander te bewys deur ʼn goeie daad.
OM ANDER GELOWIGES LIEF TE Hê
Dag 8: Reik doelbewus uit.
“Die uitnodiging”
Lees Dit
Is jy al ooit na ʼn partytjie uitgenooi? Gewoonlik word
uitnodigings in ʼn posbus gegooi om gepos te word en dit is die
werk van die Poskantoor om dit af te lewer. Die Poskantoor
mag nie die volgende sê nie: “Ons is baie besig vandag. As ons
nie hierdie uitnodigings aflewer nie, sal iemand anders dalk vir
die mense vertel van die partytjie.” Nee, ons vertrou dat die
uitnodiging afgelewer sal word, reën of sonskyn. Het jy geweet
dat Jesus op dieselfde manier vir ons uitnodigings gestuur het
om vir altyd saam met Hom in die Hemel te kom woon? Die
uitnodiging wat Hy gestuur het, is gerig aan almal wat wens
om te kom. Weet jy wie Jesus gekies het om die uitnodiging te
kom aflewer? Hy het vir jou en my gekies. In die verse van die
Bybel wat ons die Groot Opdrag noem, het Jesus vir ons vertel
om orals te gaan en om almal van Sy liefde vir hulle te vertel.
Besig of nie, reën, of sonskyn, ons moet die boodskap van die
kruis aflewer en vertel van Jesus se liefde vir andere, voor dit
te laat is.
Onthou Dit
In julle verhouding met nie-Christene, moet julle slim optree
deur elke kans te benut.
Kolossense 4:5
Vra Dit
Liewe Jesus, Dankie dat U my liefhet en dat U my uitnooi om
vir altyd saam met U te wees. Ek vra U om my te help om
gelowig te wees in die aflewering van U boodskap aan ander.
AMEN
Doen Dit
Kies een vriend wat nie vir Jesus ken nie en oorhandig aan
hom/haar die uitnodiging om Jesus se liefde te aanvaar.
REIK UIT NA ONGELOWIGES
Dag 9: Reik saam uit
“Vier is beter as een”
Lees Dit
Een van die mooiste verhale in die Bybel van mense wat
saamgewerk het, is die storie van die verlamde man. (Jy kan dit
in Markus 2:1-12 lees) Die verlamde man is deur Jesus genees,
want van sy vriende het saamgewerk om hom deur ʼn gat in die
dak te laat afsak tot voor Jesus. Die verlamde man sou nie
genees gewees het, as dit nie vir sy vriende was nie, en nie net
een vriend nie, maar hy het al vier nodig gehad. Heeltemal op
jou eie kan jy ook ʼn verskil in die wêreld maak, maar jy kan
meer gedoen kry as jy een van ʼn span is wat saamwerk.
Onthou Dit
... dat julle soos ʼn span, met één gees, één siel onwrikbaar
aanhou om die Goeie Nuus te glo. Filippense 1:27
Vra Dit
Liewe Jesus, help my om Christelike vriende te vind wat
gewillig sal wees om my te help om uit te reik na ander kinders
in my skool wat U nie ken nie. AMEN
Doen Dit
Het jy al ooit daaraan gedink om saam met ander
Christenvriende in die skool ʼn gebedsgroep te vorm? Julle kan
een oggend of middag per week ontmoet om vir julle skool te
bid. Dink aan hoeveel God deur jou kan doen, maar dink dan
aan hoeveel meer Hy kan doen deur ʼn groep van vier of meer!
REIK UIT NA ONGELOWIGES
Dag10: Reik uit met gasvryheid
“Buurt-uitnodiging”
Lees Dit
Elke buurt het ten minste een huis waarnatoe die kinders gaan
om te gaan speel. Janette se huis was so huis toe sy
grootgeword het. Haar ma het omtrent elke week vir ʼn ander
gesin kos geneem. Sy het Sondagskoollesse gegee vir die graad
6-kinders en hulle na haar huis toe genooi om hulle te leer hoe
om prettige dinge te doen soos naaldwerk of om jelly te maak.
Janette het grootgeword, is getroud en het getrek, maar haar ma
het aangehou om haar huis oop te stel vir die buurt en vir hulle
vriende. Janette het nooit besef wat die impak van haar ma se
gasvryheid op ander was nie, tot ʼn paar jaar later toe sy haar
ouerhuis besoek het. Bure van hulle het gehoor dat Janette tuis
was en haar kom besoek. Die persoon het Janette herinner aan
hoe haar ma haar huis deur die jare vir hulle oopgestel het en
haar genooi het om na Janette-hulle se huis te kom vir
Bybelstudie. Die besoeker het aan Janette vertel dat haar ma
vir hulle van Jesus vertel het en dat sy daarom ʼn Christen
geword het. Omdat Janette se ma bereid was om haar huis vir
ander oop te stel, is ek seker dat daar vandag ook ander mense
is wat Jesus ken.
Onthou Dit
Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla.
I Petrus 4:9
Vra Dit
Liewe Jesus, baie dankie vir alles wat U aan my gegee het.
Help my om geleenthede te vind om U en U goeie nuus met
my bure te deel. AMEN
Doen Dit
Is daar nuwe kinders in jou buurt wat nou net ingetrek het? Of
is daar dalk kinders wat in julle blok woon, wat jy nie ken nie?
Vra vir jou ouers of jy hulle een middag kan oornooi om by jou
te kom kuier. Maak iets om hulle mee te bederf. Kyk ook of jy
nie maniere kan vind om Christus met hulle te deel nie en om
hulle saam met jou kerk toe te nooi.
REIK UIT NA ONGELOWIGES
Dag11: Reik uit met aanvaarding
“Buitekant binne”
Lees Dit
Die “Inside Club” het uit ses meisies bestaan wat gedink het
dat hulle baie oulik (“cool”) was, meer as enigiemand anders.
Hulle was baasspelerig en het die reëls gemaak oor wie in en
wie uit was. Meisies is in die groep aanvaar as hulle by die
reëls gehou het en om een of ander rede was die meisies baie
gewild. Het jy so ʼn bende of groep by jou skool? Hoe voel jy
oor so ʼn groep? Sou jy as ʼn in of ʼn uit -outjie beskou kan
word? Die goeie nuus is dat daar in Jesus se oë nie sulke
groepe bestaan nie. Hy het die mees ongewilde mense aanvaar.
Dit het nie beteken dat Hy alles aanvaar het wat hulle gedoen
het nie. Jesus was egter nie bang om mense op liefdevolle wyse
te konfronteer nie. Sy onvoorwaardelike liefde vir mense het
die mins aanvaarbare – die outsiders/buitestaanders – in
insiders/ die wat aanvaar is verander. Omdat Jesus ons aanvaar
net soos ons is, moet ons ook ander aanvaar soos Hy ons
aanvaar.
Onthou Dit
Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het.
Romeine 15:7
Vra Dit
Liewe Jesus, ek wil leer om ander te sien soos wat U hulle
sien. Help my om vandag te begin om bewus te wees van hoe
belangrik dit is om ander te aanvaar soos wat U my aanvaar
het. AMEN
Doen Dit
Kyk die woord aanvaarding op in die indeks van jou Bybel.
(As jy hulp nodig het, vra jou ouers om te help.) Soek die verse
op, wat wys hoe Jesus jou aanvaar soos jy is. Skryf die verse
neer wat die meeste vir jou beteken en plak dit op jou
slaapkamerdeur om jou te herinner om ander te aanvaar, soos
wat God jou aanvaar.
REIK UIT NA ONGELOWIGES
Dag 12: Reik uit met vriendskap
“Nuwe Skooljaar? Nuwe vriende!”
Lees Dit
Die eerste dag van ʼn nuwe skooljaar kan vreesaanjaend wees.
Wel, jy het nuwe klere, ʼn nuwe boeksak en nuwe
skryfbehoeftes, maar jy het ook nuwe onderwysers, nuwe
klaskamers en nuwe klasmaats! Wat as jy in die nuwe
klaskamer inloop en nie een van jou maats is daar nie? Wel, jy
het dan ʼn paar keuses, soos om uit die skool te hardloop en
nooit-ooit terug te kom nie. Goed, dit is nie ʼn goeie keuse nie.
ʼn Beter keuse sal wees om te besluit dat dit ʼn geleentheid is
om uit te reik na jou nuwe klasmaats en om nuwe vriende te
maak. God maak nie foute nie, wat beteken dat Sy plan vir die
klas waarin jy is, die beste klas vir jou is. Moenie bang wees
nie, sê ʼn vinnige skietgebedjie op, haal diep asem, tel jou
boeksak op, stap in die klaskamer in en wees vasberade om vir
iemand vandag ʼn nuwe vriend te wees.
Onthou Dit
Moenie belangrik probeer wees nie, maar vind julle geluk by
die nederiges. Moenie dink dat net julle altyd reg is nie.
Romeine 12:16
Vra Dit
Liewe Jesus, dankie dat U my beste vriend is. Help my om
vriendelik te wees en om uit te reik na iemand wat U nie ken
nie. Help hulle om U liefde deur my te ervaar. AMEN
Doen Dit
Is daar iemand in jou klas, of in jou sportspan wat dalk ʼn nuwe
vriend nodig het? Skryf die persoon se naam neer en een
manier van hoe jy ʼn goeie vriend vir daardie persoon die week
kan wees. _________________
REIK UIT NA ONGELOWIGES
Dag 13: Reik uit met praktiese hulp
“Gaan oor na Aksie!”
Lees Dit
ʼn Skare kinders het om die skool se toesluitkassies
saamgedrom. Die kinders het gelag en boeke, notaboekies,
potlode en papiere het oral in die ingangsportaal van die skool
gelê. In die middel van die skare was ʼn seun, Tommie, op sy
knieë. Tommie was ʼn swaksiende kind en amper blind. Hy het
oor sy toesluitkassie se sleutel geval en alles uit sy arm het oor
die grond versprei gelê. Hy was desperaat besig om die boeke
en die papiere bymekaar te maak terwyl die kinders rondom
hom gestaan en lag het. Een van Tommie se klasmaats het uit
die skare na vore getree en begin om hom te help om sy
besittings bymekaar te maak. Toe het ʼn ander persoon die
sluitkassie se sleutel opgetel wat Tommie laat val het en vir
Tommie gehelp om die toesluitkassie oop te sluit. Die skare het
opgehou lag en begin om uitmekaar te gaan. Die twee kinders
wat na vore getree het om Tommie te help, het nie net besef dat
Tommie hulp nodig het nie, maar was ook dapper genoeg om
uit die skare te tree en hom te help.
Onthou Dit
Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar
eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.
I Johannes 3:18
Vra Dit
Liewe Jesus, help my om nie net mense rondom my raak te
sien wat in nood is nie, maar help my ook om liefde aan hulle
te bewys deur praktiese maniere te vind om hulle te help.
AMEN
Doen Dit
Kan jy op hierdie oomblik dink aan iemand wat hulp nodig
het? Skryf daardie persoon se naam
neer:__________________
Vra nou jou ouers om jou te help om aan praktiese maniere te
dink van hoe om hom/haar te help.
REIK UIT NA ONGELOWIGES
Dag 14: Reik orals uit
“Walk The Talk!”/ "Doen wat jy sê.”
Lees Dit
Mense wat Christus nie ken nie, insluitend ons familie en
vriende, moet ware Christelikheid in ons lewens kan SIEN.
Ons het almal al Christene gesien wat sê dat hulle Christene is,
maar nie daarvolgens leef nie. Die eerste stap in ons uitreik na
ander met die Blye Nuus, is om so te leef dat dit die pad vir
ander uitwys. Dit is al gesê dat jy die enigste Bybel kan wees
wat iemand dalk ooit sal lees. Dit is waar. Mense gee meer om
vir dit wat hulle in jou lewe kan sien, dan vir wat jy sê. As
mense na jou lewe kyk – sien hulle Jesus daarin?
Onthou Dit
Verder, doen alles – of dit nou met woorde of dade is – asof
julle dit namens die Here Jesus doen.
Kolossense 3:17
Vra Dit
Liewe Jesus, ek wil my vriende van U vertel. Ek besef dat dit
meer is as om bloot ander van U te vertel, maar dit gaan
daaroor dat ek my lewe so moet lei dat ander U kan sien. Help
my asseblief vandag “to walk the talk.” – om te doen waaroor
ek praat. AMEN
Doen Dit
Die eerste stap in die uitleef van jou geloof, is om die regte
verhouding met ander te hê. Is daar dinge in jou lewe wat jou
daarvan weerhou om ʼn lewe te lei wat die pad na Christus toe
wys? Skryf daardie dinge neer en skryf langs elkeen neer wat
gedoen moet word om dit reg te stel. Neem dan aksie “to walk
the talk!” – – om te doen wat jy sê.
OMGEE VIR MEKAAR
Dag 15: Erken dat ons mekaar nodig het
“Die Twaalfde Man”
Lees Dit
Al my kinders het aan die Texas A & M Universiteit afstudeer en is
almal baie lojale Aggie-ondersteuners (fans). Daar is ʼn tradisie by
Texas A & M wat in 1922 begin het, wat die 12de Man genoem
word. Dit het begin toe die Aggie-voetbalspan, ʼn swakker span, (an
underdog team) teen Centre College gespeel het, een van die sterkste
voetbalspanne. Die Aggies was vasberade en het hard gespeel om te
wen. Die Aggie afrigter, Dana Bible, was benoud dat hulle nie die
wedstryd sou kon klaarmaak met die spelers wat hy in sy span gehad
het nie. Toe onthou hy van ʼn voormalige voetbalspeler, E. King Gill,
wat nie sy voetbaluitrusting aangehad het nie. Gill was in die
Persverklaringssaal waar hy verslaggewers gehelp het om spelers te
identifiseer. Die Aggie-afrigter het Gill laat roep en gevra of hy nie ʼn
voetbaluitrusting sal aantrek en reg sal staan om op te gaan as hy
hom sou nodig kry nie. Gill het reggestaan dwarsdeur die spel, wat
A&M onverwags gewen het. Aan die einde van die wedstryd, was E
King Gill die enigste man wat nog oorgebly het op die kantlyn vir
die A&M-span. Al het Gill nie gespeel nie, het hy gehoor gegee aan
die oproep om sy span te help. Daardie gees van bereidheid om sy
span te dien, het ʼn vlam van toewyding by elke student by Texas
A&M Universiteit aangesteek; ʼn vlam wat net deur al die jare bly
groei het. Steeds vandag nog, is die hele studentetal van A&M Texas
die 12de man by elke voetbalwedstryd waar Texas A&M speel en
staan regop vir die hele spel – wagtend om geroep te word indien dit
nodig sou wees. Al is my kinders nou al gegradueer, staan hulle nog
steeds regop gedurende elke wedstryd om hul ondersteuning aan die
Aggie-tradisie te bewys.
Onthou Dit
Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam en as ledemate van
hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig.
Romeine 12:5b
Vra Dit
Liewe Heer, dankie dat U vir my Christenvriende by die kerk gegee
het. Help my om te onthou dat ons almal in dieselfde span is. Help
my om ondersteuning aan ander te wys wat in nood is. AMEN
Doen Dit
Vir ʼn span om goed te speel, moet hulle besef dat hulle mekaar
nodig het. Kyk uit vir geleenthede by jou skool of waar jy aan sport
deelneem om ʼn spanspeler te wees en om op te staan vir jou vriende
en spanmaats.
OMGEE VIR MEKAAR
Dag 16: Commit aan mekaar
“Staan saam”
Lees Dit
Was jy al ooit in ʼn situasie waar jy moes opstaan vir ʼn vriend
en vir wat reg is? Anita was in die wetenskapklas waar hulle
van die evolusieleer geleer het en hoe sommiges redeneer van
hoe die aarde tot stand gekom het. Die onderwyser het aan die
studente gevra wat hulle dink van hoe die aarde gevorm is en
van hoe alle lewende dinge tot stand gekom het. Anita het in
haar hart geweet dat God die aarde en ook alles wat daarop is,
geskape het. Sy het geweet dat van die ander kinders dalk met
haar kan spot, maar sy het besluit om op te staan en te sê wat
sy glo. Toe Anita aan die klas gesê het dat God die aarde
geskape het, het die klaskamer doodstil geword. Haar hart het
hard in haar keel geklop en toe het twee van haar vriende van
die kerk opgestaan en gesê: “Ek stem saam met Anita – God
het die aarde gemaak.” Toe die onderwyser aan die klas gevra
het hoeveel stem met Anita saam, het meer as die helfte van
die klas hande opgesteek, maar slegs twee het saam met haar
opgestaan.
Onthou Dit
Kom ons strewe dus na harmonie onder mekaar en na dit wat
ons onderlinge geestelike opbou sal bevorder.
Romeine 14:19a
Vra Dit
Liewe Heer, dankie dat U my toelaat om deel van die gesin van
God te wees en om U te dien deur saam met ander in die kerk
te werk. Open my oë en my hart om maniere te vind om op te
staan vir my vriende. AMEN
Doen Dit
Kom elke week bymekaar saam met ʼn klein groepie van die
Christenvriende van die kerk. Sit elke week tyd opsy vir
Bybelstudie en om vir mekaar te bid. As jy al klaar in ’n
selgroepie is, vind ’n diensprojek by jou kerk om aan mee te
doen en staan by mekaar.
OMGEE VIR MEKAAR
Dag 17: Respekteer mekaar
“Die Uitgeworpene”
Lees Dit
Marietjie vries. Sy voel hoe iets slymerigs agter haar kop
afloop. Toe sy aan haar hare raak, voel sy die gooey, klouerige
goed. Sy het nie geweet wat dit was nie, maar sy het al haar
klasmaats se oë op haar gevoel. Sy het na die badkamer toe
gehardloop, verleë, omdat iemand so gemeen was om die poets
op haar te bak. Sy het nie geweet hoe sy haar maats ooit weer
in die oë sou kyk nie. Het jy al ooit iemand soos Marietjie
sonder respek behandel? Miskien is Marietjie nie die oulikste
kind nie, maar ongeag van wie of hoe ʼn persoon is, verdien
almal steeds respek.
Onthou Dit
As broers en susters in God se huisgesin moet julle mekaar in
liefde koester en voor in die ry staan om mekaar met respek te
hanteer.
Romeine 12:10
Vra Dit
Liewe Heer, ek weet ek behandel nie __________ met respek
nie
(persoon se naam).
Verander asseblief my hart en help my om hom of haar vandag
te respekteer.
AMEN
Doen Dit
Het jy vir daardie persoon gebid? Gaan gesels bietjie met
hom/haar gedurende pouse. Vra vrae om uit te vind wie die
persoon werklik is. Wys aan hom/haar die respek wat elkeen
verdien.
OMGEE VIR MEKAAR
Dag 18: Ondersteun mekaar
“’n Klein Bietjie Ondersteuning maak ʼn Groot Verskil”
Lees Dit
Het jy al ooit probeer om jou fiets te laat regop staan sonder
die “kickstand” (skopstaander)? Sonder die ondersteuning van
daardie klein “kickstand” (skopstaander), sal jou fiets elke
enkele keer omval. Dit is dieselfde met vriende. Ons het
mekaar se ondersteuning nodig. Vriende is die ondersteuning
wat ons help om nie te val nie, en om trots te bly staan,
wanneer die lewe moeilik raak.
Onthou Dit
ʼn Laaste woord hieroor: Wees almal eensgesind, simpatiek,
lief vir mekaar, goedhartig en nederig.
1 Petrus 3:8
Vra Dit
Liewe Heer, help my om die tipe vriend te wees wat
ondersteunend is, veral wanneer die persoon dalk gaan val.
AMEN
Doen Dit
Bel, skryf ʼn e-pos of skryf ʼn brief aan een van jou vriende om
hulle aan te moedig om sterk te staan. Wees vandag iemand se
steunpilaar.
OMGEE VIR MEKAAR
Dag 19: Stem met mekaar saam
“Die Lang, Lang Reis”
Lees Dit
Het julle al ooit iewers, baie ver heen, na toe gereis? Toe
Magdel ʼn kind was, het haar gesin een keer oor die hele lengte
van Suid-Afrika gereis. Hulle was so lank in die motor dat
Magdel en haar susters begin baklei het. Hulle het oor die
simpelste goed baklei, soos wie se arm oor wie se kant gehang
het. Alle kinders baklei soms oor simpel goed, maar net soos
ons aardse vader, vra God ons om oor die weg te kom met ons
broers en ons susters. Daar moet vrede en harmonie wees in
Christus se familie (sy kerk).
Onthou Dit
En nou, liewe broers en susters, pleit ek by julle in die Naam
van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan –
één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder
julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en
in julle visie.
1 Korintiërs 1:10
Vra Dit
Liewe Heer, slegs U kan my help om oor die weg te kom met
________________. (iemand se naam).
Ek vra U hulp vandag. AMEN
Doen Dit
Volgende keer, wanneer jy lus voel om oor iets kleins te
baklei, sê ʼn vinnige gebed op (soos die een hierbo). God is lief
daarvoor om Sy kinders te help.
OMGEE VIR MEKAAR
Dag 20: Wees geduldig met mekaar
“Die morsige tandepasta buisie”
Lees Dit
Karen en Kobus was pasgetroud. Karen het nog altyd die
tandepasta van die bokant van die buisie af uitgedruk. So het
die tandepasta orals beland en dit was maar ʼn taamlike gemors.
Kobus kan dit nie verdra nie. Hy druk weer die tandepasta
vanaf die onderkant van die buisie uit, netjies en skoon. Na
hulle omtrent vir ʼn maand hieroor baklei het, het Karen met ʼn
blink plan vorendag gekom. Sy het vir Kobus sy eie buisie
tandepasta gekoop. Soms is oplossings vir probleme baie
makliker as wat ons dink. Omdat Kobus en Karen vir mekaar
lief was, kon hulle saamwerk en ʼn oplossing vir hul probleem
kry waarmee hulle altwee tevrede was.
Onthou Dit
Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld
moet julle mekaar in liefde verdra.
Efesiërs 4:2
Vra Dit
Jesus, U weet met wie ek op die oomblik in konflik is. Help
my asseblief om ʼn liefdevolle oplossing vir die probleem te
kry. Dankie! AMEN
Doen Dit
Vra vir jou ma, pa of ander volwasse persoon wat jy vertrou,
om jou te help om met ʼn kreatiewe oplossing vir jou probleem
vorendag te kom.
OMGEE VIR MEKAAR
Dag 21: Wees eerlik met mekaar
“’n Wyse Teregwysing”
Lees Dit
Haar woorde het seergemaak. Al het Gerhard geweet het dat sy
onderwyseres reg was, wou hy dit nie aanvaar nie. Sy
onderwyseres het vir hom gesê dat hy minder Videospeletjies
moet speel en sy huiswerk moes doen of anders sou hy ekstra
klasse moet bywoon om sy graad te slaag. Gerhard wou nie tyd
in die ekstra klas deurbring nie en hy wou ook nie Graad 6
herhaal nie. Hy het geweet hy moes na haar raad luister, die
videospeletjie wegpak en meer aandag aan sy skoolwerk
bestee.
Toe hy Graad 6 slaag, sonder om tyd in die ekstra klas deur te
bring, was hy baie bly dat hy na haar raad geluister het.
Onthou Dit
Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ʼn Wyse mens se
woorde bring eerder genesing.
Spreuke 12:18
Vra Dit
Liewe Heer, al maak dit soms seer, wil ek U dank vir die
mense in my lewe wat bereid is om my reg te help wanneer ek
op ʼn verkeerde pad is. Ek weet dat hulle my teregwys, omdat
hulle vir my omgee. AMEN
Doen Dit
Gaan nou dadelik en bedank jou ouers, of ʼn onderwyser, of
iemand in jou lewe wat eerlik met jou was, selfs al het dit
seergemaak.
GROEI SAAM
Dag 22: Ons groei uit mekaar se voorbeelde
“Tweeduisend-seshonderd-twee-en-dertig”
Lees Dit
Cal Ripkin, Jr. is een van Jordan se helde! Sy bynaam is
Ysterman. Hoekom? Want, hy het in 2 632 eerste liga korfbal-
wedstryde gespeel sonder om op te gee. Dit is meer as enige
ander man in die geskiedenis. Al was hy by tye moeg, siek of
beseer, het hy altyd aangehou met speel. Wetende wat Ripkin
bereik het, inspireer dit altyd vir Jordan as hy voel dat hy wil
moed opgee. As Cal Ripkin dit kon doen, kan Jordan sy
voorbeeld volg en nie moed opgee nie.
Onthou Dit
Ja, liewe broers en susters, volg my voorbeeld en hou julle oë
op die mense wat volgens ons voorbeeld leef.
Filippense 3:17
Vra Dit
Liewe Heer, _____________ is ʼn wonderlike voorbeeld vir
my, want , __________________________
__________________________________________________
__.
Dankie dat U vir my iemand gee waarna ek kan opsien. AMEN
Doen Dit
Wees ʼn goeie voorbeeld vir ʼn jonger kind deur ʼn ekstra takie
te doen, vullis in die park op te tel of om ʼn buurman se hond
vir ʼn wandeling te neem.
GROEI SAAM
Dag 23: Ons groei deur mekaar aan te
moedig.
“Saamhardloop Is Altyd Beter”
Lees Dit
Isabelle was regtig moeg. Sy het die myl vir haar span
gehardloop, maar sy kon alreeds sien dat sy laaste gaan kom.
Wat was die doel daarvan om verder te probeer? Ewe skielik,
kon sy iets in die verte hoor – dit was haar vriend, Johan. Hy
was besig om haar aan te moedig van die kantlyn af. Hy het
begin om saam met haar te hardloop en het die res van die
wedloop saam met haar voltooi. Isabelle het nog steeds laaste
gekom, maar ten minste het sy dit saam met ʼn vriend gedoen
en nie alleen nie.
Onthou Dit
Daarom, soos julle reeds doen, moet julle aanhou om mekaar
moed in te praat en geestelik op te bou.
1 Tessalonisense 5:11
Vra Dit
Liewe Heer, ek weet ______________________ gaan regtig.
(persoon se naam)
deur ʼn moeilike tyd. Help my om hom/haar aan te moedig
terwyl hy/sy deur hierdie moeilike tyd gaan. AMEN
Doen Dit
Wat is ʼn manier hoe jy jou vriend vir wie jy nou net gebid het,
kan versterk? Miskien kan jy ʼn prent teken, koekies bak, of ʼn
lekker ietsie na sy/haar huis toe neem om hom/haar te laat weet
dat jy hom/haar wil ondersteun. Wees kreatief!
GROEI SAAM
Dag 24: Ons groei deur mekaar te onderrig
“Die Belangrikste Les”
Lees Dit
Petru het opdrag gekry om kinders in haar buurt te tutor. Sy
was nie baie opgewonde nie, maar sy moes hulle elke
Woensdagmiddag tutor vir ʼn jaar lank. Petru het geweet
hierdie kinders het baie om te leer. Sy het die hele jaar na haar
tutorklasse toe gegaan. Aan die einde van die jaar moes sy haar
trane terughou toe sy die kinders moes groet vir wie sy lief
geword het. Petru het besef dat sy die een was wat baie geleer
het. Hulle het vir haar vreugde besorg en onvoorwaardelike
liefde gegee, wat sy nog nooit van te vore geken het nie. Sy
was dankbaar dat God geweet het wat sy nodig gehad het en
dat Hy ander gebruik het om haar te leer.
Onthou Dit
Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl
bepaal. Met daardie wysheid moet julle mekaar onderrig en
mekaar die regte pad wys. Sing met dankbare harte psalms,
lofgesange en geestelike liedere tot eer van God.
Kolossense 3:16
Vra Dit
Liewe Heer, ek weet dat daar elke dag mense rondom my is,
wat wonderlike dinge vir my kan leer. Open asseblief my oë
vir die lesse wat U vir my deur hulle wil leer. Dankie. AMEN
Doen Dit
Skryf een ding neer wat jy onlangs van ʼn maat geleer het. Jy
mag dalk vir ʼn paar minute moet dink voor jy by ʼn antwoord
kan kom, maar God is ALTYD besig om vir ons goed te leer
deur ander mense.
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
_____________________________________________________________
______
GROEI SAAM
Dag 25: Ons groei deur mekaar te waarsku
“HARDLOOP!”
Lees Dit
Erik se gesin het in ʼn klein dorpie in die Vrystaat gebly. Aan
die agterkant van die huis was daar ʼn groot hout-dek met ʼn
heerlike koel skuilplek onder dit. Dit was die perfekte plek om
te speel. Erik het ʼn klein boetie gehad, Lukas. Toe hulle een
keer onder die dek gespeel het, het Erik zoem-geluide om hom
gehoor. Orals om hulle het bye gevlieg. Hy het gegil om sy
broer te waarsku om weg te kom. Soos hulle onder die by
deurtrekte dek uitgehardloop het, het van die bye nog om hulle
gezoem. Erik en Lukas was so bang. Hulle het die agterkant
van hul huis bereik en die deur vinnig agter hulle toegetrek.
Gelukkig is nie een van hulle deur die bye gesteek nie. Hulle
het onwetend op ʼn groot byenes getrap, maar omdat Erik die
bye dadelik gehoor het, kon hy sy broer waarsku en kon altwee
van hulle betyds wegkom.
Onthou Dit
Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, solank as wat die
‘vandag’ van genade nog bestaan, om te keer dat een van julle
deur die verleidelikheid van die sonde innerlik verhard word.
Hebreërs 3:13
Vra Dit
Liewe Heer, dankie vir die geleentheid om elke dag van U te leer.
Help my om my vriende te waarsku teen dinge wat nie goed vir hulle
is nie. Help my om goeie keuses te maak en ander op die regte pad te
lei.
AMEN
Doen Dit
Om ander te waarsku is nie altyd maklik nie. Waarskuwings wat uit
liefde gegee word, kan ons help. Skryf drie waarskuwings neer wat
jy vir jou vriende kan gee, bv., as hulle in ʼn toets wil “crook”,
waarsku hulle om dit nie te doen nie. As hulle oor iets wil jok,
waarsku hulle om dit nie te doen nie. Skryf drie waarskuwings hier
neer:
1. ______________________________________________
2. ______________________________________________
3. ______________________________________________
GROEI SAAM
Dag 26: Ons groei deur voorkeur aan ander te gee
“Groei deur te gee.”
Lees Dit
In die jaar 1910 is ʼn dame met die naam van Moeder Teresa
gebore in die land van Masedonië. Teen die tyd dat sy dertien
jaar oud was, het sy geweet dat sy God as ʼn sendeling wou
dien. (ʼn Sendeling is iemand wat rondgaan en mense van God
vertel.) Sy het skool toe gegaan om ʼn non te word en het saam
met ander nonne in Indië gebly. Sy het elke dag mense in
verskillende gebiede gehelp en sou dan na haar huis toe
terugkeer om te gaan slaap. Sy het besluit om die plek waar sy
gewoon het, te verlaat om diegene te gaan help wat niemand
anders wou help nie. Sy het liefdadigheidsorganisasies begin
wat die armes in Kalkutta en in die res van die wêreld, gehelp
het. Moeder Teresa het alles wat sy gehad het, opgeoffer om
die armes te help. Sy het altyd op God vertrou om aan haar kos
en skuiling te verskaf. Sy het altyd eers aan ander gedink, voor
sy aan haarself gedink het.
Onthou Dit
Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees
eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van
jouself.
Filippense 2:3
Vra Dit
Liewe Heer, dankie dat U vir my die voorbeeld gegee het van
iemand wat ander bo haarself gestel het. Help my om my
familie en vriende bo myself te stel. AMEN
Doen Dit
Na jy hier klaar gelees het, vind iemand in die huis wat met ʼn
taak besig is. Gee voorkeur aan daardie persoon deur hom/haar
met die taak te help.
GROEI SAAM
Dag 27: Ons groei deur teenoor mekaar te
bely
“’n Skulderkenning”
Lees Dit
Toe Gerrie sewe jaar oud was, het sy ma hom saam winkel toe
geneem sodat sy kruideniersware vir ʼn groot gesinsfees-ete kon
koop. Soos hulle trollie voller en voller geword het, het hy al
hongerder en hongerder geword. Uiteindelik het hulle by sy
gunsteling-gang in die winkel gekom – die lekkergoedgang. Soos
hulle in die gang afgestap het, het hy iets gedoen wat baie verkeerd
was. Hy het drie sjokoladestafies van die rak afgehaal en dit in sy
sak gesit. Gerrie het gekyk of sy ma gesien het wat hy gedoen het,
maar sy het niks opgemerk nie. Hy het gou besef dat dit nie help dat
die sjokoladestafies in sy sak is nie; dit moet in sy magie wees. Hy
het na die ruskamers gegaan; al drie die sjokoladestafies opgeëet en
die papiertjies in die drommetjie ingedruk. Niemand sou ooit weet
hy het die sjokoladestafies opgeëet nie. Gerrie het baie sleg gevoel
omdat hy die stafies gesteel het, maar hy was so honger. Soos hulle
nader aan die kassiers gekom het, het Gerrie al naarder en naarder
geword. Voor hy hom kon kry, het hy oor die hele vloer opgegooi.
Hy was so skaam en verleë. Behalwe dat hy naar was op sy maag,
was Gerrie ook ontsteld omdat hy die lekkergoed gesteel het. So, hy
het toe maar vir sy ma vertel van wat hy gedoen het. Na hy aan haar
vertel het wat hy gedoen het, het hy beter gevoel. Gerrie se ma het
hom toe na die kruidenierswinkel geneem sodat hy aan die
winkelbestuurder kon vertel wat hy gedoen het en om verskoning
kon vra. Na hy erken het wat hy gedoen het, het hy beter gevoel.
Onthou Dit
Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar
bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak
met God reg is, het ʼn kragtige werking.
Jakobus 5:16
Vra Dit
Liewe Heer, help my om te bely wanneer ek verkeerd gedoen
het. Vergewe my asseblief al my skulde. AMEN
Doen Dit
Onthou jy van iets wat jy verkeerd gedoen het? Skryf dit neer
en bid dat God jy in die toekoms sal help om beter keuses te
maak. Deel wat jy neerskryf, met ʼn maat of ouer.
GROEI SAAM
Dag 28: Ons groei deur mekaar te vergewe
“Vergewe en vergeet
Lees Dit
Sou jy die woord vergewe op www.google.com opsoek, sal dit
omtrent twee miljoen web-bladsye oplewer. Vergifnis beteken om
nie kwade gevoelens jeens ander, wat jou sou te nagekom het, te
koester nie. Alta het vir ʼn baie lang tyd ʼn wrok gekoester teen twee
kinders wat op haar gepik het toe hulle in Graad 4 was. Hulle het vir
haar lelike byname gegee en haar rondgestamp. Eendag het sy na
skool na die bus toe geloop en hulle het van agter af gekom en haar
gestamp sodat sy op die grond geval het. Hulle het haar voor almal
uitgelag. Na ʼn paar jaar waarin sy nog steeds ontsteld was oor wat
hierdie kinders aan haar gedoen het, het Alta-hulle vergewe. In haar
hart het sy die gemene gevoelens waaraan sy so lank vasgeklou het,
laat gaan. Weet julle wat het sy gevind, nadat sy hulle vergewe het?
Vrede. Het jy al ooit van die frase gehoor: “Behandel ander soos jy
self behandel wil word.” Wel, miskien moet jy dit verander na:
“Vergewe ander, soos wat jy self al vergewe is.”
Onthou Dit
Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om.
Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat
Christus gedoen het.
Efesiërs 4:32
Vra Dit
Liewe Heer, dankie dat U my eerste vergewe het. Help my
asseblief om ander te vergewe en laat my toe om aan my
vriende te wys hoe om vergifnis te hanteer. AMEN
Doen Dit
Onthou altyd dat Christus die hoogste prys betaal het sodat jou
sondes vergewe kan word. Wanneer jy aan vergifnis dink, kan
jy aan ʼn persoon dink wat jy moet vergewe? Miskien moet jy
jou ouers vergewe vir hulle egskeiding of miskien moet jy die
boelie by die skool vergewe wat op jou pik. Dink aan twee
mense en vergewe hulle in jou hart. God sal vir die res sorg.
DIEN SAAM
Dag 29: Dien mekaar gretig
“Volg die grootste voorbeeld”
Lees Dit
Elke jaar onderneem ons ʼn sendinguitstappie na Lesotho toe. Ons
gaan na verskillende kerke toe en bedien die woord aan mense. Ons
speel met die kinders, sing liedjies en vertel Bybelstories. Gedurende
die afgelope jaar wou ons mense so veel as moontlik bedien, so ons
het die beste voorbeeld van hoe om ander te dien uit die Bybel
geneem. Jesus het sy dissipels se voete gewas (Johannes 13:5). Ons
het emmers, seep en handdoeke gebring om die mense by die kerk se
voete vir hulle te was. Ons het vir die kinders stoele daar geplaas om
in te sit en ons het op die vloer gesit om hul voete vir hulle te was.
Die kinders het oorgekom en ons het tyd daaraan gespandeer om hul
voete te was. Na ons klaar was en elke kind se voete gewas het, het
hulle vir ons gesê dat ons nou in die stoele moet sit, hulle wou toe
ons voete vir ons was. Ons het eers geweifel, maar die kinders was
so gretig om ons te bedien, net soos ons hulle bedien het; so ons het
toe ook ons voete laat was. Ons het Jesus se voorbeeld van diens
gevolg en toe ons gedink het dit is klaar, het hulle terug gekom en
ons bedien!
Onthou Dit
Liewe broers en susters, julle is geroep om in vryheid te leef. Moet
net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie,
maar gebruik dit om mekaar met liefde te bedien.
Galasiërs 5:13
Vra Dit
Liewe Heer, help my om ʼn beter dienaar te wees, net soos U. Help
my om my familie, maats en onderwysers te dien. AMEN
Doen Dit
Wat presies beteken dit om te dien? Soek die woord “dien” in die
woordeboek op en skryf die betekenis daarvan neer.
___________________________________________________
Bedien ʼn vriend, ʼn buurman/vrou, ʼn familielid of jou ouers deur aan
te bied om hul motor vir hulle die week te was.
DIEN SAAM
Dag 30: Bedien mekaar op ʼn praktiese wyse
“Die Wiskundetoets”
Lees Dit
Danie se gunstelingvak op skool is pouse! Wat van jou? Dit was
maar net ʼn grappie – sy gunstelingvak is Sosiale studies. Hy hou
baie daarvan om te luister na stories van ons land se geskiedenis. Die
vak waarvan hy die minste hou, is Wiskunde! Hy moes ʼn groot
Wiskundetoets skryf, maar omdat hy nie van Wiskunde gehou het
nie en nie baie goed daarin was nie, was hy bekommerd dat hy ʼn
swak punt in die toets sou kry. Sy vriend, Willem was weer baie
goed in Wiskunde. Willem het altyd die beste punte vir sy
Wiskundetoetse en -huiswerk gekry. Maar wat was die vak wat
Willem die minste van gehou het? Sosiale studies. Die
Wiskundetoets was oor een week en die Sosiale studies-toets die
volgende week. Willem het aangebied om Danie te help met die
Wiskundetoets en aangesien hy regtig goed is in Wiskunde, maak dit
sin dat hy Danie daarmee sou help. Teen die tyd wat hulle die
Wiskundetoets moes skryf, was Danie gereed en hy het ʼn A gekry.
Danie was baie dankbaar vir Willem se hulp. Danie het toe besluit
dat hy dieselfde vir Willem sou doen en het hom toe weer met die
Sosiale studies-toets gehelp. Danie was goed in die vak, so dit het sin
gemaak dat hy weer vir Willem daarmee sou help. Willem het hard
gewerk en ʼn A gekry vir sy Sosiale studies-toets. Dit is regtig maklik
om jou vriende te dien, as jy iets doen wat maklik vir jou kom. Dit is
prakties om mekaar op die manier te bedien.
Onthou Dit
Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan
Christus se liefdeswet.
Galasiërs 6:2
Vra Dit
Jesus, dankie dat U vir my soveel talente en geestelike gawes gegee
het. Help my om my vriende te dien met die talente wat U vir my
gegee het. AMEN
Doen Dit
Skryf drie dinge neer waarmee jy regtig goed is:
1. ________________________________
2. ________________________________
3. ________________________________
Dink aan maniere van hoe jy hierdie vaardighede/talente kan gebruik
om jou vriende die week te help.
DIEN SAAM
Dag 31: Dien mekaar met vrygewigheid
“Uitkampeer”
Lees Dit
Amanda se hele familie gaan elke jaar dieselfde tyd uitkamp. Net
nadat die skole gesluit het, ontmoet Amanda-hulle mekaar by ʼn
kampeerterrein in die berge om saam te kook, vis te vang, te swem
en pret te hê. Aangesien daar so baie van hulle is, is elke gesin elke
jaar van iets anders in beheer: aktiwiteite, kos, ens. Hierdie jaar was
Amanda se gesin in beheer van die kos. Toe hulle op die
kampeerterrein aankom, was van hul familie alreeds daar. Amanda
se gunstelingniggie het alreeds in die rivier geswem. Amanda het
gou gehelp om die tent op te slaan en toe haar swembroek aangetrek.
Toe sy uit die tent uitstap, het haar Ma gesê: “Is jy reg om my te help
om die aandete voor te berei?” Nee, sy was nie gereed nie; sy wou
gaan swem het! Sy het egter geweet dat dit haar plig was om haar ma
te help. Amanda het toe maar gehelp om die kombuisgoed in plek te
kry en om die aandete te kook. Amanda het gedink dat dit pret was
om kos aan die familie te bedien. Dit was asof sy ʼn kelnerin in ʼn
restaurant was. Sy het selfs haar ma gehelp om die skottelgoed te
was en om ontbyt voor te berei. Dit was pret en maklik om haar
familie te bedien, omdat sy dit met die regte gesindheid gedoen het.
Onthou Dit
Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom en hulle het alles
wat hulle besit het, met mekaar gedeel.
Handelinge 2:44
Vra Dit
Liewe Heer, dankie dat U elke dag vir my die geleenthede gee
om my gesin en familie te bedien. Help my asseblief om my
gesin vrygewig te bedien en met die regte gesindheid. AMEN
Doen Dit
Dink jy dit is maklik om iemand vrygewig te bedien? Om
iemand vrygewig te bedien, is om met jou hele hart te bedien.
Hierdie week, tydens ʼn ete saam met jou familie of vriende,
bied aan om hulle te bedien deur hulle kos aan hulle te bedien
en deur die tafel skoon af te dek.
DIEN SAAM
Dag 32: Dien mekaar op ʼn nederige wyse
“Geheime diens”
Lees Dit
In 1953 in Malebo, Kalifornië, het J. Paul Getty die Getty Museum
geopen. Hierdie klein museum het versamelings van Griekse en
Romeinse antieke ware, Franse meubels en Europese skilderye
bevat. J. Paul Getty wou kuns vir almal toeganklik maak – teen ʼn
baie lae prys – toegang was gratis. Teen 2004 het die Getty museum
uitgebrei om wêreldbekende skilderye in te sluit, asook foto’s,
sketse, beelde, selfs argitektuur en tuine. Met so ʼn groot museum is
daar seker ʼn baie groot personeel, reg? Wel 75% van die personeel
wat die museum bestuur, is vrywilligers. Hierdie vrywilligers lewer
baie dienste aan die museum: Hul bestuur die trem, maak die paaie
skoon, versorg die tuine, hou toere, bestuur die boekwinkel en doen
navorsing oor kunswerke om vir die museum aan te koop. Die Getty-
museum sou nie so suksesvol gewees het, as dit nie was vir die
insette van die vrywilligers nie. Weet jy dat ʼn vrywilliger elke aand
na sluitingstyd die vloere skoonmaak? Wat van die vrywilliger wat
die blomme aanplant en die tuin elke week versorg? Hierdie
vrywilligers bedien ons elke dag nederig.
Onthou Dit
Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want
God is teen die wat te veel van hulleself dink, maar dié wat
besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan hulle gee Hy sy
onverdiende goedheid.
1 Petrus 5:5
Vra Dit
Liewe Heer, dankie dat U my help om te besef dat ek nederig
moet diensbaar wees. Help my asseblief om dit meer gereeld te
doen. AMEN.
Doen Dit
Om nederig te dien, beteken om te dien, sonder om nodig te hê
dat ander vir jou daarvoor erkenning moet gee. Soms as ons
dien, wil ons hê ander moet dit raaksien sodat ons trots op
onsself kan wees. In die Bybel sê dit dat ons nederig moet dien.
Bedien hierdie naweek iemand in jou familie/gesin, maar moet
aan niemand vertel dat jy dit doen nie. Miskien kan jy jou
suster se kamer vir haar skoonmaak, die skottelgoedwasser
uitpak, of die agterplaas skoonmaak.
DIEN SAAM
Dag 33: Dien mekaar kreatief
“’n Hulpvaardige buurman”
Lees Dit
Albert het ʼn buurman wat baie siek is en in ʼn rolstoel is. Albert
se familie het hom probeer help om te dink aan maniere hoe hy
sy buurman kon help, maar hy kon nie aan enigiets dink
waarmee hy kon help nie. Albert het egter begin opmerk dat sy
bure se gras besig is om baie lank te word. Hy het daarvan
gehou om in die tuin te werk en het nou geweet wat hy moes
doen om die gesin te help. Hy het vir sy bure gevra of hy hul
tuin vir hul kon versorg en hul gras vir hul kon sny, sonder
enige betaling. Hy het gesê dat hy graag iets vir hulle wou
doen en dit was iets wat hy kon doen. Die bure was baie
dankbaar vir Albert se bereidheid om te help. Albert het besef
dat dit goed was dat hy nie opgegee het om te probeer om
maniere te kry van hoe om sy bure te bedien nie. Hy was
opgewonde dat hy hulle kon bedien met iets wat hy geweet het
hoe om te doen en waarmee hy goed was.
Onthou Dit
God het aan elkeen van julle ʼn genadegawe gegee. Met hierdie
gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk en onverdiende
goedheid deur julle na mekaar toe kan vloei.
1 Petrus 4:10
Vra Dit
Liewe Heer, dankie vir my spesiale vermoëns wat U aan my
gegee het. Ek vra dat U my moet help om dit te gebruik om
andere mee te help. AMEN
Doen Dit
Watter talente en vermoëns het jy wat jy kan gebruik om ander
mee te help, om God te dien? Doen een ding die week om
iemand anders te bedien. Miskien kan jy:
vir jou bure se diere sorg terwyl hulle weg is.
by die huis uithelp met ekstra werkies.
ʼn nota aan ʼn vriend(in) skryf waarin jy hom/haar
aanmoedig en versterk.
DIEN SAAM
Dag 34: Dien mekaar opofferend
“’n Ware vriend”
Lees Dit
Die Pretorius-gesin het nuut in die buurt ingetrek. Christa
Pretorius het saam met haar maats grootgeword en nou moes
sy weer van vooraf begin om nuwe maats te maak. Sy het
probeer om te kyk of sy ʼn nuwe maatjie by die skool kon
maak, maar dit het gelyk asof almal klaar maats het en haar nie
graag in hul groep in wou verwelkom nie. Marisa het ʼn groepie
vriende gehad, maar opgemerk dat Christa eensaam lyk en
maats nodig gehad by wie sy kon wees. Marisa het vir Christa
uitgenooi om by haar groep aan te sluit. Na Marisa vir Christa
ingesluit het, het haar groep vir haar gesê dat as sy nie sou
ophou om maats met Christa te wees nie, sy nie meer welkom
in hulle groep is nie. Marisa moes ʼn moeilike besluit neem. Sy
het besluit dat sy nie meer haar ou vriende nodig het nie. Sy en
Christa het goeie vriende geword.
Onthou Dit
Ons het agtergekom wat ware liefde is: dit is dat Christus sy
lewe ter wille van ons afgelê het. Só moet ons ook ons lewens
opsê ter wille van ons broers en susters.
1 Johannes 3:16
Vra Dit
Liewe Heer, help my vandag om iemand te kry wat ʼn vriend
nodig het. Gee my die moed om hom/haar by ons groep in te
sluit. AMEN
Doen Dit
Is jy bereid om ʼn vriend te verloor, omdat jy dit doen wat jy
weet die regte ding is om te doen? Nooi vandag iemand wat jy
nie baie goed ken nie, uit om pouse by jou te sit of saam met
jou groep te wees.
DIEN SAAM
Dag 35: Werk saam in diensbaarheid
“Dit is ʼn spanpoging.”
Lees Dit
Lara speel nou al vir vyf jaar sokker. Sy hou daarvan om in die
middelveldposisie te speel en om haar spoed en vermoëns te
gebruik om haar span te help om hul beste te doen. Sy het dus
van haar posisie gehou, maar hul afrigter, Afrigter Bob, het
ander idees gehad. Hy het na die span se vermoëns in sy geheel
gekyk. Afrigter Bob het vir Lara gehelp om te besef dat sy dalk
op ʼn ander posisie sou moet speel omdat dit die beste vir die
span sou wees en haar vermoëns as ʼn speler beter sou
ontwikkel. Lara kon die span tot diens wees deur in enige
posisie te speel waar Afrigter Bob haar nodig gehad het, en om
ʼn positiewe houding daaroor te hê. As sy net in die
middelveldposisie wou speel en nie ʼn goeie gesindheid daaroor
gehad het nie, sou dit die res van die span aftrek. Die span
moes leer om saam te werk.
Onthou Dit
Ons is God se werkspan.
1 Korintiërs 3:9
Vra Dit
Liewe Heer, help my om bereid te wees om saam te werk en te
sien dat ek ander moet dien en nie net moet dink aan wat ek
self wil hê nie. AMEN
Doen Dit
Kies een ding om vandag te doen:
Kies iemand wat nooit gekies word nie, om in jou span te
speel, al is die persoon nie die beste nie.
Help ʼn maat met hul skoolwerk.
AANBID SAAM
Dag 36: Aanbid saam weekliks
“Wat doen ek?”
Lees Dit
Jannie se pa moes laat werk en kon hom nie na sy
rugbywedstryd toe neem nie. Sy ma forseer hom om kos te eet
waarvan hy nie hou nie, en boonop het hy baie huiswerk en
kan nie TV kyk nie. Jannie is teleurgesteld en kan nie die Here
loof en prys nie. Selfs al is hy nie gelukkig nie, is daar sekere
dinge wat hy kan doen om God te loof en prys. Alles wat ons
doen wat God plesier, is ʼn vorm van aanbidding tot God.
Jannie moet daaraan herinner word dat as ons God loof en
prys, gee dit ons die mag om gelukkig te wees, selfs al gaan
dinge verkeerd.
Onthou Dit
Jy mag elke week vir ses dae lank werk, maar op die sewende
dag moet alle werk tot stilstand kom. Dit is die Here se
Sabbatdag van volledige rus. Dit is ʼn heilige dag om bymekaar
te kom vir aanbidding.
Levitikus 23:3
Vra Dit
Liewe Heer, help my om U in my gedagtes en handelinge te
plesier. Help my om U te dank, selfs wanneer ek nie so voel
nie. AMEN
Doen Dit
Selfs al praat ons net van God, is dit ʼn vorm van aanbidding.
Aanbidding is baie meer as net musiek. Maak ʼn lysie van hoe
jou optrede kan wys hoe jy God aanbid.
__________________________________________________
__________________________________________________
_________________________________________________
AANBID SAAM
Dag 37: Berei jou hart voor vir aanbidding
“Het ek ʼn gaatjie in my tand?”
Lees Dit
John moes tandarts toe gaan. Die tandarts het X-straal plate
geneem en gesien dat hy ʼn gaatjie in een van sy tande het.
Hulle het ʼn afspraak gemaak sodat die dokter die volgende dag
die gaatjie kon vul. John het probeer om nie te veel daaraan te
dink nie, maar die tyd het al nader gekom. Hy was baie bang,
so hy het met sy ouers gepraat en hulle het aan hom
verduidelik wat die tandarts sou doen. Na dit aan hom
verduidelik is, het John gedink dat dit darem nie so erg klink
nie. Omdat hy met sy ouers daaroor gesels het, kon hy homself
daarop voorberei vir wat sou gebeur.
Onthou Dit
Hy (Rehoboam) het gedoen wat verkeerd was, want hy het nie
met sy hele hart na die wil van die Here gevra nie.
2 Kronieke 12:14
Vra Dit
Liewe Heer, ek vra dat U my moet help om my hart en my
verstand reg te hê om U te aanbid. Help my asseblief om U te
aanbid in alles wat ek doen. AMEN
Doen Dit
Net soos wat John sy hart en gedagtes moes regkry vir die
tandartsbesoek, wil God hê dat ons ons harte en gedagtes moes
regkry om Hom te aanbid. Skryf twee dinge neer wat jy kan
doen om God te aanbid en deel hierdie idees met jou ouers.
1._________________________________________________
2._________________________________________________
AANBID SAAM
Dag 38: Bid saam
“Nee, nie reën nie!”
Lees Dit
Pieter se buitenshuise verjaardagpartytjie sou binne ʼn paar dae
wees. Hy het oor die nuus gehoor dat dit veronderstel was om
te reën op die dag van sy verjaardag. Hy het gebid en vir God
gevra om dit nie te laat reën op sy spesiale dag nie. Hy was toe
baie ontsteld toe dit wel gereën het op sy partytjiedag.
Dieselfde dag wat Pieter gebid het dat dit nie moet reën nie, het
ʼn boer ʼn paar myl daarvandaan gebid vir reën vir sy gewasse
op die land. God antwoord nie altyd ons gebede op die manier
wat ons wil hê dat Hy dit moet doen nie, maar Hy sien om na
ons almal se belange.
Onthou Dit
Hulle het almal saam aanhou bid.
Handelinge 1:14
Vra Dit
Liewe Heer, baie dankie dat U daar is wanneer ek in gebed met
U praat. Help my asseblief om te onthou dat ek enige tyd na U
toe kan kom en dat U altyd sal luister. AMEN
Doen Dit
Plaas tyd in die oggend en in die aand opsy om te bid. Deel jou
gedagtes en versoeke in jou eie woorde met God. Bid vir jou
ouers, broers en susters, onderwysers, maats en afrigters. Vra
jou ouers of julle as ʼn gesin kan saambid. Voor julle bid, laat
elke gesinslid ʼn gebedsversoek inhandig. Skryf dit neer en kyk
hoe God elke gebedsversoek op sy eie tyd beantwoord.
AANBID SAAM
Dag 39: Gee julle offerande saam
“Garage Sale”
Lees Dit
Tjaart en Karel het gehoor van kinders wat nooit
Kersfeespersente kry nie. Hulle wou graag ekstra geld gemaak
het om vir hierdie kinders Kersgeskenke te koop. Hulle het
besluit om ʼn “Garage sale” te hou. Hulle het deur hul kaste en
onder hul beddens gekyk; al hul goed uitgesorteer en toe
besluit wat hulle wou verkoop. Dit was harde werk, maar hulle
het hulself herinner aan waarvoor hulle so hard werk en hoe
hulle sou gevoel het as hulle nooit enige Kersgeskenke gekry
het nie.
Onthou Dit
Op elke Dag van die Here moet elkeen van julle na vermoë tuis
iets opsy sit en dit spaar sodat daar nie eers insamelings
plaasvind wanneer ek kom nie.
1 Korintiërs 16:2
Vra Dit
Liewe Heer, maak my bereid om elke week ʼn offerande aan U
te bring. Help my om te dink aan maniere hoe ek geld kan
verdien om aan andere te gee. AMEN
Doen Dit
Vra jou ouers wat jy kan doen om geld te verdien om as
offerande te gee, en doen dit dan.
AANBID SAAM
Dag 40: Aanbid God Saam
“Het ons dit gemaak?”
Lees Dit
Annet en Petra was senuagtig en opgewonde om te sien of
hulle die oudisies vir hul skooldrama geslaag het. Hulle het
hulle woorde vir maande geoefen en die dag wat die spelers
aangekondig sou word, het gearriveer. Hulle het so vinnig as
moontlik skool toe gehardloop om te kyk of hulle name op die
lys was. Altwee was suksesvol! Toe hulle hul name op die lys
sien, het hulle opgewonde rondgespring en dit saam gevier.
Onthou Dit
Nee, laat die heilige Gees julle lewe vol maak terwyl julle saam
psalms en lofgesange en geestelike liedere sing. Sing en jubel
met julle hele hart tot eer van die Here.
Efesiërs 5:19
Vra Dit
Liewe Heer, help my om U te prys en te dank vir alles wat U
vir my doen en in my lewe bewerkstellig. Dankie vir my
familie en vriende. AMEN
Doen Dit
God wil hê dat ons Hom saam moet prys. Skryf die goeie dinge
neer wat God vir jou doen. Prys hom nou daarvoor.
top related