House Muller, Kanonberg, Western Cape, South Africa, architecture, design
Post on 06-May-2015
198 Views
Preview:
DESCRIPTION
Transcript
2 0 0 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
{rr} l e e f s t y l
2 0 1
huis met ’n hartklop’n Neutrale kleurpalet, hope sagte en aardse teksture en ’n goeie skeut kreatiewe flair skep karakter in ’n ekovriendelike, Kaapse gesinshuis. Deur Marian van Wyk. Foto’s Johan Wilke
Die leefvertrek en kombuis waar almal heerlik saamkuier, is die gesin se gunstelingplek. Hier is ’n mooi uitsig op die Bolandse berge, die
nabygeleë dam en hoë bome wat wemel van voëls. Rusbank en koffietafel op bestelling van Furno’s; rococo-strooikussings met blommo-
tief (R1 099 elk) Pezula Interiors. Die kombuistafel is van ’n ou houtdeur gemaak. Hanglampe van muurpapier, ontwerp deur titina interi-
ors en gemaak deur Decadence Boutique; soortgelyke staankandelare (R1 030) Imagenius.
2 0 2 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
{rr} l e e f s t y l
N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 3
Die Mullers se Kaapse huis is ’n
vat-en-streel huis - die lae en
lae teksture, veral die herwinde
boustellasieplanke teen die
gangmuur by die groot houtvoordeur, val
jou dadelik op. Maar dan spoel die rustig-
heid en die dromerige atmosfeer oor jou.
Die vrou van die huis, Titina, is ’n binnever-
sierder wat glo elke huis het sy eie hartklop
en siel - die dekor gaan oor gevoel, nie net
oor hoe dit lyk nie. En of dit ’n kliënt se huis
of haar eie blyplek is, passie speel ’n groot
rol in haar werk. Iets ouds, iets moderns en
bykomstighede wat sorgsaam versamel is,
word intuïtief saam gebruik vir ’n stylvolle,
romantiese en individualistiese interieur.
Haar man, Naas, ’n bourekenaar, het op
sy beurt ’n oog gehou oor die projek- en
kostebestuur en die huis se eko-aspekte:
Hier is sonkrag, -geisers en -verhitting wat
in die winter die vloere en in die somer die
swembadwater verhit. Moderne skuifhor-
tjies hou die huis in die somermaande koel,
terwyl hoë vensters die lig laat instroom.
“Ek het presies geweet wat ek wil hê én
nie wil hê nie, en kon die eindproduk visuali-
seer nog voordat ons begin het. Ek was toe
al besig met die uitsoek van palette en tek-
sture,” vertel Titina . “Ons moes op ’n kol
net die streep trek met al die teksture en op
vyf besluit wat ons oral herhaal het.” Dié
aardse teksture – hout, bakstene, glas en
Bo Parmiggiana, gnocchi,
ravioli … die Mullers se
gunstelinggeregte, met
letterwerk deur Rich Art
Signs & Designs, op die
glasskuifdeur na die kom-
buis en leefvertrek.
Regs In die gang by
die voordeur skep her-
winde boustellasieplanke
warmte by die koel, wit
sementvloere. Die
swart-wit foto’s is van
Margaux en Simon.
Bo Feëliggies is oral in die huis op ’n romantie-
se, prettige manier gebruik. Toestelle soos die
ketel en broodrooster is slim agter ysglas ver-
steek. Middel “A meal without wine is like a day
without sunshine,” sê die woorde op die wynrak
wat deur Jamie Oliver se Londense restaurant
geïnspireer is. Letterwerk deur Rich Art Signs
& Designs. Onder Die kombuisrakke is vol
mooi goed wat Titina oor die jare en met
gesinsvakansies bymekaargemaak het. Die
stoof is van Eurogas.
staal – word afgewissel met sagter, roman-
tieser teksture soos fluweel, linne en kant.
“Ek het ’n natuurlike, neutrale palet
gekies. Dit skep ’n harmonieuse, rustige
atmosfeer en laat jou geanker voel,” sê sy en
wys na die muurpapier, die boustellasie-
planke en die ongepleisterde baksteenmure.
Die leefruimtes het ’n gemaklike oor-
gang na buite en die argitektuur komple-
menteer die huismense se leefstyl. Van die
teksture wat binne gebruik is, word buite
herhaal, soos hout en ongepleisterde bak-
stene. Die argitekspan, Jolanda Morkel en
Hermie Voulgarelis, albei dosente in die
argitektuurtegnologie aan die Kaapse
Universiteit van Tegnologie, laat al die stuk-
kies van dié tekstuurlegkaart in mekaar val.
“Ons het materiale met integriteit en na
hul aard gebruik; die hout en bakstene is nie
kunsmatig ‘mooigemaak’ nie,” sê Jolanda.
“Ontwerpbesluite hang af van die gewenste
leefervaring. Argitektuur gaan oor mense en
hul leefstyl, nie net oor geboue nie.”
Die gesinslewe speel ’n groot rol in die
Mullers se leefstyl. Hul dogter, Margaux, ’n
leerlingaankoper by ’n groot klerewinkel-
groep, woon nog by die huis. Haar ouer
broer, Simon, is ’n projek-en-ontwikkelings-
konsultant met sy eie blyplek, maar Titina
se lekker kos lok hom gereeld huis toe.
Hoewel Titina sonder ’n sweempie van
’n aksent Afrikaans praat, bruis die
Die span Argitekte Jolanda Morkel en Hermie
Voulgarelis Binnenshuise versiering titina interiors
Projekbestuur Muller Du Plessis Bourekenaars
Bouwerk Anton Bartel, Pulse Construction
Strukturele ingenieur Andre Ekermans, Ekcon
Hoewel die erf ’n steil helling het, wou Titina en
Naas op al die vlakke kontak hê met die grond. ’n
Konvensionele dubbelverdieping-ontwerp was dus
uit. Die argitekspan se oplossing was om die huis
op drie vlakke te ontwerp, sodat die erf ten volle
benut word. Van dieselfde teksture is binne en
buite gebruik om ’n samehorige gevoel te verkry
tussen die vertrekke binne en die buitewêreld.
Italiaanse bloed sterk deur haar are. Sy was
drie jaar oud toe haar ouers na Suid-Afrika
geïmmigreer het. Tipies van die Italianers se
warm geselligheid, wentel alles om die leef-
vertrek en kombuis wat met ’n groot, raam-
lose glasvoudeur op die kuierstoep uitloop.
“Hierdie hele ruimte is vir my absoluut
wónderlik,” sê Titina en gooi haar arms wyd
oop na die kombuis se kant toe. “Ek is mal
daaroor om ’n groot ete vir die hele familie te
kook. Die kombuis se eiland-eenheid het ’n
spesiale oorhangplek vir my pastamasjien.
“My ma is al tagtig, maar sy dra steeds
sulke yslike bakke lasagne aan. Sy bly ’n
absolute inspirasie vir ons almal en Margaux
en Simon geniet dit nog om by Nonna te
gaan kuier … en weg te lê aan haar heerlike,
Italiaanse kos. Hulle sê altyd my pasta
smaak nie heeltemal soos hul nonna s’n nie
… ” vertel sy laggend.
En dan op ’n ernstiger noot: “As ek na
my ma kyk, besef ek jy is ryk wanneer jou
kleinkinders jou bel en vra of hulle vir aan-
dete kan oorkom, soos Margaux en Simon
gereeld met haar doen. Dít is wat belangrik
is in die lewe. Ja, ek hou van mooi goed en
mooi dekor, maar dit moet daar wees om
geniet te word - en om die huis se hart te
laat aanhou klop.”
Dié stelling is die laaste stukkie van die
legkaart: Die hart van die huis is op die ou
end sy mense en hul stories.
Fo
To
We
rN
er
Bo
sH
oF
F
N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 5
{rr} l e e f s t y l
2 0 4 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
Bo Die muur wat die bed in die
hoofslaapkamer van die stort skei,
is met earthcote se Wallpaper-
produk afgewerk. skuifhortjies
hou die hoofslaapkamer koel in
die warm somermaande.
Traliewerk (sowat r1 500 per vk.
m.) Mila Company, lampskerm
van herwinde melkbottels
(r1 425) Heath Nash. Regs
’n skuifdeur skei die hoofslaap-
kamer van die badkamer.
Traliewerk voor venster (sowat
r1 500 per vk. m.) Mila Company;
spieël (r1 669) Loads of Living;
Paradyne Colombe stone-bad
(r9 164), boogvormige waterspuit
(r2 820) en elisse slimline-was-
bak (r935) alles Flush Bathroom
Interiors; olyfolieseep met roos-
knoppies (r45) in keramiekbakkie
(r49) rain; soortgelyke lang, wit
kershouers is by Loads of Living te
kry; wit, blomvormige teekersie-
houers (r60 elk) Woolworths.
Fo
To
gr
aF
Ies
e a
ss
IsT
eN
T s
er
gIo
KIr
KW
oo
D
Links en regs bo Verskillende
muurteksture is oral in die huis
gebruik. Aan die bopunt van die
trap skep herwinde hout ’n mooi
fokusmuur. Silwer Tord Boontje-
versiering (R1 500) op gloeilamp
Imagenius.Titina het die ruimte op
die trap se oorgang as ’n biblioteek
ingerig. Hanglamp met kant en
kristal ontwerp deur titina interiors
en gemaak deur Decadence
Boutique, Joy-woord (R120) Garden
Bleu, foto-afdruk deur Smart Art,
stoel (vanaf R670) Chair Crazy
(ook te kry by Boardmans), letter-
werk op muur DewaalArt. Links “In
my slaapkamer is ek omring deur
alles waarvoor ek lief is,” sê
Margaux oor haar gunstelingver-
trek. Die woorde op die muur ver-
klap iets van haar positiewe
lewensuitkyk. Strooikussings (vanaf
R198) Tutta Bella. Die baksteen-
muur is met die saksmeertegniek
afgewerk en die letterwerk is deur
DewaalArt.
2 0 6 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
{rr} l e e f s t y l
inspirasie
Werk só met ’n neutrale paletTitina glo die geheim van ’n neutrale palet
is om dit interessant te maak. l Dit is die
lae en lae tekstuur van ’n neutrale palet wat
jou aandag trek en warmte skep, ongeag
wat jou styl is. l Gebruik kontrasterende
teksture soos glas, herwinde hout, onge-
pleisterde mure. Herhaal dit buite as jy kan.
l Kombineer dié harde teksture met sagtes
soos linne, fluweel en kant - en herhaal dit
in die meeste vertrekke.
l Met soveel teksture het jy nie baie kleur
nodig nie; net ’n spatsel hier en daar.
Tiger Eye-goiingmat (R1 995) Weylandts.
Rottangstoel (R1 995) Weylandts.
Clarissa-kandelaar (R8 595)
Weylandts. Links: Stoel (vanaf R670)
Chair Crazy (ook by Boardmans),
letterwerk op muur DewaalArt.
Traliewerk van Supa-
wood met CNC-snywerk
(sowat R1 500 per vk.m.)
Mila Company.
Silwer versiering
om gloeilamp (R1 500)
Tord Boontje
by Imagenius.
Paradyne Colombe Stone-bad (R9 164), water-
spuit (R2 820) Flush Bathroom Interiors; olyf-
olieseep (R45) in keramiekbakkie (R49) Rain;
wit teekersiehouers (R60 elk) Woolworths.
Kanttafel
(R2 990) JVB
Furniture
Collection.
Lampskerm
met kantdetail
(R1 500) @home.
Slaaibak (R99)
@home.
Heel links: Lamp-
skerm van her-
winde melkbottels
(R1 425) Heath
Nash.
N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 7
top related